South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 16
| Noteup
| LawCite
S v Prinsloo (520/1986) [1988] ZASCA 16 (18 March 1988)
Download original files |
LL
Saak No 520/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
JOHAN DANIëL PRINSLOO
Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
VAN HEERDEN, GROSSKOPF et NESTADT ARR
VERHOORDATUM: 4 MAART 1988
LEWERINGSDATUM: 18 MAART 1988
UITSPRAAK
/VAN HEERDEN AR
2. VAN HEERDEN AR:
Die appellant het in 'n streekhof op twee aan-klagte tereg gestaan, nl huisbraak met die opset om 'n misdryf onbekend aan die Staat te pleeg en poging tot ver-kragting. Hy is op albei aanklagte skuldig bevind. Wat die eerste aanklag betref, is hy egter skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te verkrag. Die landdros het die twee aanklagte as een geneem vir vonnisdoeleindes en die appellant: gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf, waarvan twee jaar voorwaardelik opgeskort is.
Die appellant het na die Transvaalse Provinsiale Afdeling geappelleer teen die skuldigbevindings sowel as die vonnis. Tydens die verhoor van die appèl het die appellant se advokaat egter afstand gedoen van die appèl ten opsigte van die vonnis en slegs die vraag of die ap-pellant tereg skuldig bevind is, beredeneer. In die uitspraak waarin die appèl afgewys is, is gevolglik nie oorweging aan die appellant se vonnis geskenk nie.
/Daarna ...
3.
Daarna het die appellant by die genoemde hof aansoek ge-doen om verlof om teen sy vonnis na hierdie hof te appel-leer. Die aansoek was vergesel van beëdigde verklarings waarin beweer is dat die advokaat nie volmag gehad het om die appèl ten opsigte van die vonnis te laat vaar nie, en dat as gevolg van 'n misverstand tussen hom en die opdrag-gewende prokureur hy geen betoog oor die vonnis gelewer het nie. Die Transvaalse Provinsiale Afdeling het klaarblyklik hierdie verduideliking aanvaar en het aan die appellant verlof verleen om teen sy vonnis te appelleer
Afskrifte van die notule van die verrigtinge is by die Griffier van hierdie hof geliasseer bykans ses weke na die datum waarop dié volgens A A Reël 5 (5) ingedien moes gewees het. In 'n beëdigde verklaring van die ap-pellant se prokureur is aansoek om kondonasie van hierdie versuim gedoen. Daarin verduidelik sy dat die versuim te wyte was aan die feit dat die appellant nie betyds die nodige fondse vir die voortsetting van die appèl voorsien
/het .......
4.
het nie. Die aansoek was egter nie vergesel van 'n beëdig-de verklaring van die appellant nie en dit blyk dus glad nie waaraan sy late te wyte was nie. Die gebrek aan 'n verduideliking in hierdie verband sou moontlik in sigself 'n rede kon wees vir die weiering van die aansoek om kondo-nasie. Soos hieronder sal blyk, is ek egter in elk geval van mening dat die aanvegting van die landdros se vonnis sonder verdienste is.
Dit blyk dat die klaagster, 'n veertigjarige ge-troude vrou, die aand van 11 September 1984 in 'n slaapkamer van die New Union Hotel in Pretoria was waar sy sou oornag. Sy het 'n venster van die kamer effens oopgemaak en omstreeks 9 nm die kamerlig afgeskakel. Sy het met haar rug na die venster gelê en skielik bewus geword van die aanwesigheid van 'n persoon in die kamer. Die persoon (wat later ge-blyk het die appellant te gewees het) het op die bed gedruk en "sjuut, sjuut" gesê. Sy het onmiddellik om hulp ge-roep en 'n hewige worsteling het ontstaan. Sy het die
/appellant ...
5.
appellant probeer wegstamp en in die proses van die bed afgeval. Die appellant het haar op die vloer vasgedruk en haar aan haar nagklere gegryp. Sy het aanhou worstel maar die appellant het haar bly vasdruk en haar borste en privaatdele betas. Sy het haar vinger in sy oog probeer steek waarop hy die vinger stukkend gebyt het. Hierna het sy daarin geslaag om los te kom en het sy by die kamer-deur uitgehardloop terwyl die appellant op sy beurt na die reedsgenoemde venster gehardloop het.
