South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 39

| Noteup | LawCite

S v Vermaak (491/86) [1988] ZASCA 39 (30 March 1988)

Download original files

PDF format

RTF format


Saak no. 491/86

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING) In die saak tussen:
JOHANNES JURGENS VERMAAK Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: RABIE WND HR, JANSEN AR et BOSHOFF WND AR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:

17 Maart 1988. 30 Maart 1988

U I T S P R A A K RABIE WND HR:

Die/......
2 Die appellant, 'n geöktrooieerde rekenmeester, is deur 'n streeklanddros op Boksburg aan bedrog skuldig bevind en tot 'n boete van R10 000.00 of twee jaar ge-vangenisstraf gevonnis. Hy het na die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen die skuldigbevinding en die vonnis geappelleer. Die appèl teen die skuldigbevinding is afgewys, maar die hof het die vonnis tot 'n boete van R3 000.00 of 6 maande gevangenisstraf verminder. Die vonnis is in sy geheel vir 5 jaar op sekere voorwaardes opgeskort. Appellant is deur hierdie hof verlof verleen om teen sowel sy skuldigbevinding as sy vonnis te appelleer. Die feite van die saak, en die aard van die aanklag wat op grond daarvan teen die appellant

ingebring/

3

ingebring is, blyk uit wat hieronder gesê word.

Die appellant en twee ander persone het in vennootskap as rekenmeesters gepraktiseer, en híerdie vennootskap het in 1980 in medewerking met die Prudential Versekeringsmaatskappy (hierna "die Prudential" genoem) 'n pensioenfonds vir die lede van sy personeel gestig.
Daar is skriftelike reëls opgestel waarvolgens die fonds beheer en bestuur is. Elke werknemer van die vennootskap moes elke maand 'n sekere persentasie van sy salaris aan die Prudential vir die rekening van die fonds betaal, en die vennootskap het 'n gelyke bedrag bygedra. Die laaste betalings aan die fonds het in November 1981 geskied en die fonds moes toe tot 'n einde

gebring/
4 gebring word. Met die oog daarop het daar baie en lank uitgerekte onderhandelinge tussen die appellant en mnr J.A. du Plessis, die assistent-bestuurder van die Prudential se afdeling Pensioene en Administrasie,plaas-gevind. Die vennootskap is in Mei 1983 ontbind, en in Februarie 1984 het die appellant en du Plessis, met in-agneming van die betrokke reëls vah die fonds, finaal 'n reëling oor die beëindiging van die fonds getref. Volgens du Plessis, wat vir die Staat getuig het en wie se getuienis nie betwis is nie, het hy endie appellant met mekaar ooreengekom dat die appellant besonderhede van sy werknemers en van die bedrae wat deur die fonds

aan/

5
aan hulle verskuldig was, aan die Prudential sou verstrek.
Du Plessis het die appellant ook versoek om elk van die
betrokke persone - daar was nege - 'n kwytskeldingsvorm
te laat onderteken waarin hy erken dat hy die

tjek wat aan hom uitgemaak is, ontvang het.
Die appellant het onderneem om dit te doen, hoewel
hy te kenne gegee het dat dit moeilik sou wees om
die betrokke persone, wat nie meer by hom gewerk
het nie, op te spoor. Die appellant het Du Plessis

die volgende dag die verlangde besonderhede van die
werknemers laat kry, asook die vereiste kwytskeldings-

vorms. Op elk van die vorms was daar 'n handtekening

wat/

6

wat voorgegee het die handtekening te wees van die
persoon aan wie die betrokke tjek uitgemaak moes word.
Dit het vir Du Plessis as vreemd voorgekom dat die
vorms so gou aan die Prudential terugbesorg is nadat
die appellant die vorige dag gesê het dat dit moeilik
sou wees om die betrokke persone op te spoor. Nadat
gekontroleer is welke bedrag aan elk van die persone
verskuldig was, het die Prudential 'n tjek -
gekruis en "nie verhandelbaar nie" gemerk -
vir die betrokke bedrag aan elk van die persone uit-
gemaak. Die tjeks,waarvan die totale bedrag sowat

R6,000.00 beloop het, is aan die appellant oorhandig.

Hy moes dit afgee aan die persone aan wie dit

uitgemaak was. 'n Vergelyking

tussen/

7&8

tussen die handtekeninge op 'n paar van die vorms en dié
op dokumente wat in die Prudential se besit was, het Du Plessis laat besluit dat die handtekeninge op die vorms nie eg was nie en hy het toe dadelik aan die be-trokke bank opdrag gegee om nie die tjeks uit te betaal nie. Dit het uit die appellant se getuienis geblyk dat
hy en sy vrou, wat by hom gewerk het, die valse hand-tekeninge op die vorms aangebring het. Dit het ook ge-blyk dat die appellant die tjeks in sy trustrekening inbetaal het, maar dat hy feitlik direk daarna 'n bedrag wat die totale bedrag van die tjeks oorskry het uit die trustrekening getrek het en in sy "praktyksrekening" (soos hy dit genoem het) inbetaal het.

Die/

9
Die Staat het die appellant op grond van die feite soos hierbo genoem daarvan aangekla dat hy bedrog gepleeg het deurdat hy valslik, en met die bedoeling om te bedrieg, aan die Prudential en/of Du Plessis voorgegee het dat die werknemers van die vennootskap die kwyt-skeldingsvorms onderteken het en daardeur die Prudential en/of Du Plessis beweeg het om tjeks vir die bedrae wat aan die betrokke persone verskuldig was aan hulle uit te maak en aan die appellant te oorhandig, en dat dit tot die werklike en/of potensiële nadeel van die Prudential en/of die betrokke persone gestrek het.

