South Africa: Supreme Court of Appeal
You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1990 >> [1990] ZASCA 19 | Noteup | LawCiteStrauss v Nieuwoudt and Another (306/88) [1990] ZASCA 19 (20 March 1990)
Download original files |
306/88
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen
JOHANNES PETRUS STRAUSS APPELLANT
en
CEDRIC VOS NIEUWOUDT EERSTE RESPONDENT
BAPTISTUS OVERN TRUTER TWEEDE RESPONDENT
CORAM: JOUBERT, BOTHA, MILNE, KUMLEBEN ARR
et GOLDSTONE WnAR
VERHOORDATUM: 19 FEBRUARIE 1990
LEWERINGSDATUM: 20 MAART 1990
UITSPRAAK
MILNE et KUMLEBEN ARR/.....
1.
MILNE et RUMLEBEN ARR:
Op 23 November 1985 . het die appellant sy
plaas, New Buffelsfontein (groot 222,6553 ha), vir
Rl 110 000,00 aan die
Oubaai Ontwikkelingstrust
("OOT"), 'n trust, verkoop. Gedurende Augustus 1986 het
die respondente
("Nieuwoudt" en "Truter"), trustees van
OOT, in die Kaapse Provinsiale Afdeling 'n eis om
skadevergoeding op grond van bedrieglike wanvoorstel-
ling teen die appellant ingestel. In die pleitstukke
het die respondente
aanvanklik op twee beweerde
wanvoorstellings gesteun. By die aanvang van die
verhoor was slegs een ter sprake, naamlik, dat die
appellant op 7 November 1985 teenoor die trustees
voorgegee het dat daar 180 ha, in plaas van wel 110 ha,
bewerkte besproeibare landerye op die plaas was. In sy
verweerskrif het die appellant al die elemente van die
respondente se skuldoorsaak ontken. Die volgende
2/...
2. geskilpunte, soos dit in die uitspraak van die verhoorhof uiteengesit word, het aldus ontstaan:
"1. Of Verweerder 'n voorstelling gemaak het dat 180 hektaar van NBF bestaan uit bewerkte landerye;
2. Of die voorstelling vals was;
3. Of Verweerder die voorstelling gemaak het aan
OOT;
4. Of die voorstelling tot Verweerder se kennis vals was alternatiewelik of hy dit roekeloos
gemaak het;
5. Of Verweerder die voorstelling gemaak het met die bedoeling dat daarop gehandel sou word; 6. Of die voorstelling wesenlik was deurdat dit OOT beweeg het om die kontrak aan te gaan of tot die terme in te stem;
7. Die omvang van OOT se skade."
Na aanhoor van getuienis het die verhoor-
regter (Fagan R) die respondente op al die
bogenoemde
geskilpunte gelyk gegee en skadevergoeding ten bedrae
van R295
083,00 toegeken, synde die verskil tussen die
3/...
3.
ooreengekome koopprys en die prys wat hulle vir die
plaas
sou betaal het indien die wanvoorstelling nooit
gemaak was nie. (Laasgenoemde
prys is volgens
markwaarde bepaal. ) Verlof is deur die hof a
quo
verleen om teen hierdie bevel na hierdie hof te
appelleer.
Mnr Van der Berg, wat sowel by die verhoor as
voor ons namens die appellant opgetree het, het ter
aanvang van sy
omvattende betoogshoofde vermeld "dat
die verhoorregter hoofsaaklik
betreffende geskilpunte 5
en 6 fouteer het, en dat die appèl op
daardie gronde
alleen moet slaag." Gevolglik het die betoogshoofde
hierdie twee
geskilpunte - asook 7 hierbo - gedek.
Sy hoofbetoog voor ons was dan ook tot hierdie drie
geskilpunte beperk. In repliek het hy egter - al was
dit ietwat sydelings
- ook na die 3de en 4de
geskilpunte verwys en, in antwoord op 'n vraag deur die
hof, te kenne gegee dat hy hulle nie laat vaar het nie.
4/...
4. By die beregting van die geskilpunte is die getuienis van veral drie getuies van besondere belang: Truter, mnr J 'n J van Rensburg, 'n prokureur van George wat namens die respondente getuig het, en die appellant self. (Nieuwoudt is nie as getuie geroep nie.) Die verhoorhof het die appellant se getuienis in soverre dit op die gemelde geskilpunte betrekking gehad het, verwerp. Daarteenoor is bevind dat Truter en Van Rensburg geloofwaardige en betroubare getuienis afgelê. het. Hierdie bevindings het mnr Van der Berg heftig aangeveg. Vir doeleindes van ons opsomming van die belangrikste feite wat tot die geding aanleiding gegee het (en wat hierna volg), word die getuienis van hierdie twee persone nietemin ingesluit, altans waar dit nie deur enige ander direkte getuienis weerspreek word nie.
