South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1990 >> [1990] ZASCA 36

| Noteup | LawCite

S v Collett (28/1989) [1990] ZASCA 36; [1990] 2 All SA 244 (A) (29 March 1990)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 28/1989

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING

In die saak tussen:
HENRY JAMES COLLETT Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: BOTHA, VIVIER ARR et NICHOLAS WN AR

VERHOORDATUM: 13 MAART 1990 LEWERINGSDATUM: 29 MAART 1990

UITSPRAAK BOTHA AR:-

2.

Die appellant het in die landdroshof van Johannesburg tereggestaan op 'n aanklag van diefstal. Dit is hom ten laste gelê dat hy 4 batterye ter waarde van R480,00 gesteel het van sy werkgewer, die Munisipa-liteit Johannesburg. Die appellant het skuldig gepleit en hy is skuldig bevind. Die landdros het hom 'n vonnis opgelê van 200 dae gevangenisstraf. Teen hierdie vonnis het die appellant geappelleer na die
Witwatersrandse.Plaaslike Afdeling.Sy appèl is van

die hand gewys en verlof is hom geweier om in hoër beroep na hierdie Hof te kom. Sodanige verlof is egter daarna aan hom verleen, ten gevolge van 'n versoekskrif wat hy aan die HOOFREGTER gerig het.

By sy verhoor het die appellant nie regs-verteenwoordiging gehad nie. Tydens sy ondervraging deur die landdros met betrekking tot sy pleit van skuldig, ingevolge artikel 112 (1) (b) van Wet 51 van 1977, het onder meer die volgende aan die lig gekom: die batterye wat die appellant gesteel het, was geberg

3.

in 'n batterykamer by 'n busdepot, vir gebruik in busse
van die Stadsraad, wanneer benodig; die appellant se
werk was die van 'n voertuig-ekektrisiën; as sodanig
het hy vrye toegang tot die betrokke kamer gehad; hy
het die batterye verwyder in sy bakkie; oënskynlik het
iemand hom dit gesien doen, want op die volgende dag is
hy deur 'n beampte van die Stadsraad meegedeel dat
batterye vermis word en daarna gevra, waarop hy beken
het dat hy dit gesteel het; hy het die batterye gaan
uitwys, blykbaar by sy woonplek; en sy werkgewer het
toe die batterye teruggeneem. Op 'n vraag van die
landdros waarom hy die batterye geneem het, het die
appellant soos volg geantwoord:

"Ek het dit vir myself toegeëien en wou dit verkoop het en die geld vir myself gebruik want ek is agterstallig met onderhouds-betaling en ek is in finansiële moeilikheid."

Met die oog op vonnisoplegging het die landdros die

feite wat hierbo opgesom is, aanvaar.

Die appellant het 'n paar vorige

4. veroordelings, wat soos volg saamgevat kan word: Augustus 1978, bestuur onder die invloed, gevonnis tot R100 of 50 dae gevangenisstraf en 'n verdere 3 maande gevangenisstraf wat opgeskort is op sekere voorwaardes; Oktober 1978, besit van dagga, gevonnis tot 6 maande. gevangenisstraf wat opgeskort is op sekere voorwaardes; November 1978, gewone aanranding, 2 klagtes ("geskoende voet en gebalde vuis"), gevonnis ingevolge artikel 294 van Wet 51 van 1977 tot 6 houe met 'n ligte rottang; en dan Januarie 1987, drie oortredings, nl strafregtelike injuria, gevonnis tot R200 of 100 dae gevangenisstraf; gewone aanranding ("gespoeg en rondgeruk"), gevonnis tot R50 of 30 dae gevangenisstraf; en betreding, gevonnis tot R50 of 30 dae gevangenisstraf.
Toe die appellant die geleentheid gegun is om die landdros ter strafversagting toe te spreek, voor vonnisoplegging, het hy aan die landdros 'n dokument voorgelees wat hy voorberei gehad het, en wat die opskrif dra: "Betoog vir Strafversagting". Die
5. dokument lui soos volg:

