South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 35

| Noteup | LawCite

S v Vesser and Another (288/85) [1986] ZASCA 35 (26 March 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


228/85
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

EERSTE
HENRY DIRK VISSER APPELLANT

en

TWEEDE
PIET JACOBS .... APPELLANT

EN

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM : VILJOEN, BOTHA, ARR et NESTADT, WAR
VERHOORDATUM : 11 MAART 1986
LEWERINGSDATUM : 26 MAART 1986

UITSPRAAK

VILJOEN, AR

Die/

2.

Die twee appellante het as beskuldigdes
1 en 6 saam met 'n aantal ander beskuldigdes voor
die Gordoniase Rondgaande Plaaslike Afdeling van
die Hooggeregshof op Upington tereggestaan op 'n
aanklag dat hulle vir Johannes Jacobus August,
in dle omgang bekend as Pannie, vermoor het.
Hulle is skuidig bevind en nadat die verhoorhof
bevind het dat daar geen versagtende omstandig-
hede in hulle gevalie bestaan nie, is hulle ter
dood veroordeel. Teen die gemelde bevinding
en die gevolglike doodvonnls kom die twee appellan-
te, met verlof van die verhoorhof, in hoër beroep.

Die getuienis het onthul dat August

("die oorledene"), 'n jong Kleurlingman, op Sater-

dagmiddag/

3.

dagmiddag kort na 18hl5 saam met twee vriende

rustig in die perseel van huis 1152, llde laan, in

die Kleurllngwoonbuurt van Upington, gesit en
gesels het terwyl elkeen 'n bier genuttlg het,

toe daar 'n jong seun aangehardloop kom en hulle
waarsku dat die "Boys" in aantog is. Die "Boys"
was 'n verwysing na 'n bende, die "Serra Boys", wat

in Upington bestaan. Die seun het gemaak dat hy
wegkom. Dit het gou geblyk dat sy waarskuwing nie
llgtelik opgeneem kon word nle want 'n groep per-
sone van sowat ag tot tien persone, gewapen met
allerlei wapens, het die straat afgekom in die
rigting van huis 1152. Hulie het eintlik gesoek
na ene Billy Boy maar hy het hulle ontglip en die

afleiding/
4 .
afleiding kan gemaak word dat hulle enige gesklkte
ander slagoffer, enigeen wat hom sou voordoen, ge-
soek het. Toe hulle die oorledene sien het iemand
geskree: "Daar is ou Pannie. Hy is ook 'n vuil hond.
Kom ons skiet sy tent plat." Die oorledene en sy
twee vrlende het uitmekaar gespat en gevlug. Die
oorledene het by 'n sekere huis probeer ingaan maar
die deur is vir hom toegemaak. Hy het terug gevlug
na huls 1152 en daar probeer inkom, maar by die
deur op dle stoep het dle bende op hom toegesak en
hom begin aanrand. Die getuienis het verskil ten
aansien van die aard van dle aanranding, maar dat
dit redelik ernstig was, kan afgelei word van die
feit dat die vrou van die huis later bloed van

haar/....

5.

haar stoep moes afwas. Die oorledene het daarin

geslaag om van sy aanvallers te ontvlug, maar

hulle het hom gou weer, langs die huis, ingehaal

en hom vandaar in die rigtlng van die straat
gesleep. Dit was egter nog in die perseel waar al

die lede van die groep hom met 'n verskeidenheid

van wapens waaronder kapmesse, byle, messe en

selfs 'n gemsbokhoring getel het, toegetakel en

hom om die lewe gebring het. Die verhoorhof het

beskuldigdes 1,2,3 en 6 aan moord skuldig bevind.

Alleen dle twee appellante is ter dood veroordeel.

Die verhoorhof se bevinding vir doel-

eindes van skuldigbevinding was dat die vier wat

skuldig bevind is, deel gehad het in die aanval op

die/

6 .

dle oorledene en die hof' het die vraag gestel

of hulle die" opset gehad het om te dood. Hieroor

kan daar geen twyfel wees nie, meen die hof, en

redeneer soos volg:

"Enigeen wat deelneem aan 'n aanval op
'n ander waar gevaarlike wapens min-
stens deur sommige van die groep
gebruik word, moet voorsien en voorsien
inderdaad dat daar dodelike wonde
deur minstens sommige van sy mede-
aanvallers veroorsaak kan word, wat
hier inderdaad gebeur het. Die Hof
is tevrede dat die opset minstens
by moontlikheidsbewussyn hier bewys is."
Appellant 1 het in sy getuienis ter

versagting die hot' meegedeel dat hy op daardle
betrokke dag, in die voormiddag, saam met vriende
van hom (hulle was so 5 of 6 mense) in die perseel
van die huis waar hy gewoon het ongeveer drie

kanne/
kanne wyn gedrink en ook dagga gerook het. Daarna
het hulle na die Extension Inn hotel gegaan waar
hulle ongeveer ses bottels soetwyn gekoop het en
gedrink het. Die kroegman het hulle ook 'n bottel
brandewyn geskenk. Met die bpttel brandewyn is
hulle na die burgersentrum waar daar elke Sater-
dag tot 18h00 gedans word. By die dans het hulle
die bottel brandewyn gedrink en weer dagga gerook.
Daar het later moellikheld tussen Piet Jacobs, die
tweede appellant (beskuldigde 6) en ene Zanter wat
vir Jacobs daar kom soek het, ontstaan. Zanter is
gejaag deur beskuldigde 3 en dle tweede appellant
wat later teruggekeer het na die burgersentrum.
Toe hulle na die beeindiging van die dans uit die

sentrum/

8.

sentrum uit kom, was Zanter weer daar. Zanter
hardloop weg in die rigting van Billy Boy se
huis waar daar 'n klomp lede van 'n vyandiggesinde
bende, die Rusters, byeen was. Die eerste
appellant en sy vriende, wat almal Serra Boys
was, jaag toe vir die Rusters. Terwyl hulle
die Rusters so jaag, sien hulle vir die oorledene
op die hoek staan met 'n gemsbokhoring in sy hand.
Hulle het hom geken as een van die lede van Billy
Boy se bende, die Rusters. Sy getuienis van wat
daarna gebeur het, is soos volg opgeteken.

"Mej du Preez: En toe? - En terwyl ons
nou hardloop in die rigting waar hy staan,
het hy ook probeer om weg te hardloop in die

huis/

9.

huis van die Pienaars, voor hy by die deur
kom, was ek en Nicky Croes en beskuldigde
nr 2, was kort agter sy hakke gewees, wat
die ander ons agtervolg.

HOF : Dit, is nou die drie van julle?-

Ja, ons was drie gewees. Jy en nr 2 en Croes?

- En Nicky Croes. Voor hy by die deur

kon ingaan,het ons hom gevang daar voor
die deur.

Het julle aldrie hom gevang, of twee van

julle? - Ons aldrie het hom gevang daar
voor die deur. So het ons dle oorledene
gebring na die straat toe en terwyl ons
hom uitbring uit die jaart uit, na die
straat toe, het die ander aantal manne
gekom en op hom toegesak. Edelagbare wat
daar eintlik gebeur het, kon ek nie met
'n vaagste benul sê, of wys na enige van
hierdie persone as beskuldigdes nie, om
te sê wat ek gesien het, wat hy gedoen
het die tyd wat die oorledene daar lê
nie, want dit was maar 'n deurmekaar spul-
letjie gewees daar. Die tyd wat ek nou sien
die oorledene is nou besig om te bloei.

Te wat?- Dat die oorledene nou vol bloed

was, het ek outomaties weggehardloop, ek

het/

10.
het bang geraak vir die bloed wat ek
gesien het. Dit is al wat ek eintlik
nou kan sê vandag in hierdie hof, wa t ek
nou van weet, wat ek kan onthou, daardie
betrokke dag wat gebeur het."
Gevra wat sy aandeel was in die aanval

op die oorledene,het hy soos volg geantwoord:

"Edelagbare as ek kan mooi onthou, daar is
'n moontlikheid dat ek 'n paar skoppe kon
toegedien het, maar nie dat ek enige
skerp wapen gebruik daardie tyd op die
oorledene om hom te steek of enige iets
aan hom te doen nie."
Kruisondervraging het veral gewentel

om sy getuienis aangaande die hoeveelheid drank
wat hulle ingeneem het en dle dagga wat hulle
gerook het, asook sy aandeel in die aanrandlng
en die wapens wat hy sy bende-lede sien dra en

gebruik/

11.

gebruik het. Dit is nie nodig om in detail daarop
in te gaan nie.
Die tweede appellant het in sy getuienis
ter versagting aan die verhoorhof die geskiedenis
van sy geskil met Zanter meegedeel. Besonderhede
is nie van belang nie. Nadat hy en Zanter uitmekaar
uit is, is hy na sy huis toe waar hy 'n bottel
Witzenberg gedrink het. Van sy huis is hy na die
Extension Inn toe waar hy van die beskuldlgdes
in die saak raakgeloop het. Hulle het daar gesit en
drink. Hy koop vir hom 'n glas soetwyn en 'n "man
size" bier en sluit by hulle aan. Van die Extension
Inn is hulle na die burgersentrum. Hy en twee
vriende (een was beskuldigde 3) het op 'n stadium

die/

12.

