South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 19

| Noteup | LawCite

S v Moteka (19/88) [1988] ZASCA 19 (22 March 1988)

Download original files

PDF format

RTF format


PETRUS MOTEKA

Appellant

en
DIE STAAT

Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPÉLAFDELING)

In die saak tussen:

PETRUS MOTEKA Appellant

en

DIE STAAT Respondent

Coram: CORBETT, STEYN, ARR et BOSHOFF, Wn AR

Verhoor: 11 Maart 1988

Gelewer: 22 Maart 1988

UITSPRAAK

BOSHOFF, Wn AR:

Die appellant is in die rondgaande hof op

Kroonstad skuldig bevind aan strafbare manslag nadat hy

aangekla /2

-2-

aangekla was dat hy op 29 Maart 1985 vir Andries Chabane

(hierna genoem die oorledene) vermoor het. Na vorige veroorde-

lings teen hom bewys is, is hy gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf

waarvan 3 jaar voorwaardelik opgeskort is. Die verhoorhof

het verlof om te appelleer geweier en hierdie hof het sodanige

verlof toegestaan.

Die appellant se aanval teen sy skuldigbevinding is dat die verhoorhof gefouteer het deur te bevind (a) dat die appellant die perke van geregverdigde noodweer, alterna-tiewelik putatiewe noodweer, oorskry het of nie ooreenkomstig die maatstaf van die norm van die redelike man opgetree het nie; en (b) dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat appellant die misdryf van strafbare manslag gepleeg het.

Die /3

-3-

Die appellant erken dat hy op Vrydagaand 29 Maart

1985 vir die oorledene in Mokhosistraat in die Swartwoonbuurt

van Kroonstad met 'n mes voor in die bors gesteek het maar.

het op die aanklag van moord onskuldig gepleit en hom op

noodweer beroep.

Persoon tree in noodweer op as hy homself teen

wederregtelike aanval op o a sy lewe of liggaam verdedig.

Vir sover hy middels aanwend wat nie nodig is om die aanval

af te weer nie, oorskry hy die perke van noodweer. By die

beoordeling van wat 'n persoon in bepaalde omstandighede behoort

te gedoen het of nie te gedoen het nie, moet die fiktiewe

normale mens in sy posisie geplaas word onderhewig aan al' die

uitwendige omstandighede waaraan hy blootgestel was en ook

in /4

-4-

in die posisie waarin hy.fisies verkeer het, S v' Goliath

1972 (3) SA 1(A) op 11 E-P. Die vraag is dan kortom of hy

onder die omstandighede redelik opgetree het. Hierdie toets

van redelikheid is 'n objektiewe een. Die bewyslas rus op

die Staat om buite alle redelike twyfel te bewys dat 'n beskul-

digde wederregtelik opgetree het en dat hy besef het of rede-

likerwys behoort te besef het dat hy die perke van noodweer

oorskry, en dat hy die moontlikheid voorsien het of redelikerwys

behoort te voorsien het dat die dood kan intree, S v Ntuli

1975 (1) SA 429 (A) op 437 F-G. In die saak R v Patel 1959

(3) SA 121 (A) op 123 D-E word daarteen gemaan dat 'n hof

by die ' beoordeling van so 'n aangeleentheid nie 'n studeer-

kamer-kritikus moet wees nie maar rekening moet hou met al

die /5

-5-

die dringende noodsaaklikhede van die situasie waarin 'n be-

skuldigde hotn bevind het en word daar dan verwys na wat Innes

HR gesê het in Union Government (Minister of Railways & Harbours

v Buur 1914 AD 273 op 286 in verband met nalatigheid in 'n

siviele geding, welke opmerkings ook geld ten opsigte van

noodweer:

"Men faced in moments of crisis.with a choice of alternatives are not to be judged as if they had had both time and opportunity to weigh the pros and cons. Allowance must be made for the circumstances of their position."

Ons kom nou by die omstandighede waarin die appellant

opgetree het.

Mokhosistraat /6

-6-

Mokhosistraat is sonder enige straatligte. Dit

loop in die rigting van 'n skool en kruis dwarslane wat in

numeriese volgorde genommer is met die hoogste nommer die

naaste aan die skool. Op die hoek van negendelaan is die

murasie van 'n biersaal wat aan die Swartadministrasieraad

behoort het en afgebrand is. In die getuienis word na hierdie

murasie verwys as die ou biersaal. Dit is die vergaderplek

van jong leeglêers en,volgens die appellant, is verskeie

persone al in die donker in Mokhosistraat deur die jong leeg-

lêers beroof. Hy maak diebewering dat die polisie daarvan

bewus is en geen poging is deur die Staat aangewend om dit

te betwis nie.

