South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1989 >>
[1989] ZASCA 81
| Noteup
| LawCite
S v Flanagan (269/88) [1989] ZASCA 81 (1 June 1989)
Download original files |
Saak no. 269/88 E du P IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
WENDELL FLANAGAN Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: BOTHA, EKSTEEN et
F H GROSSROPF ARR
Verhoor: Gelewer:
23 Mei 1988 1 Junie 1939
2 UITSPRAAK
F H GROSSKOPF AR:
Die appellant is in 'n streekhof aan verkragting
skuldig bevind en tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan twee jaar
voorwaardelik
opgeskort is. Die appellant se appèl teen sy
skuldigbevinding en vonnis is deur die Oos-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof
afgewys. Hy appelleer nou na hierdie hof met verlof van die hof a quo,
maar slegs teen sy skuldigbevinding.
Die gebeure wat aanleiding gegee het tot
die aanklag van verkragting het op Sondag 21 Julie 1985 in die
kleurlingwoongebied te Shornville
by King William's Town plaasgevind. Die
appellant erken dat hy daardie Sondagaand by sy huis in Shornville
geslagsgemeenskap met
die klaagster gehad het, maar dit is sy verweer dat dit
met die klaagster se toestemming plaasgevind het. Die appellant was destyds
28
jaar oud terwyl die klaagster 16 jaar oud was. Die
3
appellant was getroud maar sy vrou was ten tye van die voorval in Upington
gewees. Die klaagster en die appellant het mekaar geken
en die klaagster het
erken dat sy destyds geweet het dat die appellant 'n getroude man was en dat sy
vrou nie daardie Sondag by die
huis was nie. Die klaagster ontken egter dat sy
toegestem het tot geslagsgemeenskap en beweer dat die appellant haar inderdaad
verkrag
het.
Dit is gemene saak dat die klaagster vroeër daardie
betrokke Sondagaand by 'n siek vriendin, ene Thelma Russell, in Shornville
gekuier het en dat die appellant ook daar was. Volgens die klaagster se
getuienis is die Russells se huis net een huis van haar ouerhuis
af geleë
en is die appellant se huis net onderkant haar ouerhuis. Die appellant beaam dat
sy huis naby die Russells se huis
geleë is en dat mens by die klaagster se
ouerhuis verby moet gaan om by sy huis te kom.
Dit is die klaagster se
getuienis dat die appellant haar gevolg het toe sy die Sondagaand van die
Russells af huis toe wou gaan. Dit
is gemene saak dat 'n sekere Kenneth
4
Kleinbooi op daardie stadium buite in die straat by 'n lamppaal gestaan het
en dat hy en die klaagster mekaar goed geken het. Die
klaagster se sy het
Kleinbooi daar sien staan en sy het toe na hom gegaan en 'n sigaret by hom
gevra. Die klaagster beweer dat sy
bang was vir die appellant en dat sy Kenneth
Kleinbooi om die lyf gegryp en vasgehou het. Die klaagster gee toe dat Kleinbooi
haar
enigste hoop in die omstandighede was, maar tog het sy hom nie gevra om
haar te help of te beskerm nie. Die klaagster kon na my mening
geen bevredigende
rede verstrek waarom sy op haar weergawe nie vir Kleinbooi om hulp en beskerming
gevra het nie.
Volgens die klaagster se getuienis het die appellant haar
gegryp en van Kleinbooi af weggetrek. Die appellant het haar aan die arms
vasgehou en na sy huis toe getrek. Die klaagster sê sy het geskreeu. Op
haar weergawe moes hierdie gebeure naby haar ouerhuis
plaasgevind het, maar daar
is geen getuienis dat sy om hulp geroep het toe sy by haar ouerhuis verbygetrek
is nie.
5
Daar sal later verwys word na die getuienis van Kenneth Kleinbooi met betrekking tot hiérdie ontmoeting in die straat en die wyse waarop die klaagster en die appellant daar opgetree het. Ek kan egter nou reeds meld dat die weergawe van Kleinbooi in hooftrekke ooreenstem met die appellant se weergawe, maar dat dit in alle wesenlike opsigte van die klaagster se weergawe van die gebeure verskil en dat dit trouens glad nie strook met die beweerde voorspel tot 'n verkragting nie.
Dit is die klaagster se getuienis dat toe hulle by die appellant se huis aangekom het, die appellant haar by die deur ingestoot het en die deur van binne gesluit het. Terwyl die appellant besig was om hom te ontklee, het die klaagster volgens haar getuienis by die venster probeer uitspring. Sy sê dat die appellant haar teruggetrek het en een maal met die plat hand vol in die gesig geklap het. Daarna het hy haar broekie afgetrek en vaseline aan haar gesmeer. Mens kan terloops vra waarom die beweerde verkragter nou
6
skielik so konsidererend teenoor sy slagoffer sou optree. Volgens die
klaagster se getuienis het die appellant toe voortgegaan en
haar verkrag. Sy
sê dat sy probeer loskom het, maar dat sy nie daarin geslaag het
nie.
