South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1989 >> [1989] ZASCA 134

| Noteup | LawCite

S v Shibane and Another (605/88) [1989] ZASCA 134 (2 October 1989)

Download original files

PDF format

RTF format


Saak nr 605/88

E du P

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

PHILLIP NDLELENI SHIBANE Eeerste Appellant
PETRUS MONEGELI SHIBANE Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent

Coram: BOTHA, KUMLEBEN et F H GROSSKOPF ARR.

Verhoordatum: Leweringsdatum:

21 Augustus 1989. 2 Oktober 1989.

2 UITSPRAAK

F H GROSSKOPF AR:
Die twee appellante is deur Klopper WR en twee assessore in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof skuldig bevind aan moord sonder versagtende omstandighede en aan huisbraak met die opset om te roof en roof waarby verswarende omstandighede aanwesig is. Die Hof het die twee appellante die doodvonnis opgelê vir die moord en agt jaar gevangenisstraf op die huisbraak en roof aanklag. Die appellante appelleer na hierdie Hof met verlof van die Hof a quo teen sowel die skuldigbevindings as die vonnisse wat hulle opgelê is.
Die oorledene, mnr. H J S Hoffman, was 'n 70-jarige boer van die plaas Kareefontein in die distrik Zastron. Hy het alleen in die huis op die plaas gewoon. Gedurende die nag van 4 tot 5 November 1986 is hy in die slaapkamer van die woonhuis aangeval en gedood. Die aanvaller of aanvallers het

3

toegang tot die huis verkry deur die ruit van die slaapkamervenster stukkend te breek. Die erg verbrande en gedeeltelik verkoolde liggaam van die oorledene is die volgende oggend onder h uitgebrande matras op die vloer van die slaapkamer aangetref.
Prof. Olivier, die staatspatoloog vir die Oranje-Vrystaat en Noord-Kaap, het die geneeskundige lykskouing op die liggaam van die oorledene uitgevoer. Hy het vreemde materiaal gevind wat oor die nek van die oorledene vasgebrand was. Dit het die voorkoms gehad van 'n half gesmelte nylontou met 'n identifiseerbare groen kleur. Prof. Olivier het tekens van voordoodse bloeding in die nekstrukture gevind, maar geen vreemde materiaal in die lugweë van die oorledene nie. Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat die dood van die oorledene deur verwurging veroorsaak kon gewees het, en dat die dood kon ingetree het voordat die brandwonde opgedoen is en die verkoling van die liggaam plaasgevind het.

Daar was bloedspatsels teen die muur en op die

4

glasdeur van die boekrak in die slaapkamer gevind en die Hof a quo het na aanleiding hiervan die afleiding gemaak dat die oorledene met 'n gevaarlike wapen aangerand moes gewees het. Daar is getuienis dat daar 'n nuwe kapmes en 'n groen plastiese flits ná die gebeure uit die huis vermis is. Die deurmekaar toestand waarin die slaapkamer aangetref is, het daarop gedui dat die boosdoener of boosdoeners op soek was na iets om te steel, maar daar is geen getuienis dat geld of enige artikels buiten die kapmes en flits uit die huis verwyder is nie.
Die twee appellante is broers wat onderskeidelik 28 en 32 jaar oud was toe die misdade gepleeg is. Hulle is beide burgers van die Transkei. Hulle is op 11 November 1986 naby Sterkspruit in die Transkei in hegtenis geneem. Beide die appellante was op daardie stadium by hulle ouerhuis naby Sterkspruit woonagtig, maar dit blyk dat hulle vroeër jare saam met hulle ouers op die plaas Reedsdale digby die oorledene se plaas gewoon het. Dit is gemene saak dat die

5

appellante die oorledene geken het en dat hulle van tyd tot tyd skape op sy plaas gekoop het, die laaste keer nie lank voor die oorledene se dood nie.
Die appellante is met die pleging van die misdade verbind deur bekentenisse wat hulle voor landdroste afgelê het en deur middel van sekere omstandigheidsgetuienis. Daarbenewens was dit deel van die Staat se saak dat die tweede appellant sekere uitwysings op die plaas van die oorledene aan die polisie gedoen het.
Die appellante het deurgaans betwis dat hulle die bekentenisse vrywillig en ongedwonge afgelê het. Hulle het beweer dat hulle die verklarings gemaak het soos dit deur die polisie aan hulle voorgesê is, en nadat die polisie hulle aangerand en met h elektriese apparaat geskok het. Na aanhoor van die getuienis van die twee landdroste voor wie die onderskeie bekentenisse afgelê is, en die tolk wat vir beide landdroste getolk het, het die Hof a quo tot die slotsom gekom dat daar aan die bepalings van artikel

6

217(1)(b)(i) van die Strafproseswet, 51 van 1977, voldoen is. Die bewyslas is gevolglik na die appellante verplaas om op 'n oorwig van waarskynlikhede aan te toon dat die bekentenisse nie vrywillig, ongedwonge en sonder onbehoorlike beïnvloeding deur hulle gemaak is nie.
Die grootste gedeelte van die saak is daarna aan 'n verhoor binne 'n verhoor bestee. Die polisiebeamptes wat by die ondersoek van die saak betrokke was, het ontken dat die appellante in enige opsig aangerand, gedreig of onbehoorlik beïnvloed was. Aan die einde van die verhoor binne 'n verhoor het die Hof a quo beslis dat die appellante hulle nie van hulle bewyslas gekwyt het nie en dat elke appellant se bekentenis as getuienis teen hom toelaatbaar is.

Die vraag of die bekentenisse behoorlik toegelaat is, is na my oordeel van wesenlike belang, want indien dit eenmaal op 'n oorwig van waarskynlikhede bevind sou word dat die appellante wel aangerand en gedreig is, werp dit ook 'n

7

skadu oor die res van die getuienis van die lede van die ondersoekspan. Dan ontstaan die verdere vraag of mens enigsins kan peil trek op die getuienis van hierdie polisiebeamptes vir sover dit die beweerde uitwysing en sekere aspekte rakende die omstandigheidsgetuienis betref.
Adjudant-offisier Van Wyk was die ondersoekbeampte in hierdie saak. Hy was die bevélvoerder van die speurtak te Zastron en hy is bygestaan in die ondersoek deur speurder-sersant Mariti wat aan die speurtak te Zastron verbonde was. Ander polsiebeamptes van Zastron wat van tyd tot tyd met die ondersoek gehelp het, was speurder-konstabels Johnstone, Lesea en Ben Moloto. Kaptein Erasmus was destyds distrik-speuroffisier vir die Suid-Vrystaat, gestasioneer te Bethulie, en as sodanig verantwoordelik vir die ondersoek van alle ernstige misdade wat binne sy gebied gepleeg is. Nadat hy van die moord op die oorledene verneem het, is hy die oggend van Woensdag 5 November 1986 na die toneel van die misdaad op die plaas Kareefontein. Kaptein Erasmus was van

8

die staanspoor af in beheer van die ondersoek en "dït is gemene saak dat hy ook die ondervraging van die appellante waargeneem het nadat hulle op 11 November 1986 in hegtenis geneem is.
Die eerste appellant het getuig dat hy die namiddag na sy inhegtenisname deur Erasmus by die Sterkspruit polisiestasie ondervra is, maar dat daar geen geweld op hom toegepas is nie. Toe hy die aand van 11 November 1986 na die polisieselle op Zastron geneem is, het Mariti hom egter twee keer met die plat hand op die linkerwang geklap.
Dit is die eerste appellant se getuienis dat hy die volgende oggend net na 8 uur na 'n kantoor by die Zastron polisiestasie geneem is waar hy langdurig deur Erasmus ondervra is. Mariti het as tolk opgetree en Van Wyk en Johnstone was teenwoordig gewees. Volgens die eerste appellant het hulle beweer dat mense hom gesien het toe hy die oorledene doodgemaak het. Toe die eerste appeliant dit ontken, het Mariti gedreig dat hulle hom sal doodmaak as hy

9

nie die waarheid praat nie. Erasmus het daarna vir Johnstone gesê om die gereedskap te bring en Johnstone het teruggekeer met 'n nat sak. Erasmus het die eerste appellant toe met die plat hand op die linkerwang geklap en gesê dat hy hom nie verder kwaad moet maak nie want hy sal hom doodmaak. Die eerste appellant se hande is agter sy rug vasgemaak en Erasmus het toe die nat sak oor sy kop getrek. Die eerste appellant sê hy kon nie asemhaal nie. Hy het gehoor toe Erasmus vir Van Wyk sê om hom te skok. Dit het vir hom gevoel of hy twee keer op die linkerbors geskok word, en daarna het hy flou geword. Die eerste appellant het later bygekom en toe het Van Wyk hom met h elektriese apparaat wat gebruik word om beeste mee aan te por, op sy privaatdele geskok. Hy het gemerk dat hy homself op h stadium bevuil het. Mariti het hom net na 11 uur die oggend na sy sel teruggeneem en hy het gehoor dat hulle die tweede appellant uit 'n ander sel haal.

Na h geruime tyd, wat volgens die eerste appellant

10

tussen 'n uur of twee ure kon geduur het, het Mariti hom weer uit die sel kom haal en vir hom gesê dat die tweede appellant die waarheid gepraat het. Die eerste appellant het egter volhard dat hy niks van die saak weet nie. In die kantoor het Erasmus vir Mariti gesê om die eerste appellant die laaste keer te waarsku, want hulle gaan hom doodmaak. Hulle het weer die nat sak oor sy kop getrek en hom weereens geskok. Die eerste appellant sê dat hy daarna sy bewussyn verloor het. Toe hy bykom was Van Wyk weer besig om hom met die elektriese apparaat op sy privaatdele te skok. Die eerste appellant het gevra wat hulle van hom verlang en Erasmus het toe vir Mariti gesê hy moet vir die eerste appellant verduidelik hoe hy die oorledene sou doodgemaak het. Die eerste appellant het aanvanklik nog geprotesteer, maar toe hulle weer met die nat sak kom, het hy gesê hy erken dat hy die persoon doodgemaak het. Die eerste appellant sê hy het seergekry en hy was bang dat hulle hom sou doodmaak. Daarna het Mariti vir hom vertel hoe hy die oorledene sou

11

doodgemaak het en hom voorgesê wat om later vir die landdros te vertel.
Dit is gemene saak dat lede van die ondersoekspan en beide appellante daardie middag vir verdere ondersoek na die appellante se woonplek naby Sterkspruit gegaan het. Volgens die eerste appellant het hulle na die ondervraging en teen ongeveer 2 uur die middag uit Zastron vertrek.
Die tweede appellant se getuienis met betrekking tot die wyse waarop hy die oggend van 12 November 1986 ondervra en aangerand is, stem in die algemeen ooreen met die eerste appellant se weergawe in hierdie verband. Dit is die tweede appellant se getuienis dat Mariti en 'n polisieman hom om en by 11 uur of later die oggend uit sy sel kom haal het. Hulle het toe pas vir die eerste appellant na sy sel teruggebring.
Mariti het die tweede appellant na 'n kantoor geneem waar hy Erasmus en Van Wyk aangetref het. Die kaptein het hom deur middel van Mariti as tolk gevra waar die eerste

12

appellant die nag van 4 November geslaap het. Die tweede appellant het geantwoord dat hy by die huis geslaap het. Daarop het Erasmus hom met die oop hand oor sy linkeroor geklap, en hy het daarna agtergekom dat sy oor toe is, soos hy dit beskryf het. Hulle het hom daarna na h groter kantoor geneem en sy hande agter sy rug met nat lappe aanmekaar vasgebind. Mariti het gesê hy moet vertel wie vir Hennie Hoffman doodgemaak het want die eerste appellant het reeds erken. Toe die tweede appellant sê dat hy niks daarvan weet nie, het Mariti hom met die vuis op die mond geslaan en gesê dat hy die waarheid moet vertel. Daarop het Erasmus vir Mariti gesê om die sak te bring. Hulle het h nat sak oor sy kop getrek en hom op sy maag op die mat laat lê. Iemand het sy hand oor die tweede appellant se mond en neus geplaas sodat hy nie kon asemhaal nie, en hy het sy bewussyn verloor.