"Ek werk reeds vanaf 1980 by dieselfde werkgewer as 'n motor elektrisiën en is 28 jaar oud. My hoogste opvoedkundige kwalifikasie is std. 8.
My vrou het my (ek is geskei) verlaat en op 17 Oktober 1984 is ek van haar geskei. Tans betaal ek R300,00 p.m. onderhoud.
Ek verdien 'n bruto salaris van R1783 en na aftrekkings kry ek ongeveer R500,00 uit.
Die waarde van die batterye wat ek gesteel het, is ongeveer R480,00. Nadat die misdaad ontdek is, het ek onmiddellik my volle samewerking aan die sekuriteitsafdeling van die stadsraad gegee. Ek het onmiddellik
die batterye teruggebring en aan die
werkgewer oorhandig. Dit is dan so dat my werkgewer nie skade gely het a.g.v. die onbesonne optrede van my nie.
Edelagbare, ek het skuldig gepleit by_ die aanvang van hierdie verhoor. Ek was eerlik met hierdie hof en het nie die hof se tyd kom mors nie. Ek is baie jammer oor dit wat gebeur het en het berou. Ek wil u graag vandag die versekering gee dat dit nie weer sal gebeur nie.
My werkgewer het my reeds gestraf - ek is vir 7 dae geskors. Dit wil sê ek het net 2/3 van my salaris vir die betrokke maand ontvang. In effek is 'n boete van R570,00 aan my opgelê deur die werkgewer.
Edelagbare ek wil graag aan u uitwys dat my finansiële posisie benard was andersyds was dit so maklik om die batterye te steel. Die temtasie was baie groot en ek kon myself nie verhelp nie.

6.

Ek weet ek het verkeerd gedoen en besef dat ek gestraf moet word. In die lig van wat ek so pas gesê het, wil ek u versoek om asseblief aan my 'n ligte straf op te lê. Dankie edelagbare."

Uit die redes vir vonnis wat die landdros verstrek het
nadat appèl aangeteken is, blyk dit dat die landdros
die appellant met die oog op vonnisoplegging behandel
het as 'n eerste oortreder. Na my mening was die

landdros se benadering in hierdie opsig korrek,
aangesien die appellant se vorige veroordelings geen
verband hou met die aard van die onderhawige misdaad
wat hy gepleeg het nie. In die uitspraak van die Hof a.
quo is die appellant se vorige oortredings egter wel as

"van belang" bestempel, omdat hy "'n ou hand" is (per
ROUX R) en "hy terdeë bewus is van wat 'n botsing met
die gereg vir hom inhou". Ek stem nie saam met
hierdie benadering nie, wat onbillik teenoor die

appellant is. Soos ek gesê het, die landdros se
benadering in hierdie opsig was korrek.

Die landdros se motivering van die vonnis wat

7.

hy opgelê het, blyk uit die volgende uittreksels uit sy
redes vir vonnis:

"Diefstalsake is aan die orde van die dag te Johannesburg. Die hof handel daagliks met tussen 20 tot 30 diefstalsake. Die grootste persentasie van hierdie sake is waar werk-nemers van hulle werkgewers steel. Diefstalle deur werknemers van hulle werkgewers het die afgelope ses maande geweldig toegeneem. Die hof het in die verlede die beskuldigdes 'n boete opgelê, asook 'n opgeskorte vonnis. Weens die vermeerdéring van hierdie tipe sake, en ten spyte van herhaalde waarskuwings in die ope
hof dat die hof in die toekoms in gepaste
gevalle gevangenisstraf sal oplê, is die
misdaad nog steeds aan die toeneem. Die
waarskuwing deur die hof het blykbaar op dowe
ore geval.
Diefstal is altyd 'n ernstige misdaad, wanneer die diefstal nog gepaard gaan met die feit dat 'n werknemer van sy werkgewer steel, dan word die diefstal nog meer ernstiger.
Die appellant was in 'n posisie van vertroue. Hy het daardie vertroue wat in hom gestel is misbruik.
Die hof is van oordeel dat hy 'n vonnis moet vel wat sal dien as 'n afskrikmiddel en om die belange van die gemeenskap te beskerm. In S v Gunter 1967 (1) P 'n (H32) is dit beslis:

'A court may properly impose a punishment which will not benefit,

8.

but may even actually harm a con-victed person, where the interests of the communi ty have to be taken into account.'

