South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 19
| Noteup
| LawCite
S v Moteka (19/88) [1988] ZASCA 19 (22 March 1988)
Download original files |
PETRUS MOTEKA
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPÉLAFDELING)
In die saak tussen:
PETRUS MOTEKA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: CORBETT, STEYN, ARR et BOSHOFF, Wn AR
Verhoor: 11 Maart 1988
Gelewer: 22 Maart 1988
UITSPRAAK
BOSHOFF, Wn AR:
Die appellant is in die rondgaande hof op
Kroonstad skuldig bevind aan strafbare manslag nadat hy
aangekla /2
-2-
aangekla was dat hy op 29 Maart 1985 vir Andries Chabane
(hierna genoem die oorledene) vermoor het. Na vorige veroorde-
lings teen hom bewys is, is hy gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf
waarvan 3 jaar voorwaardelik opgeskort is. Die verhoorhof
het verlof om te appelleer geweier en hierdie hof het sodanige
verlof toegestaan.
Die appellant se aanval teen sy skuldigbevinding is dat die verhoorhof gefouteer het deur te bevind (a) dat die appellant die perke van geregverdigde noodweer, alterna-tiewelik putatiewe noodweer, oorskry het of nie ooreenkomstig die maatstaf van die norm van die redelike man opgetree het nie; en (b) dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat appellant die misdryf van strafbare manslag gepleeg het.
Die /3
-3-
Die appellant erken dat hy op Vrydagaand 29 Maart
1985 vir die oorledene in Mokhosistraat in die Swartwoonbuurt
van Kroonstad met 'n mes voor in die bors gesteek het maar.
het op die aanklag van moord onskuldig gepleit en hom op
noodweer beroep.
Persoon tree in noodweer op as hy homself teen
wederregtelike aanval op o a sy lewe of liggaam verdedig.
Vir sover hy middels aanwend wat nie nodig is om die aanval
af te weer nie, oorskry hy die perke van noodweer. By die
beoordeling van wat 'n persoon in bepaalde omstandighede behoort
te gedoen het of nie te gedoen het nie, moet die fiktiewe
normale mens in sy posisie geplaas word onderhewig aan al' die
uitwendige omstandighede waaraan hy blootgestel was en ook
in /4
-4-
in die posisie waarin hy.fisies verkeer het, S v' Goliath
1972 (3) SA 1(A) op 11 E-P. Die vraag is dan kortom of hy
onder die omstandighede redelik opgetree het. Hierdie toets
van redelikheid is 'n objektiewe een. Die bewyslas rus op
die Staat om buite alle redelike twyfel te bewys dat 'n beskul-
digde wederregtelik opgetree het en dat hy besef het of rede-
likerwys behoort te besef het dat hy die perke van noodweer
oorskry, en dat hy die moontlikheid voorsien het of redelikerwys
behoort te voorsien het dat die dood kan intree, S v Ntuli
1975 (1) SA 429 (A) op 437 F-G. In die saak R v Patel 1959
(3) SA 121 (A) op 123 D-E word daarteen gemaan dat 'n hof
by die ' beoordeling van so 'n aangeleentheid nie 'n studeer-
kamer-kritikus moet wees nie maar rekening moet hou met al
die /5
-5-
die dringende noodsaaklikhede van die situasie waarin 'n be-
skuldigde hotn bevind het en word daar dan verwys na wat Innes
HR gesê het in Union Government (Minister of Railways & Harbours
v Buur 1914 AD 273 op 286 in verband met nalatigheid in 'n
siviele geding, welke opmerkings ook geld ten opsigte van
noodweer:
"Men faced in moments of crisis.with a choice of alternatives are not to be judged as if they had had both time and opportunity to weigh the pros and cons. Allowance must be made for the circumstances of their position."
Ons kom nou by die omstandighede waarin die appellant
opgetree het.
Mokhosistraat /6
-6-
Mokhosistraat is sonder enige straatligte. Dit
loop in die rigting van 'n skool en kruis dwarslane wat in
numeriese volgorde genommer is met die hoogste nommer die
naaste aan die skool. Op die hoek van negendelaan is die
murasie van 'n biersaal wat aan die Swartadministrasieraad
behoort het en afgebrand is. In die getuienis word na hierdie
murasie verwys as die ou biersaal. Dit is die vergaderplek
van jong leeglêers en,volgens die appellant, is verskeie
persone al in die donker in Mokhosistraat deur die jong leeg-
lêers beroof. Hy maak diebewering dat die polisie daarvan
bewus is en geen poging is deur die Staat aangewend om dit
te betwis nie.
