South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 5

| Noteup | LawCite

Smith v S A Eagle Versekeringsmaatskappy and Another (5/86) [1986] ZASCA 5 (27 February 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÉLAFDELING

In die saak tussen:

ERNST LODEWIKUS SMITH Appellant

en

S A EAGLE VERSEKERINGSMAATSKAPPY
BEPERK Eerste Respondent

en

A G SAUNDERS Tweede Respondent

Coram: JOUBERT, HEFER et JACOBS ARR.
Datum van Verhoor: 17 Februarie 1986
Datum van Uitspraak: 27 Februarie 1986

UITSPRAAK
JOUBERT, AR :

/Die

2

Die appellant het as eiser 'n aksie vir
skadevergoeding in die Transvaalse Provinsiale Afdeling
teen die eerste respondent as verweerder ingestel weens
beserings wat hy opgedoen het tydens 'n botsing wat
omstreeks middernag op 3 Maart 1978 tussen twee voertuie
in die kruising van Universiteitsweg en Walkerstraat
in Pretoria plaasgevind het. Een van hierdie voer=
tuie ('n Datsun) bestuur deur ene Hollmann was ten
tyde van die botsing verseker deur die eerste respondent
kragtens die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering
56 van 1972. Die ander voertuig ('n Toyota) is bestuur
deur ene Saunders (die tweede respondent) wat as derde
party tot die geding gevoeg is. Die appellant was

/'n ....

3

'n passasier in die Toyota ten tyde van die botsing.

Gerieflikheidshalwe sal ek na die appellant, die

eerste respondent en die tweede respondent verwys as
die eiser, die verweerder en die derde party respektiewe=

lik.

Die verhoor het voor LEVESON R
plaasgevind wat 'n bevel van absolusie van die instansie
met koste verleen het. Met verlof van die hof a quo
kom die eiser tans in hoër beroep teen daardie uit =
spraak na hierdie Hof.

Walkerstraat loop van oos na wes en
dit dra verkeer wat in beide rigtings beweeg. Die

/noordelike
4

noordelike helfte van Walkerstraat is wyd genoeg om

twee rye voertuie te neem ofskoon dit destyds nie in

twee bane verdeel was nie. Universiteitsweg loop van

noord na suid en dra verkeer wat in beide rigtings
beweeg. Die kruising van Walkerstraat en Universi=

teitsweg word beheer deur verkeersligte wat op die
vier hoeke aangebring is. Die kruising word ook
afgebaken deur wit strepe in beide strate waar voertuie
tot stilstand moet kom wanneer die verkeersligte hulle
belet om die kruising binne te gaan. Daar is ook 'n
glipweg wat dit moontlik maak vir verkeer wat in Walker=
straat van wes na oos beweeg om na links af te draai na
Universiteitsweg sonder om van die kruising gebruik te
maak.

/By
5

By die aanvang van die verhoor op 3 Mei

1984 het die partye ooreengekom om eers die vraag van

aanspreeklikheid op grond van nalatigheid deur die
verhoorhof te laat beslis en om die vasstelling van
die quantum van skadevergoeding agterweë te hou vir
latere beslegting indien nodig.

Volgens die pleitstukke, soos aangevul
deur die mondelinge betoog van die eiser se advokaat
in hierdie Hof, het die bewyslas op die eiser gerus
om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat die
botsing deur die nalatigheid van Hollmann veroorsaak is
deurdat hy versuim het om 'n behoorlike uitkyk te hou
toe hy die kruising genader en binnegegaan het. Die
verweerder het in sy verweerskrif ontken dat Hollmann

/enigsins ......

6

enigsins nalatig was en het beweer dat die botsing
geheel en al deur die nalatigheid van die derde party
(Saunders) veroorsaak is wat die kruising teen 'n
rooi verkeerslig binnegegaan het.

Dit was gemene saak by die verhoor dat,
net voor die botsing, Hollmann die Datsun op sy korrekte
kant van die pad in Universiteitsweg van noord na suid
bestuur het met die bedoeling om deur die kruising te
gaan en verder in 'n suidelike rigting te beweeg.
Saunders het die Toyota in Walkerstraat van wes na oos
bestuur op sy korrekte kant van die pad. Sy voorneme
was waarskynlik om deur die kruising te gaan en verder
in 'n oostelike rigting te beweeg. Die twee

/voertuie

7

voertuie het in die kruising met mekaar gebots min of
meer op een lyn met die betrokke lane waarin hulle
onmiddellik voor die kruising gery het. Dit was
tydens die verhoor onbetwis dat die botsing min of
meer in die middel van die kruising plaasgevind het.
Die Datsun is op sy regtervoorkant deur die Toyta getref.

