South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1990 >> [1990] ZASCA 153

| Noteup | LawCite

S v Mlumbi (70/90) [1990] ZASCA 153 (29 November 1990)

Download original files

PDF format

RTF format


CG SAAKNOMMER: 70/90

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak van:
DAVID SIBUSISO MLUMBI Eerste Appellant

MUKUZUKU GIDEON KHUZWAYO Tweede appellant
en
DIE STAAT Respondent

CORAM: HOEXTER, STEYN et EKSTEEN ARR

AANGEHOOR: 6 NOVEMBER 1990 GELEWER: 29 NOVEMBER 1990

U I T S P R A_A K STEYN AR

2

Die appellante kom met verlof van hierdie Hof in hoër beroep teen hul skuldigbevindings en vonnisse. Hulle het as beskuldigdes 2 en 3 op 29 Augustus 1988 in die Zululandse Rondgaande Plaaslike Afdeling voor Kriek R en twee assessore tereggestaan tesame met twee mede-beskuldigdes, Luke Malinga (Luke) en Nicklas Gazu, wat onderskeidelik beskuldigdes 1 en 4 was. Hulle het tereggestaan op twee aanklagte wat albei verband gehou het met 'n voorval op 30 April 1987 by die huurmotorstaanplek (die staanplek) op Nongoma voor die destyds nog onvoltooide kleinsake besigheidskompleks (die sakekompleks). Dié aanklagte was:

(1)Moord op die 35-jarige Tamsanqa (Tami) Luthuli (die oorledene) en
(2)Poging tot moord op die oorledene se 26-jarige vrou, Dorcas Luthuli (Dorcas).

By die aanvang van die verrigtinge, en voordat die beskuldigdes gepleit het, is die verhoor van appellante

3

ingevolge art 157 van die Strafproseswet, no 51 van 1977, (die Wet) geskei van dié van beskuldigdes 1 en 4. Appellante se verhoor is toe voortgesit en hulle het onderskeidelik beskuldigdes 1 en 2 geword. Albei het onskuldig gepleit en elkeen se verweer was 'n alibi. Albei het op die meriete getuig en het ooreenkomstig hul verwere beweer dat hulle elders was ten tyde van bogemelde voorval. Albei is nietemin op 16 September 1988 op altwee aanklagte skuldig bevind. Na skuldigbevinding het appellante hul mandate aan hul onderskeie advokate beëindig. Die verhoor is daarna uitgestel om appellante in staat te stel om ander regsverteenwoordiging te bekom. Op 2 Desember 1988 is die verhoor hervat. Mnr Fuller het toe namens albei appéllante opgetree. Die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede ten aansien van die moordklag is daarna deur die hof ondersoek. Appellante het nie weer getuig nie en geen getuienis aangaande hierdie aspek

4

is namens hulle voorgelê nie. Die hof het bevind dat daar geen versagtende omstandighede was nie. Albei appellante was eerste oortreders. Hulle is op die moordklag ter dood veroordeel en op die klag van poging tot moord gevonnis tot 8 jaar gevangenisstraf elk.
Weens die aard van appellante se verweer is dit nie betwis dat die oorledene inderdaad vermoor is en dat daar gepoog is om Dorcas te vermoor op die tyd en plek in die klagstaat beweer nie. Dit is slegs die identiteit van die booswigte wat in geskil is. Die onbetwiste feite met betrekking tot die voorval is kortliks soos volg. Die oorledene was 'n winkelier op Nongoma. Dorcas se vader is ook 'n winkelier, blykbaar ook in daardie omgewing. Luke is haar oom van moederskant. Hy het gepoog om op bedrieglike wyse haar vader van sy winkelbesigheid te ontneem. Dorcas en die oorledene het Luke se poging gedwarsboom. Dit het kwade gevoelens tussen Dorcas en oorledene aan die een kant en Luke aan

5

die ander kant tot gevolg gehad. Sy en die oorledene het deur bemiddeling van haar tante gepoog om die vrede tussen hulle en Luke te herstel. Voordat dit bewerkstellig kon word het Dorcas se oupa gesterf. Hy was ook Luke se vader. Luke het Dorcas en die oorledene daarvan beskuldig dat hulle vir die dood van sy vader verantwoordelik was en het 'n klag daaromtrent teen hulle by die plaaslike polisie aanhangig gemaak. Dorcas en die oorledene is déur die polisie ondervra in verband met die aanklag. Hulle het skuld ontken. Die polisie was tevrede dat hulle onskuldig was en het hulle vrygelaat. Daar is nie voortgegaan met die klag teen hulle nie. Daarna het Dorcas en oorledene vir Luke in Nongoma teengekom. Hy het gedreig dat hy weerwraak op hulle gaan neem omdat hulle sy vader doodgemaak het. Op 24 April 1987, dit wil sê 'n week voor die gebeure by die reeds gemelde staanplek, was Dorcas en oorledene per motor op pad na Swaziland. Hulle het in Pongola by Luke

6
verby gery toe hulle na 'n motorhawe gegaan het om petrol in te gooi. Hy was in 'n motor wat naby 'n stopstraat parkeer was. Hy het vir hulle gelag. Twee manspersone het by hom langs sy motor gestaan. Nadat hulle brandstof ingeneem het, moes hulle weer by dié stopstraat stilhou. Luke was nog steeds daar geparkeer en die twee mans het nog steeds soos tevore by hom gestaan. Luke het sy vorige dreigement toe in wese herhaal. Hy het gesê hy sal binnekort wraak neem op die oorledene en Dorcas vir die dood van sy vader.

Op die laat namiddag van 30 April 1987 sou die oorledene, sy vader, Oscar, en neef, Vuyesile, en Dorcas van Nongoma na Swaziland gaan in Oscar se Mazda bakkie. Die punte daarvan het moeilikheid gegee en die oorledene tesame met sy vader en Vuyesile het dit geneem na die voormelde staanplek waar hulle voor die sakekompleks stilgehou het. Hulle het die onderdele wat nodig was om die fout mee te herstel by 'n nabygeleë motorhawe gekry en

7

toe aan die bakkie gewerk. Dorcas het daar aangekom in 'n
ander motor saam met 'n werknemer van die oorledene, Moni Gazu, 'n persoon by name van Thathawe Mtolo en 'n paar klein kindertjies, wat die reisgeselskap sou kom groet. Alhoewel die sakekompleks nog nie voltooi was nie, was daar toe reeds 'n aantal stalletjies daarin in aanbou wat deur verkopers ens. betrek sou word. Die Mazda was naby en parallel met dié stalletjies geparkeer. 'n Aantal persone wat deur die Deba Werwingskorporasie gewerf was, het daar rondgestaan. Hulle sou in sekere van die stalletjies oornag. Dorcas, die oorledene, Oscar en Vuyesile sou almal voor in die bakkie sit vir die rit na Swaziland. Toe die fout met die voertuig herstel was het hulle begin inklim. Dit was toe ongeveer 18h00 en reeds skemer, maar die sig was nog redelik goed. (Dorcas het getuig dat sy nog 'n persoon op 'n afstand van ongeveer 15 m sou kon herken.) Oorledene se vader sou bestuur. Hy het omgeloop na die bestuurderskant van die kajuit om

