South Africa: Supreme Court of Appeal
You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1990 >> [1990] ZASCA 46 | Noteup | LawCiteS v Mflori en 'n Ander (595/1989) [1990] ZASCA 46 (14 May 1990)
Download original files |
LL Saak No 595/1989
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING
Insake die appèl van:
DANIëL MALOMI MFLORI Eerste Appellant
en
SIZA PHUNGULA Tweede Appellant
teen
DIE
STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, E.M. GROSSKOPF et EKSTEEN
ARR
VERHOORDATUM: 3 MEI 1990
LEWERINGSDATUM: 14 MEI
1990
UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2.
Vroegoggend van 13 Junie 1987 het h voorhaker met sleepwa ("die vragmotor") gelaai met 'n vrag sanitêre toerusting vanaf die perseel van Cobra Bathrooms in Johannesburg vertrek. Die bestemming van die besending was Kaapstad. Die bestuurder van die vragmotor was wyle Daniel Mokgetle ("die oorledene"). Hy was vergesel van twee assistente, Agreement en Shadrack, wat ook in diens van Cobra Bathrooms ("die firma") was. Op 'n snelweg in of in die omgewing van Johannesburg het die oorledene een of twee rylopers opgelaai. Suid van Bloemfontein is die oorledene deur een of meer van die passasiers beheer oor die vragmotor ontneem. Een van die passasiers het toe die vragmotor bestuur. Na 'n rukkie is die oorledene toegesluit in 'n kompartement van die vragmotor waarin die noodwiel gehou was. Die bestuuder het toe teruggedraai na die
Transvaal. Naby Rietfontein in die distrik van
Heidelberg is die dorledene uit die kompartement
gehaal. Hierna is hy met 'n vuurwapen in die kop
3.
geskiet en ook met 'n voorwerp geslaan. Die stomp-geweld het
skedelbreuk meegebring. Of die skietwond of die skedelbreuk òf
beide het
sy dood veroorsaak.
Hierna is die vragmotor na Johannesburg bestuur waar die
grootste gedeelte van die besending aan helers verkoop is. Die laaste episode
het hom afgespeel toe die vragmotor langs die Kliprivier-
Albertonpad aan die
brand gesteek is.
As gevolg van hierdie gebeure het die eerste en tweede
appellante,asook Agreement en Shadrack as derde en vierde beskuldigdes, in
die
Transvaalse Provinsiale Afdeling tereg gestaan op 'n aanklag van moord op die
oorledene en 'n verdere aanklag van roof van die
vragmotor en die inhoud asook
sekere items wat aan die oorledene behoort het. Die Staat se saak was dat die
eerste twee appellante
(hierna onderskeidelik Mflori en Phungula genoem) as
rylopers deur die oorledene opgelaai was en dat hulle en die twee assistente
saamgespan het om die oorledene te vermoor
4.
en te beroof. Aan die einde van 'n uitgerekte verhoor is Mflori en
Phungula op albei aanklagte skuldig bevind terwyl die twee assistente
skuldig
bevind is as begunstigers aan moord en roof. Aangesien geen versagtende
omstandighede bevind is nie, is beide Mflori en Phungula
op die moordklag die
doodvonnis opgelê. Met die nodige verlof is Mflori se appèl gerig
teen sy skuldigbevindings en
dié van Phungula teen sy vonnis op die
moordklag.
Ek behandel eers Mflori se appél. Hy het ontken dat hy een
van die rylopers was of enigiets met bogenoemde gebeure te doen
gehad het. Sy
verweer was dan ook 'n alibi. Teriondersteuning daarvan het hy, sy vrou en sy
vriend, Phillip Mamatupi, getuig.