Die klaagster getuig dat dit die eerste keer was wat sy gemeenskap met
'n man gehad het en dat dit pynlik was. Sy sê sy het
inwendig seergekry en
gebloei en daar was ook bloed aan haar klere. Die klaagster beweer verder dat
daar 'n bloedkol onder haar oog
of oë was as gevolg van die klap wat die
appellant haar gegee het en dat haar oë rooi was.
Dit blyk dat die
klaagster bang was vir die appellant se honde en dat sy die appellant gevra het
om saam met haar te loop toe sy na
die gebeure huis toe gegaan het. Die
klaagster sê dat sy ongeveer 19h30 by die huis gekom het en dat sy vir
haar moeder vertel
het. Op 'n vraag van die aanklaer wat sy vir haar ma
gesê het, antwoord die klaagster: "Hoe hy my getrek het na sy huis toe."
Sy het verder vir haar moeder vertel dat die appellant haar in sy huis
verkrag
7
het. Die klaagster sê sy het gehuil toe sy dit vir haar moeder vertel
het. Die klaagster beweer egter nie dat sy ook vir haar
moeder vertel het dat
die appellant haar geklap het nie. Wat egter van groter belang is, is dat die
klaagster se moeder geen melding
in haar getuienis maak van enige beserings wat
sy aan die klaagster se gesig waargeneem het nie. Te oordeel na al die getuienis
moes
die beserings aan die klaagster se gesig taamlik opvallend gewees het. Die
getuienis met betrekking tot die beserings aan die klaagster
se gesig, en die
vraag of dit stawing vir die klaagster se weergawe bied, sal later behandel
word.
In die loop van kruisondervraging is dit aan die klaagster gestel dat
sy en die appellant vir 'n tydperk van ongeveer vier maande
voor hierdie voorval
'n verhouding gehad het. Sy het dit ontken. Direk daarna het die klaagster op
vrae van die appellant se prokureur
toegegee dat sy destyds geweet het dat die
appellant 'n getroude man was en dat sy ook geweet het dat die appellant se vrou
nie op
daardie tydstip
8
by die huis was nie. Daarop volg die volgende vraag en
betekenisvolle antwoord van die klaagster -
"Is dit waarom jy bang is om te erken dat julle 'n verhouding gehad het omdat hy 'n getroude man was? -- Ja."
Onder kruisverhoor het die klaagster beweer
dat sy tydens die verkragting
gehuil het en dat sy histeries
was. Die klaagster het verder geantwoord dat
sy na die
verkragting nog pyn gevoel het en dat sy nog steeds
histeries
was. Die klaagster beweer dat sy desnieteenstaande aan die
kwaai
honde buite gedink het en dat sy die appellant gevra
het om haar uit te neem,
wat hy toe gedoen het. Daarna volg
die volgende vrae en insiggewende
antwoorde van die
klaagster -
"Dit blyk vir my dat julle nogal mooi uitmekaar is nadat die ding gebeur het? — Ja. Is julle mooi uitmekaar? — Ja."
Hierdie antwoorde van die klaagster rym myns
insiens hoegenaamd nie met haar weergawe dat sy onmiddellik
voor dit nog histeries was en dat sy net daarna gehuil het
9
toe sy by haar huis gekom het nie. Die klaagster se antwoorde pas myns
insiens nog minder in by haar moeder se getuienis wat 'n prentjie
skilder van 'n
verskrikte en skreeuende dogter wat in 'n histeriese toestand by die huis
aangekom het.
Die appellant bevestig dat hy en die klaagster vroeër
daardie aand by die Russells was. Dit is die appellant se getuienis dat
hulle
later besluit het om te loop en dat hulle toe vir Kenneth Kleinbooi buite in die
straat raakgeloop het. Die appellant ontken
egter dat die klaagster aan
Kleinbooi vasgehou het, dat hy die klaagster van Kleinbooi af weggetrek het of
dat hy haar forseer het
om saam met hom na sy woning te gaan. Volgens die
appellant se weergawe het hy yir die klaagster gesê waarom hulle na sy
huis
toe gaan en het sy gewilliglik saam met hom soontoe geloop. Die appellant
sê ook dat die klaagster geweet het dat sy vrou nie
tuis was nie. Volgens
die appellant se getuienis het hy en die klaagster al vir 'n paar maande 'n
verhouding gehad.
