South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1989 >>
[1989] ZASCA 156
| Noteup
| LawCite
D'Assonville v Borkor (EDMS) BPK (198/88) [1989] ZASCA 156 (27 November 1989)
Download original files |
VERA d'ASSONVILLE Appellante
en
BORKOR (EIENDOMS) BEPERK Respondent
Saaknommer 198/88
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
VERA d'ASSONVILLE Appellante
en
BORKOR (EIENDOMS)
BEPERK Respondent
CORAM: HOEXTER; SMALBERGER et MILNE, ARR
VERHOOR: 20 November 1989
GELEWER: 27 November 1989
UITSPRAAK
HOEXTER, AR ....
2
HOEXTER, AR
Dit is 'n siviele appèl wat aangeteken is teen
'n private maatskappy wat sedertdien in finale likwidasie geplaas is. Op 5 Julie
1989 is die here JAMES ROBERT GALLOWAY en JOHAN LOUIS CARTER FOURIE as
likwidateurs van die maatskappy aangestel. Met die oog op
die beregting van die
appèl het die likwidateurs by hierdie hof in limine 'n bevel aangevra
waarkragtens hulle name in die
plek van dié van die maatskappy as
respondent in die appèl gestel word. By aanhoor van die appèl is
die verlangde
bevel toegestaan. Geriefshalwe sal in hierdie uitspraak na die
maatskappy nog steeds as "die respondent" verwys word.
In die landdroshof vir die distrik Port Elizabeth
het die
respondent 'n aksie om betaling van R4 080 met rente
daarop en gedingskoste
teen die twee verweerders ingestel.
Die twee verweerders is gesamentlik en
afsonderlik
aangespreek. Die tweede verweerder by die aksie is die
3
appellante in hierdie appèl. Teen die eerste verweerder het die
respondent vonnis by verstek geneem. Daarna is die respondent
se eis teen die
appellante afsonderlik aangehoor. Die appellante het die aksie bestry. Na
aanhoor van getuienis en die betoë
van die partye se regsverteenwoordigers
het die landdros absolusie van die instansie met koste gelas. Teen laasgenoemde
bevel het
die respondent na die Oos-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof
geappelleer. Die appèl het met koste
geslaag. Die hof a quo het die
landdros se bevel van
absolusie tersyde gestel en vervang deur 'n vonnis teen die
appellante wat gesamentlik en afsonderlik met die vonnis
teen die eerste verweerder geld. Met verlof van die hof a
quo kom die
appellant tans voor hierdie hof in hoër beroep.
Die eerste verweerder (na wie ek as "D" sal
verwys) is die appellante se voormalige eggenoot. Die
huwelik tussen die egteliede is in Oktober 1984 ontbind.
4
In Februarie 1985 was die appellante die geregistreerde eienares van 'n
kleinhoewe ("die plot") in die distrik Port Elizabeth. Die
appellante en haar
dogter het in die huis op die plot gewoon. Die huis het 'n buitekamer met sy eie
badkamer. Na die egskeiding het
die appellante en D nie meer saamgewoon nie. In
Februarie 1985 het D egter in die buitekamer van die huis gebly. Die appellante
is
'n onderwyseres. Gedurende Februarie 1985 was D werkloos. Volgens die
appellante is D 'n onverantwoordelike
dranklustige..
In para 5 van die dagvaarding het die respondent
sy eis soos volg geformuleer:-
"Op of ongeveer 25 Februarie 1985 het eerste
verweerder,
agerende namens homself en tweede
verweerder, 'n ooreenkoms met eiser
aangegaan in
terme waarvan eiser h boorgat moes sink op die
gemelde erf
39, Crokartshope teen h ooreengekome
fooi van R30,00 per meter, in 'n
normale
grondformasie van R40 per meter sandsteenformasie
en voering moes
yerskaf teen R20 per meter.
Alternatiewelik, indien bevind sou word dat
eerste verweerder nie namens tweede verweerder ageer het nie, dan het tweede verweerder die oor-
eenkoms stilswyend aanvaar."
5
Dit is gemene saak dat die respondent en D op 25 Februarie 1985 'n
skriftelike óoreenkoms ("die kontrak") aangegaan het wat
D onderteken
het. Die kontrak maak deel van die oorkonde uit. Luidens die kontrak is dit deur
D in sy eie hoedanigheid aangegaan.
By die verhoor het ene 'n S L Coetzer,
die respondent se veldbestuurder, en ene M J Nel, die
respondent se meganiese
voorman, namens die respondent
getuig; en na afloop van die eiser se saak het die
appellante self getuig. Die eerste verweerder is nie as
getuie opgeroep nie. 'n Bondige maar korrekte opsomming van Coetzer se getuienis kom in die uitspraak van die
landdros voor. Ek haal aan:-
"Andrew Coetzer getuig dat eerste
verweerder hom genader het in
verband met
boorwerk. Hy het eerste verweerder gaan spreek.
