South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 114
| Noteup
| LawCite
S v Burt (348/87) [1988] ZASCA 114 (29 September 1988)
Download original files |
Saaknr 348/87
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
H G BURT . ... APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : VAN HEERDEN, EKSTEEN, ARR, et VILJOEN,
WAR
VERHOORDATUM : 29 AUGUSTUS 1988 LEWERINGSDATUM : 29
SEPTEMBER 1988
UITSPRAAK
VILJOEN, WAR
Kort voor middernag op 6 Junie 1986 is die liggaam
2/....
2. van Jacob Johannes Boti Ndimande (hierna die oorledene genoem) deur 'n verbygaande motoris, ene Marais, en sy vriend gesien lê langs die Hennopsrivier-grondpad op 'n plek in 'n landelike gebied ten weste van Pretoria. Om die liggaam was daar 'n motorband wat aan die brand gesteek moes gewees het en wat nog gegloei het toe die liggaam daar gevind is deur polisie wat op die toneel aangekom het nadat Marais die vonds gerapporteer het. 'n Nadoodse ondersoek deur dokter Oelofse, 'n staatspatoloog, het aan die lig gebring dat die oorledene nog geleef het toe die band aan die brand gesteek is. Hy was egter dood toe die polisie kort voor middernag op die toneel opgedaag het. Hoewel die liggaam erg verbrand was, is daar deur die nadoodse-ondersoek vasgestel dat die oorledene sekere wonde voor sy dood opgedoen het. Daar was 'n groot gapende wond aan die agterkant van sy kop en 'n steekwond onder die ribbekas in die maag wat die ingewande laat uitpeul het. Na 'n polisie-ondersoek is die appellant aangekla van moord op die oorledene en is hy na 'n uitgerekte verhoor skuldig
3/....
3. bevind deur die Hof a quo wat bestaan het uit
Human WR en assessore. Geen versagtende omstandighede is bevind nie en die
appellant is ter dood veroordeel.
Teen sy skuldigbevinding en die bevinding dat
daar geen versagtende omstandighede aanwesig was nie kom hy nou, met verlof van
die
Hof a quo, in hoer beroep. Op 'n laat stadium is daar ook 'n aansoek
by hierdie Hof ingedien vir die heropening van die saak om verdere getuienis
aan
te voer. Hierdie aansoek sal ter geleenertyd aandag geniet.
Die
omstandighede,rondom die dood, soos dit uit die getuienis wat die Staat
aangevoer het, blyk, insluitende sekere verbandhoudende
gebeure wat die dood van
die oorledene voorafgegaan het, kan soos volg kronologies geskets word: Die
appellant het op alle relevante
tye gewoon saam met sy verloofde, mej Moekie
Grobbelaar, 'n parapleeg, op 'n landbouhoewe in die Laezonia-gebied wat in n
groot aantal
landbouhoewes verdeel is. Die gebied lê ten noorde van die
Pretoria-Krugers-dorp-hoofweg en word aan die oostekant begrens
deur 'n teerpad
wat van 'n suid-oostelike rigting in 'n noordwestelike rigting
4/
4. loop na die Hartebeespoortdam (hierna die Hartebeespoortdampad genoem). Ongeyeer in die middel van die deel van die pad wat die oos-grens van die'gebied Laezonia uitmaak vurk daar 'n ander pad wat noord-oos na Erasmia loop. Reghoekig uit die Hartebeespoortdampad loop daar 'n grondpad waarna verwys is as die ou skoolpad. Die ou skoolpad vorm dus 'n T-aansluiting met die Hartebeespoortdampad. 'n Hele afstand na die weste aan die westelike grens van die Laezonia-landbouhoewes lê 'n gedeelte van die plaas Doornrandjie van ene Van der Hooft. Nog 'n bewoner van 'n hoewe in die Laezonia-gebied was ene Roger North wie se hoewe noord van die skoolpad gelee is soos ook die hoewe van die appellant wat egter meer oos van die hoewe van North gelee is.
Die betrokke gebied is geleê ten weste van Pretoria. Hoewel 'n landelike gebied is die aanduidings dat dit redelik dig bewoon is. In die omgewing was daar aansienlike bewoning en
5/....
5. beweging van Swart persone. Sommige het op die landbou-hoewes gewerk of hulle vroue het daar gewerk en hulle het daar ingewoon. Misdaad in die vorm van diefstal, inbrake, daggasmokkelary en onwettige drankhandel by sjebeens het hoogty gevier in die area en die bewoners van die landbou-hoewes het veel las gehad van hierdie onwettige bedrywighede. Daar naby, in 'n noordoostelike rigting, lê die Erasmia-polisiestasie, wat die omgewing moes bedien, maar weens 'n tekort aan personeel kon die misdaad in dié area nie behoorlik bekamp word nie.
Een persoon wat deurgeloop het onder die aktiwiteite van diewe en inbrekers was die gemelde North. Gedurende Februarie 1986 was hy in 'n voorval (die presiese aard waarvan nie duidelik is nie) met vier Swart mans betrokke wat hom aangeval of bedreig het. Toe hy hom wou verweer het hy homself in die been of die voet met 'n vuurwapen geskiet en het hy vir 'n geruime tyd krukke of een kruk gebruik om oor die weg te kom. Die gerug is in die omgewing versprei dat die bewegings van 'n blou Datsun-
6/...
6. voertuig, wat dikwels in die area in die aand of nag gesien is, in verband gestaan het met die inbrake en diefstalle in die omgewing. Die eienaar van 'n voertuig wat aan hierdie beskrywing voldoen het was ene William Masipa of Mashila (hierna William genoem). William se vrou was werksaam as 'n huishulp by 'n kwekery in die omgewing genaamd die Paradise View-kwekery, oos van die Erasmia-pad. Hy het daar by haar gewoon maar nie daar gewerk nie. Hy het bouwerk in die omgewing gedoen. Op 19 Mei 1986 is daar op sy voertuig geskiet. Hy is self gewond en van die ruite van die voertuig is stukkend geskiet. Die bakwerk het ook n hele aantal gate vertoon. Dit is gemeensaak dat die skote deur North afgevuur is. William het n klag van poging tot moord en saakbeskadiging by die polisie teen North aanhangig gemaak en die saak sou later voorkom. Uit die getuienis blyk dit dat North na sy ervaring met die Swart mans besonder bedrywig was in n poging om die misdadigers van die omgewing op te spoor en te vervolg of laat vervolg en dat die appellant, om dit sagkens te stel, nie ongenee
7/..,.
7. was om vir North in sy pogings te help nie. Dit is nie nodig om in besonderhede in hierdie verband in te gaan nie.
William is die oom van ene Johannes Makgoko (hierna Johannes genoem) wat by die Paradise View-kwekery gewerk het. Hy het dikwels met William in die blou Datsun rondgery. Albei hierdie persone het 'n rol gespeel in die gebeure wat plaasgevind het op Vrydag 6 Junie 1986, die datum van die dood van die oorledene. Voordat ek terugkom op die verband tussen hulle, William se voertuig en die oorledene, skets ek eers die bewegings van die oorledene op daardie dag sover as wat dit uit die beskikbare getuienis vasgestel kan word.
Solomon Tefo was, net soos die oorledene, 'n polisieman wat werksaam was by die Polisie-opleidingskollege in Pretoria-Wes. Om 14h30 het albei van hulle van diens gegaan en saamgestap totdat hulle wee op die hoek van Rebekka- en Karelstrate, Pretoria-Wes, geskei het. Die oorledene wat
8/....
8.
by of naby die Plek van Varke (waarna meer volledig hierna verwys sal word) gewoon het, het noord gestap in Rebekka-straat na 'n bushalte by Marabastad vanwaar busse vertrek, oa na Erasmia. Hy was in 'n polisie-sweetpak geklee en het sy polisie-uniform in 'n polisie-drasak saam met hom gedra. Wat die oorledene se bewegings was tussen sy vertrek na die bushalte en later die dag is nie bekend nie, maar hy moes iewers drank gekoop het - moontlik nog voor hy die bus bestyg het.
Teen ongeveer 18h00 het William wat op daardie oomblik by die hek van die Paradise View-kwekery uitgery het met sy voertuig die oorledene teengekom. Hy het die indruk gekry dat die oorledene pas van 'n ander voertuig afgeklim het. William was op pad na die Erasmia-polisiestasie. Hy het die oorledene gevra of hy wou saamry, 'n uitnodiging wat deur die oorledene aanvaar is. By die Plek van Varke (waar varkhokke omskep is in woonplekke wat aan Swartes verhuur is en wat berug was as 'n plek waar sjebeens bedryf is) naby die kwekery
9/....
