South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 57

| Noteup | LawCite

Stadsraad van Klerksdorp v Renswyk Slaghuis (Edms) Bpk (493/85) [1988] ZASCA 57; [1988] 4 All SA 596 (AD) (24 May 1988)

Download original files

PDF format

RTF format


DIE STADSRAAD VAN KLERKSDORP APPELLANT

en

RENSWYK SLAGHUIS (EIENDOMS) BEPERK RESPONDENT

UITSPRAAKDEUR H H NESTADT

SAAK NO 493/85

ccc

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèlAFDELING)

In die saak tussen

DIE STADSRAAD VAN KLERKSDORP APPELLANT

en

RENSWYK SLAGHUIS (EIENDOMS) BEPERK RESPONDENT

CORAM: CORBETT, VAN HEERDEN, NESTADT ARR et VILJOEN, NICHOLAS WN ARR

DATUM GEHOOR: 14 MAART 1988

DATUM GELEWER: 24 MEI 1988

UITSPRAAK

NESTADT, AR:

Hierdie appèl is gerig teen die afwysing

deur/

2.

deur WEYERS R in die Transvaalse Provinsiale Afdeling
van appellant se eis vir betaling van 'n bedrag van
R11 568,82 synde die balans van sy gelde gehef vir die
inspeksie, gedurende die tydperk Augustus 1982 tot
en met April 1983, van sekere vleis van respondent.
Die skuldoorsaak, soos in die dagvaarding uiteengesit,
is 'n beweerde statutêre reg om sodanige gelde te
hef.

Die feite is nie in geskil nie. Ek

gaan voort om hulle saam te vat. Terselfdertyd, om
hulle beter te begryp, word sekere relevante wet-
gewende bepalings aangestip. Respondent bedrywe 'n
groothandel slaghuis te Klerksdorp. Sy voorraad vleis

(vir menslike verbruik) is egter nie afkomstig van vee

wat/
3. wat by appellant se abattoir in Klerksdorp geslag word nie. Vir redes wat onnodig is om uiteen te sit, het respondent verkies om gebruik te maak van die abattoir te Kimberley. Nadat die karkasse daar amptelik ondersoek en goedgekeur is, word hulle deur respondent in koeltrokke vervoer na sy besigheidsperseel in Klerksdorp waar hulle afgelaai en in vrieskaste geberg word hangende verkoop aan kleinhandelaars in Klerksdorp en elders. Die huidige dispuut tussen die partye is tot vleis wat in Klerksdorp verkoop is, beperk.
Aanvanklik het respondent versuim om sy vleis vir herinspeksie deur appellant se inspekteurs (ingevolge art 19(1) van die Wet op Higiëne by Diere-slag, Vleis en Dierlike Produkte, 87 van 1967, aangestel) teen die destydse vasgestelde tarief aan te bied. Dit was in stryd met art 212(a) van die Eenvormige

Publieke/

4.

Publieke Gesondheidsverordeninge en -Regulasies van
toepassing op o a die Munisipaliteit van Klerksdorp
soos afgekondig in Administrateurskennisgewing 148
wat in die Transvaalse Offisiële Koerant 2253 van 21
Februarie 1951 gepubliseer is. Die tersaaklike ge-
deelte van dié artikel lui:

"212. (a) Iedereen wat vleis of dooie diere, wat bedoel is vir mens-like verbruik, binne die munisipa-liteit inbring, vervoer of trans-porteer van enige plek buite so-danige gebied, moet onverwyld sodanige vleis of dooie diere voorlê om deur die Raad ondersoek en gebrandmerk of gestempel te word by die abattoir of by so-danige ander depôts of plekke as wat die Raad van tyd tot tyd gelas."

