South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 46
| Noteup
| LawCite
S v Mattheus (313/85) [1986] ZASCA 46 (7 May 1986)
Download original files |
HAUSER MATTHEUS EERSTE APPELLANT
ANNA
PETRONELLA MATTHEUS TWEEDE APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
SAAK NR. 313/85
/ccc
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING) In die saak tussen:
HAUSER MATTHEUS EERSTE APPELLANT
ANNA PETRONELLA
MATTHEUS TWEEDE APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: TRENGOVE, BOSHOFF et JACOBS ARR
VERHOOR: 20 MAART 1986
GELEWER: 7 MEI 1986
UITSPRAAK
TRENGOVE/
2. TRENGOVE, AR:
Die eerste appellant en sy
eggenote, die tweede appellant, is op 6 Augustus 1983 in die landdros-hof op
Potgietersrus skuldig bevind
aan bedrog. Die landdros het bevind dat hulle op 18
Januarie 1983 weder-regtelik en met die opset om te bedrieg aan ene Thomas John
Hartley (die klaer) voorgegee het dat 'n sekere tjek ten bedrae van Rl00,0O
getrek op die Standard Bank te Potgietersrus, en betaalbaar
"aan kontant", by
aanbieding op 21 Januarie 1983 uitbetaal sou word; dat toe hulle so voorgegee
het die appellante geweet het dat
die tjek nie by aanbieding daarvan uitbetaal
sou word nie; en dat hulle deur middel van hierdie valse voorwendsel R60,00
in/
3. in kontant van die klaer tot sy verlies en nadeel verkry het. Die
eerste appellant is tot 12 maande gevangenisstraf gevonnis en
die tweede
appellant tot 6 maande gevangenisstraf wat vir 'n tydperk van 5 jaar onder
sekere voorwaardes opgeskort is. (Die tweede
appellant is ook op 'n ander
aanklag van bedrog skuldig bevind en gevonnis maar dit is nie hier ter sake nie
en ek verwys dus nie
verder daarna nie). Die appellante het na die Transvaalse
Provinsiale Afdeling in hoër be-roep gegaan - die eerste appellant
teen
beide sy skuldig-bevinding en vonnis, en die tweede appellant net teen haar
skuldigbevinding - maar hulle appèlle is
afgewys. Die hof a quo
het ook aan die appellante verlof geweier om
na/
4. na hierdie hof in hoër beroep te kom. Hierdie hof het egter
later aan die appellante verlof verleen (a) pm teen hulle skuldigbevindings,
en
in die geval van die eerste appellant ook teen sy vonnis, te appelleer, en (b)
om ten tyde van die beredenering van die appèlle
ook aansoek te doen om
verlof om verdere getuienis te lei. Ek bepaal my vir eers by die appèlle
teen die skuldigbevindings.
Die staatsaak is gegrond op die getuienis van die
klaer en van mnr Wills, die onder-reken-meester van die Standard Bank op
Potgietersrust.
Die tweede appellant was die enigste getuie wat namens die
verdediging getuig het. Die feit dat die eerste appellant nie getuig het
nie, en
die omstandighede wat daartoe aan-
leiding/
5. leiding gegee het, het die grondslag gevorm van die aansoek
om verdere getuienis te lei. Die eintlike geskilpunt in hierdie saak
val binne
'n baie beperkte bestek. Dit gaan om die voorstellings wat die appel-lante aan
die klaer sou gemaak het toe hulle R60,00
by hom geleen het en 'n
vooruitgedateerde tjek ten bedrae van Rl00,00 aan hom gegee het. Die getuienis
kan soos volg saamgevat word.