Afgesien van die vinger wat stukkend gebyt is, was daar 'n skaafwond onder die klaagster se oog, was haar lip geswel en was daar 'n stukkende plek binne in haar mond. Sy maak ook melding van verskeie ander kneusplekke. Ek verwys later na die psigiese nagevolge van die voorval.
Dit is duidelik dat die appellant van binne die hotel toegang tot die brandtrappe aan die buitekant verkry het. Daarna het hy op: 'n lysie geklim, tot onder die venster van die klaagster se kamer beweeg, die venster
/verder ...
6.
verder oopgestoot en daardeur die kamer binnegegaan. Na-dat die klaagster ontvlug het, het die appellant weer deur die venster tot op die brandtrappe beweeg, die hotel inge-gaan en met die binnetrappe vanaf die vyfde verdieping tot in die ingangsportaal gehardloop. Ene Ludick het hom agterna gesit. Buite die hotel het die appellant weer . begin hardloop. Hy het toe oor 'n hoë draadheining ge-klim en is kort daarna onder 'n motor aangetref.
Die appellant se weergawe was dat hy tot kort voor die gebeurde 'n groot hoeveelheid alkoholiese drank gedrink het. Die laaste wat hy kon onthou, was dat hy in 'n voertuig in die omgewing van die New Union Hotel sit en drink het. Die volgende waarvan hy bewus was, was dat hy gehardloop het, oor 'n heining geklim en onder 'n voertuig gaan skuil het. Hy kon dus, aldus sy getuienis, glad nie onthou dat hy ooit in die klaagster se kamer was
nie.
Die appellant se weergawe dat hy dusdanig onder
/die ...
7.
die invloed van drank was dat hy nie geweet het wat hy doen nie, is tereg deur die landdros verwerp. Die skuldigbevinding op die eerste aanklag is nie gemotiveer nie, maar dit is duidelik dat die landdros van mening was dat die appellant 'n inbraak gepleeg het deur die venster wyer oop te maak en daardeur die kamer te betree, en dat hy dit gedoen het met die opset om die klaagster te ver-krag.
By vonnisoplegging het die landdros die appel-lant se persoonlike omstandighede, die aard van die mis-drywe en die belange van die gemeenskap in ag geneem. Wat eersgenoemde betref, is daarop gewys dat die appellant slegs 23 jaar oud was; dat hy getroud was en twee kleín kindertjies gehad het; dat hy 'n vaste diensbetrekking be-klee het, en dat sy vorige veroordeling (in der waarheid was daar twee) geen verband met sy misdadige gedrag op die betrokke aand gehou het nie. Die landdros het ook in aanmerking geneem dat gevangenisstraf die appellant se
/familie ...
8.
gesin nadelig sou tref en dat hy wel tot 'n mate onder die invloed van drank was.
Aan die ander kant het die landdros die erns van die misdrywe in ag geneem en opgemerk dat die belange van die gemeenskap vereis dat vir sodanige misdrywe nie strawwe wat te lig is, opgelê moet word nie. Ook is daarop gewys dat die klaagster psigiese letsels oorgehou het.
In sy betoogshoofde het die appellant se advokaat aan die hand gedoen dat die landdros 'n mistasting begaan het deur telkens na die erns van die misdrywe (meervoud) te verwys. Hy het naamlik aangevoer dat aangesien die appellant deurgaans slegs 'n enkele opset gehad het - nl om die klaagster te verkrag - hy wesentlik net een misdryf gepleeg het en slegs daarvoor gestraf moes gewees het. By die verhoor van die appèl het die advokaat egter uitdruk-lik hierdie betoog prysgegee. Al wat in hierdie verband vermeld hoef te word, is dat die appèl slegs teen die
/vonnis ...
9.
vonnis gerig is; dat die vraag of die appellant net aan een misdaad skuldig bevind moes gewees het dus net nie ter sprake kom nie, en dat die appellant in elk geval slegs deur 'n enkele vonnis vir die totaliteit van sy mis-dadige gedraginge gestraf is.