Appellant/

5. Appellant, begaan oor die gevolglike
verlies aan inkomste, het beswaar teen respondent se
optrede gemaak. Op 7 Augustus 1981 is respondent ver-
soek om die ingevoerde karkasse by die plaaslike abattoir
vir herinspeksie aan te bied. Terselfdertyd het
appellant aansoek by the Minister van Landbou en visserye
om 'n verhoging van die bestaande herinspeksietarief ge-
doen. Kragtens 'n brief aan appellant gedateer 6 Oktober
1981 is die aansoek met ingang 19 Oktober 1981 toege-
staan. Die volgende word daarin vermeld:

"(D)ie Minister van Landbou en Visserye ... kragtens artikel 21 van die Wet op die Abattoirbedryf, 1976 (Wet 54 van 1976) (het) goed-

gekeur ... dat die volgende tariewe by u Raad se abattoir ingestel moet word ...

Herinspeksietariewe/

6.
Herinspeksietariewe Sent per kg.
faktuurmassa

Vleis en rooi-afval 2,5

Ru-afval 0,25 "

Ek verduidelik aanstons wat die inhoud en effek van ge-
noemde art 21 is.

Respondent het beswaar gehad teen appellant

se versoek dat herinspeksie by dieKlerksdorp se abattoir
geskied. Sy houding was dat dit hom wesenlik sou ont-
rief en benadeel. Hy stel toe voor, so wil dit voor-
kom, dat herinspeksie by sy perseel plaasvind (en ten
opsigte daarvan word geboekstaaf dat hy "nie onwillig (is)
om aan die Stadsraad die vasgestelde fooi te betaal nie".)
In Desember 1981 het appellant die voorstel aanvaar. So
gesê, so gedaan. Herinspeksies is toe gedurende die
daaropvolgende maande, insluitende die tydperk waarvoor

appellant/
7. appellant tans eis, naamlik Augustus 1982 - April 1983, by respondent se perseel deur appellant se inspekteurs uitgevoer. Die respondent, wat aanvanklik wel van tyd tot tyd betalings gemaak het, het egter op 'n stadium geweier om die gelde (bereken ooreenkomstig die tarief soos deur die Minister in Oktober 1981 vasgestel) te betaal, en appellant was genoodsaak om die onderhawige geding teen respondent (in Junie 1983) in te stel.
Respondent het nie appellant se bevoegd-heid om herinspeksie van die betrokke vleis by sy perseel te doen as sulks betwis nie. Inteendeel, sy pleit kom daarop neer dat dit erken word. Dit was ook gemeen-saak dat indien appellant geregtig was om gelde te hef soos wat gedoen is, die bedrag soos gevofder

betaalbaar/ ......

8.
betaalbaar sou wees. Respondent se verweer was bloot
dat die tarief waarna verwys is,beperk is tot herinspeksies wat by appellant se abattoir plaasvind; met ander woorde, dat dit nie geld ten opsigte van herinspeksies by respon-dent se perseel nie; wat sulke inspeksies betref bestaan daar geen tarief nie en appellant was nie geregtig op enige betaling daarvoor nie. Trouens, respondent het betalings wat reeds gemaak is by wyse van 'n teeneis as indebite teruggeëis. Later, egter, is dié laat vaar.
Appellant se saak dat selfs ten aansien van herinspeksies by respondent se perseei dit wel be-voeg is om die tariewe van gelde te hef wat die Minister vasgestel het, het op twee grondslae berus. Die een

was/
9.

was dat art 21 van Wet 54 van 1976 dit op sigself regverdig.

Hierdie artikel bepaal:

"(1) Die Minister kan, op aanbeveling van die Kommissie of op aansoek van die eienaar van 'n abattoir en na raadpleging met die Kommissie, van tyd tot tyd die tariewe vasstel wat aan die eienaar van 'n abattoir of 'n operateur ten opsigte van die gebruik van so 'n abattoir of die verrigting van 'n diens betaalbaar is.

(2) 'n Tarief ingevolge subartikel (1)
vasgestel, kan verskil ten opsigte

van verskillende abattoirs, verskillende deur die Minister omskrewe klasse van abattoirs, verskillende dienste of verskillende soorte of klasse van diere, en kan vasgestel word op enige grondslag wat die Minister goedvind.