8

daar te gaan inklim. Vuyesile sou voor Dorcas inklim en
die oorledene na haar, by die deur aan die
passasierskant. Terwyl Vuyesile besig was om dit te doen
het 'n skoot agter Dorcas geknal vanuit die rigting van
die stalletjies. Sy het omgekyk en 'n persoon gesien wat
ongeveer 4 treë weg van haar gestaan het by die ingang
van een van die stalletjies. Hy het 'n handvuurwapen op
haar gerig gehou. 'n Tweede skoot het afgegaan. Dié
koeël is rakelings by haar kop verby. Sy het gemeen dit
was hy wat dié skoot na haar geskiet het en het op vlug
geslaan. Hy het haar agterna gesit, ingehaal en

vasgegryp. Hulle het geworstel. Dorcas het die
vuurwapen, wat steeds in sy hand was, vasgegryp,
luidkeels na die omstaanders om hulp geroep en haar só
verbete teengesit dat haar aanvaller gedwing was om hulp
in te roep. Hy het geskree (klaarblyklik na sy makkers)
"Kom help my! Hierdie hond hou die vuurwapen vas!" Twee
persone het hom onmiddellik te hulp gesnel. Een van
9

hulle het haar terstond met 'n byl op haar regter wysvinger gekap. Daarna het al drie van hulle haar aangerand en met skerp metaal voorwerpe te lyf gegaan. Sy het uiteindelik geval maar is weer gekap op die linker wang. Sy het voorgegee dat sy dood was. Een van die aanvallers het haar met geskoende voet op die linker wenkbrou geskop. Een van die drie het toe gesê dat hulle moet gaan, die hond is dood. Hulle het toe laat spaander in die rigting van "Zungu se busse". [Daardie busse het langs die hoofpad gestaan wat agter die voormelde sakekompleks verby loop.] Sy het probeer orent kom maar het haar bewussyn verloor en eers in die hospitaal weer bygekom. Net voor die eerste skoot het die oorledene nog agter haar gestaan. Sy het nie opgelet wat daarna van hom geword het nie. Sý het hom eers weer gesien op die dag van sy begrafnis. Sy kon die ander twee aanranders nie identifiseer nie. Dorcas was baie ernstig beseer. Moni Gazu, wat na die tweede skoot ook op vlug geslaan

10

het, weg van die onmiddellike omgewing van die skietery, heb haar te hulp gesnel waar sy bewusteloos op die grond gelê het. Hy het getuig dat sy 'n gapende wond dwarsoor haar nek had net onderkant die kakebeen. Sy het deur hierdie wond asemgehaal. Die inhoud van die verslag van die ondersoek van Dorcas deur dr Kaufmann op 30 April 1987 om ± 20h00, is deur die appellante tydens die verhoor skriftelik erken (Bewysstuk L paragraaf 6 en bewysstuk N paragraaf 1). Dit is bewysstuk M. Daarvolgens was haar beserings soos volg:

twee ingedrewe skedelbreuke met oorheenliggende kopvel wonde; breuk van die linker onderkaak met 15 cm-lange oorheenliggende skeurwond horisontaal dwarsoor die laer linker wang wat deurgaan tot in die onderlip en wat ook deur die slymvlies van die mond dring; 'n 4 cm lange diep skeurwond op die regterwang wat indring tot op die onderkakebeen; 'n 2 x 1 cm skeurwond aan die regterkant van die nek; 'n 10 cm lange skeurwond tussen die wys- en

11

middel vingers wat deurdring tot in die handpalm; breuk van linker oogkasrand met kneusing en bloeding onder die oog se bindvlies; die linkeroog verlam en feitlik blind; linker onder-voortand uit en regter onder-voortand los. (Dorcas se asemhaling het waarskynlik deur die penetrerende wond van die linkerwang gekom en sodoende by Moni Gazu die indruk gelaat dat sy deur 'n nekwond asemhaal.) Moni Gazu het op die agterste sitplek van die voertuig gesit waarin hy gekom het en was ongeveer 15 tree van die Mazda af toe die eerste skoot geklap het. Dle Mazda het teenaan die sakekompleks gestaan. Hy het 'n tweede skoot ook gehoor en het die oorledene sien val. Hy het gemeen dit was die tweede skoot wat hom neergevel het. Hy het die jaagtog en aanranding op Dorcas gesien en staaf haar weergawe daarvan in alle wesenlike opsigte, maar hy kon geen een van die booswigte identifiseer nie. Hy het getuig dat Dorcas gevlug het in die rigting van hul motor. Moni Gazu en sý mede-insittendes het toe uit

12

die voertuig padgegee en gevlug na die groep gewerfdes,
maar is onverwyld deur hulle verwilder. Hy het die
worsteling tussen Dorcas en haar oorspronklike
agtervolger gesien, maar het getuig dat dié toe geskree

het "Kom gou, kom gou, steek haar, steek haar". Twee

ander persone het hom gaan help. Moni Gazu het van 'n

afstand van ongeveer 20 tree gesien dat die drie persone

haar toe te lyf gaan, en dat een van hulle haar met 'n

blink voorwerp'kap. Hy het treffend getuig dat hulle

besig was om haar dood te maak. Sy het langs die motor

geval waaruit hy gevlug het en het daar bly lê. Haar

aanranders het toe laat spaander oor die staanplek, verby

"Zungu se plek", en het toe verdwyn. Daarna het hy

Dorcas te hulp gesnel soos reeds beskryf. Sy was

behandel in die Nongoma hospitaal vir ses dae en daarna

in die King Edward VIII hospitaal op Durban. 'n Operasie op die linkersy van haar neusrug is in die Nongoma

hospitaal uitgevoer en sy was ten tyde van die verhoor

13

steeds 'n buitepasiënt by die King Edward VIII hospitaal vir behandeiing van haar beskadigde linkeroog. Sy het toe ook nog steeds gely aan hoof pyn weens haar kopbeserings en aan swakker sig as tevore. Voor die aanranding kon sy nog goed sien. Dit was klaarblyklik 'n genadelose en moorddadige aanranding op haar en wie dit ook al uitgevoer het, het ongetwyfeld bedoel om haar dood te maak.

Die oorledene is tromp-op geskiet van agter af. Appellante het die korrektheid erken van die bevindings van dr Mthethwa, distriksgeneesheer op Nongoma, soos vervat in sy verslag, bewysstuk G, oor die lykskouing wat hy op 5 Mei 1987 uitgevoer het op die lyk van oorledene (bewysstuk L paragraaf 5 en bewysstuk N paragraaf 1). Appellante het sy getuienis ook nie betwis nie. Daarvolgens is die oorsaak van dood 'n skietwond aan die regter agterkop, agter die regter oor, wat uitgebreide breinskade tot gevolg gehad het. Dr Mthethwa het drie

14

hael patroon korrels en 'n plastiese pluisie in die oorledene se breinweefsels gevind. Daar was geen haelkorrel merke om die ingangswond of elders aan die liggaam nie. Daar was geen uitgangswond nie. Die geneesheer was van mening dat daar nog haelpatroon korrels in die breinweefsel kon gewees het. Die dood sou onmiddellik na dié verwonding ingetree het. Volgens die onbetwiste getuienis van 'n deskundige op die gebied van die ballistiek wat namens die Staat getuig het, konstabel Kloppers van die SA Polisie, moes die skoot wat die oorledene aldus getref het, afgevuur gewees het met 'n
haelgeweer op 'n afstand van nie meer as 3 meter nie want op 'n groter distansie sou die pluisie nie die skedel binnegedring het nie en sou daar 'n groter verspreiding van haelkorrels gewees het. Om ongeveer 07h00 op 1 Mei 1987 het konstabel N Buthelezi van die KwaZulu Polisie op Nongoma die staanplek deursoek en 'n flou koeël, bewysstuk 3, opgetel op die suidelike deel daarvan, ongeveer 22

