South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1989 >>
[1989] ZASCA 4
| Noteup
| LawCite
S v Morris and Another (188/1988) [1989] ZASCA 4; [1989] 4 All SA 616 (AD) (9 March 1989)
Download original files |
LL Saak No 188/1988
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
MICHAEL MORRIS Eerste Appellant
en
DESMOND ANDRIES UITHALER Tweede Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, HEFER et STEYN ARR
VERHOORDATUM: 27 FEBRUARIE 1989
LEWERINGSDATUM: 9 MAART 1989
UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2. Die appellante is in die
Witwatersrandse Plaaslike Afdeling skuldig bevind aan huisbraak met die opset om
te roof en roof met verswarende
omstandighede (klag 3); poging tot moord (klag
4); weer eens poging tot moord (klag 5); diefstal van 'n motorvoertuig (klag 6);
moord
(klag 7); poging tot moord (klag 8); onwettige besit van 'n vuurwapen
(klag 9); en onwettige besit van ammunisie (klag 10). Hierbenewens
is die eerste
appellant (Morris) skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede (klag
2). Wat die moordklag betref, is bevind
dat versagtende omstandighede nie
aanwesig was nie en is beide appellante gevolglik ter dood veroordeel. Op die
derde aanklag het
die verhoorregter in uitoefening van sy diskresie ook beide
appellante die doodvonnis opgelê. Wat die oorblywende aanklagte
betref, is
die appellante tot 'n verskeidenheid van termyne van gevangenisstraf gevonnis.
Dit is egter gelas dat sommige van die
vonnisse samelopend moes wees. Die gevolg
was dat
3. Morris 'n totale effektiewe gevangenisstraf van 41 ½ jaar, en
die tweede appellant (Uithaler) van 34 ½ jaar, opgelê
is.
Die
appellante het onsuksesvol by die ver-hoorregter aansoek gedoen om verlof om te
appelleer teen die oplegging van die doodvonnisse
(in die geval van klag 7 was
die vonnis natuurlik gegrond op die negatiewe bevinding aangaande versagtende
omstandig-hede.) Hierna
het Morris 'n identiese aansoek aan die Hoofregter
gerig. Verlof tot appèl is geweier wat klag 7 betref, maar toegestaan
betreffende
die dis-kresionêre doodstraf op klag 3. Hierbenewens is
ver-lof verleen ten opsigte van die gevangenisstrawwe op die ander
aanklagte
("particularly the cumulative effect thereof").
Op 'n later stadium het Uithaler hom ook tot die Hoofregter gewend. In sy
geval is verlof tot appèl verleen teen die oplegging
van beide
dood-vonnisse, asook teen sy skuldigbevinding op die
4.
moordklag.
Gerieflikheidshalwe behandel ek ter aanvang die appèl van
Uithaler teen die doodvonnis wat hom op die moordklag opgelê
is. Na die
pleging van die misdade waarop aanklagte 3 - 5 betrekking gehad het, het die
appellante 'n Cortina motor gesteel (klag
6). Hulle het toe gepoog om dit aan
twee mans te verkoop. Laasgenoemdes het met adjudant-offisier Jacobs ("die
oorledene") in verbinding
getree en daar is toe besluit om 'n lokval vir die
appellante te stel. Die resultaat was dat die oorledene en sersant Mnomiya die
aand van 8 Oktober 1986 per motor na 'n plek in die distrik van Roodepoort
gereis het. Daar het hulle die gepar-keerde Cortina aangetref.
Morris was die
bestuurder daarvan. Hy het blykbaar onraad gemerk en probeer wegtrek, maar die
oorledene het sy voertuig voor die
Cortina ingetrek. Op daardie stadium het
Uithaler en die twee beriggewers naby die Cortina gestaan. Mnomiya stap toe na
daardie voertuig
met sy pistool in
5. sy hand. Hy sê vir Morris dat hy
'n polisieman is. Die oorledene kom by en vra wie se motor die Cortiha is.
Morris antwoord
dat dit aan Uithaler behoort. Op aandrang van die oorledene kom
Uithaler en die ander twee persone nader. Die oorledene herhaal sy
vraag.