10
Die appellant ontken dat hy die klaagster geklap het, soos deur haar beweer word. Aanvanklik in sy hoofgetuienis het die appellant getuig dat hy nie kan onthou dat hy die klaagster aangerand het nie. Met hierdie antwoord het die appellant moontlik probeer voorgee dat hy as gevolg van sy beweerde oormatige inname van alkohol nie meer goed kan onthou wat daardie aand gebeur het nie. Hy sê trouens later in sy getuienis dat die rede waarom hy sekere aspekte nie kan onthou nie seker daaraan toe te skryf is dat hy sterk onder die invloed van drank was. In die lig van die getuienis van die appellant se eie getuies aangaande sy toestand daardie aand is die appellant se getuienis aangaande die graad van sy beskonkenheid klaarblyklik 'n growwe oordrywing. Hoe dit ook al sy, later in sy getuienis ontken die appeilant uitdruklik dat hy die klaagster aangerand het en ontken hy ook dat die drank hom tot so 'n mate beïnvloed het dat hy die aanranding moontlik nie kon onthou nie.
Die appellant gee toe dat die klaagster nie
11
uitdruklik haar toestemming tot gemeenskap gegee het nie. Hy sê sy het
stilgebly "en sy het my net gehouvas en so aan". Die
klaagster het haarself op
sy voorstel ontklee en hulle het toe gemeenskap op die mat gehou. Daarna het die
appellant die klaagster
huis toe vergesel. Toe hulle reeds naby die klaagster se
ouerhuis was, het die klaagster met 'n glimlag vir die appellant gesê
dat
sy hom van verkragting gaan aankla. Die appellant se enigste verduideliking was
dat hy gedink het sy maak net 'n grap. Die appellant
kon geen aanvaarbare rede
verstrek waarom die klaagster daarna inderdaad 'n aanklag van verkragting teen
hom gelê het nie.
Indien dit egter aanvaar sou word dat sy weergawe korrek
is en dat hy haar nie verkrag het nie, sou hy moes spekuleer oor haar moontlike
motiewe.
Hoewel die appellant se getuienis in verskeie opsigte onbevredigend
en selfs ongeloofwaardig is, word hy tog in een belangrike opsig
deur sy getuie,
Kenneth Kleinbooi, gestaaf, naamlik oor die wyse waarop die
appellant
12
teenoor die klaagster opgetree het voordat hulle na die
appellant se huis gegaan het.
Die getuienis van Kenneth Kleinbooi is na my
mening egter van veel groter belang omdat dit verder onteenseglik aantoon dat
die klaagster
op hierdie wesenlike aspek van die saak 'n ongeloofwaardige getuie
was. Ek het reeds gewys op die inherente onwaarskynlikheid in
die klaagster se
weergawe in hierdie verband, naamlik dat as sy werklik bang was vir die
appellant sy vir Kleinbooi sou gevra het
om haar te help, al was dit dan net om
haar ouers te gaan roep. Dit blyk duidelik uit Kleinbooi se getuienis waarom die
klaagster
hom nie om hulp gevra het nie. Daar was naamlik geen rede vir haar om
dit te doen nie omdat sy nie in enige gevaar verkeer het nie.
Dit is die
getuienis van Kenneth Kleinbooi dat hy die appellant net van sien geken het en
dat hy nog nie voorheen met die appellant
gepraat het nie. Die klaagster
daarenteen het hy goed geken. Hulle het al dikwels met
13
mekaar gepraat en hy het ook dikwels by hulle aan huis gekom. Anders as die
klaagster en die appellant getuig Kleinbooi dat die klaagster
aanvanklik alleen
uit Thelma-hulle se huis gekom het en dat die appellant haar eers 'n tyd later
gevolg het. Die klaagster het 'n
sigaret by hom kom vra. Toe die appellant by
hulle aansluit, het hy vir Kleinbooi gevra of Kleinbooi sal omgee as hy die
klaagster
daar wegvat. Kleinbooi het geen beswaar gehad nie. Volgens Kleinbooi
se getuienis het die appellant die klaagster toe ordentlik gevat
en hand om die
nek met haar daar weggeloop in die rigting van die appellant se huis. Kleinbooi
ontken dat die klaagster hom om die
lyf vasgehou het of dat die appellant haar
van hom af weggeruk het. Kleinbooi se getuienis is dat die klaagster glad nie
bang gelyk
het nie. Sy het ook nie geweier om saam met die appellant te gaan
nie. Dit het vir hom gelyk asof sy gewillig was om met die appellant
daar weg te
loop.
