South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 31
| Noteup
| LawCite
S v Goosen (278/1987) [1988] ZASCA 31; [1988] 4 All SA 491 (AD) (29 March 1988)
Download original files |
LL Saak No 278/1987
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
MACHIEL ADRIAAN GOOSEN Appellant
teen
DIE
STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, NESTADT et KUMLEBEN ARR
VERHOORDATUM: 18
MAART 1988
LEWERINGSDATUM: 29 MAART 1988
UITSPRAAK
/VAN HEERDEN AR .....
2.
VAN HEERDEN AR:
Die appellant en vier mede-beskuldigdes is in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling aangekla van onder andere moord en roof. Anders as sy mede-beskul-digdes het die appellant op al die aanklagte skuldig gepleit waarna Vermooten Wnd R 'n skeiding van verhore gelas het. Slegs die appellant het toe verder voor hom en sy assessore tereggestaan. Nadat getuienis gelei is om te bewys dat die oorledene vermoor is en dat die appellant sekere uitwysings gemaak het, is die saak van beide die Staat en die appellant gesluit. Laas-genoemde is toe op onder andere die moord- en roofkiag skuldig bevind.
Hierna het die appellant ter versagting getuig. Dit blyk uit sy getuienis dat
hy en die ander beskuldig-des bewus was dat die oorledene,
wat aan 'n firma
verbonde was, op 'n sekere dag 'n groot geldsom vanaf die perseel
van die
firma na 'n ander plek sou neem en dat hy in 'n
/Mercedes ...
3. Mercedes sou reis. Dit is toe afgespreek dat die
appellant en twee Swart mans, Mazibuko en Tlhapane, op die betrokke dag die
Mercedes
in 'n ander voertuig sou volg; dat hulle met die voertuig voor die
Mercedes sou indraai om dit sodoende tot stilstand te dwing; dat
Tlhapane die
oorledene 'n vuishou sou toedien terwyl Mazibuko hom met 'n sub-masjiengeweer
(hierna 'n karabyn genoem) sou bedreig,
en dat hulle op hierdie wyse besit van
die geldsom sou verkry. Op 22 Februarie 1985 is die afspraak in werking gestel
en met 'n enkele
uitsondering het alles volgens plan verloop. Nadat die Mercedes
tot stilstand gebring is en die oorledene met die vuis geslaan is,
het die
Mercedes vorentoe beweeg en met die deur van die ander voertuig, 'n Cortina,
gebots. Op daardie stadium het Mazibuko naby
die Mer-cedes se neus gestaan met
die karabyn op die oorledene gerig. Toe die Mercedes beweeg, het Mazibuko
agteruit beweeg en die
appellant het toe 'n skoot hoor klap. (Dit het later
geblyk dat twee koeëls gevuur uit die karabyn
/die .....
4.
die oorledene getref het.) Hierna het Tlhapane 'n akte-tas waarin die geld was uit die Mercedes gehaal en het die appellant en sy makkers in die Cortina weggejaag. Die geld is uiteindelik tussen die vyf samesweerders verdeel.
Die appellant het getuig dat hy die Cortina bestuur het en dat Mazibuko voor langs hom gesit het. Terwyl hulle die Mercedes gevolg het, het Mazibuko die karabyn uit n sak gehaal. Hy het toe vir Mazibuko gesê om die stuurwiel vas te hou en terwyl dit gebeur het, het hy die magasyn uit die karabyn gehaal en dit 'n paar keer gespan om seker te maak dat dit nie patrone bevat nie. Die rede was dat volgens die afspraak die vuurwapen slegs gebruik sou word om die oorledene die skrik op die lyf te jaag sodat hy nie moes probeer om weg te jaag of hom teen te sit nie, en die appellant 'n "skietongeluk" wou voorkom.
/Die ...
5.
Die appellant het ook getuig dat een van die
samesweerders die ander die versekering gegee
het dat
die oorledene bejaard was, dat hy nie aggressief was
nie en dat
hy nie 'n vuurwapen by hom sou hê nie.
Die hof a quo het die appellant se weergawe, insoverre dit verontskuldigend was, verwerp. Wat be-tref die relaas aangaande ontlading van die karabyn, is bevind dat die appellant geimproviseer het toe hy die bewuste stukkie getuienis gegee het. In hierdie verband is veral klem gelê op die volgende uittreksel uit die appellant se pleitverduideliking:
"Alhoewel ek nie die vuurwapen self gevuur het nie was ek bewus daarvan dat beskuldigde nr. 2 [Mazibuko] in besit van die vuurwapen was en dat die vuurwapen gelaai was. Ek was ook bewus dat die vuurwapen gebruik sou word om die oorledene skrik op die lyf te jaag. Alhoewel ons ooreengekom het dat niemand sou skiet nie het ek tog voorsien dat geweld toe-gepas kon word indien oorledene hom sou teen-sit tydens die rooftog. Desnieteenstaande het ek volhard met die rooftog."
