South Africa: Supreme Court of Appeal
You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1990 >> [1990] ZASCA 96 | Noteup | LawCiteS v Jantjies (142/89) [1990] ZASCA 96 (18 September 1990)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
VICTOR JANTJIES Appellant
EN
DIE
STAAT Respondent
Coram: E.M. GROSSKOPF, STEYN et EKSTEEN, ARR
Verhoor: 24 Augustus 1990 Gelewer: 18 September 1990
UITSPRAAK
EKSTEEN, AR :
Die appellant was ten tyde van die voor-val in hierdie saak 'n konstabel in die Suid-Afrikaanse Polisie gestasioneer te Gelvandale, Port Elizabeth. Dit skyn gemene saak te wees dat hy en 'n mede-konstabel, Nel, op 13 Februarie 1986 na die huis van ene Fred Levendal ontbied is. Levendal se seun Edmond was blyk-baar dronk gewees en het sy pa se meubels gebreek en oor die algemeen by sy ouerhuis amok gemaak. Die appellant en Nel is na die huis. Hulle het Edmond in hegtenis geneem en hom in die vangwa gesit. Daarna het Edmond se broer Aubrey tussenbei getree en die twee polisiebeamptes aangespreek omdat hulle sy broer
..../ 2
2
gearresteer het. Die daaropvolgende woordewisseling het op 'n stoeiery uitgeloop en uiteindelik is Aubrey deur die appellant in die maag geskiet. 'n Ambulans is ontbied om hom na die hospitaal te neem, waar hy later aan sy wond beswyk het. Die appellant is ge-volglik voor 'n streekhof van strafbare manslag aange-kla. Die landdros het hom skuldig bevind en gevonnis tot 44 maande gevangenisstraf waarvan 20 maande voor-waardelik opgeskort was. Die appellant het hom toe in hoër beroep na die Oos-Kaapse Afdeling gewend. Daar is die skuldigbevinding bekragtig, maar die von-nis is versag na een van 2 jaar gevangenisstraf waar-van 1 jaar voorwaardelik opgeskort is. Verlof is aan hom toegestaan om na hierdie Hof op appèl te kom
..../ 3
3
slegs teen sy vonnis.
Die Staatsaak voor die landdros het uit die
getuienis van die oorledene se ouers en sy broer
David
bestaan. Die appellant het in sy eie verdediging ge-
tuig en ook vir
Konstabel Nel, Kaptein Ludick en David
se gewese vrou, Margaret Levendal, as
getuies geroep.
Die getuienis van die drie Staatsgetuies was nie
eners-
luidend nie maar desondanks is dit deur die landdros
aanvaar. Hy
het voorts die getuienis van die appel-
lant en sy getuies - behalwe moontlik Kaptein Ludick -
as ongeloofwaardig
verwerp. Selfs by 'n aanvaarding
van sy eie getuienis, sê die landdros,
sou appellant
nogtans skuldig gewees het aan strafbare manslag.
In die appèl na die Hof a quo het die Staat
..../ 4
4
toegegee en is dit ook deur die Hof bevind, dat die
landdros fouteer het deur die onderling weersprekende
getuienis van die
drie Staatsgetuies te aanvaar, en
die getuienis van die appellant te verwerp
as synde
nie redelik moontlik waar nie. Hierdie toegewing is
ook voor ons
gedoen by die beredénering van die appèl,
en ons aanvaar die
juistheid daarvan. Dit is dus on-
nodig om met die getuienis van die
Staatsgetuies te
handel. Dit is gemene saak dat die appèl benader
moet
word op die grondslag van die aanvaarding van die appel-
lant se getuienis.
Die appellant het getuig dat hy en Konstabel
Nel op
die middag van 13 Februarie 1986 deur David en
Margaret Levendal na die huis
van Fred Levendal ontbied
/ 5
5
is om vir Edmond in bedwang te bring en hom te arresteer. Hulle is saam na
dié huis waar hulle vir Edmond onder die invloed
van drank en "vreeslik
oproerig" aangetref het. Appellant het hom gearresteer en na die vang-wa geneem.