die danssaal verlaat en buite toe gegaan waar

hulle weer vir Zanter, wat gekom het om weer
moellikheld te maak, aangetref het. Hy en beskul-

digde 3 jaag vir Zanter. Hulle slaag nie daarin
om tot by hom te kom nie want hy het in Billy

Boy se perseel ingegaan. Hy keer terug na die

danssaal en merk toe vir beskuldigdes 2 en 3

(laasgenoemde met 'n dolk in sy hand) in die

rigting van Billy Boy se huis hardloop. Hy het
in sy verdere getuienis verwys na die getuienis
wat hy gegee/het voor skuldigbevinding wat soos
volg opgesom kan word. Hy het in dieselfde
rigting deur die park gestap en op die klomp
afgekom wat vir die oorledene aanrand. Hy het

sekere/

13.

sekere besonderhede verstrek van die aandeel

wat, volgens sy waarneming, sekere van die ander

beskuldlgdes in die aanranding gehad het. Maar

hy was 'n onskuldige toeskouer. Sy getuienis

dat hy slegs 'n toeskouer was, was egter reeds

deur die hof in die uitspraak vir doeleindes van

skuldigbevinding verwerp.

In die uitspraak op versagting het

dle hof die getuienis van die eerste appellant
dat hy 'n bottel brandewyn van 'n kroegman as geskenk
ontvang het, verwerp. Hierdie verwerping het
berus op die getuienis van die betrokke kroeg-
man dat hy nie die bottel brandewyn geskenk of verskat het
nie. Die eerste appellant se getuienis van die

hoeveelheid/

14 .

hoeveelheid drank wat hy ingeneem het en sy
getuienis dat dit hom in 'n groot mate aangetas
het, is deur die verhoorhof as oordrewe beskou.
Die hof redeneer soos volg:

"As die brandewyn storie wegval dan blyk
dit dat hulle laaste voordat hulle na die
dans toe is, drank gedrink het en hlerdie
gebeure het eers 6 uur die aand plaas-
gevind.
Die Hof is bereid om as waarskynlikheid
te aanvaar dat beskuldigdes wel voor hulle
na die dans toe is drank verorber het en
selfs dagga gerook het, want soos die
Hof hulle as mense opgesom het, is dit
heeltemal waarskynlik dat dit maar, veral
oor naweke, by hulle 'n lewenspatroon is.
Die Hof wil dit duidelik stel dat hy nie
uitgaan van die standpunt dat die hoeveel-
heid drank wat 'n beskuldigde ingeneem het
sodanig moet wees dat dit grens aan skuld-
uitsluiting of skuldvermindering voordat
dit as 'n versagtende omstandigheid beskou
kan word nie, want die inname van drank en

seker/

15.
seker ook die rook van dagga in minder
hoeveelhede kan daartoe lei dat 'n per-
soon se sedelike insigte afgestomp word
en sy selfdissipline verbreek word. As
die Hof egter die beweerde drankgebruik
by die dans as onwaarskynlik verwerp,
soos die Hof wel doen, dan meen ons nie
dat teen 6 uur daardie middag die drank
enige noemenswaardige invloed op die
pleging van die misdaad kon gehad het
nie. Altans nie tot so 'n mate dat die
Hof' kan sê dat hulle daardeur moreel
gesproke met minder verwytbaarheid be-
jeën kan word nie, dat hulle dade
met minder verwytbaarheid bejeën kan
word nie."

Die hof behandel voorts die argument
van die sogenaamde massa-psigose op die volgende
wyse:

"Dit is natuurlik so dat mense wat in hulle
wese nie geweldenaars is nie, as hulle in
'n groep optree deur mekaar se handelinge
opgesweep word. Dit geld te meer vir
jeugdiges wat hulle tussen ouer persone
bevind en deur die leiding van die vol-

