South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 88

| Noteup | LawCite

S v Mandulo (287/84) [1986] ZASCA 88 (9 September 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


SITHEMBISO MANDULO en DIE STAAT

mp

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

SITHEMBISO MANDULO Appellant
en
DIE STAAT Respondent

CORAM: RABIE, HR, JANSEN et HOEXTER, ARR

VERHOOR: 29 Augustus 1986 GELEWER: 9 September 1986

UITSPRAAK

HOEXTER, AR

2. HOEXTER, AR,

Dit is 'n strafappèl. In die streekhof te Kempton Park is die appellant, wat toe negentien jaar oud was, op twee klagtes van roof skuldig bevind en op elke klagte 'n vonnis van gevangenisstraf van vier jaar opgelê. Die verhoorhof het egter gelas dat twee jaar van die vonnis op die tweede klagte gelyktydig met die vonnis op die eerste klagte uitgedien sal word. 'n Appèl teen gemelde vonnisse is deur die Transvaalse Provinsiale Afdeling afgewys. Met verlof van die Hof benede kom die appellant tans voor hierdie Hof in hoër beroep.

Die feite van die geval is in hooftrekke die volgende. Teen dagbreek op Saterdag 7 Augustus 1982 het Lillian Mahlangu ("die klaagster") saam met haar swaer in 'n woonbuurt van Tembisa op pad na die spoorwegstasie gestap. Onder haar arm was die klaagster se handsak bevattende o a haar beursie met R50 in kontant. Die klaagster en haar

swaer
3. swaer is deur drie manspersone gekonfronteer. Terwyl twee van laasgenoemdes hul aandag op die swaer toegespits het, het die derde man die klaagster aan haar klere voor haar bors vasgegryp en geld gevra. Die klaagster se reaksie was om te sê dat sy nie geld het nie, waarop die aanvaller haar handsak gegryp het, die klaagster met die geskoende voet op haar rug geskop het, en met haar handsak weggehardloop het. 'n Halfuur of wat daarna het die klaagster hierdie voorval by die Tembisa aanklagkantoor aangemeld as gevolg waarvan adjutant-offisier Phadu die klaagster saam met hom in 'n polisievangwa na die roóftoneel geneem het. Toe niemand aldaar aangetref is nie het die vangwa die omgewing gepatrolleer en daartydens het die klaagster Phadu se aandag gevestig op 'n Datsun motor ("die motor") wat in 'n ander straat dwars voor die vangwa verbygery het. Aan Phadu het die klaagster gesê dat een van die insittendes van die motor die persoon is wat haar beroof het. Toe die vangwa die

motor
4. motor agterna gesit het, het die motor aanvanklik sy spoed versnel maar kort daarna by 'n winkel tot stilstand gekom. Sy insittendes het uitgeklim, uitmekaar gespat en weggehard= loop. Een van die vlugtelinge is deur Phadu agterna gesit en met die hulp van mense vorentoe is hy gevang en deur Phadu in hegtenis geneem. Die man aldus gevange geneem, was die appellant en die klaagster het hom as die persoon wat haar beroof het, uitgewys. In die agtergelate motor is die klaagster se handsak gevind.

Die motor is dan ook die gesteelde eiendom waaroor die ander roofklagte gaan. Die eienaar van die motor was ene Thomas Mabaso. 'n Tydjie na die pleging van die roof op die klaagster het Mabaso die motor in Tembisa
bestuur. Toe hy by 'n stopstraat-stilgehou het, is die
motor deur vier jong manspersone omsingel. Een van die vier, wat 'n mes in sy hand gehad het, het 'n aanval op Mabaso geloods. Met sy vrye hand het die aanvaller die

voordeur
5. voordeur van die motor oopgeruk en met sy ander hand het hy 'n steekbeweging met die mes na Mabaso gemik. Hierdie aanval het Mabaso afgeweer deur die hand wat die mes gehou het, te gryp; en om sy greep op laasgenoemde hand te verstewig het Mabaso uit die motor gespring. Terwyl Mabaso en sy aanvaller buite die motor met mekaar geworstel het, het die aanvaller se makkers in die motor gespring en stadig daarmee begin wegry. Daarmee het die aanvaller van Mabaso losgeruk, die stadigbewegende motor ingehaal, en met sy makkers in die motor weggery. Soos reeds aangedui, is die boewebende se planne met die motor deur die tussenkoms van die klaagster en adjutant-offisier Phadu gefnuik.

Die appellant, wat by sy verhoor nie regsver= teenwoordiging gehad het nie, het onskuldig gepleit en na afloop van die staatsaak het hy self getuig. Hy het ontken dat hy enigsins by pleging van die roof op die klaagster of die roof op Mabaso betrokke was. Ofskoon die appellant

teen

6.

teen sowel die skuldigbevindinge as die vonnisse geappelleer het, het sy advokaat in sy betoog aan die Hof a quo heel verstandig die appèl teen die skuldigbevindinge laat vaar. Ek kan volstaan deur te sê dat die verhoorhof die getuienis van die appellant tereg as vals verwerp het.

Die appellant is ongetroud en het geen afhanklikes nie. Hy is 'n eerste oortreder en ten tyde van die verhoor het hy vaste werk by 'n boukontrakteur gehad. In 'n kort vonnisuitspraak het die streeklanddros die persoonlike omstandighede van die appellant in oënskou geneem en verwys na die veelvuldige voorkoms van die misdaad roof in Tembisa. Die verhoorhof het vervolgens die mening uitgespreek dat vir elk van die twee misdade gevangenisstraf die aangewese straf sou wees. Met hierdie beskouing kan die verhoorhof nie in die ongelyk gestel word nie. Roof is altyd 'n ernstige misdaad en bowendien dra die appellant

die
7. die verwyt van twee besonder laakbare vergrype. By die eerste roof was sy slagoffer 'n weerlose vrou. Die gemeenheid van hierdie tipe van roof is meermale deur die howe beklem= toon. By die tweede roof het die appellant se optrede vir die bestuurder van die motor lewensgevaar ingehou.

Desnietemin bly die oorheersende faktor by vonnisoorweging in die onderhawige geval die feit dat die appellant ten tyde van die pleging van die misdade 'n jeugdige eerste oortreder was. Uit hoofde van laasgenoemde oorwegings behoort sy gevangenisstraf so kort moontlik te gewees het. Met inagneming van al die omstandighede van die geval sou dit na my oordeel billik en gepas wees om vir doeleindes van vonnis die twee klagtes saam te neem; en na my mening sou geregtigheid geskied by oplegging van 'n vonnis van gevangenisstraf van vier jaar. Tussen die gewraakte vonnis en dié wat hierdie Hof as verhoorhof

sou
8.

sou opgelê het, bestaan daar gevolglik n steurende ongelyk= heid. Dit bring mee dat hierdie Hof regtens verplig is om teen die opgelegde vonnis in te gryp.

Die appèl slaag. Die vonnis deur die streekhof opgelê, word gewysig om soos volg te lees:-

"Vir doeleindes van vonnis word die twee klagtes saamgeneem en 'n vonnis van gevangenis= straf van vier jaar word opgelê."

G G HOEXTER, AR

RABIE, HR )
Stem saam. JANSEN, AR )