9. het hy ook vir Johannes opgelaai. Hulle drie het gery na die polisie-stasie waar William, wat 'n boodskap tot dien effekte ontvang het, hom moes aanmeld. Daar aangekom het William en die oorledene die polisie-stasie binnegegaan (terwyl Johannes in die voertuig bly sit het) slegs om vas te stel dat die persoon wat vir William wou spreek (vermoedelik in verband met sy saak teen North) nie daar was nie, Dit was ongeveer 18h30. Hulle het daarvandaan vertrek op pad na die voorstad Wierdapark ten suid-weste van Pretoria waar William 'n baadjie van hom wat hy by 'n Swart vrou, Johanna, gelaat het, wou gaan haal. Aangesien daar min brandstof in sy voertuig was, het hy besluit om eers by die kwekery aan te gaan waar hy R10,00 van sy vrou vir brandstof ontvang het. Hulle het daarna terug in die rigting van Erasmia gery tot by 'n vulstasie waar hy brandstof ingeneem het. Met die kleingeld het hy wors gekpop wat die oorledene aangebied het om in sy drasak te hou. Die oorledene het twee botteltjies bier uit die drasak tevoorskyn gebring wat hy en William gedrink het. Die bier
10/......
10. was in h sellofaanpak wat ses botteltjies bier hou. Die genoemde twee botteltjies was die laaste wat nog in die omhulsel was. Op pad na Johanna het hulle nog twee passassiers opgelaai wat hulle langs die roete by 'n Indierwinkel afgelaai het. By Johanna in Wierdapark aangekom, het, weer eens, slegs William en die oorledene van die voertuig afgeklim en het Johannes agtergebly. Na ongeveer 10 - 15 minute het William en die oorledene teruggekeer na die voertuig en het William besluit om nie met die Erasmia-pad na die kwekery terug te keer nie, maar met die Hartebeespoortdampad en met die ou skoolpad te ry om ene Uys wat vir William geld geskuld het, te gaan soek en sy geld in te vorder.
Op daardie aand was daar 'n vergadering by Van der Hooft se huis op sy plaas. Die bespreking op die vergadering wat ook deur die appellant bygewoon is (maar nie deur North nie), het gegaan om veiligheids- en ander sake van belang vir die bewoners van die Laezonia-gebied en het, volgens Van
11/......
11.
der Hooft, van ongeveer 19h35 tot ongeveer 21h30 - 22h00 geduur. Nadat daar, na die verdaging, iets genuttig is, het daar 'n hele aantal voertuie gelyktydig van Van der Hooft se plaas vertrek. Dit word nie betwis dat die appellant die agterhoede van hierdie stoet met 'n groen Stanza gevorm het nie. Toe William met sy twee passasiers in 'n westelike rigting langs die ou skoolpad beweeg, het die voertuie van die vergadering-gangers hulle van voor in 'n oostelike rigting genader en verby William se voertuig gery. Die laaste voertuig, dié van die appellant, het egter, kort nadat hy verby is, omgedraai en William se voertuig agtervolg. William en Johannes het die voertuig herken as die voertuig van die vriend (die appellant) van die persoon (North) wat op William en sy voertuig op 19 Mei geskiet het. Langs en aan die oostekant van die ou skoolpad is die hoewe van ene Banfield gelee. Daar het 'n vroulike kennis van William en Johannes, ene Elizabeth Phakela, in die qmgang bekend as Mtswaki, gewerk en in h bediende-kamer naby die pad gewoon. William en Johannes het besluit om te
12/.....
12. vlug vir die appellant wat hulle agtervolg het. William het sy voertuig in Mtswaki se perseel tot stilstand gebring en hy en Johannes het uit die voertuig geklim en gevlug. Die oorledene het agtergebly. Johannes het na 'n druiwe-prieel gehardloop en daar gaan skuil. William self is eers na Mtswaki maar, nadat hulle 'n kort gesprek gevoer het, vlug hy die veld in en gaan sit op sy hurke om te kyk wat die appellant van plan was om te doen. Hy kon nie in die donker die appellant uitken nie en het hom trouens nie geken nie, maar die groen Stanza was bekend in die omgewing en uit die getuienis kan die afleiding gemaak word dat hy die appellant vereenselwig het met die vete van North teen die persone wat in die blou Datsun rondgery het en vir wie hy verdink het as die misdadigers van die omgewing.
Die appellant het naby William se voertuig stilgehou en William het gesien dat 'n persoon, wat hy in die donker afgelei het die oorledene te wees, met die appellant gesels.
13/.....
13. Hy sien dat die oorledene by die appellant in die groen Stanza inklim en dat hulle van die toneel vertrek. Die voertuig het met die ou skoolpad langs terug ooswaarts in die rigting van die Hartebeespoortdampad gery maar nie so ver as die T-aansluiting nie. Die voertuig het links, dws noord, uit die skoolpad uitgedraai en gery tot by Roger North se huis waar die appellant die ligte van die voertuig uitgedoof het. William is, so het hy getuig, terug na Mtswaki waar hy met haar 'n gesprek gevoer het. Van haar is hy terug na sy voertuig waar Johannes vir hom gestaan en wag het. Hulle het die voertuig bestyg en teruggery na die Paradise Viewkwekery waar hy teen ongeveer 22h00 aangekom het. Tuis het hy aan sy vrou vertel wat gebeur het en het hy gaan slaap.
Die getuienis wat ek so pas opgesom het, is in hoofsaak die getuienis van William. Johannes het, wat sy aandeel betref, die getuienis van William in hoofsaak bevestig. Elizabeth Phakela (Mtswaki) het ook William se getuienis, wat haar geringe
14/.....
14. aandeel betref, in hoofsaak bekragtig. Daar was klein verskille, waarvan die appellant se advokaat die meeste gemaak het wat hy kon, maar na my oordeel is hierdie verskille nie wesentlik nie.
Die polisie het daardie selfde nag, soos ek hierbo reeds gemeld het, as gevolg van 'n aanmelding wat opgevolg is, op die toneel waar die liggaam van die oorledene langs die ou Hennopsrivierpad (wat die Erasmia-pad met die Harte-beespoortdam-pad verbind het) gelê het, sekere ondersoekwerk gedoen. Daar is daardie selfde nag foto's geneem van die liggaam van die oorledene soos en waar dit gelê het asook van 'n sleepmerk en voetspore wat daar gevind is en 'n foto van die pad is die volgende oggend geneem. 'n Bloedmonster is deur adjudant-offisier Hattingh geneem van die bloed wat uit die agterkant van die oorledene se kop gesypel het. 'n Groot klip wat naby die lyk van die oorledene gelê het, is ondersoek vir die teenwoordigheid van bloed of hare maar niks is gevind nie. Daar is ook 'n
15/.....
15. koppelaar-plaat, (van 'n motorvoertuig, neem ek aan,) half onder die lyk gevind. Dit was pikswart gebrand. As daar enige bloed aan was het dit afgebrand, is getuig. 'n Duidelike voetspoor is opgemerk in die middel van die pad asook om die liggaam. 'n Gipsafgietsel is van die spoor gemaak. 'n Ander stel spore wat nie identifiseerbaar was nie, is ook opgemerk. Ook was daar 'n motorspoor in die middel van die pad waargeneem. Aan die linkerpols van die oorledene was daar 'n swart digitale armhorlosie. Daar is ook 'n ander, soos dit voorgekom het, 'n goue of goudkleurige horlosie by die lyk gevind. Dit het los by die lyk gelê. Die drasak van die oorledene is nie op die toneel gevind nie. Trouens, dit is nooit gevind nie.
Volgens die getuienis van William is hy die Saterdagoggend na hulle ervaring die vorige aand na die Plek van Varke waar hy sy suster se kind wou versoek om die wors wat hy die vorige aand gekoop het en wat die oorledene in sy drasak geplaas het, by die oorledene te gaan haal. Toe
16/....
16. hy by die Plek van Varke teen ongeveer 9h00 aankom het hy 'n polisie-voertuig daar gesien. Twee Wit lede van die polisiemag het daar gestaan. Op navraag is hy meegedeel dat twee Swart lede van die polisiemag na die oorledene se huis is. Toe die Swart lede terugkeer, het hy van hulle verneem dat 'n Swart polisieman gedood is. Volgens die mededeling is die Swart polisieman se liggaam verbrand. Hy was ook met iets agter die kop geslaan en hy is met iets gesny by sy maag, is aan hom meegedeel. Hy het nie geweet dat dit die oorledene was nie. Hy het eers die volle verhaal daardie Saterdagaand van luitenant Austin gehoor. Tydens kruisondervraging het hy ontken dat hy teen 8h00 daardie oggend aan sy werkgewer Krugel enigiets aangaande die dood van die oorledene vertel het. Teen daardie tyd het hy nog nie van iemand wat die vorige nag dood is, geweet nie. Hy het eers daarvan by die Plek van Várke, waar hy teen ongeveer 9h00 aangekom het, gehoor.
