South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 169

| Noteup | LawCite

S v Witbooi (164/88) [1988] ZASCA 169 (1 December 1988)

Download original files

PDF format

RTF format


SAAKNR: 164/88

/MB

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

JOHANNES WITBOOI APPELLANT

teen

DIE STAAT RESPONDENT

Coram : RABIE WHR, MILNE AR et VILJOEN, WAR

Verhoordatum: 11 NOVEMBER 1988

Leweringsdatum: 1 DESEMBER 1988

UITSPRAAK

VILJOEN, WAR/

1.

VILJOEN, WAR

Die appellant het voor 'n regter en assessore in die

Hooggeregshof in Windhoek tereggestaan op drie aanklagte van
moord en een van inbraak en diefstal. Die verhoor het
voortgespruit uik gebeure op 3 Februarie 1987 op die plaas
Berghoek in die distrik Rehoboth waar ene Caroline
Groenewaldt en twee van haar kleinkinders vermoor is. Daar

is ook in die huis ingegaan waar verskeie goedere buitgemaak

is. Die appellant sou saam met ene Hendrik Swartbool
teregstaan maar Swartbooi het voor die verhoor selfmoord
gepleeg. Die appellant is skuldig bevind aan moord op
Caroline Groenewaldt (aanklag 3) op die grondslag dat hy saam
met Swartbooi in die uitvoering van 'n gemeenskaplike opset
gehandel het. Op aanklagte 1 en 2 (wat betrekking het op die
dood van die dogtertjie Angolene Groenewaldt en die seuntjie
Theo Groenewaldt onderskeidelik) is hy skuldig bevind as

begunstiger. Op aanklag 4 is hy skuldig bevind aan diefstal.

2/..........
2.

Die skuldigbevindings op aanklagte 1, 2 en 4 was eenparig
maar die bevinding van die hof op aanklag 3 is 'n
meerderheidsbeslissing; een assessor se bevinding was dat hy
op hierdie aanklag hoogstens as medepligtige skuldig bevind
moes gewees het. Die meerderheid van die hof het beslis dat
geen versagtende omskandighede aanwesig was nie. Dieselfde
assessor wat afgewyk het ten aansien van die skuldigbevinding
op aanklag 3 het, op die grondslag dat die meerderheid van
die hof reg was wat die skuldigbevinding betref, bevind dat
daar wel versagtende omstandighede aanwesig was. Uit die
aard van die saak het die doodvonnis gevolg. Verlof om te
appelleer is aangevra en toegestaan op grond daarvan dat die
verhoorhof se beslissing dat die appellant in die uitvoering
van 'n gemeenskapllke opset met Swartbooi gehandel het,
verkeerd was en dat die appellant slegs as medepligtige
skuldig bevind moes gewees het, soos die een assessor bevind
het. Indien die hof hierdie bevinding uitgebring het, sou,

so is betoog, die hof heelwaarskynlik bevind het dat

3/....

3. versagtende omstandighede bestaan. Dit is dan ook die betoog wat voor hierdie hof aangevoer is. In wese kom hierdie betoog daarop neer dat die hof a quo gedwaal het ten aansien van die graad van deelname van die appellant aan die moord op Caroline Groenewaldt en dat hierdle hof dus bevoeg is om 'n ongebonde oordeel ten aansien van versagtende omstandighede te vel. Met die oog op hierdie betoog is dit nodig om die gewig van die getuienis van die Staat teen die appellant, wat self nie getuig het nie, te bepaal.

Afgesien van omstandigheidsgetuienis het daar voor

die hof a quo 'n verklaring wat die appellant voor 'n

landdros op 7 Februarie 1987 afgelê het, gedien. In hierdie
verklaring plaas die appellant homself wel op die toneel maar

beweer hy dat hy in groot mate 'n toeskouer was toe Swartbooi
die kinders en hulle grootmoeder gedood het en vir sover hy
wel deelgeneem het aan Swartbooi se dade, beweer hy dat hy
deur Swartbooi daartoe gedwing is. Toe hy op 9 Februarie

4/....
4.
1987voor 'n landdros verskyn het ingevolge a 119 van Wet 51 van 1977 en gevra is of hy bereid was om 'n verklaring voor te lê wat die grondslag van sy verdediging sou aandui, het hy verwys na sy verklaring van 7 Februarie 1987 en te kenne gegee dat hy niks by te voeg het nie. Toe hy op 16 Februarie
1988voor die verhoorhof verskyn, het sy advokaat sy verweer aangedui as een van dwang deurdat hy onder 'n dreigement van dood deur Swartbooi gedwing is om mee te doen.

