South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 14

| Noteup | LawCite

Fourie v Drakenseberg Kooperasie Bpk. (474/86) [1988] ZASCA 14; [1988] 4 All SA 473 (AD) (18 March 1988)

Download original files

PDF format

RTF format


474/86 /mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
S J FOURIE JNR
APPELLANT

en
DRAKENSBERG KOoPERASIE BEPERK
RESPONDENT


Coram

:RABIE Wr.HR, VILJOEN, GROSSKOPF, VIVIER, ARR et KUMLEBEN, Wr. AR


Verhoordatum : 22 FEBRUARIE 1988

Lewerings-

datum : 18 MAART 1988

UITSPRAAK

KUMLEBEN, Wr. AR/.

2.

KUMLEBEN, Wr, AR

Respondent, applikant in die hof benede.

is 'n landboukooperasie,ingelyf en geregistreer krag-

tens die Koöperasiewet, 91 van 1981 (waarna ek sal

verwys as "die Wet"). Appellant, respondent in die

hof benede, is 'n boer van die plaas "Naudeskop-Oost",

distrik Bethlehem, en was te alle tersaaklike tye

lid van: respondent. In 'n bestrede aansoek het die

Hof van die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

(per Hattingh R) 'n finale sekwestrasieb'evel teen

appellant toegestaan. Daarteen teken hy appèl aan,

direk na hierdie Hof, sonder om vooraf verlof om te

appelleer aan te vra.

Met die aanvang van die appel het Mnr

Hancke,
3. Hancke, wat namens respondent die appèl behartig het,

in limine aangevoer dat appellant se reg van appèl aan die bepalings van art 20 van die Wet op die Hoog-geregshof, 59 van 1959, onderhewig is; dat verlof ora te appelleer volgens sub-art (4) daarvan 'n voor- vereiste is; en dat hierdie Hof bygevolg nie by magte is om die appèl aan te hoor nie. In antwoord hierop steun Mnr Meyer, namens appellant, op art 150 van die Insolvensiewet, 24 van 1936.
Die tersaaklike dele van die betrokke arti-kels van hierdie twee wette lui soos volg:

Art 20 van die Wet op die Hooggeregshof

"(1) 'n Appèl teen 'n uitspraak of bevel van die hof van 'n provinsiale of plaaslike afde-ling in 'n siviele geding of teen enige uitspraak of bevel van so 'n hof op appèl

gegee,/

4.

gegee, word deur die appèl-

afdeling verhoor.

(4) Daar is geen appèl teen 'n uitspraak
of bevel van die hof van 'n provin-
siale of plaaslike afdeling in 'n
siviele geding behalwe -

(b) ...... met verlof van die hof

teen die uitspraak of bevel waar-van die appèl aangeteken staan te word of, waar sodanige verlof ge- weier is, met verlof van die appèl-afdeling.

(6) Die in hierdie artikel beoogde bevoegd-heid om verlof tot appèl te verleen -

(b) is onderworpe aan die bepalings van enige ander wet wat dit uit-druklik beperk of 'n reg van appèl uitdruklik verleen, beperk of uit-sluit."

Art 150 van die Insolvensiewet

"(1) Iemand wat homself verongelyk ag deur 'n finale sekwestrasie-order

of/

5.
of deur 'n order wat 'n order van voorlopige sekwestrasie vernietig, kan teen daardie order appelleer.
(2) So 'n appèl moet aangeteken en
voortgesit word asof dit 'n appèl was van 'n vonnis of order in 'n siviele geding uitgevaardig deur die hof wat daardie finale order uitgevaardig of daardie voorlopige order vernietig het en alle reëls wat op laasbedoelde appèl van toepassing is, is mutatis mutandis dog behoudens die bepalings van sub-artikel (3), van toepassing op 'n appél kragtens hierdie ar-tikel.
(5) Behalwe soos in hierdie artikel be-paal, is daar geen reg van appèl teen enige order uitgereik deur die Hof ingevolge hierdie Wet nie.

