South Africa: Supreme Court of Appeal
You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1990 >> [1990] ZASCA 57 | Noteup | LawCiteVolkskas Spaarbank Bpk. v Van Aswegen (601/88) [1990] ZASCA 57; 1990 (3) SA 978 (AD); [1990] 2 All SA 395 (A) (30 May 1990)
Download original files |
CG SAAKNOMMER: 601/88
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak van:
VOLKSKAS SPAARBANK BEPERK Appellant
en
H
J VAN ASWEGEN Respondent
CORAM: JOUBERT, VAN HEERDEN, STEYN, EKSTEEN ARR et SMUTS WAR
AANGEHOOR: 14 MEI 1990
GELEWER: 30 MEI 1990
UITSPRAAK STEYN AR
2
Hierdie is 'n appèl teen die beslissing deur Van Coller R in die
Oranje Vrystaatse Provinsiale Afdeling op 'n gestelde saak.
Die saak wat
ingevolge Hofreël 33(1) gestel is, spruit voort uit 'n eis ingestel deur
appellant se voorganger, Die Bank van
die Oranje Vrystaat (BANKOVS), as eiser
teen respondent as verweerder vir betaling van die som van R51 613,53. In die
loop van die
gedingvoering is BANKOVS se naam verander na Volkskas Spaarbank
Beperk. Daar sal na die partye verwys word as eiser en verweerder
onderskeidelik.
Eiser het op 23 Mei 1985 dagvaarding in die onderhawige saak
teen verweerder uitgereik vir betaling van voormelde bedrag. Hierdie
vordering
is gegrond op 'n brief wat verweerder se prokureurs namens hom op 26 Mei 1982
aan eiser (BANKOVS) gerig het. Diê
brief is aanhangsel C tot nadere
besonderhede wat eiser op versoek
van verweerder verstrek het ingevolge Hofreël 21(1).
Na sluiting van die pleitstukke is die saak op
3
22 Maart 1986 soos volg vir beslissing gestel:
"Die partye het ooreengekom op die. volgende feite vir die doeleindes van beslissing van hierdie saak deur die Hof ingevolge die bepalings van Reël 33:
1. Op 24 APRIL 1975 en te VEREENIGING
het die
Eiser as verhuurder 'n
skriftelike huurooreenkoms aangegaan
met H. J. VAN
ASWEGEN JUNIOR as
huurder in terme waarvan Eiser aan
H.J. VAN ASWEGEN
JUNIOR h sekere D &
N 46 A Caterpillar Kruiptrekker
verhuur het.
2. Op 24 APRIL 1975 en te JOHANNESBURG
het die Verweerder homself as borg
en
medehoofskuldenaar ten gunste van die
Eiser verbind vir die
behoorlike
nakoming deur H.J. VAN ASWEGEN JUNIOR
van sy verpligtinge
ingevolge
genoemde huurooreenkoms. 'n Afskrif
van die huur- en
borgooreenkoms is
aangeheg as aanhangsel "A" tot die
dagvaarding.
3. Voortspruitende uit die gemelde
borgooreenkoms het die
volgende
briefwisseling plaasgevind tussen die
Eiser en die Verweerder of
die
Verweerder se regsverteenwoordigers:
3.1 'n Brief gedateer 11 NOVEMBER 1981
vanaf Eiser aan Verweerder;
3.2 'n Brief gedateer 28 JANUARIE 1982 vanaf STEGMANS aan Eiser; 3.3 'n Brief gedateer 26 FEBRUARIE 1982 vanaf Eiser aan STEGMANS;
4
3.4 'n Brief gedateer 5 MEI 1982 vanaf Eiser aan STEGMANS;
3.5 'n Brief gedateer 26 MEI 1982 vanaf STEGMANS aan Eiser;
3.6 'n Brief gedateer 22 NOVEMBER 1982 vanaf Eiser aan Stegmans;
3.7 'n Brief gedateer 26 NOVEMBER 1982 vanaf STEGMANS aan Eiser;
3.8 'n Brief gedateer 15 DESEMBER 1982 vanaf Eiser aan Verweerder.
Afskrifte van voormelde briewe word hierby aangeheg gemerk "A" tot "H" onderskeidelik.
4. Tydens voormelde briefwisseling het Prok. BURGER van Menere STEGMANS opgetreê as die Verweerder se behoorlike gemagtigde verteenwoor-diger.
5. Die Eiser se eise teen die Verweerder voortspruitende uit die borgakte deur die Verweerder onderteken waarna in paragraaf 2 hierbo verwys word het verjaar.