Die appellante het gedurende of ongeveer
September 1982 begin om sake te doen in verband met die verkoop van
tambotiehout. Hulle het
'n permit in naam van die tweede appellant van die
Lebowa-regering verkry om in die omgewing van Waterval droë
tambotie-boomstamme,
soos/
6.
soos aan hulle uitgewys, af te saag en te verwyder. Hulle neem dan die hout na Potgietersrus waar hulle dit verder laat opsaag en dit dan verkoop. Op 27 November 1982 het die tweede appellant in verband met voormelde sakeonderneming 'n lopende rekening by die Standard Bank op Potgietersrus geopen met 'n deposito van R100,00. Sy het egter nie enige reëlings met die bank getref vir oortrokke Easiliteite nie. Die rekening was desnietemin teen 18 Januarie 1983 oortrokke met 'n bedrag van ongeveer R85,00. Die getuie Willis het verduidelik dat dit te wyte was aan bankkoste wat teen die rekening gedebiteer moes word as gevolg van 'n hele aantal tjeks wat gedishonoreer is.
Hoe/
7. Hoe dit ook sy, op 18 Januarie 1983 het die appellante 'n bedrag
van R60,00 in kontant dringend nodig gehad in verband met hulle
besigheid. Hulle
het by die klaer om hulp aangeklop. Hulle het hom geken. Hy was die eienaar van
'n sakeonderneming op Potgietersrus
bekend as Hartley's Bande en hulle het reeds
voorheen met hom sake gedoen. Trouens hulle het hom nog R90,16 geskuld vir bande
wat
hulle by hom gekoop het.
Soos reeds vermeld, gaan die geskil vir sover
dit die feite betref in hoofsaak oor die voorstellings wat die appellante by
dié
geleentheid aan die klaer sou gemaak het. Die klaer se weergawe van
sy gesprek met die appellante is soos volg. Die eerste appellant
was die
segsman. Hy
het/
8.
het die klaer meegedeel dat hulle geen geld het nie,
dat
hulle geld nodig het om aan die Lebowa-regering vir
'n sekere hoeveelheid
tambotiehout te betaal, en dat indien
hulle die hout verkoop hulle die geld
teen Vrydag, d i
21 Januarie 1983, op hulle bankrekening sou inbetaal.
Om een of ander rede
wou die klaer nie onomwonde toegee
dat die eerste appellant hom vertel het
dat hulle geen
geld in die bank het nie maar soos uit die volgende
uit-
treksels uit sy getuienis blyk, is dit louter haarklowery:
"Toe hulle op daardie betrokke dag die tjek vir u gegee het, het hulle vir u gesê daar is nie geld in die bank nie. Is dit korrek?
Ja, hulle het vir my gesê hulle het
nie geld nie, maar die geld sal Vrydag
daar wees.
Indien hulle die bome, die hout sou verkoop,
dan/
9.
dan sou hulle die geld inbetaal. Is dit
nie so nie? Dit is reg, ja.
Maar hulle het gesê op daardie dag toe hulle die tjek uitgeskryf het, was daar nie geld
nie. Is dit so? Hulle hek nie vir my
gesê daar is nie geld in die bank nie, hulle het net vir my gesê hulle soek die geld om vir hout te betaal. Hulle het nie vir my gesê daar is nie geld in die bank nie."
en
"Nou wat is die situasie, het mnr.Mattheus aan u gemeld of daar enige risiko is wat u sal loop dat die tjeks miskien nie honoreer
sal word nie, of iets in dier voege?
Nee, hy het daar geen, hy het nie gesê daar is geen risiko nie, hy moes net die kwessie van bome wat hy gesaag het.
Ja? Net gaan aflos en dit gaan verkoop
en dan sal die geld in die bank wees. Hy sou dit die volgende dag gedoen het.
Waarom is die tjek vooruitgedateer?
Hy sou eers glo die tambotiebome wat hy glo gesny het, en hy sou dit daar gelos
het/
10.
het by ek dink dit is een van die naturelle owerhede, dan sal die geld inbetaal het, en hy sou die geld sou die Vrydag in die bank gewees het."
Ek het nie die minste twyfel dat die klaer goed besef het
dat die
appellante op daardie tydstip in 'n benarde finan-
siele posisie verkeer en dat hulle geen geld in die bank
het nie. Nadat
die klaer ingestem het om R60,00 aan
hulle voor te skiet, het die tweede
appellant twee tjeks
aan hom gegee, te wete, een vir R90,16 ten opsigte
van
hulle agterstallige skuld, en die ander wat vooruitge-
dateer is tot
21 Januarie 1983 vir R100,00 ten opsigte van
die lening van R60,00. Die klaer
kon nie eintlik 'n be-
vredigende verduideliking gee waarom die
appellante
hom/
11.
hom 'n tjek vir 'n R100,00 gegee het hoewel hy slegs R60,00
aan hulle geleen het nie. Hy het ontken dat hy aangedring het op rente
ten
bedrae van R40,00 en het gesê dat hulle dit ongevraag en uit eie beweging
gedoen het.