Die vernaamste direkte getuienis teen
Mflori was dié van Phungula en die twee assistente. Al drie het getuig
dat die oorledene
vir Mflori en Phungula op die snelweg opgelaai het en dat
Mflori vanaf daardie stadium totdat die oorledene geskiet en geslaan is,
in
5.
of by die vragmotor was. Oor die presiese rol wat elk van die vier
passasiers gespeel het, het bogenoemde getuies egter verskil. Phungula
sê
dat suid van Bloemfontein Mflori 'n vuurwapen op die oorledene gerig het en hom
gelas het om stil te hou. Mflori het toe
bestuur en die wapen aan Phungula
gegee. 'n Entjie
verder het Mflori stilgehou waarna hy en die twee
assistente die oorledene in die kompartement geplaas
het. Toe die oorledene later in die Transvaal uit die
kompartement gehaal
is, het Mflori vir Phungula beveel
om die oorledene te skiet. Indien hy dit
nie sou doen
nie, sou Mflori hom skiet. Hy het die oorledene toe
geskiet.
Daarna het Mflori met h stuk yster, en die
twee assistente met hout, die
oorledene houe toegedien.
Hulle het die lyk daar in die veld gelaat en
na
Johannesburg gery.
Phungula getuig ook dat Mflori omstreeks 5.30
vm op 13 Junie 1987 by hom opgedaag het. Hy het Mflori
geken omdat hulle
voor daardie datum vir Sparletta
6.
gewerk het. Mflori was die bestuurder van 'n koeldranktrok en Phungula
het soms as sy assistent opgetree. Mflori het voorheen, sonder
om besonderhede
te verskaf, gesê dat hulle geld moes gaan haal. Op 13 Junie het Mflori
gesê dat die geld beskikbaar was.
Hulle is toe weg na die begin van 'n
snelweg. Mflori het gesê dat sy vriende sou kom. Toe h vragmotor aankom,
het Mflori duimgegooi.
Die vragmotor het stilgehou en Mflori het langs die
bestuurder (die oorledene) gaan sit terwyl Phungula by die linkerdeur gesit het.
Hierdie posisies het hulle behou totdat, soos voornoemd, Mflori die vuurwapen op
die oorledene gerig het.
Agreement getuig dat hy voor die gebeure vir die
oorledene, Mflori en Shadrack geken het. Met die uitsondering van Mflori was die
drie van hulle in diens van die firma. (Mflori was ook vroeër h werknemer
by
die firma maar sy diensverhouding is reeds in 1986
beëindig.) Vroegoggend van 13 Junie 1987 het Mflori
7. by die getuie opgedaag. Hy het gesê dat hy gehoor het dat
Agreement na Kaapstad sou gaan, en gemeld dat die vragmotor onderweg
"beroof"
sou word. Hy het ook gesê dat hy en 'n ander persoon sou maak of hulle
rylopers was en dat Agreement en Shadrack dan
vir die oorledene moes sê om
te stop. Ten slotte moes Agreement aan Shadrack oordra wat Mflori vir
eersgenoemde meegedeel het.
Agreement getuig voorts dat toe Mflori en sy maat
(Phungula) duim gegooi het, die oorledene gestop het omdat hy vir Mflori geken
het.
In Bloemfontein het
Mflori en Phungula vir Shadrack gesê dat hulle
die
vragmotor sou "vang". Terselfdertyd het hulle aan Shadrack 'n vuurwapen
getoon. Suid van Bloemfontein het Phungula 'n vuurwapen op
die oorledene gerig
en hy en Mflori het die oorlêdene beveel om stil te hou. Phungula het toe
die oorledene in die kompartement
gaan toesluit.
Shadrack getuig dat hy vooraf niks van die
8.
voorgenome roof geweet het nie. Hy sê dat voordat die
vragmotor op 13 Junie vertrek het Agreement slegs vir
hom genoem dat
sekere mense 'n "geleentheid" sou vra om
saam te reis. Eers in Bloemfontein het hy van Mflori
verneem van 'n plan om die vragmotor te skaak. Sy
weergawe van wat suid van Bloemfontein gebeur het, stem
in hoofsaak ooreen met dié van Agreement, behalwe dat
hy sê
dat Mflori die persoon was wat die oorledene in
die kompartement toegesluit
het.