6. Die dagvaarding in hierdie aksie is op die Verweerder bestel op 4 MEI 1985.
REGSVRAAG VIR BESLISSING:
Of die inhoud van die brief, aanhangsel "E" hiertoe, 'n skulderkenning en onderneming ter betaling is wat 'n afsonderlike skuldoorsaak daarstel ten gunste van die Eiser teen die Verweerder.
Indien die bogemelde vraag bevestigend
5
beantwoord word, dan word die Hof versoek om vonnis ten gunste van die Eiser toe te staan ingevolge bedes 1, 2 en 3 van die Eiser se besonderhede van Eis.
Indien die bogemelde vraag ontkennend beantwoord word, word die Hof versoek om die Eiser se eis van die hand te wys met koste."
Dit was by die beredenering van die appèl gemene saak dat die skuld van Van Aswegen jnr en verweerder se verpligting in terme van die borgakte albei reeds verjaar het voordat die voormelde brief van 11 November 1981 (aanhangsel A) geskryf is. (Die datum 4 Mei 1985 in par 6 van die feitestelling moet klaarblyklik lees "24 Mei 1985".) Eiser se brief van 11 November 1981 lees so:
"HUUR NOMMER 1402497037AS OP 'n D8H CATTERPILLAR
Nadat die bank verskeie pogings aangewend het om die uitstaande balans van R12195.06 vanaf u oorledene seun mnr Boet van Aswegen te vorder sonder enige sukses, wens ons u nou net hiermee formeel te versoek om asseblief die bogenoemde bedrag binne 20 dae na datum vah hierdie skrywe aan die bank te vereffen in volle en finale vereffening van hierdie saak. Verder vestig
6
ons u aandag daarop dat hierdie bedrag onderhewig is aan rente teen 21% per maand vanaf 25/07/1978.
Aangesien u, u as borg en mede hoofskuldenaar in hierdie saak verbind het, glo ons dit is in u belang om die genoemde bedrag binne die tydperk van 20 dae aan die bank oor te betaal, ten einde te voorkom dat geregtlike stappe teen u geneem word.
Verder verneem ons dan ook graag van u, waar hierdie huur artikel tans gestoor of werksaam is.
U dringende aandag aan hierdie saak sal hoog op prys gestel word, en verneem ons dus graag van u per kerende pos."
Daarop volg korrespondensie waarin 'n afskrif
van die borgakte aan verweerder gestuur is op die se
versoek (aanhangsels
B en C) en 'n daaropvolgende navraag
op 5 Mei 1982 deur eiser aangaande "die
jongste vordering
in hierdie aangeleentheid" (aanhangsel D). Verweerder
het daarop soos volg
geantwoord in die sleutelbrief van
26 Mei 1982 (aanhangsel E):
7
"H J VAN ASWEGEN : REKENINGNOMMER 1402497037AS
Ons verwys na u brief van 5 Mei, 1982. Die aangeleentheid is met mnr van Aswegen bespreek, maar moet ons tot ons spyt meedeel dat hy tans nie in 'n posisie is om u eis onmiddellik te vereffen nie. Mnr van Aswegen verneem egter ook wat van die betrokke kruiptrekker geword het wat kragtens die huurkontrak gehuur is. Ons sal graag die werktuig wil besigtig."
Na 'n verloop van bykans ses maande, op 22 November 1982, het eiser soos volg navraag oor die aangeleentheid gedoen (aanhangsel F):
"H J VAN ASWEGEN - 1402497037AS
U skrywe van 26 Mei 1982 verwys.
Ons verneem graag of u die bestorwe boedel hanteer aangesien ons graag wil vasstel of die Bank se eis noteer is.
Wat borg van Aswegen Snr betref, verneem ons graag of hy hierdie rekening nou kan vereffen, en wat die jongste reëling in die verband is."
Daarop het die korrespondensie by die gestelde
saak aangeheg so geëindig met die briewe van 26 November
1982 en 15 Desember 1982 (aanhangsels G en H):
8
Aanhangsel G, gerig aan eiser:
"H J VAN ASWEGEN : REKENING 1402497037AS
Ons verwys na u brief van 22 November, 1982, asook na ons vorige skrywe gedateer 26 Mei, 1982, waarvan 'n afskrif hierby aangeheg word. Ons het tot op datum nog geen antwoord van u ontvang op ons laasgenoemde skrywe nie, maar bevestig ons hiermee dat ons nie die boedel van wyle H J van Aswegen hanteer nie."
Aanhangsel H, gerig aan verweerder:
RE BOEDEL WYLE H J VAN ASWEGEN
U word vriendelik verwys na bogemelde rekening waarvoor u as borg en mede hoof skuldenaar verantwoordelik is.
