South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 9

| Noteup | LawCite

S v Retief (332/1987) [1988] ZASCA 9 (11 March 1988)

Download original files

PDF format

RTF format


LL
Saak No 332/1987

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPëLAFDELING

Insake die appel van:
NIEL PIETER RETIEF
Appellant

teen
DIE STAAT
Respondent


CORAM:
VAN HEERDEN, HEFER, ARR et BOSHOFF WAR


VERHOORDATUM: 22 FEBRUARIE 1988

LEWERINGSDATUM: 11 MAART 1988

UITSPRAAK

/VAN HEERDEN AR

2.

VAN HEERDEN AR:

Omstreeks 1 vm op 3 Januarie 1986 is wyle mnr en mev Du Toit in hulle huis in Kraaifontein vermoor. Die volgende oggend is die lyk van mnr Du Toit in die egpaar se slaapkamer, en dié van mev Du Toit in die slaapkamer van hul seun, Francois, aangetref. Daar was 9 snywonde aan die regterkant van mnr Du Toit se nek. Twee daarvan het die onderliggende diep bloedvate raakgesny en aldus sy dood veroorsaak. Die beserings wat tot mev Du Toit se dood gelei het, is nie tans ter sake nie.

Voortspruitend uit hierdie gebeurde isdie appel-lant en Francois in die Kaapse Provinsiale Afdeling aangekla van moord op die egpaar asook van roof met verswarende om-standighede. Francois is op al drie aanklagte onskuldig bevind. Die appellant is skuldig bevind op die eerste moordklag (ten aansien van mnr Du Toit) maar onskuldig op die roofklag. Wat die tweede moordklag (ten aansien van mev Du Toit) betref, is hy skuldig bevind aan aanranding.

/Aangesien ...

3.
Aangesien geen versagtende omstandighede bevind is nie, is die appellant op die eerste moordklag ter dood veroordeel. Met die nodige verlof is die onderhawige appèl slegs teen die doodvonnis gerig.

Die appellant is gebore op 26 Februarie en Francois op 1 Desember 1967. Vanaf 26 Desember 1985 tot 3 Januarie 1986 was hulle feitlik konstant saam en het Francois elke aand saam met die appellant oornag in die huis van laasge-noemde se ouers wat met vakansie was. Gedurende hierdie tydperk was die verhouding tussen Francois en sy ouers klaar-blyklik nie na wense nie. Dit was te wyte aan die feit dat hy aan die einde van 1985 nie sy matriekeksamen deurgekom het nie, dat hy dagga gerook het en dat hy 'n geslagsiekte opgedoen het. Vir dié siekte is hy deur dr Buys behandel. Die oggend van 2 Januarie 1986 het die oorledenes dr Buys gespreek Hulle was bekommerd oor Francois se gedrag en leefwyse en veral oor sy gebruik van dagga. Hulle het dr Buys versoek om aan Francois voorligting te gee maar wou

/nie ...

4.

nie hê dat Francois moes weet dat hulle dr Buys genader het nie. Dit is toe gereël dat die oorledenes vir Francois

sou sê dat hulle dr Buys toevallig raakgeloop het en dat

hy (Francois) weer vir dr Buys in verband met die geslag-

siekte moes spreek. Hierdie "boodskap" is deur mnr Du Toit aan Francois oorgedra en omstreeks 6.30 nm het hulle saam by dr Buys se spreekkamer opgedaag. Laasgenoemde het toe vir Francois ingelig oor die gevare verbonde aan die misbruik van dagga en drank en het aan hom 'n brief gegee wat daarop gerig was om Francois psigiatriese be-
handeling te laat ondergaan.

By mnr Du Toit en Francois se terugkeer tuis het hulle mev Du Toit en die appellant aangetref. 'n Woordewisseling tussen Francois en sy moeder het gevolg. Francois het sy moeder verwyt omdat sy gereël het dat hy dr Buys sou spreek en volgens die appellant het hy vloek-woorde teenoor haar gebruik. Hy het ook gesê dat hy nie die hulp van 'n dokter of 'n sielkiindige nodig 'het nie.

/Van ...

5.

