South Africa: Supreme Court of Appeal
You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1990 >> [1990] ZASCA 56 | Noteup | LawCiteVermaak v Joubert & May (171/88) [1990] ZASCA 56; 1990 (3) SA 866 (AD); [1990] 2 All SA 388 (A) (30 May 1990)
Download original files |
Saaknommer: 171/88
PETRUS VERMAAK APPELLANT
en
JOUBERT & MAY
RESPONDENT
JOUBERT AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÊLAFDELING
In die saak tussen:
PETRUS VERMAAK Appellant
en
JOUBERT
& MAY Respondent
Coram: JOUBERT, E M GROSSKOPF, KUMLEBEN, EKSTEEN ARR
et NIENABER Wn AR. Verhoor: 2 Mei 1990 Gelewer: 30 Mei 1990
UITSPRAAK JOUBERT AR:
/Hierdie
2
Hierdie is 'n appèl teen die uitspraak van HARTZENBERG R
in die Transvaalse Provinsiale Afdeling wat in 1988(4) SA 115 (T)
gerapporteer
is. Met verlof van die Hof a quo kom die appellant ("mnr Vermaak") in
hoër beroep teen die uitspraak na hierdie Hof. Ek sal na die respondent as
"Joubert en
May" verwys.
Die relevante feite wat op die agtergrond van die
appel betrekking het, kan kortliks soos volg gestel word:
1. Mev Herrer was die eienares van die Belle Ombre Kontant Winkel ("die besigheid") wat geleë is op die plaas van ene du Toit in Letsitele, Transvaal. Op 6 Maart 1984 het sy 'n skriftelike koopkontrak met ene Schilt gesluit waarvolgens sy haar besigheid aan laasgenoemde vir R30 000 verkoop het. (Oor-konde band 4 p 327-334). Volgens klousules
/3
3
3.1, 4 en 5 van die koopkontrak saamgelees het die koopkontrak op 13 Maart 1984 in werking getree. In terme van klousule 10 van die koopkontrak het Schilt as koper "onderneem om onverwyld en op sy eie koste die kennisgewing van die voorgenome verkoping van die besigheid kragtens die ooreenkoms te publiseer, soos vereis deur die bepalings van artikel 34 van die Insolvensiewet".
2. Op 6 Maart 1984 het Schilt 'n skriftelike huurkontrak gesluit met du Toit waarvolgens laasgenoemde aan
hom die perseel waarop die besigheid gedryf word vir 'n tydperk van 5 jaar vanaf 13 Maart 1984 verhuur het. (Oorkonde band 2 p 192- band 3 p 208).
3. Gedurende Maart 1984 het Schilt aan Joubert en
May, 'n prokureursfirma te Tzaneen, opdrag gegee
om die nodige advertensies van die verkoop van die
/4
4
besigheid in terme van artikel 34 (1) van die Insolvensiewet 24 van 1936 ("die Wet") te publiseer, welke opdrag deur Joubert en May aanvaar is. 4. Ter uitvoering van hul opdrag het Joubert en May advertensies, in Afrikaans en Engels, in twee uitgawes van 'n tweetalige nuusblad, die Letaba Herald, op 6 en 13 April 1984 laat publiseer. Die advertensies ingevolge artikel 34 (1) van die Wet het te kenne gegee dat mev Herrer van voorneme is om die besigheid tesame met alle bates daarvan "na verstryking van dertig dae vanaf die laaste publikasie van hierdie kennisgewing te vervreem" aan Schilt. Insgelyks het op 13 April 1984 'n besigheidskennisgewing in Engels en Afrikaans in die Staatskoerant verskyn om belanghebbende partye en skuldeisers ingevolge artikel 34 (1) van die
/5
5
Wet te verwittig van die voorgenome vervreemding van die besigheid deur mev Herrer aan Schilt binne 30 dae na die publikasie daarvan.
5. Op 26 April 1984 het Finanskor, 'n naam waaronder
mnr Vermaak handel gedryf het, mev Herrer in die
landdroshof te Tzaneen gedagvaar op 'n skriftelike
skulderkenning, gedateer 29 April 1983, vir betaling
van R83 262-92 plus rente. Dit is gemene saak
dat hierdie skuld nie betrekking op mev Herrer se besigheid het nie. Sy het op 2 Mei 1984 kennis gegee om die aksie teen haar te verdedig.