Uithaler sê dat dit sy pa se Cortina is. Die oorledene beveel die drietal
om in die voertuig te klim. Uithaler doen
sulks en probeer dan om by die
anderkant van die Cortina uit te skuif. Die oorledene gelas hom om stil te sit.
Op versoek van die
oorledene gaan haal Mnomiya 'n radio in die polisievoertuig.
Hy bring dit na die Cortina waar die oorledene digby die voorvenster
aan die
besturder se kant staan. Net nadat Mnomiya die radio aan die oorledene
oorhandig, vuur Morris skote met 'n rewolwer. Die
eerste tref Mnomiya in sy arm
en sy; 'n ander die oorledene in sy buik. Die appellant ontvlug en die oorledene
sterf op die toneel.
Die motivering van die hof a quo wat Uithaler
6. se skuldigbevinding op die moordklag ten grondslag gelê het, kan soos volg saamgevat word:
1) Uithaler het formeel by die verhoor
erken dat hy
as passasier ten tyde van die rit in die
Cortina wat die skietery
voorafgegaan het, geweet het
dat Morris in besit van 'n gelaaide vuurwapen
was en
"dat hy die moontlikheid voorsien het dat die wapen gebruik kon word indien 'n persoon of persone hulle sou konfronteer oor hulle besit van die gemelde voertuig."
2) Uithaler was bewus dat die polisie op soek na die Cortina sou wees en het besef dat hulle die voertuig sou kon voorkeer wat waarskynlik aanleiding sou gee tot 'n konfrontasie tussen hulle en die gewapende Morris. 3) Die rewolwer is deur Morris buitgemaak toe hy op 'n vroeer stadium vir ene Ho Tong beroof het (klag 2). Later het beide appellante by Ho Tong se woonstel ingebreek en het Uithaler aan wie Morris die rewolwer op daardie geleentheid gegee het, verskeie
7. skote gevuur wat Ho Tong en sy vriendin
ernstiglik verwond het (klagtes 3 - 5 waaroor later meer). Uithaler het dus
besef dat indien
die polisie die rewolwer by Morris of in die Cortina sou vind,
hulle ernstiger probleme as 'n blote diefstalklag van 'n motor in
die gesig sou
moes staar.
4) Uithaler het gevolglik voorsien dat Morris nie sou huiwer nie
om die rewolwer te gebruik indien hy op die geleentheid onder bespreking
deur
die polisie gekonfronteer sou word. Hy het egter onverskillig gestaan "teenoor
die vraag of die vuur bp die polisiebeamptes
noodlottige gevolge kon hê of
nie".
Uithaler se advokaat het die gevolgtrekking uiteengesit in (4) hierbo
aangeveg. Sy vernaamste betoog was dat nie bewys is nie op welke
tydstip
Uithaler bewus geword het van die feit dat Morris die rewolwer by hom in die
Cortina gehad het. Ook sy bogenoemde erkenning
swyg hieroor. Dit kan dus wees,
so is voorts aangevoer, dat hy bedoelde kennis verkry
8.
het toe dit te laat was om Morris te verhoed om die
rewolwer te gebruik of
om hom te disassosieer van die
moontlikheid dat Morris op die polisie sou
vuur.
Hierdie betoog stuit voor die genotuleerde
erkenning van Uithaler. Die tersaaklike gedeelte lui
dat hy erken:
"dat hy kennis gedra het van die feit dat beskuldigde 1 [Morris] in besit van 'n gelaaide vuurwapen was ten tye van die reis wat in verband met die van die hand sit van gemelde gesteelde voertuig gestaan het ..." (My kursivering.)
Dit is dus duidelik dat Uithaler vanaf die
aanvang van die rit die erkende kennis gedra het.
Daardie rit het 'n
geruime tyd geduur. Nadat die
Cortina tot stilstand gekom het, het
Uithaler
uitgeklim, klaarblyklik om met die beriggewers te
onderhandel. Op daardie stadium, en ook toe die
polisie op die toneel verskyn het, was hy nog steeds
bewus dat Morris in besit van die gelaaide rewolwer
was.
