South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 109
| Noteup
| LawCite
S A Eagle Versekeringsmaatskappy Bpk. v Steyn (588/1989) [1991] ZASCA 109; 1991 (4) SA 841 (AD); [1991] 2 All SA 516 (A) (19 September 1991)
Download original files |
LL Saak No 588/1989
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
S A EAGLE VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK Appellant
en
JOHAN STEYN Respondent
CORAM: BOTHA, VIVIER, EKSTEEN ARR VAN DEN
HEEVER et VAN COLLER Wn ARR
VERHOORDATUM: 30 AUGUSTUS 1991 LEWERINGSDATUM: 19 SEPTEMBER 1991
UITSPRAAK
BOTHA AR:
2.
Hierdie appèl het betrekking op die uitleg van sekere bepalings
van 'n versekeringskontrak tussen die partye. Die kontrak het
tot stand gekom op
19 Junie 1984, ten gevolge van 'n skriftelike aansoek van die respondent aan die
appellant om versekering ten
opsigte van, onder meer, sy woonhuis, die inhoud
daarvan, en sy motorvoertuie, en die daaropvolgende uitreiking deur die
appellant
aan die respondent van 'n polis, met die titel "Eentjekpolis
(Maandelikse Premie)".
Op 23 Junie 1986 het die respondent se huis afgebrand.
Die respondent het van die appellant skadeloosstelling geëis ingevolge
die
polis, maar die appellant het die eis verwerp. Daarna het die respondent 'n
aksie teen die appellant ingestel in die Oranje-Vrystaatse
Provinsiale Afdeling.
Die uiteinde daarvan was dat vonnis ten gunste van die respondent teen die
appellant verleen is ten bedrae
van R78 571,42 met rente en koste. Teen hierdie
vonnis kom die
3. appellant nou in hoër beroep, met die verlof van die
Hof a guo.
Die geskilpunt vir beslegting in die appèl spruit
voort uit een van die verwere wat die appellant teen die eis van die respondent
geopper het in die Hof a quo. Dié verweer is dat die respondent
versuim het om die maandelikse premie wat ingevolge die polis betaalbaar was vir
die maand
Junie 1986 te betaal, en dat die appellant dientengevolge nie
aanspreeklik is om die respondent te vergoed vir die skade wat ingetree
het toe
sy huis afgebrand het op die 23ste van daardie maand nie. Die geldigheid of
andersins van hierdie verweer hang uitsluitlik
af van die vertolking van die
tweede paragraaf in die aanhef tot die polis, wat weldra aangehaal sal word. Die
feite wat betrekking
het op die verweer is nie in geskil nie. Hulle is soos
volg.
Die respondent se aansoek om versekering was vervat in 'n gedrukte vorm wat deur die appellant
4.
gebruik word, met die titel "Aansoekvorm en
Spesifikasie vir Huishoudelike
'Een'Tjek'-Versekering
(Maandelikse Premie)". Die gedrukte deel van die vorm
weerspieël dat
die "Versekeringspesifikasie" daarin
bestem was om aangeheg te wees aan die
polis wat
uitgereik sou word; inderdaad is die nommer van die
polis wat
uitgereik is, ingevul in die toepaslike oop
ruimte op die vorm. Die gedrukte
deel van die vorm
bevat die volgende bepaling:
"Premies is maandeliks agteruit betaalbaar deur 'n Bank of Bouvereniging by voltooiing van die inligting hierin."
Besonderhede van die verskillende soorte versekering
waarvoor die respondent aansoek gedoen het is in die
betrokke oop ruimtes ingevul. Ten opsigte van elke
onderafdeling is daar voorts die bedrag van die premie
ingevul, en daarteenoor die "Aanvangsdatum" as
"19/6/1984" (die datum waarop die respondent die vorm
onderteken het), en onder die woorde "Maand" en "Jaar"
die volgende: "07" en "84". Dieselfde syfers verskyn
5. onder dieselfde
woorde teenoor die aanduiding: "Eerste betaling en verjaringsdatum". Die totale
maandelikse premie was R109,26.
Die respondent het sy maandelikse premies
betaal by wyse van 'n debietorder op sy bank, wat telkens deur die appellant se
bank aangebied
is vir betaling. Uit die getuienis wat by die verhoor
afgelê is deur die respondent, blyk dit dat die debietorder maandeliks
aangebied en betaal is teen die einde van die maand, meestal op die 28ste, maar
soms 'n dag of twee later. Die debietorder wat volgens
die vorige gang van sake
teen die einde van Junie 1986 aangebied sou word, is egter eers op 3 Julie 1986
aangebied vir betaling.