(3) 'n Tarief ingevolge subartikel (1)
vasgestel, word bekend gemaak op 'n
wyse en tree in werking op 'n dag wat
die Minister bepaal.

(4)/

10.

(4) Niemand mag ten opsigte van die
gebruik van 'n abattoir of die ver-
rigting van 'n diens -

(a)h ander of 'n hoër of 'n laer tarief vorder as die tarief wat deur die Minister ten opsigte daarvan vas-gestel is nie; of
(b)indien geen tarief ten opsigte daarvan deur die Minister vasgestel is nie, 'n ander of 'n hoër of 'n laer tarief vorder as die tarief wat onmiddellik voor die inwerk-ingtreding van hierdie Wet ten opsigte daarvan gevorder is nie.

(4A)

(5) "

"Abattoir" en "diens" word soos volg in art 1 omskryf:

1. In hierdie Wet, tensy uit die same-hang anders blyk, beteken -"abattoir" 'n plek waar diere geslag word of wat vir die slag van diere bestem is, met inbegrip van al die fasili-teite wat normaalweg by so 'n plek tuishoort of daaraan verbonde is, on-geag of sodanige fasiliteite op dieself-de plek as so 'n plek geleë is, al dan nie.

"diens"/

11.

"diens" 'n handeling wat by 'n abattoir verrig word -

(a) in verband met die ontvangs, hou
of versorging van diere wat bestem
is om by daardie abattoir geslag
te word;

(b) in verband met die slag van diere
by daardie abattoir;

(c) in verband met die behandeling,
verwerking, hou of verkoop van
produkte by daardie abattoir;

(d)deur 'n gemagtigde operateur in verband met die toepassing van die skema by daardie abattoir;
(e)in verband met die bestuur en dryf van daardie abattoir;"

Dit is deur mnr Henning, namens appellant,
aan die hand gedoen dat die herinspeksie van vleis by
respondent se perseel òf 'n fasiliteit is wat aan sy abattoir
verbonde is (en in dié verband is dit beklemtoon dat die
fasiliteit nie op dieselfde plek hoef te wees as waar die

diere/

12.

diere geslag word nie), òf 'n diens kragtens paragrawe (c) en/of (e) van die omskrywing van "diens".
Ek neem in appellant se guns aan dat die opdrag in die Minister se brief van 6 Oktober 1981 dat "die volgende tariewe by u Raad se abattoir ingestel moet word" nie per se die vasgestelde tarief tot die werk-like gebruik van die abattoir self of dienste wat daar gelewer word,beperk nie. Tog, na my mening, moet die betoog verwerp word. "Fasiliteite" word nie omskryf nie. Sy woordeboek-definisie behels "(i)ets wat gemaklik maak, ver-gemaklik; ding of omstandigheid wat 'n mens help of in staat stel om iets te doen" (Die Afrikaanse Woordeboek). Dit het dus 'n wye betekenis. Soos gebruik in artikel 1 egter het dit, m i, 'n enger een, nl,iets fisies.

Dit/

13.

Dit is in der waarheid sy grondbetekenis. Aldus omskryf
Black's Law Dictionary, 5e uitgawe, "facilities" o a soos
volg:

"That which promotes thé ease of any

action, operation, transaction, or course of conduct. The term normally denotes inanimate means rather than human agencies, though it may also include animate beings such as persons, people and groups thereof."

En wat "facility" betref, word verklaar:

"Something that is built or installed to perform some particular function, but it also means something that pro-motes the ease of any action or

course of conduct."

