South Africa: Supreme Court of Appeal
You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1990 >> [1990] ZASCA 123 | Noteup | LawCiteS v Nango (245/89) [1990] ZASCA 123 (28 September 1990)
Download original files |
245/89
N v 'n
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JULIUS NANGO en DTE STAAT
SMALBERGER, AR :-
245/89
N V H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
JULIUS NANGO Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
CORAM: SMALBERGER, STEYN, et
GROSSKOPF, F H, ARR"
VERHOORDATUM: 13 September 1990
LEWERINGSDATUM: 28 September 1990
UITSPRAAK SMALBERGER, AR :-
Die appellant het voor die streekhof in
Johannesburg
tereggestaan op 'n aanklag van poging tot
moord. Hy het aanvanklik sy eie
verdediging
waargeneem. Gedurende die loop van die verhoor het
hy egter
regsverteenwoordiging bekom. Van die
.....,2
2
getuies wat voor daardie tydstip getuig het, is herroep vir verdere
kruisondervraging. Na afloop van die verhoor is die appellant
skuldig bevind. Hy
is gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar voorwaardelik
opgeskort is. Hy het na die Transvaalse
Provinsiale Afdeling appèl
aangeteken. Die appèl, wat alleenlik teen sy skuldigbevinding gerig was,
is van die hand
gewys. Die appellant kom nou in hoër beroep met verlof van
die hof a quo.
Die voorval wat tot die appellant se skuldigbevinding
aanleiding gegee het, het op die laat namiddag van 22 April 1987 by Cosatu-huis
in Johannesburg plaasgevind. Breedvoerige getuienis is deur die Staat
voorgelê met betrekking tot die gebeure van daardie namiddag
wat die
pleging van die beweerde misdaad voorafgegaan en gevolg het. Dit is egter nie
nodig, vir die doeleindes van hierdie uitspraak,
/3
3
om op al die besonderhede daarvan in te gaan nie. Opsommenderwys was die tersaaklike voorafgaande gebeure
' die volgende. Op die betrokke namiddag was daar 'n
groot saamtrek van mense by Cosatu-huis. Vroeër die dag het 'n aantal swartmans na bewering 'n polisie-patrollie by die Doornfontein spoorwegstasie aangeval. Van hulle het daarna in Cosatu-huis gaan skuiling soek. Die polisie het blykbaar ook oor inligting beskik dat daar vermeende "terroriste" in die gebou verskuil mag wees. Die gebied om Cosatu-huis is afgekordon. Die mense in Cosatu-huis wat by die beweerde aanval op die polisie betrokke was, is deur middel van 'n luidspreker
'beveel om die gebou te verlaat. Die bevel het geen reaksie uitgelok nie. Lede van die polisie se spesiale taakmag is toe opdrag gegee om die gebou binne te gaan om dit te "beveilig". Onder hulle geledere was adjudant-offisier Cronje, sersant
/4
4
Welgemoed en konstabel Blacquire. Laasgenoemde drie
persone, wat met vuurwapens gewapen was, het deur die voorportaal van die gebou
beweeg na 'n deur geleë aan die regterkant daarvan. Met Cronje aan die
spits is hulle by die deur in. Die deur het toegang verleen
tot 'n daklose
binneplein wat direk voor 'n groot saal geleë is. In die binneplein was
daar 'n groot aantal mense.
Volgens Cronje, toe hulle die binneplein betree,
het 'n groep van ongeveer twintig na dertig mans op hulle afgestorm. Die mans
was,
onder andere, met kieries en pikstele gewapen wat hulle omhoog gehou het.
Op daardie tydstip was Welgemoed aan Cronje se linkerkant
en effens voor hom.
Welgemoed is deur die groep mans aangeval en geslaan. Hy het op dié grond
geval. Cronje is bokant sy regter
elmboog raakgeslaan. Hy (Cronje) het toe 'n
skoot gehoor, en 'n
...../5
5
kort rukkie daarna 'n tweede skoot. Dit is gemene saak
dat albei
skote deur Blacquire afgevuur was. Nadat
die eerste skoot afgegaan het, het
Cronje die appellant
opgemerk. Die appellant was in besit van
'n
tuisgemaakte byl. Die steel van die byl was nagenoeg
30 cm lank, en die
byl se kop was aan weerskante skerp
gemaak. Cronje se aandag was op die
appellant
gevestig toe hy die byl oplet. Cronje het getuig dat
die
appellant "met die byl gereed gestaan (het) asof hy
gaan kap met hom, bokant
sy kop". Met betrekking tot
waar Welgemoed gelê het, was die appellant
"so te sê
reg bokant, oor hom gestaan, reg by hom, langs
hom".