Ons het met prokureur Stegmans kontak gemaak, maar hulle kon ons nie in kennis stel wie die boedel van u oorlede seun hanteer nie.
Onder die onstandighede verneem ek graag wie as kurator in hierdie aangeleentheid aangestel is, ten einde die bank in staat te stel om h eis teen die boedel in te dien.
Wat betref die artikel weet ons nie waar dit tans gehou word nie, maar verneem ons graag baie dringend van u wanneer die nodige betalings op hierdie rekening gemaak kan word."
Van Coller R het ter gedeeltelike beantwoording
9
van die gestelde regsvraag bevind dat die brief van 26 Mei 1982 wel "'n
skulderkenning en onderneming ter betaling" is (die eerste
bevinding). Mnr
Wessels, wat die appèl namens die verweerder beredeneer het, het die
korrektheid van dié beslissing
vir doeleindes van sy betoog
aanvaar.
Die geleerde regter het egter voorts bevind dat gemelde brief nie
"'n afsonderlike skuldoorsaak" ten gunste van eiser daarstel nie
omdat die
onderneming daarin vervat nie deur eiser aanvaar is nie (die tweede bevinding).
Eiser se appel is slegs teen die tweede
bevinding gerig en wel op grond daarvan
dat Van Coller R fouteer het deur te bevind dat aanvaarding van verweerder se
onderneming
(i) in geskil was in die gestelde saak, (ii) nodig was vir die totstandkoming van 'n
afsonderlike skuldoorsaak en (iii) nie geskied het nie.
10
Die geleerde regter se uitspraak op hierdie aspek lui so:
"Die volgende vraag wat dan ontstaan is of hierdie onderneming deur eiser aanvaar is. Dat hier aanvaarding van die onderneming moes gewees het ten einde 'n selfstandige skuldoorsaak vir die eiser daar te stel blyk duidelik uit wat gesê is in die Chemfos-saak en die Adams-saak. 'n Nuwe ooreenkoms moes tot stand gekom het, en dit kon alleen tot stand gekom het indien eiser die onderneming aanvaar het. Dit is ook insiggewend dat hier nie net 'n onderneming is om te betaal nie, maar om te betaal wanneer verweerder in staat is daartoe. Die briewe wat gevolg het op aanhangsel E bevat geen uitdruklike aanvaarding van die onderneming nie. Dit moet dus oorweeg word of hier h stilswyende aanvaarding was.
Die afleiding kan wel gemaak word dat die onderneming aanvaar is. Daar het 'n redelike lang tyd, feitlik ses maande, verloop voordat aanhangsel F geskryf is en daar is gevra of verweerder "nou" kan betaal. Die feite en gedrag van eiser is egter na my mening nie sodanig dat dit vir geen ander redelike interpretasie vatbaar is nie of dat dit die mees aanneemlikste of waarskynlikste afleiding is wat gemaak kan word nie. (Sien in die verband JOEL MELAMED & HURWITS v VORNER INVESTMENTS[1984] ZASCA 4; , 1984 (3) SA 155, 164 en 165 AD). Die feit dat eiser vir 6 maande nie van hom laat hoor nie en dan vra of verweerder nou die rekening kan vereffen beteken nie noodwendig
11
dat die onderneming aanvaar is nie. Dit kan ook gesien word as 'n
tegemoetkoming deur tydsverlening. Dit kom ook onwaarskynlik voor
dat eiser die
onderneming sou aanvaar wat 'n beperking van sy regte inhou in die sin dat hy
sou moes wag totdat verweerder in staat
is om te betaal, wanneer dit ook al mag
wees. Daar moet ook gekyk word na die briewe wat gevolg het op aanhangsel F. In
aanhangsel
G skryf verweerder se prokureur dat daar nog nie op aanhangsel E
geantwoord is nie. Daarna skryf die eiser in aanhangsel H direk
aan die
verweerder. Daarin word verweerder verwys na sy aanspreeklikheid as borg en
mede-hoofskuldenaar. Geen melding van 'n skulderkenning
of 'n onderneming om te
betaal word gemaak nie. Eiser se gedrag toon na my mening nie aan dat die
onderneming aanvaar is nie. Die
oorwig van waarskynlikhede dui daarop dat die
onderneming inderdaad nie aanvaar is nie. Daar kan dus ook nie deur eiser op die
bewerings
in die dagvaarding as aanvaarding van die onderneming gesteun word
nie. Afgesien hiervan is die dagvaarding in elk geval amper 3
jaar na die
onderneming gegee is uitgereik en is ek van mening dat meer as 'n redelike tyd
verstryk het sedert die onderneming gegee
is. Aangesien die onderneming nie
aanvaar is nie het daar dus nie 'n nuwe ooreenkoms ontstaan nie.