Beide Agreement en Shadrack getuig voorts dat
Mflori die vragmotor terug na die Transvaal bestuur
het. Hy en Phungula
het tydens die rit te kenne gegee
dat die oorledene doodgemaak sou word. Op
'n plek het
Mflori stilgehou en het hy en Phungula die
oorledene
aangesê om uit die kompartement te klim. Die oorledene
het
egter geweier. Shadrack sê dat hy toe aan die
slaap geraak het en later die nag drie skote gehoor
het. Mflori en
Phungula het teruggekeer na die
vragmotor waarna die grootste deel van die
vrag in
9.
Johannesburg afgelaai is. Agreement getuig egter dat na die
oorledene se. genoemde weiering Mflori die vragmotor in die rigting na
Durban
bestuur het. Mflori het weer stilgehou en hy en Phungula het die oorledene uit
die kompartement getrek. Agreement het toe
drie skote hoor afgaan. Mflori het 'n
wielsleutel by hom gehad. Phungula het die sleutel geneem en die oorledene 'n
harde kophou
toegedien.
Agreement en Shadrack getuig ten slotte dat hulle
deur Mflori en Phungula aangesê is om aan die polisie die valse verklaring
te maak dat die vragmotor deur onbekendes gekaap was. Dit het hulle te Kroonstad
gaan doen. Agreement sê dat hy en Shadrack
daarna op 16 Junie na Mflori se
woning is om te rapporteer dat
hulle die opdrag uitgevoer het. Shadrack
ontken egter
dat hy saam was.
Afgesien van bogenoemde getuienis is Mflori
deur die volgende by die gebeure betrek:
1) Op 25 Junie 1987 - d w s 12 dae na
10.
die moord - het Mflori vir majoor Erasmus die plekke
uitgewys waar onderskeidelik die lyk van die oorledene
en die uitgebrande
vragmotor na 13 Junie aangetref was.
Volgens Erasmus het hy eerstens h
mielieland uitgewys
as synde die plek waar 'n man vermoor was. Tweedens
het
hy 'n plek by bome uitgewys as synde die plek waar 'n
vragmotor met
petrol, aan die brand gesteek was.
Erasmus het van 'n tolk, sersant Nthuping,
gebruik
gemaak, en volgens laasgenoemde het Mflori op beide
plekke verwys
na wat "ons" gedoen het.
2) Nadat die oorledene se liggaam na 'n lykshuis
geneem is, het speurder-konstabel Nkosi sy klere gevisenteer. Volgens hom het hy
toe twee handgeskrewe notas in die oorledene se regterbroeksak gevind. As gevolg
van navrae aangaande die inhoud van die notas het
hy vir Mflori gaan spreek,
Weens inligting wat laasgenoemde verskaf het, het Nkosi vir Mflori, Phungula,
Agreement en Shadrack gearresteer.
Die getuienis van die oorledene se eggenote
11.
dat die notas deur hom geskryf was, is nie by die
verhoor betwis nie.
Onverbeterd lees 'n vertaling
daarvan soos volg:
"I informing you that I was killed by Dan who was working at Cobra as a driver. He resides at Spruit Khumalo. He was with other one who is unknown to me. I said I was murdered by Dan who had worked at Cobra."
En:
"I inform you that I was murdered by Dan who was working at Cobra last year as a driver. He resides at Spruit Khumalo. He said to me if he cannot killed me he will be known. So he want to destroy the whole information about myself. I informed you that I resides at 3352 Mokoena Street Thokoza Alberton. My phone no. 905 5936."
Dit was ook nie betwis nie dat die adres en
telefoonnommer vermeld in die notas op die oorledene
betrekking gehad het, |en dat die verwysing na "Dan" 'n
verwysing na
Mflori was.