Eerste
verweerder het deurgaans normaal
voorgekom en gepraat. Hy en Nel, het toe
op 24 Februarie 1985 na eerste verweerder se huis gegaan en daar het eerste verweerder hom opdrag gegee om met die boordery te begin en hom ook
6
gewys waar om te boor, plus-minus 50/60 meter van die huis af. Die voordeur
kyk reg op die boor. Die volgende oggend vroeg het hy
aan die deur geklop en
gevra om eerste verweerder te sien want hy wil met die boorwerk begin. So het hy
vir tweede verweerder gesê
wat die deur oopgemaak het. Tweede verweerder
het eerste verweerder gaan roep en die boorwerk het toe begin. Eerste verweerder
het
gepraat van sy pomp wat stukkend is, sy hekke wat getuie moet toemaak en
getuie het aanvaar dit is die eerste verweerder se grond.
Daar is begin boor
nadat die ooreenkoms, Bewysstuk A, aangegaan is. Die koste was R4 080 vir die
werk soos uiteengesit wat verrig
was. Later die middag is hy weer na die huis
toe en tweede verweerder vra hom toe of hulle al water gekry het en hy sê
toe
ja, en hy soek na eerste verweerder. Dié het toe uitgekom en hulle
het gaan kyk na die water (d i getuie en eerste verweerder).
Hy het eerste
verweerder aangeraai om dieper te boor en moontlik sterker water te kry en daar
is toe op 102 meter
gestop
Onder kruisondervraging sê hy hy het nie
vir eerste verweerder gevra wie se grond dit is nie. Eerste verweerder het
gesê
hy wil by hom laat boor en getuie het aanvaar die grond is
eerste
verweerder s'n
Die kontrak is in die naam van eerste verweerder en getuie het aanvaar eerste verweerder is die kliënt en dat betaling by voltooiing deur eerste verweerder gedoen sou word. Hy het tweede verweerder net gesien as hy eerste verweerder gaan soek het. Dis sover sy kennis van tweede
7
verweerder strek. Hyself het geen ooreenkoms met tweede verweerder aangegaan nie."
In sy hoofgetuienis het Nel die volgende relaas gegee van
wat op 24 Februarie 1985 gebeur het:-
"Ons het in die sitkamer gesit met die onderhandelings. D'Assonville was in sy skik met die prys en het gesê hy wil sy bankbestuurder gaan bel. Hy is die vertrek uit en het iemand geskakel en toe hy terugkom het hy gesê alles is in order, mnr Coetzer kan maar die masjien gaan haal. Toe ons die masjien aanbring, was D'Assonville besig om 'n pomp te herstel. Hy het heeltemal normaal voorgekom en gepraat. Die boor was so 50/60 meter van die huis af en heeltemal sigbaar van die huis af. Ons voertuie het Borkor se telefoonnommer en adresse op -waterboor en waterdrilling groot daarop."
In kruisohdervraging het Nel o a getuig:-
"Mev D'Assonville se naam was nie tydens die onderhandeiings by enige ooreenkoms betrek
nie Ek was nie die volgende dag
teenwoordig nie en kan nie betwis dat sy niks met die ding te doen het nie."
Volgens die appellante was sy glad nie tuis op 24 Februarie
1985 toe daar oor die boorgat onderhandel is nie. Sy het
ontken dat die eerste verweerder enige magtiging gehad het
8
om namens haar op te tree of te verbind nie. In die getuiebank het dié
appellante opgewonde en emosioneel geraak en sy het
dikwels 'n swak figuur
geslaan. Soos blyk sowel uit die uitspraak van die verhoorhof as die uitspraak
van die hof a quo is daar ernstige
kritiek teen haar getuienis in te bring.
Desnietemin het die landdros haar ontkenning dat sy enige volmag aan die eerste
verweerder
verleen het, aanvaar. In sy uitspraak het die landdros sy
bespreking van die appellante se getuienis met die volgende
opmerkings afgerond:-
"Ónder kruisondervraging word sy vriendelik dog deeglik ondervra tot so 'n mate dat sy op 'n stadium tot trane gedryf word en dit duidelik word dat sy nie deurgaans betroubaar is nie aangesien haar aand en more praatjies nie altyd ooreenkom nie. Nogtans nêrens erken sy vooraf kennis van die transaksie wat daarop kan dui dat die eerste verweerder haar volmag gehad het om op te tree nie."
