South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 7
| Noteup
| LawCite
S v Temela and Another (418/87) [1988] ZASCA 7 (10 March 1988)
Download original files |
Saak nr 418/87 /MC
GOODMAN TEMBELA
Eerste
Appellant
VICTORIA GWE
Tweede Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
VIVIER AR,
Saak nr 418/87 /MC
IN DIE HOOGGERSGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen
GOODMAN TEMBELA
Eerste Appell
en
VICTORIA GWE
Tweede Appell
- en -
DIE STAAT
Respondent
Coram:
VILJOEN, VIVIER AHR et BOSHOFF WAR
Verhoor
3 MAART 1988.
Gelewer
10 MAART 1988
UITSPRAAK
VIVIER AR:-
Die twee appellante, na wie ek as beskuldigdes
4 en 5 onderskeidelik sal verwys, het saam met 4 ander,
na wie ek as beskuldigdes 1, 2, 3 en 6 onderskeidelik sal
verwys, in die Kaapse Provinsiale Afdeling voor LATEGAN R
en twee assessore tereggestaan OP die volgende aanklagte:
huisbraak met die opset om te roof, waarby verswarende
omstandighede aanwesig is (aanklag 1), moord (aanklag 2),
poging tot moord (aanklag 3) en die onwettige besit van "n
vuurwapen en ammunisie (aanklagte 4 en 5 onderskeidelik) . op
die eerste aanklag is al ses beskuldigdes skuldig bevind.
Op die tweede aanklag is beskuldigde 6 onskuldig bevind maar
die /. . .
3.
die ander is almal skuldig bevind aan mobrd. OP die
derde aanklag is almal onskuldig bevind en op die vierde
en vyfde aanklagte is slegs beskuldigdes 1 en 4 skuldig
bevind. Op die moordaanklag is tsn opsigte van elk van
beskuldigdes 1 tot 5 bevind dat daar geen versagtende
omstandighede is nie en elkeen van hulle is gevolglik
ter dood veroordeel. OP die ander aanklagte waaraan cie
beskuldigdes skuldig bevind is, is verskillende termyne
van gevangenisstraf opgelê wat nie hier gemeld hoef te
word nie. Beskuldigde 5 is deur die Verhoorregter verlof
verleen, en beskuldigde 4 is na 'n versoekskrif aan die
Hoofregter verlof verleen om na hierdie Hof te appelleer
teen hul skuldigbevindings aan moord, teen die bevindings
dat /...
4.
dat daar by die pleging van die moord geen versagtende omstan=
dighede was nie en teen die gevolglike doodvonnisse wat
hulle opgele is. 3eskuldigde 5 is ook deur die Verhoor =
regter verlof verleen om teen haar vonnis op die eerste
aanklag te appelleer, maar hierdie appel is voór hierdie
Hof laat vaar.
Die feite wat nie tans in geskil is nie, is dat
al ses beskuldigdes 'n rooftog beplan het bv die huis in
Constantia, Kaapstad,van bsskuldigde 5 se werkgewer, Stanley
William Hinrichsen ( "die oorledene"), en sy vrou. Kort voor
agtuur op Maandagaand 25 Augustus 1986 is beskulaigdes
1, 2 en 3 deur beskuldigde 4 in sy motor na die oorledene
se huis geneem. Beskuldigdes 1, 2 en 3 het die huis
binnegegaan /.....
5.
binnegegaan en die oorledene in die sitkamer teëgekom
waar beskuldigde 1 hom ten aanskoue van mev Kinrichsen,
koelbloedig met 'n rewolwer doodgeskiet het. Die
rewolwer het hy vroeër die middag van beskuldigde 4 gekry
Beskuldigdes 2 en 3, wat beide met messe gewapen was, het
daarna vir mev Hinrichsen langdurig aangerand in 'n 'poging
om 'n versteekte brandkas in die huis te bereik waar; hulle
cereken het geld was, totdat hulle vir 'n geluid in die
huis ceskrik'en gevlug het. Beskuldigde 4, wat in.tussen
buite by sy motor gewag het, het die ander drie na hul
huise teruggeneem en hy het later die vuurwapen gaan
wegsteek. Beskuldigde 5was tydens die rooftog in haar
kamer aan die agterkant van die woonhuis.