Mflori het gétuig dat hy op 13 Junie heeldag tuis was. Dit
is gestaaf deur sy vrou en sy vriend, Phillip. Hy moes egter klaarblyklik
verduidelik i) hoe
12.
dit gekom het dat hy die name van Phungula, Agreement
en Shadrack aan Nkosi kon verstrek, en ii) hoe hy
geweet het welke plekke
om aan Erasmus uit te wys.
Wat (i) betref, was Mflori se verduideliking
dat Agreement en Shadrack hom op 16 Junie besoek het;
meegedeel het dat die vragmotor geskaak was, en gesê
het dat Phungula ook daarby betrokke was. Vanweë
hierdie mededelings was hy dus in 'n posisie om die
betrokkenes se name aan Nkosi te verstrek. Betreffende
(ii) het hy getuig van twee geleenthede waarop hy en
Nkosi saam in 'n motor was. Op die eerste geleentheid
was hulle vergesel van twee ander polisiemanne. Die
bestuurder het by 'n plek gestop of stadiger gery en die
polisiemanne het toe vir Nkosi gesê dat dit die plek
was waar die vragmotor uitgebrand het. Op die tweede
geleentheid het Nkosi bestuur en langs 'n mielieland
gestop. Hy het toe gesê:
"... tomorrow we must come back to this place and search for cartridges at the place where the deceased was shot, because today it is
13
not possible to do that because there were still mealiestalks."
Vanweë wat op die twee
geleenthede gesê is, beweer Mflori, was hy dus in staat om die plekke aan
Erasmus uit te wys as
synde die beweerde moord- en verbrandingstoneel. Hy
sê ook dat hy nie teenoor Erasmus gemeld het dat "ons" of "hulle" die
oorledene
geskiet en die vragmotor aan die brand gesteek het nie, maar slegs
passief dat op die twee plekke die oorledene geskiet en die vragmotor
verbrand
was.
Wat die gehalte van die beskuldigdes se getuienis betref, was die
verhoorhof van mening dat Mflori 'n beter indruk as die ander drie
gemaak het.
Die hof het dan ook bevind dat hulle leuens vertel het aangaande elk se aandeel
in die komplot en uitvoering daarvan,
spesifiek deurdat elk aan homself geen, of
'n relatief geringe, aandeel in die moord en roof toegeken het. Die hof het
egter op die
volgende gemeenskaplike delers gewys:
14.
1) Volgens al drie was Mflori die persoon wat saam met Phungula op die snelweg opgelaai is. 2) Mflori was volgens hulle die persoon wat die inisiatief geneem en die leidende rol in die drama gespeel het.
Hierdie gemeenskaplike kenmerke van die drie se
getuienis kry stukrag, aldus die verhoorhof, as gelet word op die feit dat
Mflori
en Phungula goed met mekaar bekend was, maar dat Agreement en Shadrack
nie vir Phungula geken het nie. (In sy bekentenis na die
gebeure verwys
Agreement trouens nooit by name na
Phungula nie, maar noem hy hom die "baardman".) Met
volle inagneming van die moontlikheid dat mededaders of
medepligtiges 'n
onskuldige persoon kan betrek, was die
hof daarom van mening dat dit vreemd sou wees indien al
drie wat volgens
eie erkenning in die vragmotor was vir
Mflori sou wou betrek, indien hy, sods hy beweer het,
geen aandeel in die komplot gehad het nie.
15.
Mflori se advokaat het nie aan die hand gedoen dat die verhoorhof 'n
mistasting begaan het nie. Inteendeel was die kern van sy betoog
dat by die
evaluering van die getuienis die hof die alibi-getuienis deur en ten gunste van
Mflori nie genoeg benadruk het nie, en
daarteenoor getuienis wat Mflori betrek
het, oorbeklemtoon het. Dit volg dus dat hierdie hof kan inmeng slegs as ons
oortuig is dat
die verhoorhof, wat die getuies waargeneem het, 'n verkeerde
slotsom bereik het.
