South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1989 >> [1989] ZASCA 108

| Noteup | LawCite

S v Khaisane (528/88) [1989] ZASCA 108 (21 September 1989)

Download original files

PDF format

RTF format


Saak nr 528/88 /MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen
FRANCIS KHAISANE Appellant
- en -
DIE STAAT Respondent
CORAM: SMALBERGER, VIVIER ARR et

FRIEDMAN Wnd AR.
VERHOOR: 21 September 1989
GELEWER: 21 September 1989

UITSPRAAK.

FRIEDMAN Wnd AR.

2/....

2

FRIEDMAN Wnd AR:

Dit is 'n strafappèl teen vonnis wat voor hierdie Hof onder ietwat buitengewone omstandighede dien. Die appellant is op 20 Januarie 1987 in die Rondgaande Hof te Vanderbijlpark deur SPOELSTRA R en twee assessore skuldig bevind aan moord met versagtende omstandighede asook op 'n aanklag van onwettige besit van 'n vuurwapen sowel as 'n aanklag van onwettige besit van ammunisie. Op die aanklag van moord is hy tien jaar gevangenisstraf opgelê terwyl die ander twee aanklagte saamgeneem is vir doeleindes van vonnis en hy tot twee jaar gevangenisstraf daarop gevonnis is. Dit is egter gelas dat laasgenoemde vonnis met die vonnis wat op die moord-aanklag opgelê is, moet saamloop sodat effektiewelik tien

3/...

3

jaar gevangenisstraf uitgedien moet word.
Daar is in geen stadium na afloop van die verhoor aansoek gedoen om verlof om teen die opgelegde vonnis te appelleer nie. Op 13 Julie 1988, egter, d w s na verloop van ongeveer agtien maande, het ene Elias Mpempe 'n skrywe aan die Minister van Justisie gerig waarin versoek is dat die appellant se vonnis verminder word. Dit blyk nie uit die brief dat dit namens appellant geskryf is nie; die skrywer verwys slegs na appellant as "my ex-evangelist", wat aandui dat hulle lede van dieselfde gemeente is. Hierdie skrywe het sy weg gevind na SPOELSTRA R wat dit klaarblyklik as 'n
aansoek om verlof om te appelleer beskou het, sodat hy by wyse van 'n skrywe aan die Griffier van die Transvaalse Provinsiale Afdeling, verlof aan appellant verleen het om na hierdie Hof teen sy vonnis te appelleer. In sy

4/...
4

skrywe meld SPOELSTRA R dat 'n ander hof moontlik mag bevind dat die vonnis van tien jaar gevangenisstraf "in die lig van die liefdesdriehoek wat tot die moord aanleiding gegee het, te swaar is".
Die respondent se advokaat het in sy betooghoofde die Hof se aandag daarop gevestig dat die prosedure wat gevolg is en die wyse waarop verlof om te appelleer verkry is, tot so 'n mate onreëlmatig is dat daar inderwaarheid geen behoorlike appèl voor hierdie Hof is nie. Hy het in die eerste plek daarop gewys dat daar geen aansoek om verlof om te appelleer ingedien is nie aangesien die skrywe van appellant se vriend aan die Minister slegs 'n administratiewe aksie ter vermindering van vonnis beoog het. Tweedens het hy betoog dat selfs al sou die skrywe as 'n geldige aansoek om verlof om te appelleer beskou word, dit nie binne die tydperk van

5/...

5

veertien dae wat in art 316(1) van Wet 51 van 1977 voorgeskryf word, geloods was nie. Derdens was daar geen aansoek om kondonasie voor die hof a quo geplaas om die versuim te verduidelik nie. Laastens is die Staat nie die geleentheid gebied om 'n betoog in dié verband voor të lê nie. Inderdaad het die Staat geen kennis gedra dat verlof versoek is of toegestaan is nie.
By die aanhoor van die appèl het mnr Roberts wat namens die Staat opgetree het, egter die billike houding ingeneem dat ten spyte van bogemelde onreëlmatighede, hierdie Hof die apèl op die meriete moet afhandel in die belang van geregtigheid.
Die feite van die aangeleentheid kan kortliks soos volg saamgevat word: Appellant is 'n getroude man met drie kinders. Ten tyde van die pleging van hierdie misdade was hy ongeveer 37 jaar oud. Hy is in 1976

6/...
6

getroud. In 1980 het hy daarvan bewus geword dat sy vrou 'n verhouding met die oorledene gehad het. Hy en sy vrou is as gevolg daarvan uitmekaar maar is later weer versoen. Op 14 Januarie 1985 het appellant gehoor dat die verhouding steeds voortduur. Oorledene het tussen 9 en 10 vm na appellant se huis geskakel om met appellant se vrou te praat en hy het daarna met appellant self gepraat. Hy het appellant gewaarsku om nie sy vrou aan te rand nie en het gedreig dat hy appellant se woning met appellant daarbinne, sou afbrand. Dieselfde aand het die appellant sy pistool by sy werkplek gaan haal, homself vermom en na oorledene se huis gegaan waar hy vyf skote op die oorledene gevuur het. Twee van die skote het oorledene getref, een in sy bors en die ander in sy bo-arm. Eersgenoemde was die noodlottige wond.

Uit die appellant se getuienis ten opsigte van

7/...

7

versagting blyk dit dat hy 'n suksesvolle sakeman was wat 'n droogskoonmaakonderneming bedryf het waaruit hy ongeveer R900 per week verdien het.
Dit is deur appellant se advokaat betoog dat die vonnis van tien jaar gevangenisstraf buitensporig hoog is. Hy het eerstens betoog dat die Verhoorhof die appellant se persoonlike omstandighede onderbeklemtoon het terwyl die erns van die misdaad oorbeklemtoon was. Tweedens het hy betoog dat die Verhoorhof nie genoegsame gewig geheg het aan die feit dat oorledene homself ingemeng het in die appellant se huwelik nie. Dit het die appellant geprovokeer en daartoe aanleiding gegee dat hy opgetree het soos hy wel gedoen het. Derdens is betoog dat onvoldoende gewig geheg is aan die feit dat oorledene gedreig het dat hy appellant se woning sou afbrand. Laastens is betoog dat die bykomende nadeel

8/...

8

wat gevangenisstraf van so 'n lang tydperk vir appellant teweeg sou bring, nl dat sy besigheid tot niet sou gaan, nie genoeg gewig by die Verhoorhof gedra het nie.
Ek kan nie met hierdie betoog akkoord gaan nie. Elkeen van die punte wat appellant se advokaat in sy betoog geopper het, is deur die Verhoorhof behandel. Dit is onnodig om die tersaaklike dele van die uitspraak oor vonnis aan te haal. Dit is genoeg om te sê dat dit 'n gebalanseerde uitspraak is wat, na my oordeel, nie enige aspek oorbeklemtoon of onderbeklemtoon nie. Alle relevante feite is behoorlik in aanmerking geneem. Na my mening was die opgelegde vonnis in al die omstandighede 'n gepaste een en is daar geen rede om daarmee in te meng nie.
Ek moet byvoeg dat verlof nooit toegestaan moes gewees het om na hierdie Hof te appelleer nie omdat dit

9/...
9
nie 'n saak is wat die aandag van hierdie Hof verg nie. Die appèl word afgewys.

G. FRIEDMAN Wnd AR.

SMALBERGER AR) VIVIER AR)

10/...