Die plaas Oubaai, groot 29,9518 ha, is aan
5/...
5.
die kus ongeveer 17 km van George gelee. Nieuwoudt,
'n
eiendomsontwikkelaar en -makelaar, het dit "ontdek".
Na sy oordeel was
dit uiters geskik vir ontwikkeling
tot 'n kleinboot-hawe met bykomende
fasiliteite. Dit
het hy aan Truter meegedeel. Altwee het in die
aankoop
van die plaas belanggestel. Hulle het dit oor 'n naweek
besoek en
was daarmee beïndruk. Daar was reeds twee
woonhuise op die plaas en
omdat die plaas uit twee
aparte geregistreerde grondstukke bestaan het, sou daar
nog twee wonings
opgerig kon word. Hulle wou die plaas
vir 'n tweeledige doel aanskaf: vir
ontwikkeling, err
indien dit nie slaag nie, vir persoonlike gebruik as 'n
vakansieoord. Die 00T is gestig om as koper op te
tree. Op 1 November 1985 is Oubaai vir R430 000,00
gekoop. 'n Ander trust, die Thys Jacobsz Trust, waarvan
Truter ook 'n trustee was, het die geld vir die betaling
van die koopprys aan OOT voorgeskiet onderhewig aan die
registrasie van 'n eerste verband oor die plaas ter
6/...
6. versekering van die lening. Truter was van mening dat selfs al sou Oubaai bloot vir privaatdoeleindes aangewend word, die prys steeds redelik en billik was.
Tydens die besoek aan die plaas is besef dat
die toegang ontoereikend was. Oubaai kon slegs langs 'n
smal serwituutpad oor die aangrensende plaas, New
Buffelsfontein, bereik
word. Om dié rede het hulle in
die aankoop van hierdie plaas begin
belangstel. Dit
was toevallig in die mark. Nieuwoudt het Van
Rensburg
hieromtrent genader. Laasgenoemde het geweet dat die
appellant Rl 400 000,00 vir sy plaas wou hê. Van
Rensburg se raad
aan Nieuwoudt was dat, indien hulle
die plaas sou koop, hulle aansoek moes doen om h
langwerpige gedeelte, 'n sogenaamde "pansteel", van New
Buffelsfontein af te sny en met Oubaai te konsolideer.
Daardeur sou behoorlike toegang verseker word. Van
Rensburg het ook genoem dat 'n klein gedeelte van New
7/...
7.
Buffelsfontein (ongeveer 10 ha), wat aan Oubaai
grens
en wat nie vir landbou gebruik kon word nie, moontlik
ook by Oubaai
gevoeg kon word. (Hierdie stukkie grond
was die sogenoemde "uitvalgrond".) Hy
het egter
benadruk dat die aanwending van goeie landbougrond
vir
kommersiële ontwikkeling nie deur die betrokke owerhede
geduld
sou word nie. Nieuwoudt en Truter was
ingenome met hierdie voorstel. Hulle
plan was om die
plaas, indien hulle dit sou bekom, op hierdie manier
te
verdeel en te konsolideer, waarna hulle die restant op
die voordeligste
wyse van die hand sou sit.
Van Rensburg is opgedra om alle moontlike
inligting oor die plaas te verkry. Nieuwoudt het hom
goed laat verstaan dat die plaas as 'n boerdery-eenheid
gekoop sou word en as sodanig benut sou word tot tyd
en wyl die ontwikkelingsplanne afgehandel was,en dat
die oorblywende gedeelte daarna verkoop sou word.
8/...
8. Van Rensburg het die appellant op sy plaas gaan besoek
en laasgenoemde het hom oor verskeie aspekte van die grond ingelig. Daarna
het
hy 'n onderhoud met die appellant en sy prokureur, mnr Tom Nel, in laasgenoemde
se kantoor gevoer. Daar het Van Rensburg hulle
oor die plaas uitgevra. Die soort
vrae is gestel wat 'n
voornemende koper van 'n plaas wat vir
boerderydoeleindes aangeskaf word, aan die eienaar sou stel. Die antwoorde is op
'n handdiktafoon
opgeneem. Die inligting is later in 'n teleks vervat wat op
7
November 1985 aan Nieuwoudt gestuur is. Die dokument
het in besonderhede
elke aspek van die eiendqm as 'n boerdery-eenheid uiteengesit. Onder meer is
genoem dat:
"BESPROEIING
Mnr Blomerus is van mening dat die besproeiingsstelsel uiters modern en effektief is en die koste van besproeiing relatief laag is aangesien daar van Evkom krag gebruik gemaak word.
9/...
9.