Op Maandag 9 Junie 1986 teen ongeveer 19h00 is
17/.....
17-speurder-adjudantoffisier Mentz saam met 1t Austin, sers Viljoen en 4 Swart kollegas na Erasmia-polisiestasie waar William en Johannes aangehou was as verdagtes. Hierdie twee het vir die polisie-amptenare geneem na hoewe 28 van Banfield waar hulle vir Elizabeth Phakela (Mtswaki) uitgewys het met wie die polisie-amptenare 'n onderhoud gevoer het. Vandaar is hulle saam met die twee verdagtes eers na die hoewe van North waar hulle niemand teengekom het nie. Hulle het vervolgens gegaan na die hoewe van die appellant. Mentz en 1t Austin het die appellant daar aangetref en hom ondervra. Hy het erken dat hy die oorledene opgelaai het die vorige Vrydagaand maar het beweer dat hy hom by die T-aansluiting afgelaai het. Lt Austin is toestemming verleen deur die appellant om sy huis te deursoek. Op daardie stadium was die appellant se verloofde, in 'n rolstoel, en ene Swart, 'n kollega van die appellant, ook buite teenwoordig waar hulle gesels het. Austin en sers Viljoen het die huis ingegaan en spesifiek na skoene gesoek. Nadat hulle uit die huis te voorskyn gekom het, is
18/....
18.
die appellant deur Austin versoek om die plekke te gaan wys waar hy die oorledene opgelaai en weer afgelaai het. Hy het hulle na Banfield se hoewe geneem en gewys presies waar hy die oorledene sou opgelaai het. Hy neem hulle daarna na die T-aansluiting waar hy beweer het dat hy hom afgelaai het. Vandaar, het hy beweer, is hy na sy woning. "Austin het nie die bewering dat hy die oorledene by die T-aansluiting afgelaai het geglo nie. Hy het die appellant meegedeel dat dit strydig was met die inligting wat die polisie ontvang het en die appellant is daar en dan gearresteer en na die Erasmia-polisie-stasie geneem. Daar is William en Johannes vrygelaat.
Dit is gemeensaak dat die appellant weer vrygelaat is op 10 Junie 1986. Na sy vrylating het hy 'n interdik teen oa 1t Austin verkry op grond van beweerde aanranding en het hy ook 'n strafaanklag ingedien. Aangesien Austin vanwee die genoemde geregtelike stappe teen hom in die gedrang gekom het, het 1t Viljoen ( 'n ander Viljoen as sers Viljoen waarna
19/....
19. verwys is) as ondersoekbeampte by Austin
oorgeneem.
Op 14 Junie 1986 is 1t Viljoen na die hoewe van Roger North waar
hy vir North aangetref het. Hy het met die hulp van krukke oor die
weg gekom. By
North se plek het hy op 'n paar Adidas sportskoene van North beslag gelê
wat hy daarna aan speurder-sersant Ludwig
Scholer wat 'n spoor op die toneel met
gips gelig het, oorhandig het. Op 25 Junie 1986 is 1t Viljoen na die appellant
se hoewe. Hy
het die appellant op hierdie datum vir die eerste keer ontmoet. Hy
het hom ondervra. Die appellant het oa die groen Stanza aan hom
uitgewys as die
voertuig wat hy die Vrydagaand van 6 Junie gebruik het. Dit was eintlik die
eiendom van die appellant se verloofde,
Moekie Grobbelaar, wat sy van 'n ander
parapleeg gekoop het en wat spesiaal ingerig is vir die hantering deur 'n
parapleeg maar op
die gewone wyse ook bestuur kon word. Lt Viljoen het vir die
doeleindes van ondersoek van die voertuig deur deskundiges verbonde
aan die
forensiese laboratorium van die polisie die voertuig daarheen verwyder. Op 1t
Viljoen
20/........
20.
se versoek het die appellant die voertuig bestuur met
Viljoen
as passasier. In die loop van die rit het daar 'n gesprek
tussen
Viljoen en die appellant plaasgevind oor bloed wat,volgens
die appellant, wel
moontlik gevind sou word in die voertuig.
Hy het gedurende die rit en selfs
nadat hulle by die forensiese
laboratorium aangekom het, verskeie
moontlikhede aan die hand
gedoen vanwaar bloed, indien dit gevind sou word,
vandaan
kon gekom het. Daar het ook 'n gesprek plaasgevind oor tye
in die
loop waarvan die appellant, volgens Viljoen, hom attent
daarop gemaak het dat
hy vir 'n geruime tyd reeds sonder 'n
horlosie was. Die gesprek het ook
gegaan om die rede waarom
die appellant die blou Datsun die aand van 6 Junie
1986
agternagesit het. Die verduideliking van die appellant was
dat die
voertuig van William gekoppel was aan 'n hele aantal
inbrake in die
omgewing.
Die voertuig is by die laboratorium gelaat en later daardie aand het Viljoen die appellant weer in besit gestel
21/.....
21. van die Stanza, egter sonder die agterste sitplekke. Volgens Viljoen het die appellant dikwels daarna geskakel, oenskynlik, so het hy dit vertolk, om uit te vind wanneer hy die sitplekke kon terugkry, maar in werklikheid om vas te stel deur navrae wat hy versigtig en skynbaar terloops gedoen het, wat die uitslag van die bloedtoetse was. Die sitplekke is op 27 Junie 1986 aan die appellant terug besorg. Daar was egter twee stukkies van die materiaal uitgesny wat kaptein (destyds luitenant) Claassens agtergehou het vir ontleding.
Claassens het ook 'n bloedmonster van Hattingh ontvang. Dit was die monster, volgens Hattingh, wat hy geneem het van die kopwond van die oorledene. Ten aansien van hierdie monster is 'n argument aan hierdie Hof gerig waarop ek later terugkom. Nadat die ontleding voltooi is van die sitplek-materiaal, die bloedmonster en ander stukke wat aan Claassens oorhandig is, het Claassens 'n verslag opgestel.
22/...
22.
Op 16 Julie 1986, nadat 1t Viljoen die verslag van die forensiese laboratorium ontvang het, is hy, vergesel van adj Visser, na die appellant se werkplek waar hy hom meegedeel het dat daar bloed op die agterste sitplek van die Stanza gevind is en dat dit die bloed van die oorledene was. Hy het hom gewaarsku dat, as hy nie 'n redelike verduideliking vir die aanwesigheid van die bloed kon verskaf nie, hy hom sou moes aankla van moord. Die appellant het geantwoord dat hy by sy verklaring wat hy reeds aan 1t Austin gemaak het, staan en niks by te voeg het nie. Viljoen het hom toe na sy kantoor in Kerkstraat geneem waar hulle teen ongeveer 17h30 aangekom het. Daar het hy hom weer gewaarsku en andermaal aan hom gestel dat daar bloed van die oorledene op die agterste sitplek van die Stanza gevind is. Die appellant wou geen verdere verduideliking verstrek nie en het, hoewel hy op een stadium beweer het dat Austin hom gedwing het om 'n verklaring te maak, verkies om met sy verklaring wat hy aan 1t Austin gemaak het, te volstaan. Wat hierdie standpunt van hom betref,
23/....
23.
is hy ondersteun deur sy prokureur Currin wie se hulp hy ingeroep het. Viljoen het daarna vir die appellant gearresteer en hom by die Sunnyside-polisiekantoor aangehou.
Dieselfde aand, 16 Julie 1986, is 1t Viljoen uit na Roger North se hoewe. Hy het vir North ondervra nadat hy hom gewaarsku het. North het 'n skriftelike verklaring in sy eie handskrif aan hom oorhandig wat Viljoen aan hom voorgelees en deur North laat beedig het. North het ook sekere voorwerpe aan hom uitgewys en oa 'n motorbuiteband aan hom oorhandig waarop hy beslag gelê het. Hierdie band het 'n spoorpatroon gehad soortgelyk aan die patroon van die een wat om die oorledene se lyf gevind is. Met sy vertrek het Viljoen vir North meegedeel dat hy die saak met die Prokureur Generaal sou bespreek.