Die appellant se getuienis aangaande die
/voornoemde ...
6.
voornoemde versekering is insgelyks verwerp. Die re-sultaat was 'n bevinding dat versagtende omstandighede nie teenwoordig was nie. Na die oordeel van die hof a quo was die appellant se opsetvorm in effek dolus directus of het dit in elk geval daaraan gegrens. Ge-volglik is die appellant op die moordklag ter dood veroor-deel.
Die ander beskuldigdes is deur McCreath R en assessore verhoor. Die omstandighede wat tot hul skuldig-bevinding op die moordklag gelei het, word uiteengesit in die uitspraak van my kollega, Kumleben AR, in S v Mazibuko en Andere (Appèl 384/1987) en dit is onnodig om diè hier te herhaal. Dit is genoegsaam om te meld dat die appellant in daardie verhoor namens die Staat getuig het; dat sy getuienis wesentlik ooreengekom het met sy voornoemde weergawe; dat hy deur Tlhapane ge-staaf is; dat hierdie getuienis deur die hof aanvaar is; dat Mazibuko na sy skuldigbevinding erken het dat
/hy ...
7.
hy die twee skote afgevuur het maar toe beweer het dat hy dit nie opsetlik gedoen het nie, en dat 'n ander Staats-getuie gesê het dat dit die beleid van die firma was dat persone wat geld vervoer het hulle nie tydens 'n ge-poogde rooftog moes teensit nie. Uiteindelik is bevind dat daar versagtende omstandighede aanwesig is en is al vier beskuldigdes tot tronkstraf op die moordklag gevonnis.
Nadat hy gevonnis is, het die appellant aansoek gedoen om verlof om na hierdie hof te appelleer teen onder andere die doodvonnis wat hom opgelê is. Terself-dertyd het hy 'n aansoek ingevolge art 316 (3) van die Strafproseswet aanhangig gemaak. Die hoof smeekbede van diê aansoek was gerig op die verlening van 'n bevel waarvolgens die hof "die oorkonde van die verrigtinge in die aangeleentheid van die Staat teen Enoch .... Mazibuko en Andere wat voor Sy Edele Regter S.W. McCreath
/aangehoor ...
8.
aangehoor en afgehandel is ... as getuienis in die saak van die Staat teen die Applikant ... ontvang." In die alternatief is aansoek gedoen dat die hof op 'n datum bepaal te word die getuienis van die ander vier beskuldig-des en 'n Staatsgetuie wat in S v Mazibuko getuig het, moes ontvang. 'n Verdere alternatiewe smeekbede het nie wesentlik van die tweede smeekbede verskil nie.
Die aansoek is deur Vermooten Wnd R aangehoor. Hy het uiteindelik verlof aan die appellant verleen om teen sy doodvonnis te appelleer en het ook 'n verdere bevel gemaak, nl "dat die oorkonde van [S v Mazibuko en Andere] as getuienis in die saak van die Staat teen die applikant ontvang mag word en dat dit so gesamentlik met die oorkonde in hierdie saak voor die Appèlhof sal dien." Dit blyk dus dat die hoof smeekbede van die aansoek ingevolge art 316 (3) van die Strafproseswet toegestaan is:
Die subartikel lui soos volg:
/"Wanneer ...
9.
"Wanneer in 'n aansoek ingevolge subartikel (1) om verlof om te appelleer, by beëdigde verklaring bewys word—
(a) dat verdere getuienis wat vermoedelik as waar aanvaar sal word, beskikbaar is; (b) dat indien dit aanvaar word die getuienis redelikerwys tot 'n ander uitspraak of vonnis aanleiding kan gee; en (c) behalwe in buitengewone gevalle, dat daar 'n redelik aanvaarbare verklaring
is vir die versuim om die getuienis voor die afsluiting van die verhoor voor te
lê,
kan die hof wat die aansoek aanhoor, daardie ge-tuienis en verdere getuienis ontvang wat daar-deur nodig gemaak word, met inbegrip van teen-bewys deur die aanklaer geroep en getuienis deur die hof geroep."
In die ohderhawige geval het die appellant weliswaar nie beëdigde verklarings van die "nuwe" getuies ingedien nie maar vermoedelik die notule van die verrig-tinge in S v Mazibuko en Andere beskikbaar gestel. Aan-gesien die betrokke getuies in daardie saak onder eed getuig het, was die appellant se aansoek dus formeel in orde. Dit is duidelik dat Vermooten Wnd R van mening was dat die vereistes van art 316 (a) tot (c) bevredig was,
/en ...
