South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1989 >>
[1989] ZASCA 97
| Noteup
| LawCite
S v Mathee (26/1989) [1989] ZASCA 97 (7 September 1989)
Download original files |
LL Saak No 26/1989
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
CHRISTIAAN JOHANNES MATHEE Appellant
teen
DIE
STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, NESTADT ARR et NICHOLAS
Wn AR
VERHOORDATUM: 25 AUGUSTUS 1989 LEWERINGSDATUM: 7 SEPTEMBER 1989
UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2.
Gedurende die oggend van 9 Februarie 1987 het die appellant vir Anna du Toit
(die oorledene), wat toe 17 jaar oud was, twee meswonde
in haar nek toegedien
Dit het gebeur in die woonhuis van sy swaer en suster (die Adamse) in
Beaufortstraat, Goodwood. Beide wonde
was dodelik en die oorledene het dan ook
kort na toediening daarvan beswyk.
Voortspruitende uit hierdie gebeure is die
appellant in die Kaapse Provinsiale Afdeling aangekla van, en skuldig bevind
aan, moord
op die oorledene. Die meerderheidsbevinding van Williamson R en sy
assessore was dat daar nie versagtende omstandighede aanwesig
was nie en die
appellant is gevolglik ter dood veroordeel. Met die nodige verlof is sy
onderhawige appèl slegs teen bedoelde
vonnis gerig.
Dit blyk uit die getuienis dat op een of ander stadium voor Februarie 1986
die oorledene sorgbehoewend bevind is. Sy is toe blykbaar
in die sorg van
pleegouers geplaas. Hulle het later vanuit
3. die Weskaap na Bloemfontein
verhuis. Omdat die
oorledene nie van skool wou verander nie, het sy hulle
nie vergesel nie. Dit het meegebring dat sy in die Tenterton Plek van Veiligheid
("Tenterton") opgeneem is. In Junie 1986 het sy die appellant ontmoet waarna 'n
liefdesverhouding tussen hulle ontstaan het. Sy het
toe op verskeie geleenthede
Tenterton ongemagtigd verlaat en op verskillende plekke saam met die appellant
gewoon. Einde 1986 is
sy teruggeneem na Tenterton en het sy kort daarna 'n
miskraam gehad. In Januarie 1987 het sy blykbaar ingewillig om terug te keer
na
haar pleegouers. Die nodige reëlings in hierdie verband is getref deur 'n
maatskaplike werkster, mev Lourens. Die oorledene
wou egter nie per trein na
Bloemfontein reis nie en mev Lourens het probleme ondervind om 'n gemagtigde
vliegtuigrit vir haar te
reël. Gevolglik is die oorledene se datum van
vertrek
'n paar keer uitgestel totdat dit finaal bepaal is op 9 Februarie
1987, d w s die dag van haar dood.
4.
Vanaf einde Januarie 1987, en in afwagting van haar vertrek na
Bloemfontein, het die oorledene aan huis van die Adamse gebly. Op daardie
stadium was die appellant, 'n bykans veertigjarige man en 'n broer van mev
Adams, ook aldaar woonagtig. Op 9 Februarie was albei
bewus dat mev Lourens
gedurende die loop van die voormiddag sou opdaag om die oorledene na die lughawe
te neem. Hulle was dan ook
tuis toe mev Lourens omstreeks 12 nm haar opwagting
gemaak het. Kort daarna het die aanval op die oorledene plaasgevind.
h
Huisbediende van die Adamse, Elaine du Plessis, het getuig dat na mev Lourens se
aankoms mev Adams vir die oorledene geskreeu het
dat die "Welsynsvrou" aangekom
het. Die oorledene se antwoord, vanuit die appellant se kamer, was "ek kom nou".
Kort hierna het die
oorledene "Rita" gegil (Rita is die voornaam van mev Adams).
Hierop het mev Adams na die deur van die appellant se kamer gegaan en
dit
oopgemaak. Die getuie sien toe dat die oorledene
5. in die kamer op die vloer
lê terwyl die appellant oor haar buig met iets blinks in sy hand. Mev
Adams het gegil en geskreeu
dat die getuie eersgenoemde se baba moes gryp en
weghardloop. Toe die getuie die baba optel, het die appellant iets gesê
soos
"Gee pad, Rita en Gary, of julle is next". (Adams se voornaam is Gary.)
Mev Adams het beaam dat die oorledene haar naam (Rita) uitgegil het. Sy het
na die appellant se kamer gehardloop, die deur oopgemaak
en die oorledene op die
vloer sien lê terwyl sy die appellant se bene vashou. Gevra wat aan die
gang was, het die oorledene
geantwoord: "Big Boy wil my steek." (Die apellant is
bekend as Big Boy.) Mev Adams het geskrik en die huisbediende aangesê
om
die baba te gryp en weg te hardloop. Self het sy na die agterplaas gehardloop en
vir haar man gesê dat die appellant die
oorledene wou steek.