Van haar kant af het mev Du Toit weer vir Francois verwyt oor die uitslag van sy eksamen, die geslagsiekte wat hy opgedoen het en sy gebruik van dagga. Omdat Francois kwaad was, het die appellant hom aan die arm geneem en na sy kamer gelei. Kort daarna is hulle vir 'n rukkie na vriende en daarvandaan na die Kraaifontein Hotel waar hulle vanaf kort na 9 nm tot omstreeks middernag vertoef het. Gedurende hierdie tydperk het die appellant 4 biere en 4 sopies whisky gedrink en het Francois op 'n stadium saam met vriende buite die hotel gaan dagga rook.

Terwyl Francois op 'n tweede geleentheid die hotel uit was, het die appellant na sy ouerhuis gestap. Later het Francois ook opgedaag en op uittartende wyse vertel dat hy en sy vriende 'n aantal pype dagga gerook het. Hier dien gemeld te word dat die appellant bewus was van die feit dat Francois in die verlede dagga gebruik het; dat hy sterk daarteen gekant was en dat hy vir Francois ge-sê het dat hy hom sou slaan indien hy weer dagga sou rook.

/Wat ...

6.

Wat hierna gebeur het, was by die verhoor in ge-skil. Francois het getuig dat hy gaan slaap het en eers weer die volgende oggend wakker geword het. Volgens die appellant het Francois egter gesê dat hy met sy ouers wou gaan praat en het hy die huis verlaat. 'n Paar minute later sou die appellant hom gevolg het.

Dit is dienstig om op hierdie stadium te verwys na twee verklarings wat die appellant aan landdroste ge-maak het. Die appellant is die oggend van 3 Januarie 1986 in hegtenis geneem nadat sy vingerafdrukke op 'n ven-sterraam van die oorledenes se slaapkamer gevind is, en vroeg dieselfde middag het hy die eerste verklaring gemaak. Daarin sê hy dat hy by die hotel kwaad geraak het toe Francois dagga gaan rook het "omrede ek hom 3 weke weg van die dagga gekry het". Hy voeg by: "Maar a g v sy ma het hy dit weer gaan rook". Terug by sy ouerhuis, sê die appellant, was hy opnuut kwaad toe Francois praat van die pype dagga wat "hulle" gerook het. Francois het gaan

/slaap ...

7.

slaap en die appellant, aldus sy verklaring, het na die oorledenes se huis geloop om met hulle te gaan praat. Hy "het al voorheen met hulle daaroor gepraat, maar hulle het aangehou karring met die besigheid". Die appellant ver-volg:

"Ek dink ek het by die agterste venster ingekom en sy ma het my gestamp. Ek het teen die kas geval. Ek het 'n merk op my linkerarm gekry.
Ons het gestry. Sy het my sleggesê. Ek het haar geslaan met die vuis. Sy het gesê ek is sleg, ek is niks beter as Francois nie en hoe-kom gaan ek so aan oor die storie. Sy het ge-meen sy is man genoeg om Francois te hanteer.
Toe is ek kombuis toe. Sy het agterna gehard-loop. Daar het 'n mes op die kombuistafel gelê. Dis 'n bruinhef mes met 'n lang lem .... Ek kan nie onthou wie ek met die mes gesteek het nie. Dit kan die oom of die tannie wees. Ek weet ook ek het die tanníe gewurg. Daarvandaan is ek huistoe deur die voordeur."

Die appellant se tweede verklaring is die volgende dág gemaak. Daarin meld hy dat nadat Francois by sy (d i die appellant se ouerhuis opgedaag het, hy gesê het dat hy met sy ouers wou gaan praat en die huis verlaat het. 'n Paar minute later het die appellant hom gevolg. Hy het

/deur ...

8.
deur die venster van die oorledenes se slaapkamer gespring en gevind dat Francois besig was om met sy ma te "baklei". Sy pa het op die bed gesit en sy bors vasgehou, waarna hy vooroor geval en bly lê het. Mev Du Toit het uit die kamer gehardloop en Francois het haar met 'n mes in sy hand gevolg. Die appellant het die mes afgeneem maar Francois het sy ma bly volg en haar in sy kamer gewurg. Sy het langs die bed inmekaar geval en bly lê. Die appellant het Francois se hande met elektriese koord vasgemaak waarna hy terug is na die oorledenes se slaapkamer met die mes wat Francois gehad het. Hy het toe vir mnr Du Toit in die nek gesteek "sodat dit moes lyk na moord". Hierna het hy moontlike vingerafdrukke op mev Du Toit se lyk en op plekke in die huis probeer afvee, en daarop vir Francois terugge-neem na sy (d i die appellant se) ouerhuis.