Afgesien van die verklaring wat sonder beswaar van

die kant van die verdediging ingelewer en deur die hof ontvang is kragtens a 122 (4) van Wet 51 van 1977 het die Staat se saak teen die appellant op die volgende
omstandigheidsgetuienis berus.

Die eienaar van die plaas Berghoek is ene Willem Jacobus Groenewaldt, 'n Basterman. Hy het met sy vrou, die oorlede Caroline Groenewaldt (die slagoffer op wie aanklag 3
5/..............
5. betrekking het) , op die plaas saam met drie van sy kleinkinders, die twee oorlede kinders ('n seunjie van 1 jaar en 10 maande en 'n dogtertjie van 4 jaar oud) en 'n klein babatjie gewoon. Willem Groenewaldt was 'n padwerker wat slegs enkele naweek huis toe gekom het. Sy vrou het toesig oor die boerdery gehou. Die appellant en Swartbooi, Nama-mans, was in diens op die plaas as veewagters. Die appellant het reeds vier jaar en Swartbooi ongeveer vier maande op die plaas gewerk. Die plaasdiere wat uitsluitlik, so lei ek af, uit bokke bestaan het, is saans kraal toe gebring en is bedags veld toe geneem. Van die bokke is gemelk om melk vir huishoudelike gebruik te voorsien.

Willem Groenewaldt en een van sy seuns, Andy, was
die naweek aan die einde van Januarie 1986 tuis. Op Saterdag

31 Januarie het Willem aan die appellant en Swartbooi hulle

"rantsoene" en ook aan elkeen twee bottels wyn oorhandig.

Volgens die getuienis van Willem Groenewaldt en sy seun Andy

6/.....

6. was Willem op die Sondag 1 Februarie 1986 ontevrede omdat die twee werknemers nie hulle pligte in verband met die vee behoorlik nagekom het nie. Daar moes byvoorbeeld gemelk word. Volgens Andy was die melk wat sy ma van Swartbooi ontvang het nie genoeg vir hulle gebruik nie. Sy het aan hom (Andy) emmers oorhandig om te gaan melk. Toe hy by die kraal kom het Swartbooi alreeds die bokke uit die kraal gejaag en moes hy sonder melk terugkeer. Later die dag het sy pa vir appellant en Swartbooi betig omdat hulle die vee nie opgepas het nie. Sy pa het egter die versekering ontvang dat die twee behoorlik na alles sou omsien en hy en sy pa het die Sondag-namiddag laat na hulle kamp vertrek.

Op Dinsdag, teen ongeveer 16h00, wou ene Jan

Brandt, wat aan telefoondrade gewerk het ongeveer 16

kilometer van Berghoek, 'n besoek by die Groenewaldts aflê.

By die huis aangekom het hy niemand daar aangetref nie. Hy

het slegs 'n babatjie wat gehuil het in die huis gesien. Die

7/.............
7.

hele huis was in wanorde. Hy het onmiddellik met sy
vragmotor die toneel verlaat en die aangeleentheid by 'n
winkel, skynbaar daar naby, gaan rapporteer. Die tyding is
oorgedra aan 'n ander seun van Willem Groenewaldt, Samuel
Groenewaldt, wat as polisie-konstabel gestasioneer was by
Klein Aub, blykbaar 'n gehuggle nie ver van die plaas af nie.
Wanneer Samuel na die plaas toe is, blyk nie uit die

getuienis nie. Daar is getuig dat die babatjie van die plaas

verwyder is na 'n hospitaal. Dat dit deur Samuel of deur sy

bemiddeling gedoen is, is moontlik. Samuel het getuienis

gelewer oor die roete en rooster van die busdiens waarvan

Swartbooi en die appellant gebruik kon maak om Maltahohe te

bereik. Die appeliaat sê in sy verklaring dat hulle per bus

gereis het na Maitahohe. Dit wil egter voorkom of hulle,

voordat hulle 'n bus gehaal het, 'n groot afstand gestap het
want die spore op die rivierwai en die plek waar 'n geweer

deur hulle in 'n bos versteek is, is 23 kilometer van die

plaas af.

