South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1989 >> [1989] ZASCA 170

| Noteup | LawCite

S v Shabalala (169/89) [1989] ZASCA 170 (1 December 1989)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen

JABULANI SHABALALA APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : HEFER, MILNE et STEYN ARR. AANGEHOOR: 28 NOVEMBER 1989. GELEWER : 1 DESEMBER 1939.

UITSPRAAK DEUR J J F HEFER AR.

1.

HEFER AR :

Die appellant het by sy verskyning in die hof a quo skuldig gepleit op drie aanklagte - een van huis-braak met die opset om te steel en diefstal, een van ver-kragtíng en een van moord. Die aanklagte teen hom het voortgespruit uit die gebeure op Chrissie smeer op 25 April 1987 toe hy die huis van 'n 87-jarige vrou, ene Mev Com-
brinck, oopgebreek en 'n radio en 'n bos sleutels daarúit

gesteel het (aanklag 1) en Mev Combrinck eers verkrag

(aanklag 3) en toe vermoor het (aanklag 2). Hy is skul-
dig bevind op al drie aanklagte. Omdat hy ten tyde van
die voorval enkele maande onder die ouderdom van agtien

jaar was, het die verhoorhof 'n bevinding oor die aan-

/2
2.

of afwesigheid van versagtende omstandighede met betrek-king tot die tweede aanklag onnodig geag. Op daardie aanklag is hy tot 10 jaar en op die eerste aanklag tot 3 jaar gevangenisstraf veroordeei. Dié twee vonnísse moet samelopend uitgedien word. Op die derde aanklag is hy ter dood veroordeel. Met verlof van die verhoor-regter kom hy nou in hoër beroep teen die doodvonnis.

Afgesien van die afleidings wat gemaak kan word van die beserings wat aan die oorledene se liggaam gevind is en van poiisie-waarnemings in die huis nadat haar lyk ontdek is, is die enigste getuienis oor wat die betrokke. dag daar gebeur het 'n bekentenis van die appellant. Die bekentenis vertel klaarblyklik nie die volle verhaal nie

/3
3.

maar die getuienis as geheel regverdig die gevolgtrekking dat die appellant die huis ongewapen bínnegegaan het,dat
dat hy die oorledene in haar slaapkamer toegesiuit het en dat hy die huis toe verlaat het met 'n radio en 'n bos sleu-tels. Buite in die erf het hy 'n ysterstaaf opgetel. Daar-mee gewapen is hy weer die huis in en na die slaapkamer waar die oorledene was. Deur haar met die yster te dreig,

het hy haar oorreed om haar onderklere uit te trek. Daar-

na het hy haar verkrag en, waarskyniik ten einde haar mond te snoer, het hy haar toe vermoor deur haar met die yster oor die kop te slaan en te verwurg.

Die verhoorregter het tereg die dodelike geweld wat op die oorledene toegepas is en wat aanleiding gegee

/4

4. het tot appellant se skuldigbevinding en vonnis op die tweede aanklag, buite rekening gelaat by oorweging van 'n gepaste vonnis op die derde aanklag. Waarom die dood-vonnís nogtans op die derde aanklag opgelê is, blyk uit die volgende aanhaling uit die uitspraak op vonnis:

" Die beskuldigde is nie 'n eerste oortreder nie. Dit blyk dat die beskuldigde 'n vorige veroorde-líng vir verkragting het waarvoor hy op 15 Mei 1987 'n vonnis van vier jaar gevangenisstraf op-gelê is. Volgens die SAP-69 vorm wat opgehan-

dig is het daardie vorige verkragting met lig-gaamlike geweld gepaard gegaan. Mnr.Roberts wat namens die staat verskyn deel die hof mee dat hy die oorkonde van daardie saak nagegaan het en dat die slagoffer in daardie geval 'n 77-jarige swart vrou was. Mnr. Saaiman beves-tig dat die beskuldigde aan hom toegegee het dat hy by daardie vorige geleentheid 'n ou vrou verkrag het, maar dat hy nie weet hoe oud sy was nie. Ek wil nie hierdie vorige veroordeling

/5

5
oorbeklemtoon nie,: maar ek kan nie uit die oog verloor dat die beskuldigde kort voor die pleg-ing van die misdade waarvoor hy nou teregstaan hierdie verkragting gepleeg het nie. In die onderhawige geval het die beskuldigde 'n 87 -jarige ou dame verkrag. Mnr. Roberts deel die hof mee dat die beskuldigde hierdie tweede ver-kragting gepleeg het terwyl hy op borg uit was nadat hy in verband met die vorige verkragting gearresteer was. Dit moet egter in gedagte gehou word dat hy eers skuldig bevind is aan die vorige verkragting en gevonnis is nadat hy die onderhawige misdade gepleeg het.
Dit blyk dat die beskuldigde 'n neiging openbaar om weerlose ou vrouens te verkrag en

in die proses geweld toe te pas Dit is
vir my onbegryplik waarom 'n groot volgroeíde jong man soos die beskuldigde, wat op die oog af fisies gesond en sonder liggaamlike gebreke voorkom, so 'n weersinwekkende misdaad wil pleeg
om 'n weerlose ou vrou te verkrag Vol-
gens die beskuldigde se eie verklaring was hy goed bewus daarvan dat sy slagoffer in die on-derhawige geval 'n ou vrou was wat in die betrok-ke huis gebly het. Hy stel dit soos volg insy

/6

6.

