South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 76

| Noteup | LawCite

S v Mohammed (76/88) [1988] ZASCA 76 (1 June 1988)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:

I. JAMES MOHAMMED Appellant

en

DIE STAAT Respondent

Coram: VAN HEERDEN, HEFER et EKSTEEN, ARR Verhoor: 27 Mei 1988 Gelewer: 1 Junie 1988

UITSPRAAK EKSTEEN, AR :

Die appellant is in 'n landdroshof aangekla van vyf aanklagtes van diefstal. In die alternatief is

hy .... / 2

2

hy van 'n oortreding van Art. 2(a) van Met 6 van 1958 - dws. van korrupsie - aangekla. Na aanhoor van getuienis is die appellant onskuldig bevind op die eerste aanklag van dief-stal maar skuldig op die orige vier aanklagtes. Sy appèl na die Oranje Vrystaatse Provinsiale Afdeling is van die hand gewys, en hy kom nou, met die verlof van daardie Hof, in verdere hoër beroep voor ons.
By al vier die aanklagtes waaraan hy skuldig bevind is, behalwe een, word beweer dat hy op 'n genoemde datum (nl. datums tussen 3 Mei 1982 en 9 Oktober 1982) en te of naby Bloemfontein, 'n genoemde bedrag geld en 'n bewys-boek van die klaers sou gesteel het. Die enigste uit-sondering hierop is die tweede aanklag waar hy slegs van die diefstal van R210 van die klaer aangekla is.

Nadere .... / 3

3

Nadere besonderhede wat op aanvraag verstrek

is lig al hierdie aanklagte verder toe deur die volgende be-
wering:

"Dit word beweer dat die beskuldigde deur middel van valse voorwendsels (te wete die belofte om teen ver-goeding bestuurderslisensies vir die klaers te ver-kry) die geld van die klaers ontvang het, en dat hy die geld daarna vir homself toegeëin het."

Die getuienis voor die landdros het daarop ge-

dui dat in alvier die aanklagtes die appellant die klaers

by of naby die terrein waar voornemende bestuurderslisensie-

houers getoets word ontmoet het. In elke geval het appel-

lant hulle genader en voorgestel dat hy vir hulle kon help

om 'n lisensie te verkry - selfs vir dié wat reeds nie in

die toets geslaag het nie. Hy het aan hulle voorgehou dar

hy bevriend is met 'n verkeersbeampte wat met die uitreiking

van .... / 4

4

van bestuurderslisensies gemoeid was, en dat as hulle hom R180 - in een geval R190 - sou oorhandig tesame met hulle bewysboeke, hy sou toesien dat hulle 'n lisensie ontvang.
Hulle het die vereisre bedrag geld asook hulle bewysboeke aan hom oorhandig, maar, tenspyte van herhaalde versoeke aan hom, het geeneen van hulle ooit 'n lisensie gekry nie. Twee van die klaers het ook nie hulle bewysboeke terug ontvang nie. Al vier was egter al hul geld kwyt. Geeneen van die klaers het ooit die blanke verkeersbeampte waarmee die appellant sou saamge-werk het, te siene gekry nie.
Nadat die staat sy saak gesluit het, het die appellant sy saak ook gesluit sonder om enige getuienis
voor die hof te plaas en sonder om self getuienis ar te lê.

Die .... / 5

5

Die landdros het gevolglik die appellant skuldig bevind aan die diefstal van die geld wat hy van die klaers ontvang het, asook van die diefstal van die twee bewysboeke in die derde en vierde aanklagtes na ver-wys.
Mnr. Heymans, wat in hierdie Hof namens die appellant opgetree het, het sy betoog daarop gegrond dat die appellant skuldig bevind sou gewees het aan diefstal deur valse voorwendsels en dat so 'n misdaad geen plek in ons regstelsel behoort te hê nie. Hy trag dan ook om sake soos R. v. Swart (1895) 12 S.C. 421; R. v. Collins (1905) 19 E.D.C. 163; R. v. Davies 1928 A.D. 165, en Minister of Justice in re R. v. Gesa; R. v. de Jongh 1959 (l) SA 234 (A.) óf te onderskei óf in bwyfel be trek.

Dit .... / 6

6

Dit dien daarop gelet te word dat die land-dros die appellant bloot skuldig bevind het aan dieEstal soos aangekla, en nie aan diefstal met valse voorwendsels nie. Mnr. Heymans soek skynbaar 'n grondslag vir sy be-toog In die nadere besonderhede wat verstrek is, en in die wyse waarop die appellant volgens die getuienis die geld en die bewysboeke in die hande sou gekry het.

Hy gee egter geredelik toe dat hy slegs

hierdie betoog kan voer as die getuienis daarop sou dui

dat die klaers die geld en bewysboeke aan die appellant

in eiendom oorgedra het, en nie as hulle blote besitreg

aan hom oorgedra het nle. Die getuienis, na my mening

staaf nie so 'n afleiding nie. Dit blyk uic die getuie-

nis van die klaers dat hulle nooit bedoel het dat die

appellant .... / 7

7

appellant eienaar moes word van die geld of die bewysboeke nie, maar dat hy die geld aan die verkeersbeampte sou oor-handig om laasgenoemde te beweeg om 'n bestuurderslisensie in hul bewysboeke aan te bring. Appellant is dus deur die klaers bloot met die besit van die geld en die bewysboeke toevertrou, en het hulle nooit bedoel om die eiendomsreg daarin aan hom oor te dra nie. Dit is derhalwe onnodig om Mnr. Heymans se betoog in dié verband te oorweeg.
Volgens die getuienis wil dit voorkom dat die appellant nooit die voorneme gehad het om lisensies vir enige van die klaers te bekom nie, en dat sy beloftes om dit te doen bloot 'n set was om die geld van hulle te verkry vir sy eie voordeel. Die herhaalde vrugtelose versoeke van die klaers om hulle lisensies staa: slegs

hierdie .... / 8

8

hierdie afleiding, en die versuim van die appellant om enige verduideliking hoegenaamd be gee lei tot die on-vermydelike gevolgtrekking dat hy die geld wat hy deur hierdie set van die klaers gekry het, vir homself wou toeëien en inderdaad toegeëien het. Hy is dus tereg aan diefstal skuldig bevind.
Dieselfde gevolgtrekking geld m.i. vir die twee bewysboeke wat hy versuim het om aan die klaers in die derde en vierde aanklagtes berug te gee. Daar kan geen onderskeid gemaak word bussen die wyse waarop hy die geld in die hande gekry het en dié waarop hy die bewys-boeke ontvang het, en die klaers is net so effektief van hulle bewysboeke ontneem.

Die appellant is derhalwe na my mening Lereg

skuldig .... / 9

9

skuldig bevind aan die diefstal van die geld, asook, wat die derde en vierde aanklagtes betref, aan die diefsTal van die twee bewysboeke. Daar is geen appèl teen die opgelegde vonnis nie.

Bygevolg word die appèl van die hand gewys.

J.P.G. EKSTEEN, AR

VAN HEERDEN , AR )

stem saam HEFER, AR )