Die Insolvensiewet se voorganger, Wet nr 32 van 1916, en die wysigings daarvan, het geen voorsie-ning vir appèlle teen sekwestrasiebevele gemaak nie.

Die/
6.
Die toepaslike hofreëls het ook nie voor 1935 so-

danige reg verleen nie aangesien, luidens n aantal

beslissings van ons howe, 'n aansoek om sekwestrasie

nie as 'n siviele saak ( "civil suit or action" ) beskou

is nie. Voor die wysiging van art 3 van Wet nr 1 van

1911 deur art 106 van Wet nr 46 van 1935 was die regs-

posisie, soos weergegee in Service Trade Supplies

(Pty) Ltd v Dasco & Sons (Pty) Ltd 1962(3) SA 424

(T) op 425 C - E, soos volg:
"In
Gillingham v Transvaalsche Koelkamers

Beperkt, 1908 T.S- 964, it was held that parties to sequestration proceedings were not 'parties to a civil suit or action' in terms of sec. 39 of the Administration of Justice Proclamation, 14 of 1902, with the right of appeal in terms of that sec-tion. This case was applied to winding-up pro-

ceedings/.

7.
ceedings in Collier v Redler and Anorher, 1923 A.D. 640, in which the Court held that a winding-up order was not appealable in terms of sec 104 of the South Africa Act which conferred a right of appeal in 'civil suits'.

Sec.3(c) of Act 1 of 1911, introduced by sec.106 of Act 46 of 1935, provided

'(c) For the purpose of deter-
mining the question whether an appeal does or does not lie from any order or judg-ment of a Judge or court, the words 'civil case' or 'civil suit' or 'civil ac-tion' in any law shall, sub-ject to the provisions of para.(b) and subject to the provisions of any law which specially limits the right of appeal in any particular matter, be deemed to include any civil proceedings whatso-ever' .

This provision considerably enlarged the

range of appealable orders."

(Kyk/..

8.
(Kyk ook du Plessis en 'n Ander v Tzerefos 1979(4) SA 819 (0) te 831 A - D en Kalil v Decotex (Pty) Ltd and Another 1988(1) SA 943 (A) op 963 A - G.

Ondanks hierdie uitbreiding van appèlbe-voegdhede om onder meer sekwestrasiebevele in te sluit, het die Insolvensiewet die daaropvolgende jaar deur art 150(1) ook 'n reg van appèl teen 'n finale sek-westrasiebevel en teen 'n bevel van tersydestelling van 'n voorlopige sekwestrasiebevel geskep. Daar dien egter op gelet te word dat, hoewel die reeds besraande reg van appèl in hierdie twee genoemde gevalle deur art 150(1) bestendig of bevestig word, daardis artikel, saamgelees met sub-art (5), tot gevolg het dat 'n reg van appèl in insolvensie-verrigtinge tot sodanige twee be-vele beperk word. Hoe dit ook al sy, dit is duidelik dat art

150(1)/
9.

150(1) 'n reg van appèl teen 'n sekwestrasiebevel uit-

druklik verleen; en - in die afwesigheid van enige

andersluidende bepalings - stilswyend daaronder begrepe

'n reg van appèl na hierdie Hof.

Mnr Hancke het hierdie uitleg van art 150(1)

aanvaar maar het nietemin betoog dat die reg van appèl

daarin vervat aan art 20(4) van die Wet op Hooggeregs-

hof onderhewig is. Met verwysing na art 150(1) van

die Insolvensiewet, en veral na die woorde: "So 'n appèl

moet aangeteken en voortgesit word asof dit 'n appèl was

van 'n vonnis of order in 'n siviele geding", het hy aan-

gevoer dat die verwysing na die aanteken van 'n appèl in

art 150(2) ook 'n aansoek om verlof om te appelleer in-

sluit./

10. sluit. Hierdie betoog gaan nie op nie. Die aan-

teken van 'n appèl is 'n prosesregtelike stap, inder-daad die eerste, wat ter uitoefeninq van 'n reg van appèl gedoen moet word. Hierdie stap kom ter sprake eers nadat 'n appellant die reg om te appelleer ver-kry het. Dat verlof om te appelleer nie deel uitmaak van die aanteken van die appèl nie, blyk duidelik uit die bewoording van art 20(4) (b) van die Wet op die Hooggeregshof self. Ek verwys na die woorde "met
verlof van die hof waarvan die appèl aangeteken
staan te word". (My onderstreping.) Hofreël 5(1) van die Appélafdeling bevestig ook hierdie uitleg. Daarin word bepaal dat: "Elke appellant in 'n siviele