8/....
8.

Op dieselfde Dinsdagmiddag het die appellant en

Swartbooi by Ida Skrywer, wat 'n drankhuis bedryf het in die
Swart woongebied in Maltahohe, opgedaag. Sy het nie drank
gehad op daardie oomblik nie en het, op die twee se versoek,
aan hulle water om te drink, verskaf. Die twee het verder
aangestap. Wat hulle bewegings onmiddellik daarna was, is
nie geopenbaar nie. In die nag het Swartbooi alleen sy
verskyning gemaak by die huis van John Voetse wat saam met

Martha Herero as man en vrou daar gewoon het. Hy het by

Voetse, vir wie hy geken het, slaapplek gevra maar is
weggewys omdat Voetse en Martha Herero se huis te vol was.

Voetse is die volgende oggend teen ongeveer 7h20 van die huis

af weg. Voordat hy na sy werk toe is waar hy teen 7h30 moes

begin, het hy eers by Martha Skrywer se huis aangedoen om

sigarette te koop. Daar het hy vir die appellant sowel as

vir Swartbooi gesien waar hulle buite die huis gesit het.

Nadat hy sy sigarette gekoop het, is hy na buite waar hy by

die appellant en Swartbooi gaan staan het. Die appellant het

9/......

9. skielik opgestaan vanwaar hy gesit het en in die perseel rondgehardloop terwyl hy geskree het "Help my, help my". Voetse het daarna werk toe vertrek.

Tussen 9h00 en l0h00 dieselfde dag het Swartbooi weer by Martha Herero se huis aangekom en vir haar, twee vriendinne en 'n ander man genooi om saam met hom te gaan drink. Hy was alleen. Sy het hom vergesel na Ida Skrywer se drinkplek en later, toe sy klaar gedrink het, het sy huis toe gegaan.

Die appelianL het teen omstreeks 14h00 dieselfde

dag by die polisie-stasie op Malbahóhe opgedaag. Dit het vir
die polisie-beamptes daar voorgekom asof hy onder die invloed

van drank was. Sersant Benade en sersant Karl Jod was op
diens. Aan hulle het hy gerapporteer dat sy werkgewer se
vrou vermoor is. Omdat hy redelik onsamehangend gepraat het,
was die twee polisiemanne skepties maar het op sy versoek tog

10/....

10. met hom na Ida Skrywer se huis gegaan waar hulle, so het hy hulle meegedeel, ene Hendrik Swartbooi wat, volgens hom, die moord gepleeg hek, sou aantref. By die huls aangekom het die appellant op die polisie-voertuig agtergebly terwyl die polisiemanne die huis binnegegaan het. Hulle het wel vir Swartbooi in die huis aangetref maar hulle eerste poging om hom in hegtenis te neem, is gefnuik deurdat hy aan hulle 'n vals naam verstrek het. Hulle het dle huis verlaat maar nadat hulle deur teenwoordiges aldaar verseker is dat dit tog Swartbooi was, heb hulle weer die huis binnegegaan en vir hom, wat intussen probeer het om in die huis weg te kruip, in hegtenis geneem.

Hendrik Swartbooi is in die selle toegesluit en met

die appellant het sersant Benade dieselfde middag na die

plaas Berghoek vertrek. Langs die pad, ongeveer 23 kilometer

van die plaas, het die appellant vir Benade laat stilhou en

spore, deur twee persone getrap, aan hom uitgewys asook 'n bos

11/.....
11 .

waarin die geweer waarvan ek vroeër reeds melding gemaak het,

versteek was. Op die geweer is beslag gelê. Hy het ook h

plek uitgewys waar hulle patrone sou versteek het. Op die
plek is daar patrone gevind. Daarvandaan het hulle na die

plaas vertrek waar ander persone aan sersant Benade die

liggaam van die oorledene, Caroline Groenewaldt, in 'n lopie

uitgewys het. Die appellant self was nie daar teenwoordig
nie. Hy is in die poiisievoertuig agtergelaat. Sersant
Benade is vandaar na die huis wat hy in 'n chaotiese toestand
aangetref het. Op 'n stoeptrappie het hy 'n knipmes (wat voor
die hof a quo gedien het as bewysstuk 3) en 'n patroondoppie
gevind. Aan die mes was vlekke wat na bloedvlekke gelyk het.

