South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 89

| Noteup | LawCite

S v Luff and Another (261/84) [1986] ZASCA 89 (12 September 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


261/84

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

EERSTE
ERIC R LuFF APPELLANT

TWEEDE
CHARLES WILLIAM WARD APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: VILJOEN, SMALBERGER, ARR et BOSHOFF, WAR VERHOORDATUM: 1 SEPTEMBER 1986 LEWERINGSDATUM: 12 SEPTEMBER 1986

UITSPRAAK

VILJOEN, AR

Die/

2. Die twee appellante het as beskuldigdes

1 en 2 voor 'n Regter en een assessor in die Hoog-geregshof van Suidwes-Afrika tereggestaan op 26 aanklagte van bedrog, een aanklag van diefstal en een aanklag van korrupsie ter oortreding van Ordonnansie 2 van 1928. Voor pleit het die Staat drie van die bedrogaanklagte naamlik 12, 13 en 27 en die korrupsie-aanklag 28 teruggetrek. Na sluiting van die Staat se saak is die appellante ontslaan op 8 van die bedrogaanklagte naamlik 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25 en 26. Die appellante is uiteindelik skuldig bevind op aanklagte 2, 6, 16, 17 en 18. Op aanklagte 2 en 6 is elke appellant gevonnis tot betaling van 'n boete van Rl 000 of

12 maande/

3. 12 maande gevangenisstraf. Op elkeen van aanklagte

16, 17 en 18 is elke appellant gevonnis tot 12 maande .
gevangenisstraf waarvan die helfte opgeskort is vir
5 jaar op sekere voorwaardes. Die appellante is
deur die Verhoorhof verlof verleen om teen hulle
skuldigbevindings op aanklagte 2 en 6 te appelleer
en deur hierdie Hof.om teen die skuldigbevlndings
op aanklagte 16, 17 en 18 te appelleer.

Die aanklagte het voortgespruit uit sekere

transaksies wat aangegaan is tussen die Departement
van Nasionale Opvoeding van Suidwes-Afrika en 'n
firma bekend as Hochland Agentskappe in die tydperk
einde 1980 tot ongeveer September 1981. Gedurende
hierdie tydperk was die eerste appellant in dle
di.ens van die Departement van Nasionale Opvoeding

en/

4. en onder meer in beheer van die rekeninge-afdeling

en die voorrade-afdeling wat voorrade moes aankoop
vir die gebruik by sekere skole en skoolkoshuise.
Die tweede appellant het in al die transaksies
met die Departement die firma Hochland Agentskappe
verteenwoordig.

Die Staat het in sy opsomming van feite

oa die volgende bewerings gemaak:

"1. Op 19 November 1980 is 'n rekening geopen te Volkskas Bank Windhoek in die naam van Hochland Agentskappe. Die tekenregte was soos volg bepaal: Heylie Maria Ward en Christina J E Vlok, enigeen mag teken, en Charles Wilhelm Ward mag teken. Die rekening is op 28 Januarie 1981 gesluit. Op 27 Januarie 1981 het die rekening heropen vir dieselfde besigheid. Teken-regte was as volg: Charles Wilhelm Ward en Heylie Maria Ward, enigeen mag teken. Op 28 Julie 1981 is die rekening finaal gesluit.

2. Op/

5.
2. Op 24 Julie 1981 is 'n rekening vir
Hochland Agentskappe te Barclays Bank,
Ausspannplatz, Wlndhoek geopen. Slegs
beskuldigde 2 het tekenregte gehad.
Die rekening is gesluit op 11 September
1981. Op 3 September 1981 is 'n rekening
by dieselfde bank geopen in die naam van
Hochland Agentskappe Eiendoms Beperk.
Op hierdie rekening het beide beskuldigdes
tekenregte gehad. Beide moes elke tjek
teken.
3. Op 27 Augustus 1981 is Hochland Agent-skappe Eiendoms Beperk ingelyf as 'n maatskappy. Beskuldigdes 1 en 2 was die enigste direkteure met gelyke aan-dele.
4. Op 8 Deaember 1980 is 'n Algemene Hande-laarslisensie uitgereik vir die vennoot-skap Hochland Agentskappe. Die vennote was Heylie Maria Ward en Christina Johanna Vlok."
Heylie Maria Ward is die name van die

tweede appellant se eggenote en Christina Johanna
E Vlok die voorname en nooiensvan van die gewese

eggenote/
6. eggenote van die eerste appellant. Voor die

landdros het beide appellante onskuldig gepleit.

Toe hulle in die loop van die pleitverrigtinge
versoek is om ingevolge a 115 van die Strafproses-
wet hulle pleite te verduidelik het die tweede
appellant erken dat sy eggenote nie by die besig-
heid Hochland Agentskappe betrokke was nie en dat
sy nie inverband met die behartiging van die
besigheid of die sake van die "vereniging" ter
bevordering of gepoogde bevordering daarvan opgetree
het nie. Die eerste appellant wou nie erken dat
sy gewese vrou nie 'n vennoot in Hochland Agent-
skappe was nie.

In die uiteensetting van die feite van

die saak wat deur die Verhoorhof bevind is sê die

geleerde/

7. geleerde Verhoorregter tereg in die Hof se uitspraak

dat Hochland Agentskappe bykans uitsluitlik met die

Departement van Nasionale Opvoeding sake gedoen het

en binne 'n kort tydperk 'n aansienlike wins getoon

het. Uit hierdie gelde was die aankoop van 'n
verdere besigheid bekend as Bill's Pawnshop ge-
finansier, asook die aankoop van 'n plaas, oordrag
waarvan in die naam van die maatskappy Hochland
Agentskappe (Edms) Bpk geregistreer is.

Aan die einde van 1981 het die eerste

appellant sy bedanking ingedien by die Departement
Nasionale Opvoeding en hy het hom daarna toegelê
op boerderybedrywighede op die plaas. Die boerdery

is beëindig nadat Barclays Bank ten gunste van wie
'n verband oor die plaas geregistreer is, die verband

opgeroep/
8. opgeroep het'. Die voorlopige vonnis wat deur die

Bank aangevra is, is teengestaan deur die eerste
appellant alleen. Hy het 'n beëdigde verklaring
geliasseer waarin hy oa beweer het dat hy saam
met die tweede appellant 'n direkteur is in die
verweerder-maatskappy wat opgerig is met die doel
om die plaas aan te koop. Voorheen, beweer hy,
het daar, sedert ongeveer September 1980,'n monde-
linge vennootskapsooreenkoms tussen hom en die
tweede appellant bestaan welke vennootskap onder
die naam van Hochland Agentskappe sake bedryf het.
Hy beweer dat hy met die eiser, Barclays Bank,

ooreengekom het dat alleen tjeks wat sowel deur
hom as die tweede appellant gesamentlik onderteken

sou wees, deur die Bank teen die maatskappy se

rekening/

9. rekening gedebiteer sou word. Hierdie ooreenkoms

het die Bank nie nagekom nie, beweer hy. Ook is
daar op onreëlmatige wyse tjeks van die vennoot-
skap teen die maatskappy se rekening gedebiteer,
is 'n verdere bewering. Die tweede appellant het
in antwoord op die bewerings van die eerste appellant
ten behoewe van die Bank 'n beëdigde verklaring in
dieselfde verrigtinge geliasseer waaruit dit blyk
dat hy nie voorlopige vonnis teenstaan nie. Hy
erken die bestaan van die vennootskap en verduidelik
dat die maatskappy gestig is omdat die oordrag van
die plaas nie in hulle albei se name kon geskied nie.
Hulle het mondeling ooreengekom om die vennootskap

te ontbind en saam sake onder die maatskappy se naam
voort te sit. Hy erken die eerste appellant se

bewering/
10. bewering dat hy al die tjeks onderteken het maar

beweer dat die eerste appellant te alle tye daarvan
bewus was. Hy erken ook dat sekere tjeks in die
naam van die vennootskap, en nie van die maatskappy
nie, uitgereik is, maar dit was 'n blote oorsig,
beweer hy.