Daar / ....
6.
Daar is reeds die Donderdag voor die moord
besluit om beskuldigde 5 se werkgewers te beroof.
Beskuldigde 5 en haar broer Thomas het dié dag hulle
suster, beskuldigde 6, wat saam met beskuldigde 1 in
New Crossroads gewoon het, besoek. Thomas, wie se
getuienis deur die Verhoorhof aanvaar is, het getuig
dat beskuldiqde 5 in die loop van hulle besoek die ander
vertel het dat daar gelg te kry is in 'n brandkas bv
haar werkplek. Beskuldigde 1 het haar daaromtrent
uitgevra, en die twee het daar en can beplan om beskul =
digde 5 se werkgewers te beroof. Die plan was dat
beskuldigde 5 sou sorg dat haar werkgewers se hond in
sy hok is en dat die agterdeur nie gesluit is nie wanneer
beskuldigde /....
7.
beskuldigde 1 een aand teen aandete daar sou kom.
Beskuldigde 1 en ander wat hom sou help, sou met wapens
kom en die huismense dreig, waarop laasgenoemdes na
verwagting sou skrik en nie weerstand bied nie. Hulle
sou dan vasgebind word sodat dit nie nodig sou wees om
hulle seer te maak nie. Thomas is daar wea en later
die middag het beskuldigde 1 vir beskuldigde 2 gaan haal,
die plan is aan hom verduidelik en hy het incestem om
mee te doen. Beskuldigcs 5 het vroeg die Vrydagoggend
na haar werkplek teruccekeer en was onbewus van die
verdere beplanning van die rooftoa. Later die daa
het beskuldigdes 1 en 2 vir beskuldigde 4 gekry om die
nodiqe vervoer te verskaf vir die rooftoc. Die
Vrydagmiddag /...
8.
Vrydagmiddag het beskuldigdes 1, 2, 4 en 6 in beskuldigde
4 se motor na die oorledene se huis gery om die toneel
te verken. Daar is toe besluit om die rooftog die
Maandag uit te voer. Saterdagoggend het beskuldigde 3
by die ander aangesluit. Maandagmiddag het beskuldigdes
1 en 2 vir beskuldigde 4 gevra om 'n vuurwapen in die hande
te kry om in die rooftog te gebruik en laasgenoemde het
die rewolwer waarmee die oorledene doodgeskiet is, van
ene Gumede geleen en dit aan beskuldicde 1 oorhandig.
Beskuldigde 4 was daarvan bewus cat die rewolwer gelaai
was met 'n vol magasyn.
Mnr Noren, wat namens beskuldigde 4 voor ons
verskyn het, het toegegee dat beskuldigde 4 korrek skuldig
bevind / ...
9.
bevind is aan moord en het nie voortgegaan met die appèl
teen die skuldigbevinding aan moord nie. Na my mening
is hierdie toegewing tereg gemaak. Beskulcigce 4 het
aktief deelgeneem aan die beplanning en uitvoering van
die rooftog en het volgens sy eie getuienis voorsien
dat die rewolwer met noodlottige gevolge in die loop
van die rooftog gebruik kon word.
Ten opsigte van die vraag van versagtende
omstandiahede het mnr Noren betooa dat die Verhoorhof
fouteer het deur nie die afwesigheid van die direkte
oogmerk om te dood as 'n versagtende omstandigheid te
beskou nie. Soos ek mnr Noren se betoog verstaan, het
hy aangevoer dat die moontlikheid van dood wat beskuldicde
4 voorsien / ...
10.
4 voorsien het, 'n baie vae moontlikheid was en dat hy
glad nie voorsien het wat inderdaad gebeur het nie,
naamlik dat beskuldigde 1 goedsmoeds en onverwags die
oorledene koelbloedig sou doodskiet. Soos JANSEN AR
in S v Dladla en Andere 1980(1) SA 1(A) op 3 G-H gesê het,
is dit nie die ex post facto objektief bepaalde voorsien=
baarheid nie, maar áie subjektiewe beskouir.g van die dader
toe hy die handelince begaan het, of hy die moontlikheid as
'n vae of stsrk rnoontlikheid beskou het. Ek stem nie met mnr
Noren saam dat beskulcicde 4 die moontlikheid van die oorlecsns
se dood sleqs as 'n vae moontlikheid beskou het nie.