Ek is
derhalwe van mening dat aanhangesel E nie 'n skulderkenning en onderneming ter
betaling is wat 'n afsonderlike skuldoorsaak
daarstel ten gunste van eiser teen
verweerder nie."
12
(Die CHEMFOS en ADAMS sake waarna die geleerde regter in
die
bogaande aanhaling verwys het, is CHEMFOS LTD v
PLAASFOSFAAT (PTY)
LTD 1985 (3) SA 106 (A) en ADAMS v SA
MOTOR INDUSTRY EMPLOYERS
ASSOCIATION 1981 (3) SA 1189
(A).)
Mnr Roos het namens eiser (appellant) betoog
dat die geleerde regter fouteer het omdat die gestelde
regsvraag slegs
betrekking het op die inhoud van die
brief van 26 Mei 1982 (aanhangsel E) en
dat aanvaarding
van die onderneming nie nodig en gevolglik nie ter sake
is nie. Hy het voorts betoog dat mededeling aan die
verweerder van
aanvaarding daarvan deur die eiser
daarbenewens in die onderhawige geval regtens onnodig
was. In sy addisionele argumentshoofde lui dié betoog so:
"'n Skulderkenning met h uitdruklike of geïmpliseerde of stilswyende onderneming om te betaal is'n eensydige regshandeling en verskil in die opsig nie van bv. 'n borgakte nie." Mededeling van aanvaarding is nie nodig waar die onderneming duidelik is en nie in die vorm
13
van 'n voorstel gegiet is nie." Mnr Roos het hom vir die stelling beroep op
EVANS v OAKES 1867 NLR 34 op 36, BOUWER v LICHTENBURG CO-OPERATIVE
SOCIETY 1925 TPA 144 op 148, NELSON v HODGETTS TIMBERS (EAST LONDON)
(PTY) LTD 1973 (3) SA 37 (A) op 44G en FEDERATED TIMBERS (PRETORIA) (PTY)
LTD v FOURIE 1978 (1) SA 292 (T) te 297A. Volgens hom maak mededeling van
aanvaarding voor uitreiking van dagvaarding gevolglik nie deel uit van die
skuldoorsaak
nie en was die hof a quo nie geroepe om daaroor te beslis nie. Mnr
Roos se alternatiewe betoog was dat aanvaarding van verweerder
se onderneming om
te betaal afgelei kan word van die eiser se gedrag. Na my mening gaan hierdie
betoë nie op nie.
Die passasie in die FEDERATED TIMBERS saak,
supra, waarop mnr Roos hom in sy hoofbetoog beroep, vervat 'n bondige
uiteensetting van die vermeende regsbeginsel. Dit lui
só (297A-B):
"Mededeling van die aanvaarding van die
14
voordele verleen onder 'n borgakte deur 'n krediteur is nie nodig nie as die borgakte 'n duidelike onderneming waarby die verpligtinge van h ander gewaarborg word, vervat mededeling is net nodig as die onderneming deur die borg in die vorm van 'n voorstel gegiet is. (BOUWER v LICHTENBURG CO-OPERATIVE SOCIETY, 1925 TPA 144 op bl 148; CANEY, LAW OF SURETYSHIP, 2de uitg bl 54; NELSON v HODGETTS TIMBERS (EAST LONDON) (PTY) LTD., 1973 (3) SA 37 (AA) op bl 44 E-G.)"
Die ou Natalse saak van EVANS v OAKES,
supra, is wesenlik
gelykluidend. Op bl 36 het Hoofregter Harding
die
volgende gesê:
"Mr Walker has argued that there should have been an acceptance of the guarantee. No doubt there should, and I say that in this case there was. I do not think it at all necessary that Evans should have communicated to the defendants that Cox had brought him their guarantee. I think the evidence shows that the guarantee was accepted. Oakes signed it and gave it to Cox and he heard no more about it, and they must have known that Cox made use of it."
(Die eiser in daardie saak het aan Cox krediet
verleen
vir aankope deur hom op voorwaarde dat die verweerder die
betaling
van Cox se skuld aan eiser waarborg.) Voormelde
15
sake waarop mnr Roos steun het almal gegaan oor 'n erkenning deur 'n
verweerder van en/of h onderneming om, die bestaande skuld van 'n ander
aan die eiser te betaal.