In sy beëdigde verklaring in dieselfde
verrigtinge het die eerste appellant sekere paragrawe
aangehaal uit 'n brief wat hy voorheen, aan die begin
van 1982, aan die tweede appellant geskryf het
waarin hy die tweede appellant beskuldig van sekere
onreëlmatighede en bevoordeling van laasgenoemde
uit die vennootskapbates. Hy beweer in die brief,
die geheel waarvan as 'n bewysstuk in die Hof a quo
gedien het, dat hy onderneem het om 'n halwe aandeel

in/

11.
in Bill's Pawn Shop aan die tweede appellant oor te dra op voorwaarde dat die tweede appellant hom R10 000 teen die einde van die jaar 1981 sou betaal wat, so beweer hy in die brief, die tweede appellant in gebreke gebly het om te doen. Daar is ook verwys in die brief na 'n pandjieswinkel, Charlie's Pawnshop, wat skynbaar dieselfde is as Bill's Pawnshop, waarin die tweede appellant gelde wat hy uit die vennoot-skap Hochland Agentskappe tot die nadeel van eerste appellant onttrek het, gestort het. Hy drlng daarop aan dat die boeke van die vennootskap op-geskryf word sodat presies bepaal kon word wie van die vennote die meeste uit die vennootskapsrekening onttrek het en daar 'n verrekening kon plaasvind. Hy het ook in die brief verwys na die huur van 'n perseel waarin Charlie's Pawnshop sake gedoen het
/en.....
12. en beskuldig die tweede appellant daarvan dat hy

onregmatiglik geëis het dat die vennootskap Hoch-
land Agentskappe 'n gedeelte van die huur moes
betaal terwyl die vennootskap nie die nut van
daardie gedeelte van die perseel waarop ooreenge-
kom is, kon benut nie omdat dit deur Charlie's
Pawnshop beset is. Die eerste appellant beskuldig
die tweede appellant daarvan dat hy net in die
"pawnshop" belangstel en die vennootskap net gebruik
om soveel geld as moontlik daaruit te trek. "Soos
sake nou staan", kla die eerste appellant in die
brief, "is ek duisende rande tekort gedoen."

Die eerste transaksie van die Departement

van Nasionale Opvoeding waarin Hochland Agentskappe
betrokke was, was die aankoop van karton-omslae van

'n/
13. 'n firma bekend as Maddisons. Dit was vir die

uitvoering van 'n bestelling wat deur die eerste
appellant namens die Departement geplaas is
gedurende of ongeveer November 1980. In die ge-
tuienis is na hierdie omslae verwys as "tinted
sheet boards." Daarna was daar ook bestellings
geplaas deur Hochland Agentskappe by sekere firmas
ten behoewe van die Departement vir sekere vleis-
produkte. Die eerste was 'n bestelling van 2 400 kar-
tonne ingemaakte vleis wat Hochland Agentskappe vir
die Departement sou verkry van 'n firma bekend as
Grundleger. Later, gedurende 1981, is daar periodiek
bestellings geplaas vir die lewering van ander ge-
blikte vleisprodukte (9 000 blikke in totaal) by 'n
firma Combined Sales aan die Witwatersrand in die

RSA/

14. RSA. Ten aansien van dié bestellings het Hochland

Agentskappe fakture aan die Departement verstrek
wat die Departement betaal het. Die prosedure wat
in die verband gegeld het, is soos volg deur die
geleerde Verhoorregter in die uitspraak van die
Hof beskryf:

"Die wyse waarop bestellings geplaas was en betalings later gedoen was, is deur die verskillende getuies beskryf. Eerstens word 'n bestelvorm in duplikaat uitgemaak en onder-teken deur 'n beampte. Die oorspronklike gaan na die leweransier en 'n afskrif, ook bekend as die betaalafskrif word behou. Die oorspronklike en die afskrif verskil egter in die volgende relevante opsigte:
(a) die volgende instruksies verskyn

ondermeer op die oorspronklike wat nie op die afskrif is nie:

(i) 'Faktuur in tweevoud met die

nommer van die bestelling daarop

moet op die dag waarop die goedere

versend word aan bogemelde adres

gestuur word.'

(b) Die/

15.

(b) Die volgende ontvangs en betallngs-sertifikate verskyn op die afskrif wat nie op die oorspronklike verskyn nie:

'Ek sertifiseer dat bogenoemde be-stelling in elke opsig behoorlik uitgevoer is, dat die goedere korrek volgens spesifikasie in goeie toestand ontvang en in die rekords aangeteken is op die folio in die laaste kolom hierbo aangedui.'
'Ek sertifiseer dat bostaande bestelling met die fakture ooreenstem en die vor-derings volgens kontrak, ooreenkoms of tarief billik en redelik is en dat die begunstigde op die betaling geregtig is.'
Na ontvangs van 'n faktuur van 'n leweransier moet beide hierdie sertifikate onderteken word waarna h rekening-outomaat betalingsadvies voltooi en onderteken word. Al die dokumente gaan dan na die Tesourie Afdeling waar die tjek uitgemaak en onderteken word."
Ten tyde van die opening op 19 November 1980

van die bankrekening van Hochland Agentskappe by

Volkskas/
16. Volkskas het die bank proefhandtekeninge van die

persone wat tekenregte sou hê, benodig. Soos blyk
uit paragraaf 1 van die Staat se opsomming van feite
was een sodanige tekengeregtigde die voormalige
eggenote van die eerste appellant Christina Johanna
E Vlok. Dit is gemene saak dat die eerste appellant
die "naam C J E Vlok op die handtekeningstrokie wat
deur die bank vir die doel voorsien is, geteken het.
Einde Maart 1981 het Hochland Agentskappe 'n tjek aan
Combined Sales gestuur onder dekking van 'n brief
wat voorgegee het deur C J E Vlok onderteken te
gewees het. Dit is gemene saak dat die eerste
appellant hierdie brief geskryf het en die naam
C J E Vlok daaronder geteken het.