15

tree van waar die oorledene geskiet is. Dié koeel is later aan konstabel Kloppers oorhandig en deur hom ondersoek. Hy was van mening dat vanweë die voorkoms daarvan dit uit 'n tuisvervaardigde vuurwapen afgevuur moes gewees het.
Dorcas het voorts getuig dat sy eerste appellant na 30 April 1987 weer gesien het. Dit was op 'n
uitkenningsparade wat deur die SA Polisie gereël was te Westville. Sy het hom daar uitgewys as een van die persone wat haar op 30 April aangevál en aangerand het. Eerste appellant is gearresteer op 25 Junie 1987 naby sy woning by die Adams Sending in die Durban gebied. Tweede appellant is gearresteer op 3 Julie 1987 by die polisiestasie op Isipingo, nadat hy homself daar gaan oorgee het in verband met 'n klagte wat nie met die onderhawige geval verband hou nie. Albei van hulle was gearresteer op klagtes wat nie verband gehou het met die Nongoma voorval nie. (Die getuienis ten aansien van hul

16

arrestasies is gelewer tydens die binneverhore waarna ek later sal verwys.) Dit is dan die onbetwiste getuienis.
Die betwiste getuienis is soos volg. Dorcas het getuig dat eerste appellant een van die persone was wat by Luke se motor op Pongola gestaan het soos reeds beskryf. Dit was die eerste keer wat sy hom gesien het, maar sy het hom daardie dag tweekeer gesien - met die gaan na en terugkeer van die vulstasie. Sy het voorts getuig dat dit ook hy was wat die vuurwapen op haar gerig het by die staanplek op Nongoma en haar toe agterna gesit en aangerand het. Eerste appellant het haar bewerings heftig ontken en het, soos reeds gemeld, beweer dat hy elders was en niks weet van die vodrval op Nongoma nie. Speurder-sersant Michael Mthembu van die Durbanse moord en roof eenheid van die SA Polisie het getuig dat tweede appellant hom op 6 Julie 1987 geneem het na 'n kraal in die Adams Sending gebied. Tweede appellant het aldaar 'n rapport aan hom gemaak as gevolg waarvan hulle na 'n

17

woning in daardie kraal gegaan het, wat ook deur tweede appellant aan hom uitgewys is. In dié se teenwoordigheid het Mthembu aan ene Billy Shozi, wat hulle daar aangetref het, gevra om 'n byl aan hom te oorhandig wat tweede appellant daar sou gelaat het. Shozi het daarop die byl, bewysstuk 4, van onder 'n bed uitgehaal en aan Mthembu gegee. Dit is 'n relatief klein handbyltjie, ongeveer 30 cm lank; die lem is effe stomp, die boonste deel van die steel is chroom-kleurig en die onderste deel is bedek met swart rubber. Shozi was ook 'n staatsgetuie. Hy het getuig dat tweede appellant ongeveer twee weke voordat die byl aan die polisie oorhandig is (dit wil sê op ongeveer 22 Junie) by voormelde woning aangekom het. Dit was die eerste keer dat hy hom gesien het. Shozi en sy neef was tuis. Shozi gaan skool in Soweto en kom net met skoolvakansies huis toe. Hy ken tweede appellant van geen kant af nie en wis nie wat sy naam is nie. Tweede appellant het in sy teenwoordigheid die byl

18

aan Shozi se neef oorhandig en hom gevra om die byl vir hom daar te hou; hy het gesê dat hy op pad was na Umbumbulu en bang was dat hy die polisie op pad soontoe sou teenkom. Hy het bygevoeg dat hy later daardie dag die byl weer sou kom haal. Die neef het die byl gevat en tweede appellant het toe vertrek maar het nie weer die byl kom haal nie. Tweede appellant het op geen stadium in sy getuienis met die byl-insident gehandel nie. Dit is slegs tydens hul onderskeie kruisondervragings aan Mthembu en Shozi gestel dat hy nooit die byl oorhandig het soos deur Shozi beweer nie of dit aan Mthembu gaan uitwys het nie, en dat hy in der waarheid die byl vir die eerste keer in die hof gesien het. Albei getuies het egter voet by stuk gehou.
Dit is gemene saak dat eerste appellant op Dinsdag, 30 Junie 1987, deur onder andere luitenant Loots van voormelde moord en roof afdeling, na die toneel van die misdade by die staanplek op Nongoma geneem is en daar

19

sekere plekke aan hulle uitgewys het terwyl die foto's bewysstukke F1 en F2 daarvan geneem is. Eerste appellant het beweer dat hy deur Loots en Mthembu voorgesê is wat om uit te wys en hoe om te staan terwyl hy dit doen. Hy het ook ontken dat hy toe enige verklarings aan hulle gemaak het. Loots en Mthembu het egter getuig dat hulle onbewus was van die ligging van die toneel, dat eerste appellant hulle soontoe geneem het en vrywilliglik op sy eie die plekke uitgewys het en meegaande verklarings gemaak het, wat alles deur Loots daar en dan genotuleer is.

Dit is ook gemene saak dat die appellante kragtens art 119 van die Wet in die landdroshof op Nongoma verskyn het op die onderhawige klagtes, Eerste appellant het op 30 April 1987 (kort na die gemelde uitwysings) aldus verskyn, en wel as beskuldigde no 2. (Ene Zola Mthethwa, wat oorlede is voor die aanvang van die verhoor, was toe beskuldigde no 1.) Tweede appellant

20

het op 25 Augustus 1987 aldaar verskyn as beskuldigde no
5. (Luke en Nicklas Gazu was toe onderskeidelik beskuldigdes no's 3 en 4). Die oorkonde van die verrigtinge is by dle aanvang van die verhoor deur die Staat ingehandig as bewysstuk C. Daarvolgens het albei appellante onskuldig gepleit en op die onderskeie datums verklarings gemaak in terme van art 115 van die wet. Eerste appellant het tydens sy getuienis op die meriete erken dat hy die verklaring gemaak het soos daar genotuleer, maar het beweer dat hy nie wis of dit die waarheid was of nie, omdat hy uit vrees weens 'n
doodsdreigement deur sersant Mthembu, eenvoudig maar net verklaar het soos dié aan hom voorgesê het, (Hy het nie in sy vroeëre getuienis tydens die reedsgemelde binneverhoor van so 'n dreigement melding gemaak nie en dit is ook nooit namens hom aan Mthembu gestel dat hy so 'n dreigement gemaak het nie. Eerste appellant het egter beweer dat hy sy advokaat wel daarvan vertel het.)

