South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 97

| Noteup | LawCite

S v Solomon (392/1984) [1986] ZASCA 97 (19 September 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No. 392/1984

IN DIE H00GGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING

Insake die appèl van:

DAVID SOLO Appellant
teen
DIE STAAT Respondent

CORAM: VAN HEERDEN, GROSSKOPF et JACOBS ARR
VERHOORDATUM: 29 AUGUSTUS 1986 LEWERINGSDATUM: 19 SEPTEMBER 1986

UITSPRAAK

/VAN HEERDEN AR ...

2. VAN HEERDEN AR:

Die appellant en ene Yiliwa het in die land-droshof tereggestaan op 'n aanklag van diefstal van farmaseutiese middels wat aan hul werkgewer behoort het. Hulle is skuldig bevind en gevonnis tot 'n boete van R120 of 60 dae gevangenisstraf asook verdere gevangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort is. Die appellant se appèl na die Oranje Vrystaatse Provinsiale Afdeling het misluk en met die nodige verlof is die onderhawige appèl slegs teen sy skuldigbevinding gerig.
Ene Metsing was ook van pleging van dieselfde misdaad aangekla. Hy het skuldig gepleit en teen die tyd dat hy ten behoewe van die Staat by die voortgesette verhoor van die appellant en Yiliwa getuig het, was hy reeds skuldig bevind en gevonnis. Sy getuienis was dan ook die enigste wat die appellant direk gelmpliseer het.

Metsing getuig dat die appellant op vyf

/geleenthede ...

3.

geleenthede aandadig was aan die diefstal van middels wat die eiendom van Sterling Drugs was. Op die eerste geleentheid het die appellant 'n karton bevattende 36 dosies Compral tablette op die firma se aflewerings-wa gelaai. Later is dié karton by 'n kafee in die Bochabela woonbuurt afgelaai. Die appellant het in die voertuig bly sit terwyl Yiliwa en Metsing die kar-ton in die kafee geneem het. Dit is vir R45 verkoop wat gelykop tussen die drietal verdeel is.

Op die tweede geleentheid het die appellant twee kartonne Stearns hoesstroop op bedoelde voertuig gelaai. Later het al drie na voornoemde kafee gery waar die hoesstroop deur Yiliwa vir R30 verkoop is. Ook hierdie bedrag is gelykop verdeel.

Op die volgende geleentheid het die appellant twee klein kartonne Andrews lewersout geplaas tussen goedere wat afgelewer moes word. Slegs die appellant en Metsing het later na die Batho woonbuurt gery alwaar

/laasgenoemde ...

4.

laasgenoemde die lewersout aan ene Violet vir R4 verkoop het. Dié bedrag is tussen die appellant en Metsing verdeel.

Op die vierde geleentheid het die appellant 36 bottels Stearns hoesstroop, 80 pakkies lewersout en 12 bottels Panado pille uit vol kartonne van dié mid-dels geneem. Daarna het hy dit in 'n lee kartondoos verpak en op die afleweringsvoertuig geplaas. Later het die appellant en Metsing na Quality Stores in Heide-dal gery. Die appellant het by die voertuig gebly terwyl Metsing die middels aan die eienaar van die winkel verkoop het. Weer eens is die koopprys, nl R30, gelykop verdeel.

Op die laaste geleentheid het die appellant 'n karton lewersout geneem wat later op die aflewerings-voertuig geplaas is. Nadat ander middels afgelewer is, het die appellant en Metsing na Peter's Cash Store in Heidedal gery. Daar het Metsing die lewersout vir

/R40 ...

5.

R40 verkoop. Die appellant het R30 geneem maar be-loof om later nog R10 aan Metsing te gee.