Cronje het die afstand wat die appellant van Welgemoed
was op 'n
halwe tree geskat. Toe die appellant
bo-oor Welgemoed staan met die byl
omhoog asof om daarmee te kap het die tweede skoot afgegaan. Die appellant het
geval, die groep
aanvallers het terug
/6
6 beweeg en die appellant saam met hulle geneem. Die gebeure
het vinnig plaasgevind, die beligting was goed en daar was niks wat Cronje
se
uitsig versper het nie.
Blacquire beaam die getuienis van Cronje in alle
wesenlike opsigte. Hy het ook getuig hoe dat, toe hulle die binneplein betree
het,
'n groep aggressiewe, gewapende mans hulle aangeval het. Welgemoed is met
kieries en pikstele geslaan, en hy het op die grond geval.
Blacquire het toe
opgemerk dat die appellant "moved in with an axe and trïed to chop Sergeant
Welgemoed with the axe". Sy aandag
was op die appellant gespits "because I saw
the accused movïng up with the axe in his hand, so I immediately recognised
him
as a danger". Blacquire se beskrywing van die byl kom ooreen met dié
van Cronje. Volgens hom het die appellant die byl omhoog
gehou. Toe hy die
appellant die eerste keer gewaar, was hy ongeveer twee
/7
7 meter vanaf Welgemoed, en ongeveer vyf meter van Blacguire
self. Blacquire het op die appellant geskiet. Die eerste skoot was mis.
Ondanks
die eerste skoot het die appellant nog nader aan Welgemoed beweeg, nog altyd met
die byl omhoog bokant sy kop gehou. Blacquire
vuur toe 'n tweede skoot. Op
daardie tydstip was die appellant nagenoeg 'n meter vanaf Welgemoed. Die tweede
skoot het die appellant
getref. Die appellant het agteruit gesteier tussen die
groep mense in. Blacquire het hom nie weer daarna opgelet nie. Nadat die tweede
skoot gevuur is, is die aanval gestaak.
Welgemoed bevestig Cronje en
Blacquire se relase van die gebeure tot op die stadium dat hy aangeval en
neergevel is. Terwyl hy op
die grond gelê het, het hy die houe wat na hom
geslaan was, probeer afweer. Hy het toe twee skote kort na mekaar gehoor,
/8
8
en gesien dat sy aanvallers terugdeins in die rigting van die saal. Dit het
hom die geleentheid gebied om weer op die been te kom.
Omdat hy gemoeid was met
die afweer van die houe wat na hom geslaan is, was hy nie in staat om enige
persoon wat by die aanval op
hom betrokke was, uit te ken nie. As gevolg van die
aanranding het hy verskeie kneuswonde opgedoen.
Die appellant erken dat hy
die betrokke namiddag in die binneplein by Cosatu-huis teenwoordig was. Hy
ontken egter dat hy gewapen
was, hetsy met 'n byl of enige ander wapen. Hy het
gesien dat 'n groep van twintig na dertig mans met die polisie slaags raak. Hy
was op daardie tydstip net buitekant die deure van die saal. Die appellant
bevestig dat die uitsig goed was. Hy het twee skote gehoor.
Die tweede skoot het
hom in die maag getref. Die appellant beweer dat hy gesien het dat die
vuurwapen' wat gevuur
/9
9 is op hom, of in sy rigting, gerig was. Toe die skote
afgaan, was die groep mans tussen hom en die polisiemanne in die binneplein.
Nadat hy geskiet is, het hy geretireer tot binne-in die saal waar hy geval het.
Die appellant het gevolglik sy betrokkenheid by die
gebeure, soos deur Cronje en
Blacquire getuig, ontken.
Die geskilpunte in die onderhawige appêl is
die volgende: 1) is die appellant korrek deur Cronje en Blacquire
geïdentifiseer
as die persoon met die byl; 2) indien wel, kom die appellant
se handeling op 'n
poging om 'n misdryf te pleeg neer; en 3) kan daar van al
die omstandighede afgelei word dat die appellant die opset gehad het om
te dood?
Ek behandel vervolgens elk van hierdie geskilpunte seriatim.