geding wat 'n reg van appèl het, moet kennisgewing

van/

11.

van appèl by die griffier indien " (My
onderstreping. ) Dit blyk dus duidelik dat die verwy-sing na die aanteken en voortsetting van 'n appèl in art 150(2) slaan op wat 'n gedingvoerende party proses-regtelik te doen staan om 'n appèl te laat verhoor.
Mnr Hancke het daarop gewys dat die onder-hawige appèl teen 'n uitspraak of bevel van 'n hof van 'n provinsiale afdeling in 'n siviele geding gerig is, en in sy alternatiewe betoog het hy aan die hand gedoen dat die bepálings van art 20(4) van die Wet op die Hooggeregshof bygevolg daarop van toepassing is. Dié bepalings stel verlof om te appelleer as 'n vereiste en is, aldus sy betoog, strydig met die be-palings van art 150(1) van die Insolvensiewet. Ver-

volgens het hy aangevoer dat die latere wet die vorige

wysig/

12.

wysig (lex posterior derogat priori) en dus voor-

rang moet geniet. Om hieroor uitsluitsel te gee,

indien daar slegs na art 20(4) gekyk word, sou

dit nodig wees om: eerstens, te bepaal of art 20(4)

inderdaad met art 150(1) bots en nie alleen maar

die verleende reg van appèl kwalifiseer nie; en,

tweedens, of die latere wet, wat oor die algemeen

appèlle teen bevele van die Hooggeregshof orden, die

spesiale reg van appèl, wat in art 150(1) verleen is.

enigsins wysig of kwalifiseer; m.a.w., of die ver-

moede gegrond op die reel generalia specialibus non

derogant nie by die uitleg van die latere wet toege-

pas behoort te word nie. Die antwoord op beide vrae

word egter deur sub-art 20(6) verstrek. Daarin word

uitdruklik/....

13

uitdruklik bepaal dat die reg van appèl, wat in

art 20(4) verleen word, aan die bepalings van enige

ander wet rakende appelle onderhewig is. In casu

behels "die bepalings van enige ander wet" die be-

palings van art 150 van die Insolvensiewet.

Die beswaar in limine kan derhalwe nie

gehandhaaf word nie.

Appellant het op sy beurt in limine aange-

voer dat respondent onbevoeg is om 'n sekwestrasie-

aansoek teen een van sy lede te loods.

Die bevoegdhede van respondent word deur

die Wet omskryf. Ingevolge art 49(1) daarvan mag

respondent "alles doen wat redelikerwyse nodig is

om sy/
14.

om sy doelstellings uit te voer " Uit die aard

van sekere bepaalde bevoegdhede in hierdie sub-artikel

vervat, en met inagneming van die doelstellings van

respondent in art 21 uiteengesit, blyk dit duidelik

dat respondent 'n vorderingsreg teen 'n lid mag verkry,

insluitende die reg om 'n geldskuld te verhaal. (Art

49(1)(u), byvoorbeeld, magtig 'n koöperasie om aan sy

lede geld voor te skiet.) Dat respondent so 'n vor-

deringsreg het en dat hy insgelyks oor die gebruik-

like eksekusiemiddels beskik, het Mnr Meyer toegegee.