Op 18 Julie 1986 het hy vasgestel dat North met sy vrou die land verlaat het.
24/....
24.
Die appellant het later aansoek gedoen om op borg vrygelaat te word. By hierdie geleentheid is North se verklaring ingehandig en die appellant daaroor kruisondervra. Die notule van die verrigtinge is aan die Verhoorhof beskikbaar gestel. Hierdie beskikbaarstelling het as grondslag gedien vir 'n argument aan hierdie Hof gerig dat die Hof a quo 'n onreelmatigheid begaan het - 'n betoog wat ek later sal behandel.
Lt Viljoen se stelling aan die appellant dat die oorledene se bloed op die agterste sitplek gevind is, is natuurlik nie korrek nie, soos dit inderdaad aan hom tydens die verhoor verduidelik is. Die bloed wat op die sitplek gevind is, het wel aan dieselfde bloedgroep behoort as die bloed van die monster wat Hattingh aan Claassen oorhandig het en as aanvaar word dat die bloed van die monster wel die bloed is van die oorledene (wat in geskil geplaas is in hierdie Hof), het Claassen se verslag slegs aangedui dat die bloed wat in die Stanza gevind is, wel aan dieselfde bloedgroep
25/....
25. as die bloed van die oorledene behoort het - naamlik die bloedgroep A en MM. Hoewel Claassen vasgestel het dat daar meer bloed, en wel bloed van 'n primaat, op die sitplekke was en ook aan die binnekant van die linkeragterdeur van die voertuig, was die bloed, vanweë die feit dat, so het hy afgelei, die bekleedsel van die agterste sitplekke gewas moes gewees het, nie genoegsaam om die bloedgroep te bepaal nie. Slegs die bloed op die uitgesnyde gedeeltes kon hy bepaal - met die resultaat soos hierbo gemeld. Die bloed van Moekie Grobbelaar, die verloofde van die appellant, en sy eie bloed behoort nie aan daardie bloedgroep nie.
Daar was ook bloed gevind op die linkerdrafskoen - die Adidas - wat by North gekry is, maar ook die groep waaraan hierdie bloed behoort het, kon hy nie bepaal nie. Die forensiese verslag het egter aangetoon dat die patroon van die drafskoen se sool ooreengestem het met die spoor wat op die toneel met gips gelig is, en dat die grootte ook ooreengestem het, maar
26/....
26
speurder-sersant Scholer, 'n deskundige op die gebied, kon nie bo twyfel getuig dat dit wel North se skoen was wat die spoor op die toneel getrap het nie.
Vir die verdediging het die appellant self, sy verloofde Moekie Grobbelaar, Swart, die kollega van die appellant waarna hierbo verwys is, Krugel, die werkgewer van Johannes en dr Klatzow, 'n deskundige wat bloedgroeperinge betref, getuig. Ook het die beskuldigde se broer, James Albert Burt, en 'n lid van die prokureursfirma wat vir die appellant opgetree het, ene Kotze, getuig. Laasgenoemde twee se getuienis is aangebied om die getuienis van William en Johannes dat hulle die groen Stanza se koers kon volg vandat dit uit die skoolpad uitgedraai het totdat dit by North se huis stilgehou het waar die ligte uitgedoof is, te weerlê.
Met geringe afwykings wat sy optrede in 'n meer onskuldige lig stel as wat die Staat se getuienis aandui,
27/....
27.
het die appellant die gebeure wat die dood van die oorledene op 6 Junie voorafgegaan het, erken. Hy was bewus van die besering wat North opgedoen het en van die skote wat North op William self en sy voertuig geskiet het.
Wat die gebeure van die aand van 6 Junie 1986 betref, alhoewel hy sy vertrek vanaf Van der Hooft se plek vroeer stel as die Staat se getuies, erken hy dat hy laaste in die ry was van die voertuie toe hulle vir William se voertuig verbygegaan het. Hy erken dat hy omgedraai het, en die voertuig agtervolg het. Hy het dit gedoen, sê hy, omdat hy wou vasstel waarheen die insittendes op pad was. Hy het die voertuig herken as die een wat verbind is met inbrake in die omgewing. Toe die voertuig stilhou by Banfield se plek het hy gesien daar is lig in die huis en waarskynlik mense en was hy gerus gestel dat die insittendes van die voertuig nie daar sou gaan
28/...
28.
inbreek nie. Hy het 'n ent verby Banfield se huis gery en het toe omgedraai om na sy huis te ry. Toe hy op pad terug verby Banfield se plek ry, het hy die oorledene langs die pad opgemerk. Hy het gesien dit is 'n polisieman met 'n dra-sak. Hy besluit daar en dan om hom op te laai. Hy het aanvaar dat die polisieman die insittendes van die blou voertuig ken aangesien hy van die perseel kom waar hulle so pas ingery het. Hy besluit om hom te ondervra. Hy klim uit sy voertuig en praat met die polisieman in fanagalo. Laasgenoemde deel hom mee dat hy in die rigting van Paradise View-kwekery gaan en hy bied aan dat die polisieman kan saamry maar nie tot by die kwekery nie - slegs tot waar die appellant uitdraai na sy huis toe. Sy doel was om die polisieman te ondervra oor die persone in die blou voertuig. Die polisieman het die aanbod aanvaar en het voor links, hoewel met moeite,ingeklim. Hy het gesukkel om sy drasak in die spasie by sy voete in te pas en die appellant het die indruk gekry dat die man onder die invloed van drank was. Hy was lomp met die inklim en het
29/...
29.
ook met 'n sleeptong gepraat. Die appellant vra hom waarom hy in so 'n toestand is waarop die polisieman antwoord dat hy van 'n voetbalwedstryd in die rigting van Johannesburg kom. Hy het die polisieman oor die mense in die voertuig uitgevra. Die polisieman antwoord dat hy hulle nie ken nie en dat hulle hom slegs 'n geleentheid gebied het.
Toe hy by die T-aansluiting kom het hy stilgehou en die polisieman het afgeklim. Hy het toe teruggery met die skoolpad langs totdat hy by die uitdraaipad na sy eiendom gekom het waar hy regs, dws noord, gedraai het en na sy huis gery het. Sy verloofde het die deur vir hom oopgemaak en hom ingelaat. Hy het die vuur weer laat opvlam en het met sy verloofde vir ongeveer 15 minute gesels. Hy het haar toe verwittig dat hy na North toe wou ry om vir hom om 'n verduideliking te vra waarom North nie die afspraak wat hy vir hom by die Regshulpraad gereel het vir moontlike geldelike hulp vir sy verdediging in verband met die aanklag deur William
30/...
30.
ingestel, nagekom het nie. Hy het besluit om vir North daardie selfde aand nog te gaan spreek aangesien hy die volgende oggcnd afsprake gehad het wat hom sou verhinder om dit dan te doen. Geeneen van hulle het 'n telefoon gehad nie. Hy ry na North in die groen Stanza. North was wakker. Hy het met North vir 'n rukkie gesels oor die rede waarom North nie die afspraak nagekom het nie. North het 'n ongeergde houding oor die aangeleentheid ingeneem. Hy en North het bier genuttig terwyl hy daar was. Terwyl hulle gesels het, het hulle honde hoor blaf in die rigting van ene Vermeulen ('n afgetrede persoon van 81 jaar oud) se eiendom, hoewe 92, meer noord as wat hulle was. Vermeulen se huis was ongeveer 400 - 500 meter van North se eiendom gelee. Hy en North besluit om in daardie rigting te ry en ondersoek in te stel. Hulle ry met die groen Stanza. Hulle merk niks en besluit om terug te keer. Hy laai vir North af by sy huis en ry huis-toe. Hy het wel 'n horlosie gehad daar-die aand (hierdie getuienis was daarop gemik om die implikasie in Viljoen se getuienis dat die een horlosie wat by die lyk
31/...
31. van die oorledene gevind is, sy horlosie was, te weerlê). Hy het egter nie op sy horlosie gekyk toe hy tuis gekom het nie en weet nie hoe laat dit was nie. Hy meen egter dit was tussen 22h00 en 23h00. Sy verloofde moes weer eens vir hom die deur oopsluit. Hy het die vuur weer laat opvlam en het gaan slaap.
North en sy vrou, wat geen badgeriewe by hulle huis gehad het nie, het die volgende oggend by sy plek kom bad.
Die appellant beweer in sy getuienis dat hy die nuus van die dood in Erasmia van 'n Swartman die Saterdagoggend teen ongeveer 7h00 gehoor het.