Edmond se vader, Fred Levendal,
het aan die appellant en Konstabel Nel
gerapporteer dat Edmond se ander broer - d.w.s. die oorledene - "ook oproerig
is, en dat hy
in besit is van 'n vuurwapen waarmee hy die middag twee skote
afgevuur het." Kaptein Ludick het getuig dat Fred Levendal later die
dag, na die
skietvoorval, 'n soortgelyke mededeling aan hom gemaak het.
Appellant getuig
voorts dat, nadat hy vir Edmond in die vangwa gesit het, en hy omgedraai
het,
.... / 6
6
hy die oorledene by die hek van die Levendal perseel
gewaar het. Die
oorledene was klaarblyklik onthuts
oor die arrestasie van sy broer, en hy het
op die polisie
geskel. Appellant sê dat hy gesien het dat die
oorle-
dene 'n vuurwapen onder sy hemp uitgehaal het en na regs
beweeg het
na die hoek van die woonhuis asof hy daar
skuiling wou soek. Konstabel Nel
het agter die oorle-
dene aangehardloop terwyl die appellant links om
die
huis beweeg het om die oorledene te probeer vaskeer.
Die oorledene het
hom in die appellant vasgehardloop en
appellant voor die bors gegryp. Dit was
gemene saak
dat die oorledene frisser gebou was as die appellant
en Nel.
Die appellant sê dat hy vir die oorledene aan
sy skouers gegryp het en hom op die grond probeer neergooi
.../ 7
7
het. Die oorledene was baie aggressief en hy het in die loop van die stoeiery appellant se rewolwer uit sy holster geruk. Konstabel Nel het op hierdie tydstip bygekom en die oorledene om sy arms vasgegryp terwyl die appellant probeer het om sy rewolwer weer van die oorlédene af te neem. Na 'n hewige gestoei het appel-lant uiteindelik daarin geslaag om die rewolwer weer in die hande te kry. Hy sê dat hy agteruitbeweeg het weg van die oorledene af en die rewolwer weer in sy holster geplaas het. Die oorledéne het toe weggebreek uit Konstabel Nel se greep en doelgerig na die appel-lant aangekom. Appellant sê dat dit vir hom voorge-kom het dat die oorledene weer wou probeer om die re-wolwer van hom af te neem. Hy was toe al moeg gestoei
...../ 8
8
en het vir sy lewe gevrees. Hy het sy rewolwer uit-
gehaal, Konstabel Nel
beveel om pad te gee agter die
oorledene, en gedreig om die oorledene te
skiet. Hy
sê dat hy dit gedoen het in 'n poging om die oorledene
af te skrik.
Dit het egter geen uitwerking gehad op
die oorledene se doelgerigte aantog na
hom nie. Hy
haal toe sy rewolwer oor en skiet 'n skoot in die rigting
van
appellant se bene. Hy kon nie sê hoe dit gekom het
dat hy die oorledene
in sy maag getref het nie, maar
vermoed dat die rewolwer geruk het met die
afgaan van
die skoot sodat die koeël in 'n ander rigting gegaan
het
as dié waarin hy gemik het. Dit is iets wat wel met
so 'n
rewolwer gebeur.
Nadat die oorledene sy maag vasgehou het en
..../9
9
op die grond neergesak het, het 'n jong vroutjie, ver-moedelik 'n
verpleegster,na hom gekom en hom hulp verleen. Appellant sê
dat hy na die
vangwa gegaan het, die aan-geleentheid aan hul "radiobeheer" gerapporteer het,
en 'n ambulans ontbied het. Die ambulans
het oorledene later weggeneem, en
Kaptein Ludick het nog later by die toneel aangekom. Hulle het gesoek na die
vuurwapen wat die
oorledene sou gehad het maar hulle kon geen spoor daarvan vind
nie.
Dit was in wese die appellant se relaas van die gebeurde, en dit is op
die aanvaarding van hierdie relaas dat die appèl teen
sy vonnis oorweeg
moet word. Sy skuldigbevinding aan strafbare manslag vorm geen deel van die
appèl nie, en dit is dus onnodig
om daaroor
..../ 10
10
te besin.