Gratitude Mathobisa se getuienis bied ge-deeltelike stawing vir Metsing se weergawe aangaande die eerste twee geleenthede. Hy sê dat Yiliwa en Met-sing twee keer middels aan Adeline Cash Stores in die Bochabela woonbuurt verkoop het. Die eerste keer is 'n
karton Compral vir R45, en die tweede keér 'n karton Stearns hoesstroop vir R30, verkoop. Die getuie het egter nie op enige van die twee geleenthede die appellant gesien nie. Anders as Metsing sê hy ook dat slegs een karton hoesstroop verkoop is.

Violet Olifant bevestig dat Metsing lewersout vir R4 aan haar verkoop het. Sy sê dat iemand in die afleweringsvoertuig bly sit het terwyl Metsing in die winkel was. Sy het egter geen ag op eersgenoemde ge-slaan nie.

Yiliwa het ontken dat hy enigsins by die toe-

/ëiening ...

6.

ëiening van sy werkgewer se goedere betrokke was. Hy het egter erken dat hy op twee geleenthede vir Metsing gehelp het om kartondose in te dra by Mathobisa Cash Store (ook bekend as Norman se kafee) maar het geensins die appellant met hierdie gebeure verbind nie. Vol-gens hom was hy bloot vir Metsing behulpsaam met die betrokke aflewerings op stadiums toe hy nog nie vir Sterling Drugs gewerk het nie.

Die appellant het nie gedurende sy hoofonder-vraging in besonderhede al die aantygings van Metsing beantwoord nie. Hy het egter ontken dat hy ooit gegaan het na die winkels en kafees waaroor Metsing getuig het, asook dat hy Compral of Stearns hoesstroop op sy firma se afleweringsvoertuig geplaas het.

Die landdros het die getuienis van die appel-lant (en Yiliwa) verwerp en dié van Metsing aanvaar. In die redes deur hom verstrek met betrekking tot die skuldigbevinding van die appellant het die landdros as

/bewese ...

7.

bewese feite vermeld dat Metsing 'n uitstekende getuie was en dat daar "grootliks" stawing vir sy getuienis was. Hoewel die landdros bedag was op die feit dat Metsing 'n medepligtige was en dat sy getuienis met om-sigtigheid benader moes word, kom dit my voor dat die stawing wat na sy oordeel vir Metsing se weergawe be-staan het 'n belangrike faktor was by sy opweging van die geloofwaardigheid van Metsing teenoor dié van die appel-lant. Dit is trouens toegegee deur die respondent se advokaat.

Die landdros het bedoelde stawing gevind in die getuienis van Mathobisa en Olifant. Nou is dit
belangrik om daarop te let dat hierdie getuies slegs bevestig het dat sekere middels aan hulle verkoop is, en dat hul getuienis nie aantoon dat die appellant enig-sins daarby betrokke was nie. In besonder staaf hulle nie Metsing se weergawe dat die appellant op enige van die betrokke geleenthede in die afleweringsvoertuig was

/nie ...

8.

nie. Insoverre Metsing aandadigheidaan die betrokke
toeëienings aan die appellant toegeskryf het, bied die getuienis van Mathobisa en Olifant dus geen stukrag vir Metsing se weergawe nie. Na my mening het die land-dros dus verkeerdelik hul getuienis gebruik ter onder-skraging van Metsing se aantygings teen die appellant.

Die landdros sê voorts dat Metsing se getuienis oortuig het omdat hy op geen stadium probeer aandik het nie. In hierdie verband is onder andere daarop gewys dat hy nie probeer voorgee het dat hy op die derde en vyfde geleenthede die gesteelde middels vir meer as onderskeidelik R4 en R40 verkoop het nie. Dit val egter nie in te sien nie waarom Metsing fiktiewe koop-pryse sou wou noem en sodoende sy eie aandeel in die opbrengs van die diefstal sou wou vergroot nie. Die blote feit dat Metsing nie onnodige, en trouens onsin-nige, onwaarhede verkondig het nie, verleen dus nie oortuigingskrag aan sy getuienis nie. Anders as wat die landdros blykbaar gemeen het, was daar betreffende die vyfde geleentheid in elk geval geen getuienis nie, behalwe dié van Metsing self, dat hy R40 vir die be-trokke middels ontvang het of dat hy dié inderdaad ver-koop het.