Ek is nie van voorneme om elke punt van kritiek wat teen
die benadering van die verhoorhof geopper is, te vermeld en te bespreek nie.
Die
rede is dat, selfs by 'n herevaluering van die getuienis, ek tevrede is dat
Mflori tereg skuldig bevind is.
In eerste instansie is die getuienis van Phungula, Agreement en Shadrack onbevredigend slegs insoverre elk aan hom 'n ondergeskikte rol toegedig het. Hulle is dit egter eens dat Mflori een van die rylopers
16.
was; dat hy en Phungula die oorledene tot stilstand
gedwing het; dat Mflori die vragmotor terug na die
Transvaal bestuur het,
en dat Phungula en Mflori die
oorledene kort voor sy dood uit die
kompartement
verwyder het. Bowendien erken Phungula dat hy die
oorledene
die kopskoot toegedien het, al sê hy ook dat
hy in opdrag van Mflori
opgetree het. Die drie
mededaders (in die wydste sin van die woord)
staaf
mekaar dus oor en weer aangaande die feit dat Mflori in
die
vragmotor was en 'n leidende rol gespeel het. Ten
opsigte van hierdie aspekte
het nie een van hulle
homself, of die ander twee, weerspreek nie.
In tweede instansie verleen die uitwysings
wat Mflori gedoen het sterk stawing aan die weergawes
van die ander drie
beskuldigdes wat hom impliseer. Dit
is beslis vreemd dat toe Mflori en Nkosi met twee ander
polisiemanne in 'n voertuig was, hulle toevallig verby
die plek waar die vragmotor uitgebrand het, gery het. Dit is net so vreemd dat om geen klaarblyklike rede
17.
Nkosi vir Mflori na die mielieland geneem het. Die opmerking wat Nkosi volgens Mflori gemaak het, nl dat hy en die ander polisiemanne die volgende dag sou moes terugkeer om na koeëldoppies te soek omdat daar toe stronke op die land was, kom ook onsinnig voor. Die volgende dag kon daar immers nog steeds stronke gewees het. Hoe dit ook al sy, Mflori is volgens sy weergawe nie weer na die bewuste plek geneem nie en dit bly duister waarom Nkosi hom wel op die beweerde
geleentheid sou wou saamgeneem het. Wat betref die woorde wat Mflori tydens die
uitwysings gebruik het, is ek bereid om ten
gunste van
hom te veronderstel dát hy in die lydende vorm
verwys
het na plekke waar die oorledene doodgemaak is en die
vragmotor
uitgebrand het. Volgens Erasmus het Mflori
egter ook gesê dat hy nie
die spesifieke plek in die
mielieland kon uitwys omdat die gebeure aldaar
laatnag
- tussen 12 nm en 1 vm - plaasgevind het. Hierdie
brokkie getuienis is
nooit betwis nie, en die enigste
18. redelike afleiding is dat Mflori uit eie
kennis gepraat het. Hy sê immers dat toe Agreement en Shadrack op
16
Junie vir hom gesê het dat die vragmotor geskaak was,
hulle gemeld het dat die bestuurder afgelaai was.
Mf lori kan dus nie op grond van die beweerde
mededelings van Agreement en
Shadrack geweet het hoe
laat die oorledene gesterf het nie. Dit is waar
dat
Mflori nie oor bogenoemde aspek van Erasmus se
getuienis gekruisvra ,
is nie, en die begriplike
moontlikheid dat hy uit 'n ander bron kon verneem
het
dat die oorledene in die nag gedood is, kan dus nie
uitgesluit word
nie. Maar indien dit wel gebeur het,
sou hy, indien sy weergawe waar is, stellig aan Erasmus
gesê het dat
hy nie die presiese plek kon uitwys omdat
hy nie teenwoordig was nie, en nie
omdat die voorval
in die nag plaasgevind het nie.