9. Die ander tersaaklike betoë van Uithaler se advokaat verdien
nie ernstige oorweging nie. Uithaler het ook erken "dat hy die
moontlikheid
voorsien het dat die wapen gebruik kon word indien [iemand] hulle sou
konfronteer vir hulle besit van die
...[Cortina]". Hierdie erkenning strook met die
enigste redelike
afleidings uit die getuienis. Uithaler het geweet dat Morris die rewolwer van Ho
Tong geroof het. Op 'n later geleentheid
het hy en Morris by Ho Tong se woonstel
ingebreek. Met dieselfde rewolwer het Uithaler toe vier skote op Ho Tong en sy
vriendin geskiet
met die opset om hulle te dood. Morris was teenwoordig en het
hom klaarblyklik daarmee vereenselwig. Die rewolwer is dus voorheen
gebruik met,
soos die verhoorhof tereg bevind het, die opset om persone te dood. Indien die
rewolwer in die Cortina gevind sou word,
sou dit dien om die appellante met die
roof en pogings tot moord te verbind. Hulle sou dit dus ten alle koste probeer
verhoed. Daarby
kom die
10. oorweging dat die moontlikheid dat die polisie
die gesteelde Cortina sou kon voorkeer, sekerlik nie gering was nie. Gevolglik
is daar geen fout te vind met die aangevegte gevolgtrekking van die verhoorhof
nie.
Ek kom dan by die bevinding dat daar nie versagtende omstandighede was
betreffende die moord op Jacobs nie. Op die keper beskou, is
nie gesteun op
enige wanvoorligting deur die verhoorhof nie. Wel is aan die hand gedoen dat die
hof "onvoldoende aandag" geskenk
het aan die "geringe aandeel" wat Uithaler in
die moord gehad het. Daar steek geen pit in hierdie betoog nie, en ek is
sekerlik nie
oortuig dat die hof nie redelikerwyse tot die genoemde bevinding
kon gekom het nie.
Vervolgens behandel ek beide appellante se aanvegting van die diskresionêre doodvonnisse op klag 3. Sommige fasette van die roof is reeds hierbo vermeld. Die geheelbeeld kan kortliks soos volg saamgevat word.
11.
In Augustus 1985 omstreeks 1.30 vm word die sewentigjarige Ho Tong in sy
woonstel in Johannesburg deur 'n vuurwapenskoot gewek. Hy
voel 'n brandsensasie
agter sy oor. (Later blyk dit dat die koeël hom agter sy oor getref en in
sy skedel bly vassit het.) Hy
skakel die lig aan en sien dat sy vriendin, mev
Mansfield, wat in dieselfde kamer geslaap het, se mond bloei. 'n Tweede
koeël
het haar in die mond getref. Kort hierna kom Uithaler, wat die skote
gevuur het, weer die kamer binne. Hy dreig Ho Tong en mev Mansfield
met 'n
rewolwer en verkry 'n sleutel waarmee hy die voordeur van die woonstel oopsluit.
Morris kom binne. Hy het 'n lang, skerp mes
by hom. Hy staan voor die gewondes
met die mes terwyl Uithaler die slaapkamer deursoek. Hierna buit hulle patrone
en nagenoeg R500.
Twee keer sê Uithaler: "I am going to kill you with your
gun tonight". Hy en Morris loop na die deur van die slaapkamer en
aldaar skiet
Uithaler nog twee skote. Hy tref Ho Tong agter sy skouerblad en
12. mev
Mansfield in die ribbes. Wonder bo wonder het nie een van die vier skote
noodlottige gevolge nie. Wat Ho Tong betref lê
die verklaring miskien in
sy lakonieke opmerking: "I have got a cat's life".
Uithaler se advokaat het
(altans in sy betoogshoofde) op slegs een aangevoerde mistasting van die
verhoorhof probeer steun. Hy het
naamlik betoog dat die verhoorregter dit nie
duidelik gestel het dat hy nie 'n alternatiewe straf oorweeg het nie. Die
opmerkings
van Botha AR in S v Pieters 1987 (3) SA 717, 728 D-I, geld
egter eweseer in hierdie geval. Dit is naamlik ondenkbaar dat by besinning oor
'n gepaste straf die verhoorregter
nie die enigste moontlike alternatief -
langtermyn gevangenisstraf-oorweeg het nie.