Die appellant se advokaat het ook betoog dat die landdros fouteer het deur die belange van die gemeen-skap wat vergelding vereis te hoog aan te slaan ten koste van die persoonlike omstandighede van die appellant, en deur geensins op die hervormingsaspek van straftoemeting te let nie. Ek kan nie akkoord gaan nie. Die land-dros het wel deeglik bedoelde omstandighede in ag geneem en gesê dat dit nie sy funksie was om slegs wraak te neem nie, maar dat hy moes poog om met inagneming van alle fak-tore 'n regverdige straf te bepaal. Die landdros was dan ook volkome geregtig om daarop te wys dat die belange van die gemeenskap vereis dat vir 'n ernstige misdaad 'n vonnis wat nie te lig is nie, opgelê moet word. En hoewel
/die ...
10.
die landdros nie in soveel woorde na die hervorming van die appellant verwys het nie, kan ek my nie voorstel dat by hierdie aspek buite rekening gelaat het nie.
Ten aansien van 'n verdere betoog dat die vonnis treffend onvanpas is, het die appellant se advokaat veral gesteun op die feit dat hy onder die invloed van drank was. Hoewel die appellant sy drankinname klaarblyklik oordryf het en daar dus nie op grond van sy getuienis bepaal kan word tot welke mate hy beïnvloed was nie, is aangevoer dat sy inhibisies en oordeelsvermoë aansienlik aangetas was. In eerste instansie is peil getrek op die getuienis van dr Van Coller wat die appellant die betrokke aand om 11.45 (d w s meer as twee uur na die gebeurde) ondersoek het. Hy het toe bevind dat die appellant lig onder die invloed van alkohol was. Op daardie stadium was die konsentrasie alkohol in die appellant se bloed 0,07 gram per 100 milli-liters en omstreeks 9.30 nm moes die eerste syfer volgens dr Van Coller in die omgewing van 0,12 gewees het. Die
/vroeëre ...
11.
vroeëre konsentrasie, getuig die geneesheer, sou meege-bring het dat die appellant "eintlik nog lig onder die invloed" was.
Tweedens is gesteun op getuienis dat die appel-lant kort voordat hy die klaagster se kamer binnegegaan het op die binnetrappe van die hotel tussen die derde en vierde verdieping aangetref is. Die appellant het sy gulp oopgemaak en die getuie het die indruk gekry dat hy water wou afslaan. Gevra wat hy daár maak, het die ap-pellant nie geantwoord nie en na die vierde verdieping geloop. Hierdie gedrag van die appellant dui weliswaar op 'n mate van beneweling, maar aan die ander kant getuig Ludick dat die appellant nooit geslinger of gestruikel het nie toe hy met die binnetrappe van die hotel vanaf;die vyfde verdieping tot in die ingangsportaal gehardloop het en dat hy daarna met gemak oor 'n ses voet hoë draadheining geklim het. Bowendien toon 'n foto van die brandtrappe aan dat dit heelwat behendigheid moes geverg het om oor
/die ......
12.
die reling van die trappe op die reedsgenoemde lysie te klim en daarop te beweeg. Die geheelbeeld is dus nie dié van 'n persoon wie se sinne aansienlik aangetas was nie. Gevolglik het die appellant se drankinname slegs 'n beperkte versagtende inslag.
Aan die ander kant van die skaal moet die effek van die gebeurde op die klaagster in ag geneem word. Weliswaar het sy nie ernstige liggaamlike beserings opge-doen nie, maar sy getuig dat sy na die voorval vir 'n tyd-perk van nege dae deur haar huisdokter weens 'n angstoestand behandel is. Hy het haar na 'n psigiater verwys waarna sy vir twee weke in 'n kliniek behandel is. Gevra by die verhoor of die ondervinding nog 'n uitwerking op haar het, se sy: "Ek glo nie ek sal gou daaroor kom nie want ek het 'n vrees vir 'n man ontwikkel. "
Dan ook was hierdie nie 'n geval waarin die appel-lant skielik voor 'n versoeking geswig het nie. Hy het
naamlik nie net gepoog om die klaagster te verkrag nie,
/maar ...
13.
maar het op 'n sluwe wyse toegang tot haar kamer verkry om in die privaatheid daarvan sy vooropgestelde oogmerk te probeer volvoer.
Samevattend is ek van mening dat die landdros
nie 'n wanvoorligting begaan het nie en dat die vonnis
sekerlik nie een is wat nie redelikerwyse opgelê kon ge-
wees het
nie.
Die aansoek om kondonasie van die versuim om die afskrifte van die oorkonde betyds in te dien, word gevolglik afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
GROSSKOPF AR
STEM SAAM NESTADT AR

RTF format