In 'n paal 'n afstand van die huis was daar 'n koeëlmerk. 'n
Soektog is op tou gesit na die twee vermiste kinders. Die
appellant het op vrae wat van die kinders geword het,
ontwykend geantwoord en later gemeld dat die kinders
klaarblyklik die berge in gehardloop het. Uiteindelik is die
lyke van die twee kinders in die kraal onder 'n ysterbad

12/......
12.

gevind. Die lyke was reeds in 'n staat van ontbinding - dié
van Caroline meer gevorderd as dié van die kinders. Later
op dieselfde dag het polisie-inspekteur Kruger ook op die
plaas opgedaag waar sersant Benade alles aan hom getoon het.
Kruger het gereël dat die lyke verwyder word en huile is laat
die dag van die plaas weg. Vir die appellant het hulle laat
aanhou op Klein Aub.

Op die volgende dag, Donderdag 5 Februarie 1987,

het Kruger weer na die plaas vertrek en het hy vir Swartbooi
wat op Maltahöhe aangehou was, saamgeneem. Die appellant is
van Klein Aub ook na die plaas geneem. Op pad het beide die
appellant en Swartbooi aan die polisie die plek uitgewys waar
die appellant reeds die vorige dag die bos uitgewys het waar
die geweer gevind is. Naby die opstal het die appellant en
Swartbooi twee plekke waar daar klere versteek was onder
bosse, uitgewys. Ongeveer 200 meter van die huis het die
appellant en Swartbooi onder 'n boom 'n tas uitgewys wat
goedere, insluitende vleis, Rama margarien, sigarette, 'n leë

13/.....

13. beursie en 'n Bybel bevat het. In Willem Groenewaldt se bakkie wat voor die huis geparkeer geskaan het, is 'n hoed gevind en op die matjie op die vloer aan die bestuurderskant het daar 'n mes, bewysstuk 2, en 'n voertuig se sleutel, gelê. Die sleutel kon nie die bakkie aansluit nie. Dit was 'n sleubel van 'n vorige voertuig van Willem Groenewaldt. Die sleutel van die voertuig is in die huis gevind waar dit nie deur die plunderaars raakgesien is nie. Volgens die getuienig het die mes, bewysstuk 2, en die hoed waarskynlik ook, aan die appellant behoort. Hy kon 'n motorvoertuig bestuur, is getuig. Die afleiding is dus geregverdig dat dit hy was wat 'n poging aangewend het om die voerbuig aan die gang te kry en dat hulle met die voertuig wou vlug.

Op Vrydag 6 Februarie 1987 is Kruger weer saam met

die appellant en Swartbooi na die boneel. Daar het die twee,
op 'n plek ongeveer 10 - 12 kilometer van die opstal, 'n dolk-

tipe mes, bewysstuk 4, aangetoon wat daar weggegooi is langs

14/....

14. die roete soos die twee gestap het. Elkeen het die ander beskuldig dat hy die vrou met daardie mes gesteek het. Kruger kon egter niks aan die mes sien wat soos bloed gelyk het nie.

Op Saterdag 7 Februarie 1987 het die appellanb die verklaring, waarna ek hierbo verwys het en wat ek aanstons volledig sal aanhaal, voor 'n landdros afgelê. Op Maandag 9 Februarie 1987 sou die appellant en Swartbooi saam voor 'n landdros van Maltahohe in die hof verskyn maar gedurende die vorige nag of vroeg die oggend het Swarbbooi homself aan die sel se bralies opgehang met repe wat hy van sy broek geskeur het.

Die verklaring wat die appellant voor die landdros afgelê het, lui soos volg:

"Ek en Hendrik Swartbooi werk op die plaas Berghoek. Willem Groenewald is die eienaar van die plaas.
15/....