Verder moet in ag geneem word dat die grootste gedeelte van die lande op die plaas onder gravitasie besproei word (Dus geen verdere onkoste). Die eienaar deel ons mee dat sy gemiddelde elektrisiteitsrekening per maand tussen R600,00 en R700,00 beloop. Die maksimum wat hy nog ooit betaal het was Rl 200,00 maar oor 'n periode van 1 jaar gereken behoort dit nie 'n
bedrag van R700,00 per maand te oorskry nie. Ongeveer 180 hektaar van die plaas is fisies onder die ploeg en baie goed bewerk. Die hele plaas kan egter besproei word deur die aanwending van bestaande besproeiingstelsel."
"GROND
Die grond op die eiendom bestaan hoofsaaklik uit sand - leem en rooi-leem tipe. Die dreinering van die grond is uitstekend inteenstelling met die grootste dele van die George landbou distrik waar' die dreinering uiters swak is as gevolg van die vlak aanwesigheid van die kleilaag. Die helling van die lande is geleidelik en vergemaklik landbou metodes aansienlik. Die plaas het homself reeds bewys as een van die beste aartappel produserende plase in die distrik. Die orige deel van die George distrik bestaan hoofsaaklik uit swart grond wat nie so geskik is vir aartappels nie."
"ALGEMEEN
In die algemeen bestaan daar geen twyfel dat die eiendom een van die beste landbou eenhede (indien nie die beste nie) in George is en ons is oortuig daarvan dat die hoof van die plaaslike proefplaas
10/...
10.
soos voormeld dit behoort te bevestig. Die eiendom is geleë 17 km van George en ongeveer 8 km van die P W Botha lughawe. Die naaste spoorweg sylyn is 4 km vanaf die eiendom."
"LANDERYE:
Daar is na aanleiding van aanbevelings deur die gemelde proefplaas is daar meer as 100 hektaar onder permanente weidings gevestig wat bestaan uit lusern, luserngrasmengsels van kikuyu-grasmengsels. Die orige bykans 80 hektaar bestaan uit 13 hektaar wat nou onder pampoen is terwyl die orige landerye be-oog word om oor mielies gevestig te word soos voormeld fout tweede laaste reël is nie "oor" mielies nie maar wel onder mielies."
Nieuwoudt en Truter was tevrede met die inhoud van die teleks en op sterkte daarvan het hulle besluit om die onderhandelings verder te voer. Weer eens sou die Thys Jacobsz Trust die koopsom voorskiet onderhewig aan die registrasie Van 'n eerste verband oor die eiendom. Truter was uit die aard van die saak in 'n besondere vertrouensposisie: hy was 'n trustee in beide trusts. Om dié rede het hy veral belanggestel in die waarde van die sekuriteit wat enige ooreengekome
11/...
11.
koopsom sou moes dek.
Op 23 November 1986 het o.a. Truter, Nieuwoudt en mnr Pieter Jacobsz die plaas besoek. Laasgenoemde, 'n ervare boer, was ook 'n trustee van die Thys Jacobsz Trust. Hy het hulle vergesel om te beoordeel of die plaas voldoende sekuriteit vir die beoogde lening sou besorg. Op dieselfde dag is die koop gesluit. Die appellant is oorreed om 'n ietwat laer koopprys te aanvaar as dié wat hy in gedagte gehad het omdat die koopsom onmiddellik aan hom betaal sou word en nie eers wanneer oordrag geskied nie. Die Thys Jacobsz Trust het inderdaad reeds op die datum van die verkoping, namens OOT, 'n tjek ter betaling van die koopprys in trust aan die appellant se prokureur oorhandig.
By die berekening van die koopsom wat aangebied en aanvaar is, was die waarde van die
12/...
12. bewerkte lande vir Truter, aldus sy getuienis, van die allergrootste belang. Van Rensburg het hom meegedeel dat, volgens mnr Blomerus, 'n plaaslike landbouvoorligtingsbeampte, R6 000,00 per ha die heersende prys vir sodanige grond in daardie omgewing is. Truter het sy algehele koopprys hoofsaaklik op grond van hierdie beraming bereken en in die veronderstelling dat daar 180 ha bewerkte lande was, soos in die teleks beweer word. Soos hy dit in sy getuienis gestel het:
"... voordat ons toe sou ingaan om 'n prys te beding, het ons eerstens besluit dat mnr Van Rensburg en mnr Nieuwoudt die onderhandelings sal voer, ons wil nie te veel wees nie en ons het toe besin oor wat sou "n billike aanbod wees gebaseer op R6000 vir grond onder besproeiing en onder
bewerking."