Toe hy bykom, merk die tweede appellant dat sy broek afgetrek en sy hemp oopgeknoop is. Erasmus het vir Mariti gesê om die tweede appellant te vra of hy nog steeds ontken dat hulle die oorledene doodgemaak het. Die tweede appellant

13

het gesê hy weet niks van die oorledene se dood nie, en hulle het weer sy hande vasgemaak, die sak oor sy kop getrek en 'n hand oor sy mond en neus geplaas. Daarna het die tweede appellant gevoel dat iets hom op sy maag in die omgewing van sy naeltjie skok. Hy het gedink hy is besig om dood te gaan, maar hy het nie weer sy bewussyn verloor nie. Hy het gevoel hoe hulle die apparaat wat hom skok op verskillende plekke op sy lyf plaas. Dit het lank geduur. Later het hulle die sak verwyder en hom gevra of hy nog steeds ontken. Hy het geantwoord dat hy erken. Hulle het hom gevra om te vertel hoe die oorledene doodgemaak is, maar hy het geantwoord dat hy nie weet op watter wyse dit geskied het nie. Erasmus het toe aan Mariti gesê om vir die tweede appellant te vertel hoe dit sou gebeur het. Hulle het gesê die tweede appellant moet dit wat Mariti hom vertel memoriseer aangesien daar 'n "groot blanke" is aan wie hy dit moet gaan herhaal. Die tweede appellant het opdrag gekry om die eerste appellant by die pleging van die misdaad te

14

betrek, en Erasmus het gesê dat hy hom 'n staatsgetuie sal maak en borg vir hom sal probeer kry.
Dit is die tweede appellant se getuienis dat hulle hom daarna daar by die polisiestasie laat sit het, en dat hulle toe weer vir die eerste appellant gaan haal het en saam met hom in die kantoor ingegaan het.
Die tweede appellant is gevra of hy enige fisiese beserings opgedoen het, en hy het getuig dat sy bolip sigbaar beseer was en dat sy linkeroor doof gevoel het. Verder kon mens ook sulke skaafmerke op sy maag sien. Die tweede appellant sê dat hy hierdie beserings op 14 November aan 'n dokter in Zastron getoon het. Die omstandighede waaronder die eerste en tweede appellante op 14 November 1986 na die geneesheer geneem is, en die aard van sy bevindings, sal later in meer besonderhede behandel word.
Die polisie se weergawe van die ondervraging van die appellante op 12 November 1986 verskil in wesenlike opsigte van die appellante se weergawe. Erasmus, Van Wyk en

15

Mariti het getuig en aldrie het ontken dat hulle enigeen van die appellante hoegenaamd aangerand of gedreig het.
Die weergawe van die polisie verskil ook in 'n ander belangrike opsig van dié van die appellante. Volgens hulle getuienis was die tweede appellant eerste ondervra daardie oggend, en het die eerste appellant se ondervraging eers heelwat later daardie oggend 'n aanvang geneem. Erasmus, Van Wyk en Mariti het mekaar in sekere opsigte weerspreek vir sover dit die tye van die ondervraging betref, maar oor een aspek was hulle dit roerend met mekaar eens gewees, en dit is dat hulle eers vir die tweede appellant en toe daarna vir die eerste appellant ondervra het.
Mariti het getuig dat die tweede appellant eerste ondervra is op 12 November 1986. Sy ondervraging het ongeveer 10:00 die oggend begin en het tot ongeveer 11:30 geduur. Volgens Mariti het die ondervraging van die eerste appellant eers daarna teen omstreeks 12:30 'n aanvang geneem en was dit reeds om 13:00 afgehandel.

Mariti het meer as drie maande later weer tydens

16

die verhoor binne 'n verhoor getuig. Hy het toegegee dat sedert die saak teen die einde van die vorige jaar uitgestel was, hy, Erasmus en Van Wyk in die tussentyd byeengekom het om mekaar se geheue te verfris, en dat hulle onder andere gepraat het oor wie van die appellante eerste en wie tweede ondervra was. Mariti se getuienis aangaande die volgorde en tye van ondervraging het egter in alle wesenlike opsigte onveranderd gebly.
Erasmus het ook getuig dat die tweede appellant eerste ondervra is op 12 November 1986. Sy ondervraging het ongeveer 09:00 die oggend 'n aanvang geneem en het tot ongeveer 11:00 of 11:30 geduur. Die ondervraging van die eerste appellant het direk daarna begin en het van ongeveer 11:30 tot 13:00 of 13:30 geduur. Volgens Erasmus het hulle net na 14:00 na Sterkspruit vertrek.

Toe Erasmus weer later tydens die verhoor binne 'n verhoor getuig het, het hy toegegee dat hy die tye van ondervraging met Van Wyk en Mariti bespreek het. Volgens

17

Erasmus het hulle herinnering van tye min of meer ooreengestem. By hierdie geleentheid het Erasmus egter getuig dat die ondervraging van die eerste appellant net voor 13:00 tot 'n einde gekom het en dat hulle omstreeks 13:30 na die Transkei vertrek het. In hierdie opsig was daar dus 'n geringe aanpassing in sy getuienis.
Van Wyk het getuig dat hy nie direk by die ondervraging van die twee appellante op 12 November 1986 betrokke was nie aangesien hy met ander werk besig was. Hy het wel af en toe ingekom by die kantoor waar die ondervraging plaasgevind het. Hy het om ongeveer 9:15 gesien dat kaptein Erasmus besig was met die ondervraging van die tweede appellant. Teen omstreeks 11:00 was Erasmus alreeds besig om die eerste appellant te ondervra, en daardie ondervraging was kort voor 13:00 nog nie afgehandel nie. Hulle het die middag omstreeks 14:00 met die twee appellante na Sterkspruit vertrek.

Toe Van Wyk die tweede keer tydens die verhoor

18

binne 'n verhoor getuig het, het hy toegegee dat Erasmus hom intussen omtrent tye genader het, maar volgens Van Wyk kon hy nie tye onthou nie en het hy ook so vir Erasmus gesê. Van Wyk is nogtans verder uitgevra oor die tye van ondervraging en hy het getuig dat die ondervraging van die tweede appellant na 09:00 'n aanvang geneem het en dat dit volgens skatting tot omstreeks 11:00 geduur het. Hoewel Van Wyk nie die hele tyd by die ondervraging teenwoordig was nie, was daar wat hom betref slegs een ondervragingsessie van die tweede appellant, en is dit teen ongeveer 11:00 opgevolg deur slegs een ondervragingsessie van die eerste appellant.
Dit blyk uit hierdie kort samevatting van die getuienis van die drie lede van die ondersoekspan dat hulle saamstem dat die tweede appellant eerste ondervra is, en dat beide appellante slegs eenmaal daardie oggend ondervra is. Oor die tye waarop die ondervraging van elke appellant begin en geëindig het, is daar egter nie eenstemmigheid nie.

In sy uitspraaak in die verhoor binne 'n verhoor het
19

die geleerde Verhoorregter daarop gewys dat daar verskillende
weergawes bestaan omtrent die volgorde van ondervraging op

12 November 1986, en het hy soos volg bevind:

"Beskuldigde 2 het getuig dat hy op 12 November eerste ondervra is, terwyl hy hierin weerspreek word deur beskuldigde 1. Beskuldigde 1 beweer dat hy vir 'n heelwat langer periode as beskuldigde 2 ondervra is, maar uit beskuldigde 2 en die staatsgetuies se getuienis is dit duidelik nie korrek nie."

Vir sover dit die tweede appellant se weergawe betref, is
hierdie bevinding met eerbied nie korrek nie. Die tweede
appellant se getuienis met betrekking tot die volgorde van
die ondervraging op 12 November 1986 strook inderdaad in alle
opsigte met dié van die eerste appellant. Die kritiek wat
die Hof a quo in hierdie verband teen die eerste appellant

uitspreek, is dus nie geregverdig nie.

Normaalweg sou verskille met betrekking tot die tye

van ondervraging, en botsende weergawes omtrent die volgorde

daarvan nie van wesenlike belang gewees het nie. In die lig

van die appellante se getuienis hou dit egter direk verband

20

met die beweerde aanrandings wat daar op 12 November 1986 op die appellante gepleeg is. Indien dit sou blyk dat die appellante se weergawe van die tye van ondervraging en die volgorde waarin dit plaasgevind het, inderdaad korrek is, maak dit hulle getuienis omtrent die beweerde aanrandings net soveel te meer geloofwaardig. Terselfdertyd ontstaan die vraag dan waarom aldrie die lede van die ondersoekspan dit nodig geag het om valse getuienis in hierdie verband af te lê, want 'n blote vergissing aan hulle kant kon dit nie wees nie.
Stawing vir die appellante se weergawe is inderdaad gevind in die amptelike voorvalleboek van die Zastronse polisiestasie. Die inskrywings in die voorvalleboek het die eerste maal aan die lig gekom lank nadat die verhoor binne 'n verhoor afgehandel was, en toe die appellante se bekentenisse reeds as getuienis teen hulle toegelaat was. Die Hof a quo het gelas dat hierdie voorvalleboek ingehandig word nadat Erasmus hom in die loop van verdere kruisondervraging op 'n sekere inskrywing in die voorvalleboek
21
beroep het om die tweede appellant se verweer met betrekking tot sy beweerde uitwysings die nek in te slaan.

