South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 67

| Noteup | LawCite

S v Smith (80/86) [1986] ZASCA 67 (29 May 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING In die saak tussen

BAREND FRANCIS SMITH APPELLANT
en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM:RABIE,HR, JANSEN, BOTHA, HEFER, ARR, et NESTADL,WRN AR. AANGEHOOR : 15 MEI 1986. GELEWER : 29 MEI 1986

UITSPRAAK HEFER, AR :
Na 'n onsuksesvolle appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling kom die appellant nou in hoër beroep

teen
2. teen sy skuldigbevinding in 'n landdroshof aan oortreding van art 31 (1) (a) van die Wet op Padvervoer No 74 van 1977 ("die Wet").
Die skuldigbevinding het gespruit uit die vervoer deur een van die appellant se werknemers van 'n hoeveelheid onverwerkte staal op 'n leunwa ten opsigte waarvan 'n openbare permit ooreenkomstig art 21(1) van die Wet uitgereik en van krag was op datum van die be-weerde oortreding. Oor die feite was daar by die ver-hoor geen geskil nie. Slegs drie vrae was ter sprake nl (1) of die vervoer van die staal gemagtig was deur die permit, (2) of daar mens rea aan appellant se kant was aangesien hy beweer het dat hy geglo het dat die

vervoer

3. vervoer wel deur die permit gemagtig is en (3) of appel-lant art 31(1) (a) dan wel art 31(1) (b) oortree het in-dien die eerste twee vrae teen hom beslis sou word. Dit is hoe hulle inderdaad beslis is en die landdros het be-vind dat art 31(1) (a) oortree is. Die Hof a quo was dieselfde mening toegedaan. (Die uitspraak van die Hof a quo is gerapporteer in 1986(2) S A 229.)
In hierdie Hof het appellant se advokaat toegegee dat die vervoer van die staal nie deur die per-mit gemagtig was nie, maar aangevoer dat dit nie onaan-neemlik is nie dat appellant nietemin eerlik onder die indruk was dat dit wel gemagtig was. Ek is nie van voorneme om appellant se getuienis en die betoog van

sy
4. sy advokaat in hierdie verband breedvoerig te behandel nie. Nog die getuienis nog die betoog was enigsins in-drukwekkend. Appellant se bewering dat hy onder die indruk gebring is dat hy die staal wettiglik kon vervoer deur 'n advokaatsopinie wat hy vooraf aangevra het, is klaarblyklik ongegrond. In die opinie is onomwonde ver-klaar dat die wettigheid van die vervoer afgehang het van die gebruik waarvoor die staal bedoel was. Die deurslaggewende vraag, so lui die opinie, was "Por what purpose are these steel lengths being conveyed?" En "only consultant and the building contractor will be able to answer that question at the time". Die feit dat die staal nie vervoer is na 'n boukontrakteur nie

behoort
5. behoort op sigself reeds 'n aanduiding vir appellant te gewees het dat dit waarskynlik nie bestem was vir die gebruik waarvoor dit wettiglik vervoer kon word nie (vgl Muller. T/A S A Trucking v Trencor Services (Pty) Ltd 1985(3) S A 213 (A D) op p 221). Bewus van die inhoud van die opinie, het hy boonop geen poging aangewend om n antwoord op die sleutelvraag te vind deur vas te stel vir watter doel die staal bestem was nie. Sonder 'n ant-woord op daardie vraag kon hy eenvoudig nie geglo het in die wettigheid van sy optrede nie. Dit volg dat die be-trokke verweer tereg verwerp is.
Die enigste oorblywende vraag is dus of appellant tereg skuldig bevind is aan oortreding van

art

6. art 31(1) (a). Paragrawe (a) en (b) van art 31(1) lui

soos volg:

"(1) Iemand wat -

(a)padvervoer onderneem behalwe krag-tens 'n permit wat daardie padver-voer magtig; of
(b)terwyl hy die houer van 'n permit is, padvervoer anders as volgens die bepalings van daardie permit onderneem, of, behoudens die bepa-lings van artikel 12A, 'n voorwaar-de of vereiste van 'n permit of 'n bepaling van artikel 24 oortree of

versuim om daaraan te voldoen; of

is aan 'n misdryf skudig."