Op 5 Januarie 1986 het die appellant 'n derde verklaring aan luitenant Segal gemaak. Gevra na mediese getuienis wat daarop gedui het dat mev Du Toit 'n besering

/aan ...

9. aan haar geslagsdele gehad het, sê die appellant:

"Ek wou dit na 'n verkragting laat lyk. Almal
het geweet van die stryery tussen Francois en
sy ouers. Ek het die hef van die mes en 'n
waslap gebruik en in haar gedruk."

Die appellant se getuienis het in hoofsaak ge-strook met die inhoud van sy tweede verklaring. Sy ver-naamste verduideliking waarom hy die eerste verklaring ge-maak het, was dat hy vir Francois wou beskerm. Hy het ook getuig dat toe hy binne die oorledenes se slaapkamer gekom het mnr Du Toit vooroor op 'n bedkassie gelê het en sy bors vasgehou het. Terwyl hy die mes by Francois afgeneem het, het hy met sy rug na mnr Du Toit gestaan. Toe hy later omdraai, het hy gemerk dat mnr Du Toit op die grond langs die bed lê. Hy het hom opgetel en op die bed neergelê. Hy kon geen polsslag of hartklop voel nie en kon ook geen asemhaling bespeur nie. Hy was dus vas onder die indruk dat mnr Du Toit beswyk het, vermoedelik aan 'n hartaanval.

Die appellant kon nie verduidelik waarom hy,

/volgens ...

10.

volgens sy weergawe, die steekwonde aan die nek van die vermeende lyk aangebring het nie. Al verklaring wat hy by wyse van rekonstruksie geopper het, was dat, soos hy dit gestel het, hy die leidrade vir die polisie deurmekaar wou maak. Welke doel dit sou bereik het, het hy duister ge-laat.

Volgens dr Van Ieperen het die bloedverlies wat mnr Du Toit ondervind het onteenseglik daarop gedui dat sy hart gepomp het na die toediening van die steekwonde. Hy het dus die moontlikheid dat mnr Du Toit vroeër gesterf het, uitgeskakel. Hy het ook getuig dat weens tekens van na-doodse verkleuring op die maag van sy liggaam mnr Du Toit na sy dood vir 'n tydperk van minstens twee uur op sy maag moes gelê het alvorens hy op sy rug gedraai is in die posisie waarin hy later aangetref is. Voorts het dr Van Ieperen getuig dat weens die aanwesigheid van verskillende bloedkolle op die laken waarop mnr Du Toit gelê het sy liggaam van een punt na 'n tweede en toe weer na 'n derde

/verskuif ...

11.

verskuif is, en dat parallelle skuifmerke gedui het op die waarskynlikheid dat twee persone die liggaam verskuif het.

Die Hof a quo het die getuienis van dr Van Ieperen aanvaar en die weergawe van die appellant, in soverre dit veronskuldigend was, verwerp. Omdat hy volgens sy eie ge-tuienis die steekwonde toegedien het, is hy skuldig bevind op die aanklag dat hy mnr Du Toit vermoor het. Wat die moord op mev Du Toit betref, het die hof dit waarskynlik geag dat die appellant ook haar dood veroorsaak het, maar aangesien daar getuienis was dat daar 'n tweede persoon, afgesien van die oorledenes, in die huis moes gewees het, kon die hof die redelike moontlikheid dat dié persoon mev Du Toit gedood het, nie uitskakel nie. Vanweë die ap-pellant se erkenning in sy verklaring aan luitenant Segal dat hy 'n mes in mev Du Tout se geslagsdele opgedruk het -wat volgens dr Van Ieperen moes gebeur het terwyl sy nog geleef het of sterwend was - is die appellant egter op die tweede aanklag aan aanranding op mev Du Toit skuldig bevind.

/Volledigheidshalwe ...

12.

Volledigheidshalwe dien vermeld te word dat

Francois onskuldig bevind is omdat slegs die getuienis van die appellant - wat as ongeloofwaardig beskou is - hom direk geïmpliseer het.