Adams getuig dat hy buite die huis by sy
6.
motor was toe sy vrou al gillende aangehardloop gekom het. Sy was histeries maar het klaarblyklik een of ander mededeling oor die appellant aan hom gemaak want hy het toe direk na die appellant se kamer gegaan. Aldaar het hy die oorledene op die vloer aangetref. Die appellant het skuins agter haar gestaan en sy het sy bene vasgehou. Op sy beurt het die appellant die oorledene agter haar nek beetgehad. Hoewel die oorledene verskrik voorgekom het, was daar nie toe 'n struweling nie. Die appellant het ook nie iets soos 'n mes in sy hand gehad nie. Op 'n vraag van die getuie het die appellant gesê dat hy die oorledene wou probeer oorreed om vir mev Lourens te sê dat sy nie wou weggaan nie maar by die appellant wou bly. Hy het ook gesê dat hy haar nie sou seermaak nie.
Op daardie stadium was die oorledene besig om orent te kom. Adams is toe na
buite om.'n geneesheer te telefoneer - blykbaar in verband
met sy vrou se
histeriese toestand. Ongeveer 15 tot 20-minute later
7. het hy teruggekeer en
die oorledene in die kombuis van die huis aangetref. Sy het op die vloer
gelê en daar was 'n plas bloed
langs haar. Hy kon ook sien dat sy in die
nek verwond was. Toe die polisie 'n kort rukkie later opdaag, het die appellant
na hul
voertuig geloop en gesê: "Ek het dit vir liefde gedoen".
Mev
Lourens kon nie veel tot die prentjie bydra nie. Sy getuig dat nadat mev Adams
haar binnegenooi het, sy in die sitkamer gewag
het. Sy het toe die gil van 'n
vrouestem en 'n geskuifel gehoor. Sy het bang geword en na buite gehardloop. In
die straat het 'n
histeriese mev Adams na haar aangehardloop gekom en 'n berig
aan haar oorgedra. Dit het daartoe gelei dat mev Lourens die polisie
gaan
ontbied het.
Die appellant se weergawe van die kerngebeure kan soos volg
saamgevat word. Kort nadat mev Lourens opgedaag het, was hy in sy kamer
om seker
te maak dat die oorledene al haar besittings daaruit verwyder het. Hy hoor toe
'n geskreeu. Hy kyk om en sien die
8.
oorledene in die kamer met 'n broodmes in haar hand. Sy sê: "Ek gaan nie saam met haar nie, steek my dood". Die appellant gryp daarop die mes uit die oorledene se hand en gooi dit weg. Hy klap die oorledene. Sy val en skop sy voete onder hom uit. Hy val ook en toe hy weer orent kom, is die oorledene reeds op haar voete. Hy stoot haar uit sy pad "want ek raak toe mal". Ten einde uit die huis te kom, gaan hy na die kombuis. Die oorledene kom agterna en bly skreeu: "Steek my dood", en "Big Boy, moet my nie los nie". By die buitedeur van die kombuis gryp die oorledene hom aan sy hand en pluk hom om. Hy sien 'n mes in die kombuis en gryp daarna. Hy weet nie of hy die mes beetgekry het nie want die volgende wat hy kan onthou, is dat die oorledene hom aan sy hemp vashou en vloerwaarts trek terwyl sy sê: "Big Boy, soen my vir die laaste". Sy het op daardie stadium op die vloer gesit-lê en bloed het by haar nek uitgekom. Die volgende oomblik, soos sy geheue dit het, was hy by die huis se voordeur.
9.
Vandaar is hy terug na die kombuis. Die oorledene het "vol boed" op die vloer
gelê met 'n groot mes naby haar kop.
Die appellant ontken dat die
oorledene ooit "Rita" gegil het of dat mev Adams sy kamerdeur oopgemaak het. Hy
ontken voorts dat hy
kort voor die gebeure in die kombuis vir Adams in sy kamer
gesien het. By implikasie betwis hy dus dat hy vir Adams gesê het
dat hy
die oorledene wou oorreed om nie saam met mev Lourens te vertrek nie.