6. Op 24 Mei 1984 is Finanskor se aansoek om summiere
vonnis in die landdroshof deur mev Herrer teengestaan.
Uitspraak is voorbehou. Op 8 Junie 1984 het
die landdros summiere vonnis vir R45 506-93 teen mev Herrer verleen. Die redes vir sy uitspraak
/6
6
het die landdros op 3 Julie 1984 verskaf wat hy op 27 Julie 1984 aangevul het.
7. Finanskor het op 19 Junie 1984 'n lasbrief vir ten-uitvoerlegging van die summiere vonnis teen mev Herrer laat uitreik. Die geregsbode het 'n relaas van nulla bona gelewer.
8. Op 23 Julie 1984 het mev Herrer appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen die uitspraak en bevel vir summiere vonnis van die landdros aangeteken.
9. Finanskor het op 26 Julie 1984 die geregsbode laat beslag lê op die winkelvoorraad van mev Herrer se besigheid. Dit was die eerste beslaglegging. Dit is gemene saak dat dit ongeldig was vanweë die aanteken van appèl deur mev Herrer. Intussen het mev Herrer se vader, mnr Smith, uit hoofde
/7
7
van sy borgskap R20 000 op haar skuld aan Finanskor betaal. Dit het 'n balans van R25 506-93 plus koste gelaat wat mev Herrer aan Finanskor verskuldig was.
10. Op 21 Augustus 1984 is mev Herrer se boedel voorlopig
gesekwesteer maar die voorlopige sekwestrasiebevel
is op 2 Oktober 1984 opgehef.
11. Op 30 Augustus 1984 het die landdros 'n aansoek van
Finanskor, wat deur mev Herrer geopponeer is,
om in terme van artikel 78 van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 die tenuitvoerlegging van die summiere vonnis te magtig, verhoor. Die landdros het die tenuitvoerlegging gemagtig op 5 September 1984. Die geregsbode het op 21 September 1984 beslag gelê op winkelvorraad van die besigheid ter waarde van R27 000. Dit is die tweede beslaglegging.
/8
8
12. Die geregsbode het op 26 September 'n tussenpleit-dagvaarding uitgereik. Schilt se standpunt as beswaarmaker was dat die advertensies wat ingevolge artikel 34 (1) van die Wet gepubliseer is regsgeldig was en dat Finanskor as eksekusieskuldeiser nie binne die betrokke 30 dae sy eis i.v.m. die besigheid teen mev Herrer ingestel het nie. In die alternatief het hy beweer dat indien die advertensies ongeldig is dan het Finanskor nie binne 6 maande vanaf 13 Maart 1984 op die besigheid beslag gelê nie. Die regsvrae wat hierop betrekking het, is geopper by die verhoor van die tussenpleitgeding op 25 Oktober 1984. Die landdros het op 4 Desember 1984 die aanspraak van aanspraakmaker Schilt van die hand gewys met koste. As eksekusieskuld-eiser van mev Herrer kon Finanskor voortgaan met
/9
9
sy eksekusie van die besigheid se winkelvoorraad. Op 16 Januarie 1985 het die landdros sy redes vir sy uitspraak in die tussenpleitgeding verstrek.
13. Mev Herrer het op 31 Januarie 1985 haar appèl in die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen Finanskor teruggetrek.