Op gesag van die beslissings in S v Agsaam Beleggings

(Edms) Bpk en 'n Ander 1985(4) S A 423 (0) en S v Ndlovu
1986(1) S A 579 (T) is namens die appellant aangevoer
dat para (a) nie van toepassing is op 'n permithouer

nie
7. nie. Kortweg het die betoog daarop neergekom dat 'n permithouer wat goedere vervoer wat hy nie kragtens sy permit mag vervoer nie, padvervoer onderneem anders as volgens die bepalings van sy permit en daardeur par (b) oortree. Die houding van die Staat (wat deur die Hof a quo gehandhaaf is) is dat so 'n permithouer die be-trokke goedere nie kragtens 'n permit vervoer nie en sub-par. (a) oortree. Dit is in ooreenstemming met die be-slissing in S v Everson 1980(2) S A 913 (N K).
Om die beslissings waarop die partye gesteun het en die uiteenlopende standpunte daarin krities te ontleed, is nie van veel waarde nie; dit bring die antwoord op die vraag niks nader nie. Daarom onderneem

ek

8. ek nie so 'n ontleding nie.
Die vraag waaroor dit eintlik gaan, het slegs betrekking op par (a) van art 31(1) en die eerste gedeelte van par (b) waarvolgens 'n permit-houer strafbaar is indien hy padvervoer onderneem anders as volgens die bepalings van sy permit. By die berede-nering van die appèl het dit duidelik geword dat een en-kele faktor ten grondslag van die probleem lê. Dit is die feit dat 'n permithouer wat padvervoer anders as in ooreenstemming met die bepalings van sy permit onderneem deur die perke van sy magtiging te oorskry, tot daardie mate, ongemagtig optree. Die magtiging deur 'n permit verleen is immers beperk, dit verleen nie carte blanche

aan
9. aan die houer daarvan om padvervoer volgens goeddunke te onderneem nie, maar die beperkte magtiging om met 'n bepaalde voertuig padvervoer van 'n bepaalde aard of klas binne 'n voorgeskrewe gebied of selfs langs 'n voorge-skrewe roete te onderneem. Die aanwysings in die permit betreffende o a die voertuig, die gebied en die klas of aard van die gemagtigde vervoer is almal bepa-lings van die permit en, sou die permithouer padvervoer onderneem bv van 'n ander aard of klas of met 'n ander voertuig of in 'n ander gebied, is die vervoer nie net nie in ooreenstemming met die bepalings van die permit nie, maar inderdaad ongemagtig. In S v Azels & Another 1974(4) S A 154 (N) op p 156 het HILL WR die hele rede-

nasie

10.

nasie bondig saamgevat deur op te merk (met verwysing

na 'n vergelykbare bepaling in Wet 39 van 1930) dat :

"Carrying on transportation outside the scope of the provisions of the authorisation is in fact carrying on transportation without authori-sation."

Indien die misdryf wat in par (a) ge-

skep is hierdie vorm van ongemagtigde vervoer insluit,

is daar vanselfsprekend 'n groot mate van oorvleueling
tussen par (a) en die eerste gedeelte van par (b).

In daardie geval is aparte dog grotendeels identiese mis-
drywe geskep, albei waarvan deur 'n permithouer gepleeg
word indien hy in die onderneming van padvervoer die perke
van sy magtiging op enige wyse oorskry. Die partye tot

die

11.

die appèl was dit egter eens dat so 'n resultaat nie beoog kon gewees het nie. Dit is nouliks denkbaar dat een oortreding in par (a) geskep sou word en on-middellik daarna in 'n nuwe paragraaf gevolg sou word deur 'n anders omskrewe maar inhoudelik wesenlik identiese een. Boonop is daar aanduidings elders in die Wet (bv in arts. 36 en 37 gelees met die definisie van"ongemagtigde padvervoer" in art 1, en in art 38(l)(e)) dat padvervoer wat nie deur 'n permit gemagtig is nie, onderskei word as misdryf van padvervoer anders as vol-gens die bepalings van 'n permit. Daarom moet 'n ver-tolking gesoek word wat gevolg gee aan hierdie onder-skeiding en wat dus 'n versoening tussen die twee bepalings

teweegbring

12. teweegbring op die basis dat verskillende misdrywe daarin geskep is.
Om so 'n vertolking te vind te midde van die slordige en dikwels inkonsekwente taalgebruik van die Wet (waarvan die twee tekste selfs nie eens in alle opsigte ooreenstem nie) is nie 'n maklike taak nie. Ironies genoeg, word die probleem geskep deur twee bepalings wat, afsonderlik beskou, volkome duidelik voorkom; eers wan-neer hulle in onderlinge samehang gelees word, blyk dit dat 'n verborge bedoeling iewers agter die duidelike woorde skuil.
Die kernvraag is of die woorde "behalwe kragtens 'n permit wat daardie padvervoer magtig" in