Wanneer 'n beweerde misdadiger se identifikasie by 'n strafverhoor in geskil is, draai
/10
10 alles om die eerlikheid van die uitkennende getuies en die betroubaarheid van hulle waarnemings (S v Mthetwa 1972(3) SA 766 (A) op 768 A - C.) Op appel is die eerlikheid van die drie staatsgetuies na wie verwys is nie in twyfel getrek nie. Daar kan dus aanvaar word dat die gebeure plaasgevind het soos deur hulle getuig. Wat egter wel aangeveg is, is die betroubaarheid van Cronje en Blacguire se uitkenning van die appellant. By die beoordeling daarvan is die volgende faktore van belang: 1) die beligting ten tyde van die voorval was goed; 2) Cronje en Blacguire se aandag was uitdruklik op die appellant gevestig vanweë sy besit van 'n byl; 3) hulle uitsig was onbelemmerd, en die gebeure het baie na aan hulle afgespeel; en 4) ofskoon daar tydgewys betreklik min geleentheid vir waarneming was, blyk dit uit die getuienis dat Cronje en Blacquire, as lede van die spesiale taakmag, oor
/11
11
verskerpte waarnemingsvermoëns beskik vanweë hulle opleiding. Daarbenewens bestaan daar 'n belangrike getrouheidswaarborg vir Cronje en Blacquire se uitkenning van die appellant. Dit is gemene saak dat daar die betrokke namiddag net twee skote in die binneplein gevuur is. Die eerste een het blykbaar niemand geraak nie; die tweede een het die persoon wat die byl gehad het, getref. Soos reeds gemeld, het die appellant getuig dat hy gesien het hoe dat 'n vuurwapen op hom gerig is (en in die samehang van die getuienis kon dit net dié van Blacquire gewees het), en hy het uitdruklik erken dat die tweede skoot wat gevuur is vir hom getref het. Dit blyk uit die getuienis dat geen ander persoon in die binneplein raakgeskiet is nie. Sodra Cronje en Blacquire se relase van die gebeure aanvaar word, en soos reeds uitgewys, is hulle eerlikheid nie bevraagteken nie, is dit onteenseglik
/12
12 dat die persoon met die byl wat Blacquire geskiet het die appellant moes gewees het. Die streeklanddros, gedagtig aan die versigtigheidsreëls met betrekking tot uitkenningsgetuienis, het die getuienis van Cronje en Blacquire aanvaar, en dié van die appellant verwerp. Met sy bevindings in die verband kan geen fout mee gevind word nie. Soos reeds aangedui, was die omstandighede bevorderlik vir betroubare waarneming. Die geringe verskille in die getuienis van Cronje en Blacquire is klaarblyklik toe te skryf aan die feit dat hulle die gebeure uit ietwat verskillende gesigspunte beskou het. Die appellant was duidelik 'n leuenagtige getuie. Die teendeel was nooit op appèl betoog nie, en gevolglik is dit nie nodig om sy getuienis breedvoerig te behandel nie. Afgesien daarvan, is sy weergawe van waar hy gestaan het toe hy geskiet is onwaarskynlik, en strook sy erkenning dat hy
/13
13
met die tweede skoot getref is eenvoudig nie met sy ontkenning dat hy die
persoon in besit van die byl was nie. Hy is gevolglik korrek
as sodanig
geïdentifiseer.
Die tweede vraag wat ontstaan, is of die appellant se
handeling, tot op die tydstip dat Blacquire se tweede skoot die moontlikheid
van
verdere optrede deur hom verhoed het, ver genoeg gevorder het om 'n poging daar
te stel. In die verband moet daar onderskei word
tussen 'n voorbereidings- en 'n
uitvoeringshandeling. Alleenlik as die appellant se handelswyse so ver
gestrek het dat dit as 'n
uitvoeringshandeling beskou kan word, kan daar
sprake wees van 'n strafbare poging aan sy kant. By oorweging van die vraag of
hierdie
stadium reeds deur die appellant bereik was, geld die benadering soos
volg uiteengesit deur CORBETT, AR, in S v Du Plessis 1981(3) SA 382 (A)
op 399 'n - 400 A:
/14
14
"Clearly the decision in any particular case as to whether or not, at the moment of interruption or prevention, the conduct of the accused had progressed beyond the stage of preparation and constituted a commencement of the consummation must in the last resort become a factual enguiry relating to the particular circumstances of the case in which the following factors, amongst others, would play a part: whether at that stage the accused had made up his mind to commit the crime, the degree of proximity or remoteness which that arrested conduct bore to what would have been the final act required for the commission of the crime, and generally, considerations of practical common sense. I doubt whether any greater precision than this can be achieved."
In die onderhawige geval is 'n aanval teen die
drie polisiemanne geloods toe hulle die binneplein
betree het. Diegene wat
by die aanval betrokke was
(onder wie die appellant), was gewapen en aggressief.
Welgemoed is
verskeie houe geslaan, en hy is neergevel.