21

Tweede appellant het tydens die binneverhoor, waarmee ek nog gaan handel, in die loop van hoof-ondervraging ontken dat hy die verklaring gemaak soos in bewysstuk C aangeteken. Hy het gesê "No, I did not say that, I know nothing about that statement, I was confused, I know nothing about that". Tydens sy getuienis op die meriete het hy egter erken dat hy inderdaad so verklaar het, maar het beweer dat hy verward was toe hy dit gedoen het. Daar is twee binneverhore gehou, tydens die verhoor. Die eerste was om te bepaal of tweede appellant op 7 Julie 1987 te Durban 'n geskrewe bekentenis gemaak het aan landdros F M Vorster, en indien wel, of hy dit gedoen het onder omstandighede wat voldoen aan die vereistes van art 217 (1) van die Wet. Tweede appellánt het beweer dat hy na sy arrestasie onderwerp was aan volgehoue aanrandings deur 'n aansienlke aantal polisiemanne maar dat hy nooit enige verklaring aan die gemelde landdros of aan enigiemand anders gemaak het nie, behalwe toe hy aan die

22

polisie gesê het dat hulle kan skryf wat hulle wil maar dat hy nie bereid is om enige verklaring af te lê nie. Hy het erken dat dit sy handtekening is wat op die betrokke dokument (bewysstuk J) verskyn, maar het gesê dat hy dié dokument nie onderteken het nie en dit vir die eerste keer sien nou dat dit aan hom getoon is. Hy het ook beweer dat hy na die aanrandings verplig is deur die polisie om "dokumente" te onderteken waarvan hy die inhoud nie verstaan het nie. (Tydens sy getuienis op die meriete het hy steeds volgehou met sy ontkenning dat hy die verklaring, bewysstuk J, gemaak het.) Die tweede binneverhoor was gehou om te bepaal of eerste appellant die gemelde uitwysings vrywilligiik en uit eie beweging gemaak het en inderdaad daartydens enige verklarings aan luitenant Loots gemaak het en ihdien wel of hulle voldoen het aan die wetlike vereistes vir toelaatbaarheid. Die verhoorhof het bevind dat tweede appellant inderdaad die genoemde bekentenis aan die landdros gemaak het en dat

23

dit toelaatbaar is. Die hof het eweneens bevind dat eerste appellant die voormelde uitwysings vrywilliglik en uit eie beweging gemaak het, dat hy inderdaad die daarmee gepaardgaande verklarings aan luitenant Loots gemaak het en dat hulle toelaatbaar is. Tweede appellant se bekentenis en luitenant Loots se nota's waarin die verklarings van eerste appellant aangeteken is, is daarna ingehandig as bewysstukke J en K onderskeidelik. Die hof het in die uitspraak op die meriete appellante se getuienis aangaande die verklarings vervat in bewysstuk C verwerp. Dié bevindings (ten aansien van bewysstukke C, J en K) is nie voor ons namens appellante aangeveg nie. Mnr Fuller, wat weer eens namens albei appellante opgetree het, het ten aansién van die bekentenis, bewysstuk J, slegs betoog dat dit nie bewys is dat dit tweede appellant was wat die bëkentenis afgelê het nie. Dié betoog berus op die feit dat nog die landdros nòg die tolk wat hom bygestaan het, tweede appellant kon uitken

24

as die persoon wat die bekentenis gemaak het. Die landdros en tolk het albei egter getuig dat die persoon wat die bekentenis, bewysstuk J, gemaak het, sy naam aan hulle verstrek het en die dokument onderteken het. Tweede appellant het, soos reeds vermeld, erken dat dit inderdaad sy naam en handtekening is wat op bewysstuk J voorkom. Die betrokke polisiegetuie, speurder-konstabel Chonco, het ook getuig dat hy vir tweede appellant op daardie dag na. en van die landdroshof geneem het en bewysstuk J daar saam met tweede appellant ontvang het vir terugneem na die polisiestasie. Die verhoorhof het bevind dat dit bo redelike twyfel bewys is dat tweede appelant die persoon is wat die gemelde bekentenis afgelê het wat in bewysstuk J vervat is. Daardie bevinding is na my oordeel klaarblyklik korrek. Mnr Fuller het, soos reeds genoem, nie die toelaatbaarheid van die verklarings en 'uitwysing soos vervat in bewysstukke C, J en K aangeveg nie. Hy het trouens vir doeleindes van sy

25

beboog staatgemaak op die onderlinge verskille tussen die
verskeie verklarings van elke appellant. Dié verklarings

sal nou in kronologiese volgorde uiteengesit word.
Voordat eerste appellant op 30 April 1987 die uitwysings
gaan doen het soos voornoemd, is hy op die vereiste wyse
deur luitenant Loots gewaarsku. Daarop het hy soos volg

geantwoord:

"I understand. I want to point out where a person was shot. I dont know the deceased. It was myself, Zola and Zukusa. Both Zola and Zukusa fired one shot each."

Die daaropvolgende verloop van die uitwysings, en die

daarmee gepaardgaande verklarings, is soos volg deur

luitenant Loots opgeteken in bewysstuk K:

"TIME: 13h01. Depart from Nongoma Police Station. Km reading 134817. Suspect instructs me to drive down the main road towards the shopping centre. At the taxi rank suspect instructs me to park my vehicle on a certain spot. He informs me that the deceased's vehicle was parked on the same spot when he was shot. He also points out a spot next to a building (stalls) and informs me that this the spot is where they (suspect, Zola and Zukuza)

26

stood when the shots were fired. Two photographs taken. (One where the vehicle was parked and one where they stood at the time of the shooting. Km reading 134818. Time 1h09."

Sersant Mthembu het as tolk opgetree. Hy was 'n lid van
die ondersoekspan. Die verklaring wat eerste appellant
daarna gemaak het tydens die voormelde art 119
verrigtinge te Nongoma, ook op 30 Junie 1987, is in die
volgende terme:

"I was in the vehicle with accused No 1 seated at the back seat.. I saw Zukuza Khuzwayo producing a fire-arm and fired a shot. Thereafter I saw a person falling down. I did not know that person. I heard a second shot. Thereafter I did not see anything except that we ran away. We were travelling on foot. We ran and got into a bush. I ran with accused No 1 and we found Cleopas Shangase and Zukuza Khuzwayo in front. We found them in the bush. We came to Nongoma in a Kombi with a Nongoma registration. Zukuza Khuzwayo and Cleopas Shangase were known to me. I ran away because I became scared when a shot was fired. The Kombi left us at Nongoma Village. It was driven by one Malinga."

Die bekentenis, bewysstuk J, wat tweede appellant gemaak

het op 9 Julie 1989 soos voormeld, lui soos volg:

27

"Daar is 'n voorval wat te Nongoma plaasgevind het.
Daar is 'n persoon met die naam Malinga in Nongoma. Malinga het beweer dat daar sekere persone wat hom gepla het, is te Nongoma. Toe Malinga dit sê was hy te Isipingo. Malinga het Sibusiso en my gevra om in die motor te klim en Zola ook. Hy het die motor bestuur na die plek waar ons bly. Ply wou gehad het dat 2 persone doodgemaak moes word. Malinga het ons gevra om wapens te neem. Ons het dit toe geneem. Sibusiso het 'n byl geneem, Zola het 'n vuurwapen geneem. Ek het ook 'n Zoeloe vuurwapen (tuisgemaak) geneem. Ons het toe gery in Malinga se voertuig na Nongoma toe. Ons het toe daar gearriveer. Dit was al skemer toe ons by Nongoma kom. Ons het daar geslaap. Die volgende dag het Malinga ons die persone uitgewys. Ons het sommer daar gebly want dit was gedurende die dag. Die persone het weggeloop. Om 5.30 het hierdie pêrsone teruggekom. Ons het toe na hulle gegaan. Sibusiso het 'n meisie met 'n byl doodgemaak. Zola het 'n manspersoon geskiet. Ek het ook afgevuur maar die koeël het nie die persoon getref nie maar dit is by hom verby. Malinga het Zola 'n Valiant motorvoertuig geleen en hom ook 'n duisend rand gegee. Die geld is tussen die drie van ons verdeel - elk het R300 gekry. Dit is al."