Op Maandagaand was hy tuis. Sy vriend en kollega Swart was ook daar - by hom en Moekie. Lede van die polisiemag onder beheer van 1t Austin het daar aangekom. Hulle ondervra hom oor die dood van 'n Swart polisieman. Hy verklaar dat
32/...
32.
hy wel een opgelaai het die vorige Vrydagaand en bied aan om hulle te gaan wys waar hy hom opgelaai en afgelaai het. Voor hulle vertrek, het hulle eers sy huis deursoek en onder andere na sy skoene gekyk. Hulle het ook met flitse in die groen Stanza gekyk.
Hulle het van sy huis vertrek en hy gaan wys hulle waar hy die polisieman op- en weer afgelaai het en verduidelik ook waarom hy hom opgelaai het. Hulle het van hom verskil veral ten aansien van waar hy die polisieman afgelaai het. Hy beweer dat hy daar aangerand, geboei en gearresteer is. Hulle neem hom eers na Erasmia-polisiestasie en vandaar na die Moord- en Roof-afdeling se kantore in Kerkstraat, Pretoria, waar hy ondervra is deur Austin en Mentz en later toegesluit is.
Op Dinsdag 10 Junie is hy ontslaan. Hy het 'n dokter gaan spreek en het ook 'n proses teen die polisie aanhangig
33/...
33.
gemaak vir 'n interdik vanwee die aanranding van hom deur die polisie. Dit is gemene saak, soos ek hierbo gemeld het, dat aan hom 'n bevel nisi toegestaan is. Die saak is deur die polisie bestry en is uiteindelik vir verhoor verwys. Die verhoor het ten tyde van die strafsaak teen die appellant nog nie plaasgevind nie. Hy het ook 'n strafregtelike aanklag teen die polisie aanhangig gemaak. Ek meld dit omdat die appellant sekere gebreke in sy getuienis toegeskryf het aan hoofpyne en verwarring as gevolg van die aanranding op hom. Sy weergawe van die gebeure op 25 Junie 1986 toe 1t Viljoen die groen Stanza vir ondersoek gehaal het is dat, hoewel hy, die appellant, vanwee sy fisiese toestand as gevolg van die aanranding nie graag wou bestuur nie, Viljoen daarop aangedring het dat hy bestuur. Hy het na Viljoen se getuienis geluister. Hy kan die gesprek waaroor Viljoen getuig het, nie onthou nie. Dit is moontlik dat hulle oor bloed in die kar gepraat het, sê hy. Hy erken dat hy vir Viljoen herhaalde male geskakel het maar dit was vanwee sy verloofde se ontevredenheid in
34/...
34.
verband met die verwydering van die sitplekke wat haar
in-
en uitklim in die voertuig van agter (wat vir haar meer gerieflik
was)
en die intrek van die rolstoel, vergemaklik het.
Op 16 Julie 1986 is hy, soos 1t Viljoen getuig het, by sy werk in hegtenis geneem. Hy was in aanhouding tot 24 Augustus 1986 op welke datum hy, na 'n aansoek op borg vrygelaat is.
Soos ek hierbo gemeld het is daar kennis gegee van 'n aansoek wat aan hierdie Hof gerig sou word vir die aanbieding van verdere getuienis ooreenkomstig die bepalings van a 22(a) van die Hooggeregshofwet 59 van 1959. Soos gestel is in die kennisgewing, sou die aansoek op twee bene berus, naamlik:
1. getuienis dat beide die horlosies die oorledene se eiendom was, en
2. die getuienis van dr Klatzow wat hoofsaaklik
35/...
35.
betrekking het op die vraag of daar bloed in
die onderliggende skuimrubber aanwesig sou gewees
het indien die sitplekke wel gewas was.
Wat die tweede aspek betref, het dr Klatzow getuienis gegee tydens die verhoor. Ten aansien van die metodes wat kaptein Claassens aangewend het om, eerstens, vas te stel of daar bloed in die voertuig was en, tweedens, om die bloed te groepeer, het dr Klatzow nie wesentlik van kaptein Claassens verskil nie. Sy getuienis is blykbaar aangebied om twyfel te werp op kaptein Claassens se getuienis dat hy bloed gevind het, want hyself kon nie bloed op die materiaal van die sitplekke vind nie. Die getuienis van dr Klatzow wat die appellant aan-vullend wou aanbied was om te bewys dat daar hoegenaamd nie enige bloed gevind kon gewees het nie, want as daar bloed was sou dit, indien die sitplekke gewas sou gewees het, soos wat kaptein Claassens vermoed het, in die skuimrubber ingetrek het. Klatzow het egter die skuimrubber ondersoek en hy het geen
36/...
36. bloed gevind nie. Sy aanvullende getuienis sou ook aantoon, so is in die stukke wat ter stawing geliasseer is, beweer, dat dit nie wenslik is om die bloedgroepering te bepaal nadat luminol gebruik is om die aanwesigheid van bloed vas te stel nie, soos wat kaptein Claassens gedoen het. Ook sou hy aanvoer dat dit onwaarskynlik is dat die twee kolletjies bloed wat kaptein Claassens gevind het, gevind kon gewees het nadat die sitplek gewas is. Hy sou ook verder kon getuig, so is beweer, dat bloed wat van die kopwond van die oorledene verkry is, heel waarskynlik gekontamineer sou wees en dat mikro-organismes veranderinge in bloedgroepe kan bewerkstellig.
Met die aanvang van die verrigtinge in hierdie Hof het adv De Vos aangekondig dat hy besluit het om nie met die aansoek om verdere getuienis van dr Klatzow aan te bied, voort te gaan nie en dat hy die aansoek abandoneer. Dit was 'n wyse besluit en niks verder hoef dus daaroor gesê te word nie.
37/...
37.
Wat die horlosie betref, beweer die huidige prokureur van die appellant dat 'n horlosie deur 1t Viljoen aan hom oorhandig is. Dit sou die horlosie wees wat by die lyk van die oorledene gevind was. Hierdie horlosie, so word verklaar in beedigde verklarings, is deur a/o Labuschagne en die oorledene se kollega Tefo uitgeken as 'n horlosie wat aan die oorledene behoort het. Indien, so betoog adv De Vos, hierdie getuienis aanvaar word, soos dit waarskynlik sou word deur enige hof, werp dit ernstige twyfel op die getuienis van 1t Viljoen dat die appellant aan hom sou gesê het dat hy geruime tyd reeds sonder 'n horlosie was en weerlê dit die implikasie dat dit sy horlosie was wat daar by die lyk agtergebly het. Ek kan nie saamstem nie. Al sou die appellant so 'n mededeling gemaak het aan 1t Viljoen en al sou laasgenoemde vermoed het dat dit die appellant se horlosie was, sou dit die saak nie verder voer nie. Ek meen nie dat die feit dat dit die oorledene se horlosie was, op sigself 'n skadu van ongeloofwaardigheid oor Viljoen se getuienis werp nie. So 'n gesprek kon wel
38/...
38.
plaasgevind het. Dit is aanvaarbaar dat 1t Viljoen 'n oplossing sou gesoek het vir die aanwesigheid van die tweede horlosie op die toneel en vir die appellant sou wou uitlok juis vanwee die vermoede wat hy moontlik gekoester het dat dit die appellant se horlosie was, en dat hy die waarheid in die verband vertel het. Die Hof het nie, as een van die omstandighede wat dit in aanmerking geneem het, die afleiding gemaak dat dit die appellant se horlosie was nie. In die uitspraak is niks daaromtrent gesê nie. Ek kan dus nie insien hoedat verdere getuienis in die verband enigsins die saak van die appellant verder voer nie. Advokaat De Vos het ook nie in hierdie verband sterk standpunt ingeneem nie en het ook hierdie twispunt later gewonne gegee.
'n Betoog is aan hierdie Hof gerig dat die Hof a quo 'n onreelmatigheid begaan het om 'n afskrif van die verrigtinge van die appellant se borgaansoek toe te laat. Daar is aan hierdie Hof voorgehou dat die beedigde verklaring van North
39/...