"... ek het my sommetjie gemaak op die basis van 6 maal 180, 6000 maal 180 en ek het uitgekom op 'n prys van Rl 080 000. Mnr Jacobsz - ek het toe vir hom gesê, kyk - toe sê hy vir my - ek dink nie ons het die uitvalgrond in detail bespreek nie en ek het - en ek het vir die mense gesê, kyk, as ons onderhandelings begin, moet ons 'n aanbod maak van
13/...
13.
R950 000, ons betaal kontant en toe het, ek dink, mnr Van Rensburg gesê hy dink nie mnr Strauss sal ooit ...
HOF: Ekskuus, jammer, welke prys, ja, gaan aan?--
Ek het gesê ons moet begin met 'n insetprys vir
onderhandeling van R950 000. Toe het mnr Van
Rensburg gesê dat hy dink nie ons kan met so 'n
aanbod slaag nie, ons sal moet 'n hoër begin maak.
MNR VAN RIET: Ons weet, dink ek, dat daar toe
mettertyd onderhandel is en daar is toe 'n prys
beding. Wat ek vir u wil vra, is dit, in u
hoedanigheid eerstens as trustee van die Thys
Jacobsz Trust, het u op daardie stadium oorweging
gegee aan die sekuriteit wat hierdie plaas bied of
nie? Ja, ja, U Edele, definitief.
En wat het u besluit watter sekuriteit bied die
plaas? Ek het nadat ek my sommetjie gemaak
het, het ek gedink vir 'n syfer in die omgewing van
Rl,l miljoen - ja, Rl,l miljoen, Rl 100 000 was
die syfer wat ek in my gedagte gehad het."
"Nou wil ek net vir u vra, in u hoedanigheid as verteenwoordiger van die Oubaai-trust, indien u op daardie stadium ingelig is dat daar slegs 110 hektaar bewerkte grond is instede van 180 hektaar, sou u bereid gewees het om die koopprys van oor 'n
miljoen rand te betaal? Nee, U Edele, ...."
Hy het ook daarop
gewys dat Nieuwoudt' geensins
aan die bespreking oor die landboukundige
aspekte
en waarde van New Buffelsfontein deelgeneem het nie en
14/...
14. ook nie oor die voorgestelde prys geraadpleeg is nie. Daaroor het Truter, dog in oorleg met Jacobsz en Van Rensburg, alleen besluit. Op diê stadium was die plan om die restant van die plaas (na afskeiding van die "pansteel", en bes moontlik ook die voofnoemde uitval-grond) te verdeel en as afsonderlike plase te verkoop. Truter was van mening dat, deur hierdie prosedure te volg, die oorblywende bewerkte lande moontlik selfs R8 000,00 per ha sou kon behaal, in welke geval hulle 'n wins op die hele transaksie sou maak.
Truter het deurentyd besef dat die nodige
toestemming vir die beoogde ontwikkeling slegs met
moeite, indien ooit,
verkry sou word. Hy wys daarop
dat amptelike goedkeuring daarvoor deur nie
minder as
twee-en-twintig departemente verleen sou moes word nie.
(Van Rensburg het die vooruitsigte nie hoër as 50/50
geskat nie.)
15/...
15.
Na aankoop van die plaas is oorweeg om voor herverkoping die boerdery self voort te sit. Later is egter besluit om die plaas aan een van die bure, mnr Pienaar, te verhuur. Voor sluiting van die huurkontrak het Van Rensburg hom meegedeel dat die grootte van die bewerkte lande 180 ha is. Kort na hy op die plaas begin boer het, het hy besef dat hulle nie naastenby so groot was nie en het hy op kansellasie van die huurkontrak aangedring. 'n Landmeter, rnnr Goosen, is ingeroep om die nodige opmetings te doen. Hy het vasgestel dat die werklike oppervlakte van die bewerkre lande slegs 110,86 ha was. Pienaar is gevolglik van sy verpligtinge onder die huurkontrak onthef. Vandaar die aanmaningsbrief en dagvaarding.
Die getuienis wat pas geskets is en wat die
sluiting van die koopkontrak voorafgegaan het, is
vanselfsprekend van kardinale belang om oor die 6de
16/...
16.
geskilpunt uitsluitsel te gee, naamlik, of
die
wanvoorstelling die oorsaak van die ooreengekome
koopprys was al dan
nie. Mnr Van der Berg het
gedurende sy kruisondervraging van Truter, Van
Rensburg
en ander getuies, egter ook besluite aangaande die
ontwikkeling van die plase wat na die aanqaan van
die
koopkontrak geneem is, by sy saak ingesleep.
Sodanige
getuienis, aldus sy betoog, staaf sy stelling dat
Truter die plaas uitsluitlik vir
ontwikkelingsdoeleindes wou koop; dat die waarde van
die landbougrond by hom hoegenaamd geen rol by die
berekening van die koopprys gespeel het nie; dat sy
getuienis tot die teendeel geheel en al vals was; en
dat dit - asook dié van die getuies wat hom staaf -
bygevolg as ongeloofwaardig verwerp behoort te word.