Hy het egter aangevoer dat hierdie gewone middels nie

sekwestrasie van 'n lid se boedel insluit nie. Hier-

die betoog is onaanvaarbaar. Daar bestaan oorvloe-

dige gesag vir die stelling dat sekwestrasie-verrig-

tinge/

15. tinge 'n vorm van eksekusie is. Soos Barry R in

Comerma vs Comerma 1938 TPD 220 op 223 opgemerk het:

"Sequestration proceedings are recognised as a form of execution and if the object of the creditor is to obtain payment the creditor is not at fault in adopting such procedure: see Estate Logie vs Priest (1926, A.D. 312)."

Dit is dus voor die hand liggend dat, waar nodig, die respondent tot hierdie stap mag oorgaan om 'n geldskuld van een van sy lede in te vorder.
Mnr Meyer het daarop gewys dat die grond-slag van 'n lid se lidmaatskap van 'n koöperasie kon-traktueel van aard is. Rooibokoord Sitrus (Edms.) Bpk. v Louw's Creek Sitrus Koöperatiewe Maatskappy Bpk. 1964(3) SA 601 (T) te 605 E - F en Van der

Merwe en Andere v Vrystaat Ko-operasie Bpk.1962(1)

SA 210/
16

SA 210 (A) op 215 D). Dit is ook so dat in sekere

opsigte 'n koöperasie as agent van sy lede optree en

as sulks 'n vertrouensposisie teenoor hulle beklee

(Farmers' Co-operative Society (Reg.) v Berry 1912 AD

343 op 349 en 350). Hierdie onderlinge verhoudings

- van kontrakterende partye en van prinsipaal en

agent - het tot gevolg, aldus sy betoog, dat die reg

om 'n sekwestrasiebevel teen 'n lid aan te vra by im-

plikasie 'n koöperasie ontneem is. Daar bestaan geen

regverdiging vir so 'n afleiding nie. Gemelde onder-

linge verhoudings is heeltemal vereenselwigbaar met

dié van skuldeiser en skuldenaar en, soos reeds aan-

gedui, is dit juis hierdie regsverband wat aan res-

pondent die reg verleen om 'n sekwestrasie-aansoek teen

'n lid/
17. 'n lid in te stel.
Daar is ook verwys na die bepalings van art 64 van die Wet wat vir die skorsing of uitsetting van lede voorsiening maak. Sub-art (1) daarvan bepaal dat:

"'n Lid van 'n koöperasie wat 'n bepaling van die koöperasie se statuut herhaalde-lik oortree of wat weier om aan so 'n
bepaling te voldoen of om 'n verpligting
na te kom wat die koöperasie hom krag-tens hierdie Wet of die statuut opgelê
het of wat hy onderneem het om na te
kom of wat wangedrag teenoor die koöpe-rasie pleeg, kan -

(a) .....

(b) by spesiale besluit as lid

uit die koöperasie gesit word."

Dit is te betwyfel of 'n lid se blote on-vermoë om 'n skuld ten volle te delg op 'n oortreding

of/

18. of weiering neerkom, of andersins 'n grond vir skor-

sing of uitsetting daarstel. Hoe dit ook al sy, die betoog dat die bepalings van hierdie sub-artikel die reg om 'n sekwestrasiebevel aan te vra, verydel, is na my mening onhoudbaar. Soos reeds aangedui, het 'n aansoek om sekwestrasie betaling, of gedeeltelike betaling, van 'n skuld ten doel. Daardie doel word nie deur skorsing of beeíndiging van lidmaatskap be-vorder of bereik nie. Daar kan dus geen sprake wees dat so 'n reg by implikasie deur die bepalings van art 6 4 ontneem word nie.

Hierdie betoog in limine slaag ook nie en die meriete van die aansoek moet gevolglik oorweeg en

besleg word.