Die
appellant se weergawe dat hy as't ware onbewustelik opgetree het toe hy die
oorledene die noodlottige meswonde toegedien het,
is tereg deur die verhoorhof
verwerp. Voorts het die hof ook in sy uitspraak aangaande aanspreeklikheid
bevind dat die oorledene
nooit by wyse van spreke die appellant uitgenooi het om
haar dood te maak nie. Die oorledene, aldus die hof, het haar daarmee versoen
om
na Bloemfontein te vertrek en sodoende die appellant te
10.
verlaat. Laasgenoemde kon hom egter nie
daarmee
versoen nie en dit was die direkte aanleiding tot die
mesaanval op
haar.
By oorweging van die al of nie bestaan van
versagtende omstandighede het die hof sekere
psigo-
logiese tekortkomings van die appellant, sy relatiewe
lae intelligensie en sy moeilike huislike omstandighede
in sy vormingsjare
in aanmerking geneem. Ook is ag
geslaan op die feit dat die moord in 'n
sekere sin 'n
hartstogsmisdaad was. Die hof het egter die
volgende
bygevoeg:
"However, it is not the crime of passion where a man has, as it were, been jilted by his lover. The accused was a man of, at that time, 39 years of age; the deceased, barely 17; a young woman on the threshold of her life; a young girl also with a deprived background. She was a child in need of care and was being sent away to foster parents. She was not, as it were, deserting the accused for another man, jilting him. She was doing something which she, in a very real sense, had to do and had very little choice about it. This must have been obvious to the meanest intelligence, certainly to the accused."
11 .
By opweging van bogenoemde faktore het die lede van die hof 'n verskillende
oordeel oor die morele verwytbaarheid van die appellant
bereik. Die twee
assessore het bevind dat bedoelde faktore nie versagting daargestel het nie,
terwyl Williamson R van mening was
dat indien na die geheelbeeld gekyk word
"there are, but only just, extenuating circmstances".
Die appellant se
advokaat het in haar betoogshoofde in eerste instansie aangevoer dat die Staat
nie buite redelike twyfel bewys het
dat die appellant se weergawe aangaande die
beweerde provokatiewe gedrag van die oorledene - haar aandrang dat die appellant
haar
moes doodmaak - vals was nie. Voorts is betoog dat hierdie "provokasie" wel
'n versagtende omstandigheid was.
By die verhoor van die appèl het die appellant se advokaat egter tereg toegegee dat die eerste stut van die betoog op 'n onjuiste premisse berus. Dit is so omdat al sou die oorledene die
12.
beweerde provokasie gebied het, die appellant hom nog steeds aan moord
skuldig sou gemaak het. Streng gesproke was dit dus nie vir
die verhoorhof nodig
om reeds by oorweging van die skuld van die appellant die weergawe onder
bespreking te behandel hie. Toe besin
moes word oor die al of nie bestaan van
versagtende omstandighede was die weergawe egter wel tersaaklik, maar op daardie
stadium
het die las op die appellant gerus om op 'n oorwig van waarskynlikhede
die aangevoerde provokasie as 'n versagtende omstandigheid
te bewys. Omdat die
verhoorhof reeds buite redelike twyfel die appellant se weergawe verwerp het,
het dit egter vanselfsprekend nie
weer ter sprake gekom nie.
Dit volg dus dat
die appellant tans moet aantoon nie net dat die verhoorhof se tersaaklike
bevinding verkeerd is nie, maar dat die
waarskynlikhede sy weergawe begunstig.
Namens die appellant is dan ook gesteun op sekere aspekte wat, aldus die betoog,
'n waarskynlikheidskleur
aan die appellant se weergawe
13. gee. In hierdie
verband is peil getrek op getuienis wat daarop dui dat die oorledene tot 'n mate
emosioneel onstabiel was vanwee
haar miskraam ongeveer 13 dae voor die moord, en
dat sy in die verlede 'n paar keer gedreig het om selfmoord te pleeg,
hoofsaaklik
omdat haar terugkeer na haar pleegouers sou meebring dat sy van die
appellant geskei sou word.
Hierdie aspekte verdien sekerlik oorweging, maar
hulle moet in die lig van die geheelbeeld van die getuienis ge'êvalueer
word.
Wat die kwaliteit van die appellant se getuienis betref, het die
verhoorhof bevind dat hy 'n uiters swak en leuenagtige getuie was,
en hierdie
bevinding is tereg nie op appèl aangeveg nie. Daarenteen is bevind dat
Adams en Elaine du Plessis goeie getuies
was, al was laagenoemde se geheue
aangaande besonderhede nie volkome betroubaar nie. Hoewel die hof dit nie in
soveel woorde uitgespel
het nie, is dit ook duidelik dat mev Lourens die hof as
getuie beïndruk het. Wat mev Adams betref, was die
14.
hof van oordeel dat sy sover moontlik dieappellant
probeer beskerm
het.