10.
en die enigste vraag is dus of hy die nuwe getuienis "ontvang" het.
Na my mening bring die gebruik van bedoelde woord, in die samehang waarin dit verskyn, mee dat die getuienis op 'n erkende wyse deur die hof aangehoor moet word. Behoudens uitsonderings wat nie tans ter sake is nie, moet die betrokke persone dus viva voce getuie-nis gee. Dat dit diê bedoeling van die wetgewer was, blyk uit die feit dat die woord "ontvang" ook slaan op verdere getuienis wat deur ontvangs van die nuwe getuie-nis nodig gemaak word, met inbegrip van onder ander ge-tuienis deur die hof geroep. Laasgenoemde getuienis sal uiteraard, of in elk geval in die reël, nie vervat wees in beëdigde verklarings wat voor die hof geplaas is nie.
In casu het die betrokke persone weliswaar getuienis gegee, maar nie in die verhoor waarin die appel-lant uiteindelik die enigste beskuidigde was nie. En
/dit ...
11.
dit spreek vanself dat, behoudens moontlik 'n ooreenkoms tussen die Staat en 'n beskuldigde, getuienis in een saak nie deur "ontvangs" van die oorkonde daarvan getuienis in 'n ander saak word nie. Die Staat is naamlik gereg-tig om nuwe getuies, al sou hul voorheen in 'n ander saak getuig het, opnuut ingevolge art 316 (3) onder kruisver-hoor te neem en daarna, indien gewens, aansoek te doen om weerleggende getuienis aan te bied.
'n Verdere oorweging is dat die getuienis in S v Mazibuko en Andere in sekere opsigte rakende kardi-nale aspekte teenstrydig is. 'n Mens weet dus nie welke van die strydige weergawes Vermooten Wnd R beoog het om te "ontvang" nie. Bowendien, en soos reeds gesê, het die appellant in daardie saak namens die Staat getuig. Het die geleerde regter dus in gedagte gehad dat sy ge-tuienis ook as deel van die oorkonde "ontvang" moes word?
Dit kom my gevolglik voor dat Vermooten Wnd R 'n bevel gemaak het wat nie deur art 316 (3) gemagtig word
/nie ...
12.
nie en derhalwe nietig is. Dit het meegebring dat hy nooit aandag gegee het nie aan die alternatiewe smeekbedes wat wel binne die raamwerk van die subartikel tuisgebring kan word. Na my oordeel moet die aansoeke dus terugver-wys word sodat die hof a quo opnuut kan besin oor die vraag of die alternatiewe smeekbedes toegestaan moet word, asook of verlof om te appelleer verleen moet word.
Dit is nodig om die aandag op 'n verdere aspek te vestig. Volgens getuienis wat Mazibuko by sy verhoor gegee het, het hy per ongeluk die skote afgevuur. In-dien hierdie getuienis aanvaar sou word, sou hy moontlik onskuldig aan die moord, of slegs skuldig aan strafbare mansslag, bevind kan word. Indien dit sou gebeur, sou dit kon blyk dat die appellant ook nie skuldig aan moord is nie. Gevolglik kan die appellant oorweging daaraan skenk om sy aansoek in die hof a quo dusdanig te wysig dat ver-lof aan hom verleen word om teen sy skuldigbevinding
/aan ...
13.
aan moord sowel as teen die doodvonnis te appelleer.
Ten slotte is dit nodig om die aandag te ves-tig op 'n aspek wat nie direk ter sprake is nie. Soos ek die oorkonde verstaan, het Vermooten Wnd R 'n skeiding van verhore gelas hoewel dit deur nòg die Staat nóg enige van die beskuldigdes versoek is. Die advokate wat beide by die verhoor en op appèl (ook in die Mazibuko-appèl wat op dieselfde dag verhoor is) opgetree het, het ons dan ook die versekering gegee dat geen sodanige aansoek in die hof a guo gerig is nie. Art 157 (2) van die Strafproseswet magtig egter 'n hof om 'n skeiding van verhore te gelas slegs indien 'n aansoek daartoe deur die aanklaer of enige van die beskuldigdes gerig word. Dit volg dan dat Vermooten Wnd R nie bevoeg was om die bevel onder bespreking te verleen nie.
Geen bevel word dus ten aansien van die appèl as sodanig gemaak.nie.
Die aangeleentheid word terug
verwys na die hof a quo om opnuut die
appellant se
/aansoeke ...
14.
aansoeke ingevolge art 316 (3) van die Strafproseswet te oorweeg en dan sodanige bevele as waarop dit mag besluit, te verleen. Die appellant moet binne 'n tydperk van een maand die nodige stappe doen om die aansoeke ter rolle te plaas.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
NESTADT AR
STEM SAAM
KUMLEBEN AR