Die inskrywings in die voorvalleboek toon aan dat die eerste appellant op 12 November 1986 om 09:10 deur Mariti uit sy sel geneem is vir ondersoek, en dat hy later die oggend om 11:45 weer in die sel teruggeplaas is. Die voorvalleboek steun dus die appellante se weergawe dat die ondervraging van die eerste appellant gedurende daardie tyd plaasgevind het, en nie eers vanaf ongeveer 11:30 soos deur Erasmus en die ander lede van die ondersoekspan beweer is nie. Die eerste appellant is weer om 13:35 vir ondersoek uit sy sel verwyder. Dit pas in by sy getuienis dat hy heelwat later vir h tweede maal ondervra is. Die tweede appellant, daarenteen, is daardie dag vir die eerste maal om 11:50 vir ondersoek uit sy sel verwyder. Dit strook met sy getuienis dat hy eers na 11:00 daardie oggend die eerste maal deur Erasmus ondervra is. Die voorvalleboek toon aan dat die tweede appellant eers weer om 20:55 daardie aand in sy sel

22

teruggeplaas is. Die tweede appellant het trouens getuig dat hy nie na sy ondervraging, en voordat hulle daardie middag na Sterkspruit vertrek het, weer na die selle teruggeneem is nie.
Die Hof a quo het daarna weer vir Erasmus teruggeroep om h verduideliking in verband met hierdie inskrywings te gee. In 'n poging om hierdie inskrywings met sy weergawe te versoen, het Erasmus sy vroeëre getuienis met betrekking tot die volgorde van ondervraging in een wesenlike opsig aangepas, en verder het hy beweer dat sekere van die inskrywings in die voorvalleboek foutief is. Erasmus het op hierdie laat stadium van die verhoor vir die eerste maal toegegee dat hy daardie oggend van 12 November 1986 heel eerste met die eerste appellant gepraat het. Erasmus het egter bygevoeg dat hy dit nie as 'n ondervraging beskou het nie aangesien sy gesprek met die eerste appellant slegs ongeveer vyftien minute geduur het, en dat hy dit gevolglik nie nodig geag het om dit vroeër in sy getuienis te noem nie.

23

Volgens Erasmus het hy daarna opdrag gegee dat die eerste
appellant na die selle teruggeneem word. Afgesien van sy bewering dat die volgende inskrywing in die voorvalleboek met betrekking tot die eerste appellant foutief is, kon Erasmus geen ander verduideliking aanbied waarom die eerste appellant volgens die inskrywing eers om 11:45, en nie reeds baie vroeer nie, na sy sel teruggeneem is nie. Op Erasmus se weergawe was 11:45 ongeveer die tyd toe die eerste appellant weer uit sy sel uitgehaal is. Die verdere inskrywing wat aantoon dat die eerste appellant om 13:35 uit die sel uitgeneem is, is volgens Erasmus ook nie korrek nie, aangesien dit min of meer die tyd was toe die tweede appellant uit sy sel gehaal was met die oog op die besoek aan Sterkspruit daardie middag. Die laaste inskrywing daardie dag wat op die eerste appellant betrekking het, toon aan dat hy die aand om 23:15 weer in die selle opgeneem is. Volgens Erasmus se getuienis strook dit min of meer met die tyd waarop die ander polisiebeamptes vir die eerste appellant sou

24

terugbesorg het nadat hy vroeër die aand h bekentenis in Smithfield afgelê het.
Die inskrywings in die voorvalleboek wat op die tweede appellant betrekking het, vertoon volgens Erasmus se getuienis eweneens onverklaarbare leemtes en foute. Dit is Erasmus se getuienis dat hy na afloop van sy kort gesprek met die eerste appellant, wat volgens die inskrywing om ongeveer 09:10 begin het, opdrag gegee het dat die tweede appellant vir ondervraging na hom gebring word. Daar is egter geen inskrywing in die voorvalleboek wat aantoon dat die tweede appellant kort na 09:10 uit sy sel gehaal is nie. Die vroegste inskrywing wat op die tweede appellant betrekking het, toon aan dat hy eers om 11:50 uit sy sel geneem is. Volgens Erasmus se getuienis was dit ongeveer die tyd toe die tweede appellant, na afloop van sy ondervraging, weer na die selle teruggeneem is. Soos reeds gemeld, is die inskrywing van 13:35 ook foutief volgens Erasmus, aangesien dit moes aantoon dat dit die tweede appellant was wat toe uit'die

25

selle verwydër was, en nie die eerste appellant soos die inskrywing inderdaad aantoon nie.
Die eerste punt van kritiek teen Erasmus se getuienis in hierdie verband is dat hy by twee vorige geleenthede getuig het oor die ondervragings op 12 November 1986, maar dat hy die feit van hierdie eerste ontmoeting met die eerste appellant vroeg daardie oggend deurgaans verswyg het. Dit was nie 'n geval dat Erasmus van hierdie ontmoeting vergeet het nie; hy sê hy het dit nie voorheen genoem nie omdat hy dit nie as h ondervraging beskou het nie. Erasmus het egter baie goed geweet dat dit die eerste appellant se getuienis was dat hy daardie oggend eerste uit die selle geneem is vir ondervraging, en dat die tweede appellant eers na hom aan die beurt gekom. het. Daardie weergawe van die eerste appellant word trouens deur die tweede appellant gestaaf. In die loop van die eerste appellant se kruisondervraging is dit egter pertinent aan hom gestel dat die polisie se weergawe omtrent die ondervraging net andersom

26

is. Dit was ook deurgaans die getuienis van aldrie die lede van die ondersoekspan dat die tweede appellant daardie oggend eerste ondervra is, en dat die eerste appellant eers heelwat later aan die beurt gekom het. Dit alles lei tot die noodwendige gevolgtrekking dat Erasmus hierdie eerste gesprek met die eerste appellant daardie oggend doelbewus verswyg het. Wat presies sy oogmerk was, is nie duidelik nie. Dit is moontlik dat hy die appellante se weergawe van hulle cndervraging en gepaardgaande aanranding van die staanspoor af verdag wou maak.

h Tweede punt van kritiek teen Erasmus se getuienis in hierdie verband is dat sy weergawe van die verloop van die ondervragingsessies daardie oggend glad nie met die inskrywings in die voorvalleboek strook nie. Hierdie inskrywings bied daarenteen volkome stawing vir die twee appellante se weergawe van die volgorde van ondervraging. Dit is ook van belang om daarop te let dat die appellante hulle getuienis omtrent die volgorde en tye van die

27

ondervragingsessies gegee het sonder dat hulle daarvan bewus kon gewees het dat die inskrywings in die voorvalleboek hulle weergawe steun.
'n Derde punt van kritiek teen Erasmus is sy poging om die inskrywings in die voorvalleboek wat nie met sy eie weergawe strook nie, verdag te maak. So het Erasmus byvoorbeeld aan die hand gedoen dat die polisiebeamptes wat vir die inskrywings verantwoordelik was, die een appellant vir die ander moes aangesien het. Daar is egter geen getuienis dat daar inderdaad so 'n vergissing was nie. Dit is seker denkbaar dat die polisiebeamptes die twee appellante met mekaar kon verwar het, maar dan is daar nog steeds geen verduideliking waarom daar nie inskrywings in die voorvalleboek voorkom wat aantoon dat een van die appellante kort na 09:10 na die selle teruggebring is terwyl die ander een terselfdertyd uitgeneem is nie. Op Erasmus se weergawe moes die eerste appellant ongeveer 15 minute na 09:10 weer na die selle teruggeneem gewees het, terwyl die tweede

28

appellant terselfdertyd vir ondervraging uit sy sel uitgeneem moes gewees het.
Die inskrywings in die voorvalleboek strook met die appellante se getuienis. Erasmus se poging om hierdie inskrywings met sy eie weergawe te versoen, was myns insiens onsuksesvol. Dit volg dus dat Erasmus se weergawe, en trouens ook dié van Van Wyk en Mariti, nie deur hulle eie voorvalleboek gestaaf word nie. Daarbenewens is daar die onbevred-igende getuienis van Erasmus met betrekking tot sy ontmoeting met die eerste appellant vroeg daarde oggend. Dit alles plaas 'n groot vraagteken agter Erasmus se geloofwaardigheid met betrekking tot hierdie aspek van die saak. Dit is gemene saak dat Erasmus, Van Wyk en Mariti die tye en volgorde van die ondervragingsessies met mekaar bespreek het voordat hulle hulle getuienis tydens die verhoor

29

binne 'n verhoor afgelê het. Hoewel hulle getuienis met betrekking tot die tye van die ondervragingsessies aansienlike verskille toon, het sowel Van Wyk as Mariti deurgaans vir Erasmus gesteun vir sover dit die volgorde van die ondervragingsessies betref. In hierdie opsig kom hulle geloofwaardigheid dan ook in die gedrang. Wat hulle motief ook al was, blyk dit na my mening dat die lede van die ondersoekspan bereid was om in hierdie opsig vals getuienis af te lê. Dit bring mee dat hulle getuienis in ander opsigte met versigtigheid benader moet word. Die appellante se getuienis, daarenteen, blyk in hierdie opsig geloofwaardig te wees.

Vervolgens moet daar gekyk word of daar enige betroubare getuienis is wat die appellante se weergawe van die aanrandings staaf.

Na afloop van hulle ondervraging is die appellante gedurende die namiddag van 12 November 1986 deur lede van die ondersoekspan na hulle ouerhuis geneem waar daar op sekere

30

artikels beslag gelê is. Die eerste appellant is later na Smithfield geneem waar hy ongeveer 9 uur die aand voor landdros Retief verskyn het om h verklaring af te lê. Volgens die getuienis van landdros Retief het hy aan die eerste appellant verduidelik dat hy h landdros is, maar die eerste appellant sê dat hy dit nie geglo het nie omdat Mariti hom vroeër gesê het dat hulle hom na 'n "groot blanke" gaan neem met wie die speurders saamwerk. Die eerste appellant se getuienis is dat hy die landdros as 'n bevelvoerder van die speurders aangesien het. Hy het ook vir die tolk gevra of dit dikwels gebeur dat h verklaring in die nag afgelê word, maar die tolk het hom nie geantwoord nie.

Die eerste appellant gee toe dat hy nie aan landdros Retief genoem het dat hy beseer is en dat hy die verklaring onder dwang aflê nie. Volgens die eerste appellant was hy aangesê om niks daarvan in sy verklaring te meld nie. Johnstone het hom ook vooraf gewaarsku dat hy nie moet "draaitjies maak" as hy daar binnekant kom nie,

31

aangesien hulle sy verklaring na die tyd sal kry om te lees. Voordat hy sy verklaring afgelê het, is die eerste appellant om 19:00 te Rouxville deur die distriksgeneesheer, dr. Hanekom, ondersoek. Na aflegging van sy verklaring is
die eerste appellant om 22:15 deur dr. Smit, distriks-geneesheer te Smithfield, ondersoek. Beide hierdie distriksgeneeshere het getuig dat hulle geen tekens van enige aanranding of besering aan die eerste appellant gevind het nie. Daar sal later meer volledig gehandel word met die getuienis van dr. Hanekom.