Die hof het weens bogenoemde redes besluit teen 'n boetestraf en 'n opgeskorte vonnis. Die hof is van oordeel dat in die onderhawige geval gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis is."
Dit is duidelik dat die landdros besluit het,

vanweë die toename in Johannesburg van "hierdie tipe
sake" gedurende die voorafgaande 6 maande, om van die
appellant in effek 'n voorbeeld te maak, deur hom aan
gevangenisstraf te onderwerp, ten einde as afskrikking
te dien vir ander mense om soortgelyke oortredings te
begaan, en dat die landdros, om sy afskrikkingsdoel te
probeer bereik, selfs bereid was om die persoonlike
belange van die appellant daarvoor op te offer. Wat so
h soort benadering betref, onderskryf ek ten volle die
kommentaar daarop van MILLER R in S v Khulu 1975 (2) SA

518 (N) op 521B-H, wat volledige aanhaling verdien:

"It is clear from the magistrate's reasons in this case that he decided to

9.

impose what I might call an exemplary
sentence. He regarded it as 'a need' because
of the tendency described by the witness
called by him. The accused was to be
punished in such a way that the punishment
would demonstrate to those disposed to deal

in dagga that youths would not necessarily
induce a court, because of their youth, to

'avoid' the punishment prescribed by Act 41
of 1971. In Smith and Hogan, Criminal Law,

2nd ed., p. 12, ASQUITH, L.J., is reported to
have said:

'Everyone has heard of an 'exemplary' sentence: and nearly every-one agrees that at times such sentences are justified. But it is not always observed that an exemplary sentence is unjust; and unjust to the precise
extent that it is exemplary. Assume a
particular crime is becoming dangerously frequent. In normal times the appropriate sentence would be, say, two years. The Judge awards three; he awards the third year entirely to deter others. This may be expedient; it may even be imperative. But one thing it is not; it is not just. The guilt of the man who commits a crime when it happens to be on the increase is no greater than that of another man who commits the same crime when it is on the wane. The truth is that in such cases the Judge is not administering strict justice but choosing the lesser of two practical evils. He decides that a moderate injustice to the criminal is a lesser evil than the consequences to the public of a further rise in the crime-wave.'

It is implicit in the observations of the learned LORD JUSTICE that an 'exemplary' sentence may be justified only where the injustice thereby done to the individual is 'moderate'; a degree of injustice in that sense may be a lesser evil than the neglect

10.

of the broad interests of society which sometimes require that severe sentences, possibly in excess of the true deserts of the offender in the particular circumstances of his case, should be imposed for deterrent effect. But I cannot conceive of any principle which could justify, for the sake of deterrence, the imposition of a sentence grossly in excess of what, in the circumstances of a particular case and having regard only to the crime and the degree of the particular offender's moral reprehensibility, would be a just and fair punishment. This would be to lose sight of the fundamental principle of sentencing; 'What has to be considered is the triad
consisting of the crime, the offender and the
interests of society'. (S v Zinn, 1969 (2) S.A. 537 (A.D.) at p. 540). This crisp but comprehensive dictum by RUMPFF, J.A. (now CHIEF JUSTICE), has been quoted and applied times without number. Some further observations made by the learned Judge of Appeal in the course of his judgment sometimes appear, however, not to be fully appreciated, to judge by cases which come up for review. It should be remembéred that the learned Judge of Appeal also pointed out that the over-emphasis of one of the constituents of the triad and the under-estimation of another constituted a misdirection and that it was wrong to exaggerate , 'beyond permissible limits' the nature and effect of the crime."

Wat betref die beklemtoning van die erns van

11.