Ek kom vervolgens by die tweede appellant se relaas van hulle
onderhandelings met die klaer. Vol-gens.die oorkonde geoordeel, was
die tweede
appellante 'n onbevredigende getuie. Sy was klaarblyklik verward en sy het
haarself telkens weerspreek. Sy kon ook nie
'n samehangende verduideliking gee
van die vooruitsigte wat hulle sou gehad het om hulle skuld teen 21 Januarie
1983 te delg en waarom
dit toe nie gebeur het nie. Daar is namens die tweede
appellant aangevoer dat haar swak vertoning
as/
12. as getuie gewyt moet word aan die feit dat sy baie ge-spanne was
en aan strawwe kruisondervraging onderwerp is. Ek glo nie dat
dit 'n genoegsame
verklaring vir al die leemtes in haar getuienis is nie. Ek laat dit egter daar.
Die tweede appellant se weergawe
van hulle gesprek met die klaer kan in
breë trekke soos volg saamgevat word. Hulle het die klaer gevra om aan
hulle 'n bedrag
van R60,00 te leen. Hulle het hom meegedeel dat hulle op daardie
tydstip nie geld in die bank het nie maar dat hulle 'n bestelling
vir hout het
en dat hulle die opbrengs daarvan teen 21 Januarie 1983 op die tweede appellant
se bankrekening sou inbetaal. Die klaer
het toe ingestem om die geld aan hulle
te leen mits hulle hom die twee tjeks gee waarna
ek/
13. ek reeds verwys het. Volgens die tweede appellant het hy daarop
aangedring dat hulle hom n vooruitgeda-teerde tjek ten bedrae
van R100,00 ten
opsigte van die lening van R60,00 moes gee. So gesê, so gedaan.
Die
tweede appellant het verder verduidelik waarom die geld toe nie teen 21 Januarie
1983 op haar bankrekening inbetaal is nie. Sy
het gesê dat hulle op 18
Januarie 1983 'n bestelling vir tambotiehout gehad het, dat hulle daarin geslaag
het om die hout vir
die uitvoering van die bestelling in die hande te kry, maar
dat hulle toe onvoorsiene probleme teëgekom het met die opsaag van
die
hout. Gevolglik kon hulle nie die be-stelling uitvoer en die geld betyds op die
bankrekening
inbetaal/
14. inbetaal soos hulle verwag het nie. Wat hierdie aspek van
haar getuienis betref, het die tweede appellant met haar kruisondervraging
lelik
rondgeval. Sy het nie presies geweet wie die bestelling sou geplaas het nie en
sy kon ook nie bevredigend verduidelik waarom
hulle voornemens ter elfder uur
verydel is nie. Die tweede appellant het nietemin volhard met haar bewering dat
hulle inderdaad 'n
bestelling gehad het en dat hulle slegs vanweë
onvoorsiene omstandighede verhinder is om hulle verpligting teenoor die klaer
na
te kom. Die tweede appellant het ook gesê - en sy is nie hieroor namens
die Staat ondervra nie - dat sy voor 09h00 op 21
Januarie 1983 met die klaer in
verbinding getree het,
hom/
15. hom van hulle verleentheid vertel het, en hom gevra het om die tjek terug
te hou. Die klaer het dit ontken.
Dit is gemene saak dat die tweede appellant
se bankrekening op 21 Januarie 1983 nog steeds oortrokke was. Dit is ewe-eens
gemene saak
dat die gewraakte tjek gedishonoreer is. Dit blyk egter nie uit die
getuienis presies wanneer hierdie tjek vir betaling aangebied
is of wanneer dit
gedishonoreer is nie. Dit staan nietemin vas dat selfs al sou die tjek op 21
Januarie 1983 be-hoorlik aangebied
gewees het, sou die bank nietemin be-taling
geweier het omdat die rekening oortrokke was en die tweede appellant geen
krediet-fasiliteite
gehad het
nie/
16. nie. Op 28 Januarie 1983 was die rekening nog altyd oortrokke.