Die landdros het Kleinbooi se getuienis verwerp. Na my oordeel was daar
egter geen rede waarom die getuienis
14
van Kleinbooi verwerp moes word nie. Die landdros wys enersyds daarop dat
Kleinbooi die appellant weerspreek oor sy beweerde dronkenskap,
maar vind dan
andersyds dat " dit wou voorkom asof Kleinbooi die appellant baie goedgesind
was". Die landdros noem geen ander rede
as hierdie vermeende goedgesindheid
waarom hy die getuienis van Kleinbooi verwerp het nie. Die landdros meld ook nie
hoe hierdie
beweerde goedgesindheid van Kleinbooi jeens die appellant in die
loop van die getuienis tot uiting gekom het nie. Dit blyk uit die
getuienis dat
Kleinbooi die appellant skaars geken het terwyl hy aan die ander kant goed
bevriend was met die klaagster en haar familie.
Mens sou dus verwag dat
Kleinbooi eerder die klaagster goedgesind sou gewees het.
Die landdros het
reeds vroeër in sy uitspraak gemeld dat die klaagster 'n baie goeie indruk
op hom gemaak het. Hy het verder
bevind dat daar "geen rede hoegenaamd" bestaan
om die geloofwaardigheid van die klaagster in twyfel te trek nie. Dit wil dus
voorkom
asof Kleinbooi se
15
"goedgesindheid" teenoor die appellant volgens die landdros se oordeel daarin
geleë was dat hy die appellant se weergawe van
die ontmoeting in die straat
gestaaf het, en nie die klaagster se weergawe wat die landdros aanvaar het
nie.
Die landdros se hele benadering tot die klaagster se getuienis toon na
my mening dat hy nie die vereiste versigtigheidsreël wat
in gevalle van
seksuele misdrywe soos verkragting geld, behoorlik voor oë gehou en
toegepas het nie. Wat die toepassing van
hierdie versigtigheidsreël betref,
kan daar in die algemeen verwys word na R v Rautenbach 1949(1) SA 135(A),
op 143; R v W
1949(3) SA 772(A), op 780-1; R v D and Others
1951(4) SA 450 (A), op 456-7; R v J 1966(1) SA 88 (SR, AD), op 92 A-D; S
v Snyman 1968(2) SA 582 (A), op 585 C-G.
Die landdros meld wel in die
slotparagraaf van sy uitspraak dat hy in gedagte gehou het dat die aanklag teen
die appellant van 'n
seksuele aard was en dat hy daarom versigtig moes wees in
die aanvaarding van die klaagster
16
se getuienis. Indien mens egter na die landdros se evaluasie van die
klaagster se getuienis kyk, kom mens ongelukkig tot die slotsom
dat hy bloot
lippediens aan hierdie versigtigheidsreël betuig het en dat hy nooit die
klaagster se getuienis aan die vereiste
kritiese ontleding onderwerp het nie.
Wat die landdros inderdaad gedoen het, was om die saak soos enige ander
strafsaak te benader
. Hy het bloot die klaagster en die ander staatsgetuies se
getuienis aanvaar, die appeilant en sy getuies se getuienis verwerp en
op grond
van daardie bevinding die appellant aan verkragting skuldig bevind.
Dit is
voorheen al beslis dat dit nie voldoende is as die beoordelaar van feite homseif
net waarsku om die betrokke getuienis versigtig
te benader nie; dit moet uit die
behandeling van die getuienis self blyk dat die hof inderdaad die getuienis
versigtig benader het.
(Kyk S v Avon Bottle Store (Pty) Ltd and Others
1963(2) SA 389 (A), op 393H-394A, 'n saak wat gehandel het met die toepassing
van die
17
versigtigheidsreël by die getuienis van 'n medepligtige).
In die saak van S v Balhuber 1987(1) PH H22 (A) het hierdie hof te doen kry met dieselfde soort probleem as wat in die onderhawige saak gegeld het. Aangesien slegs enkele aspekte van die uitspraak in die Prentice Hall verslag weergegee word, is ek van voorneme om na die oorspronklike uitspraak van Botha AR in Balhuber v The State (saak nr. 30/1985, gelewer op 25.9.86) te verwys en sekere passasies uit daardie uitspraak hier aan te haal. Balhuber se saak het weereens getoon hoe maklik 'n verhoorhof tot 'n verkeerde beslissing kan kom indien die versigtigheidsreël in hierdie soort sake nie behoorlik toegepas word nie. In Balhuber se saak het die appellant, wat aan verkragting skuldig bevind is, ook aangevoer, nes die appellant in die onderhawige saak, dat gemeenskap met toestemming van die klaagster plaasgevind het. Die landdros in daardie saak het bevind dat die klaagster se weergawe met die waarskynlikhede gestrook het terwyl die appellant se weergawe so inherent onwaarskynlik
18
was dat dit verwerp moes word. Die landdros in Balhuber se
saak het
verder bevind dat daar stawing vir die klaagster se
weergawe was in die feit
dat sy in 'n geskokte emosionele toe-
stand vroeg die oggend by die
polisiestasie opgedaag het om
'n klagte van verkragting in te dien. Op
appèl na hierdie hof
is dit egter bevind dat die landdros, ondanks
verskeie verwy-
sings deur hom na die versigtigheidsreel, versuim het om
die
getuienis van die klaagster behoorlik krities te ontleed.