Gedurende Maart en April 1981 het die

eerste/
17. eerste appellant talle Hochland-Agentskappe-

tjeks uitgeskryf, vir doeleindes van betaling
van krediteure. Die tjeks is egter nie deur hom
nie maar deur die tweede appellant onderteken.
Agterop die bankstate van Maart, April en Mei 1981
van Hochland Agentskappe se bankrekening het die
eerste appellant gepoog om bankrekonsiliasiestate
vir daardie maande op te stel. Nadat hy bedank
het, het hy op die plaas die vennootskap en maat-
skappy se boeke opgeskryf na die beste van sy vermoë
met behulp, so beweer hy, van tjek-teenblaaie en
inligting wat die tweede appellant aan hom venstrek
het. Na die boeke wat hy opgeskryf het is verwys
as 'n kasboek en 'n grootboek. Hierdie kasboek het
'n folio 84 bevat asook 'n folio 88. Laasgenoemde

folio/

18. folio toon die bedrae aan wat uit die besigheid

onttrek is vir die tweede appellant. Folio 84,

beweer die eerste appellant, het die bedrae aange-

toon wat aan sy gewese vrou C J E Vlok,wat op 'n
stadium 'n vennoot was of 'n belang in Hochland Agent-
skappe gehad het, uitbetaal is. Hierdie folio is
egter uit die boek verwyder voordat die polisie
daarop beslag gelê het. Folio 88 toon aan dat daar
tot 9 Junie 1981 'n totaal van R13 238 aan die tweede
appellant toegeken is. Die verwysing na folio 84
op folio 60 en 61, dit wil sê die kasboek-gedeelte,
toon aan dat daar gedurende dieselfde tydperk 'n
bedrag van R23 148 aan iemand toegewys is wie se
naam op folio 84 verskyn het. Na Bill's Pawnshop

(folio 116)/....

19. (folio 116) het R41 930 gegaan.

Vir die feite hierbo genoem wat nie deur die

eerste appellant betwis is nie, het hy in sy ge-

tuienis in die Verhoorhof verontskuldigende
verklarings aangebied. Een sodanige verduideliking
was dat hy folio 84 na Kaapstad geneem het om sy
vrou, wat daar gewoon het, daarmee te konfronteer
en verduidelikings te eis van die bedrae wat sy
van die vennootskap ontvang het. Folio 84 het by
haar agtergebly, beweer hy.

Die Staat het beweer dat die twee appel-

lante 'n gemeenskaplike opset gehad het om die
Departement van Onderwys te bedrieg. Die Verhoor-

hof het bevind dat die getuienis aangetoon het dat

die twee appellante wel 'n gemeenskaplike opset

gehad/

20. gehad het om met die Departement besigheid te doen

maar in die lig van die gebrekkige getuienis wat
aangebied is ten opsigte van die meeste bewerings in
die klagstaat was die Hof van oordeel dat daar nie
genoegsame getuienis bestaan wat die beweerde gemeen-
skaplike opset bo redelike twyfel bewys nie. Dit is
nie duidelik of die Hof in hierdie verband slegs ver-
wys het na die aanklagte waarop die appellante onskuldig
bevind is nie. Hierop kom ek later terug.

Die bestaan van die beweerde vennootskap

tussen die appellante is nie deur hulle erken nie
en die eerste appellant het dit in sy getuienis
ontken. Die Verhoorhof het egter langs die weg van
die volgende redenasie bevind dat daar wel 'n
vennootskap tussen hulle bestaan het:

"In die/

21.

"In die brief van beskuldigde 1 aan beskuldigde 2 het beskuldigde 1 teenoor beskuldigde 2 egter aanspraak gemaak op vergoeding van sy deel van die vennootskap. In die eerste verklaring waarna verwys is, het hy verklaar dat hy en beskuldigde no 2 sedert September 1980 in vennootskap besigheid gedoen het as Hochland Agentskappe. In sy getuienis het hy die inhoud van beide hierdie dokumente as onwaarhede be-stempel. Gedurende sy getuienis in hoof het hy die inhoud van die brief probeer verduidelik deur as rede aan te voer dat hy weens omstan-dighede betreffende sy huwelik en sy kinders emosioneel onstabiel was en in daardie toestand die brief geskryf het. Dit het egter nie 'n antwoord verskaf op die gedetailleerde inhoud van die brief nie, wat op sigself spreek van 'n intieme kennis van die besigheid. Nadat hy in kruisverhoor gekonfronteer was met die inhoud van die beëdigde verklaring het daar 'n grondverskuiwing plaasgevind. Toe het hy in besonderhede vertel van 'n besoek aan 'n prokureur wat die skryf van die brief voorafgegaan het. Nou was die nie meer soseer geskryf in emosionele onstabiliteit nie, maar as 'n lokval vir be-skuldigde 2. Sy antwoord kon dalk beskuldigde 1 se probleme met die belastinggaarder opklaar.

Die latere beëdigde verklaring was blykbaar nog

steeds/

22.

steeds deel van hierdie beweerde lokval, maar 'n verstaanbare verduideliking was nie gegee nie. Dit was opvallend dat hy gedurende sy kruisverhoor aangaande die vennootskap senu-weeagtig was, hy was ontwykend en onseker. As getuie het hy 'n swak indruk gemaak. Hier moet ook bygevoeg word dat hy gedurende sy getuienis in hoof as korroborasie van die feit dat hy nie geld van Hochland ontvang het nie, getulenis gelewer het aangaande sy bank en spaarrekeninge. In kruisverhoor het dit geblyk dat daar nog 'n spaarrekening was waarop daar inbetalings was afkomstig vanaf Hochland Agentskappe. Hy het sy vorige getuienis pro-beer verduidelik deur te sê dat hy die betrokke vrae anders verstaan het. Dit word as 'n versinsel verwerp.

Afgesien van hierdie omstandighede is dit so dat die oorspronklike bankrekening geopen was met behulp van 'n vervalste handtekening deur hom. Dit het hy later weer gedoen in 'n brief aan Combined Sales, BEWYSSTUK TT.4.

Op 10 Februarie 1981 stuur hy 'n teleks aan Combined Sales, BEWYSSTUK TT.2, waarin hy die Departement verbind om toe te sien dat Hochland sy rekenings betaal. Gedurende Junie/Julie 1981 het beskuldigde 2 vir beskuldigde 1 as sy

vennoot/

23.

vennoot voorgestel aan die getuie Swarts.

Hierdie getuie was volkome onafhanklik en

het 'n goeie indruk op die Hof gemaak. Sy

getuienis word aanvaar.

'n Verdere faktor was die feit dat alhoewel hy bewus was dat Combined Sales direk met die Departement van Nasionale Opvoeding wou besigheid doen, hy verdere bestellings sonder tender of kwotasie deur Hochland Agentskappe geplaas het. Hy het baie van die tjeks van Hochland Agentskap uitgeskryf. Hy het bankrekonsiliasiestate opgestel en die boeke opgeskryf. Intieme kennis van die besigheid word geopenbaar in die brief aan beskuldigde 2. Op die aspek van die vennoot-skap word sy getuienis verwerp as onwaar. Die Hof bevind dus dat dit bo redelike twyfel bewys is dat hy die tweede vennoot was in Hochland Agentskappe en dat die bedrae wat gedebiteer was in folio 84 van BEWYSSTUK DD bedrae was wat hy uit die vennootskap ont-vang het.