14. Op 23 Augustus 1985 het Schilt as sedent 'n akte van sessie met mnr Vermaak as sessionaris aangegaan (Oorkonde band 1 p 9-11). Daarin word beweer dat indien mnr Vermaak sou voortgaan met die tenuitvoerlegging van sy vonnis teen die besigheid sal Schilt die koopprys van R30 000 wat hy vir die besigheid betaal het skade ly. Schilt beweer dat hy 'n eis om skadevergoeding teen Joubert en
May vanweë hul kontrakbreuk om aan die voorskrifte van artikel 34 (1) van die Wet te voldoen
/10
10
alternatiewelik op grond van Joubert en May se deliktuele versuim om daaraan te voldoen het. Vervolgens sedeer hy sy eis om R30 000 skadevergoeding teen Joubert en May aan mnr Vermaak. As teenprestasie onderneem laasgenoemde om nie voort te gaan met sy beslaglegging en eksekusieverkoping van die bates van die besigheid nie. Dit kom daarop neer dat die sessie aan mnr Vermaak sy aanspraak op beslaglegging en eksekusieverkoping van die bates van die besigheid vervang. 15. Op 8 Junie 1986 het mnr Vermaak sy eis vir betaling van R30 000 skadevergoeding teen Joubert en May in die Hof a quo aanhangig gemaak. Hierdie eis het mnr Vermaak as sessionaris van Schilt se eis om skadevergoeding teen Joubert en May op twee skuldoorsake in die alternatief gebaseer. Die
/11
n
een skuldoorsaak is dat Joubert en May kontrakbreuk van Schilt.se opdrag gepleeg het deur te versuim om kennisgewings soos verlang deur artikel 34 (1) van die Wet te laat publiseer en deur nie in die gepubliseerde kennisgewings die effektiewe datum van die verkoop van die besigheid as 13 Maart 1984 aan te gee nie. Die alternatiewe skuldoorsaak is dat Joubert en May nalatiglik versuim het om die kennisgewings soos verlang deur artikel 34 (1) van die Wet te laat publiseer en deur nalatiglik te versuim om in die gepubliseerde kennisgewings die effektiewe datum van die vervreemding van die besigheid as 13 Maart 1984 te vermeld. Die effek van beide skuldoorsake is dat die vervreemding van die besigheid deur mev Herrer aan Schilt teenoor haar skuldeisers nietig is en dat die besigheid
/12
12
op aandrang van enige van haar vonnisskuldeisers vatbaar vir eksekusie is. 16. Die verweerskrif van Joubert en May is hoofsaaklik ontkennend van aard. In die besonder word ontken dat die vervreemding van die besigheid deur mev Herrer nietig was en dat die besigheid vatbaar vir beslaglegging deur haar vonnisskuldeisers was.
Dit.is gerieflik om op hierdie stadium te let op Artikel 34 van die Wet wat soos volg lui:
"(1) Indien 'n handelaar 'n besigheid wat aan hom behoort, of die klandisie van so 'n besigheid, of goedere of eiendom wat 'n deel daarvan is, vervreem (behalwe in die gewone loop van daardie besigheid), en so h handelaar publiseer nie 'n kennisgewing van so 'n voorgenome vervreemding in die Staatskoerant, en in twee uitgawes van 'n Afrikaanse en twee uitgawes van
/13
13
'n Engelse nuusblad in omloop in die distrik waarin daardie besigheid gedryf word, binne 'n tydperk van minstens dertig en hoogtens sestig dae voor die datum van so 'n vervreemding nie, dan is so 'n vervreemding teenoor sy skuldeisers nietig vir 'n tydperk van ses maande na so 'n vervreemding en nietig teenoor die kurator van sy boedel indien sy boedel te eniger tyd binne bedoelde tydperk gesekwestreer . word. (2). Sodra so 'n kennisgewing gepubliseer word, dan word elke gelikwideerde skuld van bedoelde handelaar in verband met bedoelde besigheid, wat op 'n toekomstige dag invorderbaar sou word, dadelik invorderbaar as die betrokke skuldeiser betaling vir die skuld eis: Met dien verstande dat as daardie skuld geen rente dra nie, die bedrag van daardie skuld wat op daardie toekomstige dag verskuldig sou gewees het as voormelde eis van betaling nie ingestel was nie, verminder word met
/14
14
agt persent per jaar van daardie bedrag oor die tydperk tussen die dag waarop die betaling geskied en daardie toekomstige dag. (3). As iemand wat 'n vordering teen bedoelde
handelaar in verband met bedoelde besigheid het, voor daardie vervreemding, ten einde betaling van sy vordering te verkry, 'n regsgeding teen bedoelde handelaar ingestel het
(a) in enige geregshof, en die persoon aan wie bedoelde besigheid vervreem is, ten tyde van die vervreemding geweet het dat daardie regsgeding ingestel was; of
(b) in 'n afdeling van die Hooggeregshof wat bevoeg is in die distrik waarin bedoelde besigheid gedrywe word of in die magistraatshof van daardie distrik,
dan is die vervreemding teenoor hom nietig sover as nodig is om sy vordering te laat geld."