By die aanvang van die verhoor het die
verhoorhof gedurende die dag van 3 Mei 1984 'n inspeksie
ter plaatse van die ongelukstoneel gedoen. Die
bevindinge is by wyse van ses punte op bladsye 70 en
71 van die oorkonde opgeteken. Hoe daar tydens
daglig vasgestel kon word vanaf welke plek in Uni=
versiteitsweg oos van die kruising die ligte van
voertuie wat van wes na oos in Walkerstraat na die
/kruising .......

8

kruising gedurende die nag ry vir die eerste keer
waarneembaar sou word, kom vir my as uiters vreemd
en futiel voor. So iets sou hoogtens by wyse van
getuienis oor toetse wat met die ligte van bewegende
voertuie tydens die nag gedoen is, kon geskied ten
einde enige bewyskrag te hê. Dieselfde oorweging
geld na my oordeel t.o.v. die bevinding vanaf welke
plek in Universiteitsweg oos van die kruising die
ligte van voertuie wat van wes na oos in Walkerstraat
waarneembaar sou wees deur 'n groepie struike ongeveer
3 meter hoog wat aangedui is deur 'n sirkel op Be=
wysstukke "Y" en "Z". Wat die groepie struike
betref, sou dit verder raadsaam gewees het om

/bowendien

9

bowendien sodanige toetse aan die begin van 'n Maart=
maand te doen omdat die seisoene 'n invloed op die
digtheid van die struike se blare kon hê tensy ge=
tuienis die teendeel aantoon.

Die eiser het hom in 'n dilemma bevind
deurdat hy as gevolg van beserings wat hy in die
botsing opgedoen het aan algehele geheueverlies ly
wat die gebeure van die betrokke aand betref. Hy
het vir die omstandighede waaronder die botsing plaas=
gevind het op die getuienis van mev Swiegelaar en
Hollmann wat vir hom getuig het, gesteun. Saunders
het ook vir hom getuig maar hy ly aan geheueverlies
wat die plaasvind van die botsing betref. Hy kon
wel onthou dat hy die eiser die betrokke aand opgelaai
/het .......

10

het om na 'n wynfees te gaan waar hy 'n bottel wyn
met 'n paar vriende gedrink het. Dit is tot waar
Saunders se geheue t.o.v. die betrokke aand se gebeure
gestrek het. Hy was derhalwe nie in staat om oor
uiters belangrike aspekte te getuig soos :

1.of sy Toyota se ligte gebrand het toe hy die
die kruising genader en binnegegaan het,
2.of hy die kruising teen 'n rooi verkeerslig binne=
gegaan het,
3.watter uitkyk hy gehou het vir ander voertuie wat
die kruising nader of binnegegaan het,
4.teen watter spoed hy die kruising binnegegaan het.

Nadat die eiser sy saak gesluit het, het die verwcerder

/en

11

en die derde party (Saunders) hul sake gesluit sonder
om getuienis aan te bied.

Mev Swiegelaar het die betrokke nag haar
voertuig in Walkerstraat van oos na wes bestuur. Sy
was alleen in haar voertuig. Sy het links van die
pad en nie naby die middellyn nie gery. Toe sy min
of meer by die afdraai na Koningin Wilhelminastraat was,
het sy bemerk dat die verkeerslig by die kruising vir haar
geel was. Sy het nie opgelet of daar verkeer agter
haar was nie. Terwyl sy voortbeweeg het na die kruising
teen 'n spoed van ongeveer 40 km per uur het die Toyota
haar teen 'n spoed van ongeveer 70 km per uur verbygegaan.
Sy het toe gesien dat die verkeerslig by die kruising