par (a)
13. par (a) oorskryding deur 'n permithouer van die magtiging deur sy permit verleen, insluit. Soos uit die uitsprake blyk, was daar nie eenstemmigheid tussen die regters wat die sake Everson, Agsaam Beleggings en Ndlovu beslis het, oor die betekenis van hierdie uitdrukking nie. Oor die letterlike betekenis daarvan kan daar egter geen twyfel wees nie. Padvervoer, d w s enige handeling soos beskryf in die definisie van daardie woord in art 1, kan slegs geskied "kragtens 'n permit wat daardie padvervoer magtig" indien die besondere handeling deur díe permit gemagtig is. Letterlik vertolk kan die woorde "wat daardie padvervoer magtig" nie 'n verwysing wees nie na "die relevante klas padvervoer wat deur 'n permit gemagtig

word

14 . word d w s padvervoer van of persone of goedere" (per GOLDSTONE R in die Ndlovu-saak op p 580). Soos uit art 21(3) (c) blyk,magtig 'n permit nie bloot die vervoer van goedere of van persone nie maar van "die klas of klasse persone of die klas of klasse

goedere wat kragtens daardie permit vervoer kan word ."
In elk geval moet die woord "kragtens" nie oor die hoof gesien word nie. 'n Handeling kan nie kragtens 'n permit verrig word tensy dit deur die permit gemagtig is nie. Die woorde in die Engelse teks "under the authority of a permit" stel dit nog duideliker en 'n handeling wat nie deur 'n permit gemagtig is nie kan net so min "under the authority of a permit" geskied as wat kruideniersware

in
15. in Kaapstad vervoer kan word kragtens 'n permit wat die vervoer van landbouimplemente iewers op die Transvaalse platteland magtig. Wat dus letterlik volgens die duide-like woorde van par (a) vereis word van enige persoon wat padvervoer onderneem ten einde strafbaarheid onder daardie sub-artikel vry te spring, is 'n permit waarkrag-tens die besondere vervoer gemagtig is. Indien die wet-gewer nie 'n ander oortreding in die eerste gedeelte van par (b) geskep het nie, sou daar nie die minste twyfel gewees het dat 'n permithouer wat die perke van sy permit oorskry, par (a) oortree nie.
Feit bly egter dat 'n ander oortreding wel in die eerste gedeelte van par (b) geskep is

en
16. en dat die duidelike woorde wat daar gebruik is, letterlik ook die oorskryding van die perke van 'n per-mit insluit. In die lig hiervan is namens die appellant aangevoer dat par (a) nie letterlik vertolk kan word nie en dat oorskryding van die magtiging deur 'n permit verleen, van die trefwydte daarvan uitgesluit moet word; op daardie manier kan die twee bepalings versoen word sonder enige oorvleueling. Namens die Staat is aan-gevoer dat oorvleueling ook uitgeskakel kan word deur die eerste gedeelte van par. (b) te beperk tot ge-valle waar die bepaling van die permit wat oortree is, van so 'n aard is dat die oortreding daarvan nie mee-bring dat die perke van die magtiging oorskry is nie.

Daar
17. Daar bestaan verskeie ernstige besware teen die Staat se betoog. Eerstens, gedagtig aan die feit dat die oortreding in die eerste gedeelte van par (b) nie die blote oortreding van 'n bepaling van 'n permit of die versuim om dit na te kom, behels nie maar die onderneem van padvervoer anders as volgens die be-palings van die permit, is dit moeilik om 'n voorbeeld in die Wet te vind van 'n bepaling wat by nie-nakoming nie oorskryding van die magtiging behels nie. As voor-beeld is aan ons voorgehou die vervoer van meer pas-sasiers van 'n besondere klas as wat deur die betrokke permit gemagtig is. Myns insiens is dit ook 'n geval van oorskryding. Ek kon slegs een verwysing in die

Wet
18. Wet vind (in art 21(4)(b)) na 'n bepaling wat waarskyn-lik nie 'n oorskryding sal behels indien dit oortree word nie. Dit is egter te betwyfel of die wetgewer ter wille van die nakoming van so 'n bepaling (wat nie eens in alle permitte verskyn nie) 'n misdryf soos dié in die eerste gedeelte van par (b) sou skep. Die tweede beswaar is dat dit totaal onmoontlik is om aan te dui hoe onderskei moet word tussen bepalings wat van so 'n aard is dat oortreding daarvan oorskryding van die magtiging sal behels, en bepalings wat nie van daardie aard is nie. Hoewel die wetgewer sy verstommende ver-moë om eenvoudige sake te vertroebel en sy onweerstaan-bare aangetrokkenheid tot die obskure herhaaldelik reeds