In casu word "fasiliteite" in teenstelling met "diens" gebesig; dit is derhalwe iets wat van 'n handeling wat verrig word,verskil (vgl bv ook arts 22(2)(a)(vii) en

(viii)/

14. (viii) en (b)(i) en 26(1) (b) en (f)). En daar word
gepraat van fasiliteite wat "geleë" is; dit ook is aanduidend van iets anders as 'n diens (of "toerusting" wat omskryf word as "'n apparaat, implement of instrument, van enige aard, wat by die verrigting van 'n diens gebruik word of daarvoor bestem is"). In iedere geval, die ver-pligting van respondent om vleis vir sy rekening te laat ondersoek kan nouliks as 'n "fasiliteit" bestempel word. Wat betref mnr Henning se betoog dat herinspeksie 'n "diens" is, is dit voldoende om te sê dat alhoewel dalk 'n diens, dit nie by appellant se abattoir verrig is nie, en bygevolg nie as sulks kan kwalifiseer nie. In ag genome dat herinspeksies by respondent se perseel nie "fasiliteite"

uitmaak/

15.

uitmaak nie, kan daar nie op die breë betekenis van "abattoir" staat gemaak word nie. Daar is geen rede om "diens" in art 21(1) nie sy omskrewe betekenis te gee nie.
Die tweede grondslag van appellant se stelling dat die tarief soos deur die Minister in Oktober 1981 vasgestel van toepassing is op herinspeksies, selfs by respondent se perseel (wat mnr Henning se hoofbetoog was) het op art 3(1), soos gewysig, van die Abattoir-verordeninge berus. Hulle is in Administrateurs-kennisgewing 256 bevat wat in Brovinsiale Koerant 4193 van 3 Maart 1982 gepubliseer is, gelees met Administrateurs-kennisgewing 1535 soos in Provinsiale Koerant 4230 van 20 Oktober 1982 afgekondig. Art 3(1) lui:

"Die/

16.
"Die gelde vir die gebruik van die abattoir en die gelde gehef ten opsigte van die herinspeksie van slagtersvleis wat vanuit gebiede geleë buite die munisipale gebied ingebring word, is dié wat die Minister van tyd tot tyd kragtens artikel 21 van die Wet op die Abattoirbedryf, 1976 (Wet 54 van 1976), vasstel, en wat op die hoof-kennisgewingbord in die kantoor van die Abattoirsuperintendent by die abattoir vertoon word."

Die gedeelte wat deur my onderstreep is,dui aan wat deur
Administrateurskennisgewing 1535 ingevoeg is. Die ter-
saaklike tarief, nl, dié wat die Minister in sy brief van
6 Oktober 1981 vasgestel het, is wel op die voorgeskrewe
manier vertoon.

Namens respondent het mnr Delport (m i,

tereg) aanvaar dat die verwysing na Wet 54 van 1976 bloot,
gerieflikheidshalwe, 'n inlywing is van die gelde wat

die/

17.

die Minister van tyd tot tyd vasstel; op dié wyse is die
gelde wat in art 3(1) genoem word, gekwantifiseer. Hierdie
metode van wetgewing, nl inkorporasie deur verwysing, is 'n
welbekende en toelaatbare een (Steyn; Die Uitleg van Wette,

5e uitgawe, 181 - 182; Craies on Statute Law, 7e uitgawe,

223 - 224). Dit is weliswaar geykte reg dat die liggaam
aan wie diskresionêre magte verleen is, in die reël nie
daardie magte aan 'n ander persoon of liggaam kan delegeer
nie (Steyn, 222), maar dit het nie hier gebeur nie.
Die bepaling in art 3(1) dat.die gelde dié is wat die
Minister vasstel kom nie daarop neer nie. Ter onder-
steuning van respondent se ontkenning dat die Minister
se tarief wel toepaslik (op herinspeksies by respondent
se perseel) is, is egter betoog dat by gebreke

aan/

18.
aan 'n uitdruklike bedoeling tot die teendeel, of 'n uitdruklike toevoeging daartoe, sal die tariewe wat deur verwysing geïnkorporeer word dieselfde inhoud hê as wat dit gehad het in die Wet waaruit dit geïnkorporeer is; kragtens art 21 kon die Minister slegs tariewe bepaal waar die vleis by die abattoir herondersoek is; sou hy tariewe vir herinspeksie van vleis by respondent se perseel bepaal,handel hy ultra vires en sou sodanige tariewe nietig wees; verwysing daarna sou nie meebring nie dat daar aan tariewe wat geen regskrag het nie deur die blote ver-wysing daarna nou skielik regskrag verleen word. 'n Soort-gelyke betoog is deur die verhoorhof gehandhaaf.