39.
waarna breedvoerig verwys is in die loop van die borgverrigtinge, die Hof kon beinvloed het. Dit is wel so dat die aanklaer in die landdroshof voor wie die borgaansoek gedien het, sekere passasies uit North se verklaring aan die appellant in daardie hof gestel het - passasies wat die appellant in 'n groot mate geimpliseer het in die sin dat North beweer het dat hy die appellant gehelp het om van die liggaam van die oorledene ontslae te raak. 'n Gedeelte van die notule van die verrigtinge
- wat daardie gedeelte van die gemelde kruisondervraging insluit - is in die Hof a quo ingelewer en toegelaat maar dit is gedoen met die oog daarop om die getuienis en veral erkennings van die appellant in daardie verrigtinge, voor die Hof a
quo te kry. Hy het enige gesamentlike optrede van hom en North ontken en bowendien was enige verklaring van North nie toelaatbaar voor die Hof nie - op twee gronde naamlik dit is, eerstens, hoorsê-getuienis en, tweedens, enige bekentenis wat deur enige persoon gemaak is, is nie toelaatbaar teen 'n ander persoon wat so 'n persoon as medepligtige in die
40/...
40. bekentenis betrek nie. Die Hof a quo was deeglik bedag hierop en het, soos dit blyk uit die uitspraak, die verklaring van North glad nie in ag geneem nie.
Die hoofbetoog ten behoewe van die appellant het uit 'n dubbele aanval op sekere getuienis wat die Staat aangevoer het, bestaan. Daar is aangevoer, soos ek die betoog begryp, dat elkeen van hierdie aanvalle afsonderlik, indien enigeen slaag, die skuldigbevinding wesentlik aantas, of dat die gesamentlike effek daarvan die Staat se saak so verswak, dat die appellant op sy vryspraak geregtig ís. Die twee aanvalle is, eerstens, dat daar nie 'n behoorlike nexus bewys is nie tussen die bloedmonster wat Hattingh van die oorledene se kopwond verkry het en die monster wat Claassens ontleed het, en tweedens, dat die gebreke wat kleef aan William en Johannes se getuienis so ernstig is dat die Hof verkeerdelik daarop staatgemaak het en, so is betoog, as William en Johannes se getuienis as ongeloofwaardig bevind was, soos dit moes bevind
41/...
41. gewees het, was 'n skuldigbevinding nie alleen nie geregverdig nie, maar was dit, vanuit 'n positiewe oogpunt gesien, ook 'n redelike moontlikheid in ag genome al die omringende omstandighede en die getuienis van Krugel, dat William en Johannes self betrokke was by die dood van die oorledene.
Adjudant-offisier Hattingh het getuig dat sy pligte insluit die neem van foto's op die toneel, die versameling van enige leidrade en die neem van monsters wat hy dan agterna aan die forensiese laboratorium oorhandig vir ondersoek. Hy is onder andere behoorlik toegerus vir die neem van bloedmonsters. Die houertjie waarin hy die bloedmonster van die bloed uit oorledene se kopwond geneem het was 'n plastiese botteltjie wat spesiaal aan hom uitgereik is vir die doel. Nadat hy die monster geneem het, het hy 'n prop op die botteltjie geplaas en dit in 'n koevert geplaas. Hy het die monster in 'n yskas bewaar by sy huis gedurende die naweek (want hy was op bystand-diens) en vanaf Maandag 9 Junie is dit gehou in die
42/....
42.
fotografiese afdeling ("by ons in die kantoor"). Op 16 Junie 1986 het hy die monster aan kaptein Claassens van die forensiese afdeling oorhandig. Hy het verduidelik dat hy, nadat hy die monster geneem het, 'n klein wit etiket daarop aangebring het waarop hy die tyd van die neem van die monster, die datum en "watse tipe monster" dit was, aangebring het. Hy het nie onmiddellik 'n misdaadregisternommer op die botteltjie aangebring nie omdat hy nog nie so 'n nommer beskikbaar gehad het nie, maar toe hy die volgende Maandag op kantoor kom, het hy die saak geregistreer en 'n planregisternommer (PR-nommer), sowel as 'n misdaadregisternommer (MR-nommer) wat die wyk Erasmia aandui, daarop in sy eie handskrif aangebring. Met hierdie besonderhede op het hy dit aan kaptein Claassens oorhandig. Volgens kaptein Claassens se getuienis het hy 'n monster van a/o Hattingh ontvang wat gemerk is "Jacob Ndimandi - Erasmia MR 48/6/86."
Dit is duidelik, betoog die advokaat vir die appellant, dat die twee botteltjies nie dieselfde kan wees nie. A/o
43/...
43.
Hattingh het nooit die oorledene se naam op die botteltjie wat hy aan kaptein Claassens oorhandig het, geskryf nie. Daarteenoor, gaan die-betoog voort, meld kaptein Claassens niks van die planregisternommer, die datum, die tyd of die tipe monster wat geneem was nie. Dit is n verregaande betoog. Dit was in die Hof a quo nie in geskil geplaas dat dit dieselfde botteltjie was nie. Hattingh sê hy het die betrokke MR-nommer van Erasmia se polisiestasie op die botteltjie aangebring en dit is nooit betwis nie dat die MR-nommer waarna Claassen in sy verslag verwys het, ooreengestem het met die MR-nommer wat Hattingh op die botteltjie aangebring het. Daar is nie kruisondervraging gerig om enige onbestaanbaarhede tussen die geskrif op die monster wat Hattingh oorhandig het en wat Claassens in sy verslag beskryf het, aan die lig te bring nie. Hierdie betoog word gevolglik verwerp.
Die getuienis van William en Johannes is heftig aangeval veral wat betref hulle bewering dat hulle die appellant
44/...
44. se voertuig kon gesien het totdat dit by North se huis stilgehou het. In hierdie verband is dit betoog dat die getuienis van Kotze en James Burt in 'n ernstige mate twyfel werp op die getuienis afgesien van die algemene ongeloofwaardigheid van die twee getuies, maar veral William.
Kotze, 'n ingeskrewe klerk by die prokureursfirma wat tydens die verhoor opdrag van die appellant gehad het, is op Sondagaand, 1 Maart 1987, saam met die appellant se broer na die Laezonia-hoewes om sekere proefnemings te doen met die betrokke Stanza-voertuig. Kotze het, toegerus met 'n stophorlosie, gaan staan waar, volgens hom, William beweer het dat hy gestaan het toe hy die appellant se voertuig dopgehou het op die betrokke aand. James Burt het ook 'n stophorlosie gehad. Laasgenoemde het met die Stanza, met die hoofligte aan, gestaan by die plek waar die appellant beweerdelik vir die oorledene opgelaai het. Soos hulle ooreengekom het, het Burt onmiddellik toe hy wegtrek, die toeter gedruk en albei
45/...
45. het hulle stophorlosies geaktiveer. Burt het die roete na North se huis waarlangs die appellant op die betrokke aand, volgens William en Johannes se getuienis, gery het, gevolg. Aanvanklik was die ligte en die voertuig sigbaar. Na 15 sekondes het die motor en die ligte en die geluid verdwyn. Hy het daarna die roete dopgehou wat van die foto vir hom bekend was en eers na omtrent twee-en-'n-halwe minuut kon hy die voertuig vir die eerste keer weer sien. 'n Tweede motor het op daardie stadium op die pad na North se huis verskyn en hom verwar. Hy kon die voertuig wat deur Burt bestuur is, egter weer onderskei toe Burt, soos hulle ooreengekom het, die voertuig se ligte flikker op die tydstip toe hy by North se huis aankom. Volgens die stophorlosie het die rit min of meer vyf minute geneem. Hy het die proefneming herhaal vanaf 'n posisie, deur hom ingeneem, waar Johannes sou gestaan het. Hierdie keer het hy na tien sekondes alle sig en geluid van die motor verloor. Na ongeveer twee-en-'n-driekwart-minute kon hy die voertuig self weer tussen die bome sien in die vallei waardeur die
46/...
46.
pad loop. Hy het dit benadruk dat die foto's wat by die Hof ingelewer is, bedrieglik is. Dit wek die indruk dat die terrein waaroor die pad loop, plat is terwyl dit nie die geval is nie maar 'n bultende en golwende landskap is. Daarbenewens is daar heelwat bome wat die uitsig versper. Hy het ook melding gemaak van 'n ligskynsel op die horison veroorsaak deur stadsligte wat 'n bewegende voertuig se ligte minder sigbaar maak. Ook sal, volgens hom, die skynsel van ligte in die talle huise in die omgewing die sigbaarheid van ligte van 'n voertuig affekteer. Die straal van die ligte was vanweë al hierdie faktore ook moeilik sigbaar. Hy kon alleen die ligte self sien. Kotze het toegegee dat van die bome wat gedurende Maartmaand die uitsig kon belemmer het, in Junie-maand heeltemal kaal sou wees en die sigbaarheid sou verhoog.
Op 19 Maart is Kotze terug na die toneel om verdere proefnemings en observasies te doen. Hy was op die toneel om ongeveer 19h30 saam met prokureur Currin van dieselfde
47/...