Beskuldigde 2 het in die beëdigde verklaring wat hy geliasseer het die ontstaan en bestaan van die vennootskap tussen hom en beskuldigde 1 erken. Hy het nie getuienis afgelê nie en die leuenagtige getuienis van beskuldigde

no 1/

24.
no 1 kan hom nie in hierdie opsig help nie. Dat sy vennoot nie sy vrou was nie, het hy in die landdroshof erken. Onder die omstan-dighede bevind die Hof dat daar ook in sy geval bo redelike twyfel bewys is dat hy in yennootskap met beskuldigde no 1 was."
In die uitspraak van die Verhoorhof word

a 332(7) van die Strafproseswet, wat soos volg lui,
aangehaal:

"Wanneer 'n lid van 'n vereniging van persone wat nie 'n regspersoon is nie, in verband met die behartiging van die besigheid of sake van daardie vereniging of in verband met die bevordering of gepoogde bevordering van sy belange, 'n misdryf pleeg, hetsy deur 'n hande-ling te verrig of deur te versuim om 'n handeling te verrig, word iemand wat ten tyde van die pleging van die misdryf 'n lid van daardie vereniging was, geag aan daardie misdryf skuldig te wees, tensy bewys word dat hy nie aan die pleging van die misdryf deelgeneem het nie en dat hy dit nie kon verhoed het nie: Met dien verstande dat in-dien die besigheid of sake van die vereniging deur 'n komitee of ander derglike bestuurs-

liggaam/

25.

liggaam bestuur of beheer word, die bepalings van hierdie subartikel nie van toepassing

is op iemand wat ten tyde van die pleging van die misdryf nie 'n lid van daardie komitee of ander liggaam was nie."

Die Verhoorhof het die betoog namens die twee beskuldigdes dat die nie-bestaan of bestaan van 'n komitee of 'n bestuursliggaam deur die Staat bewys moet word, verwerp. In elk geval, sê die Hof, is dit duidelik uit die getuienis dat beide beskuldigdes 'n aktiewe rol gespeel het in die sake van die vennootskap.

Teen die agtergrond van die bogaande
feite-bevindings het die Hof die onderskeie aan-
klagte bespreek. Ek sal hierin slegs na die be-
vinding van die Hof met betrekking tot die
aanklagte waarop die twee appellante skuldig

bevind/

26. bevind is en waarteen hulle in hoër beroep kom,

verwys.

Die Verhoorhof het aanklagte 2 - 11 in

groepe behandel. Aanklagte 2 - 5 was een groep
en aanklagte 6 - 11 die ander groep. Aanklagte
2, 3, 4 en 5 het voortgespruit uit 'n transaksie
aangegaan op 26 November 1980 tussen die Departement,
Hochland Agentskappe en Grundleger waarkragtens
die eerste appellant 2 400 kartonne vleisprodukte
elk met 'n inhoud van 12 blikke van 1,35 kg elk
namens die Departement by Hochland Agentskappe
bestel het. Op sy beurt het die tweede appellant
vir Hochland Agentskappe opgetree en die produkte
by Grundleger bestel. Aflewering het in hoeveelhede

en/
27. en betaling in paaiemente volgens wat gelewer

is,geskied. Ten aansien van elke lewering en
paaiement was daar 'n aparte aanklag. Op 3 Februarie
1981 het die Departement vir 100 gelewerde kartonne
betaal (aanklag 2); op 17 Maart 1981 vir 500
kartonne (aanklag 3); op 31 Maart 1981 vir 1257
kartonne (aanklag 4) en op 10 Julie 1981 vir die
laaste 543 kartonne (aanklag 5). Elke aanklag
het sekere bedrieglike wanvoorstellings of hande-
linge beweer, ondermeer dat tesourie- of tender-
raadmagtiging nie verkry is nie, dat die betrokke
hoeveelheid waarvoor betaal is nie tot die beste
voordeel van die Staat aangekoop is nie, dat Hochland
Agente nie geregtig was op die betrokke betaling nie

en/

28. en dat die appellante versuim het om te openbaar

dat hulle 'n belang in Hochland Agentskappe gehad

het.

Aanklagte 6 tot 11 het voortgespruit uit transaksies tussen die Departement, Hochland Agent-skappe en 'n firma Combined Sales. In hierdie gevalle was bestellings vir vle'isprodukte op verskillende datums geplaas, lewering het na die bestellings plaasgevind en betalings is na lewering gemaak. Veelal soortgelyke bewerings as in aanklagte 2 tot 5 is ten aansien van hierdie aanklagte gemaak.

Die Hof het die appellante slegs op die

eerste van elkeen van hierdie groepe skuldig bevind.
Dit is gemene saak, sê die Verhoorregter,dat die
beskuldigdes nie aan die Departement bekend gemaak

het/...
29. het dat die eerste beskuldigde 'n belang in Hochland

Agentskappe gehad het nie. Hierdie versuim was
die enigste grond vir die skuldigbevinding van
die appellante op aanklagte 2 en 6. Die Hof rede-
neer soos volg:

"Die Hof het bevind dat beide beskuldigdes vennote was in die besigheid Hochland Agent-skappe en dat beskuldigde 1 dus 'n belang gehad het in daardie besigheid. Die verhou-ding werkgewer en werknemer waarop die Staat staat gemaak het is 'n fidusiêre verhouding met pligte wat onderling bestaan, en die werknemer mag homself nie ten koste van sy prinsipaal verryk nie. Hy mag ook nie geheime profyte maak nie, selfs wat nie eens ten koste van sy prinsipaal is nie. Onder die omstandighede het daar dus regtens 'n regsplig bestaan op beskuldigde 1 om sy belang in Hochland Agentskappe te openbaar.
Klagtes 2 tot 5 het betrekking op een be-stelling maar die lewerings het op verskillende tydperke plaasgevind. Dit sou verkeerd wees, indien hierdie versuim

om/

30.

om bekend te maak gelei het tot benadeling van die Staat, om n skuldigbevinding uit te bring op meer as een van daardie klagtes. Indien beskuldigde 1 openbaar het dat hy 'n belang in Hochland Agentskappe gehad het, sou dit die Departement in staat gestel het om teen die goedkoper prys te koop, of om
die winste van die vennootskap te verhaal. Onder die omstandighede is dit die Hof se mening dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die versuim om te openbaar wel tot die uiteindelike verlies van die Staat gelei het.