Die eerste appellant het getuig dat dr. Smit sy bloeddruk die aand by die polisiekantoor geneem het nadat hy sy verklaring voor die landdros afgelê het. Die eerste appellant ontken egter dat dr. Smit hom volledig ondersoek het en dat dit by dr. Smit se spreekkamer geskied het, soos deur dr. Smit beweer is. Dit is die eerste appellant se getuienis dat dr. Smit nie met hom gepraat het nie, en dat hy op sy beurt ook nie met dr. Smit gepraat het nie. Dit is

32

trouens ook die getuienis van dr. Smit. Volgens die eerste appellant het Johnstone en Mariti hom in ieder geval verbied om met die dokter te praat. Dit is die eerste appellant se getuienis dat Johnstone en h onbekende swart lid van die polisie teenwoordig was toe dr. Smit sy bloeddruk geneem het, en dat die swart lid as tolk opgetree het.
Volgens dr. Smit se getuienis het hy die eerste appellant daardie aand om 22:15 by sy spreekkamer in Smithfield ondersoek. Hy was seker dat dit by sy spreekkamer was. Dit is dr. Smit se getuienis dat daar twee blanke polisiebeamptes by sy huis opgedaag het en dat hulle hom gevra het om h beskuldigde te ondersoek wat beweer dat hy aangerand is. Dr. Smit het aanvanklik getuig dat albei hierdie polisiebeamptes ook teenwoordig was toe hy die eerste appellant by sy spreekkamer ondersoek het. Later tydens kruisondervraging was dr. Smit nie meer so oortuig oor wie teenwoordig was nie, en het hy selfs toegegee dat daar moontlik ook h swart konstabel kon ingekom het sonder dat hy
33 daarvan bewus was. Dr. Smit sê dat dit sy gebruik is om so 'n ondersoek in teenwoordigheid van h getuie te doen. Na my mening is dit egter hoogs onwenslik dat h ondersoek soos hierdie in teenwoordigheid van h polisiebeampte geskied. Dr. Smit het geweet dat hy h beskuldigde moet ondersoek wat beweer dat hy aangerand is, en hy moes voorsien het dat die beskuldigde moontlik kon beweer dat hy deur die polisie aangerand is.

Dit is gemene saak dat dr. Smit nie vir die eerste appellant na enige beserings uitgevra het nie. Na my mening is dit onbegryplik waarom dr. Smit versuim het om dit te doen, veral waar hy volgens sy eie weergawe vooraf meegedeel is dat die persoon h beskuldigde is wat beweer dat hy aangerand is, en hy self geen beserings waargeneem het nie. Aangesien hulle nie met mekaar gepraat het nie, volg dit ook dat dr. Smit nie vir die eerste appellant ingelig het oor wat die doel van die ondersoek was nie.

Dr. Smit sê dat hy wel vir die eerste appellant versoek het om sy klere uit te trek, en dat die eerste appellant daarna nakend voor hom gestaan het. Dit is dr.

34

Smit se getuienis dat hy die eerste appellant toe van kop tot
tone ondersoek het, maar dat hy geen beserings aan hom gevind
het nie. Dr. Smit het saamgestem dat hy die eerste appellant
se bloeddruk geneem het, en hy het soos volg bygevoeg:

"Om u verder in te lig, ek neem nooit 'n persoon se bloeddruk in 'n staande posisie nie, met ander woorde hy het op daardie ondersoekbank .... gelê omdat die enigste ware waarde vir 'n bloeddruklesing is wanneer die pasiënt (in 'n) liggende posisie is en nie in 'n staande of 'n sittehde posisie is nie. Dit weet hy."

Dr. Smit se weergawe verskil nie net van die eerste

appellant se weergawe nie; dit bots ook in wesenlike opsigte

met die getuienis van sersant Stapelberg van die

Suid-Afrikaanse polisie te Smithfield, h getuie wat deur die

Hof a quo geroep is. Volgens Stapelberg het die ondersoek

by die polisiekantoor plaasgevind, en nie by dr. Smit se

spreekkamer nie. In hierdie opsig steun Stapelberg dus vir

die eerste appellant. Stapelberg sê sy kantoor word vir

daardie doei tot die beskikking van die distriksgeneesheer

gestel. Vir ondersoeke wat na-ure gedoen moet word, gaan

35

hulle nooit na dr. Smit se spreekkamer nie. Dr. Smit bring slegs sy eie apparaat saam na die polisiekantoor.
Stapelberg sê hy het in die deur van sy kantoor gestaan terwyl dr. Smit met die ondersoek besig was. Hy het
gehoor dat dr. Smit vir die eerste appellant sê om net sy hemp uit te trek. Daar is geen ondersoekbank in die kantoor nie, en indien die eerste appellant ooit gelê het, wat Stapelberg nie gesien het nie, moes dit op die tafel of op die vloer gewees het. Stapelberg het wel gesien dat dr. Smit die eerste appellant se bloeddruk neem, maar dit was gedoen terwyl die eerste appellant op h stoel gesit het, en nie terwyl hy in 'n lêende posisie was nie, soos dr. Smit beweer het.

Volgens Stapelberg was Johnstone ten tyde van die ondersoek in die aanklagkantoor direk langs hierdie kantoor waar die ondersoek plaasgevind het. In die loop van die ondersoek het dr. Smit een van die swart lede geroep om met betrekking tot 'n sekere aspek as tolk op te tree.

36

Hierdie getuienis van Stapelberg stem ook ooreen met die eerste appellant se getuienis, maar is nie versoenbaar met dr. Smit se weergawe nie.
Die getuienis van Stapelberg stem ook in verskeie ander opsigte nie met dr. Smit se weergawe ooreen nie, maar dit is na my mening nie nodig om op al hierdie verskille in te gaan nie.

Aangesien dr. Smit, anders as dr. Van Zyl van Zastron, nie vir die eerste appellant oor sy beserings uitgevra het nie, het dr. Smit ook nie geweet van die eerste appellant se bewering dat hy deur die polisie geslaan was nie. Soos blyk uit dr. Van Zyl se getuienis, wat later behandel sal word, sou die beweerde beserings aan die eerste appellant se kraakbeenaansluiting van die rib, en van sy vierde torakale werwel, waarskynlik nie deur blote ondersoek, en sonder ondervraging,- aan die lig gekom het nie. Sonder om die eerste appellant uit te vra, sou dr. Smit ook nie geweet het dat die eerste appellant na bewering met 'n

37

elektriese apparaat geskok is nie. Sonder daardie inligting is dit begryplik waarom dr. Smit, anders as dr. Van Zyl, nie die twee puntvormige merkies onder die eerste appellant se
regtertepel waargeneem het nie. Dit is immers nie die normale soort besering waarvoor mens sal soek as h beskuldigde bloot beweer dat hy aangerand is nie.
In die geheel gesien, was dr. Smit se getuienis na my mening onbevredigend . In sekere wesenlike opsigte is die weergawe van die eerste appellant, soos gestaaf deur Stapelberg, te verkies bo die weergawe van dr. Smit. Dit laat die vraag ontstaan of mens werklik kan peil trek op dr. Smit se getuienis. Vir die redes wat later in meer besonderhede uiteengesit sal word, kan ek met eerbied nie saamstem met die bevindings van die Hof a quo in hierdie verband nie, nl. dat dr. Smit die eerste appellant deeglik ondersoek het, en dat die beserings wat dr. Van Zyl op 14 November 1986 aan die eerste appellant gevind het, nog nie teenwoordig was toe dr. Smit hom op 12 November 1986

38

ondersoek het nie.
Dit is gemene saak dat lede van die ondersoekspan, na hulle besoek aan Sterkspruit gedurende die namiddag van 12 November 1986, vir die tweede appellant na landdros Meyer in Rouxville geneem het om h verklaring af te lê. Die landdros het in die verklaring, bewysstuk L, aangeteken dat die verrigtinge om 19:00 h aanvang geneem het en om 19:40 tot 'n einde gekom het. Landdros Meyer het getuig dat hy geen uitwendige beserings aan die tweede appellant se gesig waargeneem het nie. Hy het die tweede appellant ook gevra of hy beserings het, maar hy kan nie sê dat hy spesifiek na sy mond gekyk het nie. Hy het ook nie agtergekom dat die tweede appellant enige probleme ondervind het om te hoor nie.

Die tweede appellant sê hy het die verklaring afgelê omdat hy geen ander keuse gehad het nie. Die polisie het gedreig dat hulle hom sal doodmaak as hy dit nie doen nie. Hy was saam met Erasmus, Van Wyk en Ben Moloto in die motor toe hulle van Sterkspruit na Rouxville gery het. Op

39

pad het Erasmus deur middel van Moloto as tolk aan die tweede appellant verduidelik wat hy in sy verklaring moet sê. Voor die tyd het Mariti hom reeds voorgesê wat in die verklarihg moet kom.

Die tweede appellant sê dat hy nie geweet het Meyer is 'n landdros nie. Hy het gemeen dis iemand wat saam met die speurders werk, want hulle het vir hom gesê dat hulle hom na hulle hoof toe gaan neem. Die tweede appellant het toegegee dat Meyer aan hom genoem het dat hy h landdros is, maar volgens die tweede appeilant het hy dit nie geglo nie omdat 'n landdros gedurende die dag werk, en dan dra hy ook h swart toga. Die feit dat hy gedurende die nag onder dwang h verkiaring moes maak, het meegebring dat die tweede appellant ook nie die tolk vertrou het nie. Volgens hom het hy en die tolk mekaar in ieder gevai nie goed verstaan nie aangesien die tolk Suid-Sotho en hy Xhosa gepraat het. Die tweede appeliant het verder toegegee dat hy nie aan die landdros genoem het dat hy aangerand was en dat hy onder dwang was

40

nie. Volgens die tweede appellant was hy bang gewees om iets daarvan te meld, aangesien die polisie hom vooraf gewaarsku het dat hulle sy verklaring van die landdros sal ontvang, dat hulle dit sal lees, en dat hulle dan sal sien wat hy alles aan die landdros gesê het.
Die tweede appeliant is sowel voor as na die aflegging van sy verklaring deur dr. Hanekom, die distriksgeneesheer van Rouxville, ondersoek. Die tweede appellant gee toe dat hy nie vir dr. Hanekom vertel het van die beserings wat hy aan sy mond en oor opgedoen het nie, maar sê dat hy dit in opdrag van kaptein Erasmus verswyg het. Volgens die tweede appellant moes dr. Hanekom egter gesien het dat sy mond geswel was. Dit is die tweede appellant se getuienis dat dr. Hanekom hom nie versoek het om sy klere uit te trek nie, en dat hy hom ook nie enige vrae aangaande moontlike beserings gevra het nie. Die dokter het slegs die opmerking gemaak dat hy niks makeer nie. Die twee verslae van dr. Hanekom wat op die tweede appellant betrekking het,

41

meld albei dat daar geen teken van enige aanranding of besering was nie.
Dit is gemene saak dat dr. Hanekom sowel die eerste as die tweede appellant op 12 November 1986 te Rouxville op

versoek van die polisie ondersoek het. Volgens die tye wat in dr. Hanekom se verslae aangeteken staan, het hy die tweede appellant om 18:45 en later weer om 20:14 ondersoek, terwyl die eerste appellant se ondersoek om 19:00 plaasgevind het. Dit word nie betwis dat die polisie ten tyde van al hierdie ondersoeke teenwoordig was nie.