/Ten ...

9.

Ten aansien van die appellant se getuienis het die landdros slegs die volgende gesê:

"Appellant se getuienis kon nie in isolasie oorweeg word nie maar daar moes gekyk word na die getuienis in totaliteit wat die om-standighede en waarskynlikhede van die ge-beure insluit. Selfs al sou appellant se weergawe in isolasie oorweeg kon word, kom dit neer op 'n blote ontkenning van sekere bewerings en 'n stilswye oor ander wesenlike aspekte waaroor daar onbetwiste getuienis op rekord is. Hy ontken dat hy 'Compral' of 'Stearns hoesstroop' op afleweringsvoertuig geplaas het, terwyl Solomon Metsing getuig het oor vyf geleenthede waar appellant goedere op afleweringsvoertuig geplaas het. Oor die drie verdere geleenthede bewaar ap-pellant die stilswye. Hy getuig dat hy nog nooit in 'n swartwoonbuurt enige aflewer-ings gedoen het. Oor die vyf geleenthede waartydens hy geld sou ontvang het, verkies appellant om te swyg. Hierbenewens wemel appellant se weergawe van weersprekings. Hy weerspreek hom dikwels onmiddellik by beant-woording van die volgende vraag."

Die kritiek dat die appellant nie in soveel woorde al Metsing se aantygings beantwoord het nie, is nie ongegrond nie, maar uit dié versuim kan nie afgelei word nie dat hy bedoelde aantygings nie betwis het nie.

/Dit ...

10.

Dit was naamlik implisiet in die appellant se getuienis dat hy nie aandadig aan diefstal van sy werkgewer se middels was nie. Dié kulminasie van elke insident van diefstal volgens Metsing was 'n besoek aan 'n besigheid waar die gesteelde middels verkoop is. Op elk van die vyf geleenthede sou die appellant óf die bestuurder van óf 'n passasier in die afleweringsvoertuig gewees het. Deur te ontken dat hy ooit by een van die besighede was, het die appellant dus ook in effek ontken dat hy deel gehad het aan die verkoop van die middels of die dief-tige handelinge wat dit voorafgegaan het.

Daar was weersprekings in die appellant se getuienis maar die landdros se tipering daarvan kom oordrewe voor. Die enkele weersprekings wat daar wel was, het gegaan oor die vrae of een van die drie werk-nemers van Sterling Drugs ooit alleen aflewerings gedoen het en of Metsing voor Yiliwa in die firma se diens ge-tree het. Ek meen egter nie dat hierdie weersprekings

/belangrik ...

11.

belangrik is nie aangesien hulle geen verband hou met die appellant se beweerde aandadigheid aan die diefstal van sy werkgewer se middels nie. In elk geval kan nie gesê word dat die appellant se getuienis "wemel" van weersprekings nie.

Soos uit die voorgaande blyk, het die landdros wesentlike wanvoorligtings begaan by die beoordeling van die geloofwaardigheid van Metsing aan die een kant en dié van die appellant aan die ander kant. Wanneer nou opnuut oor die aangeleentheid besin word, kan ek nie bevind nie dat die appellant se ontkenning van aandadig-heid aan die diefstal nie redelik moontlik waar is nie. Sy getuienis is nie inherent onwaarskynlik nie en hy het op 'n stadium sy werkgewer se aandag gevestig op 'n tekort aan Panados wat hy nouliks sou gedoen het indien hy be-wus was van verdere tekorte. En wat Metsing se ge-tuienis betref, moet in gedagte gehou word dat vanweë sy kennis van die besonderhede van die toeëienings dit

/vir ...

12.

vir hom nie moeilik sou gewees het om met oënskynlike oortuiging die appellant valslik daarby te betrek nie.

Gevolglik slaag die appèl en word die appel-lant se skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel.

H.J.O. VAN HEERDEN AR

GROSSKOPF AR
STEM SAAM JACOBS AR