Op die betrokke aand om ongeveer 19h00 was Charles
Lebosho /7
-7-
Lebosho in Mokhosistraat op pad huiswaarts nadat hy inkopies
by die kafee in negendelaan gedoen het. Op die hcek van
elfdelaan het 'n klomp jong manne hom in die donker van agteraf
beetgepak en teen die grond neergegooi. Van hulle het hom
in die gesig geskop. Terwyl hy teen die grond vasgedruk was
het hulle hom van sy horlosie, sigarette, vuurhoutjies en
R12,17 beroof. Hy het om hulp geroep en die appellant,
wat toevallig daar verby geloop het, het sy geroep gehoor
en na hom gegaan. Appellant het die jong manne gesien,
op hulle geskree en hulle verjaag. Hy het vir Lebosho
daar eers gehelp en hom toe na sy huis vergesel. Daarna
het die appellant weer in Mokhosistraat geloop vanaf
die /8
-8-
die rigting van die skool. Naby die ou biersaal het hy 'n gefluit
gehoor vanuit die rigting waarin die jong manne wat Lebosho
beroof het, gevlug het. Hy het geskrik en gedink dat dit
teken was dat die jong manne hom gaan aanval omdat hy vir
Lebosho gehelp het. Hy het gevólglik sy mes uitgehaal en
in sy hand gehou om gereed te wees vir enige gebeurlikheid-
Toe hy regoor die ou biersaal kom, het iemand uit die rigting
van die ou biersaal direk op hom afgestorm. Hy was ongeveer.
13 tree van hom af toe hy hom vir die eerste keer sien en
die persoon het 'n mes by hom gehad wat hy omhoog in 'n steek-
posisie gehou het. Die appellant het dadelik sy mes ook
gelig en in gereedheid gebring. Hy het probeer om pad te
gee voor die aanstormende persoon en terselfdertyd na die
persoon /9
-9-
persoon gesteek. Volgens die appellant kon hy nie enigiets anders doen om hierdie aanval op hom te stuit of af te weer nie. Hy kon nie omdraai om te vlug nie want sy aanvaller was al te naby aan hom. Hy is ook groter van lyf as sy aanvaller en laasgenoemde sou hom maklik van agteraf kon in-haal en van agter steek.
Die appellant het sy aanvaller, wat later die oorledene
blyk te gewees het, voor in sy bors gesteek. Volgens die
appellant het die mes uit die oorledene se hand geval en het
die oorledene sy bors met altwee hande vasgegryp. Die appellant
het gemaak dat hy wegkom en weet nie wat verder van die oor-
ledéne geword het nie.
Die /10
-10-
Die appellant het toegegee dat die lyk wat om 19h50
op die werf van Shadrack Mokoteli in negendelaan gekry is die
lyk is van die persoon wat hom vroeër die aand aangeval het
en wie hy gesteek het.
Die Staat het sy saak, in die eerste plek, berus
op die getuienis van drie jong manne, Daniel Diphoko, Edgar
Mokoena en Daniel Thooe wat die betrokke aand in die gesels-
kap van die oorledene sou gewees het en sou gesien het hoedat
die appellant die oorledene met 'n mes steek. Volgens hulle
is die appellant ongeveer 11 treë van hulle af by hulle verby
en het hulle alles gesien.
Die verhoorhof het vir goeie redes hulle getuienis
as /11
-11-
as heeltemal onaanyaarbaar verwerp. Hulle het egter ook
getuig dat hulle vir die appellant geken het. Volgens die
appellant het hy wel van hulle geken en opgemerk onder die
jong manne wat vir Lebosho beroof het.
Die verhoorhof het per slot van rekening net die ge-tuienis van die appellant gehad waarop beoordeel moes word of die appellant in noodweer opgetree het en of hy redelik opgetree het. Die verhoorhof het bevind dat die appellant se getuienis oor die gebeure die aand geloofwaardig en betroubaar voorkom behalwe dat waar dit kom by die rede of noodsaak vir die steek beweging, sy houding as getuie nie betroubaar blyk te wees nie. Dit is nie duidelik wat met hierdie voor-
behoud bedoel word nie.
Uit /12
-12-
Uit die uitspraak kan aanvaar word dat die verhoorhof
bevind het dat dit redelik moontlik is dat die oorledene
skielik oor 'n distansie van 13 treë op die appellant afgestorm
het met 'n mes omhoog in 'n steekposisie. Daar was dus
wederregtelike aanval op die appellant se lewe of liggaam.