Op daardie datum was daar nie voldoende fondse vir die
betaling in die respondent se bankrekening nie, en gevolglik is daardie premie
nie betaal nie. Dit is hierdie wanbetaling waarop die appellant hom beroep in sy
verweer dat hy nie aanspreeklik is teenoor die respondent
vir die
6.
vergoeding van die skade wat ingetree het op 23 Junie 1986 nie.
Die aansoek
en die "spesifikasie" soos hierbo vermeld, vorm deel van die polis. Dit blyk uit
die eerste paragraaf van die aanhef van
die polis (dit word hieronder
aangehaal). Gevolglik is dit 'n bepaling van die kontrak tussen die partye dat
die premies maandeliks
agteruit betaalbaar is. Dit was deurgaans en is steeds
gemenesaak tussen die partye. In die Hof a quo het die Verhoorregter
(BRINK R) bevind dat die premies betaalbaar is "op die laaste dag van elke
maand". Dit weerspieël die
grondslag waarop die saak
van beide kante gevoer is, in die Hof a quo en in
hierdie Hof. Tydens die beredenering van die appèl is die vraag of die
premies nie dalk betaalbaar was op die 19de van elke
maand nie, geopper teenoor
die appellant se advokaat. Daarop het hy ons meegedeel dat dit nie die appellant
se saak was of is nie
en dat hy aanvaar dat die premies op die einde van elke
maand betaalbaar
7. was. Ek dink dat sy houding verantwoordelik en verstandig
was: 'n argument tot die teendeel sou nie alleen ingedruis het teen die
grondslag waarop die saak in die Hof a quo gevoer is nie, maar sou ook
strydig gewees het met die manier waarop die partye self oor 'n
lang tydperk hulle sake ingerig het ten opsigte van die betaling van die
premies. As hierdie punt in die Hof a quo geopper was, sou die verloop
van die saak, en die getuienis wat aangebied is, ongetwyfeld 'n ander wending
geneem het. Soos dit is,
is daar in die getuienis nie ondersoek wanneer die heel
eerste premies betaal is nie. Ek vermoed dat dit teen die einde van Julie
1984
was, vanweë die verwysing in die spesifikasie na daardie maand teenoor die
bedrae van die premies, en as die maand van
die "eerste betaling". Maar dit maak
nie saak nie. Die saak is gevoer op die grondslag dat die wanbetaling van die
premie vir Junie
1986 op 3 Julie 1986 van deurslaggewende belang is met die oog
op die geskilpunt of die appellant aanspreeklik is om die
8. respondent se
skade te vergoed. Die geskilpunt is in
daardie gedaante aan ons
voorgelê, en dit moet op daardie grondslag besleg word.
Op die
voorgaande basis is dit duidelik dat die premie wat nie voor die einde van Junie
1986 of op 3 Julie 1986 betaal is nie, die
premie is wat juis ten opsigte van
Junie-maand betaalbaar was, agteruit. Gevolglik is die vraag wat beantwoord moet
word, dit: wat
is die uitwerking van die respondent se versuim om daardie premie
te betaal, op die appellant se aanspreeklikheid vir die skade wat
op die 23ste
van die maand ingetree het? Die antwoord gaan ons kry in die bepalings van die
polis. Voordat ek daarby kom, is dit
egter gerade om eers iets in die algemeen
te sê oor die agteruit-betaling van premies.