Dit is die getuienis van dr. Hanekom dat hy elkeen van die appellante gevra het of hulle aangerand was en of hulle beserings gehad het, maar dat elkeen ontkennend geantwoord het. Daarna het hy élkeen gevra om sy klere uit te trek en het hy hom behoorlik en volledig ondersoek. Hy het egter geen tekens van enige beserings of aanrandings by enigeen van hulle gevind nie. Dr. Hanekom het toegegee dat hy ten tyde van die verhoor nie meer in staat was om tussen

42

die twee appellante en die verskillende ondersoeke te onderskei nie. Die moontlikheid was egter destyds teenoor hom geopper dat een van die appellante 'n mondbe'sering gehad het, en dr. Hanekom onthou dat hy in die geval van beide appellante spesifiek daarvoor opgelet het. Hy het egter geen sodanige mondbesering by enigeen van die twee gevind nie.

Dr. Hanekom het getuig dat h ondersoek van die persoon se ore deel uitmaak van sy volledige ondersoek, maar hy het toegegee dat hy 'n perforasie van die oordrom moontlik kon misgekyk het. Later getuig hy egter dat hy nie kan onthou of hy die appellante se ore ondersoek het nie. Sy getuienis omtrent die neem van die appellante se bloeddruk was net so onbevredigend. Hy het eers getuig dat hy nie die bloeddruk geneem het nie, maar kort daarna het hy gesê dat hy nie kan onthou of hy dit gedoen het nie. Ten slotte het hy toegegee dat dit 'n noodsaaklike deel van so h ondersoek behoort te wees, en het hy aanvaar dat hy dit wel gedoen het.

Dr. Hanekom kon geen bevredigende verduideliking

43

gee waarom hy die ouderdom van die eerste appellant, wat destyds 28 jaar oud was, op 41 jaar vasgestel het nie. Gedurende kruisondervraging het dr. Hanekom toegegee dat hy moontlik haastig was toe hy die appellante daardie aand ondersoek het en dat hy kleiner beserings kon misgekyk het. Hy het verder erken dat sy ondersoek onder sulke omstandigbede moontlik oppervlakkig kon gewees het. Dit is aan dr. Hanekom gestel dat die tweede appellant beweer dat sy ondersoek "uiters onvolledig en baie vlugtig" was, en dr. Hanekom het toegegee dat dit moontlik so was. Later het dr. Hanekom so ver gegaan as om te erken dat sy ondersoeke in die geval van beide appellante "vlugtig en onvolledig" moes gewees het. Dit is direk in stryd met sy vorige getuienis dat hy hulle behoorlik en volledig ondersoek het. Hy het toegegee dat hy in daardie omstandighede nie enige brandmerkies op die appellante se liggame sou waargeneem het nie.

Die Hof a quo het bevind dat dr. Hanekom se

44

getuienis veel te wense oorgelaat het, en het aanvaar dat hy sy ondersoeke op è nalatige en onvolledige wyse uitgevoer het. Na my mening is daardie bevinding heeltemal geregverdig. Die Hof a quo het egter verder gegaan en bevind dat hoewel dr. Hanekom se aandag toegespits was op h besering aan die tweede appellant se bolip, dit opmerklik is dat hy geen laserasie aan sy bolip gevind het nie. Hieruit maak die Hof a quo dan die afleiding dat daar geen sodanige besering aan die tweede appellant se bolip was nie. Na my oordeel is daardie afleiding met eerbied nie geregverdig nie. Op die Staat se eie weergawe is die tweede appellant se mond beseer toe hy gedurende die namiddag van 11 November 1986 te Sterkspruit probeer ontsnap het. Die tweede appellant se weergawe is dat Mariti hom op 12 November 1986 met die vuis op die mond geslaan het en dat sy bolip toe beseer is. Volgens beide weergawes was sy mond dus beseer toe dr. Hanekom hom ondersoek het. Soos hieronder sal blyk, het dr. Van Zyl op 14 November 1986 'n laserasie aan die tweede

45
appellant se bolip gevind wat toe twee tot drie dae oud was. In die lig van al hierdie getuienis is die enigste redelike afleiding dat dr. Hanekom se ondersoek so oppervlakkig was dat hy selfs hierdie mondbesering nie raakgesien het nie. In die omstandighede is ek van oordeel dat dr. Hanekom se ondersoeke waardeloos is en dat daar geen gewig aan sy bevindings geheg kan word nie.

Die twee appellante het op 14 November 1986 vir die eerste keer voor 'n geregshof verskyn. Nadat die saak in die landdroshof te Zastron uitgestel is, het hulle vir die landdros meegedeel dat hulle h dokter wil sien aangesien hulle aangerand was. Hulle is toe na die stasiebevelvoerder, adjudant-offisier Gilomee, verwys. Nadat hulle hom van die aanrandig vertel het, het hy gereël dat die distriksgeneesheer van Zastron, dr. Van Zyl, hulle ondersoek.

Dr. Van Zyl het namens die verdediging getuig. Mnr Burger, wat namens die appellante verskyn het, het besondere moeite en ywer aan die dag gelê om dr. Van Zyl se teenwoordigheid as getuie te bewerkstellig. Dit is trouens kenmerkend van die deeglike en pligsgetroue wyse waarop hy

46
die saak namens die appellante gevoer het. Dr. Van Zyl se getuienis is na my mening van deurslaggewendë belang in hierdie saak. Dr. Van Zyl se het die twee appellante op 14 November 1986 ondersoek. Dit was op versoek van die polisie en na aanleiding van die klagtes van aanranding.
Dr. Van Zyl het die tweede appellant eerste ondersoek. Die tweede appellant het beweer dat hy op 12 November 1986 deur die polisie aangerand was en dat hy geskok en geslaan was. Dr. Van Zyl het sekere puntvormige brandmerkies op die tweede appellant se buikwand rondom sy naeltjie gevind. Volgens dr. Van Zyl was hierdie brandmerkies twee tot drie millimeter uitmekaar uit gewees, maar daar was soveel van hulle dat hy hulle nie kon tel nie.

Dr. Van Zyl het 'n vars laserasie aan die regterkant van die tweede appellant se bolip waargeneem sonder dat hy daarop gewys was. Dit het die voorkoms gehad van 'n wond wat twee tot drie dae oud was. By verdere ondersoek het dr. Van Zyl ook gevind dat daar 'n perforasie in die tweede appellant se linkeroordrom was. Dit was eweneens 'n vars wond.

Dr Van Zyl het getuig dat al hierdie beserings ingepas het by die verklaring wat die tweede appellant aan

47

hom gedoen het. Die mondbesering kon deur 'n vuishou veroorsaak gewees het, terwyl die beseerde oordrom deur die toediening van 'n klap op die oor kon ontstaan het. Dr. Van Zyl het getuig dat so 'n besering van die oordrom baie pynlik is. Die beserings rondom die tweede appellant se naeltjie pas in by brandwonde wat deur 'n skokapparaat veroorsaak kon gewees het.

Die eerste appellant het dr. Van Zyl meegedeel dat hy op 12 November 1986 deur die polisie aangerand is en dat hulle hom geskok het. Dr. Van Zyl het tydens sy ondersoek twee puntvormige brandmerkies onder die eerste appellant se regtertepel gevind. Dit was soortgelyk aan dié wat hy by die tweede appellant gevind het. Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat dit veroorsaak is deur 'n apparaat wat 'n vonk maak. Die brandmerkies het ingepas by die eerste appellant se bewering dat hy geskok was. Dr. Van Zyl het dit as oppervlakkige graad een brandmerkies beskryf wat deur 'n skokapparaat veroorsaak kon gewees het. Hy het bygevoeg dat

48

dit die voorkoms van vars wonde gehad het wat minder as 'n week oud was.
Dr. Van Zyl het by verdere ondersoek gevind dat daar drukteerheid oor die kraakbeenaansluiting van die eerste appellant se tweede rib was, maar daar was geen sigbare teken van besering nie. Die eerste appellant het ook gekla van pyn oor die vierde torakale werwel, maar volgens dr. Van Zyl was daar geen tekens van enige besering daar sigbaar nie.

Dr. Van Zyl het getuig dat die brandmerkies nie deur die appellante aan hom uitgewys is nie, maar dat hy dit self opgemerk het nadat hulle aan hom gesê het dat hulle geskok was. Hulle het ook aan hom genoem dat hulle aan hulle privaatdele geskok was, maar hy het nie enige brandmerke daar gevind nie.

Beide die Staat en die verdediging het deskundige getuienis voorgelê om te probeer aantoon wat die brandmerkies kon veroorsaak het wat dr. Van Zyl by altwee appellante opgemerk het. Die Hof a quo het bevind dat dit die siening

49

van aldrie die deskundiges was dat indien die brandmerke deur elektrisiteit veroorsaak was, daar van 'n apparaat gebruik gemaak moes gewees het.wat die normale stroom moes verminder het. Volgens die getuienis van dr. Botha, elektrotegniese stadsingenieur van Bloemfontein, kan so 'n apparaat teen geringe koste en sonder groot tegniese vaardigheid gebou word. Hy het ook aangetoon dat die aardlekkasie nie sal uitskop indien so h apparaat van die normale kragbron gebruik maak nie. Sy getuienis is gestaaf deur mnr. Van der Merwe, adjudant-elektrotegniese stadsingenieur van Bloemfontein.

Die Hof a quo het bevind dat die beserings wat dr. Van Zyl op 14 November aan die appellante gevind het, nog nie toegedien was toe die appellante op 12 November hulle verklarings afgelê het en medies ondersoek is nie. Ek kan met eerbied nie met hierdie bevinding van die Hof a quo saamstem nie. Dit sou beteken dat die appellante op een of ander onverklaarbare rede beseer is nadat hulle die bekentenisse tot tevredenheid van die polisie afgelê het.