15.

Sondagoggend, 1 Februarie 1987 was ek en Hendrik
Swarbooi gedrink gewees. Willem Groenewald, my
werkgewer hek my geroep om die bokke te gaan melk. Ek en my twee dogters , nl. Josephina, 16 jaar oud en
Magdalena, 14 jaar het na die kraal gegaan om die bokke
te gaan melk. Op pad na die kraal het Hendrik Swartbooi
van agteraf gekom en sê vlr my daar gaan nie bokke
gemelk word nie. Ek weet nie waarom hy dit gesê het
nie. Hy het toe my twee dogters met klippe begin gooi.
Die dogters het toe weggehardloop. Hendrik Swartbooi het toe die lammers in 'n hok gejaag en die hok
toegemaak. Ek en Hendrik Swartbooi is toe na sy huis
sonder om die bokke te melk. By Hendrik Swartbooi se
huis het ons twee beginne drink. Vandaar is ons na my
huis waar ons verder gedrink het. Dib was nog vroeg die !
oggend. Toe my werkgewer sien dat ons nog nie die vee j
uitgejaag het nie, het hy vir my kinders opdrag gegee om |
dit te doen. Ons werkgewer werk by die Paaie
Departement en hy moes die namiddag weer terugkeer na sy
werk.

Voor hy na sy werk gery het, het hy na ons gekom. Terwyl Willem Groenewald, ons werkgewer, aangestap kom het Hendrik Swartbooi gesê: 'Ek vat nie meer kak van die Baster nie, ek sal hom steek.' Willem Groenewald het toe hy by ons kom, gevra: 'Wanneer gaan julle na die vee toe?' Hendrik antwoord en sê: 'Jy sien dan ek het heeldag gedrink, vir wat moet ek vee toe gaan. ' Willem Groenewald het sonder om verder te praat omgedraai en geloop. Hy is toe na sy werk. Ek weet nie waár sy kamp staan nie. Ons het die aand geslaap. Die Maandagoggend, 2 Februarie 1987 het die werkgewer se vrou my geroep en gesê ek moet die bokke gaan melk. Ek het die bokke gemelk en die melk aan haar gaan gee. Daarna is ek na Hendrik Swartbooi se huis. Hendrik was

16/....

16.

besig om bier uit te gooi. Ons het toe van die bier
gedrink. Hendrik vra my toe of die werkgewer se vrou, Karolina Groenewaldt, tevrede is omdat ons nie die vorige dag die bokke gemelk het nie. Ek het hom meegedeel dat sy nie met my daaroor gepraat het nie. Ek en Hendrik Swartbooi is toe na die kraal. Ons het die vee uitgejaag en is toe met die vee na die veld.

Die namiddag het ons teruggekeer en die vee in die kraal gejaag. Ons het die aand gaan slaap. Die Woensdagoggend, 3 Februarie 1987 het mev. Groenewald my weer geroep en beveel om die bokke te gaan melk. Ek het die bokke gemelk en haar die melk gaan gee. Ek is daarna na die kraal om lammers te gaan uitkeer. Twee van die Groenewaldt kinders het agter my aangehardloop. Hulle doen dit gewoonlik. Ek het die kinders opgetel en in die kraal gesit. Hendrik Swartbooi het daar opgedaag. Ek en Hendrik het die bokke toe gedip vir bosluise. Hendrik sê toe: 'Ek slaan hierdie twee kinders nou dood, as jy my nie help nie, maak ek vir jou ook dood.' Ek het gedink hy maak 'n grap. Hy het toe 'n dropper gevat en een van die dogters agber die nek met die dropper geslaan en sy het geval. Toe sy val, slaan hy haar weer 'n tweede hou agter die nek. Daarna slaan hy die ander kind, 'n seuntjie, ook agter die nek. Die seuntjie was nog nie dood en Hendrik het hom aan sy twee bene gevat met hom gehardloop na 'n bad, wat daar gestaan het. Hy het die kind aan die bene geswaai en sy kop teen die bad geslaan. Ek het groot geskrik en die dogtertjie opgetel. Ek het haar langs die seuntjie waar hy by die bad gelê het, gaan neerlê. Ek het die bad toe oor hulle omgekeer. Hendrik het toe gesê as ek nie doen wat hy sê, is ek volgende aan die beurt. Hy het 'n mes by hom gehad. Een van die skape was siek. Ek het na Mev. Groenwald gegaan en haar vertel die skaap is siek.