/15
15
Volgens artikel 2 van die Wet se omskrywing van die woord
"vervreemding" of "vervreem" beteken dit "'n oordrag of afstand van regte
of
goed en omvat 'n verkoop, huur, verband, pand, lewering, betaling, kwytskelding,
skikking, skenking of 'n kontrak in die sin,
maar omvat nie 'n vervreemding tot
voldoening aan 'n order van die hof nie."
Volgens die gemene reg staan dit 'n
handelaar in die algemeen vry om sy besigheid te vervreem. Of so 'n vervreemding
vernietigbaar
is ingevolge die bepalings van artikels 26, 29, 30 en 31 van die
Wet laat ek buite rekening omdat insolvensie van die handelaar irrelevant
vir
doeleindes van hierdie appèl is. Die bedoeling van die wetgewer in
artikel 34 (1) van die Wet is om die belange van die
handelaar se skuldeisers in
die algemeen te beskerm waar hy van voorneme is om sy besigheid te vervreem.
Daarom maak artikel 34 (1)
/16
16
daarvoor voorsiening dat die handelaar sy kennisgewings
van
sy voorgenome vervreemding van sy besigheid publiseer in
plaaslike
nuusblaaie en die Staatskoerant, soos aangestip,
sodat dit onder die
aandag van sy skuldeisers in die algemeen
kan kom om die nodige stappe te
doen ter beveiliging van hul
belange. Onder skuldeisers in die algemeen moet
ook verstaan
word skuldeisers wie se skuldvorderings teen die
handelaar
nie beperk is tot skuld wat in verband met die besigheid
staan
nie. Versuim die handelaar egter om die kennisgewings aldus
te
publiseer, is die vervreemding van sy besigheid vir 'n tydperk
van ses maande
vanaf sodanige vervreemding nietig teenoor
sy skuldeisers. Die vervreemding van sy besigheid is ook
by versuim van publikasie van die kennisgewings nietig teenoor
die kurator
van sy insolvente boedel indien sy boedel binne
ses maande na die vervreemding gesekwestreer word. Die uitspraak
in Simpson's Motors v Flaminqo Motors, 1989(4) SA 797 (W)
/17
17
op 799 F-G waarvolgens artikel 34 (1) op so 'n wyse
vertolk
is dat die handelaar se boedel binne 6 maande na die
vervreemding
gesekwestreer moet word ten einde nietig teenoor sy
skuldeisers
te wees, is duidelik verkeerd deurdat dit in stryd is met
die
uitdruklike bewoording van artikel 34 (1).
In die onderhawige geval is die
betrokke advertensies nie minstens 30 dae en hoogtens 60 dae voor die datum van
die voorgenome vervreemding
gepubliseer soos artikel 34 (1) vereis nie, maar wel
nadat die vervreemding reeds plaasgevind het. Hulle is derhalwe weens 'n
materiële
gebrek ongeldig en oneffektief. Dit is gevolglik vir doeleindes
van die appèl onnodig om in te gaan op die vraag of hulle
formeel in orde
was wat die publikasies in 'n tweetalige nuusblad i.p.v. 'n afsonderlike
Afrikaanse nuusblad en 'n afsonderlike Engelse
nuusblad betref.
/18
18
In 'n baie grondige uitspraak het ACKERMANN R in Cronje N 0 v Paul Els Investments (Pty) Ltd, 1982(2) SA 179 (T) op p 196 C-D, na my mening, tereg beslis dat waar die vervreemding waarna artikel 34 (1) verwys 'n koopkontrak is die datum van vervreemding die datum van die koopkontrak is. In S A Spice Works (Pty) Ltd v Spies, 1957(1) SA 679 (T) op p 681 B het KUPER R aanvaar sonder om op die aangeleentheid in te gaan dat die datum van vervreemding nie die datum van die koopkontrak is nie maar sou volg na voltooiing van die periode wat in die kennisgewings aangedui is. Die gevolgtrekking waartoe ACKERMANN R na h deeglike ondersoek gekom het, is egter na my mening juridies meer aanneemlik as KUPER R se beskouing sonder enige ondersoek van die aangeleentheid. In die onderhawige geval is die datum van die vervreemding van die besigheid derhalwe 6 Maart 1984 synde die datum waarop die koopkontrak tussen mev Herrer en Schilt
/19
19
gesluit is. Al sou die datum van vervreemding argumentshalwe
aanvaar word om 13 Maart 1984 te wees, sal dit in die onderhawige geval
geen
verskil maak nie.