Na sy skuldigbevinding het die appellant getuiê-nis ten aansien van versagtende omstandighede gegee. Op hierdie stadium het hy ontken dat hy in die huis was toe die oorledenes gesterf het. Sy nuwe weergawe was dat Francois teenoor hom laat blyk het dat hy (Francois) en maats van hom sy ouers doodgemaak het. 'n Paar uur later is die appellant toe na die oorledenes se huis pm vas te stel wat gebeur het. Hy het deur die reedsgenoemde ven-ster geklim en die lyke van die oorledenes in die huis aan-getref. Hierdie weergawe is tereg deur die hof a quo as 'n verbeeldingsvlug aangemerk.

Die resultaat was dat die appellant nooit 'n aan-vaarbare verduideliking verstrek het nie waarom hy na mid dernag van 2 Januarie 1986 na die oorledenes se huis gegaan

/het ...

13.

het en waarom hy mnr Du Toit vermoor het. Die ander ge-tuienis wat by die verhoor gegee is, dui ook nie op 'n motief vir die moord nie. Daar het oënskynlik niks geskort aan die verhouding tussen die appellant en die oorledenes nie; hulle het hom vertrou en geglo dat hy Francois van die rook van dagga en verkeerde maats sou weerhou.

By oorweging van die vraag of versagtende omstan-dighede bewys is, het die hof a quo twee faktore in ag geneem, nl die jeug van die appellant en die feit dat hy tot 'n mate onder die invloed van drank was. Samevattend was die hof egter van mening dat omdat nie op 'n oorwig van waarskynlikhede bepaal kon word nie wat die aanval op mnr Du Toit uitgelok het, nie bevind kon word dat hierdie fak-tore versagtend ingewerk het nie. Die hof het later ook verwys na dr Van Ieperen se afleiding uit die groepering van dié wonde dat die aanvaller in 'n woedebui gehandel het, máár hét opgemerk dat woede in sigself nie 'n versagtende omstandigheid daarstel nie.

/Die ...

14.

Die appellant se advokaat het in eerste instansie betoog dat beïnvloeding as gevolg van drankinname dië moord op mnr Du Toit moreel minder laakbaar maak. Die eerste probleem wat in hierdie verband opduik, is dat dit moeilik is om te bepaal of die appellant aanmerklik onder die in-vloed van drank was toe hy na die oorledenes se huis gegaan het. Ene Kruger sê weliswaar dat die appellant by die hotel tot so 'n mate onder die invloed was dat hy gesteier het, maar die kroegdame getuig dat die appellant nie dronk voorgekom het nie en dat hy normaal geloop en gepraat het. Die appellant se advokaat het veral gesteun op Francois se getuienis dat die appellant terug by sy ouerhuis gesê het dat hy wou braak en toe na buite is, maar Francois getuig ook dat hy nie kon agterkom dat die appellant enigsins dronk was nie. Bowendien ontken die appellant dat hy wou braak of gesê het dat hy sulks wou doen. En dr Quail, 'n psigiater wat namens die appellant getuig het, sê dat die drank wat die appellant by die hotel gedrink het sodanig

/sou ...

15.

sou uitgeskei het dat daar omstreeks 1 vm op 3 Januarie 1986 - toe die moord waarskynlik gepleeg is - "a minimal amount of intoxication" sou gewees het.

Die appellant self getuig dat, hoewel nie dronk nie, hy onder die invloed van drank was toe hy na die oor-ledenes se huis gegaan het, maar sy weergawe van sy optrede dui nie op 'n aansienlike mate van beïnvloeding nie. Hy het geen probleme ondervind om deur die vyf voet hoë venster te klim nie en het genoeg teenwoordigheid van gees gehad om moontlike vingerafdrukke in die huis te probeer verwyder. Hy kon selfs die handelsnaar van die badreiniger waarmee hy die bloed van die mes afgewas het, onthou.

Die appellant se advokaat het ook aangevoer dat sy onvermoë om 'n sinvolle weergawe van die gebeurde in die oorledenes se huis te verstrek, aantoon dat sy sinne be-neweld was. Hiermee kan ek nie akkoord gaan nie. Daar is geen sprake dat die appellant dusdanig beïnvloed was dat hy nie kon onthou wat gebeur het nie, en die feit dat

/hy ...