Mev Lourens het getuig dat die oorledene kort
voor die moord heel inskiklik was om na Bloemfontein te
verhuis en dat sy
uitgesien het na die vliegtuigrit
omdat sy nie voorheen gevlieg het nie. Dat
die
oorledene nie op daardie stadium rebels oor haar
verhuising gevoel het
nie, blyk ook uit die getuienis
van haar suster wat namens die appellant
getuig het.
Die belangrikste struikelblok in die weg van
aanvaarding van
die appellant se weergawe is egter die
getuienis van Adams. Daarvolgens was
dit die
appellant wat kort voor die moord die oorledene probeer
oorreed
het om nie saam met mev Lourens te vertrek nie,
wat net nie met sy weergawe
te rym is nie. Bowendien
skilder Adams 'n prentjie van 'n persoon (die appellant)
wat bereid was om
van geweld gebruik te maak om
oorreding op die oorledene uit te oefen. Adams
se
getuienis is in sigself nie vir kritiek vatbaar nie en
15.
is na my mening tereg deur die verhoorhof aanvaar
Indirekte stawing vir
Adams se getuienis is ook te vind in die weergawes van mev Adams, Elaine du
Plessis en mev Lourens. Al drie
is dit eens dat die oorledene kort na mev
Lourens se aankoms gegil het. Dit was klaarblyklik 'n hulpkreet. Hoewel mev
Adams en Elaine
du Plessis se getuienis in sekere opsigte onbevredigend is, is
dit duidelik dat nadat mev Adams die deur van die appellant se kamer
oopgemaak
het hulle iets gesien het wat hulle geweldig laat skrik het soveel so dat hulle
met die baba uit die huis gehardloop het.
Gesien die feit dat mev Adams die
appellant probeer beskerm het, is daar dan ook weinig rede om haar getuienis dat
die oorledene
in die kamer gesê het dat die appellant haar wou steek, in
twyfel te trek.
Ek kom derhalwe tot die slotsom dat die appellant nie op 'n oorwig van waarskynlikhede die aangevoerde provokasie bewys het nie. Inderdaad is ek
16.
van mening dat die verhoorhof tereg bevind het dat die appellant se weergawe nie redelik moontlik waar is nie.
Die appellant se advokaat het ook betoog dat die verhoorhof versuim het om
die appellant se misbruik van dagga in ag te neem. Al wat
hieroor gesê
hoef te word, is dat daar nie 'n krieseltjie getuienis is nie dat die appellant
ten tyde van die moord enigsins
onder die invloed van dagga was of aan
onttrekkingsimptome weens onthouding daarvan gely het.
Ten slotte is betoog
dat die verhoorhof fouteer het deur nie te bevind nie dat die appellant
vanweë geestesgebreke verminderd
toerekenbaar was. In hierdie verband is
gesteun op psigiatriese getuienis ten effekte dat die appellant 'n anti-sosiale,
versteurde
persoonlikheid het; dat hy impulsief van aard en maklik ontvlambaar
is; dat hy 'n heelwat hoër mate van aggressie as die normale
persoon het,
en dat sy intelligensie aan die lae kant van gemiddeld is. Nou is dit so dat die
hof a quo nie spesifiek oorweeg
17. het of die appellant vanweë
hierdie gebreke of toestande verminderd toerekenbaar binne die raamwerk van art
78(7) van die
Strafproseswet (51 van 1977) was nie. Dit was egter nie nodig om
sulks te doen nie. Die subartikel is slegs kodifiserend van 'n bestaande
en
erkende reël dat o a geestesgebreke strafversagtend kan inwerk en,
in geval van moord, versagtende omstandig-hede daar kan stel (vgl R v
Hugo 1940 WLD 285, 289, met goedkeuring aangehaal in o a S v Mnyanda
1976 (2) SA 751 (A) 767). Die verhoorhof het wel die psigiatriese getuienis in
ag geneem en ook oorweging geskenk aan die emosionele spanning wat
die appellant
moes ondervind het vanweë die ophande synde verbreking van sy verbintenis
met die oorledene. Uiteindelik moes
die hof egter 'n waarde-oordeel vel, nl of
bogenoemde omstandighede die appellant se morele verwytbaarheid verminder het.
Dit is
hierdie vraag - die derde van die vrae geformuleer in S v Babada
1964 (1) SA 26 (A) 27-8 - wat deur die meerderheid van die hof
18.
ontkennend beantwoord is. In die proses is geen
wesentlike
wanvoorligting begaan nie, en ek kan nie
bevind dat die meerderheidsiening een is waartoe geen
redelike hof kon geraak het nie.
Die appel word afgewys. H.J.O. VAN HEERDEN AR
NESTADT AR
STEM SAAM NICHOLAS Wn AR