Terwyl Welgemoed op die grond
gelê het en houe
afgeweer het, nader die appellant hom met 'n byl
omhoog
gehou. Die eerste skoot wat deur Blacquire gevuur is,
/15
15
het hom nie gestuit nie. Met die byl bokant sy kop gehou beweeg hy steeds vorentoe tot digby Welgemoed. Sy houding was sodanig dat die vrees by beide Cronje en Blacquire ontstaan het dat hy Welgemoed met die byl sou kap. In die gewone gang van sake, waar iemand in 'n situasie van gewelddadige konfrontasie met 'n gevaarlike byl omhoog gehou 'n neergevelle teenstander nader en bo-oor hom staan, sou die enigste redelike afleiding (in die afwesigheid van enige aanduiding of getuienis tot die teendeel) wees dat daardie persoon beoog om sy teenstander met die byl te kap. In die onderhawige geval is daar geen aanduiding van moontlike vrywillige terugtrede in die optrede van die appellant te bespeur nie. By ontstentenis van 'n verduideliking deur die appellant wat redelikerwys moontlik waar mag wees, en wat op die teendeel dui, regverdig die feite net een redelike afleiding. Dit is dat die appellant vir .
/16
16 Welgemoed genader het met die doel om hom aan te val, en
dat hy vir Welgemoed met die byl sou gekap het as Blacquire se tweede
skoot nie
die verwesenliking van sy doel gefnuik het nie. Gevolglik was die appellant nie
slegs met 'n voorbereidingshandeling besig
nie, maar wel met 'n
uitvoeringshandeling. Hy het dus regtens gepoog om vir Welgemoed aan te
rand.
Laastens ontstaan die vraag met watter opset die appellant gepoog het
om vir Welgemoed aan te rand. Die appellant se opset moet afgelei
word van die
bewese feite en omstandighede met inagneming van die logiese voorskrifte rakende
omstandigheidsbewys soos geformuleer
in R v Blom 1939 AD 188 op 202-3.
Die getuienis dui daarop dat die appellant deel van 'n aggressiewe groep was, en
dat hy vasberade was om Welgemoed met
die byl by te kom. Hy sou na Welgemoed
geslaan het met 'n hou van bokant sy kop. Sy slagoffer
/17
17 het op die grond gelê en sou nie die hou kon ontduik het
nie. 'n Byl, veral een waarvan die kop aan weerskante skerpgemaak
is, is by
uitstek 'n gevaarlike wapen. In die omstandighede, as hy na Welgemoed gekap "
het, sou hy hom noodwendig getref het en
'n ernstige besering toegedien het. Was
die appellant se voorgenome bedoeling om Welgemoed net ernstig te beseer, of om
hom te dood?
Met opset om te dood het ek nie direkte opset om te dood (dolus
directus) in gedagte nie (want dit sou nie die enigste redelike afleiding
wees nie), maar opset in die sin van 'n
subjektiewe voorsiening deur die
appellant van die moontlikheid dat sy handeling die dood van Welgemoed tot
gevolg mag hê gepaard
met roekeloosheid ten aansien van die intrede van
daardie gevolg (dolus eventualis) -kyk S v Sigwahla 1967(4) SA 566
(A) op 570 A - E. Waar daar met 'n skerp voorwerp soos 'n byl met geweld
/18
18
gekap word (wat die geval sou wees as daar van bokant die kop geslaan is) op 'n persoon wat op die grond lê, kan die hou noodwendig enige deel van die persoon se liggaam tref en gevaarlike, selfs noodlottige, gevolge inhou. Selfs iemand met die geringste verstand sou in daardie omstandighede besef dat hy met 'n gevaarlike spel besig is wat moontlik noodlottige gevolge kan hê. In die afwesigheid van getuienis deur die appellant wat op die teendeel dui, is die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word dat die appellant, toe hy gepoog het om Welgemoed met die byl te kap, die moontlikheid voorsien het dat sy handeling, indien geslaagd, die dood van Welgemoed kon veroorsaak, en hy roekeloos gestaan het teenoor die gevolge van sy optrede. Gevolglik het hy gepoog om Welgemoed aan te rand met die opset (dolus eventualis) om hom te dood. Aanranding met die opset om te dood en poging tot
/19
19 moord, waar die poging uit 'n aanranding voortspruit, is in wese
dieselfde misdaad (S v Benjamin en 'n Ander 1980(1) SA 950 (A) op 958).
Die appellant is dus tereg skuldig bevind.
Die appèl word bygevolg van die hand gewys.
J W SMALBERGER APPèLREGTER
STEYN, AR)
GROSSKOPF, FH, AR) STEM SAAM