Soos reeds gesê, om 'n vermenigvuldiging van skuldigbevindings nie te laat plaasvind nie, word beskuldigde 1 dan eerstens SKULDIG bevind op klagte 2, net ten opsigte van die versuim om te openbaar. Wat beskuldigde 2 aanbetref het hy nie getuig nie en ten op-sigte dan van die bewyslas wat die betrokke artikel in die Strafproseswet op hom plaas, dit nie gekwyt nie. Daar kan net bygevoeg word dat alhoewel hy nie getuig het nie, hy uit die staanspoor deelgeneem het aan die versuim om te openbaar dat beskuldigde 1 'n belang in Hochland Agentskappe het. Hy het die bankrekenings geopen, eerstens onder die naam van homself en beskuldigde 1 se

gewese/

31.

gewese vrou, daarna onder die naam van homself en sy eie vrou. Onder die omstandighede word beskuldigde 2 ook SKULDIG bevind op klagte 2 ten opsigte van die versuim om te openbaar.
Die beskuldigdes word dus ONSKULDIG BEVIND EN ONTSLAAN op klagtes 3, 4 en 5.
Sover dit klagtes 7,8,9,10 en 11 aanbetref geld dieselfde opmerkings ten opsigte van die versuim om te openbaar dat beskuldigde 1 'n belang in Hochland Agentskappe gehad het. Weer eens om 'n vermenigvuldiging van skuldig-bevindings te vermy word die beskuldigdes SKULDIG bevind op klagte 6 ten opsigte van die versuim om beskuldigde 1 se belange te openbaar en ONSKULDIG BEVIND EN ONTSLAAN op klagtes 7,8,9, 10 en 11."

AANKLAGTE 16, 17 en 18

Aanklag 16 het ook 'n hele aantal bewerings
van bedrieglike wanvoorstellings en handelinge bevat.
Die enigste een wat egter ter sake is, is 'n bewering
dat die beskuldigdes bedrieglik voorgestel het dat

die/
32. die aankoopprys van 30 000 "tinted sheet boards"

by Hochland Agentskappe die bedrag, met koopbelas-
ting, yan R6 552 beloop het terwyl dit in werklikheid
slegs R655,20 beloop het. Die betrokke transaksie,
so toon die getuienis aan, het op 17 November 1980
geskied toe die eerste appellant 'n bestelling by
Hochland Agentskappe geplaas het vir die lewering
van 30 000 "tinted sheet boards" teen R2,10 per
100. 'n Totale prys van R6 300 plus R252 verkoop-
belasting - 'n totaal dus van R6 552 is op die bestel-
vorm deur die eerste appellant ingevul. Hochland
het op sy beurt 'n bestelling geplaas by Maddisons

vir dieselfde aantal omslae teen 'n koopprys van

R483. Die eerste appellant het die faktuur van

Hochland/

33.
Hochland Agentskappe met die geinflateerde prys
daarop wat deur die tweede appellant geteken en
voorgelê was as korrek gesertifiseer en het die
ontvangsertifikaat sowel as die betalingsertifi-
kaat met dieselfde bedrag daarop onderteken op
die betaalafskrif van die bestelvorm. Hochland
Agentskappe is per tjek gedateer 18 November 1980
betaal.

Dat hierdie voorstelling vals was, was
gemene saak in die Verhoorhof. Appellant het die
voorstelling in die bestelvorm gemaak en die fak-
tuur het dieselfde bedrag getoon. Ingevolge die
bepalings van a 245 van die Strafproseswet 51 van
1977, redeneer die Verhoorhof, word daar dus geag,

tensy die teendeel bewys word, dat die voorstelling

gemaak/
34. gemaak is wetende dat dit vals is. Hierdie artikel

lui soos volg:

"Indien by strafregtelike verrigtinge waarby 'n beskuldigde aangekla word van 'n misdryf waarvan 'n valse voorstelling 'n
bestanddeel is, bewys word dat die valse voorstelling deur die beskuldigde gemaak is, word geag, tensy die teendeel bewys word, dat hy so 'n voorstelling gemaak het wetende dat dit vals is."

Die eerste appellant het in sy getuienis die be-
rekening as 'n bona fide fout bestempel. Na die
Verhoorhof se oordeel dui die omstandighede egter
daarop dat dit nie 'n fout was nie. Die Hof verwys
na 'n besoek wat die eerste appellant by die firma
Maddisons afgelê het om navraag te doen na hierdie

omslae. Die Hof verwys na die getuienis van

mnr en mev Du Plessis wat oor die besoek getuig

het/
35. het. Volgens hierdie getuienis het die eerste

appellant vir die getuie Du Plessis te kenne gegee
dat die Departement nie self 'n bestelling sou
plaas nie, maar dat"hulle gewoonlik besigheid doen
met Hochland Agentskappe." Die ontkenning van
die eerste appellant dat hy so 'n besoek afgelê
het en navraag gedoen het, is deur die Verhoorhof
verwerp. 'n Ander omstandigheid wat die Hof in
aanmerking geneem het was dat na die betaling
van R6 552 deur die Staat wat op 19 November 1980
in Hochland se bankrekening inbetaal is, daar op
dieselfde dag drie tjeks uitgeskryf is wat deur
die tweede appellant onderteken is. Die een tjek
was vir 'n bedrag van R483 om vir Maddisons te

betaal vir die omslae waarvoor die Staat R6 552

aan/
36. aan Hochland betaal het. Die ander twee tjeks

was kontanttjeks vir Rl 500 elk'. Een het na die

tweede appellant gegaan en die ander is deur die
eerste appellant toegewys aan folio 84. Die
eerste appellant was die vennoot van die tweede
appellant en folio 84 het die bedrae getoon wat
aan die tweede vennoot betaal is, redeneer die Hof
en wys ook daarop dat dit die eerste transaksie
tussen die Departement en die appellante was. Die
Hof meen dat dit nie waarskynlik is dat so 'n fout
per abuis gemaak sou gewees het nie. Onder die om-
standighede, bevind die Hof, het die eerste appellant
nie op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys dat die

fout met die bedrag 'n berekeningsfout was nie.

Die/

37

Die tweede appellant is ook skuldig op hierdie

aanklag, meen die Hof, en redeneer soos volg. Die
voorstellings deur die eerste appellant wat vervat

is in die bestelvorm het onteenseglik gelei tot
die uitreiking van die betrokke tjek en die bena-
deling van die Staat. Die misdryf wat die eerste
appellant hierdeur gepleeg het, is gepleeg in
verband met die bevordering van die belange van
die vennootskap. Daar het dus 'n bewyslas op die
tweede appellant garus om ingevolge die bepalings
van a 332(7) van die Strafproseswet te bewys dat
hy nie aan die pleging van die misdryf deelgeneem
het nie en dat hy dit nie kon verhoed het nie.
Die tweede appellant het verkies om nie te getuig

nie. In elk geval, meen die Hof, was hy dié persoon

wat/

38.

wat die misdaad aangehelp het deur die voorlegging
van 'n faktuur waarop die valse inligting verskyn het, en hy het ook dadelik vir homself Rl 500 toegeëien.
Wat aanklag 17 betref,het 'n soortgelyke vermenigvuldiging van die bedrag wat aan Hochland Agentskappe betaal moes word,plaasgevind met die gevolg dat 'n bedrag tien maal groter in werklikheid betaal is. Die getuienis deur die Hof opgesom was dat die eerste appellant 'n bestelling van 30 000 "tinted sheet boards" by Hochland Agentskappe geplaas het. Op die oorspronklike bestelvorm is die eenheids- en aankoopprys nie ingevul nie. (In hierdie opsig het die Hof 'n fout begaan, soos ek
later sal aantoon). Hochland Agentskappe lê 'n

faktuur/

39

faktuur voor wat die eenheidsprys en die globale

prys as R6 552 aantoon. Die eerste appellant

sertifiseer ontvangs en die betalingsertifikaat.