17/....

17

Ek het dit op Hendrik se instruksies gedoen. Sy het gesê ek moet die skaap gaan haal. Ek het toe die skaap gaan keer en aangej aag na die huis. Hendrik het my agtervolg.
Terwyl ek die skaap na dle kraal jaag, hek mev. Groenewald in ons rigting gekom om die siek skaap te gaan kyk. Sy het verby Hendrik geloop. Hendrik steek haar toe van agter met die mes in die rug. Sy het omgedraai, toe skeek hy haar die tweede hou voor haar bors. Sy het geval en Hendrik sê ek moet haar vang. Ek het haar aan haar bene gevang. Sy het na my geskop en ek het op my sitvlak geval. Daar het by 'n vuurmaakplek daar naby 'n byl gelê. Hendrik het die byl opgetel en haar met die byl voor die kop geslaan. Ek kan nie sê of dit met voor of agterkant van die byl was nie. Daarna kap hy haar oor die keel. Ek het daardie tyd weggekyk en weet nie of dit met skerp kant van die byl was nie. Ons het haar opgetel en gesleep en langs die hoenderhok gaan neerlê. Sy was reeds dood. Ek het op Hendrik se instruksies 'n drom uit die hoenderhok gehaal en langs die oorledene neergesit. Ons het toe ons skoene uitgetrek en Hendrik het die oorledene se skoene aangetrek. Ons is toe na die oorledene se huis nadat ons die lyk met die drom bedek het. Hendrik het die geweer agter die hangkas uitgehaal en ook van die patrone gevat.

Hy het twee patrone in die geweer gesit en een skoot na 'n paal buite die huis geskiet. Hy het my meegedeel dat as ek probeer ontvlug hy my sal doodskiet. Ons is weer die huis in en het klere in 'n koffer gepak. Geld wat in die hangkas was het ek ook uitgehaal. Ek het nie die geld getel nie. Ons het toe geloop. Ek het die koffer gedra. 'n Ent van die plaas het ons ons vuil klere uitgetrek en skoon klere aangetrek. Ons het die geweer weggesteek en op die plaas Nabasib het ons die bus na

18/...

18.
Maltahöhe geneem. Op Maltahöhe is ons na die lokasie waar ons die aand geslaap het. Die volgende dag het hy my nog dopgehou. Ek het egter geleentheid gekry om te ontvlug en het my aan die polisie gaan oorgee."

Dit is natuurlik so dat die verklaring van die appellant die enigste weergawe bevat van die omstandighede waaronder die moorde gepleeg is. Dit is ook so, 'n feit waarop daar klem gelê is deur die assessor wat afgewyk het, dat die verklaring gemaak is voordat Swartbooi selfmoord gepleeg het, wat die vermoede uitskakel dat hy vir Swartbooi sou impliseer sonder gevaar dat Swartbooi hom kan teenspreek. Dit blyk egter uit die getuienis dat toe Swartbooi nog geleef het, die twee mekaar oor en weer beskuldig het dat die ander een eintlik die werklike dader was. Die appellant se verklaring is in 'n hoë mate verontskuldigend en indien hy in die getuiebank gegaan het kon hy deeglik deur middel van kruisondervraging getoets gewees het. Hy het egter nie getuig nie en hoewel die verklaring bewysmateriaal is wat,

saam met die ander getuienis vir die Staat gelewer, in ag

19/...

19. geneem moet word, moet die gewig wat daaraan toegeskryf word, bepaal word aan die hand van 'n kritiese beskouing en 'n
opweging teen die ander getuienis wat vir die Staat gelewer is.

Die advokaat vir die appeilant het nie die verweer van dwang probeer subsfansieer nie, maar het tog aangevoer, soos ek die betoog verstaan het, dat Swartbooi die leidende rol vervul het deurdab hy die plan om die vrou en die kinders om die lewe te bring, geinisieer het en dat die af leiding geregverdig is dat Swartbooi, wat 'n sterker en meer aggressiewe persoonlikheid gehad het, op subtiele wyse druk op die appellant uitgeoefen het om 'n ondersteunende rol te vervul.