Truter se geloofwaardigheid en die appellant se betoog
in dié verband sal later bespreek word. Op hierdie
stadium is dit volledigheidshalwe slegs nodig om
17/...
17. kortliks na een aspek van die daaropvolgende geskiedenis te verwys.
Die getuienis toon duidelik aan dat Nieuwoudt
vanuit die staanspoor optimisties oor die gesamentlike
ontwikkeling van
die twee plase was en verbeeldingryke
idees in dié verband gehad het. (Truter, soos reeds
vermeld, het
geensins sy siening hieroor gedeel nie.)
Op 10 Desember 1985 het Nieuwoudt 'n
sjampanje-ontbyt te
George gereël om die projek, soos hy dit in
vooruitsig
gestel het, aan die pers en ander prominente persone
bekend te stel. Die
persverklarings en brosjure, wat
by dié geleentheid versprei is, het sy grandiose planne
vir die ontwikkeling van die plase weerspieêl. Hulle
het, onder meer, wandelpaaie, 'n natuurreservaat, 'n
"eguestrian centre" en 'n gholfbaan ingesluit. Om hier-
die droombeeld te verwesenlik sou daar klaarblyklik
meer as net die voorgestelde 10 ha uitvalgrond van New
18/...
18.
Buffelsfontein by Oubaai gevoeg moes word. Die
kleurkaart,
wat die yoorgestelde ontwikkeling uitbeeld
en wat tydens die sjampanje-ontbyt
versprei is,
bevestig dit. Die beoogde ontwikkeling op 10 Desember
1985 en die gepaardgaande onderverdeling en
konsolidasie van die plase het
ooreengestem met wat
later wel plaasgevind het. 'n Aansoek vir
onderverdeling en konsolidasie
is aan die Departement
van Landbou Ekonomie en Bemarking voorgelê en op
7
November 1986 goedgekeur. Ooreenkomstig 'n meegaande
sketskaart, gedateer 16 Oktober 1986, sou die twee
plase gesamentlik in drie dele verdeel word: twee
landbou-eenhede (Gedeelte A en Gedeelte B) en 'n derde
gedeelte wat vir ontwikkeling bestem was (Gedeelte C).
Gedeelte A behels 63 ha waarvan 43 bewerkte lande is;
Gedeelte B, 50 ha waarvan 43 bewerkte lande uitmaak;
en Gedeelte C (wat die hele Oubaai insluit) 138 ha
waarvan ongeveer 20 ha bewerkte lande is. Dit dien ook
19/...
19. vermeld te word - al is dit net in die verbygaan - dat nie meer as 20 ha van die bewerkte lande op New Buffelsfontein volgens hierdie indeling en samevoeging vir ontwikkeling in gebruik geneem sou word nie; en dat, hoewel die onderverdeling en konsolidasie goedgekeur is, die aansoek om hersonering van Gedeelte C ten tyde van die verhoor, wat van Junie 1987 tot Desember 1987 geduur het, in oorweging was en nog nie deur die Administrateur van die Kaapprovinsie goedgekeur was nie.
Om na die geskilpunte terug te keer, geskilpunt 3 verg nie noemenswaardige oorweging nie. Die appellant het goed geweet dat Van Rensburg die inligting oor die plaas ingewin het om aan die voorgestelde kopers, die OOT trustees, oor te dra en dat hy namens hulle die navraag gedoen het.
20/...
20.
Dit is ook nie nodig om veel oor geskilpunt 4
te
sê nie. Die verhoorregter het al die getuienis wat
hierop betrekking
het, noukeurig ontleed en oorweeg.
Sy bevinding ten gunste van die
respondente is
hoofsaaklik op die getuienis van mnr Venter gegrond.
Die
appellant het hom in 1980 geraadpleeg oor die
besproeiing van sy lande op New
Buffelsfontein. Venter
was destyds die besproeiings-verkoopsingenieur van
die
firma Spilhaus in Kaapstad. Hy het in oorleg met die
appellant, en deur die gebruik van 'n amptelike
ortofoto, vasgestel dat die oppervlakte van die
bewerkte lande op New Buffelsfontein ongeveer 90 ha
beslaan. Sy getuienis kom daarop neer dat die
appellant vanaf 1980 totdat hy op 'n latere stadium
ongeveer 18 ha bygewerk het, goed geweet het dat die
bewerkte grond nie meer as 90 ha was nie. Die hof het
Venter se getuienis as onpartydig en betroubaar aanvaar
terwyl dit bevind het dat dié van die appellant tot die
21/...