Op laasgenoemde sertifiseer hy ondermeer dat die

prys billik en redelik was, of volgens kontrak.
Hierdie dokumente, bevind die Verhoorhof, lei tot
die betaling aan Hochland van die bedrag van
R6 552 in plaas van 'n bedrag van R655,20. Onmiddel-
lik na betaling gaan R2 000 na die tweede appellant
en R2 000 weer na die vennoot wie se ontvangste
in folio 84 aangetoon is. Die klagstaat het
mutatis mutandis dieselfde bewerings bevat as
die klagstaat ten opsigte van aanklag 16 behalwe dat
daar 'n verdere voorstelling van nie-lewering gemaak
is. Laasgenoemde is egter nie bewys nie, bevind

die/
40. die Hof. Ten opsigte van die valsheid van die

voorstelling betreffende die prys van die artikels
en die bewyslas op die beskuldigdes geld, volgens
die uitspraak van die Verhoorhof, dieselfde oor-
wegings as dié waarna verwys is in verband met
aanklag 16. Hierby kom egter nog 'n faktor, sê
die Hof, en dit is dat dit totaal onwaarskynlik is
dat 'n tweede soortgelyke fout en dus 'n onskuldige
wanvoorstelling na die eerste gemaak sou word.
Beide beskuldigdes het reeds van die vorige geld
gebruik gemaak, sê die Hof, en wys daarop dat toe
betaling vir hierdie 30 000 omslae gemaak word,
R4 000 (82 000 vir elk) onmiddellik deur hulle
aangewend is.

Aanklag 18 het betrekking op 'n derde

geval/
41. geval van vermenigvuldiging met tien van die ver-

skuldigde bedrag. Die Hof bevind die volgende:
Op 10 Februarie 1981 het die eerste appellant 'n
verdere 30 000 omslae by Hochland Agentskappe
bestel. Voor lewering word die bestelling verhoog
na 64 000. Die eerste appellante skryf hierdie
getal, die eenheidsprys en die verkeerde totale
prys op die betaal-afskrif. 'n Faktuur van Hochland
Agentskappe wat dieselfde eenheidsprys en die ver-
keerde totale prys bevat word voorgelê. Dit word
korrek gesertifiseer deur die eerste appellant.
Weer eens lei die ondertekening van hierdie dokumente

tot betaling van 'n buitensporige hoë bedrag aan
Hochland Agentskappe naamlik 'n bedrag van R13 977,60
waar die bedrag verskuldig Rl 397,76 was. Die

eerste/

42.

eerste appellant het in sy getuienis aan die hand gedoen dat hy moontlik die foutiewe bedrag van die foutiewe faktuur oorgeneem het sonder om daarop ag te slaan. Die Hof het egter hierdie verklaring ver-werp en het bevind, in ag genome die agtergrond betreffende die twee vorlge transaksies, die toepas-like oorwegings waarna in die geval van die vorige twee aanklagte verwys het en die feit dat die eerste appellant weereens die foutiewe totaal as korrek ge-sertifiseer het, dat die eerste appellant hom nie van die bewyslas ingevolge a 245 gekwyt het nie, en die tweede appellant hom nie van die bewyslas ingevolge a 332(7) gekwyt het nie.

Advokaat O'Linn het die uitspraak van die

Verhoorhof op drie gronde aangeval. Hy het eerstens

aangevoer dat die Hof gefouteer het om te

bevind/
43. bevind dat daar 'n vennootskap bestaan het tussen

die twee appellante. Tweedens het hy betoog dat
die Hof gefouteer het om te bevind dat daar 'n
bewyslas op die appellante gerus het ingevolge
a 332(7) van Wet 51 van 1977 om te bewys, op 'n
oorwig van waarskynlikhede, dat die voorbehouds-
bepaling een of albei van hulle vrywaar teen die
gelding van die hoofbepaling van die subartikel en
derdens het hy betoog dat die Hof gefouteer het om
te bevind dat die bepalende gedeelte van a 332(7)
op die appellante of enigeen van hulle van toepas-
sing is.

Adv O'Linn het, met uitvoerige verwysing
na die getuienis van die eerste appellant, betoog
dat die Verhoorhof nie al sy verduidelikings behoor-

lik/

44. lik oorweeg het nie en aangevoer dat sy getuienis

waarin hy ontken het dat hy 'n lid van die vennoot-
skap was redelik moontlik waar kan wees. Afgesien
van die getuienis het die Hof 'n onreëlmatigheid
begaan, so lui die betoog verder, om die erkenning
voor die landdros deur die tweede appellant dat
sy vrou nie 'n vennoot was nie as 'n faktor teen
hom in ag te neem.

Wat laasgenoemde punt betref was dit

sydelings belangrik vir die Staat, neem ek aan,
om aan te toon dat nog die eerste nóg die tweede
appellant se vrou 'n vennoot in die besigheid was.
Dit sou, as ander persone uitgeskakel word, die
Staat help om te bewys dat die eerste appellant
die ander vennoot in Hochland Agentskappe was.

Dit/

45. Dit was egter nie 'n wesenlike geskilpunt nie en

dus nie regstreeks ter sake nie en, soos ons mee-
gedeel is deur adv Heyman, namens die Staat, (want
dit blyk nie uit die verslag van die verrigtinge
wat presies gebeur het nie),skyn die landdros se

toegewing aan die versoek van die Staatsaanklaer
om aan elke appellant te vra of sy vrou 'n vennoot
was en die landdros se voldoening aan daardie versoek
nie heeltemal regmatig te geskied het ooreenkomstig
die prosedure en vereistes wat nagekom moet word

ingevolge artikels 119, 122 en 115 nie. Die Verhoor-
hof het egter slegs in 'n geringe mate op hierdie
sogenaamde erkenning gesteun en in die geheel geneem

is dit 'n faktor wat, na my oordeel, nie die uitslag

in die Verhoorhof wesentlik kon beïnvloed nie.