Die verklaring wat tweede appellant te Nongoma gemaak het

op 25 Augustus 1987, tydens die voormelde art 119

28

verrrigtinge, lui so:

"I saw accused shooting a person. I did'nt know whether he had quarrel. I did'nt commit the offence."

Toe die appellante op 9 Oktober 1 987 weer in voormeide

landdroshof verskyn om in 'n voortsetting van die art 119
verrigtinge weer te pleit op die finale klagstaat wat
aldaar teen hulle ingedien is, het albei weereens
onskuldig gepleit en verklarings gemaak ingevolge art 115

van die Wet. Eerste appellant het toe soos vo.lg
verklaar, "I know nothing about this case" en tweede
appellant so: "I dont know this offence and I plead not
guilty to it." By die aanvang van die verhoor in die hof
a quo het die appellante weer verklarings gemaak

ingevolge art 115. (Hulle is onderskeidelik bewysstukke
A en B.) Dié van eerste appellant lui so (bewysstuk A):

"1. I know nothing about the commission of these offences.

2. I have no independent recollection of the day

29

30 April 1987 and cannot recall what I did on that day. All I know is that I was arrested on 26 June 1987 and had never been to Nongoma prior to the occasion when I was taken there by the police to appear in Court."

Die relevante gedeelte van die verklaring wat tweede

appellant toe gemaak het lees soos volg (bewysstuk B):

"2. I plead not guilty to both counts against me on the following basis.
3. I know nothing about the commission of either crimes neither was I present when they were committed.
4. To the best of my knowledge I was either at my home at Nkonka area or at my place of employment at Isipingo Hyperama where I worked irregular hours as a casual labourer."

Toe hy op die meriete getuig het, het eerste appellant

volgehou dat hy geen uitwysings aan luitenant Loots

gedoen het nie en niks aan hom gesê het nie, omdat hy nie

gevra was om enigiets te doen nie.

Volgens hul getuienis tydens die tweede

binneverhoor het die SA Polisie op die volgende wyse vir

30

die appellante met die voorval op Nongoma verbind. Op Saterdag, 27 Junie 1987 het eerste appellant sekere uitwysings gaan maak aan luitenant Loots en sersant Mthembu op Umlazi in verband met 'n ander saak. Op pad terug na Durban het hy vrywilliglik, uit sy eie, en as't ware uit die bloute, aan sersant Mthembu gesê dat daar ook plekke op Nongoma is wat hy aan die polisie wil gaan uitwys. Die voormelde afdeling van die SA Polisie te Durban was op daardie tydstip nog onbewus van die voorval op Nongoma. Nadat luitenant Loots die saak met sy takbevelvoerder bespreek het, is op Maandag 29 Junie besluit om eerste appellant na Nongoma te neem. Toe hulle op die Dinsdag in Nongoma aangekom het, is luitenant Loots en die ander lede van die polisie wat hom, Mthembu en eerste appellant soontoe vergesel het, eers na die plaaslike polisiestasie om vas te stel of daar werklik 'n saak by hulle aangegee was oor 'n voorval aldaar en indien wel, wie die ondersoekbeampte is. Hulle had

31

net eerste appellant se woord dat daar wel so 'n voorvai was en hulle wou vasstel of hy die waarheid praat. Dit was toe vasgestel dat daar inderdaad so 'n voorval was. Luitenant Msinga van die KwaZulu Polisie was die betrokke ondersoekbeampte. Hy is toe na die polisiestasie ontbied. Appellant het tydens gemelde binneverhoor ontken dat hy ooit enigsins aangebied het om uitwysings op Nongoma te gaan doen en het beweer dat hy herhaaldelik deur die polisie aangerand en gefolter is. Hulle wou hê dat hy "die waarheid" moes praat. Hy het egter geweier om enige verklaring te maak. Later, tydens sy getuienis op die meriete, het hy egter beweer, soos reeds gemeld, dat hy uit vrees weens die doodsdreigement deur sersant Mthembu, die verklaring vervat in bewysstuk C in die art 119 verrigtinge gemaak het. Voor enige van die binne verhore het luitenant Masinga op die meriete soos volg getúig. Hy is op 30 April 1987 na die polislestasie op Nongoma ontbied en het Loots hulle daar gevind. Hy het

32

nie geweet dat eerste appellant by die genoemde voorval betrokke was nie, en was verras om hom en lede van die Durbanse Polisie daar te vind. Luitenant Masinga het 'n

plan, bewysstuk D, van die staanplek en sakekompleks ingehandig, asook 'n sleutel tot die plan, bewysstuk E. Dit toon aan waar die Mazda en die tweede voertuig parkeer was en sekere van die staatsgetuies gestaan het ten tyde van die skietery en waar Dorcas aangerand was. Die plan is egter nie volgens skaal geteken nie, en is in sekere opsigte verwarrend. Dit is nie nodig om verder daaroor uit te wei nie. Op die dag van sy arrestasie, 3 Julie 1987, het die polisie vir tweede appellant en Zola Mthethwa, wat toe reeds aangehou was, bymekaar gebring. Zolá het hom toe verbind met die Nongoma voorval.

Eerste appellant het op die meriete getuig dat hy nooit voor 30 Junie 1987 op Nongoma was nie, dat hy nog nooit op Pongola was nie, maar dat hy nie kan onthou waar hy op 30 April 1987 was nie, of wat hy daardie dag

33

gedoen het nie. Destyds het hy 5 dae per week los werk op Amanzimtoti verrig. Hy was egter nie in registreerde diens nie. Hy het bygevoeg dat hy nooit van sy werk afwesig was nie en dat hy derhalwe op 30 April 1987 by die werk was. Hy het verduidelik dat hy die vraag misverstaan het toe hy gesê het dat hy nie kan onthou wat hy op daardie dag gedoen het nie. Later het hy egter gesê dat hy onseker is of hy toe inderdaad gewerk het. Hy het in sy vroeëre bewerings oor aanranding herhaal en ook sy ontkenning dat hy op Nongoma enigiets deur luitenant Loots gevra is, of enigiets aan hom gesê of uitgewys het. Hy het ook sy bewering herhaal dat sersant Mthembu hom gesê het wat om aan die landdros op Nongoma te sê, maar het bygevoeg dat Mthembu aan hom gesê het om die waarheid te praat.