bewys
19. bewys het (en dit in hierdie wet weer gedoen het), meen ek nie dat dit ooit 'n misdryf kon beoog het waar-aan daar so 'n volslae mate van onsekerheid kleef nie. 'n Derde beswaar is dat die wetgewer self nie die onderskeiding gemaak het waarvoor die Staat be-toog nie. Dat die wetgewer bewus was van die moontlik-heid dat die wye bewoording van par (b) oorvleueling met ander bepalings kon meebring, blyk uit sub-art 31(2)(a). Nogtans is daar nie, soos in art 31(2)(a), voorsiening gemaak om oorvleueling tussen art 31(1)(a) en (b) uit te skakel nie. Ten einde die Staat gelyk te gee, moet die eerste gedeelte van par (b) óf beperkend vertolk word of woorde moet daarby ingelees word wat

nie

20. nie daarin verskyn nie. Dit is juis wat die Staat betoog het nie met par (a) gedoen moet word nie.
Dit bring my by die kern van die probleem. Beide bepalings is in duidelike ondubbelsinnige woorde gegiet. Naas mekaar kan hulle, volgens 'n letterlike vertolking, nie toegepas word sonder 'n groot mate van oorvleueling nie en, soos ek reeds aangedui het, kon dit nie beoog gewees het nie. Ek het in hierdie verband nie uit die oog verloor nie dat oorvleueling nie nood-wendig meebring dat van die letterlike betekenis afgewyk moet word nie (kyk bv Caseley N O v Minister of Defence 1973(1) S A 630 (AD) op p 639). Maar in hierdie geval kan versoening slegs teweeggebring word deur een van die

bepalings

21

bepalings beperkend te vertolk en aldus af te wyk van

die letterlike betekenis daarvan. Die vraag is: Watter een?
Hoewel geen noemenswaardige aanduidings in die Wet gevind kan word van hoe die wetgewer hierdie vraag be-antwoord wou hê nie, is dit myns insiens par (a) wat be-perkend vertolk moet word. Die enigste denkbare wyse waarop par (b) beperk kan word, is dié waarvoor die Staat betoog het en ek het reeds aangedui waarom so 'n beperking onaanvaarbaar is. Deur par (a) te beperk tot persone wat nie 'n permit het om padvervoer te onderneem nie, word oor-vleueling met par (b) volkome uitgeskakel sonder enige ge-kunstelde en prakties onuitvoerbare onderskeidings en word elke oortreding duidelik omskryf en omlyn. Dat dit waar-skynlik die bedoelde oogmerk was, skyn my bevestig te word

deur

22.

deur 'n kort vergelykende ondersoek na die ooreenstem-mende bepalings van Wet 39 van 1930 ("die ou Wet").
Die voorganger van die huidige art 31(1) (a) en (b) was art 9(1) en (4) van die ou Wet wat aangehaal is op p 917-8 van die Everson-saak. In S v Beukes 1972(2) S A 484 (K) op p 485 en S v Nembanzeni 1976 (3) S A 68 (T) op p 71 - 72 is aangedui wat die omvang van die misdryf was wat in art 9(1) geskep is. Daaruit blyk dit dat die vraag of die beskuldigde die houer van 'n sertifikaat of vrystelling was en die vraag of hy transport gedryf het ooreenkomstig die bepalings daarvan, beide ter sprake gekom het by 'n vervolging onder art 9(1); hy kon skuldigbevinding nie vryspring nie tensy hy bewys het dat hy 'n sertifikaat of vry-

stelling

23.

stelling gehad het en dat hy transport gedryf het ooreenkomstig die bepalings daarvan. Persone wat transport gedryf het sonder 'n sertifikaat of vrystelling sowel as die houers van sertifikate of vrystellings wat transport gedryf het anders as volgens die bepalings van die sertifikate of vrystellings, was dus almal strafbaar onder art 9(1). Hierdie samevoeging het ongelukkige ge-volge gehad omdat dit nie duidelik was hoe 'n klag onder art 9(1) geformuleer moes word teen die houer van 'n sertifikaat of vrystelling wat sy magtiging oorskry het nie. Soms is in sulke gevalle eenvoudig beweer dat die vervoer geskied het sonder 'n sertifikaat of vrystelling (S v Mathebula 1972(1) S A 495 (T)) en

soms

24.