/vir
12
vir haar rooi was. Haar aandag was gevestig op die

Toyota wat nie spoed verminder het nie. Sy het nie
remme gehoor nie en ook nie remligte gesien nie. Sy het
die indruk gekry dat die Toyota nie by die kruising sou
stilhou om die rooi verkeerslig te gehoorsaam nie. In
haar hoofgetuienis het sy beweer dat sy nie kon antwoord
op die vraag of die Toyota se ligte aan was toe dit by
haar verby is nie. Sy het ook getuig dat sy uit die
hoek van haar oog die ligte gesien het van 'n voertuig
wat van noord na suid in Universiteitsweg die kruising
nader. Haar indruk was dat daar 'n botsing tussen
daardie voertuig en die Toyota sou plaasvind. Sy
het ook reg voor haar 'n voertuig met 'n groot karavaan
bemerk wat besig was om baie stadig na die kruising te

/beweeg

13

beweeg. Die Toyota het hierdie voertuig met die
karavaan verbygegaan en die kruising binnegegaan.
Sy het die botsing tussen die Toyota en die Datsun min
of meer in die middel van die kruising sien plaasvind.
Sy het die voertuig met die karavaan verbygegaan en
deur die kruising gery voordat sy stilgehou het. In haar hoofgetuienis het sy beweer dat die voertuig met
die karavaan ten tyde van die botsing by die kruising
stilstaande was. Sy kon egter nie sê of die voertuig
met die karavaan in beweging was of reeds stilstaande
was toe die Toyota dit verbygesteek het nie.

Die groot leemte in haar getuienis is die
gebrek aan akkuraatheid betreEfende relevante afstande

/soos

14

soos byvoorbeeld hoever sy van die kruising was toe
die verkeerslig vir haar rooi geword het, hoever sy
van die kruising was toe die Toyota by haar verby
gegaan het, hoever die voertuig met die karavaan van
die kruising was toe die Toyota dit verbygesteek het
en hoever die voertuig met die karavaan van die kruising
was toe sy dit verbygegaan het. Dit is eienaardig
dat hierdie aspekte nie opgeklaar is tydens die in=
speksie in loco nie.

Hollmann het getuig dat hy die betrokke
nag met die passassiers in sy Datsun in Universiteitsweg
van noord na suid gery het. Sy spoed was tussen
50 en 60 km per uur en dit het tot en met die botsing
konstant gebly. Voor hom het 'n ander voertuig in
/dieselde .........

15

dieselfde rigting gery. Dit was ongeveer 50 na 60 m

voor hom. Daardie voertuig is lank voor hom deur

die kruising. Toe hy ongeveer 120 m vanaf die
kruising was het die verkeerslig vir hom groen geslaan.
Hy het die kruising binnegegaan met 'n groenlig in sy
guns. Hy het 'n breukdeel van 'n sekonde voordat die
botsing plaasgevind het die Toyota gesien. Hy kon
nie verklaar waarom hy die Toyota nie eerder gesien het
nie. Hy het nooit sy remme voor die botsing gebruik
nie. Daar was niks wat hy kon doen om die botsing te
vermy nie. In kruisondervraging het hy beweer dat
hy geen rede gehad het toe hy die kruising nader en
binnegaan om te verwag dat 'n voertuig dit teen 'n rooi
verkeerslig sou binnegaan nie. Hy kon nie onthou

/dat
*

16

dat hy voor die botsing 'n voertuig met 'n karavaan
gesien het nie. Na die botsing het hy wel 'n voertuig
met 'n karavaan by die kruising in Walkerstraat sien
staan.

Eiser se advokaat het nooit aan Hollmann
gevra of die ligte van die Toyota gebrand het nie.
Eiser het ook nie gebruik gemaak van die twee passasiers
van Hollmann wat wel as getuies by die verhoor beskik=
baar was nie.

Wanneer die totaliteit van die getuienis

oorweeg word, het die eiser na my oordeel nie daarin

geslaag om op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys

dat die Toyota se ligte gebrand het toe dit die kruising

/onmiddellik

17

onmiddellik voor die botsing genader en binnegegaan
het nie. Wat meer is, die eiser het volgens my
oordeel nie daarin geslaag om op 'n oorwig van waarskyn=
likhede te bewys dat Hollmann nie 'n behoorlike uitkyk
gehou het toe hy die kruising genader en binnegegaan
het nie d.w.s. eiser het hom nie van die bewyslas
gekwyt dat die botsing deur die nalatigheid van
Hollmann veroorsaak is nie.

Dit volg dat die appèl afgewys word
met koste.

JOUBERT AR.

HEFER AR )

JACOBS AR ) Stem saam.