Om in sy aansoek te slaag, moes respondent aantoon dat sekwestrasie tot voordeel van skuldeisers

sou strek. Appellant het betoog dat hierdie vereiste-

19

nie bewys is nie. Ek stem nie daarmee saam nie. Die petisie is op 25 Augustus 1986 beedig en geteken. Daarin, en om aan te dui dat sekwestrasie skuldeisers sou bevoordeel, word, o.m., op die volgende feite staatgemaak:

(a) Dat die geregsbode, Bethlehem,'n openbare veiling van appellant se plaas-voertuie en -implemente vir 27 Augustus 1986 geadverteer het.
(b) Dat appellant van voorneme is om sy bates, insluitende sommige wat op die genoemde veiling verkoop staan te word, aan 'n beslote koöperasie van die hand te sit en die opbrengs aan sekere skuldeisers te betaal om hulle te probeer tevrede stel.
(c) Dat appellant likwiditeitspro-bleme ondervind weens die feit dat hy sy melkery-bedryf moes staak, en dat sy enigste merkbare bron van inkomste die verwagte opbrengs
van 'n/....
20. van 'n koringoes is.
(d) Dat appellant se skuldlas as ge-volg van bykomende rente op ver-skuldigde bedrae daagliks aan-
sienlik toeneem.

In sy beantwoordende beëdigde verklaring ontken appellant geeneen van hierdie feite nie. In-teendeel erken hy uitdruklik dat die veiling gaan plaas-vind, soos beweer word; dat hy wel van voorneme is om sekere bates aan 'n beslote kooperasie te verkoop; dat hy "kontantvloei" probleme ondervind; en dat, op sy eie berekening, sy renteverpligtinge op 'n jaar-likse basis R166 466,78 beloop. Elkeen van hierdie erkennings word egter gevolg deur menige bewerings en stellings wat op die vraag of sekwestrasie in die belang van skuldeisers sou wees geen betrekking het

nie./

21. nie. Appellant beweer dat sy probleme aan die on-
regmatige optrede van respondent teenoor hom te wyte is; dat hy van voorneme is om, sodra hy in staat is om sy boerdery op 'n winsgewende basis te bedryf, sy skuldeisers terug te betaal; en dat hy op 'n moratorium geregtig is. Die algemene strekking van sy antwoord is dat, indien tyd aan hom gegun sou word, hy moontlik of waarskynlik sy skulde sal kan vereffen. So byvoorbeeld, verklaar hy soos volg:

"Indien ek die geleentheid gegun word om sekere van die maatreëls wat op 16 Julie 1986 met die Applíkant be-spreek is, te implementeer is ek oor-tuig dat die risiko van nie-betaling van skulde vir krediteure baie minder sal wees as indien my boedel gesekwe-streer word en die bates onderhewig gestel word aan gedwonge verkopings."

Sy/

22.

Sy skuldeisers deel nie hierdie optimisme nie. Een

van die grootste, die Land- en Landboubank, asook

drie ander onversekerde skuldeisers, wie se eise

gesamentlik R15 838,24 bedra, ondersteun die aan-

soek. Geen ander skuldeisers het tussenbei getree

om die bekragtiging van die voorlopige sekwestrasie-

bevel te opponeer nie. Op appellant se eie berekening

sal daar, indíen sy boedel gesekwestreer word, 'n

vrye oorskot vir verdeling aan konkurrente skuld-

eisers wees. Respondent het ongetwyfeld bewys dat

sekwestrasie tot hul voordeel sou strek.

Op appèl het appellant sekere verdere ver-

were teen die toestaan van 'n sekwestrasiebevel laat

vaar. Hy het ook erken dat sy boedel inderdaad in-

solvent/....

23. solvent is en dat respondent oor die vereiste gelik-
wideerde vordering teen hom beskik. Respondent het dus al die vereistes vir die toestaan van 'n sekwe-strasiebevel bewys. Nou is dit so dat die hof 'n diskresie het om in sekere omstandighede sekwestra-sie af te wys. Maar waar, soos in die onderhawige geval, die feite klaarblyklik op bevoordeling van skuldeisers dui sal die hof slegs by wyse van hoog-ste uitsondering sy diskresie teen die aansoekdoe-ner uítoefen. In appellant se beantwoordende verkla-ring (en weer eens in die betoogpunte voor hierdie Hof) word by herhaling beweer dat respondent mala fide opgetree het, troubreuk gepleeg het en aan geweten-

lose gedrag skuldig is. Hoewel appellant hierdie
bewerings/
24.

bewerings nie uitdruklik met die hof se genoemde

diskresie in verband bring nie, kan hulle andersins

nouliks ter sake wees. Die feite regverdig egter

geensins hierdie ernstige aantygings nie. Dit is

onnodig vir my om in hierdie uitspraak elkeen aan

te stip. Laat ek volstaan deur drie voorbeelde daar-

van te meld, waarop - soos dit my wil voorkom -

appellant veral staatmaak.