50

Dit is nooit gesuggereer dat die appellante hulleself beseer
het nie. Die waarskynlikhede is oorweldigend dat hulle daardie beserings opgedoen het voordat hulle die bekentenisse afgelê het.
Ten einde tot die bogenoemde beslissing te kon kom, moes die Hof a quo op die getuienis van dr. Smit en dr. Hanekom steun, wat dan ook gebeur het. Daar is reeds hierbo gewys op die onbevredlgende aspekte van dr. Smit se getuienis. Dit is verder bevind dat dr. Hanekom se getuienis waardeloos is. Die getuienis van dr. Van Zyl, daarenteen, is na my mening in alle wesenlike opsigte bevredigend en geloofwaardig.

Die Hof a quo het daarop gewys dat dit hoogs onwaarskynlik is dat die polisie die appellante vir h mediese ondersoek sou gestuur het indien hulle die appellante inderdaad self aangerand het. h Mens kan nie help om die siniese opmerking te maak dat die polisie waarskynlik geweet het hoe oppervlakkig die ondersoeke gedoen sou word nie.

51

Daarbenewens was daar altyd 'n polisiebeampte by die ondersoeke teenwoordig. Die polisie het ook 'n goeie verduideliking gehad vir die een besering wat op die waarskynlikhede opgemerk sou gewees het, naamlik die tweede appellant se mondbesering. Merkwaardig genoeg het dr. Hanekom nie eens daardie besering raakgesien nie.
'n Faktor wat nie buite rekening gelaat moet word nie, is dat die appellante by die heel eerste geleentheid wat hulle voor 'n geregshof verskyn het, oor die aanrandings gekla het. Daarna het hulle dit opgevolg deur 'n klagte van aanranding by Gilomee te lê. Toe die appellante weer op 19 November 1986 in die Hof verskyn, het beide onskuldig gepleit en vir die landdros gesê dat hulle aangerand was. Die eerste appellant het daarna in redelike besonderhede aan die landdros verduidelik wat gebeur het. Na afloop van hulle verskyning in die Hof het die appellante daardie selfde dag 'n uitkenningsparade bygewoon waar die eerste appellant vir Erasmus, Van Wyk, Johnstone en Mariti uitgewys het, terwyl

52

die tweede appellant vir Erasmus en Mariti uitgewys het. Die tweede appellant het bygevoeg dat hy nie weet of Van Wyk en Johnstone hom ookaangerand het nie, aangesien die sak oor sy kop was nie.
'n Verdere aspek wat nie uit die oog verloor moet word nie, is die ongeloofwaardige getuienis van die lede van die ondersoekspan met betrekking tot die volgorde van ondervraging op 12 November, waarna reeds verwys is. Dit reflekteer ook op hulle geloofwaardigheid wanneer die vraag na die beweerde aanrandings daardie dag beoordeel moet word.
Dit is korrek, soos die Hof a quo ook bevind het, dat daar aan die ander kant onbevredigende aspekte in die appellante se weergawes is. So is daar die getuienis van die eerste appellant dat Johnstone en Mariti hom op 12 November vir oulaas buite Smithfield moes gedreig het alvorens hy sy bekentenis daardie aand gaan aflê het. Die getuienis toon daarenteen aan dat die eerste appellant daardie aand deur sersant Stapelberg na Smithfield vervoer is, en nie deur

53

Johnstone en Mariti nie. Wat die tweede appellant betref, is daar weer die getuienis van konstabel Mtwa en andere wat aantoon dat die tweede appellant se mond waarskynlik reeds op 11 November beseer is toe hy by Sterkspruit probeer ontsnap het. Die tweede appellant het die beweerde poging tot ontsnapping en gevolglike besering van sy mond op 11 November ontken, maar al word sy getuienis in daardie verband verwerp, beteken dit nog nie dat Mariti hom nie ook op die mond kon geslaan het nie. Die oorbesering, en veral die brandmerkies wat dr. Van Zyl gevind het, word egter slegs verklaar indien mens die tweede appellant se weergawe sou aanvaar.
In die lig van al die relevante getuienis is ek van mening dat die appellante wel op 'n oorwig van waarskynlikhede aangetoon het dat die bekentenisse nie vrywillig en ongedwonge deur hulle gemaak is nie. Dit volg dus dat die Hof a quo na my oordeel fouteer het deur die appellante se bekentenisse as getuienis teen hulle toe te

54

laat.
Vervolgens is daar die omstandigheidsgetuienis wat op sigself, en afgesien van die bekentenisse, probleme vir die twee appellante skep. In hierdie verband moet daar veral na die volgende aspekte gekyk word: die groen flitslig wat by die appellante se huis gevind is; die skoenmerke wat na bewering op die koevert in die oorledene se slaapkamer gevind is; die twee stukke groen en wit nylontou wat by die appellante gevind is; die bloed wat op verskeie artikels gevind is. Daarbenewens is daar die getuienis wat verband hou met die draadtang en die geknipte telefoondrade, en die getuienis in verband met die kapmes wat na bewering uit die oorledene se huis gesteel is.

Die appellante se besit van die groen flits is seker die enkele faktor wat die sterkste daarop dui dat die appellante by die pleging van die misdade betrokke was. Die groen flits was bewysstuk 1 voor die Hof a quo. Mariti het getuig dat hy daardie groen flits op 13 November 1986 by die

55

appellante se huis te Sterkspruit gekry het. Die eerste appellant het getuig dat die groen flits, bewysstuk 1, sy eiendom is en dat hy dit in Rustenburg gekoop het. Die tweede appellant het getuig dat die groen flits soortgelyk is aan die eerste appellant se flits. Die appellante se moeder, mev. Chrissie Shibane, het getuig dat sy die groen flits voor die Hof as die eerste appellant se flits herken. Volgens haar getuienis het hy dit reeds vir 'n geruime tyd voor die gebeure in sy besit gehad.
Hiarteenoor is daar die getuienis van Richard Sonakile wat as werktuigkundige vir die oorledene op die plaas gewerk het. Hy het getuig dat hy dikwels in die aand met die beeste gewerk het en dat hy dan die oorledene se groen flits gebruik het. Dit is sy getuienis dat bewysstuk 1 voor die Hof die oorledene se flits is. Hy het getuig dat hy die flits uitken aan h klein swart kolletjie op die blink weerkaatser van die flits. Daardie swart kolletjie is veroorsaak deur 'n gloeilampie wat uitgebrand het. Daar is

56

ook sekere kapmerkies agter die kop en op die handvatsel van die flits wat volgens Sonakile daar was vandat hy die flits ken. Sonakile het ook sekere skraapmerkies aan die flits uitgewys wat volgens hom veroorsaak is toe hy met die flits geval het. Die getuie was tydens kruisondervraging gevra om hierdie merkies met 'n pen aan te dui, en dit het toe geblyk dat daar ook ander krap- en skraapmerkies aan die flits was wat hy nie gemerk het nie. Hierdie Hof het die bewysstuk self besigtig. Dit is begryplik dat die getuie Sonakile van die swart kolletjie op die blink weerkaatser sou onthou het, maar dit kom vir my as onbegryplik voor dat hy ook van die talryke klein en onbeduidende merkies sou onthou het en dat hy die flits daaraan sou kon uitken.

Dit is Sonakile se getuienis dat hy die flits laas drie dae voor die voorval gesien het, maar dat die flits na die voorval nie meer in die slaapkamer was waar die oorledene dit gewoonlik gebêre het nie.

Die oorledene se huisbediende, Miriam Thene, het ook getuig dat bewysstuk 1 die oorledene se flits is wat

57

altyd in die rak in die slaapkamer gestaan het. Toe sy tydens kruisondervraging gevra is waaraan sy die flits herken, het sy toegegee dat sy slegs kan sê dat bewysstuk 1 soortgelyk aan die oorledene se flits is.
Die eerste appellant het getuig dat sy eie groen flits, merkwaardig genoeg, ook 'n brandmerkie op die weerkaatser gehad het. Die eerste appellant kon egter nie verduidelik waarom sy advokaat nie tydens kruisondervraging aan Richard Sonakile gestel het dat hy 'n fout maak, en dat bewysstuk 1 inderdaad die eerste appellant se flits is nie.
Daar was verder getuienis dat daar primaatbloed van die bloedgroep O aan die groen flits gevind was. Die bloedmonsters van die oorledene en die twee appellante het getoon dat hulle almal aan die bloedgroep O behoort. Die eerste appellant het getuig dat hy sy regterhand beseer het toe hulle op 4 November 1986 aan die enjin van sy voertuig gewerk het. Sy hand het gebloei en daar was bloed aan die enjin en aan die tou wat om die enjin was. Die eerste
58

appellant het getuig dat hy die groen flits gebruik het wanneer hy aan sy voertuig gewerk het, maar hy het nie gesê dat dit die rede is waarom daar bloed aan die flits is nie.

Na my oordeel het die Staat nie bo redelike twyfel bewys dat die groen flits inderdaad die oorledene se vermiste flits is nie. In die algemeen gesproke was Richard Sonakile sekerlik 'n geloofwaardige getuie, maar sy poging om die groen flits aan die hand van h verskeidenheid merkies te identifiseer, was myns insiens onaanvaarbaar, veral as in gedagte gehou word dat hy die flits meer as h jaar na die gebeure eers geïdentifiseer het. Die getuienis van Miriam Thene neem die saak nie veel verder nie.