Ek/

46. Ek is nie voornemens om volledig op die

getuienis in te gaan nie. In sy betoog dat die Hof
a quo die getuienis verkeerd beoordeel het, het
adv O'Linn talle moontlikhede aan die hand gedoen
wat, het hy aangevoer, as redelike moontlikhede
deur die Verhoorhof in ag geneem moes gewees het.
Na my oordeel was die moontlikhede wat hy voorgestel
het bloot bespiegelend van aard en kan dit nie
opweeg teen die oorweldigende oorwig van die omstan-
digheidsgetuienis (wat insluit erkennings wat die
twee appellante in ander verrigtinge gemaak het)
dat daar 'n vennootskap bestaan het tussen die twee van
hulle nie. Daarby moet nog gevoeg word die beoor-
deling van die Verhoorhof van die eerste appellant
as 'n swak getuie wat, veral toe hy getuig het oor

die/

47.

die bestaan van die vennootskap, senuweeagtig,
ontwykend en onseker was. Dit is welbekend dat 'n
appélhof se bevoegdheid om in te gryp in die
geval van 'n geloofwaardigheidsbevinding van 'n
Verhoorhof uiters beperk is. Die Verhoorhof het
ook tereg die versuim van die tweede appellant om
te getuig, in ag geneem.

Die betoog gegrond op die voorbehoud van

a 332(7) van Wet 51 van 1977 moet, na my oordeel,
verwerp word. Daar was geen sprake daarvan in die
getuienis dat die sake van Hochland Agentskappe
deur 'n komitee of ander bestuursliggaam bestuur is
nie. Weliswaar was die eerste appellant in die
Departement en die tweede appellant daarbuite en laasgenoemde
uit die aardt van die saak vryer om meer openlik

met/....
48. met Hochland Agentskappe se sake besig te wees

maar Hochland Agentskappe het uitsluitlik of bykans
uitsluitlik met die Departement besigheid gedoen
en die onvermydelike afleiding uit die getuienis as
'n geheel geneem is dat die twee appellante saamge-
span en saam beplan het om die Departement te
bedrieg. Wat die algemene daaglikse administratiewe
werksaamhede van Hochland Agentskappe betref, waar-
onder veral die betaling deur die vennootskap van
die leweransiers geval het, is die getuienis dat
die eerste appellant 'n aansienlike aantal van die
betrokke tjeks uitgeskryf het wat dan deur die

tweede appellant onderteken is. Daarbenewens het

die eerste appellant een keer 'n brief onder dekking

waarvan/
49. waarvan 'n tjek aan Maddisons gestuur is, in sy

vrou se naam onderteken en op 'n ander geleentheid
het hy 'n teleks aan Maddisons gestuur in die
Departement se naam om betaling deur Hochland
Agentskappe te waarborg. Van die tweede appellant
se eensydige optrede soos byvoorbeeld sekere ont-
trekkings wat hy gemaak het uit Hochland Agentskappe
se rekenlng om dit in Bill's Pawnshop te stort,
kan nie afgelei word dat hy die bevoegdheid gehad
het om as 'n alleen-bestuurder op te tree nie.
Daar is niks in die getuienis om aan te toon dat
die verstandhouding nie was dat huile gesamentlik
oor die uitgawes of onttrekkings moes ooreenkom
nie. Uit hoofde van die feit dat die tweede
appellant op 'n stadium alleentrekkingsbevoegdheid

gehad/
50. gehad het, was hy in 'n posisie om fisies alleen

uitbetalings te doen maar die eerste appellant
het hom later tot verantwoording geroep. Maar
selfs al het die tweede appellant bestuursbevoegd-
hede, stilswyend of uitdruklik, gehad ten aansien
van sekere uitvoeringshandelinge deur Hochland
Agentskappe het daardie bevoegdhede nie die eerste
appellant uitgesluit waar dit onderhandelings tussen
Hochland Agentskappe en die Departement gegeld het
nie. Hulle het in daardie verband saamgespan.
Soos die Hof a quo dit stel, ".... dit is duidelik
uit die getuienis dat beide beskuldigdes 'n aktiewe

rol gespeel het in die sake van die vennootskap."
Die voorbehoudsbepaling van a 332(7) kom dus, na my

oordeel, glad nie ter sprake nie.

Wat/

51. Wat die toepassing van die bepalende

gedeelte van a 332(7) op aanklagte 2 en 6 betref,
het adv O'Linn betoog dat die feite wat die Hof
as bewese bevind het nie aantoon dat die tweede
appellant 'n party was tot die eerste appellant se
versuim om aan die Departement die eerste appellant
se belang in Hochland Agentskappe te openbaar nie.
Ek kan nie saamstem nie. Die feite toon aan dat
beide appellante goed geweet het dat die openbaar-
making van die eerste appellant se belang in
Hochland Agentskappe kontraktering met die Departe-
ment kan verongeluk. Hulle was albei versigtig.
Hulle vroue is voorgehou as mede-vennote van die

tweede appellant. Diê Hof het, na my oordeel,

tereg bevind dat die tweede appellant uit die

staanspoor/

52.

staanspoor deelgeneem het aan die versuim om te openbaar dat die eerste appellant 'n belang in Hochland Agentskappe het. Die gebruik van die woord "deelneem" wat in die uitspraak gebruik word ten aansien van die tweede appellant dui vir my aan dat die Hof bedoel het om te sê dat die twee appellante 'n gemeenskaplike opset gehad het wat die versuim om te openbaar betref. In dié lig gesien moet die Hof se opmerking vroeër in die uitspraak dat die Hof van oordeel is dat daar nie genoegsame getuienis bestaan wat die twee se gemeen-skaplike opset bo redelike twyfel bewys nie gelees word slegs om te verwys na "die meeste bewerings" in die klagstaat en nie na almal nie. Die bewyslas het dus op hom gerus ingevolge a 332(7) om te bewys dat hy nie aan die verswyging deelgeneem het nie. Hy het nie getuienis afgelê nie en het gevolglik nie die bewyslas gekwyt nie. Die appèl teen die

appellante/

53. appellante se skuldigbevindings op aanklagte 2

en 6 kan nie slaag nie.

Wat die skuldigbevindings op aanklagte

16, 17 en 18 betref het adv O'Linn hoofsaaklik
die feitebevindings van die Verhoorhof aangeval.
Die verklaring deur die Hof dat dit gemeensaak is
dat die eerste appellant, wat aanklag 16 betref,
'n valse voorstelling gemaak het deur die totaal
van die berekening foutief aan te dui, is nie
korrek nie, lui die betoog. Die blote onderteke-
ning van enige van die sertifikate op die Hochland-
faktuur of op die bestelvorm bevat nie so 'n
uitdruklike en geskrewe voorstelling dat die
berekening korrek is nie en/of dat die onderteke-
naar glo dat dit korrek is nie.

Die/

54 . Die bewoording op die fakture moet, na

my oordeel, egter nie in isolasie beskou word nie.

As die getuienis van die wyse waarop die betaling

goedgekeur is, die omstandighede wat daar in die

besondere afdeling van die Departement geheers het

waarvan die eerste appellant hoof was, die aandeel

wat hy gehad het in die transaksies en die duide-

like voorkoms in sy handskrif van die bedrag op
sekere bestelvorms en betalingsadviese in aanmerking
geneem word was die bevinding dat hy die voorstel-
ling gemaak het, indien dit nie gemene saak was nie,
ruimskoots geregverdig.