eie verklaring:

'Met my aankoms in die dorp op die regter-

kant as mens die dorp ingaan, is daar 'n

ou blanke vrou wat daar bly. Ek het by
haar erf toe gegaan.' Hy het dus geweet dat hy nie veel weerstand te wagte kan wees van sy slagoffer nie. Te oordeel na die beskuldigde se latere optrede is dít waar-skynlik dat sy oogmerk verkragting en nie roof of diefstal was nie. Hy het byvoorbeeld nie die oorledene se vuurwapen gevat nie.
Dit is na my mening drie baie ernstige misdade wat die beskuldigde gepleeg het. Hy het eerstens by die oorledene se huis ingebreek om toegang tot die huis te verkry. Nadat hy aldus toegang tot die huis verkry het, het hy die oor-ledene verkrag en vermoor en haar radio gesteel. Die hof het bevind dat die beskuldigde enkele maande onder die ouderdom van 18 jaar was toe hy hierdie misdade gepleeg het. Ek het gevolg-lik 'n diskresie met betrekking tot die opleg-ging van die doodvonnis vir die moord. Mnr. Roberts wat namens die staat verskyn het betoog dat die hof nogtans díe doodvonnis vir die moord behoort op te lê. Mnr. Saaiman wat namens die

/7

7

beskuldigde verskyn het daarenteen met verwysing na verskeie besliste sake betoog dat die hof in die lig van die beskuldigde se jeug nie die dood-vonnis behoort op te 1ê nie. Na my mening is dit egter nie die moord nie, maar die verkragting wat in die lig van al die omstandighede so ernstig van aard was dat die hof die doodvonnis daarvoor behoort op te lê.

Die hof moet kyk na die belang van die ge-

meenskap by die opleggíng van vonnis. Wrede aan-valle op weerlose ou vroue is aan die orde van die dag en dit is die howe se plig om die gemeen-skap in hierdie verband te probeer beskerm."

Die probleem waarmee hierdie hof nou belas is,
spruit nie bloot uit die vonnis wat op die derde aanklag
opgelê is op sigself níe. Trouens, word daardie aanklag
en die opgelegde vonnis op sig self beoordeel, val dit te
betwyfel of dit 'n geval is waarin hierdie hof sy beperkte
bevoegdheid om in te meng sal uitoefen. Die werklike

/8

8

probleem spruit uit die opmerklike verskil tussen die

doodvonnis wat op die derde aanklag weens verkragting

opgelê is, en die 10 jaar gevangenisstraf wat as 'n ge-

paste vonnis op die tweede aanklag vir moord beskou is.
Met hierdie opmerking word geensins bedoel dat daar in

alle gevalle 'n korrelasre van vonnisse bloot op grond

van die aard van die misdrywe behoort te wees nie. ín

die onderhawige geval het die appellant by diese-Lfde ge-

leentheid en onmiddellik op mekaar volgend eers verkrag-

ting en toe moord gepleeg. In ag genome, nie net die

aard van die twee misdade nie, maar ook die wrede manier
waarop die oorledene gedood is, en die appellant se be-

rekende optrede by en waarskynlike beweegrede vir die

/9

9.
moord, kom dit voor asof die moord 'n veel swaarder von- nis verdien het as die verkragting, en nie andersom nie. Dit laat die vraag ontstaan of die verhoorregter die diskresie wat hy ten opsigte van beide aanklagte ge-had het om die doodvonnis op te lê behoorlik uitgeoefen het. Hierdie vraag kan, in die huidige omstandighede, beantwoord word deur die moontlike faktore na te gaan wat, enersyds, strafversagtend slegs ten opsigte van die tweede aanklag en, andersyds, strafverswarend slegs ten opsigte van die derde aanklag oorweeg kon word. Daar is geen strafversagtende faktore slegs ten opsigte van die tweede aanklag nie. Waarskynlík was dit die appellant se jeugdigheid wat hom op daardie aanklag van

/10

10.
die galg gered het, maar dit moes vanselfsprekend ook 'n rol gespeel het by die derde aanklag. Wat strafverswa-rende faktore betref, i s daar slegs een wat die derde aanklag van die tweede onderskei. Dit is die feit dat Mev Combrinck die tweede bejaarde vrou was wat deur ap-pellant verkrag is. Die verhoorhof het dit as 'n neiging by hom beskou om weerlose bejaarde vroue gewelddadig te verkrag, maar dit is te betwyfel of dit die vorige oor-treding was wat deurslag gegee het; dit blyk naamlïk uit die aangehaalde passasie dat die belese regter die vorige veroordeling nie wou oorbeklemtoon nie en inaan-merking geneem het dat die werklike veroordeling eers na die tweede verkragting plaasgevind het.

/11
11.

Aangesien daar prakties gesproke dus geen verskil

was in die faktore wat die vonnis kon beïnvloed nie was

die verhoorregter se bevinding dat dit nie die moord nie

maar die verkragting was wat "in die lig van al die om-

standighede so ernstig van aard was dat die hof die dood-

vonnis daarvoor behoort op te lê" nie geregverdig nie.

Die opgelegde vonnis kan derhalwe nie gehandhaaf word nie.

Die appèl slaag tot die mate dat die vonnis wat die appellant op die derde aanklag opgelê is, tersyde gestel en vervang word met 'n vonnis van gevangenisstraf vir 10 jaar.

J J F HEFER AR.

MILNE AR )

STEM SAAM.

STEYN AR )