Dit is gemene saak dat die appellant ten tyde
van
die voorval reeds vyf jaar diens in die polisiemag
gehad het en dat hy op die
punt gestaan het om tot ser-
sant bevorder te word. Die landdros het ook by
vonnis-
oplegging in aanmerking geheem dat "die polisie, in die
algemeen
gesproke, 'n moeilike en dikwels ondankbare taak
verrig"; dat die skoot deur
die appellant afgevuur was
"as gevolg van waarskynlik oorhaastige of dalk onna-
denkende optrede aan
die kant van die beskuldigde"; en
dat "hierdie heel waarskynlik 'n eenmalige
voorval was
en dat daar geen gevaar van herhaling in die toekoms
blyk te
wees nie". Hy verwys ook na ander besonderhede
wat volledig deur oorledene se
advokaat voor die Hof
.../ 11
11
gelê was, en wat hy by vonnisoplegging in aanmerking geneem het, maar
hy sê nie wat hierdie besonderhede was nie.
Alhoewel strafbare manslag
wat die verlies van 'n mens se lewe inhou nooit ligtelik deur 'n Hof be-skou kan
word nie, is daar in die
ohderhawige geval versagtende faktore wat ook in
aanmerking geneem moet word. Die appellant het nie skoor gaan soek met die
oorledene
nie. Hy is in die uitvoering van sy pligte na die Levendal tuiste
ontbied om 'n oproerige seun in bedwang te bring. Daar is hy gewaarsku
dat die
oor-ledene ook oproerig was, dat hy gewapen was, en dat hy daardie middag twee
skote daar afgevuur het. Onmiddel-lik daarna
verskyn die oorledene op die toneel
in 'n
....../ 12
12
aggresiewe bui wat teen die appellant en sy mede-konstabel gemik was.
Hy bring "n vuurwapen tevoorskyn en soek skuiling langs die
huis. In die
daaropvolgende poging om hom in bedwang te bring vind die stoeiery plaas waarin
hy die appellant se rewolwer van hom
afneem. Eers na "n lang gestoei, en met die
hulp en bystand van Nel, slaag die appellant uiteindelik om beheer oor sy
rewolwer te
herwin. Onmiddellik daarna bedreig die oorledene weer vir die
appellant wat toe al moeg gestoei was met 'n man wat sterker as hy
was.
Appellant se pogings om hom af te skrik was vrugteloos, en toe eers skiet hy 'n
skoot na die oorledene. Die skoot,sê hy,
was nie na die oorledene se maag
gemik nie maar na sy bene. Die appellant moes miskien meer versigtig gewees
....../ 13
13
het met die afskiet van die skoot, maar die groot mate van provokasie en bedreiging wat op sy weergawe die skoot voorafgegaan het, moet in 'n groot mate van die erns van die qortreding afding. Wat die persoonlike faktore van
die appellant betref moet in aanmerking geneem word dat hy geen vorige veroordelings het nie en dat hy 'n jong man, op die drumpel van 'n belowende toekoms, is. Die gebeurde ter sprake was 'n ongelukkige episode waar hy in die hitte van die oomblik opgetree het, en is iets wat in alle waarskynlikheid nie weer in die toekoms sal voor-kom nie. In hierdie omstandighede meen ek nie dat die openbare mening op gevangenissêtting van so 'n man sal
aandring nie. Die belange van die gemeenskap sal eerder gedien word deur 'n geheel opgeskorte vonnis wat as 'n
...../ l4
14
heilsame waarskuwing kan dien, en 'n aansporing tot meer
toegewyde diens.
'n Geheel opgeskorte vonnis verskil so wesenlik van die
vonnis van die Hof a quo dat hierdie Hof geregtig is om in te
gryp.
Die appèl slaag en die vonnis word gewysig na een jaar
gevangenisstraf wat in sy geheel opgeskort word vir 4 jaar op voorwaarde
dat
appellant nie weer gedurende daar-die tydpwerk hom skuldig maak aan strafbare
manslag waarby aanranding 'n element is nie, en
waarvoor hy tot gevangenis-straf
sonder die keuse van 'n boete gevonnis wórd.
J.P.G. EKSTEEN, AR
E.M. GROSSKOPF, AR )
stem saam
STEYN, AR )