Op die betrokke aand om ongeveer 19h00 was Charles

Lebosho /7

-7-

Lebosho in Mokhosistraat op pad huiswaarts nadat hy inkopies

by die kafee in negendelaan gedoen het. Op die hcek van

elfdelaan het 'n klomp jong manne hom in die donker van agteraf

beetgepak en teen die grond neergegooi. Van hulle het hom

in die gesig geskop. Terwyl hy teen die grond vasgedruk was

het hulle hom van sy horlosie, sigarette, vuurhoutjies en

R12,17 beroof. Hy het om hulp geroep en die appellant,

wat toevallig daar verby geloop het, het sy geroep gehoor

en na hom gegaan. Appellant het die jong manne gesien,

op hulle geskree en hulle verjaag. Hy het vir Lebosho

daar eers gehelp en hom toe na sy huis vergesel. Daarna

het die appellant weer in Mokhosistraat geloop vanaf

die /8

-8-

die rigting van die skool. Naby die ou biersaal het hy 'n gefluit

gehoor vanuit die rigting waarin die jong manne wat Lebosho

beroof het, gevlug het. Hy het geskrik en gedink dat dit

teken was dat die jong manne hom gaan aanval omdat hy vir

Lebosho gehelp het. Hy het gevólglik sy mes uitgehaal en

in sy hand gehou om gereed te wees vir enige gebeurlikheid-

Toe hy regoor die ou biersaal kom, het iemand uit die rigting

van die ou biersaal direk op hom afgestorm. Hy was ongeveer.

13 tree van hom af toe hy hom vir die eerste keer sien en

die persoon het 'n mes by hom gehad wat hy omhoog in 'n steek-

posisie gehou het. Die appellant het dadelik sy mes ook

gelig en in gereedheid gebring. Hy het probeer om pad te

gee voor die aanstormende persoon en terselfdertyd na die

persoon /9

-9-

persoon gesteek. Volgens die appellant kon hy nie enigiets anders doen om hierdie aanval op hom te stuit of af te weer nie. Hy kon nie omdraai om te vlug nie want sy aanvaller was al te naby aan hom. Hy is ook groter van lyf as sy aanvaller en laasgenoemde sou hom maklik van agteraf kon in-haal en van agter steek.

Die appellant het sy aanvaller, wat later die oorledene

blyk te gewees het, voor in sy bors gesteek. Volgens die

appellant het die mes uit die oorledene se hand geval en het

die oorledene sy bors met altwee hande vasgegryp. Die appellant

het gemaak dat hy wegkom en weet nie wat verder van die oor-

ledéne geword het nie.

Die /10

-10-

Die appellant het toegegee dat die lyk wat om 19h50

op die werf van Shadrack Mokoteli in negendelaan gekry is die

lyk is van die persoon wat hom vroeër die aand aangeval het

en wie hy gesteek het.

Die Staat het sy saak, in die eerste plek, berus

op die getuienis van drie jong manne, Daniel Diphoko, Edgar

Mokoena en Daniel Thooe wat die betrokke aand in die gesels-

kap van die oorledene sou gewees het en sou gesien het hoedat

die appellant die oorledene met 'n mes steek. Volgens hulle

is die appellant ongeveer 11 treë van hulle af by hulle verby

en het hulle alles gesien.

Die verhoorhof het vir goeie redes hulle getuienis

as /11

-11-

as heeltemal onaanyaarbaar verwerp. Hulle het egter ook

getuig dat hulle vir die appellant geken het. Volgens die

appellant het hy wel van hulle geken en opgemerk onder die

jong manne wat vir Lebosho beroof het.

Die verhoorhof het per slot van rekening net die ge-tuienis van die appellant gehad waarop beoordeel moes word of die appellant in noodweer opgetree het en of hy redelik opgetree het. Die verhoorhof het bevind dat die appellant se getuienis oor die gebeure die aand geloofwaardig en betroubaar voorkom behalwe dat waar dit kom by die rede of noodsaak vir die steek beweging, sy houding as getuie nie betroubaar blyk te wees nie. Dit is nie duidelik wat met hierdie voor-

behoud bedoel word nie.

Uit /12

-12-

Uit die uitspraak kan aanvaar word dat die verhoorhof

bevind het dat dit redelik moontlik is dat die oorledene

skielik oor 'n distansie van 13 treë op die appellant afgestorm

het met 'n mes omhoog in 'n steekposisie. Daar was dus

wederregtelike aanval op die appellant se lewe of liggaam.