'n Verdere vingerwysing teen Mflori blyk uit
die getuienis van Erasmus waarvolgens hy goed kruis en
dwars moes ry om, soos voorgesê deur Mflori, by die
19.
betrokke twee plekke uit te kom. Indien Mflori, soos hy
beweer, voorheen bloot toevallig by die plekke beland het, is dit ook vreemd
dat
hy daarna sonder huiwering ingewikkelde roetes na die plekke vir Erasmus sou kon
aandui.
In derde instansie is Mflori se weergawe van die besoek van Agreement
en Shadrack op 16 Junie inherent onwaarskynlik. Onthou sal word
dat volgens
Mflori hy op hierdie geleentheid verneem het dat 'n vragmotor geskaak was, en
dat dit die rede was waarom hy later die
name van die ander drie beskuldigdes
aan Nkosi kon verstrek. Volgens Mflori het Agreement en Shadrack hom besoek en
hul aandeel aan
'n misdaad uitgelap omdat hulle hom voorheen gevra het om met
die skaking van 'n vragmotor behulpsaam te wees. Nieteenstande sy weiering
het
die twee besoekers hom wel op die 16de in hul vertroue geneem - moontlik uit 'n
gevoel van leedvermaak; aldus die betpog van
Mflori se advokaat. Mflori getuig
egter ook dat elk hom toe R200
20. gegee het, blykbaar uit die opbrengs van
die vrag. Vir my is dit heel onwaarskynlik dat indien Mflori, soos hy sê,
geweier
het om Agreement en Shadrack in die voorgenome rooftog behulpsaam te
wees, hulle hom later sou wou beloon het.
In vierde instansie is daar die
notas wat in die oorledene se broeksak gevind is. Mflori se advokaat het tereg
toegegee dat die oorledene
die notas moes geskryf het terwyl hy in die
kompartement toegesluit was en op 'n stadium - of stadia - toe hy geweet of
minstens
gevrees het dat hy om die lewe gebring sou word. In die notas wys die
oorledene 'n ondubbelsinnige vinger na Mflori as die persoon,
of altans een van
die persone, wat hom sou doodmaak, en noem hy die rede waarpm Mflori gesê
het dat hy sulks sou doen; nl sodat
Mflori se identiteit as een van die
booswigte nie bekend sou kon word nie. Die enigste redelike afleiding uit die
notas is dus dat
Mflori een van die skakers was en hom op die vragmotor bevind
het.
21.
Welke gewig geheg kan word aan hoorsê getuienis wat ingevolge art 3 van
Wet 45 van 1988 toegelaat is, moet
uiteraard van geval tot geval bepaal word.
Daar was egter geen denkbare motief nie waarom die oorledene die vinger sou wou
wys na,
'n onskuldige persoon eerder as die booswig wat volgens sy vrese hom sou
dood. In die lig van al die getuienis bied die notas dus
sterk stawing vir die
implisering van Mflori deur die ander drie beskuldigdes.
Ek kom dan by die
getuienis van Mflori, sy vrou en Phillip dat Mflori op 13 Junie heeldag tuis
was, As dit so is, kon hy natuurlik
nie op die vragmotor gewees het nie. Ten
aansien van hierdie geleentheid, asook die besoek op die 16de, was die drie
persone sekerlik
nie modelgetuies nie. Kritiek op hul weergawes is vervat in die
uitspraak van die hof en hoef nie herhaal te word nie. Ek volstaan
deur te
sê dat al sou die getuienis ten aansien van die alibi, in isolasie beskou,
sterk gestaan het, en selfs met volle
22
inagneming van die versigtigheidsreëls betreffende
die
getuienis van mededaders en medepligtiges, Mflori op so
'n
oorweldigende wyse by die komplot betrek word dat
bedoelde getuienis nie
redelikerwyse moontlik waar kan
wees nie.