Volgens artikel 34 (2) het die geldige publikasie van die
kennisgewings ingevolge artikel 34 (1) tot gevolg dat gelikwideerde skulde
van
die handelaar i.v.m. die besigheid wat op 'n toekomstige dag invorderbaar sou
word, dadelik invorderbaar word as die betrokke
skuldeisers betaling van die
gelikwideerde skulde eis. Weens twee redes kan die bepalings van artikel 34 (2)
nie toepassing in die
onderhawige geval vind nie. In die eerste plek is die
betrokke kennisgewings ongeldig en oneffektief, soos supra aangetoon.
Tweedens is dit gemene saak dat mnr Vermaak se vordering teen mev Herrer,
ofskoon gebaseer op h skulderkenning, nie betrekking
het op h skuld i.v.m. die
besigheid nie.
Ewe-eens kan artikel 34 (3) in die
/20
20
onderhawige geval weens twee redes nie toepassing vind nie. In
die eerste plek het mnr Vermaak nie sy vordering teen mev Herrer voor
6 Maart
1984 (die datum van vervreemding van die besigheid) ingestel nie. Tweedens, soos
reeds vermeld, het mnr Vermaak se vordering
teen mev Herrer nie betrekking op 'n
skuld i.v.m. die besigheid nie.
Uit die voorgaande is dit duidelik dat die
vervreemding van die besigheid deur mev Herrer volgens artikel 34 (1) vir 'n
tydperk van
ses maande vanaf 6 Maart 1984, d.w.s. vanaf 6 Maart 1984 tot 5
September 1984, teenoor haar skuldeisers in die algemeen (insluitende
mnr
Vermaak) nietig was. In die onderhawige geval het geen geldige beslaglegging
binne die tydperk van 6 Maart 1984 tot 5 September
1984 deur mnr Vermaak op
bates van die besigheid plaasgevind nie. Die tweede beslaglegging van 21
September 1984 deur mnr Vermaak
op bates van die besigheid het buite die
bestek
/21
21
van hierdie tydperk plaasgevind en is derhálwe ongeldig. Enige eksekusieverkoping van die bates van die besigheid uit hoofde van die ongeldige beslaglegging van 21 September 1984 sou ook ongeldig wees. Die landdros het verkeerdelik die aanspraak van aanspraakmaker Schilt van die hand gewys. Hy moes die aanspraak gehandhaaf het op Schilt se alternatiewe argument nl. dat die advertensies ongeldig was en dat die tweede beslaglegging van 21 September 1984 ook ongeldig was. Schilt kon vervolgens enige optrede van mnr Vermaak om voort te gaan met die beslaglegging van 21 September 1984 en die eksekusieverkoping van die bates van die besigheid regtens met sukses teengestaan het. Daar kon derhalwe geen sprake daarvan wees dat Schilt die koopprys van R30 000 wat hy vir die besigheid betaal het, sou kon skade ly nie. Schilt sou alleen skade kon gelei het indien die beslaglegging van 21 September 1984 regsgeldig was maar dit was nie die
/22
22
geval nie, soos ek reeds aangetoon het. Dit kom daarop neer dat Schilt nooit 'n vordering vir R30 000 skadevergoeding teen Joubert & May gehad het nie omdat mnr Vermaak se beslaglegging van 21 September 1984 ongeldig was en daar derhalwe geen sprake van 'n geldige eksekusieverkoping van die besigheid se bates kon wees nie. Dit is erkende reg dat Schilt as sedent nie meer regte aan mnr Vermaak as sessionaris kon oordra teenoor Joubert en May as wat hyself gehad het nie. D 50.17.54 (Ulpianus): Nemo plus juris ad alium transferre potest, quam ipse haberet. Die ongeldigheid van die beslaglegging van 21 September 1984 is dus die coup de grâce vir mnr Vermaak se vordering teen Joubert en May wat deur geen wysiging van mnr Vermaak se Besonderhede van Vordering vermy kan word nie.