In sy getuienis op die meriete het tweede appellant beweer dat hy op die dag van die beweerde voorval loswerk verrig het "by die Hiperama" (op

34

Isipingo). Hy kon die verskil tussen dié bewering en paragraaf 4 van sy art 115 verklaring, bewysstuk B, nie verduidelik nie. Hy het herhaal dat hy niks weet van 'n verklaring aan 'n landdros nie. Wat sy verklaring in die notule van die art 119 verrigtinge, bewysstuk C, betref het hy weer erken dat hy dit gemaak het, maar het verduidelik dat hy "Zola (Mthethwa) so hoor sê het aan die speurders" en het herhaal dat hy verward was toe hy die verklaring gemaak het. Dit is nie nodig om die getuienis van die appellante enigsins verder uiteen te sit of ontleed nie. Ek wil net daarop wys dat die assessore teenwoordig was tydens albei binneverhore. Die verhoorhof het gevolglik al die getuienis aangehoor.

Soos reeds vroeer in hierdie uitspraak aangedui, het die hof die staatsgetuienis tydens die binneverhore gelewer, aanvaar en dié van die appellante verwerp. Oor die getuienis as geheel het die hof die volgende bevind:

35

"In the judgments at the end of the two trials within a trial, we made credibility findings in relation to all the witnesses who testified in them. As far as the remaining State witnesses are concerned, they all appear to us to he honest witnesses and we have no reason to doubt their reliability. Dorcas, in particular, made a very favourable impression on us. She appeared to us to be an intelligent and level-headed person and gave an honest an unbiased account of the events in guestion. As far as the accused are concerned, the quality of their evidence and the general impression they made upon us as recorded in our previous judgments, did not improve when they gave evidence at the conclusion of the trial. Putting it euphemistlcally, they did not make a favourable impression on us.
Weighing all the evidence before us we have no doubt but that the evidence of both accused is false, beyond any reasonable doubt wherever it conflicts with the State's evidence."

Daar is verskille tussen die weergawes van

Dorcas en Moni Gazu en tussen sekere van haar beskrywings
van distansies en posisies en dié wat later deur haar
uitgewys en aangetoon is op die plan, bewysstuk D. Dit

is ook so dat Dorcas nie in haar polisieverklaring gesê
het dat eerste appellant 'n vuurwapen op haar gerig het

36

nie. Toe haar verklaring tydens kruisondervraging aan haar voorgelees is, het sy egter self op daardie weglating gewys en het sy ter verduideliking bygevoeg "but I must have told the police". Daar is sekere ander onderlinge verskiile tussen die weergawes van sekere van die staatsgetuies, en ook tussen die verskillende verklarings wat elk van die appellante gemaak het. Mnr Fuller het na al hierdie aspekte tydens sy betoog verwys maar het tereg. toegegee dat die hof geen wanvoorligting ten aansien van die getuienis begaan het nie. Hy het slegs betoog dat die hof se evaluering van die getuienis foutief was. Dit is lank reeds gevestigde reg dat indien daar geen wanvoorligting op die feite is nie die vermoede bestaan dat die verhoorhof se evaluering van die getuienis aangaande die feite korrek is, en dat 'n hof van appél alleenlik daarmee sal inmeng indien dit oortuig is dat' daardie evaluasie verkeerd is. REX v DHLUMAYO AND ANOTHER 1948 (2) SA 677 (A) op 706 par 8. Ek is nie

37

oortuig dat die verhoorhof se evaluering van die getuienis verkeerd is nie. Ek is inteendeel tevrede dat dit korrek is. Dorcas was slegs ongeveer 4 tree van eerste appellant af toe sy omgedraai en hom gewaar het. Hulle was toe aangesig tot aangesig. Die "prentjie" wat sy toe gesien het moes ongetwyfeld onder die omstandighede in haar bewussyn en geheue ingebrand gewees het. Daarna was sy en eerste appellant handgemeen en derhalwe nog nader aan mekaar. Sy het hom reeds twee keer tevore gesien, op Pongola by Luke. Weens hul kwade verhouding en Luke se dreigement, sou haar aandag toe pertinent op hom en die persone by hom toegespits gewees het, en sou sy hulle voorkoms baie beter kon onthou het as wat gewoonlik die geval met so 'n soort ontmoeting sou gewees het. Dat haar identifikasie van eerste appellant betroubaar is, blyk uit die feit dat sy hom daarna op 'n uitkenningsparade uitgeken het. Alle redelike twyfel daaromtrent is uit die weg geruim deur sy verklarings en

38

uitwysings aan iuitenant Loots en sy verklaring tydens die art 119 verrigtinge in die landdroshof op 30 Junie 1987, soos opgeteken in bewysstuk C. Alhoewel dié verklarings met 'n blykbaar verontskuldigende opset gemaak is, plaas eerste appellant hom daardeur op die toneel as deel van die bende wat oorledene doodgeskiet het. Dit pas in by Dorcas se getuienis oor sy optrede. Die afwesigheid uit haar polisieverklaring van die bewering dat eerste appellant 'n vuurwapen op haar gerig het, is nie 'n bewys dat haar getuienis daaromtrent onwaar is nie. Haar reaksie toe sy dit agter gekom het dui op die teendeel. Polisieverklarings is dikwels onvolledig, soms selfs ten aansien van belangrike feite. Die omstandighede waaronder en die besondere persoon aan wie so 'n verklaring gemaak was, is dikwels vir die onvolledigheid van sulke verklarings verantwoordelik. Dié aspekte was nie ondersoek nie. In sy bekentenis, bewysstuk J, plaas tweede appellant homself op die toneel

39

van die misdaad as 'n aktiewe lid van die moordbende wat die oorledene vir vergoeding doodgeskiet het en gepoog het om Dorcas te vermoor. Dat die inhoud van bewysstuk J die waarheid is blyk uit die feit dat die flou koeël wat op die toneel opgetel is uit 'n tuisgemaakte vuurwapen afgevuur is. Die "Zoeloe vuurwapen" waarvan tweede appellant melding maak, is, soos in bewysstuk J self gemeld, 'n tuisgemaakte wapen. Ander indikasies van waarheid is (i) die aard van die aanranding op Dorcas soos deur tweede appellant beskryf, wat gestaaf is deur Dorcas se weergawe en die mediese getuienis; (ii) dat twee skote inderdaad volgens Dorcas en Moni Gazu afgevuur is en (iii) dat die tweede skoot volgens Dorcas mis was. Die latere ommeswaai deur albei appellante van erkennings en selfs bekentenisse af na algehele ontkennings wat in hul getuienis met klaarblyklike leuens gepaard gegaan het, dui op 'n betekenisvolle verandering van houdings, wat nie met onskuld strook nie, en in werklikheid die

40

teenoorgestelde aandui. Volgens Dorcas se getuienis was eerste appellant minstens net so 'n aktiewe lid van die moordbende as wat tweede appellant erken het dat hy self was. Dit is duidelik dat die oorledene, Dorcas en hul geselskap so behendig bekruip is dat geen een van hulle enigiets agtergekom het nie totdat die moordenaars so naby aan hulle was dat hulle die oorledene tromp-op kon doodskiet. Al het nie een van die appellante oorledene self geskiet nie, het albei nogtans aktief aan die beoogde doodmaakproses deelgeneem. Eerste appellant het nadat die oorledene reeds platgetrek was voortgegaan met die poging om Dorcas ook te vermoor. Tweede appellant het met 'n klaarblyklik moorddadige bedoeling die skoot met sy tuisgemaakte vuurwapen afgeskiet. Hy het bedoel om daarmee sy teiken te tref. Dit blyk duidelik uit die beskrywing daarvan in bewysstuk J. Elkeen erken ook op sy eie dat hulle deur Luke na Nongoma gebring is. Daar is weliswaar 'n potensiële gevaar van verdraaiing van