By beoordeling van die appèl is dit belangrik om te let
presies op welke basis die saak teen haar in die verhoorhof
9
aangevoer is. Daar het die respondent se
regsverteenwoordiger 'n ietwat
wydlopige kruisondervraging
van die appellante afgesluit deur sy saak in die
volgende
woorde saam te vat:-
"Ek stel dit aan u, u was deurentyd bewus van ooreenkoms of boorwerk of daarvan bewusgeword
het, die werk aanvaar het stilswyend of andersins en dat . die hof geregtig is om die bevinding te maak dat u die ooreenkoms aanvaar. U het dit nooit gestop nie. U het self aanvaar?"
Ofskoon die stelling so
pas aangehaal alles behalwe
glashelder is, skyn die strekking daarvan nogtans
te wees
dat die respondent se regsverteenwoordiger sy hele saak oor
die
boeg vanr die alternatiewe eisoorsaak (bekragtiging van
die kontrak na
kontraksluiting) gooi. Bevestiging hiervan
vind mens in die landdros se
aanvullende redes vir
uitspraak waarin die volgende voorkom:-
"Wat betref die gronde van appèl wil ek daarop wys dat die hof teen die einde van sy betoog vir mnr Horn (die respondent se regsverteenwoordiger by die verhoor) gevra het op watter regsfiguur hy nou eintlik staatmaak. Sy laaste woorde was 'My
10
saak is gebaseer op ratifikasie. Ratifikasie is alles wat nie gesê word nie, maar later aanvaar word as gevolg van afleidings wat gemaak word.'"
Dat van- die eerste eisoorsaak in para 5 van die besonderhede van eis vervat by die verhoor afstand gedoen is, word verder aangedui deur die strekking van die uitspraak van die hof a quo. Daarin word die aandag uitsluitend toegespits op die vraag of die respondent daarin geslaag het om die alternatiewe eisoorsaak van ratifikasie te bewys.
Voorts moet die korrektheid al dan nie van die
hof a quo se bevinding oorweeg word. In hierdie verband
het die hof a quo in sy uitspraak hom soos volg uitgelaat:
"Ek het geen twyfel dat die Tweede Verweerder op die laatste teen die middag van die 24ste Februarie 1985 geweet het dat daar op haar perseel geboor gaan word en dat dit was as gevolg van 'n ooreenkoms wat die Eerste Verweerder met die Eiser gesluit het. Mnr Nel, die boorman, het gesê dat die Eiser se naam, adres en telefoonnommer groot op die boor verskyn het.
11
En tog het sy nie net geen stappe gedoen om die boordery stop te sit nie - sy het selfs belang gestel in die resultaat.
Opsommend het ons hier 'n geval waar die Eerste Verweerder 'n ooreenkoms aangegaan het om op die Tweede Verweerder se grond te laat boor. Voor die boorwerk begin is, het die Tweede Verweerder geweet van die ooreenkoms en dat daar binnekort met die boordery begin sou word.
Dit is ook duidelik dat sy geweet het dat daar 'n teenprestasie vir die boorwerk sou wees.
Dit staan ook vas dat sy die geleentheid gehad het om die ooreenkoms te repudieer. Maar sy doen dit nie.
Regtens het sy, na my mening, die ooreenkoms deur Eerste Verweerder aangegaan, stilswyend geratifiseer."
Om 'n eenvoudige rede kan
daar na my beskeie mening in die
onderhawige geval van ratifikasie deur die
appellante geen
sprake wees nie. Die optrede wat hier bekragtig moes word
alvorens die respondent op sy alternatiewe eisoorsaak kon
slaag, is die daad van verteenwoordiging. Waar 'n persoon
in sy eie naam optree, tree hy vanselfsprekend nie as 'n
12
verteenwoordiger op nie. 'n Persoon wat 'n kontrak ratifiseer kan dit alleenlik doen in sy hoedanigheid as prinsipaal. Dit impliseer noodwendig dat hy slegs 'n handeling kan bekragtig wat namens hom in 'n verteenwoordigingshoedanigheid verrig is. In die onderhawige geval is dit gemene saak dat D die kontrak nie in 'n verteenwoordigingshoedanigheid aangegaan het nie. By sy omverwerping van die landdros se bevel van absolusie het die hof a quo hierdie kernbeginsel oor die hoof gesien. Daarenteen het die landdros, met byhaal van bekende
gewysdes, 'die struikelblok in die respondent se pad
raakgesien. Na my oordeel het die landdros tereg beslis dat die respondent
die alternatiewe eisoorsaak waarop hy gesteun het nie bewys
het nie.