Toe so 'n
ontleding van haar getuienis wel gemaak is, het
verskeie onbevredigende
aspekte en inherente onwaarskynlik-
hede aan die lig gekom wat nooit deur die
landdros oorweeg
is nie.
In die Balhuber-saak het die hof ook ingegaan op
moontlike motiewe
wat 'n klaagster mag beweeg om 'n valse
aanklag van verkragting teen 'n man
in te dien. In hierdie
verband het Botha AR soos volg opgemerk op p. 40 e.v.
van die
getikte uitspraak:
"Reference was made earlier to decisions in this Court from which it appears that the cautionary rule is based on the risk of false charges being
19
laid in cases of this nature, and in which examples were given of possible motives for invention on the part of a complainant. The factual situations dealt with in those cases are not really on a par with the facts in this case, nor are the examples given there apposite in the present case. In my view there can be no doubt, however, that the risk of a false accusation is present in the circumstances of this case, even though the motive for it may not be readily apparent. There is a wide variety of possible motives for invention and the laying of false charges in cases of sexual assault. The complexity of such motives and the difficulty of perceiving them lie at the very foundation of the cautionary rule. This is well illustrated by Glanville Williams in his lucid treatment of this topic, which is to be found in The Proof of Guilt (3rd ed) at 158-178."
"The learned author says the following at 158-9:
'On a charge of rape and similar offences it is the practice to instruct the jury that it is unsafe tb convict on the uncorroborated evidence of the alleged victim. The rule applies to a charge of indecent assault, or any sexual offence, including an unnatural offence between males. There is a sound reason for it, because these cases are particularly subject to the danger of deliberately false charges, resulting from sexual neurosis, phantasy, jealousy, spite or simply a girl's refusal to admit that she
20
consented to an act of which she is now ashamed. Of these various possibilities, the most subtle are those connected with mental complexes. Wigmore, who recites a number of instances where women have brought false sexual charges against men, explains one of the motivations as follows:
'The unchaste (let us call it) mentality finds incidental but direct expression in the narration of imaginary sex-incidents of which the narrator is the heroine or the victim. On the surface the narration is straightforward and convincing. The real victim, however, too often in such cases is the innocent man; for the respect and sympathy naturally felt by any tribunal for a wronged female helps to give easy credit to such a plausible tale.'"
Die geleerde regter vervolg dan soos volg op p. 43 e.v. in die Balhuber-saak:
"In the present case, the Magistrate, as the trier of fact, should have warned himself of the inherent danger that the complainant, prompted by some
21
hidden motive, might have preferred a false charge agains the appellant. He has not demonstrated in his judgment that he did so."
"The laying of a false charge, judged by objective standards, is an irrational act, but the intrinsic improbability of it is much attenuated in cases of sexual assault by the knowledge, gained from experience, that a variety of possible motives do induce complainants to act in that way."
In die lig van die wye reeks moontlike motiewe wat
h
vals aanklag van verkragting mag inspireer het Botha AR in
die
Balhuber-saak beslis dat die hof soms genoop word om te
spekuleer, en
het hy soos volg op p. 45 e.v. beslis:
"In the present case, a number of possible motives for the complainant to have acted as the appellant aileged she did, suggest themselves. She may have been overcome by shame, disgust or remorse (perhaps even alcoholic remorse) at the fact that she had consented to intercourse with the appellant; she may have been sexually frustrated because of the appellant's drunken state (he may not have realised that they did not both enjoy the act); she may have been filled with revulsion at the unusual sexual acts to which the appellant had wanted her to submit, whether or not she was a willing party to such acts (as distinct from the act of intercourse); or she may simply have become
22
afraid, with the coming of the morning, that her male friend would arrivë at the flat. It is true that these possibilities are speculative and that a court is not usually required to speculate on possibilities having no foundation in the evidence placed before it (c f S v Glegg 1973 (1) S A 34 (A) at 38 H), but if the appellant were telling the truth there was no way in which he could have offered any explanation in evidence for the complainant's conduct, and possibilities of the kind I have mentioned are inherently present in the circumstances of a case such as the present. It is precisely because of the difficulty of discerning hidden motives that cases of this nature require special treatment. To quote again from Glanville Williams (at 160):
'The distinctive reason for the warning in sexual cases is that experience shows that the complainant's evidence may be warped by psychological processes which are not evident to the eye of common sense. The danger of convicting on the evidence of an accomplice who is trying to minimise his own part in the affair is obvious even to an unintelligent
person In sexual cases, on the
other hand, the danger is usually not obvious."