Die vraag wat dus oorgebly het was of hy die aanval

op 'n redelike manier afgeweer het. In hierdie verband

beslis die verhoorhof soos volg:

"Maar dit kan nie in sy guns aanvaar word dat daar vir hom nie geleentheid was om hierdie gevaar te ontwyk nie en dit kan nie in sy guns aanvaar word dat dit as redelik beskou moet word dat hy self kon gemeen het dat daar vir hom geen geleentheid was

om....../13

-13-

om die gevaar te ontwyk nie. Daar was niemand anders wat kon gekeer het dat hy weghardloop nie. Hy het op 'n distansie van dertien treë, soos hyself sê, reeds die man aange-hardloop sien kom. Nogtans sê hy niks om die man te stop nie ,en nog-tans probeer hy nie verder wegkom van die man as blootweg net 'n systap nie. Hy het dus sonder genoegsame rede of voorsorg die man gesteek in sy bors."

In sy uitspraak met die aansoek om verlof om te

appelleer, redeneer die verhoorhof soos volg:

"'n Redelike man sou in die eerste plek probeer seker maak het dat die aankomende persoon vir hom as persoon werklik gevaar beloof, want 'n redelike man sou aan die moontlikheid gedink het dat hierdie ander persoon, net

soos /14

-14-

soos hyself, met ontblote mes loop of hardloop vanweë die rooftogte en gefluit in daardie omgewing. 'n Redelike man sou sekerheid probeer soek het deur middel van 'n uitroep, 'n vraag, of bloot weg te beweeg na die kant toe, alles wat beskuldigde nagelaat het om te doen."

In hierdie passasie wil dit voorkom of die verhoor-

hof uit die oog verloor dat daar in die hoofuitspraak

reeds bevind is dat dit redelik moontlik is dat die aanval

wederregtelik was.

Myns insiens is hierdie 'n onrealistiese benadering

en word die dringende noodsaaklikhede van die situasie waarin

die appellant hom bevind het heeltemal uit die oog verloor.

Die oorledene het direk op die appellant afgestorm oor

beperkte....../15

-15-

beperkte afstand van 13 treë met 'n klaarblyklike opset om die

appellant aan te val en te steek. So 'n situasie bied nie

juis 'n geleentheid om hom te ontwyk deur bloot net pad te gee

nie. As hy 'n groot lyf gehad het wat hom nie in staat sou

gestel het om onder die oorledene uit weg te hardloop nie

(soos hy getuig het hy wel het), sou weghardloop hom nie veel

gehelp het nie. In die noodtoestand waarin die appellant

was, is dit moeilik om aan iets te dink wat die appellant

kon gesê het of gedoen het om die oorledene te stuit of van

sy plan te laat afsien.

Ek is gevolglik nie oortuig dat die fiktiewe normale

mens wat hom in die situasie bevind waarin die appellant

was onder die omstandighede veel anders as die appellant

sou /16

-16-

sou opgetree het nie.

Die appellant is op 2 April 1985 arresteer en het

daarna 'n verklaring aan die polisie gemaak. In die verklaring

het hy vertel wat hy die betrokke Vrydagaand gedoen het en

hoedat hy vir Lebosho, ook bekend as Sello, gehelp het toe

'n klomp jong Swartmans hom beroof het. Hy het gesê

dat hy hulle nie ken nie en ook nie een van hulle aangerand

ihet nie; verder dat hy die aand niemand met 'n mes gesteek

het nie.

Dit was natuurlik nie die waarheid nie. Die. ver-
duideliking wat die appellant vir hierdie onwaarheid gee,
is dat hy bang was dat as hy die waarheid vertel die polisie
hom /17

-17-
hom nie sal glo nie en sal opsluit. Die vriende van die oorledene sal dan daarvan hoor dat hy opgesluit is en sy huis gaan beskadig.

Hierdie verduideliking moet gesien word in die lig
van die volgende feite en gebeure. Op dieselfde Vrydagaand
ongeveer 21h00, nadat Lebosho beroof is en die oorledene
gesteek is, het 'n klomp persone bedek met balaclavamusse
by die appellant se woning opgedaag, dit met klippe bestook
en vir die appellant na buite geroep met die beskuldiging
dat hy 'n spieël is. In die boewetaal word daar skynbaar
veroordelend na 'n persoon as 'n spieël verwys as hy beskou word
as iemand wat alles wat hy sien aan die polisie verklap. Met
die aanval is daar 6 of 7 ruite van die woning gebreek en *n
poging /18

-18-
poging is ook aangewend om sy kragopwekker te beskadig. Die volgende aand het hulle weer sy woning aangeval en skade aangerig. Die Sondagaand op 31 Maart is die appellant met pangas aangeval en ernstig beseer.