Ek kan met die betoog nie saamstem nie. Die feit dat die Minister se bevoegdhede deur art 21

beperk/

19.

beperk is, doen nie afbreuk nie aan appellant se wyer bevoegdheid om van die Minister se syfers gebruik te maak vir ander doeleindes, nl, om herinspeksietariewe by plekke wat nie tot sy abattoir beperk word nie vas te stel. Daar is niks wat appellant verhoed het om die gelde wat die Minister vasgestel het toe te pas op omstandighede wat binne sy bevoegdhede val, maar wat verder strek as dié ten opsigte waarvan die Minister tariewe kon vasstel. En, weens die betekenis van art 21 (en veral dat herinspeksies by respondent se perseel nòg die gebruik van appellant se abattoir nòg die verrigting van 'n diens daarstel) word art 3(1) nie deur art 21(4) geraak nie.

Appellant/

20.
Appellant was wel gemagtig om gelde vas

te stel vir herinspeksie van vleis al het dit by
respondent se perseel plaasgevind. Die bron van sulke
magtiging is art 132(11) van die Ordonnansie op Plaaslike
Bestuur, 17 van 1939(T). Vanaf 1958, as gevolg van
wysigings deur art 11(b) van Ordonnansie 16 van 1955, art

5 van Ordonnansie 17 van 1955 en art 1 van Ordonnansie 17
van 1958 teweeggebring, het dit gelui:

"132. Die raad kan van tyd tot tyd verordeninge opstel, verander en intrek vir alle of enige van die volgende doeleindes,naamlik -

(11) om die vertoning aan die raad

van alle vleis of geslagte diere bestem vir menslike verbruik of om verkoop te word wat in die munisipale gebied gebring of vervoer word deur die eienare of ontvangers daarvan, en op hulle koste, te verplig en te reël, sodat sulke vleis of

geslagte/

21.

geslagte diere deur die raad geïnspekteer of goedgekeur kan word, om die brandmerk of stempel van sulke vleis of geslagte diere te reël en om die verkoop of gebruik te belet van sulke vleis of geslagte diere totdat dit deur die raad geïnspekteer en goedgekeur is en om die gelde vas te stel wat betaal moet word ten opsigte van so-danige inspeksie, brandmerk of stempel; Met dien verstande dat waar die vleis van enige dier aan 'n inspeksie vir gesondheidsdoeleindes ingevolge hierdie subartikel of enige ander wet onderwerp is, geen inspeksie-gelde ten opsigte van 'n tweede of latere inspeksie van sodanige vleis betaalbáar is nie tensy -(a) sodanige dier geslag is op 'n plek wat verder as vyf-en-sewentig myl is van die plek af waar sodanige tweede of latere inspeksie uitgevoer word; of

(b)/
22.

(b) sodanige vleis per spoor ver-voer is te eniger tyd na so-danige inspeksie vir gesond-heidsdoeleindes wat sodanige tweede of latere inspeksie onmiddellik voorafgegaan het: Voorts met dien verstande dat ondanks andersluidende bepalings in hierdie Ordonnansie of in enige ander wet vervat, die Administrateur enige geldetarief wat ingevolge hierdie subartikel deur die raad vasgestel is, kan wysig, en by kennisgewing in die Offisiele Koerant van die Provinsie gee hy gevolg aan sodanige wysiging."

(Onlangs, ingevolge art 11 van Ordonnansie 16 van 1986 is
bogemelde voorbehoudsbepalings geskrap). Die bevoegdheid
om kragtens art 132(11) verordeninge op te stel ten opsigte
van die "vertoning" en "inspeksie" van vleis kan klaarblyklik
nie beperk word tot dié wat by 'n raad se abattoir geskiednie.

Om/

23.