Weliswaar het die meerderheid van die hof bevind

dat wat die moord op die twee kinders betref, die appellant

slegs 'n begunstiger was omdat hy die kinders versteek het

20/...
20.

onder die bad nadat Swartbooi hulle met die spar geslaan het
en die seuntjie se kop teen die bad verbrysel het. Die
beskrywing in die appellant se verklaring van die wyse waarop
hulle gedood is, is bestaanbaar met die mediese getuienis
maar al sou mens aanvaar dat Swartbooi dle werklike dader was
in die verband, kom die optrede van die appellant om

onmiddellik die kinders se liggame onder die bad te versteek
nie voor as dié van iemand wat so pas groot geskrik het, soos
hy in sy verklaring te kenne gee nie. Hy reageer onmiddellik
nadat die kinders gedood is en verberg hulle liggame. Daarna

loop die appellant en lok vir Caroline uit die huis uit onder
die voorwendsel dat sy na 'n siek skaap moes kom kyk. Die
meerderheid van die hof a quo het tereg, na my oordeel,
bevind dat hy goed geweet het dat hy, met die wete van wat

pas met die kinders gebeur het, doelbewus die vrou na haar
dood gelok het. Soos die hof tereg daarop gewys het, kon hy,
as hy nie kop in een mus was met Swartbooi nie, vir Caroline
vertel het wat gebeur het raet die kinders en haar gewaarsku

21/...

21. het. Daar was 'n geweer in die huis waarvan hy moontlik bewus was en wat Caroline waarskynlik self kon hanfeer. Hy waarsku haar egter nie en neem aan die aanval op die vrou deel deur, soos hy self sê, haar aan haar bene te vang. Dat sy aandeel so gering was, is te betwyfel. Waarom moet sy aan haar bene gevang word as sy reeds gesteek is?

Hy meld in sy verklaring van twee messteke wat die

vrou opgedoen het. Volgens die mediese getuienis was daar
vier wonde, twee agter en twee voor, waarvan twee diep en
potensieel dodelik was. Dat die byl waarvan hy melding maak

in sy verklaring, gebruik is, is 'n waarskynlikheid. Die
dokter se mening is dat 'n wond aan die nek die dood
veroorsaak het. Hy kon nie die mening met sekerheid
uitspreek nie want die nekweefsel was òf deur diere òf deur

insekte weggevreet. Dat messe egter vryelik tussen hulle
beskikbaar was en, indien nie gebruik om die steke toe te
dien nie, in gereedheid gehou was om gehanteer te word indien

22/...
22.

omstandighede dit sou verg, is 'n onvermydelike afleiding.
Die mes van Swartbooi wat op die stoeptrappie gevind is, het
kolle op gehad wat soos bloed gelyk het. 'n Oop knipmes wat
aan die appellant behoort het, is op die bakkie se vloer
gevind. 'n Dolk-tipe mes is langs die pad waarlangs hulle
geloop het, uitgewys en die getuienis is dat die appellank en
Swartbooi mekaar beskuldig het dat die ander een die vrou met
die mes gesteek het. Alhoewel daar nie bloedviekke aan
hierdie mes opgemerk is nie, is dit 'n sterk waarskynlikheid
dat die mes gebruik is om vir Caroline be steek aangesien dit
uit die wedersydse beskuldigings af te lei is dat die mes wel

gebruik is deur een van hulle. Volgens die mediese getuienis
was hierdie mes ook die waarskynlike wapen wat die diep wonde

veroorsaak het. Dit is moontlik, gesien die wonde wat daar

aan Caroline gevind is, dat meer as een persoon die wonde

toegedien het - een van agter en een van voor. Die aantal
wonde, naamlik vier, strook nie met die relaas van die

appellant in sy verklaring nie.

23/...
23.