'n Bepaling in 'n versekeringskontrak dat die premies agteruit betaalbaar is,
is 'n baie buitengewone verskynsel. Ek het self nog
nie vantevore 'n bepaling
soos die huidige raakgeloop nie. 'n Mens is wel
9. vertroud met die
verskynsel dat onmiddellike dekking
toegestaan word wanneer aansoek gedoen
word om versekering, in afwagting van die betaling van die eerste premie, maar
hier is dit
anders: hier word by voorbaat uitstel verleen en krediet gegee vir
die betaling van elke maandelikse premie, vir elke maandelikse
tydperk van die
versekering, oor die hele onbepaalde termyn van die kontrak. Dit is heel anders
as die gebruiklike en alledaags voorkomende
geval, waar die polis uitdruklik
bepaal dat die stiptelike vooruitbetaling van premies deur die versekerde 'n
voorvereiste is vir die aanspreeklikheid van die versekeraar. Wat dit
betref, het die appellant se advokaat ons verwys na uitlatings
in die regspraak
en in teksboeke, hier en elders, waarin die noodsaaklik-heid van stiptelike
betaling as 'n voorvereiste vir aanspreeklikheid
beklemtoon word (sien bv
Steyn's Estate v South African Mutual Life Assurance Society 1948 (1 ) SA
359 (C) op 364-367; A J Shepherd (Edms)
10. Bpk v Santam
Versekerinqsmaatskappy Beperk 1985 (1) SA 399 (A) op 417D-F; MacGillivray
and Parkington on Insurance Law (8ste uitg) par 948 op 387 en die Kanadese
saak Frank v Sun Life wat daar aangehaal word; en Gordon en Getz, The
South African Law of Insurance (3de uitg) op 185). Daardie uitlatings is
egter gemaak met verwysing na polisse waarvolgens die premies vooruit betaalbaar
was, en
hulle kan nie as 'n algemeen-geldende reel toegepas word sonder
inagneming van die bepalings van 'n besondere polis nie. In die onderhawige
geval bepaal die polis (deur inlywing van die spesifikasie en die aansoek) dat
die premies agteruit betaalbaar is. So 'n bepaling,
alhoewel ongewoon, is
sekerlik nie regtens vreemd aan die wese van 'n versekeringskontrak nie: kyk bv
Van der Keessel Praelectiones ad Gr 3.24.2 (Gonin se vertaling, Band V op
129-131), wat breedvoerig die onderwerp bespreek, en vgl Lake and Others NNO
v Reinsurance Corporation Ltd and Others 1967 (3) SA 124 (W) op 127H, en
MacGillivray
11.
and Parkington op cit par 891 op 368. In so 'n geval mag dit wees dat
die versekerde wat 'n eis ingevolge die polis instel, verplig is om die betaling
van die premie aan te bied (sien die Lake-saak supra op 128B-H en
MacGillivray and Parkington loc cit). In die huidige saak is dit wel
gedoen: die respondent het in sy pleitstukke sowel as in sy getuienis getender
om die premie verskuldig
vir Junie 1986 aan die appellant te betaal. Maar in die
algemeen, waar premies agteruit betaalbaar is, waar daar skade intree gedurende
'n
bepaalde versekeringstydperk, en waar daar dan 'n versuim is om die
premie te betaal wat betaalbaar is aan die einde van daardie tydperk,
sal die
uitwerking van sodanige versuim bepaal moet word aan die hand van die bepalings
van die besondere polis waarmee 'n mens te
doen het.
Dit lei my tot 'n
beskouing van die tersaak-like bepalings van die onderhawige polis. Die eerste
twee paragrawe van die aanhef daarvan
lui soos volg:
12.
"NADEMAAL die Versekerde genoem in hierdie Spesifikasie wat deel van die polis uitmaak deur 'n aansoek en verklaring wat die grondslag van hierdie kontrak- uitmaak en beskou word as hierby ingelyf te wees by die Suid-Afrikaanse Eagle Versekeringsmaatskappy Beperk (hierna "die Maatskappy" genoem) aansoek gedoen het om die versekering hierin uiteengesit en as teenprestasie daarvoor dat die Versekerde ingestem het om aan die Maatskappy die premie te betaal wat in die Spesifikasie gemeld word.
DERHALWE GETUIG HIERDIE POLIS
dat die Maatskappy sodanige van die versekerings in die bygaande afdeling toegestaan het as wat volgens die spesifikasies by hierdie polis ingesluit is; en dat elke sodanige versekering 'n aanvang neem op die datum in die spesifikasie aangetoon en voortduur totdat dit deur die Versekerde of die Maatskappy deur middel van 14 dae skriftelike kennisgewing gekanselleer word, onderworpe aan die betaling van die premie in die spesifikasie uiteengesit vir elke versekeringstydperk."
Ten opsigte van die betekenis van die tweede
paragraaf is daar in die uitspraak van die
Hof a quo
bevind dat, alhoewel daar 'n onbepaalde
versekeringstyd-
perk is wat in maandelikse tydperke verdeel is, dit
tog
nie 'n geval is waar die versekering maandeliks deur die
13.
versekerde hernu moes word deur die betaling van die premie nie; dit is
inteendeel 'n geval waar die versekering bly voortbestaan
totdat dit by wyse van
kennisgewing gekanselleer word. Hierdie beskouing van die betekenis van die
tweede paragraaf is namens die
respondent in hierdie Hof ondersteun. Volgens die
respondent se vertolking kan die versekering dus net op een manier beëindig
word, en dit is deur 'n kennisgewing van kansellasie.
Namens die appellant is
'n ander uitleg aan ons voorgehou, waarvolgens die versekering nie slegs tot 'n
einde kom deur kansellasie
nie, maar ook deur die wanbetaling van enige
maandelikse premie. In laasge-noemde geval, volgens die appellant se vertolking,
word
die versekering in sy geheel beëindig, ook met betrekking tot die
maand ten opsigte waarvan die onbetaalde premie betaalbaar
was.