Om dié rede is 'n saak soos Germiston Municipality vs

Rand Cold Storage Co Ltd 1913 T P A 530 onderskeibaar;

Het appellant egter kragtens art 132(11)

opgetree? Of is art3(l) opgrond van art 80(22) van
Ordonnansie 17 van 1939 uitgevaardig (soos wat mnr Delport
in sy aanvullende betoogpunte aangevoer het)? Nog
Administrateurskennisgewing 256 nòg Administrateurs-
kennisgewing 1535 dui aan wat hulle magtigende bepaiing
is. Art 80(22), in die mate wat dit ter sake is, bepaal:

"80. Die raad kan van tyd tot tyd veror-deninge uitvaardig, verander en herroep vir alle of enige van die volgende doel-eindes, naamlik -

(22) om die gebruik en bestuur te reël van munisipale slaghuise en depôts vir die inspeksie van melk en geslagte vleis en in

verband/

24. verband daarmee gelde te hef

Ek sal, ten gunste van respondent, veronderstel dat dit nie appellant magtig om gelde te hef vir handelinge, soos 'n herinspeksie, wat nie by die abattoir plaasvind nie. Ek veronderstel ook dat appellant se aanvanklike abattoirverordeninge ingevolge art 80(22) opgestel is. Maar dit volg nie dat die wysiging van art 3(1) nie krag-tens art 132(11) uitgevaardig kon gewees het nie. Dit is dalk 'n buitengewone verskynsel maar in beginsel kan daar, m i, geen beswaar wees teen die gebruik van een magtigende bevoegdheid om 'n stuk gedelegeerde wet-gewing uit te vaardig en die gebruik van 'n ander om dit te wysig. In die onderhawige geval, om die

redes/

25.

redes wat volg is ek tevrede dat die invoeging in art 3(1) van "en die gelde gehef ten opsigte van die her-inspeksie van slagtersvleis wat vanuit gebiede geleë buite die munisipale gebied ingebring word" ingevolge art 132(11) moes geskied het.
Op 'n behoorlike uitleg van art 3(1) is ek die mening toegedaan dat "herinspeksie", soos daarin gebruik, nie betrekking slegs op dié wat by appellant se abattoir plaasvind,het nie; dit behels ook ondersoeke by ander plekke (bv respondent se perseel). Enige ander vertolking sou neerkom op 'n onnodige beperking van die gewone betekenis van die woord. Dit is nie dubbelsinnig nie. En die feit dat appellant bewus moes gewees het

van/

26.

van die Minister se beperkte bevoegdhede kragtens art 21(1) is niksbeduidend nie. Non constat dat appellant in art 3(1) bedoel het om voorsiening te maak vir soort-gelyke beperkte gelde. Soos sal blyk, was sy bedoeling eerder die teenoorgestelde. Selfs as hierdie tipe herinspeksietariewe as 'n las beskou word (in verband waarmee kyk Steyn, 272) is daar geen ruimte vir 'n beperkende uitleg nie.
Daar is in iedere geval aanduidings of hulpmiddele wat teen so 'n uitleg indruis. Omringende omstandighede kan gebruik word om lig te werp op die betekenis van 'n wet (Steyn, 155 - 157). Een van hulle is die stand van die vorige wetgewing. Ek het alreeds

aangedui/

27.

aangedui wat die ongewysigde bewoording van art 3(1)
was. Dit het geen uitdruklike voorsiening vir herin-speksietariewe bevat nie. Vermoedelik was appellant se houding om op dié wat die Minister, kragtens art 21, vasstel, staat te maak. Maar soos alreeds bevind, sou sodanige gelde slegs betrekking gehad het op herin-speksies by appellant se abattoir. Toe is art 3(1) ge-wysig tot sy huidige bewoording. Dit wil voorkom asof dit daarop gemik is om ook herinspeksies buite appellant se abattoir te dek. Hierdie slotsom word versterk deur die volgehde oorweging. Die herinspeksie waarna verwys word in art 3(1), is ten opsigte van vleis "wat vanuit gebiede gelee buite die munisipale gebied inge-bring word". Art 212(a) maak voorsiening vir sodanige

herinspeksie/

28.