soms dat dit geskied het sonder 'n sertifikaat of vry-stelling wat die besondere transport gemagtig het (Sv Salama Taxis (Pty) Ltd & Others 1964(1) S A 371 (K)).
Merendeels was dié bewering egter dat dit geskied het anders as volgens die bepalings van die sertifikaat of vrystelling (Vgl R v Hoosen & another 1959(2) S A 21(N), S v Engeldoe's Taxi Service (Pty) Ltd. & another 1966(1) S A 329 (AD), S v Azels & another (supra), S v Beukes (supra), S v Nembanzeni (supra)). In S v Delport Overland Services (Pty) Ltd & another 1975(2) S A 286 (T) op p 287 is selfs bevind dat art 9(11 twee afsonderlike misdrywe geskep het en dat die Staat, in die geval van 'n sertifikaathouer wat die perke van sy magtiging na

bewering
25. bewering oorskry het, "die inhoud van die sertifikaat moet bewys en ook oortreding daarvan" . (Kyk ook Mabena v Brakpan Municipality 1956(1) S A 179 (T) op p 180). Om sake nog verder te vertroebel, is selfs art 9(4) soms bygehaal op die basis dat 'n sertifikaathouer 'n voorwaarde van sy sertifikaat verbreek het deur die perke daarvan te oorskry (S v Aziz & another 1964(4) S A 83(N), S v Goss 1974(1) S A 380(N). Die rede hier-voor was dat geen onderskeid skynbaar getrek is (selfs nie deur hierdie hof in die Engeldoe's Taxi Service-saak (supra) nie) tussen 'n "voorwaarde" soos bedoel in art 9(4) en "bepalings" soos bedoel in art 9(1) nie. (Kyk bv S v Nembanzeni (supra) op p 73, S v Salama

Taxis
26. Taxis (Pty) Ltd. (supra op p 373). So erg het die verwarring geword dat 'n sertifikaathouer op feite wat grootliks ooreenstem met die feite in die onderhawige saak, in S v Erdvark Ploegfabriek (Edms) Bpk & 'n ander 1971(3) S A 492(K) aangekla is weens oortreding van art 9(1) "gelees met art 9(4)". Sy skuldigbevinding is op appèl gehandhaaf.
Teen hierdie agtergrond, kom dit my voor, word die misdaadomskrywing in art 31(1)(a) en (b) van die Wet betekenisvol. Dit was waarskynlik 'n poging tot die herformulering van die ou art 9(1) en (4). Wat van belang is in die nuwe formulering, is dat die twee gedeeltes van art 9(1) geskei is, dat padvervoer

anders

27. anders as volgens die bepalings van 'n permit nou 'n

selfstandige oortreding geword het en dat, behoudens

die vermoedens in art 38(1) (a) en (e), 'n permithouer

onder par (b) nie meer (soos onder die ou Wet) met 'n

bewyslas beswaar is nie. Hierdie faktore is aanduidend

van n nuwe benadering tot die strafbaarheid van permit-

houers wat padvervoer onderneem anders as volgens die

bepalings van hulle permitte. Vir diesulkes is nou 'n
nuwe selfstandige oortreding geskep en dit kan gesien word
as waarskynlik die wetgewer se oplossing vir die probleme
wat teweeggebring is deur die saamgroepering in die ou art. 9(1).
Aan daardie bedoeling kan slegs gevolg gegee word deur 'n
volkome skeiding tussen die twee groepe want, sou sommige

permithouers

28. permithouers nou maar weer in art 31(1)(a) by nie-permithouers gevoeg word, word die probleme eerder bestendig (en vererger) as uitgeskakel.
My gevolgtrekking is dus dat art 31(1) (a) volgens die korrekte vertolking daarvan nie van toepassing is op permithouers nie en dat permithouers wat padvervoer onderneem anders as volgens die bepalings van hulle per-mitte, strafbaar is onder art 31(1) (b) ongeag die aard van die bepalings wat oortree is. Daaruit volg dit dat appellant verkeerdelik skuldig bevind is aan oortreding van art 31(1) (a). Vir hom is die gevolgtrekking van akademiese belang aangesien sy advokaat nie probeer aanvoer het dat die vonnis onvanpas is vir oortreding

van

29.

van art 31(1) (b) nie. Die appèl slaag tot die mate dat die ap-
pellant se skuldigbevinding tersyde gestel word en ver-vang word deur een van oortreding van art 31(1) (b) van Wet 74 van 1977. Die opgelegde vonnis bly van krag.

J J F HEFER, AR

RABIE, HR )

JANSEN, AR ) ) STEM SAAM

BOTHA, AR )

NESTADT, WRN AR )