16.

hy onaanvaarbare en selfs onsinnige weergawes van die ge-beurde gegee het, kan dus nie aan drankinname toegeskryf word nie. Feit is dat die appellant nie wou openbaar waarom hy mnr Du Toit aangeval het nie, dat hy homself wou verontskuldig en dat hy dus telkens met 'n uitgedinkte storie voor die dag gekom het.

Dit blyk dus dat die appellant op die tersaak-like tydstip tot 'n mate - maar nie aansienlik so nie -onder die invloed van drank was. Op die effek daarvan in samehang met sy ouderdom kom ek hieronder terug.

Die appellant se advokaat het in tweede instansie op sy jeugdigheid gesteun. Hy was ten tyde van die ge-beurde nog nie 19 jaar nie en dit is ongetwyfeld so dat in die geval van 'n tienderjarige dader 'n hof traag is om te bevind dat daar nie versagtende omstandighede is nie, veral omdat die jeugdige gemoed weens onrypheid makliker vatbaar is vir eksterne beïnvloeding en prikkels, emosionele opwelling ensomeer. Jeugdigheid (bo 18 jaar) is egter nie

/in ...

17.

in sigself 'n versagtende omstandigheid nie en in elke geval moet nagegaan word of in die lig van al die feite die jeug van die oortreder sy daad minder laakbaar maak.

Narnens die appellant is aangevoer dat die feit dat die appellant verskillende verklarings gemaak het in sigself op onrypheid dui. Indien aanvaar kan word dat die appellant in sy eerste verklaring verkeerdelik erken het dat dit hy - en slegs hy - was wat mev Du Toit aange-rand en gewurg het, sou daar iets vir dié betoog te sê gewees het. Dit blyk egter nie as 'n waarskynlikheid dat sy latere verontskuldigende weergawe ten opsigte van mev Du Toit juis is nie, en die motief vir die maak van die tweede verklaring kon dus gewees het om valslik aandadig-heid aan die moord op haar te ontken. Hoe dit ook al sy, die getuienis van dr Quail was dat hoewel die appellant se persoonlikhied nog nie ten volle ontwikkel het nie, hy "an adequately matured 18 year old" was. Die appellant het ook nie enige besondere persoonlikheidskeet nie, en volgens

/getuies

18.

getuies met wie hy by 'n motorhawe saam gewerk het, het daar niks geskeelaan sy verhouding met. sy mede-werknemers of lede van die publiek nie. Dat die appellant egter wel by tye aggressief opgetree het, blyk uit sy erkennings dat hy goed
gebreek het wanneer hy kwaad geword het en dat hy by ge-

leenthede dronk kleurlinge in blanke woonbuurtes aangerand

het om - soos hy dit gestel het - vir hulle maniere te leer.

Soos reeds genoem, was die hof a quo van mening dat nie bevind kon word dat die appellant se drankinname en sy jeug versagtend ingewerk het nie omdat nie bepaal kon word waarom die appellant na die oorledenes se huis gegaan het en mnr Du Toit vermoor het nie. Wat vasstaan, is dat die appellant die betrokke aand baie kwaad vir Francois was en ook rede daartoe gehad het. Hy het die voorafgaande week vir Francois rojaal getrakteer en ook die aand by die hotel vir hom kos en drank gekoop. Desnieteenstaande het Francois, wat geweet het dat die appellant sterk teen dagga gekant was, vir die appellant by die hotel verlaat om saam

/met ...

19

met sy maats dagga te gaan rook. Later het hy by die appellant se ouerhuis uittartend gewag gemaak van die hoe-veelheid pype wat hy gerook het. Dit is egter moeilik om te begryp waarom die appellant sy woede vir Francois op die oorledenes sou geprojekteer het. Al aanduidings wat in hierdie verband bestaan, is dat die appellant die feit dat Francois weer dagga gerook het aan mev Du Toit se ge-drag toegeskryf het. Hy getuig naamlik dat hy van mening was dat Francois weer dagga gebruik het juis om sy ma teen te gaan omdat sy hom in verband met sy daggaprobleem "ge-terroriseer" het. Hy getuig ook dat mev Du Toit - ver-keerdelik, na sy mening - aanmekaar dieselfde onderwerp opgerakel het. En in sy eerste verklaring gee die appel-lant te kenne dat hy kwaad was toe hy na die oorledenes se huís gegaan het en dat hy met hulle wou gaan praat oor die feit dat Francois weer 'n misstap begaan het. Hieruit sou 'n mens moontlik kon aflei dat hy op daardie stadium vir mev Du Toit kwaad was omdat sy, volgens sy siening, die

/oorsaak ...