Voor
hierdie hof is die respondent se saak deur mnr Möller beredeneer. In
billikheid teenoor mnr Möller moet genoem word dat hy nog by die
verhoor nóg by die appèl
13
voor die hof a quo namens die respondent opgetree het. Die respondent se
advokaat het die weloorwoë toegewing gemaak dat, vir
die redes hierbo
aangestip, die hof a quo by sy bevinding dat die appellant die kontrak
geratifiseer het, misgevat het. Die respondent
se advokaat het egter aangevoer
dat ofskoon die ratio van sy beslissing onsuiwer is, die hof a quo nietemin by
sy handhawing van
die respondent se appèl die korrekte resultaat bereik
het. Mnr Möller het die getuienis van die appellante
noukeurig
ontleed en die aandag gevestig op verskillende
wesenlike
ongerymdhede daarin. Hierby aansluitend. het mnr Möller
betoog dat die waarskynlikhede in die saak die respondent se eerste
eisoorsaak onderskraag; en wel uit hoofde van die feit dat die
appellante as 'n
versweë prinsipaal aangemerk moet word.
Die formulering van die eerste
eisoorsaak in para 5 van die respondent se besonderhede van eis is ietwat
14
onbeholpe. Mnr Whitehead, wat in hierdie hof die appèl namens die appellante waargeneem het, het m i heel tereg daarop gewys dat veral die bedoeling wat skuil agter die woorde -
"..agerende namens homself en tweede verweerder"
(my
emfase) duister is. Hoe dit ook sy, in die veronderstelling dat die eerste
eisoorsaak soos gepleit, vatbaar mag wees vir 'n vertolking
dat die appellante
as 'n versweë prinsipaal opgetree het, kan hierdie betoog namens die
respondent na
my mening om twee redes nie opgaan nie.
Die eerste rede hou
verband met die verloop van die verhoorsaak. Soos reeds aangedui, het die
respondent se regsverteenwoordiger in
antwoord op 'n pertinente vraag wat die
landdros in die betoog-stadium aan hom gestel het, onomwonde te kenne gegee dat
sy saak op
ratifikasie as enigste grondslag steun. Hieruit is af te lei dat
vir
15
doeleindes van die verhoor die respondent die eisoorsaak in para 5 van die besonderhede van eis (wat ookal dit mag beteken) laat vaar het. Bygevolg sou dit na my oordeel onbillik en aweregs wees om in hierdie stadium die respondent toe te laat om op die eerste eisoorsaak te steun. Vgl Bam v Bhabha 1947(4) SA 798 (A) op 803/4; 810. Die tweede rede, so meen ek, is dat in die besondere omstandighede van die onderhawige geval enige beroep op die leerstuk van die versweë prinsipaal in alle geval regtens onhoudbaar sou wees. Wat hier ter sprake kom, is sekere verrigtinge wat die verhoor voorafgegaan het. Voor die aanvang van die verhoor, en wel op 14 November 1985, het die respondent in die landdroshof teen beide die eerste verweerder en die appellante, gesamentlik en afsonderlik, vonnis by verstek verkry. Op aansoek van die appellante is die verstekvonnis teen haar op 15 Januarie 1986 by ooreenkoms in die landdroshof tersyde
16
gestel; en is verlof aan die appellante verleen om die
respondent se aksie
teen haar te bestry. Daarna het die
appellante 'n verweerskrif ingedien
waarin sy enige
aanspreeklikheid teenoor die respondent ontken
het.
Vandaar die verhoorsaak teen die appellante waarby die
respondent
teen die appellante dieselfde vonnis aanvra as
wat hy reeds teen die eerste
verweerder verkry het. In
Natal Trading and Milling Co Ltd v Inglis 1925 TPA
724 is
egter beslis dat 'n skuldeiser wat teen 'n lashebber vonnis
verkry
het, nie teen die versweë prinsipaal kan optree nie
- altans nie solank
die vonnis teen die lashebber staan
nie. Op 742 verklaar CURLEWIS, RP (met
instemming van
GREENBERG, R) -
"Joint tort feasors are liable singuli in solidum, jointly and severally, and each and all may be sued, whereas the liability of an agent and his undisclosed principal to a creditor with whom the agent has contracted, is alternative, the creditor has his remedy against the agent or the undisclosed principal, against the one or the other at his choice, not against both. If the
17
creditor, having become aware of the undisclosed principal for whom the agent acted, nevertheless sues and obtains judgment againt the agent, he must be taken to have elected to hold the agent liable in preference to the principal, and would be debarred from afterwards suing the principal, even though the judgment remain unsatisfied."
Om bostaande redes moet die
appèl met koste slaag. Die
bevel van die hof a quo word tersyde gestel
en die landdros
se bevel van absolusie van die instansie met koste
word
herstel.
G G HOEXTER, AR
SMALBERGER, AR )
MILNE, AR ) Stem saam