41

feite of van dwang ens, verskuil in die deelname van 'n
lid van die ondersoekspan aan uitwysings en verklarings deur 'n beskuldigde (S v KHOZA EN 'n ANDER 1984 (1) SA 75 (A) en S v MBATHA 1987 (2) 272 (A)), maar die verhoorhof was bewus daarvan en het dit in ag geneem by die evaluering van die getuienis. Die moontlikheid dat daar in die geval van sersant Mthembu werklik s6 'n gevaar bestaan het, is na my oordeel in elk geval effektief uitgeskakel deur die voormelde wyse waarop die Durbanse polisie van die voorval op Nongoma te hore gekom het, die feit dat eerste appellant se uitwysings en daarmee gepaardgaande verklarings in wese ooreenstem met Dorcas se beskrywing, en ook deur sy leuenagtigheid. Appellante en die ander lede van die bende het bo alle redelike twyfel opgetree met die gemeenskaplike opset om die oorledene en Dorcas te vermoor. Na my mening was appellante tereg op albei aanklagte skuldig bevind.

Wat die doodvonnisse aan appellante opgelê
42

betref, geld die volgende. Die verhoor is afgehandel en die doodvonnisse opgelê in wat nou die "ou bedeling" van bestraffing met die dood vir moord genoem kan word. Daardie bedeling het tot 'n einde geloop op 27 Julie 1990 toe die bepalings van die Strafproseswet, no 51 van 1977, rakende die oplegging van die doodvonnis ingrypend gewysig is deur die Strafregwysigingswet, no 107 van 1990. Daardeur is die verpligte doodstraf vir moord afgeskaf en die begrip "versagtende omstandighede" met die daarmee gepaardgaande leerstukke, uit ons Strafprosesreg verwyder. Die inslag van daardie wysigings is reeds breedvoerig uiteengesit, oorweeg en ontleed in 'n reeks onlangse beslissings van hierdie Hof, soos byvoorbeeld: OBED MASINA AND TWO OTHERS v THE STATE (13 September 1990); ABEL SENONOHI TEEN DIE STAAT (17 September 1990); JOHN MEMFU NKWANYANA AND TWO OTHERS v THE STATE (18 September 1990); PAUL BEZUIDENHOUT TEEN DIE STAAT (12 September 1990); en ROBERT MDAU TEEN DIE

43

STAAT (28 September 1990). Dit is nie nodig om daardie beslissings almal afsonderlik te behandel nie. Opsommenderwys is die uitwerking van die "nuwe bedeling" soos in hulle ontleed en uiteengesit, onder meer die volgende:

(1)die oorwegings wat geld by die besluit of die doodvonnis opgelê moet word al dan nie is nou basies dieselfde by alle halsmisdade;
(2)die doodvonnis word slegs vir moord opgelê aan 'n beskuldigde wat daarmee strafbaar is as die verhoorregter, met inagneming van die bevindings van die verhoorhof betreffende die aan- of afwesigheid van strafversagtende en -verswarende faktore, oortuig is dat die doodvonnis die gepaste straf is;
(3)'n appèl soos die onderhawige word voortgesit en afgehandel asof die wysigings reeds van krag was tydens die verrigtinge in die verhoorhof;

(4) (a) hierdie Hof kan met 'n doodvonnis inmeng

44

nieteenstaande die afwesigheid van wanvoorligtings of
onreëlmatighede by die oplegging daarvan indien hierdie
Hof van oordeel is dat hy self nie die doodvonnis sou
opgelê het nie;

(b) in so 'n geval kan die doodvonnis tersyde gestel word
en kan hierdie Hof dan die straf oplê wat na sy oordeel
gepas is.

Vir sover dit hierdie Hof aangaan is dle effek

van die nuwe bedeling soos volg saamgevat deur E M

GROSSKOPF AR op bl 15 van sy uitspraak in die SENONOHI-

saak, supra:

"By 'n appèl teen 'n doodvonnis oefen die Appèlhof dus nou 'n onafhanklike diskresie uit. Hy moet self oordeel of, met inagneming van die strafversagtende en -verswarende faktore wat uit die oorkonde blyk, die doodvonnis 'die gepaste vonnis' ingevolge die nuwe artikel 277(2)(b) is. Deur die invoeging van artikel 322(2A) het die Wetgewer dus afgewyk van die beginsel wat tot dusver in appelle teen vonnis gegeld het, naamlik dat die hof van appèl slegs kan ingryp as die verhoorhof nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen het nie. Tans kan hierdie hof 'n doodvonnis ter syde stel selfs waar die

45

verhoorhof se diskresie-uitoefening onbesproke is, en bloot op grond daarvan dat hierdie hof 'n ander mening huldig oor die gepastheid van die doodvonnis."

In die PAUL BEZUIDENHOUT-saak, supra, het HOEXTER AR die

volgende daarby gevoeg (op bl 15):

"Hieruit volg dat ... dit vir hierdie hof onnodig is om oor die korrektheid al dan nie van die verhoorhof se bevinding in verband met die afwesigheid van versagtende omstandighede te beslis. Oor die vraag of die doodvonnis 'n gepaste straf vir die appellant sou wees, moet hierdie hof sy eie diskresie laat geld."

Hierdie Hof het voorts in bogemelde reeks sake

onder andere beslis:

(a)dat die frase "strafversagtende faktore" 'n ruimer begrip behels as die uitdrukking "versagtende omstandighede" wat in die ou bedeling gegeld het;
(b)dat by die oorweging of 'n doodvonnis "die gepaste straf" is, die algemene riglyn is dat "die wetgewer beoog het dat die doodstraf voortaan net in gevalle van uitsonderlike erns opgelê sou word" (per E M GROSSKOPF AR

46
in SENONOHI, supra, op bl 19), of, anders gestel dat "the imposition of the death sentence will be confined to exceptionally serious cases where (in the words of NICHOLAS AJA in S v J 1989 (1) SA 669 (A) at 682D, albeit in a different context) 'it is imperatively called for'" (per NESTADT AR in NKWANYANA, supra, op bl 32);
(c) dat strafversagtende en -verswarende faktore nie
opsigself die beslissende oorwegings is nie, in die sin
dat die afwesigheid van strafversagtende faktore tot
gevolg sal hê dat die doodvonnis die gepaste straf is, of
dat die aanwesigheid van strafverswarende faktore
noodwendig dieselfde gevolg sal hê;

(d) dat indien daar beide strafversagtende sowel as -
verswarende faktore aanwesig is, moet hul onderskeie
inwerkings op die strafwaardigheid van die besondere
oortreder deeglik teen mekaar opgeweeg word om daardeur
te besluit of bestraffing met die dood die gepaste vonnis
is. (In hierdie proses moet die hoof doelstellings van

47

bestraffing, te wete, afskrikking, voorkoming, hervorming

(rehabilitering) en vergelding, steeds voor oë gehou
word);

(e) dat die uitdrukking "die gepaste straf" uitgelê moet
word as betekenende "die enigste gepaste straf".

By die oorwegíng van die vraag of die

doodvonnis in die onderhawige geval "die enigste gepaste
bestraffing" vir die appellante se misdaad is moet die
welbekende triade by strafbepaling ook nog steeds in ag
geneem word, te wete,

(i) die misdadiger as persoon;

(ii) die aard van sy misdaad en die wyse waarop hy dit

gepleeg het; en

(iii) die belange van die gemeenskap wat deur die

vergryp geraak word.