Indien die landdros in die onderhawige saak die versigtigheidsreël behoorlik toegepas het, sou hy die klaagster se getuienis van die staanspoor af krities benader
23
het, dit aan die hand van die waarskynlikhede getoets het en dit teen ander
aanvaarbare getuienis soos dié van Kenneth Kleinbooi
opgeweeg het. In
daardie geval sou die lánddros noodwendig tot die gevolgtrekking moes
gekom het dat die klaagster glad nie
so 'n bevredigende getuie was nie en dat sy
na alle waarskynlikheid vrywilliglik saam met die appellant na sy huis gegaan
het terwyl
sy geweet het dat sy vrou nie tuis was nie.
Daar is egter sekere
aspekte van die getuienis wat op die oog af stawing bied vir die klaagster se
weergawe dat sy deur die appellant
verkrag is. In die eerste plek beaam die
klaagster se moeder dat die klaagster skreeuend en huilend daardie Sondagaand by
die huis
aangekom het. Die moeder getuig ook dat die klaagster verskrik gelyk
het en dat haar rok en onderklere vol bloed was. Tweedens beaam
die moeder dat
die klaagster by haar tuiskoms beweer het dat die appellant haar verkrag het.
Dit het daartoe gelei dat die klaagster
dieselfde aand 'n klagte van verkragting
by die
24
polisie ingedien het. In die derde plek blyk dit uit die getuienis van dr.
Van der Pyl, wat die klaagster die volgende middag om 15h00
medies ondersoek
het, dat die klaagster bloeding onder die oogbindvlies van beide haar oë
gehad het, dat haar regterwang geswel
en gekneus was en dat haar linkerwang ook
ligte tekens van kneusing getoon het. Dr. Van de Pyl het verder getuig dat die
beserings
wat sy aan die klaagster se geslagsdele gevind het van so 'n aard was
dat dit op die afwesigheid van toestemming gedui het.
Hierdie aspekte, wat
ook in die hof a quo as stawing vir die klaagster se weergawe aanvaar is,
moet egter gesien word in die lig van die sterk waarskynlikheid, en gevolglike
bevinding, dat die klaagster vrywilliglik saam met die appellant na sy huis
gegaan het. Die moontlikheid dat die klaagster daarna
toegestem het tot
gemeenskap blyk dan nie meer so vergesog te wees nie. Verder moet haar
leuenagtige getuienis op die een wesenlike
aspek van die saak, naamlik dat die
appellant haar teen haar sin na sy huis
25
getrek het, noodwendig die betroubaarheid van haar verdere getuienis
affekteer.
Die verskillende aspekte wat moontlik stawing vir die klaagster se
weergawe kan bied, sal vervolgens behandel word.
Die klaagster het nog nie
voorheen met 'n man geslagsgemeenskap gehou nie en sy was voor die tyd 'n maagd
gewees. Dit kan in die lig
van al die getuienis aanvaar word dat die gemeenskap
vir haar fisies pynlik moes gewees het. Die klaagster het waarskýnlik
voor haar tuiskoms reeds agtergekom dat sy bloei uit haar geslagsdele en dat
haar onderklere en rok bloedbevlek is. Dit kan aanvaar
word dat sy bekommerd
moes gewees het oor die bloeding. Die klaagster moes besef het dat sy een of
ander verduideliking vir die bloeding
en bloedbevlekte klere aan haar moeder sou
moes gee. Een moontlike verduideliking wat sy aan haar moeder kon gee, was om te
beweer
dat die appellant haar verkrag het. Gesien in daardie lig is dit ook nie
onmoontlik nie dat sy kort voor haar aankoms by die huis
26
vir die appellant sou gesê het dat sy hom vir verkragting gaan aankla,
soos hy inderdaad getuig het.
Die moeder van die klaagster is ook nie van
kritiek vry te spreek nie. Sy het direk na die klaagster getuig. Dit blyk uit 'n
opmerking
van die landdros dat die klaagster se moeder die hele tyd in die hof
gesit het terwyl die klaagster getuig het. Dit plaas reeds 'n
vraagteken agter
die betroubaarheid van die moeder se getuienis.
Beide die moeder en die
klaagster getuig dat die klaagster se eerste opmerking teenoor die moeder was
dat die appellant haar na sy
huis getrek het. Dit blyk uit die moeder se
getuienis dat sy inderdaad vir die klaagster gevra het wat sy by die appellant
gesoek
het. Die moeder het ook vir die klaagster gevra of sy 'n verhouding met
die appellant het. Dit wil dus voorkom asof die moeder suspisieus
was. Die
klaagster se mededeling aan haar moeder dat die appellant haar na sy huis getrek
het, was in ieder geval 'n leuen, en die
klaagster het dit geweet. Moontlik het
die moeder dit
27
ook vermoed. Gesien teen hierdie agtergrond is dit nie onwaarskynlik nie dat
daar 'n konfrontasie tussen moeder en kind was en dat
die moeder die klaagster
in die proses geklap het. Dit is selfs moontlik dat die vader, wat volgens die
getuienis die aand tuis was,
sy dogter kon geklap het. Dit sal verduidelik
waarom die klaagster geen melding teenoor haar moeder gemaak het van die
appellant
se beweerde aanranding op haar nie, en waarom die moeder in haar
getuienis geen melding daarvan gemaak het dat sy die beserings aan
die klaagster
se gesig waargeneem het nie.