Hy het 'n gelaaide vuurwapen aan beskuldigde 1, wat.hy
nie geken het nie, oorhandig om in 'n rooftog te
gebruik /....
11.
gebruik en hy moes klaarblyklik besef het dat die
risiko groot was dat dit met noodlottige gevolge gebruik
kon word. Sy versoek aan beskuldigde 1 om nie die
wapen te vuur nie, het daardie risiko nie verminder nie
In elk geval is die vraag vir beantwoording of in die
lig van al die omstandighede van die huidige saak die
afwesigheid van direkte oogmerk as 'n versagtende om=
standigheid beskou moet word, al dan nie (S v Dlacla en
Andere, supra, op 3 H). Na my mening kan nie cesi
word dat die Verhoorhof se bevindinc een is waartoe
Hof nie redelikerwys kon gekom het nie. Beskuldigde 4
het aanvanklik in sy getuienis oor die vraag van versag=
tende omstandiqhede qesê dat hy die vuurwapen voorsien
het / ...
12.
het aan die ander omdat hy beskuldigde 2, wat hom met
sy dagga-handel behulpsaam is, wou help. Later het
beskuldigde 4 egter erken dat hy 'n deel van diebuit
belowe is. Beskuldigde 4 het 'n onmisbare rol in die
gebeure gespeel en daar bestaan geen grond om met die
bevinding van die Verhoorhof ten opsigte van versagtende
omstandighede in te meng nie.
Dit bring my by beskuldigde 5 se appèl teen
haar skuldigbevinding aan moord. Dit moet in die
eersts plek beklemtoon word dat,nadat sy vroeg die
Vrydagoggend teruggekeer het na haar werkplek na haar
besoek aan beskuldigdes 1 en 6, sy nie weer op enige
wyse in verbinding was met die ander beskuldigdes nie
Sy / ...
13.
Sy was dus onbewus van beskuldigdes 3 en 4 se deelname
aan die rooftog, van die vuurwapen wat deur laasgenoemde
verskaf is en van die feit dat daar 'n rooftog vir die
Maandagaand beplan was. Daar is verder ceen getuienis
dat sy enige rol gespeel het in die gebeure van daardie
aand nie. Beide beskuldigde 5 en Thomas het getuig dat
die afspraak wat die Donderdacaand gemaak is, was dat
haar werkgewers nie beseer moes word nie. Hierdie
getuienis is deur die Verhoorhof aanvaar, want in die
uitspraak oor versagting sowel as by vonnisoplegging
is uitdruklik gese dat "beskulcigce 5 tog nie beplan het
dat daar ernstige beserings moet wees nie". Dit is
teenstrydig met die Verhoorhof se vroeëre bevinding
dat / ...
14
dat beskuldigde 5 die moontlikheid van die oorledene
se dood voorsien het. Haar eie getuienis, waarop die
Verhoorhof ;vir laasgemelde bevinding steun, regverdig
nie so 'n bevinding nie. Sy het wel in haar getuienis
toegegee dat sy weet dat 'n vuurwapen 'n persoon se dood
kan veroorsaak, maar oor wat sy inderdaad voorsien het
sou gebeur, was beskuldigde 5 se getuienis en dié van
Thomas juis dat die wapens wat saamgeneem moes word
(watter soort wapens dit sou wees is nie genoem nie) slegs
as afskrikmiddel sou dien en nie aebruik sou word nie. Ek is dus
van mening dat die Verhoorhof fouteer het deur te bevind
dat beskuldigde 5 die moontlikheid van die oorledene se
dood / ...
15.
dood voorsien het. Sy is gevolglik verkeerdelik
skuldig bevind aan moord. Daar kan ook níe, na my
mening, gesê word dat sy die moontlikheid van dood
behoort te voorsien het nie.
Gevolglik word die appel van beskuldigde 4
van die hand gewys. Die appel van beskuldigde 5 teen
haar skuldigbevinding aan moord word gehandhaaf, en die
skuldigbevinding en vonnis op die moordaanklag word ter
syde gestel.
W. VIVIER AR.
VILJOEN AR) BOSHOPP WAR)
Stem saam.

RTF format