'n oortreding, ook in die huidige verband van die toename van die voorkoms daarvan, is dit naturlik so dat dit deel is van die uitoefening van die diskresie wat aan 'n landdros toevertrou is ten opsigte van vonnisoplegging, om dit op te weeg teenoor die persoonlike omstandighede van die oortreder, en om oor die betreklike gewig van die een en die ander in 'n bepaalde geval te besluit. Dit kan egter gebeur, soos

bespreek is in S v Theron 1986 (1) SA 884 (A) op 8951
896D, dat daar 'n oorbeklemtoning is van die erns van
die oortreding teenoor die persoonlike omstandighede
van die oortreder, van so 'n aard of graad dat dit die afleiding regverdig dat die landdros sy diskresie op 'n
onbehoorlike of onredelike wyse uitgeoefen het.

Na my oordeel is die huidige so 'n soort geval. Die appellant is tereg behandel as 'n eerste oortreder. Hy het vir 'n ononderbroke tydperk van 7 jaar by sy werkgewer diens gedoen. Hy het in 'n
toestand van geldelike nood verkeer. Hy het op h
12. enkele geleentheid en skynbaar sonder voorafbeplanning geswig voor die versoeking om uit sy nood te kom. Toe hy gevra is oor die vermiste goed, het hy dadelik skuld beken en die gesteelde goed is terugbesorg. Hy is alreeds deur sy werkgewer 'n effektiewe boete opgelê van
'n bedrag wat meer is as die waarde van die gesteelde goed. Sy werkgewer was bereid om hom in diens aan te hou. En ten slotte is daar 'n oorweging wat swaar by my weeg: die appellant se berou oor sy misstap. Dat hy opreg en diep berouvol is, spreek so duidelik uit die verklaring wat hy aan die landdros voorgelees het (soos hierbo aangehaal) dat dit werklik as iets buitengewoons aangemerk kan word. Ek sou nie hierdie man tronk toe gestuur het nie, en ek is oortuig daarvan dat die landdros nie geregverdig was om al die faktore wat in sy guns getel het, opsy te skuif ter wille van 'n
afskrikkende vonnis vir ander mense nie.

Na my mening pas die volgende uitlatings van MILLER AR in S v Maseko 1982 (1) SA 99 (A) op 102E-G

13.

volkome op die omstandighede van die huidige geval:

"What has to be guarded against when exemplary ssntences are imposed (concerning which see S v Khulu 1975 (2) SA 518 (N) at 521-2) is the danger that excessive devotion by a judicial officer to furtherance of the cause of deterrence may so obscure other relevant considerations as to result in very severe punishment of a particular offender which is grossly disproportionate to his
deserts. (See also S v Christodoulou; S v
Savides; S v Temple; S v Zwyssiq 1979 (3) SA 523 (A) at 536E-F.)

This appears to me to be a case in which the failure properly to balance against the

gravity of the offence in general the several
factors serving to lessen such gravity in
regard to the appellant on the facts of this
particular case, led to the imposition of an
excessively severe sentence."

My gevolgtrekking is derhalwe dat hierdie Hof geregtig en verplig is om in te gryp en om die landdros se vonnis te verander.
Volledigheidshalwe moet ek meld dat die oorwegings wat hierbo bespreek is as redes vir die gevolgtrekking wat bereik is, geen aandag geniet het in die uitspraak van die Hof a quo nie.

Die bevel van die Hof is soos volg:

14.

Die appèl slaag. Die bevel van die Hof a quo

word tersyde gestel en vervang deur die

volgende bevel:

"Die appèl teen die appellant se vonnis
word gehandhaaf. Die vonnis van die
landdros word tersyde gestel en vervang

deur die volgende vonnis:

'6 maande gevangenisstraf, wat in die geheel opgeskort word vir 'n tydperk van 5 jaar op- voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan 'n oortreding waarvan oneerlikheid 'n

bestanddeel is nie, wat gepleeg

word gedurende die tydperk van opskorting en ten opsigte waarvan hy gevonnis word tot gevangenis-straf sonder die keuse van 'n boete.'"

A.S. BOTHA AR

VIVIER AR
STEM SAAM NICHOLAS WN AR