Die moontlikheid dat die moeder of selfs die
vader die klaagster geklap het, berus weliswaar op spekulasie. Die appellant het
dit
nie beweer nie en dit is ook nooit tydens kruisondervraging aan òf
die klaagster òf die moeder gestel nie. Soos blyk
uit die laaste
passasié wat hierbo uit die Balhuber-saak aangehaal is, is die hof
soms verplig om by die toepassing van die versigtigheidsreël in hierdie
soort sake spelulatiewe
moontlikhede in aanmerking te neem. Indien
28
dit nie die appellant was wat die klaagster geklap het nie, kon hy nie geweet
het hoe die klaagster die beserings aan haar gesig opgedoen
het nie. In die
omstandighede kan hy ook nie verkwalik word omdat hy nie getuienis tot daardie
effek gelewer het nie, of spekulatiewe
vrae in daardie verband tydens
kruisondervraging aan die klaagster en haar moeder gestel het nie. Die appellant
het wel tydens
kruisondervraging van die klaagster deur sy prokureur teenoor
haar ontken dat hy haar geklap of aangerand het. Dit was ook sy getuienis
gewees.
Daar is 'n verdere aspek in verband met die beserings aan die
klaagster se gesig wat myns insiens nie bevredigend deur die klaagster
en ander
staatsgetuies opgeklaar is nie. Volgens die beskrywing van die geneesheer was
beide wange van die klaagster beseer, maar
was dit veral die regterwang wat die
ergste beserings getoon het. Indien die appellant en klaagster normaalweg
teenoor mekaar gestaan
het en hy haar met sy regterhand geklap het, sou mens
verwag het dat die klaagster se linkerwang die ergste beseer was.
29
Die klaagster se getuienis was verder dat die appellant haar
slegs een maal geklap het. Dit lyk vir my egter onwaarskyn-
lik dat een klap in die gesig albei die klaagster se oë, en
albei
haar wange tot so 'n mate kon beseer het. Hierdie aspek
is tydens haar hoofgetuienis met dr. Van der Pyl behandel en
haar antwoord
skep by die eerste oogopslag die indruk dat sy
bevestig het dat een klap in
die gesig wel al hierdie
beserings kon veroorsaak het. Haar antwoord skyn
egter meer
toegespits te wees op die vraag of 'n klap met 'n oop
hand
verenigbaar is met sulke ernstige beserings. Die vraag en
antwoord
word aangehaal soos dit in die oorkonde verskyn.
"PROSECUTOR: Doctor, the complainant, she testified that she was slapt once in the face with an open hand and she indicated like this, could that be consistent with the injuries you found on
her face? Oh yes. The bruising and swelling
on the cheecks plus the haemorrhages inside the eye which is consistent with a direct blow."
Hoe dit ook al sy, die getuienis van dr. Van der
Pyl
regverdig in ieder geval nie die afleiding dat die
beserings aan die
klaagster se gesig toegedien is voordat die
30
geslagsgemeenskap plaasgevind het nie, of dat daardie
beserings hoegenaamd
deur die appellant toegedien is nie.
Dit is net die klaagster se getuienis
wat die appellant met
daardie beserings verbind.
Dr. Van der Pyl het ook getuig dat die beserings
aan
die klaagster se geslagsdele eerder op verkragting
as op vrywillige
gemeenskap dui. Dit blyk egter uit die
voigende antwoorde wat dr. Van der Pyl
tydens
hoofondervraging en op 'n vraag van die landdros gegee het dat
die
beserings aan die klaagster se gesig (en sy het
klaarblyklik aanvaar dat dit
deur die appellant veroorsaak
was) 'n belangrike oorweging by haar was.
"Are you talking about the degree of force
used? Ja. Also the findings of the facial
bruising and abrasion, sorry, not abrasion, bruising, with the sub(conjunctival) haemorrhages one does not usualy expect to find this in a situation where consent is given."
"Now would you exlude the possibility of
consent or not? On clinical examination purely
of the (genitalia) one would not be able to be one
31
hundred percent certain to exclude consent. I think it is, one has to base it on a general examination which inclúdes the facial injuries."