Appellant beweer dat respondent ter kwader

trou oeslewerings van appellant aan respondent aan

die Departement van Landboukrediet nie bekend gemaak

het nie. Volgens appellant het dit tot gevolg gehad

dat die Departement sy aansoek om 'n verdere produk-

sielening geweier het. Mnr Jongbloed, wat met appel-

lant/

25.

lant se besigheidstransaksies met respondent gemoeid
was en wat namens respondent die aansoek om sekwe-strasie ingestel het, ontken beslis dat hy enigsins nagelaat het om hierdie besonderhede aan die gemelde Departement oor te dra. Ter stawing daarvan verwys hy na twee dokumente wat appellant se stelling weer-spreek. Die een dokument, Bylae G by sy repliserende beëdigde verklaring, toon aan dat hy aan die voor-sitter van die Landboukredietkomitee die omvang en besonderhede van appellant se oeste gedurende die 1984/85 en 1985/86 oesjare vers.trek het. Hy verwys ook na die afskrif van 'n brief, Bylae H, gerig aan die gemelde voorsitter (die landdros van Bethlehem) waarin besonderhede van appellant se koringoes van 1985 uit-

eengesit/

26. eengesit word. In dié verband beweer appellant dat
ene mnr Johan Theron, 'n inspekteur by die Departe-ment van Landbou, hom meegedeel het dat die Departe-ment onder die indruk verkeer het dat hy glad nie enige "produksieresultate" gehad het nie. Mnr Theron, in 'n beëdigde verklaring {Bylae I by die repliserende verklaring) ontken ten sterkste dat hy enige sodanige mededeling gemaak het.

Daar bestaan nog minder regverdiging vir 'n verdere beskuldiging van mala fides, naamlik, dat respondent die indruk wou skep dat appellant heimlik en onregmatiglik koring by die Sentraal-Wes (Koöpe-ratief) Beperk ingelewer het in plaas van aan respon-dent. Respondent maak wel so 'n bewering in die

funderende/

27. funderende beëdigde verklaring, en sit besonder-

hede daarvan uiteen, om aan te toon dat sulke op-trede deur appellant die respondent en sekere ander skuldeisers kon benadeel het. Enige benadeling is egter voorkom deurdat hierdie transaksie reeds voor uitbetaling tot respondent se kennis gekom het. In sy beantwoordende verklaring erken appellant dat hy wel oeste ingelewer het soos beweer word. Dit is gedoen, aldus sy verduideliking, om te verseker dat hy in die belang van sy skuldeisers voort kon boer. Hy voeg egter by dat respondent versuim het om in sy funderende verklaring te meld dat hy, appellant, hierdie oeslewerings aan mnr Jongbloed openbaar het.

Hierdie versuim, so moet dan verder afgelei word,

lê/
28 lê ten grondslag van appellant se vermoede dat res-
pondent (Mnr Jongbloed) mala fide opgetree het. Hierdie gevolgtrekking is geheel en al ongegrond. Die feit dat die mededeling na die lewering gemaak is, is geensins van belang of relevant nie. In sy repliserende verklaring wys Mnr Jongbloed daarop dat voor die inlewering respondent hom nooit van sy voorneme verwittig het nie. Voorts verduidelik die deponent op oortuigende wyse presies hoe die mede-deling aan hom oorgedra is:

"Daar is by my geen twyfel dat die res-pondent verkeerd opgetree het deur sy oes by Sentraal Wes in te lewer nie. Die respondent moes seer sekerlik bewus ge-wees het van die bepalings van klousule B (b) van bylae B tot sy stukke, en ek is oortuig daarvan dat die respondent hier-die oes daar ingelewer het in die hoop
dat/

dat die applikant nie daarvan bewus sou word nie en dat die respondent derhalwe die opbrengs van daardie betrokke inle-wering in sy sak kon steek. Ek ontken, vir die redes hierintevore vermeld, dat, indien die applikant sou geweier het om die geld aan die respondent beskikbaar te stel ten einde oeste te vestig, hy so-doende wederregtelik sou opgetree het. Na my mening is dit ook opvallend dat die respondent weereens in die paragraaf onder beantwoording begaan is oor die belange van sy skuldeisers ten einde hom in staat te stel om wins te maak en sy verpligtinge teenoor die Landbank na te kom, maar dat hy sy verpligtinge teenoor die applikant negeer.

Ek ontken dat die applikant versuim het om die Hof in te lig dat die feit van die oes-inlewering by Sentraal Wes deur die respondent self aan my openbaar is tydens die samesprekings. Ek ontken dat dit die respondent is wat hierdie mede-deling gemaak het, en beweer dat dit sy advokaat, advokaat MEYER, was wat dit ge-doen het. Ek het, na die mededeling, vir

die/..
29

30.

die respondent gevra wat die opbrengs van hierdie inlewering was, waarop sy antwoord was dat hy nie weet nie, aan-gesien hy nog nie sy tjek daarvoor ont-vang het nie. Ek ontken derhalwe die bewering dat hy op daardie stadium reeds die tjek ontvang het. Ek ontken eweneens dat die applikant se optrede om betaling van Sentraal Wes te verkry, wederregtelik is of tot nadeel van die respondent se skuldeisers, en herhaal dat die respondent immer geneig is om te vergeet dat die applikant ook een van sy skuldeisers is."

Ten slotte behandel ek 'n stelling wat appellant in sy aanvullende betoogpunte opper. Appellant verwys daarin na 'n noodhulpskema wat die Land- en Landboubank van Suid-Afrika in werking gestel het om finansiele hulp aan droogte-geteis-terde streke te verleen. Die appellant het gekwa-

lifiseer om daarby te baat. Die skema staan onder

beheer/

31.

beheer van die Kooperasies, en in 'n omsendbrief aan hulle word die werkswyse van die skema verdui-delik. Daar word daarop gewys dat die skema in-gestel is "vir die verlening van spesiale hulp aan boere wat as gevolg van die toestande in finansiële verleentheid beland het." Maar die skema bevat die voorbehoud dat:

"Elkeen van die betrokke lederekenings moet dan deur die direksies van Koope-rasies oorweeg word, en slegs daardie rekenings waar die direksies bereid is om uitstel op meriete te verleen, kan in aanmerking kom vir insluiting onder die 1985 droogtehulpskema."

Met verwysing na hierdie omsendbrief doen appellant aan die hand dat hy op die voordele van hierdie skema geregtig was en dat respondent onregmatiglik

opgetree/.....

32. opgetree het deur dit nie op hom toe te pas nie.
Hy neem die aangehaalde voorbehoud nie in ag nie. In antwoord hierop verduidelik Mnr Jongbloed, namens respondent, dat, aan die hand van samespre-kings met appellant in die teenwoordigheid van sy prokureur en advokaat, die respondent sy diskresie teen sodanige vergunning aan appellant uitgeoefen het. Daar bestaan geen rede om sy woord in die verband in twyfel te trek nie.
Uit hoofde van die voorafgaande,en na deeg-like oorweging van al die ander beweerde onreëlmatig-hede,is ek van mening: eerstens, dat appellant se ernstige aantygings teen respondent ongegrond is; en tweedens, dat die hof benede sy diskresie ten

gunste/

gunste van die bekragtiging van dis voorlopige

bevel van sekwestrasie behoorlik uitgeoefen het.

Die appèl word bygevolg met koste van

die hand gewys.

KUMLEBEN, Wr.AR

RABIE Wr. HR VILJOEN, AR ) GROSSKOPF, AR) Stem saam

VIVIER , AR )
33