Morris se advokaat het op 'n aantal verdere aangevoerde mistastings gesteun. Slegs drie hoef vermeld te word. Die eerste is dat die verhoorregter verkeerdelik bevind het dat Morris op die balkon van
13.
die woonstel gestaan het toe Uithaler die eerste twee skote geskiet het. Nou is dit so dat volgens die getuienis wat Morris ter versagting afgelê het (nog hy nog Uithaler het voor die skuldigbevindings getuig) hy op daardie stadium onder by die trappe van die woonstelblok was. Indien hierdie getuienis aanvaarbaar is, baat dit egter nie Morris se saak nie. Waar hy ook al was, moes hy ongetwyf eld die skote gehoor het want 'n getuie wat later ook by die onderpunt van die trappe was, het mev Mansfield hoor uitroep van pyn terwyl sy in die woonstel was. Daarna, toe Morris in die woonstel kom en voordat hy met die mes waggehou het, was dit ook vir hom duidelik dat sy en Ho Tong deur Uithaler verwond is. Die mistasting is dus van geen belang nie.
Tweedens is betoog dat die bevinding dat Morris hom vereenselwig het met Uithaler se koelbloedige afvuur van die derde en vierde skote ongeregverdig is. Want, so is aangevoer, op daardie
14.
stadium het Morris reeds die woonstel verlaat. Al wat in hierdie verband
gesê hoef te word, is dat Morris
'n uiters swak getuie was en dat
volgens Ho Tong die appellante saam na die slaapkamerdeur gestap het vanwaar die
skote gevuur is.
Bowendien het Morris volgens sy eie weergawe in die slaapkamer
twee patrone aan Uithaler gegee. Dit het gebeur nadat die patrone
en geld
buitgemaak is en kort voordat die appellante die woonstel verlaat het. Morris
het toe geweet dat die rewolwer ongelaai was
want dit het slegs twee patrone
bevat toe hy dit aan Uithaler gegee het onmiddellik voordat laasgenoemde by 'n
venster van die woonstel
ingebreek het. Alles dui daarop dat Uithaler toe beplan
het om die twee slagoffers dood te skiet en dat Morris dit geweet het. In
alle
waarskynlikheid wou hulle die gevaar van latere identifikasie uitskakel.
Dit volg dus dat die verhoorregter nie enige wesentlike mistasting begaan het
nie. Oor die
15. uitoefening van sy diskresie hoef nie veel gesê te
word nie. Ek stem saam dat die roof van besonder ernstige aard was. Vier
skote
is afgevuur op die slagoffers en hulle is amper noodlottig verwond. Die feit dat
nie veel buitgemaak is nie, kan, in die lig
van al die tersaaklike feite weinig
gewig dra. Daar is dus geen sprake dat die verhoorregter nie sy diskresie
behoorlik uitgeoefen
het nie toe hy albei appellante op die roofklag ter dood
veroordeel het.
In die lig van die voorgaande is 'n oorweging van Morris se
appèl teen sy vonnisse op die oorblywende aanklagte, en meer bepaald
die
kumulatiewe effek daarvan, waarskynlik van bloot teoretiese belang. Sy advokaat
het in elk geval akkoord gegaan dat dit geen
doel dien om elke individuele
vonnis te oorweeg nie aangesien dit duidelik is dat 'n baie lang effektiewe
termyn van gevangenisstraf
aangewese is. Hy het wel betoog dat 'n termyn van
411/ jaar geheel-en-al onvanpas is, en ek meen dat hy gelyk gegee moet
word.
16. Trouens, die advokaat vir die respondent was dit met hom eens dat
die effektiewe termyn 25 jaar moet wees. In die lig van die
oorwegings vermeld
in die ongerapporteerde uitspraak van hierdie hof in Fofo v Die Staat
(appèl 312/87), meen ek ook dat daardie termyn 25 jaar behoort te wees -
wat opsigtelik verskil van die totale gevangenisstraf
wat die verhoorregter
opgelê het. Soos in bedoelde uitspraak vermeld is, is gevangenisstraf van
meer as 25 jaar slegs in enkele,
buitengewone gevalle te regverdig, en die
huidige is nie so 'n geval nie.
Die appèlle word gevolglik afgewys
behalwe dat in Morris se geval bepaal word dat die gevangenisstrawwe wat die
verhoorregter
op klagtes 2, 9, 10, en tien jaar van die straf wat op klag 8
opgelê is, moet saamloop met die vonnis gevel op klag 4.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
HEFER AR
STEM SAAM STEYN AR