Dit is op daardie datum gesluit nadat die tweede appellant 'n bedrag
van R170,69
by die bank in-betaal het en sodoende die nadelige saldo uitgewis het. Toe die
appellante se lening teen April 1983 nog
nie terugbetaal is nie, het die klaer
die saak by die polisie aanhangig gemaak.
Ek kom vervolgens by die landdros
se redes vir die skuldigbevinding van die appellante. Hy het na my oordeel in
twee wesentlike opsigte
ten aansien van die feite misgetas. Die landdros
sê eerstens dat die tweede appellant saamgestem het "dat haar man ook
geweet
het dat die geld op 21/1/83 nie ontvang sou word
nie." /
17. nie." Dit is 'n fout. Soos ek die tweede appellant se
getuienis verstaan, het sy geen sodanige erkenning gemaak nie. Die landdros
sê verder ook dat dit gemene saak is dat die eerste appellant "mnr Hartley
meegedeel (het) dat die tjek vooruitgedateer sal
wees na 21/1/83 op welke dag
daar fondse in die bank sal wees." Dit is egter nie pre-sies wat die klaer in sy
getuienis gesê
het nie. Ek ver-wys in dié verband na die passasies
in sy getuienis wat reeds hierbo aangehaal is. Daaruit hlyk dit dat hoewel
die
klaer gesê het dat die appellante hom meegedeel het dat "die geld sal
Vrydag daar wees", hy hierdie stelling gekwali-fiseer
het deur onmiddellik
daarna toe te gee dat die appellante ook aan hom verduidelik het dat die geld by
die
bank/
18.
bank inbetaal sou word "indien hulle die bome, die hout
sou verkoop". Wat die klaer se getuienis betref, was
daar dus geen sprake
van 'n uitdruklike en onvoorwaarde-
like versekering deur die appellante dat die geld inder-
daad teen 21
Januarie 1983 op die tweede appellant se
bankrekening inbetaal sou word
nie.
Die landdros het na my oordeel ook misge-
tas wat die bewyslas betref. Hy
het ten onregte aan-
vaar,dat die Staat in die onderhawige geval op die
be-
palings van artikel 245 van die Strafproseswet 1977 kon
steun en dat
die appellante hulle nie van die bewyslas
ingevolge die artikel gekwyt het
nie. Artikel 245 lui so:
"Indien by strafregtelike verrigtinge
waarby/
19.
waarby 'n beskuldigde aangekla word van 'n misdryf waarvan 'n valse voorstelling 'n bestanddeel is, bewys word dat die valse voorstelling deur die beskuldigde gemaak is, word geag, tensy die teendeel bewys word, dat hy so 'n voorstelling gemaak het wetende dat dit vals is."
Die Staat kan
nie op die bepalings van hierdie artikel
steun tensy dit vasstaan dat die
voorstelling wat die
beskuldigde gemaak het inderdaad 'n valse voorstelling
is
nie. Eers dan tree die vermoede wat deur die artikel
geskep word in
werking. In die onderhawige saak het
die Staat na my mening nie bo redelike
twyfel bewys dat
die appellante, soos in die klaagstaat beweer word,
aan
die klaer voorgegee het dat die gewraakte tjek inderdaad
by aanbieding op 21 Januarie 1983 betaal sal word nie.
Ten/
20. beste vir die Staat het die appellante aan die klaer voorgegee
dat hulle verwag om voor 21 Januarie 1983 'n sekere hoeveelheid
tambotiehout te
verkoop, dat hulle die opbrengs van die verkoping by die bank sou inbetaal en
dat daar dan voldoende fondse in die
eerste appellant se bankrekening sou wees
om die uitbetaling van die tjek te dek. Die voorstelling op 18 Januarie 1983 was
dus in
wese 'n voorstelling van wat die appellante voornemens was
om te
doen of van wat hulle gereken sou gebeur as die tjek
op 21 Januarie 1983 by
die bank vir betaling aangebied word.