Die gepastheid van die doodvonnisse aan die

appellante opgelê moet nou oorweeg word. Die persoonlike

omstandighede van appellante is soos volg. Albei is

48

eerste oortreders. Eerste appellant was destyds 24 jaar oud en ongetroud, maar was aan die betaal van "lobola" om hom in staat te stel om met die vrou te trou met wie hy voor sy arrestasie saam geleef het en by wie hy vier kinders het wie se ouderdomme wissel van 3 to 7 jaar. Hy was in diens soos reeds vermeld, teen 'n salaris van R250,00 per maand, maar het slegs tot "klas 1" op skool gevorder. Tweede appellant was destyds 25 jaar oud en het slegs tot "klas 2" op skool gevorder. Hy was, soos ook reeds gemeld, in diens by die Hiperama op Isipingo, waar hy gewerk het vir ongeveer 6 maande voor 30 April 1987. Hy was destyds verloof en het 5 kinders onderhou, wie se ouderdomme gewissel het van 2 to 7 jaar. Hulle is blykbaar sy kinders by sy verloofde.

Beide appellante is weens die feite dat huile eerste oortreders is en nog redelik jonk is, waarskynlik rehablliteerbaar. Dit is strafversagtende faktore; so ook die feit dat albei gewerk het en hul verdienste

49

waarskynlik gebruik het om hul families te onderhou.

Die moord deur appellante gepleeg is egter uiteraard ernstig en gevolglik 'n strasfverswarende faktor. Die motief waarmee en wyse waarop hulle dit gepleeg het, is na my oordeel, verder ernstig strafverswarend. Hulle was albei lede van 'n sluipmoordenaars-bende. Dit blyk duidelik uit die wyse waarop hulle en hul deelgenote vir oorledene met voorbedagte rade van agter af besluip het en doodgeskiet het. Dat die moord wat hulle op die oorledene gepleeg het dié soort was wat in die volksmond 'n "kontrakmoord" heet, is ewe duidelik. Hulle was albei, uit eie erkenning, voor die moord in noue kontak met Luke, die persoon wat 'n moorddadige wraak teen die oorledene en Dorcas gekoester het en openlik gedreig het om dit ten uitvoer te bring. Hulle het trouens elkeen afsonderlik erken dat hulle in Luke se voertuig na Nongoma geneem is - (eerste appellant in bewysstuk C en tweede appellant in

50

bewysstuk J). Tweede appellant het trouens in bewysstuk J erken dat hy en andere met Luke ooreengekom het om twee persone (klaarblyklik die oorledene en Dorcas) teen vergoeding te vermoor, en dat hy R300,00 ontvang het as sy deel van die vergoeding vir die moord. In sy geval was d.it gevolglik 'n kontrakmoord teen vergoeding. Wat eerste appellant betref is daar weliswaar, soos mnr Fuller betoog het, geen direkte bewys dat hy met Luke ooreengekom het om die oorledene en Dorcas te vermoor nie, of alternatiewelik, dat hy dit teen vergoedlng gedoen het nie. Eerste appellant se verbintenis met Luke aan die een kant en die moord op oorledene en poging om Dorcas te vermoor, aan die anderkant, was egter klaarblyklik nie toevallig nie. Hy was by gewees toe Luke op Pongola sy wraakdreigement teenoor Dorcas en die oorledene geuiter het. Eerste appellant het hulle van geen kant af geken nie. Daar was geen onskuldige rede vir hom om op 30 April 1987 in Nongoma te wees nie, en hy

51

had geen persoonlike rede om hulle enige leed aan te doen

nie. Hy was egter kort voor die moord in noue aanraking

met die persoon wat hulle wel ernstige leed wou aandoen.
En dié persoon het hom na Nongoma geneem. Die wyse
waarop hy deelgeneem het in die aanval op Dorcas is
sprekende bewys dat iets hom beweeg het om haar en die

oorledene te wou uitwis. Die enigste redelike

moontlikheid is dat hy daartoe beweeg is deur 'n

ooreenkoms tot dien effekte met Luke. Dit is nie vir

hierdie Hof om te spekuleer oor ander moontlike redes vir

sy optrede nie. Daar was geen suggestie dat daar 'n ander

rede daarvoor was nie en geen sodanige rede is enigsins

waarneembaar uit die bewese feite nie. Vgl S v GLEGG

1979 (1) SA 34 (A) op 38H-39A. Dit is gevolglik na my

oordeel bo redelike twyfel bewys dat eerste appellant aan

die moord op die oorledene deelgeneem het en gepoog het

om Dorcas te vermoor omdat hy 'n ooreenkoms met Luke gehad

het om dit namens hom te doen. Daar was geen ander rede

52

vir hom om dit te doen nie. Dit is waarskynlik dat dit 'n
bepaling van die ooreenkoms was dat hy vir die moorde vergoed sou word. Maar bewys op 'n oorwig van waarskynlikhede is nie genoeg nie. Vir doeleindes van hierdie uitspraak moet dit derhalwe aanvaar word dat hy met Luke ooreengekom het om die moorde gratis ten behoewe van hom te pleeg.
'n Kontrak-sluipmoord is 'n verfoeilike vergryp wat mense van vroegtyd af al met afgryse vervul. Dit is ook 'n soort misdaad wat dodelike gevaar inhou vir enige menslike gemeenskap. Dit is trouens die soort gruweldaad wat 'n besonder sombere betekenis gee aan die eeue-oue uitdrukking homo homini lupus. Die hedendaagse Suid-Afrikaanse gemeenskap word ernstig deur sulke gedrag bedreig, en durf. dit nie duld nie. Dit is 'n ope vraag wat moreel gesproke die afkeuringswaardigste is - 'n

kontrakmoord teen vergoeding of 'n gratis kontrakmoord waarvoor daar geen ander rede is as bloot net die

53

ooreenkoms nie. In die eersgenoemde geval is die
beweegrede 'n weersinwekkende geldgierigheid, en in laasgenoemde 'n weersinwekkende gevoelloosheid of selfs wreedheid.

Die onderhawige moord is na my oordeel in die

geval van albei appellante derhalwe een van uitsonderlike erns, en is die oorweging van die openbare belang
beslissend. Die strafverswarende faktore oortref in
hierdie geval ten aansien van beide appellante die

strafversagtendes tot so 'n mate dat die doodvonnis vir
die moord op die oorledene die enigste gepaste straf is

vir elkeen van hulle.

Die poging om Dorcas te vermoor, die wreedheid

en volharding waarmee dit gepaard gegaan het, en die

bedreiging wat dit inhou vir die openbare belang weens

die feit dat dit onlosmaaklik gekoppel is aan die moord

op die oorledene, verleen aan dit 'n besondere graad van

erns wat gedugte bestraffing verg in die vorm van 'n lanqg

54

termyn van gevangenisstraf. Daar is na my mening geen rede om met die vonnisse ten aansien van die tweede aanklag aan die appellante opgelê in te meng nie.
Die appèlle van albei appellante teen hul skuldigbevindings en vonnisse word van die hand gewys.

M T STEYN AR STEM SAAM:

HOEXTER AR) EKSTEEN AR)