21 . teendeel onwaarskynlik en onoortuigend is. Dit is gevolglik verwerp. Om slegs na een opsigtelike onwaarskynlikheid te verwys,. Pienaar het, toe hy die plaas as huurder wou benut, dadelik besef dat die grootte van die bewerkte lande, soos aan hom meegedeel, verkeerd was. Dit is uiters onwaarskynlik -indien nie geheel en al ongelooflik nie - dat die appellant, wat vanaf 1980 die lande bewerk het, nie van die werklike grootte bewus sou gewees het nie. Die onbevredigende aard van die getuienis van die appellant oor hierdie geskilpunt word veral in die volgende passasie van die uitspraak weergegee:
"Wat die 110 hektaar betref, was dit in geskil totdat Goosen getuig en die hof op inspeksie is. Toe Venter getuig het, op die 4de dag net na die inspeksie, was dit klaarblyklik Verweerder se saak dat hy nie sou ontken dat hy bewus was dat die grootte van die bewerkte lande minder as 180 hektaar was nie, maar dat hy sou staatmaak op sy verweer dat hy gemeen het 180 hektaar is bewerkbaar en dat hy dit aan Van Rensburg gesê het (behoudens sy hoof verweer dat eisers in elk geval
22/...
22.
nie beïnvloed is om te koop deur enige wanvoorstelling van Verweerder nie). Aan Venter is gestel dat Verweerder hom op 16 September 1986 gevra het na bewerkbare grond, en Van Rensburg is later gekruisvra op die basis dat Verweerder aan hom bewerkbaar sou gesê het.
Moontlik is dit gedurende sy getuienis wat oor vyf dae gestrek het, dat Verweerder besef het sy verduideliking dat hy aan Van Rensburg bewerkbaar sou gesê het, sal nie in die lig van die teleks aanvaar word nie, en dat hy liewers moet beweer dat hy geglo het daar is 180 hektaar bewerkte grond. Terwyl hy in sy hoofgetuienis dus nog steeds Venter se weergawe dat die Spilhaus stelsel vir 90 hektaar ontwerp is en hy dit geweet het, bevestig het (1135(26)-1136(1)), het hy onder kruisverhoor sy relaas geheel en al verander. Hy wou toe nie meer erken dat hy bewus was van die grootte nie en beweer toe selfs dat Venter hom gesê het die stelsel is ontwerp om 180 hektaar te besproei."
Dit is heel duidelik bewys dat die appellant wel geweet
het dat die voorstelling vals was.
By oorweging van die 5de geskilpunt - of die
voorstelling gemaak is met die doel dat daarop gehandel
sou word - moet in die eerste plek daarop gewys word
23/...
23.
dat die wanvoorstelling - objektief beskou - van wesentlike aard was. Die grootte van die bewerkte lande, tesame met die genoegsaamheid van die water om hulle te besproei, was heél duidelik die vernaamste faktore waarin 'n voornemende koper van die plaas vir boerdery-doeleindes sou belangstel. Soos Van Rensburg dit uitgedruk het:
"Dit is absoluut van kardinale belang by die berekening van 'n landbou-eenheid, Edelagbare, dit is feitlik waar - nie feitlik nie, dit is waarom alles draai, hoe groot grond kan jy ploeg en hoeveel daarvan kan jy besproei en vir die doeleindes van die bepaling van die waarde daarvan, is dit van absolute kardinale belang. Ek meen, een hektaar grond wat onder besproeiing is, is baie geld werd en elke ene is belangrik."
Hoe belangriker die wanvoorstelling, hoe meer onwaar-
skynlik dat dit sonder die beweerde bedoeling aan die
voornemende kopers gerig sou wees. En as eers bewys is
dat die appellant wetens die valse voorstelling gemaak
het, is ruimte vir 'n betoog dat dit onopsetlik geskied
24/...
24.
het uit die aard van die saak uiters beperk: dit is inherent onwaarskynlik dat iemand bewustelik, dog doelloos, so 'n onwaarheid sou verkondig.
Daar is verdere getuienis wat hierdie gevolgtrekking staaf. Voor 7 November 1985 het Van Rensburg, vergesel deur die appellant, die plaas met die oog. op die koop daarvan besoek. Die grootte van die bewerkte lande was pertinent bespreek en die appellant het hom verseker dat daar 180 ha bewerkte lande was. Die appellant moes toe al besef het dat
hierdie gegewens van groot belang was en des te meer
toe hy later tydens die onderhoud in mnr Tom Nel se kantoor weer daaromtrent uitgevra is.
Onder kruisondervraging het die appellant
toegegee dat die inligting in die teleks vervat, vir
die voornemende kopers van belang sou wees om te
oordeel of hulle die plaas sou koop al dan nie. Hy wou
25/...