47. firma. Hy het besluit om weer te gaan aangesien hy nie voorheen van 'n punt waar William gestaan het nadat hy, soos hy getuig het, na die pad gehar-dloop het, die sigbaarheid in die aand van 'n voertuig langs daardie roete, vasgestel het nie. By hierdie geleentheid het Currin sy eie voertuig, 'n nuwe Volkswagen Kombi, bestuur. Die ligte van die kombi is veel hoër en ook skerper as dié van die Stanza. Na ongeveer 'n minuut het die ligte verdwyn. Na ongeveer 15 na 20 sekondes kon hy, hoewel hy nie die ligte self kon sien nie, die gloed of straal van die ligte gesien. Na ongeveer twee tot twee-en-'n-half minute kon hy die voertuig self weer sien. Toe die voertuig by die bome kom, kon hy die voertuig tussen die stamme sien beweeg, hoewel hy dit vir 'n oomblikkie verloor het. Hy kon ook die voertuig sien arriveer by North se huis.
'n Behoorlike evaluering van Kotze en James Burt se getuienis noop my om saam te stem met die uitspraak van die Hof a quo waarin gesê word:
48/...
48.
"Dit is dus duidelik dat volgens hierdie getuienis William en Johannes die kar en ligte van beskuldigde kon sien vir 'n sekere tydperk en dat hulle wel die ligte kon sien toe dit by North se huis arriveer. Die rit vanaf punt C na North se huis neem maar ongeveer vyf minute."
Ofskoon die Hof a quo na my mening dus tereg tot
die gevolgtrekking gekom het dat die getuienis
van James Burt
en Kotzé nie afbreuk doen aan die getuienis van William
en
Johannes sover dit die sigbaarheid aanbetref van 'n voertuig
wat in die
aand langs daardie pad ry nie, bly die vraag egter
nog staan of die getuienis
van William en Johannes so
geloofwaardig is dat 'n Hof daarop kan staatmaak,
soos wat
die Hof a quo wel gedoen het. Soos ek hierbo gemeld
het,
is hulle getuienis heftig aangeval, veral dié van William.
Die
appellant se advokaat het onder andere daarop gewys dat
William twee
teenstrydige verklarings aan die polisie gemaak
het. In sy eerste verklaring
het hy ontken dat hy die oorledene
op die betrokke aand in sy voertuig
vervoer het, terwyl hy
49/...
49. later 'n verklaring gemaak het wat ooreenstem met sy getuienis voor die Hof. Die appellant se advokaat wys daarop dat die getuienis daarop dui, 'n aangeleentheid wat deur die Staat erken is, dat William aangerand is deur 1t Austin terwyl hy in aanhouding was, 'n feit wat William ontken het. Hierdie leuenagtige ontkenning werp 'n skadu van verdenking op die tweede verklaring en ook op sy getuienis, is aangevoer. Hoewel dit waar is dat William die aanranding verswyg het wat moontlik agterdog wek dat hy een of ander aansporing ontvang het om vals te getuig in die Hof, meen ek dat sy verduideliking waarom hy eers ontken het dat hy iets van die oorledene weet, 'n aanvaarbare verduideliking was. Die verduideliking was naamlik dat hy, na die geskil met North, deur die polisie gewaarsku is om nie weer met sy voertuig in die Laezonia-gebied rond te beweeg nie. Ook Johannes se getuienis is in dieselfde verband aangeval. Soos die advokaat vir die appellant tereg daarop wys, het ook Johannes, wat saam met William aangehou was vir ondervraging, ontken dat William aangerand is. Daar
50/...
50. was dus, so is betoog, samespanning tussen William en Johannes om nie die waarheid te praat nie en, wys die advokaat daarop, Austin wat, volgens die advokaat, 'n verduideliking aan die Hof verskuldig was, is nooit geroep nie. Advokaat De Vos het ook William en Johannes se getuienis dat hulle nie opgemerk het dat die oorledene sterk onder die invloed van drank was nie, heftig gekritiseer. Hy het dit beklemtoon dat die bloedmonster van oorledene se bloed wat vir die alkoholinhoud getoets is, aangetoon het dat die oorledene 'n alkoholinhoud van ,39%, dus 'n besonder hoe persentasie, in sy bloed gehad het.
Advokaat De Vos kan gelyk gegee word dat dit 'n besondere hoe persentasie is. Die moontlikheid van nadoodse vorming van alkohol in 'n dooie se bloedstroom deur fermentasie is genoem. Dit, so lui die getuienis, kon egter nie 'n aanmerklike verskil gemaak het nie. Daar is egter getuienis dat die oorledene 'n gereelde drinker was en waarskynlik het
51/...
51. hy 'n betreklike weerstandsvermoe opgebou. Die appellant self het, hoewel hy die indruk gekry het dat die oorledene in 'n redelike mate onder die invloed van drank was, nie getuig dat hy papdronk was nie. Hy kon nog 'n rasionele gesprek met hom voer. Dat die oorledene wel drank iewers in die hande gekry het is seker, maar dat hy, William en Johannes waarskynlik van die een sjebeen na die ander gery het om te drink, soos aan die hand gedoen is deur die appellant se advokaat, kan nie as 'n redelike moontlikheid aanvaar word nie. Waar die oorledene drank gekry het en gedrink het voordat William en Johannes hom opgelaai het, is nie geopenbaar nie. Dat hy wel drank iewers moes gekoop het, kan afgelei word van William se getuienis dat hy die laaste twee biere van 'n pakkie van ses tevoorskyn gehaal het en dat hulle dit in die voertuig genuttig het. Waar en wanneer hy die ander vier biere (en moontlik ander drank) ingeneem het, kan nie eers oor bespiegel word nie. William en Johannes het oor al hulle bewegings vanaf die oomblik toe die oorledene opgelaai is, getuig en
52/...
52.
hierdie getuienis is heeltemal bestaanbaar met die feit, wat gemeensaak is, dat hulle ietwat voor 22h00 vir die appellant teengekom het op die skoolpad.
Die Hof a quo was heeltemal bewus van die swakhede in veral William se getuienis en het vir stawing gesoek. Dit het die Hof gevind, nie alleen in die getuienis van Johannes en 'n mindere mate van Elizabeth Phakela nie, maar ook in die waarskynlikhede wat uit die bewese omstandighede geblyk het. Dat die saak van die Staat op omstandigheidsgetuienis berus en dat die skuldigbevinding alleen geregverdig sou wees indien die skuld van die appellant die enigste redelike moontlike afleiding is, het die Hof a quo terdee besef.
Die appellant se moeilike taak was om hierdie Hof te oortuig dat die Hof a quo verkeerdelik die skuld van die appellant as die enigste redelike moontlikheid bevind het. Daar is verskeie alternatiewe moontlikhede deur die appellant
53/...
53. se advokaat aan die hand gedoen, die meeste waarvan egter slegs as blote bespiegelinge bestempel kan word. Die enigste voorstel wat aandag verdien, is die moontlikheid dat William en Johannes self iets te doen sou gehad het met die dood van die oorledene. Daar is aan die hand gedoen dat die moontlikheid bestaan dat William en Johannes vir die oorledene later, nadat hy deur die appellant afgelaai is, weer opgelaai het en om een of ander rede hom om die lewe gebring het. Een motief wat aan die hand gedoen is, is dat die vrees by hulle gewek kon gewees het dat die oorledene, 'n polisieman, moontlik met die appellant sou saamwerk om die twee se misdadige bedrywighede kort te knip of dat hy moontlik aan die appellant onthullings sou gedoen het wat hulle kon benadeel. As bewys dat William en Johannes iets meer geweet het as wat hulle voorgegee het, is die getuienis van Krugel opgehaal dat, soos af te lei is uit sy gesprek met William, laasgenoemde vir hom details meegedeel het van die wyse waarop die oorledene gedood is (hy het byvoorbeeld verwys na 'n borswond) nog voordat dit
54/...
54. aan William, indien hy onbewus was van die dood, bekend kon gewees het dat die oorledene, afgesien van 'n wond aan sy kop, ook 'n ander wond opgedoen het.