Dit was die tipe voorstelling waarna Steyn AR in die volgende
passasie in R v Latib 1973(3) S A 982 (A) op 984 G-H verwys:
"In a transaction on credit, the represen-tation as to ability to pay is a representation
by/
21.
by the purchaser of a present belief that he will be able to pay when payment falls due, rather than a representation as to what his financial condition will in fact be at a future date. If his belief is genuine, even though somewhat optimistic, the representation is not false, whatever his financial position may turn out to be at the due date. His ability to pay at the time of purchase and his prospects in relation to the date of payment, would, of course, be relevant to show whether or not he did in fact entertain such a belief, but what is placed in issue is a state of mind rather than a financiál condition."
(Kyk ook: Rex v Mohr 1943 TPD 105 op 108 - 109).
Voordat artikel 245 in die onderhawige geval
in werking kon tree, moes die Staat dus bewys dat die
appellante se
voorstelling op 18 Januarie 1983 van wat
hulle voornemens was om te doen, of
van wat hulle
gereken het sou gebeur,'n valse voorstelling was.
Die/
22.
Die Staat moes m a w bewys dat toe die appellante
die
gemelde voorstelling aan die klaer gemaak het hulle
nie opreg geglo het dat die geld betyds by die bank
inbetaal sou word nie. Dit volg dus uiteraard, soos
Trollip in S v
Heller and Another (2), 1964 (1) S A
524 (W) op 536 C - D ten aansien van die ooreenstemmende
bepaling - in die
Strafproseswet, 56 van 1955, artikel
280 bis gesê-het, dat:
"That section is of no practical assistance
to the State on this aspect
because before
it can operate the State has first to prove
the falsity of
the representation, that is,
that the accused did not hold that belief
or
view, which is the same as having to prove
that they knew of the
falsity of the repre-
sentation "
(Kyk/
23.
(Kyk ook: S v Burger 1969 (4) S A 292 (SWA) 2974 -
2985, S v Hassim and Another 1976 (1) S A 508 (T) 5llE - 512B, S v
Ostilly and Others (1) 1977 (4) S A 699 (D & C L D) 724A - 725C, S v
van Niekerk 1981 (3) S A 787 (T) 789E -792D.)
Die Staat het na my mening
nie bo redelike twyfel bewys dat die appellante nie op 18 Januarie 1983 opreg
geglo het dat die vooruitgedateerde
tjek wat hulle aan die klaer oorhandig het
op 21 Januarie 1983 uitbetaal spu word nie. Hulle het nie die klaer mislei in
verband
met hulle finansiële posisie nie. Hulle het hom gesê dat
hulle nie geld het nie. Hulle het ook verduidelik dat hulle die
R60,00 wou leen
om tambotiehout te bekom
wat/
24.
wat hulle dan weer van die hand sou sit en die opbrengs
by
die bank sou inbetaal. Die tweede appellant se ge-
tuienis dat hulle wel die
tambotiehout verkry het, was
nie deur die Staat betwis nie. En dit is
onwaarskynlik
dat hulle die moeite sou gedoen het om hout in die hande
te
krytas hulle nie van voorneme was om dit teen 'n wins
te verkoop nie of ten
minste verwag het om dit te doen
nie. Dan is daar ook die getuienis van die
appellant
oor hoe hulle planne onverwags gefnuik is en hoedat sy
die klaer
toe versoek het om die tjek terug te hou. Sy
was onteenseglik in vele opsigte
'n onbevredigende getuie
maar na my oordeel kan dit nie gesê word dat
haar weer-
gawe van hulle voornemens en die rede waarom dit verydel
is/
25. is nie redelik moontlik waar kan wees nie.
Dit is gevolglik
onnodig om oorweging te skenk aan die aansoek om verdere getuienis te lei.
In
die omstandighede slaag albei appèlle en word die skuldigbevindings en
vonnisse ter syde gestel.
TRENGOVE, AR
BOSHOFF, AR )
JACOBS, AR ) STEM SAAM