25. egter nie toegee dat dit desgelyks en om dieselfde rede 'n rol by die bepaling van die aangebode koopsom sou speel nie, want, volgens hom, wou hulle vir 'n ander doel koop, nl, vir ontwikkeling. Die onderskeid wat hier deur hom gemaak word is onlogies en onaanvaarbaar.
Die getuienis in sy geheel bewys onteenseg-lik dat die appellant opsetlik die wanvoorstelling gemaak het in dié sin dat hy bedoel het dat die respondente daarop sou reageer en dit by die vasstelling van die koopprys in ag sou neem.
Wat die 6de geskilpunt betref (die
oorsaaklikheidselement van die skuldoorsaak), indien
die getuienis van Truter tereg deur die verhoorhof
aanvaar is, cadit quaestio. Sy getuienis, soos reeds
genoem, kom daarop neer dat hy oor die koopprys
26/...
26.
besluit het; dat dit volgens die markwaarde van die plaas as 'n boerdery-eenheid bepaal is; dat by die berekening daarvan die voorgestelde grootte van die bewerkte lande 'n vername rol gespeel het; en dat, indien hy geweet het dat die oppervlakte van die bewerkte grond slegs 110 ha beslaan het, hy nooit soveel daarvoor sou betaal het nie. Ons insiens bestaan daar oorvloedige redes wat die aanvaarding van sy getuienis regverdig.
In die uitspraak is met verwysing na hierdie geskil gesê:
"Dit was ook getuig deur Van Rensburg, Jacobsz en Truter, weer eens onbetwis, dat Eisers die bewerkte landerye as goeie landbougrond beskou het en 'n waarde van R6000 per hektaar daarop geplaas het.
Truter en Jacobsz het getuig, en dit was onbetwis, dat die koopprys deur Eisers aangebied (en wat aanvaar is) bereken is deur die bewerkte grond in te bring teen 180 hektaar x R6000. Dit was getuig deur Truter, Jacobsz en Harris, weer eens onbetwis, dat indien hulle geweet het dat daar minder bewerkte landerye was, die koopaanbod
27/...
27.
dienooreenkomstig minder sou gewees het.
Nie alleenlik was die getuienis hierbo vermeld nie aangeval in kruisverhoor nie, maar die getuienis was op oortuigende wyse gelewer. Daar is geen rede waarom dit nie aanvaar moet word nie."
Die hof a quo, wat die voordeel gehad het om Truter in
die
getuiebank waar te neem, was van mening dat hy sy
getuienis "op oortuigende
wyse" gelewer het. Soos ook
uit die aangehaalde passasie blyk, is sy bewering
oor
hoe hy die waarde van die plaas bereken het deur drie
getuies gestaaf,
wat ook as bevredigende getuies beskou
is.
Truter was terdeë bewus van die feit dat
die beplande ontwikkeling moontlik nooit sou plaasvind
nie, in welke geval
New Buffelsfontein (na verkryging
van die verbeterde toegang) vir
boerderydoeleindes
weer verkoop sou word. Selfs na ontwikkeling sou
00T
die oorblywende gedeelte van die hand sit. En tot tyd
en wyl 'n finale besluit hieroor geneem is, sou die
28/...
28. eienaar of 'n huurder daarop moes boer. Hierdie omstandighede in ag genome, is dit haas ondenkbaar dat 'n koper nie op die waarde en grootte van die bewerkte lande ag sou geslaan het nie. En wat meer is, in sy hoedanigheid as 'n trustee van die Thys Jacobsz Trust, sou Truter nooit die koopprys op 'n ander grondslag bepaal het nie.
Mnr Van der Berg se teenbetoog, waarin hy volhard het en wat volgens hom die ongeloofwaardigheid van Truter se getuienis bewys, was dat
"die enigste oorweging by die besluit om NBF te koop en hoeveel daarvoor betaal moes word, die kwessie van ontwikkeling was."
Ter ondersteuning van hierdie stelling is na 'n
magdom van getuienis verwys wat aantoon dat die doel
van die aankoop ontwikkeling was. Al word aanvaar dat
die plaas uitsluitlik vir daardie doel aangekoop is,
29/...
29.
het dié feit glad nie tot gevolg dat by bepaling
van
die koopprys dié rede vir die aankoop daarvan die
enigste oorweging was nie. Die stelling maak geen
onderskeid tussen,
enersyds, die doel van die aankoop,
en, andersyds, die grondslag en metode van waarde-
of prysberaming nie.