Ingevolge die bepalings van arts 10(1) en (2) van
die Verjaringswet, no 68 van 1969, word h hoof- en 'n daaraangekoppelde
neweskuld
deur verjaring uitgewis. Toe die brief van 26 Mei 1982 (aanhangsel E)
geskryf is, was verweerder se verskuldiging aan eiser in terme
van voormelde
borgakte gevolglik reeds uitgewis. Daar was derhalwe op gemelde datum geen
bestaande skuld wat verweerder kon erken
en onderneem het om te betaal nie.
Enige nuwe aanspreeklikheid van verweerder teenoor eiser spruitende uit die
transaksies van 24
April 1975 sou derhalwe slegs ingevolge 'n nuwe ooreenkoms
tussen hulle tot stand kon kom. So 'n ooreenkoms sou uiteraard konsensueel
moes
wees. 'n Onderneming deur verweerder, 'n aanvaarding deur eiser en mededeling
daarvan aan verweerder, is gevolglik noodsaaklik
vir die
16
totstandkoming van so 'n nuwe aanspreeklikheid. Aanvaarding van verweerder se
onderneming van 26 Mei 1982 en mededeling daarvan aan
verweerder moes derhalwe
deur eiser bewys word.
Wat die korrektheid van die voormelde stelling in die
FEDERATED TIMBERS saak, supra, betref (en ook van dié in EVANS
v OAKES, supra) is dit na my mening egter nodig om die volgende te sê:
Die NELSON saak bied geen steun vir die stelling nie, terwyl in die
BOUWER saak slegs terloops verwys is na BURGE : SURETYSHIP p
16-17, wat blykbaar van mening was dat indien 'n borg in duidelike taal instaan
vir 'n ander se skuld, aanvaarding deur die skuldeiser
nie 'n vereiste is
nie.
Dit ly geen twyfel nie dat bogenoemde stelling in stryd is met die
algemene beginsels van die kontraktereg aangaande die totstandkoming
van 'n
ooreenkoms. Dit is egter onnodig om vir die doeleindes van hierdie appèl
in te gaan op die vraag of mindere
17
vereistes geld vir die totstandkoming van 'n borgkontrak. Ek sê dit
omdat daar na my mening geen rede is nie om van bedoelde
beginsels af te wyk wat
betref die aangaan van h selfstandige, in teenstelling tot 'n subsidiêre,
ooreenkoms. Die gewysdes
waarop mnr Roos hom beroep het in die eerste van sy
voormelde betoë is gevolglik nie van toepassing nie.
Streng gesproke was
dit vir Van Coller R slegs nodig om h ontkennende antwoord te gee op die
gestelde vraag omdat aanvaarding van
die onderneming (wat noodsaaklik is vir die
totstandkoming van die gemelde ooreenkoms en van die skuldoorsaak daarop
gegrond) nie
blyk uit die inhoud van die brief van 26 Mei 1982
nie.
Die geleerde regter het egter verder gegaan (in wese ten gunste van
eiser, meen ek) en gekyk of aanvaarding bewys is. Hy het na my
mening tereg
bevind dat dit nie die geval is nie. Eiser was klaarblyklik onbewus van die toe
reeds ingetrede verjaring toe hy die
18
aangehegte briewe geskryf het. Dit blyk duidelik uit sy volgehoue en deurlopende verwysing in die korrespondensie na verweerder se aanspreeklikheid uit hoofde van die borgakte. In die brief van 15 Desember 1982 (aanhangsel H) verwys eiser bv. nog steeds uitdruklik na verweerder se aanspreeklikheid as "borg en mede hoof skuldenaar", soos tereg opgemerk is deur Van Coller R. Die onderneming om te betaal wat in die brief van 26 Mei 1982 (aanhangsel E) vervat is sou eiser by aanvaarding daarvan in 'n baie minder gunstige posisie teenoor verweerder geplaas het as die borgakte. Dit is algeheel onwaarskynlik dat eiser só 'n onderneming sou aanvaar het ter onnodige vervanging van die veel voordeliger borgaanspreeklikheid wat hy klaarblyklik gemeen het nog geldend was. Eiser se gedrag soos aangedui deur die brief van 15 Desember 1982 (aanhangsel H), is na my oordeel afdoende bewys dat hy verweerder se onderneming inderdaad nie aanvaar het nie en dit trouens verwerp het.
19
Van Coller R se tweede bevinding was gevolglik korrek. Die appel word afgewys met koste.
MTSTEYN APPelREGTdR
JOUBERT AR) VAN HEERDEN AR) EKSTEEN AR) SMUTS WAR)