Die vraag wat dus oorgebly het was of hy die aanval
op 'n redelike manier afgeweer het. In hierdie verband
beslis die verhoorhof soos volg:
"Maar dit kan nie in sy guns aanvaar word dat daar vir hom nie geleentheid was om hierdie gevaar te ontwyk nie en dit kan nie in sy guns aanvaar word dat dit as redelik beskou moet word dat hy self kon gemeen het dat daar vir hom geen geleentheid was
om....../13
-13-
om die gevaar te ontwyk nie. Daar was niemand anders wat kon gekeer het dat hy weghardloop nie. Hy het op 'n distansie van dertien treë, soos hyself sê, reeds die man aange-hardloop sien kom. Nogtans sê hy niks om die man te stop nie ,en nog-tans probeer hy nie verder wegkom van die man as blootweg net 'n systap nie. Hy het dus sonder genoegsame rede of voorsorg die man gesteek in sy bors."
In sy uitspraak met die aansoek om verlof om te
appelleer, redeneer die verhoorhof soos volg:
"'n Redelike man sou in die eerste plek probeer seker maak het dat die aankomende persoon vir hom as persoon werklik gevaar beloof, want 'n redelike man sou aan die moontlikheid gedink het dat hierdie ander persoon, net
soos /14
-14-
soos hyself, met ontblote mes loop of hardloop vanweë die rooftogte en gefluit in daardie omgewing. 'n Redelike man sou sekerheid probeer soek het deur middel van 'n uitroep, 'n vraag, of bloot weg te beweeg na die kant toe, alles wat beskuldigde nagelaat het om te doen."
In hierdie passasie wil dit voorkom of die verhoor-
hof uit die oog verloor dat daar in die hoofuitspraak
reeds bevind is dat dit redelik moontlik is dat die aanval
wederregtelik was.
Myns insiens is hierdie 'n onrealistiese benadering
en word die dringende noodsaaklikhede van die situasie waarin
die appellant hom bevind het heeltemal uit die oog verloor.
Die oorledene het direk op die appellant afgestorm oor
beperkte....../15
-15-
beperkte afstand van 13 treë met 'n klaarblyklike opset om die
appellant aan te val en te steek. So 'n situasie bied nie
juis 'n geleentheid om hom te ontwyk deur bloot net pad te gee
nie. As hy 'n groot lyf gehad het wat hom nie in staat sou
gestel het om onder die oorledene uit weg te hardloop nie
(soos hy getuig het hy wel het), sou weghardloop hom nie veel
gehelp het nie. In die noodtoestand waarin die appellant
was, is dit moeilik om aan iets te dink wat die appellant
kon gesê het of gedoen het om die oorledene te stuit of van
sy plan te laat afsien.
Ek is gevolglik nie oortuig dat die fiktiewe normale
mens wat hom in die situasie bevind waarin die appellant
was onder die omstandighede veel anders as die appellant
sou /16
-16-
sou opgetree het nie.
Die appellant is op 2 April 1985 arresteer en het
daarna 'n verklaring aan die polisie gemaak. In die verklaring
het hy vertel wat hy die betrokke Vrydagaand gedoen het en
hoedat hy vir Lebosho, ook bekend as Sello, gehelp het toe
'n klomp jong Swartmans hom beroof het. Hy het gesê
dat hy hulle nie ken nie en ook nie een van hulle aangerand
ihet nie; verder dat hy die aand niemand met 'n mes gesteek
het nie.
Dit was natuurlik nie die waarheid nie. Die. ver-
duideliking wat die
appellant vir hierdie onwaarheid gee,
is dat hy bang was dat as hy die
waarheid vertel die polisie
hom /17
-17-
hom nie sal glo nie en sal opsluit. Die vriende van die oorledene sal
dan daarvan hoor dat hy opgesluit is en sy huis gaan beskadig.
Hierdie verduideliking moet gesien word in die lig
van die volgende feite
en gebeure. Op dieselfde Vrydagaand
ongeveer 21h00, nadat Lebosho beroof is
en die oorledene
gesteek is, het 'n klomp persone bedek met
balaclavamusse
by die appellant se woning opgedaag, dit met klippe
bestook
en vir die appellant na buite geroep met die beskuldiging
dat hy
'n spieël is. In die boewetaal word daar skynbaar
veroordelend na 'n
persoon as 'n spieël verwys as hy beskou word
as iemand wat alles
wat hy sien aan die polisie verklap. Met
die aanval is daar 6 of 7 ruite van
die woning gebreek en *n
poging /18
-18-
poging is ook aangewend om sy kragopwekker te beskadig. Die volgende
aand het hulle weer sy woning aangeval en skade aangerig. Die
Sondagaand op 31
Maart is die appellant met pangas aangeval en ernstig beseer.