20.
oorsaak was dat Francois weer by 'n daggarokery betrokke geraak het, en dat die wrewel in woede ontvlam het as
gevolg van iets wat die oorledenes in die huis gesê of
gedoen het. In sy genoemde verklaring sê die appellant
dan ook dat mev Du Toit hom sleggesê het nadat hy deur
die venster geklim het.
Die eerste probleem is egter dat toe die appel-lant getuig het, hy die tersaaklike gedeelte van sy eerste verklaring weerspreek het (soos hy trouens reeds in sy
tweede verklaring gedoen het). Hy het toe volgehou dat

Francois die een was wat met sy ouers wou gaan praat en

dat hy vir Francois gevolg het slegs omdat hy bevrees was Oor die uitwerking wat Francois se opwagting in 'n midder-
nagtelike uur en geklee net in sy onderbroek op sy ouers
sou kon hê. Hy getuig ook dat hy toe vir slegs Francois kwaad was; vir sy ouers het hy jammer gevoel. In tweede instansie kan nòg uit sy verklarings nòg uit sy getuienis 'n verduideliking vir die aanval op mnr Du Toit gekonstrueer

/word ...

21

word. Indien die appellant om voornoemde rede vir mev Du Toit kwaad was en die wrewel vererger is deurdat sy hom *.
sleggesê het, verduidelik dit immers nie waarom hy mnr Du
Toit vermoor het nie.

Die appellant se advokaat het egter gesteun op

die reedsgenoemde afleiding wat dr Van Ieperen gemaak het en betoog dat iets in die appellant gebreek het wat meege-bring het dat hy in 'n woedebui die mesaanval op mnr Du Toit gedoen het.. Wat ook al die aanleidende oorsaak was, so is aangevoer, het die gekombineerde effek van die appellant se beïnvloeding deur drank, sy jeugdigheid en sy woede versagting daargestel.

Daar kan seker gevalle wees waarin 'n hof kan bevind dat versagtende omstandighede aanwesig is hoewel dit nie blyk waarom die dader die oorledene vermoor het nie. In die onderhawige geval is dit egter moeilik om as'n waar-skynlikheid af te lei dat, ongeag wat gebeur het, die genoemde faktore die appellant se daad minder verwytbaar maak. Die

/hof ...

22.

hof a quo het tereg daarop gewys dat woede in sigself nie 'n versagtende omstandigheid is nie, maar indien die appel-lant se onrypheid, gekoppel aan die mate van beïnvloeding van drank wat daar was, tot 'n woedebui en gevolglik tot die moord gelei het, sou versagting bes moontlik wel be-vind kon word. 'n Mens stuit egter weer voor die probleem dat omdat dit nie blyk wat die mesaanval voorafgegaan het nie, nie sonder meer gekonkludeer kan word dat die appellant se jeug en drankinname tot die aanval bygedra het nie. Weens die leuenagtigheid van die appellant se getuienis weet 'n mens net nie waarom hy in die nag na die oorledenes se huis gegaan het en deur hul kamervenster geklim het nie. Hy kon dit om 'n verskeidenheid redes ,gedoen het en eweneens kon daar uitlopende redes vir die moord op mnr Du Toit ge-wees het. Uiteindelik kan 'n mens slegs bespiegel oor wat werklik gebeur het en is dit nie moontlik om as 'n waarskyn-likheid te bevind dat die faktore onder bespreking versagtend ingewerk het nie.

/Samevattend ..-

23

Samevattend is ek van mening dat die verhoofhof nie 'n mistasting begaan het nie en dat die bevinding waar-toe dit gekom het nie een is nie waartoe geen redelike hof kon geraak het nie.

Die appèl word gevolglik afgewys.

H.J.O. VAN HEERDEN AR

HEFER AR

STEM SAAM BOSHOFF WAR