Die/

10 Die appellant het, soos hierbo aangedui, erken dat die kwytskeldingsvorms vervals was en dat hy beoog het om deur middel van dié vorms die Prudential te beweeg om die tjeks aan hom af te gee. Hy het getuig dat hy nie die opset gehad het om te bedrieg nie, en dat hy slegs beoog het om die fonds spoedig afgehandel te kry. Hy het ook getuig dat hy nooit beoog het om die bedrag van die tjeks vir homself te hou nie. Die landdros het laasgenoemde bewering betwyfel, maar al sou 'n mens dit nie kon verwerp nie, kan dit die appellant nie teen die aanklag van bedrog beskerm. hie. Dit is duidelik dat hy bedoel het om die Prudential en/of Du Plessis deur middel van die vervalste kwytskeldingsvorms te be-

weeg/

11

weeg, en hulle inderdaad beweeg het, om die tjeks aan hom af te gee. Hierdie gedrag van sy kant sou klaarblyk-lik die Prudential of die persone aan wie die tjeks gegee moes gewees het, kon benadeel het, en dit was voldoende om die misdaad bedrog uit te maak. Daar is voor ons betoog dat die reels van die fonds nie 'n bepaling be-vat wat die appellant verplig het om aan Du Plessis kwytskeldingsvorms voor te lê van die persone aan wie die tjeks uitgemaak is nie, en dat die appellant se optrede ten opsigte van dié vorms dus nie as grondslag van 'n aanklag van bedrog kan dien nie. Die betoog is ongegrond. Dit is wel so dat die reëls nie 'n bepaling, soos genoem, bevat nie, maar dit bring nie mee dat die

appellant/

12

appellant nie bedrog gepleeg het nie. Hy het met Du Plessis ooreengekom om die vorms voor te lê en het toe, met die doel om Du Plessis te beweeg om die tjeks aan hom te gee, bedrieglik voorgegee dat die vervalste vorms eg was.
Dit is onnodig om meer oor die skuldigbevinding van die appellant te se. Daar is geen grond waarop die appèl daarteen kan slaag nie.

Wat die appèl teen die vonnis betref, het ek reeds hierbo gesê dat die vonnis wat deur die landdros opgelê is deur die Transvaalse Provinsiale Afdeling verminder is. Laasgenoemde hof het dit gedoen omdat hy getwyfel het oor die juistheid van die landdros se

oortuiging/

13

oortuiging dat die appellant die opbrengs van die tjeks vir homself wou gehou het. In hierdie hof het mnr Yutar, namens die appellant, % ernstige pleidooi gelewer dat die straf, soos deur die hof a quo bepaal, verder verminder moet word, en wel tot 'n boete van minder as R50.00. Hierdie pleidooi is ingegee deur die feit dat in art. 23(6) en (7) van die Wet op Openbare Rekenmeesters en Ouditeurs, No. 51 van 1951,o.m. bepaal word dat 'n rekenmeester wat aan bedrog skuldig bevind is en tot 'n boete van meer as R50.00 gevonnis is, se registrasie as rekenmeester deur die Openbare Rekenmees-ters en Ouditeursraad gekanselleer moet word.

Mnr/

14

Mnr Yutar het betoog dat dit nie blyk dat die landdros se aandag gevestig is op hierdie gevolg wat 'n vonnis weens bedrog vir die appellant kon meebring nie. Die betoog kan nie gehandhaaf word nie. Die oorkonde toon dat die landdros die appellant vóór vonnisoplegging gevra het wat die gevolge van sy skuldigbevinding sou wees, en dat die appellant toe geantwoord het dat dit heel waarskynlik tot sy skrapping van die rol van rekenmeesters sou lei. Mnr Yutar het verder aangevoer dat dit nie blyk dat die hof a quo bewus was van welke gevolge die appellant se skuldigbevinding en vonnis vir hom as rekenmeester sou kon hê nie. Daar is egter nie rede om te aanvaar dat die hof a quo nie daarvan bewus

was/

15.
was nie. Die appellant se mededeling aan die landdros, hierbo genoem, moes noodwendig aan die geleerde regters wat die appél aangehoor en die stukke in die saak sou gelees het, bekend gewees het. Daarbenewens is die appellant in die hof a quo - net soos in die landdroshof -deur 'n senior advokaat verteenwoordig en daar kan aan-vaar word dat alle geldige oorwegings m.b.t. die vonnis aan die hof voorgelê sou gewees het. Maar hoe dit alles ook al sy, daar is geen grond waarop met reg bevind sou kon word dat die vonnis verminder moet word tot 'n boete van minder as R50.00 nie. Die bedrog waaraan die appellant skuldig bevind is, was nie 'n geringe misdaad waarvoor 'n boete van minder as R50.00 'n gepaste straf sou wees nie.

Die/

16

Die appellant gaan onteenseglik swaar getref word deur sy skuldigbevinding en die vonnis wat hy opgelê is, maar dit is ongelukkig die gevolg van die bepalings van die wet waardeur die rekenmeestersberoep - 'n beroep wat hoë eise van eerlikheid aan sy lede stel - beheer word.
Die appêl teen sowel die skuldigbevinding as die vonnis word afgewys.

P J RABIE
WND HOOFREGTER.

JANSEN, AR
Stem saam. BOSHOFF, WND AR