Soos later in die verhoorhof geblyk het, was die oor-
ledene 'n vriend van die staatsgetuies Daniel Diphoko, Edgar
Mokoena en Daniel Thooe en was hulle ook vroëër die betrokke
aand in mekaar se geselskap. Die staatsgetuies het vir
die appellant geken en die appellant kon twee van hulle inder-
daad uitken as persone wat saam met die jong manne vir Lebosho
beroof het. Die staatsgetuies het dus geweet dat die appellant
die persoon is wat vir Lebosho tot hulp gekom het en hulle
waarskynlik opgelet het onder die persone wat vir Lebosho
beroof /19
-19-
beroof het. Hulle
was ook bewus daarvan dat die appellant
hulle vriend die oorledene dood gesteek het want Daniel Thooe
het op 1 April vir die polisie daarvan gaan vertel. Alles
dui dus daarop dat die trawante van die staatsgetuies en miskien ook
dië staatsgetuies self verantwoordelik was vir die aanvalle
op die appellant en sy woning.
Dit is gevolglik redelik om te aanvaar dat die
appellant geweet het dat hy by hulle 'n gemerkte man is en as
spieël beskou word. Dit verklaar waarom hy, toe hy die
verklaring aan die polisie gemaak het, geen melding gemaak
het nie van die twee staatsgetuies wat hy by die roof herken
het. Dit gee ook geloofwaardigheid aan sy verduideliking
dat hy bang was dat sy huis verder beskadig sou word as hy
opgesluit /20
-20-
opgesluit word. Dit is nie te vergesog nie om te glo dat hy op
daardie stadium te bang was vir die boewe om te meld dat hy een van
hulle
makkers doodgesteek het.
Vir die verhoorhof. was daar net een rede waarom
die appellant in sy verklaring die feit dat hy die betrokke
aand iemand gesteek het, verswyg het. Dit word soos volg
gestel:
"Daar is net een rede daarvoor en dit is naamlik dat hy in sy gemoed weet dat hy nie volkome geregverdig was om te steek nie. Dus, dat hy in sy gemoed ook 'n skuldgevoel het oor hierdie oorhaastige optrede van hom en dat dit hierdie skuldgevoel is wat maak dat hy hierdie faktor aan die polisie verswyg het en dit is hierdie skuldgevoel wat maak dat hy
as /21
-21-
as getuie swakker vertoon wanneer hy oor hierdie aspek getuig. Die hele res van sy getuienis word as redelik moontlik waar aanvaar, maar op hierdie aspek word sy getuienis verwerp en bevind die Hof dan dat dit bo redelike twyfel bewys is dat hy oorhaastig en nie volkome regverdig vir oorledene gesteek het nie."
Dit is uiters onwaarskynlik dat die appellant in
die omstandighede waarin hy hom bevind het die juridiese
implikasies enigsins noukeurig sou oorweeg het of nougeset
en versigtig in aanmerking sou geneem het toe hy die verklaring
gemaak het. Wat op daardie stadium vir hom eerder van
oorwegende belang sou gewees het, was sy eie posisie ten
opsigte van die vyandige boewe wat vir hom en sy eiendom
'n onmiddellike gevaar ingehou het. Sy probleem in die
getuiebank /22
-22-
getuiebank was natúurlik dat hy 'n aanvaarbare verduideliking
moes gee vir 'n feit wat hy op die oog af verkeerdelik in sy
verklaring verswyg het. Wat dit natuurlik vir hom moeilik
gemaak het, was sy onvermoë om die verhoorhof te oortuig
van die knyp waarin hy gesit het toe hy die verklaring gemaak
het, 'n knyp wat die verhoorhof nie kon bëgryp nie en ook nie
na verwys nie,
Die slotsom is dat die verhoorhof op die getuienis
moes bevind het dat die Staat nie buite redelike twyfel bewys
het dat die appellant onredelik opgetree he't deur die
oorledene met 'n mes te steek om die wederregtelike aanval
op hom af te weer nie.
Die /23
-23-
Die appèl slaag en die skuldigbevinding en straf
wat opgelê is word tersyde gestel-
Waarnemende Appelregter
CORBETT,AR) STEYN, AR)
stem saam

RTF format