Daar is groot moeilikhede met albei hierdie vertolkings. Die appellant se
vertolking gaan mank
14. daaraan dat dit eintlik geen uitwerking gee nie aan
die feit dat die premie vir elke maandelikse versekerings-tydperk agteruit
betaalbaar is. Dit hou noodwendig in dat die bepaling ten aansien van die
betaling van die premie vir elke versekeringstydperk beskou
moet word as 'n
ontbindende voorwaarde, sodat die wanbetaling van enige premie die versekering
vir die voorafgaande tydperk met terugwerkende
krag ongedaan maak. Gedurende
elke tydperk bestaan daar dus onsekerheid of die versekering van krag is al dan
nie, wat eers opgelos
word wanneer dit aan die einde daarvan blyk of die premie
betaal word al dan nie. Dit is onwaarskynlik dat dit die bedoeling van
die
partye kon gewees het. Die respondent se vertolking, aan die ander kant, gee
eintlik geen uitwerking nie aan die bepaling wat
die versekering onderworpe maak
aan die betaling van elke maandelikse premie. Dit bring mee dat die versekering
nie tot 'n einde
kom nie, al word opeenvolgende premies nie betaal nie, tensy
daar h
15. kansellasie is. Die Hof a quo het bevind, en dit is voor
ons betoog, dat die "onderworpe aan"-bepaling maar net aandui, in aansluiting by
die eerste paragraaf,
dat die betaling van die premie die teenprestasie is vir
die verlening van die versekering. Dit is onwaarskyn-lik dat dit die bedoeling
van die partye kon gewees het.
Na my mening is nie een van die bogenoemde
twee vertolkings korrek nie. Om die bespreking wat volg, te vergemaklik, kan die
tersaaklike
bestanddele van die bepalings soos volg geïdentifiseer
word:
A. dat ... [die] ... versekering 'n aanvang
neem op die datum in die
spesif ikasie
aangetoon
B. en voortduur
C. totdat dit deur ...
kennisgewing
gekanselleer word
D. onderworpe aan
E. die betaling van die premie in die
16.
spesifikasie uiteengesit F. vir elke versekeringstydperk.
Die sleutelwoorde is in D:
"onderworpe aan". Hulle is van kardinale belang. Hulle is koppelwoorde wat dit
wat voorafgaan, A, B en
C, verbind met dit wat volg, E en F. Wanneer hulle
gebruik word in 'n sinsverband soos hier, om 'n kwalifiserende sinsnede in te
lui (E-F) wat volg op 'n voorafgaande sin (A-B-C), is hulle sinoniem met
"onderhewig aan", en die eweknie van die Engelse woorde
"subject to". (Dit is
nie nodig om woordeboeke aan te haal om dit te bewys nie.) Hulle funksie, in so
'n sinsverband, is om aan te dui dat dit wat volg (E-F), oorheersend is in
verhouding tot dit wat voorafgaan (A-B-C); andersom, A-B-C
word ondergeskik
verklaar aan E-F. Die gebruik op hierdie wyse van die uitdrukkings "onderhewig
aan" en "subject to" is welbekend
in
wetgewing (sien die bespreking van
MILLER AR in S v
Marwane 1982 (3) SA 717 (A) op 747H-748B). 'n Ander belangrike kenmerk
van hierdie uitdrukkings is die
17. volgende: wanneer hulle in 'n
kontraktuele samehang soos die huidige gebruik word, dra hulle gewoonlik die
begrip oor van iets
wat 'n opskortende uitwerking het, soos 'n opskortende
voorwaarde (sien die opmerkings van HEFER AR in Badenhorst v Van Rensburg
1986 (3) SA 769 (A) op 777H-778C). Hulle kan soms 'n ontbindende uit-werking
hê, as die samehang dit aandui, maar dit is nie hulle gewone betekenis
om
terugwerkend te funksioneer nie. Normaalweg slaan hulle op die toekoms, om aan
te dui dat iets vanaf 'n bepaalde punt vorentoe
effek sal hê.
Die kern van die bepalings is dus dat E-F kwalifiserend en oorheersend inwerk op A-B-C. Die volgende stap is om te bepaal wat presies dit is in A-B-C wat onderhewig gestel word aan E-F. Kyk 'n mens eerste na die sinsnede in C, wat die naaste aan die koppeling D lê, en wat betrekking het op die kansel-lasie van die versekering, dan blyk dit dadelik dat E-F geen' sinvolle skakeling daarmee kan hê nie. Dit kon
18.
nie die bedoeling gewees het om die kansellasie afhanklik te stel van die
betaling van elke maandelikse premie nie. C kan dus buite
rekening gelaat word.