/23
23
In die Hof a quo het adv. Maritz namens mnr Vermaak 'n regsargument oor estoppel geopper wat egter verwerp is (bl 122 B-H). In sy argumentshoofde vir hierdie Hof het hy ook h beroep op estoppel gedoen. Sy argument kom hierop neer dat Schilt en sy agent, Joubert en May, wel daarvan bewus was dat die vervreemdingsdatum 6 of 13 Maart 1984 was. Desnietemin het Schilt en sy agent, Joubert en May, die kennisgewings ingevolge artikel 34 (1) gepubliseer waarin vermeld is dat mev Herrer van voorneme was om die besigheid binne 30 dae na 13 April 1984, d.w.s. voor 13 Mei 1984, aan Schilt te verkoop. Deur estoppel sou Schilt sowel as Joubert en May belet wees om teenoor mnr Vermaak as 'n skuldeiser van mev Herrer staat te maak op die werklike vervreemdingsdatum van 6 of 13 Maart 1984. Dit sou dan die effek hê dat mnr Vermaak hom sou kon beroep op die geldigheid van die kennisgewings teenoor Schilt sowel as Joubert en May.
/24
24
Dit sou dan aangewend kon word om aan te toon dat die tweede beslaglegging
van 21 September 1984 teenoor hulle regsgeldig sou wees.
In sy mondelinge
betoog het adv. Maritz nie op hierdie argument gesteun nie, en ek hoef
dus nie volledig daarop in te gaan nie. Daar is verskeie redes waarom dit myns
insiens
nie geldig is nie, maar die maklikste antwoord is waarskynlik die
volgende. Vermaak se saak berus daarop dat die tweede beslaglegging
(op 21
September 1984) geldig was - want anders het Schilt in werklikheid geen skade
gely nie, ongeag enige nalate aan Joubert en
May se kant. Die beslaglegging was
ter uitvoering van 'n vonnis teen Mev. Herrer, en Vermaak moes dus aantoon dat
die betrokke winkelvoorraad
op daardie datum vir tenuitvoerlegging van die
vonnis teen haar vatbaar was. Vir hierdie doel maak hy staat op h
estoppel wat Schilt, sowel as Joubert en May, sou belet om die geldigheid
van die kennisgewing aan te veg. Maar as die kennisgewings geldig
was, en die
koop gevolglik voor 13 Mei 1984 ooreenkomstig die kennisgewings
25 aangegaan
was, sou daar geen basis wees waarop die winkelvoorraad
op 21 September 1984 beskikbaar kon gewees het ter delging van
Mev. Herrer
se skuld nie. As die kennisgewing geldig was, en
diekoop reëlmatig
gevolg het, sou die eiendomsreg in die
winkelvoorraad onmiddellik by oordrag
op Schilt oorgegaan het.
Die bepaling van artikel 34(1) dat die vervreemding
vir ses
maande nietig teenoor skuldeisers is, sou dan glad nie in
werking
getree het nie - sodanige nietigheid volg alleen waar
geldige
kennisgewing nie gepubliseer is nie. Dus, as Schilt
inderdaad
'n skyn verwek het dat die kennisgewing geldig was (in die sin
dat
die vervreemding binne die voorgëskrewe tyd sou volg)
sou
sodanige skynverwekking van geen hulp vir Vermaak gewees het nie
- al sou Schilt sowel as Joubert en May regtens verplig word om
op te tree
asof die skyn werklikheid was, sou dit geen
regverdiging aan Vermaak bied om beslag te lê op Schilt se
eiendom
ter afdwinging van h vonnis teen Mev. Herrer nie.
In die onderhawige geval sou so 'n skynverwekking ook
nie vir Vermaak in staat stel om van sub-artikels (2) of (3)
26
gebruik te maak nie. Soos reeds hierbo gemeld, het Vermaak se skuld nie
ontstaan in verband met die besigheid nie, en kan sub-artikels
(2) en (3) dus
onder geen omstandighede van toepassing wees nie. In die lig hiervan kan
adv. Maritz se beroep op estoppel nie slaag nie. Daardeur verval
die basis vir die geldigheid van die tweede beslaglegging van 21 September
1984.
Die resultaat is dat die appèl met koste afgewys word.
C. P. JOUBERT AR. E M GROSSKOPP AR
KUMLEBEN AR Stem saam.
EKSTEEN AR
NIENABER Wn AR.