Mflori se advokaat het ten
slotte betoog, weliswaar met huiwering, dat daar nie aanvaarbare getuienis is
nie dat hy fisies die oorledene
se dood veroorsaak het, of 'n deelgenoot was aan
'n gemeenskap-like oogmerk om daardie gevolg teweeg te bring. Al wat gesê
hoef te word, is dat daar hoegenaamd geen pit in die betoog steek nie.
Ek kom
dan by Phungula se appèl teen die doodvonnis wat hom op die moordklag
opgelê is. Die verhoorhof het bevind dat
hy vrywilliglik aan 'n komplot om
die vragmotor te kaap en om die oorledene te dood meegedoen het. Volgens eie
erkenning was hy die
persoon wat die oorledene geskiet het en sy verweer dat
hy as't ware onder dwang van Mflori sulks gedoen het,
23.
is verwerp.
Phungula het ter versagting getuig en dit
het
geblyk dat hy slegs tot standerd 1 op skool gevorder
het. Die rede was
dat sy vader gesterf het en dat hy
op agtjarige ouderdom noodgedwonge 'n
veewagter moes
word. Hy het egter reeds op sewentienjarige ouderdom
na
Johannesburg verhuis en was reeds ongeveer 27 toe
die misdrywe gepleeg is. Hy
het dus vir 'n tydperk van
nagenoeg 10 jaar in 'n stedelike omgewing geleef
en
gewerk.
Faktore wat die verhoorhof ter versagting
oorweeg het, was dat Mflori 'n sterker karakter as Phungula het; dat laasgenoemde in 'n sekere sin vir sy brood van Mflori afhanklik was omdat Mflori by tye 'n keuse kon uitoefen wie hom, as diensnemer van Sparletta, as assistent behulpsaam sou wees; dat hy 'n moeilike jeug gehad het, en dat hy bra ongeletterd was omdat sy intelligensie-potensiaal nie ten volle ontwikkel het nie. By evaluering van hierdie faktore
24.
het die verhoorhof die volgende gesê:
" (Ons) aanvaar dat die lewe vir hom baie
moeilik was, finansieel asook om hom
aanvanklik te handhaaf, maar hy het dit
oorleef en hy is tans 29 jaar oud. Ons het
oorweging geskenk aan die vraag of die
onrypheid van die persoonlikheid, die
onvolwassenheid van die mens self, die
onderontwikkelde intelligensie, nie hier ook
sodanige rol gespeel het dat ons kan sê dit
verminder sy morele verwytbaarheid nie."
En:
"Ons gevolgtrekking is, dat u nie so onvolwasse en nie so totaal onintelligent is dat u 'n willose meeloper sou geword het in enige uitnodiging wat aan u gerig word nie. Ons het gekyk na u besondere rol en wat u gedoen het. Ons het tot die gevolgtrekking gekom vanoggend dat u nie gedwing was om die oorledene te, skiet nie. U het willens en wetens deelgeneem aan daardie roof en daardie moord. U mate van onvolwassenheid, u lae intelligensie, het nie so 'n rol gespeel dat, as ons moet oordeel na u morele verwytbaarheid, ons versagting kan bevind nie."
Phungula se advokaat het tereg nie betoog dat
die verhoorhof 'n mistasting begaan het nie. En indien
in aanmerking geneem word dat Phungula vrywilliglik
deelgeneem het - sy
dit dan ook weens h mate van
25.
oorreding van Mflori - aan 'n komplot wat uit suiwer hebsug gebore was, en
dat hy meegewerk het om die oorledene te dood bloot sodat
hy - soos hy gehoop
het -nie later aan die pen sou ry nie, is die bevinding van die verhoorhof
sekerlik nie een waarteen geen redelike
hof kon gekom het nie.
Die
appèlle van beide appellante word afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
E.M. GROSSKOPF AR
STEM SAAM
EKSTEEN AR