herinspeksie "by sodanige ... plekke as wat die Raad ... gelas". Dit moet aangeneem word dat appellant bewus was, toe art 3(1) gewysig is, van sy breë be-voegdhede kragtens art 212(a) asook dat in die praktyk herinspeksies by plekke anders as sy abattoir plaasvind. Dit is 'n verdere aanduiding dat wat in art 3(1) beoog is, is om gelde vas te stel ten opsigte van alle her-inspeksies waar ook al hulle (in appellant se gebied) gedoen word. En die artikel moet gelees word sodat dit onderhewig is aan voorvereistes (a) en (b) van die voorbehoudsbepaling van art 132(11). In die huidige geval was dit (ten opsigte van (a)) gemeensaak dat die abattoir te Kimberley meer as 75 myl (of sy ekwivalent

29.

in kilometers) vanaf respondent se perseel is. Art 2 van appellant se Abattoirverordeninge bepaal dat ingeval hulle strydig is met Wet 87 van 1967 of die regulasies wat kragtens die Wet by Goewermentskennisgewing R 3505 van 9 Oktober 1969 afgekondig is, die wet en regulasies geldig is. Ons is nie verwys na enige sodanige teenstry-digheid nie.
Om op te som, ek is van mening dat op grond van art 3(1) van appellant se Abattoirverordeninge, soos gewysig, appellant bevoeg is om vir herinspeksie van vleis, bedoel vir menslike gebruik, wat binne sy gebied ingebring word, die tariewe te hef wat die Minister van Landbou en Visserye kragtens sy brief

gedateer/.

30.

gedateer 6 Oktober 1981 vasgestel het, ongeag of so-danige herinspeksie by appellant se abattoir plaasge-

vind het al dannie; dat appellant bygevolg geregtig is op betaling deur respondent van die bedrag van Rll 568,82; en dat die hof a quo verkeerdelik appellant se eis afgewys het.

Met die aanvang van die appèl is twee aansoeke (kragtens 'n Kennisgewing van Mosie gedateer 22 Julie 1987) namens appellant gedoen. Die een was om die naam van respondent te wysig vanaf Renswyk (Eiendoms) Beperk tot "Renswyk Slaghuis (Eiendoms) Beperk". Dit is toegestaan. Die tweede was vir regstelling van, soos dit gestel is, 'n moontlik gebrekkige kennisgewing

van/
31. van appèl. Dit rig die appèl "teen die uitspraak in geheel". Dit wil voorkom asof sodanige kennisgewing genoegsame nakoming van Appèlafdeling Reël 5(2) is (Holland vs Deysel 1970(1) S A 90(A)). Namens re-spondent is toegegee dat geen regstelling van die kennis-gewing nodig is nie. Appellant moet egter die koste van die aansoeke betaal (soos wat hy ook aangebied het om te doen). Nog een verdere punt wat koste betref. Appellant is m i, geregtig op die fooie van twee advokate. Dit is blykbaar 'n toetssaak hierdie wat van belang vir die partye is; en dit was ook nie oninge-. wikkeld nie (soos die verskil van mening onder my Kollegas aantoon).

Ek maakdie volgende bevel:
32.

(1) Behoudens die bevel gemaak in paragraaf (2), word

die appèl met koste, insluitende die koste van twee advokate, gehandhaaf;

(2)Die koste verbonde aan die Kennisgewing van Mosie gedateer 22 Julie 1987 word deur appellant betaal;
(3)Die bevel van die Verhoorhof word tersyde gestel en met die volgende vervang:

"Die verweerder word gelas tot betaling van:

(a) die bedrag van Rll 568,82;
(b) rente teen 11% p a vanaf die datum van betekening van die dagvaarding tot datum van betaling;
(c) koste van die geding."

H H NESTADT, AR
CORBETT, AR STEM SAAM