Daar is egter betoog dat die Verhoorhof

moes bevind het dat die eerste appellant, wat onder

geweldige werksdruk verkeer het, wie se oë nie

besonder/

55. besonder goed is nie en wat 'n sakrekenaar gebruik

het, se getuienis dat hy 'n bona fide fout gemaak

het, redelik moontlik waar kon wees. As al die
getuienis in aanmerking geneem word is ek van
oordeel dat hierdie Hof nie van die bevinding van
die Verhoorhof kan verskil nie. Die eerste appel-
lant het nie die bewyslas wat op hom ingevolge
a 245 van Wet 51 van 1977. gerus het, gekwyt nie.

Wat aanklag 17 betref, betoog adv O'Linn

dat die Hof 'n mistasting begaan het deur te bevind
dat die eerste appellant "weereens 'n bestelling
geplaas het." Daar is aangevoer dat die bevinding
dat: "Op die oorspronklike bestelvorm J15 was die
eenheids- of aankoopprys nie ingevul nie" 'n mis-

tasting/

56. tasting was want bewysstuk J15 verwys na aanklag

18. Die oorspronklike bestelvorm wat betrekking
het op aanklag 17 is C7, voer advokaat O'Linn
aan, en laasgenoemde is volledig ingevul deur ene
D J Rickerts wat nie as getuie geroep is nie. Dit is waar dat die Hof a quo 'n fout begaan het met die bewysstukke maar ek kan nie saamstem dat bewys-stuk C7 volledig ingevul is deur D J Rickerts nie. Die afskrif van hierdie bewysstuk is, in teenstelling met sekere ander bewysstukke, goed leesbaar. Rickerts se naam kom wel op die bestelvorm voor as die persoon by wie navrae gedoen moet word en ek sal aanvaar dat hy die adres van Hochland Agent-skappe op die bestelvorm geskryf het asook die

woorde/
57. woorde "30 000 Tinted sheet boards", maar hy het

beslis nie die ander besonderhede ingevul nie.
Die handtekening op die bestelvorm is die van die
eerste appellant en, alhoewel ek geen handskrif-
deskundige is nie, kom die ander besonderhede vir
my voor asof dit in die kenmerkende handskrif van
die eerste appellant geskryf is. Onder hierdie
besonderhede is die prys "R6 300" die woorde
"+ 4% A V B" en die bedrag "R252,00" daarteen-
oor sowel as die woorde "2de & finale bestelling",
asook die totaal "R6 552,00." In elk geval is dit
duidelik dat hierdie woorde en syfers in 'n ander
handskrif as die ander besonderhede geskryf is.
Dit is dus nie korrek om te sê dat Rickerts al die

besonderhede/

58. besonderhede ingevul het nie.

Bewysstuk J15 verwys, soos adv O'Linn

tereg aanvoer, na aanklag 18. Ene Beukes het

hierdie bestelvorm ingevul deur slegs in te skryf

"Board sheets (omslae) 30 000". Geen eenheidsprys

of totale prys is ingevul nie. Die besonderhede is

later, waarskynlik, gee die advokaat toe, nadat
die faktuur ontvang is, deur die eerste appellant
ingevul op die betaalafskrif, maar, betoog hy,
die eerste appellant se verduideliking dat hy mis-
lei is deur die prys op die faktuur is redelik
moontlik waar. Ek het reeds met hierdie argument

in die samehang van al die omstandigheidsgetuienis
gehandel.

Die tweede appellant is, uit hoofde van

die/

59. die bepalings van a 332(7) ook skuldig bevind,

tereg, na my mening, op aanklagte 16, 17 en 18.

Die Staat was nie tevrede daarmee om

slegs die appél teen te staan nie. Namens die
Staat het adv Heyman aangevoer dat die Verhoorhof
verkeerdelik op grond daarvan dat daar 'n onge-
oorloofde vermenigvuldiging van aanklagte was die
appellante slegs skuldig bevind het op die eerste
aanklag van elk van die groepe 2 - 5 en 6 - 11
en hy het hierdie Hof versoek om die fout reg te
stel en op elkeen van die ander aanklagte in die
twee groepe 'n vonnis op te lê soortgelyk aan die
vonnis wat die Verhoorhof op aanklagte 2 en 6 op-
gelê het. Die Staat het nie die Verhoorhof versoek

om 'n regspunt ingevolge a 319 van Wet 51 van 1977

voor/
60. voor te behou nie maar adv Heyman betoog dat dit

onder die omstandighede van hierdie geval nie nodig
was om dit te doen nie. Hy beroep hom op a 322(1)
van Wet 51 van 1977 en betoog dat aangesien die

appellante teen hulle skuldigbevindings op aanklagte

2 en 6 geappelleer het kan hierdie Hof ingevolge
par (b) van subartlkel (1) die uitspraak gee wat
die Verhoorhof behoort te gegee het.

Na my oordeel is dit 'n vergesogte argument.
Die argument gaan nie op nie eenvoudig omdat die
Staat verkies het om afsonderlike aanklagte te
formuleer. Die appellante appelleer slegs teen
hulle skuldigbevinding op aanklagte 2 en 6 en die
betoog dat die Hof wesentlik bevind het dat die
versuim om die eerste appellant se belang in

Hochland/
61 . Hochland Agentskappe te openbaar al die aanklagte

in die twee groepe tref, kan die Staat nie help
nie. Bowendien, gestel die appellante was op
meerdere aanklagte skuldig bevind, is dit twyfel-
agtig of die vonnisse enigsins sou verskil het
van die vonnisse wat wel opgelê is ten aansien van
die skuldigbevindings op aanklagte 2 en 6 want daar
was maar een versuim om te openbaar en dit is aan-
neembaar dat, selfs as die Verhoorhof in sy benade-
ring gefouteer het, waarvan ek geensins oortuig is
nie, die Verhoorhof sou oorweeg het om te gelas dat
die vonnisse saamloop. Die betoog van die Staat word
gevolglik verwerp.

Adv Heyman rig egter nog 'n ander versoek

aan hierdie Hof. Hy kla dat die twee appellante

by/

62 . by monde van hulle regsverteenwoordigers op on-

billike en onbehoorlike wyse herhaaldelik beson-
derhede van die bewerings in die klagstaat aangevra

het en versoek hierdie Hof om riglyne neer te lê
waarvolgens nadere besonderhede aangevra kan word
en verskaf moet word.

Dit is 'n verbasende en ongewone versoek.

Daar is talle gewysdes waarin die beginsels wat
geld neergelê is en dit hang van die feite van
elke saak af welke nadere besonderhede 'n hof, met
die toepassing van die gepaste beginsels, die Staat
sal gelas om te verskaf. Bowendien is die aange-
leentheid van die verskaffing van nadere besonder-
hede glad nie 'n geskilpunt in hierdie appél nie en

dit/
63. dit is nie hierdie Hof se funksie om 'n regsmening

aan 'n litigerende party te verskaf nie.

Die appèl van die twee appellante

word van die hand gewys.

APPeLREGTER

SMALBERGER AR)
) - stem saam BOSHOFF WAR)