Soos later in die verhoorhof geblyk het, was die oor-

ledene 'n vriend van die staatsgetuies Daniel Diphoko, Edgar

Mokoena en Daniel Thooe en was hulle ook vroëër die betrokke

aand in mekaar se geselskap. Die staatsgetuies het vir

die appellant geken en die appellant kon twee van hulle inder-

daad uitken as persone wat saam met die jong manne vir Lebosho

beroof het. Die staatsgetuies het dus geweet dat die appellant

die persoon is wat vir Lebosho tot hulp gekom het en hulle

waarskynlik opgelet het onder die persone wat vir Lebosho

beroof /19

-19-
beroof het. Hulle
was ook bewus daarvan dat die appellant

hulle vriend die oorledene dood gesteek het want Daniel Thooe

het op 1 April vir die polisie daarvan gaan vertel. Alles

dui dus daarop dat die trawante van die staatsgetuies en miskien ook

dië staatsgetuies self verantwoordelik was vir die aanvalle

op die appellant en sy woning.

Dit is gevolglik redelik om te aanvaar dat die

appellant geweet het dat hy by hulle 'n gemerkte man is en as

spieël beskou word. Dit verklaar waarom hy, toe hy die

verklaring aan die polisie gemaak het, geen melding gemaak

het nie van die twee staatsgetuies wat hy by die roof herken

het. Dit gee ook geloofwaardigheid aan sy verduideliking

dat hy bang was dat sy huis verder beskadig sou word as hy

opgesluit /20

-20-
opgesluit word. Dit is nie te vergesog nie om te glo dat hy op daardie stadium te bang was vir die boewe om te meld dat hy een van hulle makkers doodgesteek het.

Vir die verhoorhof. was daar net een rede waarom

die appellant in sy verklaring die feit dat hy die betrokke

aand iemand gesteek het, verswyg het. Dit word soos volg

gestel:

"Daar is net een rede daarvoor en dit is naamlik dat hy in sy gemoed weet dat hy nie volkome geregverdig was om te steek nie. Dus, dat hy in sy gemoed ook 'n skuldgevoel het oor hierdie oorhaastige optrede van hom en dat dit hierdie skuldgevoel is wat maak dat hy hierdie faktor aan die polisie verswyg het en dit is hierdie skuldgevoel wat maak dat hy

as /21

-21-

as getuie swakker vertoon wanneer hy oor hierdie aspek getuig. Die hele res van sy getuienis word as redelik moontlik waar aanvaar, maar op hierdie aspek word sy getuienis verwerp en bevind die Hof dan dat dit bo redelike twyfel bewys is dat hy oorhaastig en nie volkome regverdig vir oorledene gesteek het nie."

Dit is uiters onwaarskynlik dat die appellant in

die omstandighede waarin hy hom bevind het die juridiese

implikasies enigsins noukeurig sou oorweeg het of nougeset

en versigtig in aanmerking sou geneem het toe hy die verklaring

gemaak het. Wat op daardie stadium vir hom eerder van

oorwegende belang sou gewees het, was sy eie posisie ten

opsigte van die vyandige boewe wat vir hom en sy eiendom

'n onmiddellike gevaar ingehou het. Sy probleem in die

getuiebank /22

-22-

getuiebank was natúurlik dat hy 'n aanvaarbare verduideliking

moes gee vir 'n feit wat hy op die oog af verkeerdelik in sy

verklaring verswyg het. Wat dit natuurlik vir hom moeilik

gemaak het, was sy onvermoë om die verhoorhof te oortuig

van die knyp waarin hy gesit het toe hy die verklaring gemaak

het, 'n knyp wat die verhoorhof nie kon bëgryp nie en ook nie

na verwys nie,

Die slotsom is dat die verhoorhof op die getuienis

moes bevind het dat die Staat nie buite redelike twyfel bewys

het dat die appellant onredelik opgetree he't deur die

oorledene met 'n mes te steek om die wederregtelike aanval

op hom af te weer nie.

Die /23

-23-

Die appèl slaag en die skuldigbevinding en straf

wat opgelê is word tersyde gestel-

Waarnemende Appelregter

CORBETT,AR) STEYN, AR)

stem saam