Die Hof a quo het bevind dat Chrissie Shibane (na wie die Verhoorregter in sy uitspraak as Grace verwys) se getuienis omtrent die groen flits klaarblyklik vals is. Die rede vir daardie bevinding is omdat haar getuienis met betrekking tot die oorhandiging van die groen flits en die kapmes aan die polisie, van Mariti se getuienis verskil. Mariti het getuig dat die appellante se skoonsuster, Gloria Shibane, die groen flits en h kapmes, bewysstuk 2, op 13

59

November 1986 by die appellante se huis aan hom oorhandig het. Dit was nadat Mariti gevra het dat hulle al die goed aan hom moet gee wat die appellante na die huis gebring het. Chrissie Shibane, daarenteen, het getuig dat Mariti daardie dag vir Gloria gesê het sy moet alles bring wat daar by die kombi gebruik was. Volgens Chrissie het Gloria toe die groen flits in die eerste appellant se kamer gaan haal en aan Mariti oorhandig. In daardie opsig verskil haar getuienis nie van Mariti s'n nie. Sy sê egter dat Mariti self die kapmes bo-op die hangkas in haar kamer gevat het. Gloria het nie getuig nie. Die Hof a quo het bevind dat Chrissie Shibane getuig het dat Mariti self die groen flits in die eerste appellant se kamer gaan haal het. Dit was egter nie Chrissie se getuienis nie, en daardie bevinding van die verhoorhof is met eerbied nie korrek nie. Chrissie Shibane se getuienis met betrekking tot die oorhandiging van die kapmes daardie dag verskil egter wel van Mariti se getuienis. Die Hof a quo het as 'n feit bevind dat Gloria die

60

flits en die kapmes aan die polisie oorhandig het, soos Mariti getuig het, en dat Chrissie se getuienis gevolglik ongeloofwaardig is. Wat die oorhandiging van die groen flits betref, stem Chrissie se weergawe egter ooreen met Mariti s'n; beide van hulle sê dat Gloria die groen flits aan Mariti oorhandig het. Vir sover Chrissie se getuienis met betrekking tot die verkryging van die kapmes van Mariti se getuienis verskil, is daar na my mening geen rede om Chrissie se weergawe te verwerp slegs omdat dit van Mariti s'n verskil nie. Chrissie Shibane was na my mening h goeie getuie. Mariti daarenteen, was nie 'n geloofwaardige getuie nie, minstens wat die gebeure tydens die ondervraging van die appellante op 12 November betref .

Die Hof a quo het ook die twee appellante se getuienis met betrekking tot die groen flits verwerp. Die twee appellante was sekerlik nie onberispelike getuies nie, en daar is sekere aspekte van hulle getuienis wat beslis onbevredigend en selfs vals is. Dit regverdig egter nog nie

61

die afleiding dat hulle getuienis omtrent die groen flits derhalwe ook vals moet wees nie. Daar is trouens reeds bevind dat die appellante se getuienis omtrent die gebeure tydens die ondervraging op 12 November op h oorwig van waarskynlikhede geloofwaardig is. Daar kan wel kritiek uitgespreek word oor die eerste appellant se versuim om sy weergawe omtrent die eiendomsreg van die groen flits aan Richard Sonakile te laat stel. Indien dit 'n blote oorsig was, soos die eerste appellant angevoer het, behoort daar egter nie h nadelige afleiding van daardie versuim gemaak te word nie.
Indien die groen flits by die herstel van die enjin gebruik was, soos die eerste appellant beweer het, kan dit ook die aanwesigheid van bloed op die flits verklaar.
Dit is sekerlik baie toevallig dat die oorledene se groen flits, met 'n swart brandmerkie daarop, gedurende die nag van 4 tot 5 November 1986 uit die oorledene se huis verwyder is, en dat 'n soortgelyke flits met 'n dergelike

62

brandmerkie daarop daarna op 13 November 1986 by die appellante se huis gevind word. In die lig van al die getuienis is ek egter van oordeel dat die appellante se weergawe omtrent die flits redelik moontlik waar kan wees. Aan die einde van die saak moet daar natuurlik na die kumulatiewe effek van al die relevante omstandighede gekyk word om te bepaal of die afleiding dat die appellante skuldig is, die enigste redelike afleiding is wat gemaak kan word (Rex v. De Villiers 1944 AD 493, op 508-509).
n Verdere omstandigheid wat die appellante volgens die bevinding van die Hof a quo met die pleging van die misdade verbind, is die skoenspoor wat op die koevert in die oorledene se slaapkamer gevind is. Die geleerde Verhoorregter het gesê dat dit nie bevind kan word dat die appellante se skoene inderdaad daardie merke op die koevert gelaat het nie, maar dan vervolg hy soos volg:

63

"in die lig van die feit dat die skoene gewas was en dat daar ook bloed op beide beskuldigdes se skoene was, is die afleiding geregverdig dat die spore deur die skoene veroorsaak was."
Dit blyk uit die getuienis dat daar h tafel voor

die gebreekte vensterruit in die oorledene se slaapkamer
gestaan het. Op hierdie tafel het Mariti na bewering h
papierkoevert gevind met die afdruk van 'n skoenspoor daarop.
Mariti het getuig dat hy op 5 November 1986 om ongeveer 10
uur die oggend op die oorledene se plaas aangekom het. Dit
was nog voordat daar toegang tot die huis verkry is. Hy het
deur die gebreekte vensterruit gekyk en die tafel binne die
kamer voor die venster gesien. Mariti sê hy het 'n papier wat

soos h koevert gelyk het op die tafel sien lê. Op die

koevert was daar spore of merke van h skoensool, en volgens
Mariti was dit vol modder. Buite die venster het hy

soortgelyke spore op die grond gesien. Mariti het daardie

papierkoevert met die skoenspoor daarop later in bewaring

geneem. Dit was bewysstuk 3 voor die Hof a quo.

64

Kaptein Van Jaarsveld het daardie oggend kort na Mariti op die plaas aangekom. Hy was die eerste persoon wat toegang tot die huis verkry het. Van Jaarsveld is 'n opgeleide fotograaf en plantekenaar in diens van die Suid-Afrikaanse polisie te Bloemfontein. Van Jaarsveld het 'n reeks groot kleurfoto's geneem wat as bewysstuk A by die verhoor ingedien is. Die betrokke tafel verskyn op vyf van die elf foto's wat ingehandig is, en op foto 9 beslaan die tafelblad die grootste gedeelte van die foto. Op foto 9 wys 'n hand na sekere bloedmerke op die tafel. Direk langs die bloedmerke op die tafel is daar twee stukkies papier wat duidelik op die foto te sien is. Erasmus het getuig dat die grootste van hierdie twee stukkies papier die koevert was waarop 'n gedeelte van 'n skoenspoor duidelik afgedruk was. Die afdruk van die skoenspoor op die papier is nie op die foto's waarneembaar nie.

Van Jaarsveld het in redelike besonderhede getuig oor wat hy alles in die huis gevind het. Hy is in die loop

65

van sy hoofgetuienis ook spesifiek uitgevra oor die tafel wat onder die venster gestaan het. Hy is gevra of hy sou verwag het dat 'n persoon wat deur die venster klim, met sy voete op die tafel sou getrap het. Van Jaarsveld het geantwoord dat dit moontlik die geval sou wees, maar nie noodwendig nie. Die merkwaardige van Van Jaarsveld se getuienis is egter dat hy geen woord hoegenaamd van die koevert met die skoenspoor-daarop rep nie. Van Jaarsveld was die heel eerste getuie wat in die saak getuig het, en mens sou verwag het dat hy minstens melding van hierdie koevert sou gemaak het. Volgens Mariti en Erasmus se getuienis moes die koevert met die skoenspoor daarop reg voor Van Jaarsveld se oë op die tafel gelê het. Dit is myns insiens ondenkbaar dat Van Jaarsveld dit nie sou gesien het as dit inderdaad daar gelê het nie. Dit is verder onverklaarbaar waarom Van Jaarsveld nie 'n duidelike foto van hierdie koevert met die skoenspoor daarop geneem het nie. Hierdie vreemde omstandighede is ongelukkig nie tydens die verhoor ondersoek nie.

66

Mariti het getuig dat Erasmus hom op 11 November 1986, en kort nadat hy die twee appellante in hegtenis geneem het, opdrag gegee het om na die appellante se huis te gaan. Daar het Mariti vir die appellante se moeder en skoonsuster gevra om die appellante se skoene aan hom te oorhandig. Drie paar van die skoene wat hy so ontvang het, is beskryf as Adidas drafskoene. Daardie skoene het almal sulke ronde knoppies op die sole gehad, en daardie knoppies het volgens Mariti op die oog af ooreengestem met die merke wat hy op die papierkoevert, bewysstuk 3, gevind het. Die drie paar Adidas skoene is saam as een bewysstuk tydens die verhoor ingehandig, maar twee paar van daardie skoene is later onderskeidelik 5F en 5G gemerk. Daar was bloed op al vier hierdie skoene gevind, maar volgens die getuienis van die deskundige was dit slegs die bloed op die regterskoen van paar 5G wat as primaatbloed vasgestel kon word. Die tweede appellant het erken dat bewysstuk 5G sy skoene is, maar hy kon nie onthou of hy daardie skoene aangehad het toe hulle

67

op 4 November 1986 aan die kombi se enjin gewerk het nie. Die ander twee paar skoene wat deel uitgemaak het van bewysstuk 5, was die eerste appellant se skoene, maar hy kon nie verklaar waar die bloed aan die een paar skoene vandaan kom nie.
Die appellante se moeder, Chrissie Shibane, het getuig dat sy die appellante se drafskoene gereeld gewas het, en dat hulle gewas was die dag voordat Mariti die skoene op 11 November by die huis kom haal het. Volgens haar was die skoene vuil gewees, maar sy het geen bloed aan die skoene gesien nie.
Die omstandighede waaronder die merke van die skoensole op die koevert gekom het, kom verdag voor. Dit is reeds aangetoon dat Mariti en Erasmus bereid was om vals ' getuienis met betrekking tot die ondervraging en aanranding op 12 November af te lê. Dit was klaarblyklik gedoen om 'n skuldigbevinding te probeer bewerkstellig. As dit eenmaal aanvaar word, is daar geen perke aan wat hulle moontlik

68

verder sou doen om die appellante by die pleging van die misdade te betrek nie. In die lig van al die beskikbare feite sou ek huiwerig wees om enige afleiding te maak van die bewering dat daar so 'n koevert met merke van skoensole op die tafel in die oorledene se slaapkamer gevind is. Maar selfs al was daar so h koevert gevind, regverdig die feit dat die skoene gewas is, en dat daar bloed op die skoene was, na my oordeel nog nie die afleiding, as enigste redelike afleiding, dat daardie spore deur die appellante se skoene gemaak is nie. In hierdie verband verskil ek eerbiediglik van die bevinding wat die Hof a quo gemaak het.
Die twee appellante is verder met die pleging van die misdade verbind deur middel van twee stukke wit en groen nylontou. Die bewering was dat die ongebrande gedeelte van die tou wat om die oorledene se nek gevind is van dieselfde oorsprong as hierdie stukke tou kon wees. Die polisie sê hulle het die twee stukke nylontou gedurende die middag van 12 November 1986 in die teenwoordigheid van die appellante

69

by hulle huis gekry. Volgens Mariti se getuienis was die een stuk tou (bewysstuk 6) om h los motor enjin gedraai terwyl Erasmus die ander stuk (bewysstuk 9) onder die sitplek van 'n kombi uitgehaal het wat daar gestaan het. Dit was albei lang stukke nylontou. Die appellante het erken dat die eerste appellant soortgelyke nylontou gehad het, maar ontken dat hulle by was toe die polisie op die tou beslag gelê het.
Daar was bloed aan albei stukke tou gevind. Die eerste appellant het getuig dat hy sy hand beseer het terwyl hy aan die kombi se enjin gewerk het. Die tou was om die enjin gebind en die bloed kon op daardie manier aan die tou gekom het. Op die Staat se weergawe sou die bloed aan die tou gekom het toe die appellant die oorledene doodgemaak het. Dit sou beteken dat die appellante hierdie twee stukke nylontou met hulle saamgeneem het toe hulle na die oorledene se huis gegaan het. Mnr Marais, wat namens die Staat verskyn het, kon aan geen rede dink waarom die appellante sulke lang stukke tou met hulle sou wou saamneem om die oorledene te

70

gaan beroof nie. Na my mening is dit inherent onwaarskynlik dat hulle dit sou gedoen het. Die appellante het myns insiens h redelike verklaring aangebied oor hoe die bloed aan die tou gekom het.
Die besering aan die eerste appellant se hand wordweliswaar verantwoordelik gehou vir die bloed wat op baie van die bewysstukke gevind is, maar na my mening kan hierdie verduideliking nie verwerp word as nie redelik moontlik waar nie. Die bewering dat die eerste appellant h besering opgedoen het wat gebloei het, word deur sy moeder, Chrissie Shibane, beaam.
Dit is deel van die Staatsaak dat die telefoondrade wat na die oorledene se plaashuis geloop het, met 'n draadtang afgeknip is, en dat die polisie daardie tang op 12 November 1986 by die appellant gekry het. Die Hof a quo het inderdaad bevind dat die telefoondrade met daardie tang afgeknip was.
Van Wyk het getuig dat hy gedurende die namiddag van 5 November 1986, op h afstand van ongeveer 500 meter van die oorledene se huis op die afgeknipte drade afgekom het.