Die appellant se verdere optrede wek uie die indruk van iemand wat enigsins 'n teësinnige deelnemer was nie. Hy is besonder aktief ten aansien van die plundering van die huis. Hy sê self dat hy geld geneem het. Hulle probeer met die bakkie wegkom. Die omstandlgheidsgetuienis dui daarop dat dit hy was wat probeer het om die bakkie aan die gang te kry. Toe hulle nie daarin kon slaag om die bakkie aan die gang te kry nie lê hulie daarna 'n lang afskand te voet af. Hulle versteek die geweer in die bos. Hulle kom saam in Maltahöhe aan. Die appellant is nie saam met Swartbooi toe iaasgenoemde slaapplek by Voetse gaan soek het nie. Hy is

egter die volgende oggend by Ida Skrywer se drinkhuis weer

saam met Swartbooi waar hy die bisarre passies uitvoer en

skree "Help my! Help my!" sonder dat Swartbooi hom probeer
verhinder om so op te tree. Hy raak van Ida Skrywer se huis
weg terwyl Swartbooi vir Martha Herero gaan nooi om saam met

hom te drink. Hy het skynbaar self gaan drink op 'n ander

plek. Hy daag teen ongeveer 14h00 by die polisie op waar hy

24/...
24.

die moord op sy werkgewer se vrou aanmeld.

In sy optrede hierbo geskets is daar geen aanduiding te bespeur dat hy onder dwang of selfs invloed van Swartbooi was nie. Hy het vryeiik sy eie pad gegaan. Die aankondiging wat hy by die polisie-stasie en daarna gedoen het dat dit Swartbooi was wat vir Caroline vermoor het, kan nie ten gunste van hom tel nie. Dat hy vir Swartbooi sou impliseer, is heeltemal aanvaarbaar. Trouens, Swartbooi het op sy beurt weer vir hom beskuldig.

Sy optrede na sy inhegtenisneming is ook nie met 'n

gemoedstoestand te versoen dat hy onskuldig in die dade van
Swartbooi betrek is nie. Ek het reeds melding gemaak van die
plekke wat hy en Swartbooi saam uitgewys het. Wat beslis nie
bestaanbaar is met 'n onskuldige gewete nie, is sy verswyging
van die lot en die versteking van die kinders. As hy
onskuldig was en Swartbooi die wrede slagting van die kinders

25/...

25. self beplan en uitgevoer het, was daar geen rede vir die appellanf om die aanwesigheid van die kinders se liggame onder die bad, nie alleen te verswyg nie, maar om die polisie daaromtrent op 'n dwaalspoor te bring.

Die slotsom waartoe ek geraak het is dat die Sbaat daarin geslaag heb om te bewys dat die appellant baie dieper betrokke was by die dood van die oorlede Caroline as wat hy in sy verklaring wou fe kenne gee en dat die meerderheid van die hof a quo hom tereg skuldig bevind het aan moord op Caroline op die grondslag dat hy en Swartbooi in die uitvoering van 'n gemeenskaplike oogmerk opgetree het.

Daar is geen ander bewese feite wat ten gunste van

die appellant in aanmerking geneem kon word deur die hof a
quo nie. Daar is voor ons betoog dat die kumulaLiewe effek
van die appellant se geringe deelname aan die moord, 'n mate

van vrees en intimidasie wat Swartbooi by die appellant

26/...
26.

ingeboesem het, en die appellant se opvoedingspeil en agtergrond versagbende omstandighede daarstel. Die betoog dat hy 'n geringe deelname aan die moord gehad het en dat Swartbooi hom geintlmideer en vrees by hom ingeboesem het, het die hof a quo tereg verwerp. Dit kan aanvaar word dat sy opvoedingspeil redelik laag en sy agtergrond redelik primitief was, maar hy is 'n volwasse Nama-man wat reeds geruime tyd by die Groenewaldts gewerk het. Die bewyslas was op hom om te bewys dat daar versagtende omstandighede bestaan. Van die las het hy hom nie gekwyt nie. Wanneer die moorde gepleeg is, is nie vasgestel nie. Waarskynlik op Maandag 2 Februarie. Daar is getuienis dat hulle redelik baie gedrink het die naweek maar wat hulle toestand was toe die moorde gepleeg is, is nie geopenbaar nie.

27/...

27. Die appél word gevolglik van die hand gewys.

WAARNEMENDE APPèLREGTER