Dr. Van der Pyl gee wel toe dat indien
die klaagster 'n maagd was mens 'n geskeurde maagdevlies en teerheid van die
geslagsdele sou
verwag het, selfs waar geslagsgemeenskap met die klaagster se
toestemming geskied het.
'n Verdere aspek wat as moontlike stawing vir die
klaagster se weergawe van 'n verkragting gesien kan word, is die moeder se
getuienis
dat die klaagster verskrik gelyk het en dat sy gehuil het toe sy die
Sondagaand by die huis aangekom het. Indien dit inderdaad die
moeder of vader
was wat die klaagster geklap het, kan daar glad nie verder op die moeder se
getuienis peil getrek word nie, en kan
dit ook begryp word waarom die klaagster
verskrik gelyk het en gehuil het. Maar selfs indien die moontlikheid dat die
klaagster deur
die moeder of vader geklap was buite rekening gelaat word, is die
klaagster se gemelde gemoedstoestand na my
32
mening te versoen met die appellant se weergawe dat gemeenskap met haar toestemming plaasgevind het. Dit moet steeds in gedagte gehou word dat die klaagster nog 'n jong meisie was wat so pas die eerste keer geslagsgemeenskap gehad het. Dit was virr haar fisies 'n pynlike ondervinding. Daarbenewens het sy aan die bloei gegaan en moes dit haar ontstel het. Verder was daar die bloed aan haar klere wat sy op een of ander manier aan haar moeder moes verduidelik. Na my mening is dit heeltemal verstaanbaar indien sy onder daardie omstandighede verskrik was en gehuil het. As die beskuldiging dat die appellant haar verkrag het bowendien vals was, moes dit haar net verder ontstel het. Daar is immers getuienis dat die klaagster en die appellant op daardie stadium toe reeds vir 'n paar maande lank 'n verhouding gehad het. Ek het reeds verwys na die passasie in die klaagster se eie getuienis waar sy dit by implikasie toegegee het. Daar is ook die getuienis van Thelma Russell dat sy op 'n Woensdagaand buite haar huis gesien het hoe die klaagster
33
en die appellant mekaar omhels. Die landdros het weliswaar Thelma Russell se
getuienis verwerp. Sy was beslis nie 'n goeie getuie
nie en sy en die appellant
het mekaar ook op verskeie aspekte weerspreek. Indien dit egter een maal aanvaar
word dat die klaagster
die Sondagaand uit vrye wil saam met die appellant na sy
huis gegaan het, is Thelma se getuienis omtrent die omhelsing opsigselfstaande
glad nie so onwaarskynlik nie.
Mnr Nel, wat namens die Staat as
respondent verskyn het, het met verwysing na die beslissing in Snyman se
saak, supra, op 585 E, betoog dat die leuenagtige aard van die appellant
se getuienis 'n faktor is wat die risiko van 'n verkeerde skuldigbevinding
in
sake soos hierdie verminder. Dit is ongetwyfeld korrek. Die appellant se
getuienis kan in sekere opsigte met reg gekritiseer word.
In ander opsigte het
hy ooglopend 'n leuen vertel, byvoorbeeld in verband met sy beweerde drankinname
daardie dag. Die appellant
se eie getuies en die waarskynlikhede weerspreek hom
vir sover dit
34
sy beweerde dronkenskap betref. Sy eie getuie, Thelma Russell, steun hom ook
nie vir sover dit haar beweerde rol as boodskapper tussen
dié appellant
en klaagster betref nie. Op ander meer wesenlike aspekte kan dit na my oordeel
egter nie gesê word dat
die appellant se weergawe nie redelik moontlik
waar is nie, byvoorbeeld wat betref sy bewering dat hy en die klaagster 'n
verhouding
gehad het. Die appellant se getuienis dat die klaagster die betrokke
Sondagaand vrywilliglik saam met hom na sy woning gegaan het,
moet trouens
aanvaar word as die waarskynlik korrekte weergawe van die feite. Die appellant
se getuienis dat die klaagster daarna
toegestem het tot geslagsgemeenskap volg
dan eintlik ook as 'n redelike moontlikheid.
Die basiese probleem wat die
respondent in hierdie saak het, is dat dit by 'n behoorlike toepassing van die
versigtigheidsreël
blyk dat die klaagster klaarblyklik op sekere wesenlike
aspekte valse getuienis afgelê het. Verder blyk dit dat die klaagster
goed
moontlik 'n motief kon gehad
35
het waarom sy die appellant valslik van verkragting beskuldig het. As dit een
maal aanvaar word, help dit nie vir die respondent om
hom op die leuens van die
appellant te beroep nie.
Na my oordeel moet die appèl slaag. Die
appellant se skuldigbevinding en vonnis word gevolglik tersyde gestel.
F H GROSSKOPF AR
BOTHA AR
EKSTEEN AR Stem saam

RTF format