Dit volg nie - selfs as h
hipotetiese stelling - dat 'n voornemende koper
volgens
sy beoogde planne vir 'n stuk grond sy prys sou uitwerk
en nie volgens markwaarde nie. In casu dui die
getuienis, waarna reeds verwys is, duidelik aan dat die
koopsom, om oortuigende redes, wel op die markwaarde
van die plaas as 'n boerdery-eenheid bepaal is. In dié
verband wys ons interessantheidshalwe daarop dat die
appellant, wetende dat 00T in sy plaas vir
ontwikkelingsdoeleindes belanggestel het, ook nie enige
premie vir ontwikkelings-potensiaal by die koopsom wat
hy vir New Buffelsfontein wou gehad het, toegevoeg het
nie.
30/...
30.
'n Soortgelyke wanbegrip word weerspieël in die volgende verdere stelling namens die appellant gemaak:
"... dat op die EISERS se weergawe die waardebepa-ling slegs wesenlik kon wees indien dit bereken is teen die grootte wat afverkoop sou word na ontwikkeling. Indien daardie groottes by kontraksluiting nog nie bepaal was nie, was enige voorstelling van die grootte van die landbougrond en die markwaarde daarvan by die besluit wat om te betaal irrelevant."
Truter het geweet dat, wat ook al gebeur, grond wat bewerkte lande ingesluit het later deur OOT verkoop sou moes word. Die f eit dat by kontraksluiting die omvang daarvan nog nie bepaalbaar was nie, kon nooit die markwaarde van sodanige grond tot 'n irrelevantheid gereduseer het nie.
Die betoog namens appellant kom hierop neer
dat, al het Truter van die ware toedrag van sake
geweet, hy nogtans dieselfde koopprys sou betaal het
31/...
31 . omdat hy ten alle koste - of altans teen die prys wat betaal is - die plaas vir ontwikkeling wou bekom. Besondere feite in 'n bepaalde geval mag so 'n afleiding teen 'n koper regverdig. Maar in die onderhawige saak is hulle net nie aanwesig nie. Die getuienis bewys die teenoorgestelde.
Mnr Van der Berg het ook gewag gemaak van die feit dat Nieuwoudt nie deur die respondente as 'n getuie geroep is nie. Maar, soos reeds genoem, hy was nie by die bepaling van die koopsom betrokke nie. En in genoem genome die getuienis wat hieroor gelei is, sou dit oorbodig gewees het om hom ter stawing van die getuienis van Truter as getuie te roep.
Mnr Van der Berg het op verskeie ander gronde
die getuienis van Truter aangeveg. Dit is onnodig om
hulle te bespreek. Hulle is meestal ongegrond. In
32/...
32.
soverre sommige iets om die lyf mag hê, doen hulle geensins afbreuk aan die gevolgtrekking dat Truter wel 'n bevredigende getuie was nie.
Met betrekking tot die omvang van die skadevergoeding wat geëis is, het die respondente in hul besonderhede van vordering gepleit dat:
"As gevolg van Verweerder se gemelde bedrieglike voorstelling, het Die Trust skade gely ten bedrae van R420 000,00, synde die verskil tussen die koopprys en dié bedrag wat die koopprys sou beloop het (R690 000,00) indien die voorstelling nie gemaak is nie, alternatiewelik, die verskil tussen die koopprys en die werklike markwaarde van die eiendom ten tyde van die verkoping daarvan."
Die hof het bevind dat die skade nie op die eerste
grondslag bewys is nie,
maar wel op die alternatiewe
een en dat die werklike markwaarde van die plaas ten
tyde van die verkoping R814 917,00 was. Hierdie
bevinding was gegrond op die getuienis van mnr Moulder,
'n waardeerder,
wat deskundige getuienis in dié verband
33/...
33.
namens die respondente gelewer het. Die toegekende skadevergoeding was gevolglik R295 083,00: d.w.s., die koopsom van Rl 110 000,00 min R814 917,00.
In sy betoogshoofde het mnr Van der Berg die
aanvaarding van Moulder se getuienis en sy
waardasie in
geskil geplaas; in besonder deurdat Moulder geen
bedrag vir
liggings- en ontwikkelingspotensiaal
bygereken het nie. Voorts het hy aan die
hand gedoen
dat die hof die getuienis van die appellant se
waardeerder,
mnr Baard, wat 'n bedrag van R75 000,00 vir
hierdie twee faktore toegelaat
het, moes aanvaar het.
Mnr Van der Berg het egter nie voor ons met
hierdie
betoog volhard nie en geen ander grondige redes vir
die
bevraagtekening van die hof se berekening van skade
volgens
markwaarde, soos bereken deur Moulder, is
aangevoer nie. Ons insiens, kan
geen fout daarmee
gevind word nie.
34/...
34.
Die appèl word met koste, insluitende diê van twee advokate, van die hand gewys.
MILNE AR .
KUMLEBEN AR
JOUBERT AR )
BOTHA AR ) - Stem saam
GOLDSTONE WnAR)