Ek kan die betoog nie aanvaar nie. Krugel se geheue van presies waar en wanneer die gesprek tussen hom en William sou plaasgevind het, was, soos die Verhoorhof tereg bevind het, gebrekkig en die waarskynlikheid is dat, soos William getuig het, hy eers die volgende oggend by die Plek van Varke van Swart lede van die polisiemag verneem het van die vonds van die liggaam van die oorledene die vorige nag. Dat besonderhede van die wonde wat opgemerk is, aan hom meegedeel kon gewees het, is aanvaarbaar. As hy enige gesprek met Krugel gevoer het, moes dit daarna gewees het. Sy getuienis dat hy die Saterdagoggend na die Plek van Varke gegaan het om sy wors wat die oorledene in sy drasak geplaas het, te haal, is nooit in twyfel getrek nie. Sy optrede in dié verband is onbestaanbaar met enige aandadigheid van sy kant aan die
55/...
55. dood van die oorledene.
Na my oordeel het die Hof a quo tereg bevind dat die enigste redelike moontlikheid wat af te lei is uit die aangebode getuienis is dat die appellant aandadig was aan die dood van die oorledene. Die deurslaggewende omstandighede en die afleidings wat daarvan gedoen kan word is die volgende:'
1. William en Johannes het die gang van die appellant
se voertuig gevolg totdat dit by North se plek stilgehou het en die ligte daar afgeskakel is.
2. Die appellant erken dat hy by North se plek was daardie
aand. Die
getuienis dat hy eers by sy eie huis
aangegaan het is tereg verwerp; so ook
die rede wat
hy aangegee het vir sy rit daardie aand na North. Die aangeleentheid van North se versuim om die afspraak met die Regshulpraad na te kom was nie so dringend dat dit 'n rit daarheen na 22h00 in die aand genoodsaak of selfs geregverdig het nie.
3. By die toneel is twee stelle spore gevind; die sool-patroon van een van die spore kom ooreen met North se skoen. 4. By North se hoewe word 'n band gevind met 'n loopvlak-patroon soortgelyk aan die patroon van die band wat
56/...
56.
om die liggaam van die oorledene gevind is.
5. North gee skielik pad uit die land.
6. Bloed wat ooreenstem met die bloedgroep van die oorledene word agter in die Stanza gevind - 'n feit wat bestaanbaar is met 'n afleiding dat die appellant die voertuig bestuur het en dat North sy passasier
was tot by die plek waar die liggaam van die oorledene, wat agter in die voertuig was, uitgesleep is en aan die brand gesteek is.
7. Die beweerde rit na Vermeulen se hoewe deur hom en
North is as 'n
rookskerm opgewerp om die rit na die
plek waar hulle die liggaam afgelaai
het, te verdoesel.
Kumulatief gesien, lei die bewese omstandighede na my
oordeel
slegs tot een gevolgtrekking en dit is dat hy alleen
of hy en North die
oorledene erg beseer het, heel waarskynlik
in die loop van 'n
ondervragingsproses, en dat hy en North
besluit het om van sy liggaam ontslae
te raak op 'n wyse wat
die indruk sou wek dat daar 'n halssnoermoord op hom
uitgevoer
is.
Die appél teen sy skuldigbevinding kan nie slaag nie.
57/...
57. Die appellant het self ter versagting getuig. Benewens sy eie getuienis, is namens hom 'n kliniese sielkundige, dr Olivier, se getuienis aangebied en die Staat het die getuienis van dr Lundt, 'n psigiater van Weskoppiesinrigting vir Geestesversteurdes aangebied.
Die appellant het volgehou dat hy niks met die moord op die oorledene te doen gehad het nie. Hy het, wat beskryf kan word as 'n redelike stormagtige lewensverhaal, aan die Hof voorgedra. Hy was aggressief van aard; hy kon nie aanpas by die militêre lewe toe hy sy diensplig verrig het nie; hy het hom nie maklik aan dissipline onderwerp nie; sy huwelikslewe was ongelukkig - hy het sy vrou, van wie hy later geskei is, sowel as sy skoonvader, aangerand; hy het dikwels van werk en verblyf verander, totdat hy h verhouding met Moekie Grobbelaar aangeknoop het en vir die laaste vier jaar 'n vaste betrekking by die Uraanverrykingskorporasie gevul het - omstan-dighede wat 'n mate van bestendigheid in sy lewe gebring het.
58/...
58.
Dr Olivier het verskeie psigo-diagnostiese onderhoude met die appellant gevoer en het ook verskeie psigometriese toetse op hom uitgevoer". Sy het bevind dat hy 'n antisosiale persoonlikheidsafwyking vertoon. Hy besit kenmerke van iemand wat voorheen beskryf is as 'n psigopaat ('n term wat die wetenskaplikes deesdae vermy) maar hy is nie een nie. Hy het 'n bogemiddelde IK van 112. Tog het hy swak op skool gepresteer. Sy het tot die gevolgtrekking gekom dat hy 'n leuenaar is en dat, hoewel hy in die laaste jare 'n redelike bestendige lewenspatroon gehandhaaf het, sy gevoelslewe en emosies vlak is. Volgens wat sy vasgestel het van sy werkgewers is die gehalte van sy werk ondergemiddeld. Waar drank en dwelms (dagga) eers 'n probleem was, was dit in die laaste aantal jare nie so nie, hoewel hy nog sosiaal gedrink het. Dr Lundt het met dr Olivier saamgestem.
Die Hof het bevind dat drank nie op hierdie betrokke dag 'n rol gespeel het nie. Daar was getuienis dat die appellant
59/...
59. by die werk een bier gedrink het, dat hy nog een genuttig het nadat hy tuis gekom het en voordat hy vergadering toe is, dat hy na die vergadering weer bier gedrink het en by North ook bier gedrink het. Daar was egter geen getuienis dat die drank-inname enigsins sy gemoedstoestand geaffekteer het in sy optrede teen die oorledene nie.
Die Verhoorhof het aanvaar, soos betoog is deur die appellant se advokaat in daardie Hof, dat hy deur North bygestaan is maar die Hof het die betoog dat hy moontlik deur North beinvloed is, verwerp. Daar was, so bevind die Hof a quo, geen getuienis wat so 'n bevinding regverdig nie. Daar is aangevoer dat die appellant en North nie die opset gehad het om die oorledene te dood nie, maar dat hulle, toe hulle meen dat die dood as gevolg van die aanranding ingetree het, paniekbevange geraak het en besluit het om die halssnoer-metode aan te wend om alle tekens dat hy aangerand is, uit te wis. Die Hof het, tereg, na my oordeel, bevind dat daar geen bewys
60/...
60.
is dat dit hulle mening en gemoedstoestand was nie.
Voor hierdie Hof is daar aangevoer dat die volgende. omstandighede die Hof moes genoop het om versagtende omstandighede te bevind:
1. Die misdadigheid van elemente in die omgewing, wat
waarskynlik sou
toeneem indien die nuwe beoogde Swart
dorpsgebied Norweto, nie ver van
Laezonia nie, tot
stand sou kom, is op die vergadering by Van der
Hooft
bespreek. Dit het waarskynlik 'n invloed gehad op
die gemoedstoestand van die appellant.
2. Op sy terugrit van die vergadering word die verdagte voertuig deur die appellant met 'n aantal persone daarin in agterdogwekkende omstandighede opgemerk. Die Hof moes die afleiding maak, is aangevoer, dat dit die appellant wat van geaardheid 'n aggressiewe persoon is, nog verder geirriteer het en op sy gemoed ingewerk het. 3. Die getuienis toon ook aan dat die appellant drank ingehad het die aand.
Die betoog lui dat die Hof die faktore hierbo genoem
nie
kumulatief in ag geneem het of nie genoegsaam in ag geneem
het nie. Indien
met die betoog bedoel is dat die Hof 'n
61/...
61.
mistasting begaan het, kan ek nie saamstem nie. Die appellant se groot moeilikheid is dat hy nie die Hof in sy vertroue geneem het en aan die Hof verduidelik het wat in sy gemoed omgegaan het nie. Hy het alle betrokkenheid by die dood van die oorledene ontken. Wat die drank betref stem ek saam met die Verhoorhof dat daar geen getuienis is dat drank die appellant enigsins beinvloed het nie. Ek wil nie beweer dat indien die appellant wel sou getuig het dat die ander faktore op sy gemoed ingewerk het, dit deur die Verhoorhof in die uitoefening van sy diskresie as versagtende omstandighede in ag geneem moes gewees het nie. My standpunt is slegs dat, by ontstentenis van getuienis van die appellant self welke gemoedsdrange hom beweeg het om die daad te pleeg, die Verhoorhof nie ten gunste van hom kon gis nie. Die appél teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede bestaan nie, kan dus ook nie slaag nie.
62/...
62.
Die appèl word van die hand gewys.
WAARNEMENDE APPèLREGTER
VAN HEERDEN AR)
EKSTEEN AR) -stem saam