(Terselfdertyd blyk dit dat kansellasie 'n afsonderlike manier is om die
versekering te beëindig, onafhanklik
van die betaling al dan nie van elke
maandelikse premie.)
Kyk 'n mens vervolgens na die sinsnede in A, wat die
verste weg is van D, dan blyk dit dat die woorde daarin nie versoenbaar is met
die woorde in D self en in die daaropvolgende E en F nie. A sê dat die
versekering 'n aanvang neem op die datum in die spesifikasie
aangetoon. Ons weet
dat dit 19 Junie 1984 is , en ons weet dat geen premie op daardie datum
betaalbaar was nie, vanweë die bepaling
dat premies agteruit betaalbaar is.
Die versekering neem dus 'n aanvang, al word geen premie betaal nie. E en F
verwys na die betaling
van die premie vir elke versekerings-tydperk, wat ook die
eerste tydperk insluit. E en F
19.
kan dus nie as gevolg van D kwalifiserend op A inwerk nie,
hetsy ontbindend, hetsy opskortend, tensy 'n mens woorde inlees in die
bepalings
wat nie daarin staan nie, en wat die betekenis van die woorde wat daar staan,
ingrypend sal moet verander.
Dan kom 'n mens by B: "en voortduur". En dan
word die betekenis van die bepalings dadelik duidelik. Die woorde "en voortduur"
volg
op die woorde "h aanvang neem"; hulle laat die beginpunt van die
versekering agter, en kyk vandaar die toekoms in. "Voortduur" is
'n
begrip
van deurlopendheid. Gekoppel aan D, "onderworpe aan", kom die gedagte helder na
vore, dat die versekering sal ophou om voort
te duur, vanaf 'n
bepaalde punt in die toekoms, vorentoe, nie terugwaarts nie. Die bepaalde punt van onderbreking van die "voortduur" is die nie-betaling van die premie vir enige versekeringstydperk, strydig met die oorheersende voorvereiste wat vir die "voortduur" bepaal word deur D, met verwysing na E en F. Dit pas volkome in by die
20.
eerste tydperk ook: die versekering neem 'n aanvang, en duur dan voort, onderhewig aan die betaling van die premie vir daardie tydperk; word daardie premie nie betaal nie, duur die versekering nie meer voort nie, vanaf die datum van die wanbetaling; maar dit wis nie die versekering uit wat 'n aanvang geneem het en voortgeduur het vir die tydperk wat verby is nie. Dieselfde gedagtegang is van toepassing op elke opeenvolgende versekeringstydperk na die eerste een. Telkens as die maandelikse premie betaal word, duur die versekering voort vir die volgende maandelikse tydperk; as 'n maandelikse premie nie betaal word nie, duur die versekering nie voort vir die daaropvolgende maand nie; dit verval dus; maar die versekering wat gedurende die voorafgaande maand van krag was, word nie ongedaan gemaak nie.
Volgens my oordeel is dit die juiste vertolking van die bepalings, om die
woorde "onderworpe aan" en wat daarop volg, te koppel aan
die woorde "en
21 .
voortduur", op so 'n wyse dat die versuim om 'n maandelikse premie te betaal,
die gevolg het dat die versekering nie voortbestaan
na die wanbetaling nie, maar
dat die wanbetaling nie die versekering vir die voorafgaande tydperk tot niet
maak nie. Hierdie vertolking
gee behoorlik uiting aan die gewone betekenis van
die woorde wat in elke onderafdeling van die bepalings gebruik is, en aan die
sinsverband
waarin hulle voorkom. Terselfdertyd verskaf dit 'n praktiese
doelmatigheid aan die bepalings, sonder dat daar enige ongemaklikheid
is in die
toepassing daarvan. Kortom, die vertolking weerspieël die waarskynlike
bedoeling van die partye.
Die uiteindelike gevolgtrekking is dat die appellant aanspreeklik is om die skade te vergoed wat die respondent op 23 Junie 1986 gely het, ten spyte van die nie-betaling van die premie vir daardie maand.
Die resultaat wat die Hof a quo bereik het, is dus korrek.
22.
Die appèl word van die hand gewys, met koste.
A.S. BOTHA AR
VIVIER AR
EKSTEEN AR
STEM SAAM VAN DEN HEEVER Wn AR
VAN COLLER Wn AR

RTF format