71

Dit blyk uit Erasmus se getuienis dat hy teenwoordig was. Van Wyk het toe h monster, met die afgeknipte punt van die draad daaraan, van elkeen van die twee telefoondrade geneem.
Erasmus en Mariti het getuig dat die tweede appellant die tang, bewysstuk 8, gedurende die namiddag van 12 November 1986 by sy huis uit die bak van sy motor gehaal het en aan Erasmus oorhandig het met die woorde "dit is die tang wat gebruik is." Die tweede appellant het daardie bewering. ontken. Na my mening was getuienis omtrent die tweede appellant se beweerde opmerking in ieder geval ontoelaatbaar. Dit was die verdediging se weergawe dat die appellante se vader h soortgelyke tang het, maar dat die appellante nie teenwoordig was toe die polisie die tang gekry het nie. Dit blyk uit die getuienis dat daar bloed op die tang was.

Die tang en die twee monsters van die afgeknipte telefoondrade is daarna vir ondersoek aan luitenant Bruwer van die forensiese-wetenskaplaboratorium in Pretoria

72

oorhandig. Hy het sekere toetsknippe met die middelste knipvlak van die tang gemaak en na 'n mikroskopiese ondersoek tot die gevolgtrekking gekom dat die betrokke tang gebruik was om die drade mee af te knip. Hy het foto's geneem wat as bewysstukke ingehandig is. Die foto's toon 'n vergrote beeld van die toetsknip bo 'n skeidslyn, en van die oorspronklike geknipte draad onder die skeidslyn. Dit is Bruwer se getuienis dat dit duidelik op hierdie foto's gesien kan word dat die merke wat die tang op beide knipvlakke gelaat het, ooreenstem en bymekaar aansluit. Bruwer het egter nagelaat om die beweerde punte van ooreenstemming op die foto's aan die Hof uit te wys, of om te verduidelik waarom hy beweer dat die merke ooreenstem en inderdaad bymekaar aansluit. Verder het Bruwer versuim om te getuig hoeveel punte van ooreenstemming hy gevind het, en hoeveel sulke punte van ooreenstemming volgens sy deskundige mening voldoende sou wees om bo redelike twyfel te bewys dat die toetsknip en die oorspronklike knip met dieselfde instrument

73

uitgevoer is.
Die bewyswaarde van dergelike getuienis van merke wat deur instrumente gemaak word, is bespreek in R v Sibanda 1963(4) SA 182(SR) en R V Nyamayaro 1967(4) SA 263(R. AD), op 264 A-F. In albei sake het Beadle, HR gewys op die gevaar wat daar bestaan om blindweg op die deskundige se getuienis in sulke gevalle staat te maak.
Na my mening was die getuienis van Bruwer heeltemal ontoereikend om die gevolgtrekking te regverdig dat die toetsknip en die oorspronklike knip,met dieselfde tang uitgevoer is. h Verdere eienaardige verskynsel wat genoem kan word, is dat Bruwer tydens die verhoor gevra was om toetsknippe met die tang op die stukkies draad uit te voer, maar dat hy ondanks verskeie pogings nie daarin kon slaag om die stukkies draad behoorlik af te knip nie.
In die lig van die onregmatige omstandighede waaronder die lede van die ondersoekspan in hierdie saak bekentenisse van die appellante verkry het, staan mens

74

ongelukkig ook skeptiese teenoor die verdere getuienis en metodes van ondersoek van Erasmus, Van Wyk en Mariti. So ontstaan die vraag of hulle getuienis omtrent die verkryging van die draadmonsters nie moontlik ook vals is nie. In hierdie verband kan daar verwys word na die onbetwiste getuienis van Chrissie Shibane dat Mariti haar na die inhegtenisname van haar twee seuns meegedeel het dat hulle deur middel van vingerafdrukke met die pleging van die misdade verbind word. Daar was egter geen sprake van vingerafdrukgetuienis in die loop van die verhoor nie.
Die getuienis omtrent die kapmes, bewysstuk 2, regverdig myns insiens geen nadelige afleiding teen die appellante nie. Richard Sonakile het getuig dat die kapmes voor die Hof soortgelyk is aan die kapmes wat die oorledene in sy huis gehad het. Volgens Richard Sonakile hethy ongeveer twee weke voor die oorledene se dood hierdie nuwe kapmes in daardie vertrek gesien waar die oorledene goedere aangehou het wat verkoop word.. Na die oorledene se dood was

75

daardie kapmes nie meer daar nie.
Die eerste appellant het toegegee dat die kapmes voor die Hof soos sy kapmes lyk, maar hy het bygevoeg dat hy
nie weet hoe die polisie dit in die hande gekry het nie. Daar is reeds verwys na die botsende getuienis van Mariti en Chrissie Shibane oor hoe hierdie kapmes op 13 November in die polisie se besit gekom het.
Die Staat het myns insiens twee probleme in verband met hierdie kapmes. In die eerste plek het dit nie geblyk dat die kapmes voor die Hof 'n nuwe kapmes was nie. 'n Groter probleem is egter die getuienis van Miriam Thene. Sy dra wel kennis van die kapmesse wat die oorledene in die skuur gebêre het, maar sy het nog nooit 'n kapmes in die oorledene se huis gesien nie. Sy het dikwels die vertrek skoongemaak waar die oorledene die goedere aangehou het wat verkoop word, maar sy het nooit enige kapmes daar gesien nie. Die dag voor die voorval het sy nog daardie vertrek skoongemaak, maar sy het nie 'n kapmes daar gesien nie.

76

In die lig van hierdie botsende getuienis van die twee werknemers van die oorledene, was die bevinding van die Hof a quo dat die kapmes, bewysstuk 2, uit die oorledene se huis afkomstig was, na my mening met eerbied nie geregverdig nie.
In die lig van al die onbevredigende aspekte in die Staatsaak waarna ek reeds verwys het, is ek van oordeel dat die omstandigheidsgetuienis, ook kumulatief beoordeel, nie swaar genoeg weeg om die appellante bo redelike twyfel met die pleging van die misdade te verbind nie. Daarbenewens is daar die getuienis van Chrissie Shibane wat die appellante se alibi volledig ondersteun. Soos reeds gemeld, was Chrissie Shibane na my mening 'n geloofwaardige getuie. Daar is reeds gehandel met die kritiek van die Verhoorhof teen haar getuienis. Daar is myns insiens geen inherente onwaarskynlikhede in haar weergawe nie, en indien dit aanvaar word, bied dit sterk stawing vir die appellante se weergawe dat hulle die nag van 4 tot 5 November 1986 tuis was, en dus nie die misdade kon gepleeg het nie.

77

Daar moet ten slotte kortliks gehandel word met die tweede appellant se uitwysings op 13 November 1986 aan luitenant De Wet. Die tweede appellant het nie betwis dat hy hierdie uitwysings gedoen het nie. Dit is egter sy verweer dat hy die vorige aand na aflegging van sy verklaring in Rouxville deur Erasmus na die oorledene se plaas geneem is, en dat Erasmus hom daar gewys en voorgesê het wat hy die volgende dag aan die polisie-offisier moet uitwys en sê. Volgens die tweede appellant het Erasmus hom ook gewaarsku om nie aan die offisier te noem dat hy aldus voorgesê is nie.
Na aanleiding van hierdie getuienis van die tweede appellant is Erasmus teruggeroep om verder te getuig. Erasmus het hom toe op die inskrywing in die voorvalleboek beroep om aan te toon dat die tweede appellant die aand van 12 November 1986 reeds om 20:55 in die selle te Zastron terug was. Die betoog was dat daar dus nie voldoende tyd sou gewees het om die tweede appellant, na sy mediese ondersoek om 20:14 in Rouxville, nog na die oorledene se plaas

78

anderkant Zastron uit te neem nie. Volgens Erasmus se getuienis sou dit bykans h uur geduur het om die tweede appellant van Zastron na die plaas en terug te neem.
Na my mening is daar twee redes waarom daar nie tot nadeel van die tweede appellant op die betrokke inskrywing in die voorvalleboek gesteun behoort te word nie. In die eerste plek is die polisiebeampte wat vir die betrokke inskrywing verantwoordelik was, nie as getuie geroep om die korrektheid van hierdie inskrywing te bevestig nie. Tweedens het Erasmus self beweer dat die inskrywings in die voorvalleboek nie betroubaar is nie. In die omstandighede is die tweede appellant se getuienis dat hy die aand van 12 November na die oorledene se plaas geneem is, redelik moontlik waar.
In die lig van die bevinding dat die appellante se bekentenisse nie vrywillig afgelê is nie, is dit myns insiens ook onwaarskynlik dat die tweede appellant vrywillig sou ingestem het om impliserende uitwysings te doen.

79

Indien al die getuienis in die saak oorweeg word, is ek van oordeel dat die alibi-getuienis van die appellante redelik moontlik waar is, en dat daar dus 'n redelike twyfel bestaan of die appellante by die pleging van die misdade betrokke was.
Die appèl word gevolglik gehandhaaf. Die skuldigbevindings en vonnisse van die twee appellante word tersyde gestel.

F H GROSSKOPF AR

BOTHA AR)

KUMLEBEN AR) Stem saam.