wassenes/

16 .
wassenes beïnvloed en opgesweep word.
Hier het ons egter met 'n georganiseerde
bende te doen. Dit is nie 'n groep wat
toevallig bymekaar is en vir een of
ander rede skielik tot geweld oorgaan
nie, want die beskuldigdes se besigheid
is blykbaar geweld, want hulle is 'n
georganiseerde bende wat rondstap met
byle, dolke, gemsbokhoring en sulke
gevaarlike wapens. Die Hof weet nie
wle die lelers van hierdie bende is
nie, maar die betrokke dag het be-
skuldigde 1, wat 'n volwasse persoon
is, ongetwyfeld 'n leidende aandeel in
die aanval op die oorledene gespeel en
beskuldigde 6 wat ook volwasse is, het
ongetwyfeld met sy gemsbokhoring heel-
wat van die 16 steekwonde, wat oorledene
opgedoen het, toegedien. Vir sover dit
hulle twee betref bevind die Hof nie
dat die feit dat dit 'n bende-optrede
was as 'n versagtende omstandigheld
aangemerk kan word nie."
Die hof verwys ook na die betoog

dat die tweede appellant deur Zanter se optrede

geprovokeer/...

1Y.

geprovokeer is maar verwerp dit soos volg:

"Die Hof aanvaar dat daar vroeër die
dag die skermutseling tussen beskul-
digde 6 en Zanter wat 'n lid van die
opposisie-bende was, wat blykbaar
onder leiding van Billy Boy gestaan
het, dat daar so 'n skermutsellng was. Dit het blykbaar aanleiding gegee tot
die klipgooiery na Billy Boy se huis
waar Zanter hom waarskynlik bevind
het. Oorledene het egter niks hiermee
te doen gehad nie. Beskuldigde 1 het
vertel dat oorledene ook lid van die
opposisie-bende was maar die hof kan
dit nie as 'n waarskynlikheid aanvaar
nie. Beskuldlgde koppel hierdie
bewering aan sy getuienis omtrent
die gemsbokhoring waarmee oorledene
sou gestaan het, toe hulle hom teëkom,
nadat die ander lede van die Rusters
sou weggehardloop het. Die Hof het
hierdie getuienis verwerp. Ons weet
en het aanvaar dat oorledene rustig
gesit en drink het saam met April
Pienaar en Jan Kock en bloot uit nuus-
kierigheld gaan staan en kyk het voor-

dat/

18.

dat die groep op hom toegesak het. Die
optrede was ook nie skielik en sonder
voorbedagte rade in die ware sin van
die woord nie. Hulle was reeds op die
oorlogspad, as ek dit so mag stel, en
toe hulle nie vir Zanter of sy trawante
kon in die hande kry nie, het hulle
eenvoudig hulle wraaksug op die oorledene
uitgehaal."
Wat die bevinding- van dolus eventualis

betref, sê die hof:

"Dolus eventualis kan natuurlik saam
met ander faktore versagtend inwerk,
maar in die onderhawige geval, was
die voorslenbaarheid en die risiko
van die oorledene se dood na ons
mening so groot dat dit feitlik
gegrens het aan die direkte opset en
ons meen nie dat dit enigsins 'n noe-
menswaardige faktor is wat in ag geneem
behoort te word nie."
Oie hof verwys voorts na die betoog

dat, waar die oorledene dood is aan 'n verbryselde

skedel/

19.

skedel, daar geen getuienis is dat hierdie
dodelike besering waarskynlik deur oa die
twee appellante se handelinge veroorsaak is
nie. Hieraangaande sê die hof:

"Die Hof verwerp egter beskuldigde 1
se getuienis dat hy oorledene maar
net geskop het en beskuldigde 3 se
verhaal dat hy maar net 'n klip na die
oorledene gegooi het. Beskuldigdes
2 en 6 het natuurlik glad nie oor
hulle rol getuig nie. Daar is egter
geen getuienis of aanduiding dat
enige van die beskuldigdes hulle
op enige stadium selfs in die ge-
ringste mate van die aanval op die
oorledene gedistansieer het of dat
'n moontlike mindere fisieke rol van
enige van die beskuldigdes gekoppel
kan word aan 'n waarskynlike minder
verwytbare gemoed of gemoedstoestand
nie."

Die hof het ook hulle ouderdomme in

ag geneem/...

20.
ag geneem. Die hof meld dat die eerste en

sesde beskuldigdes (die eerste en tweede appellante) ten

tye van die pleging van die misdaad 25 en 28

jaar onderskeldelik oud was en meen nie dat
hulle ouderdomme as versagting kan dien nie.

Die gevolgtrekkings van die lede van

die hof word soos volg opgesom:

"Wat beskuldigdes nrs 1 en 6 betref kan
ekself en een van my assessore nie op
waarskynlikhede bevind dat daar enige
faktor wat op sigself of kumulatief
gesien met al die ander faktore is
wat hulle gemoed of gedagtegang soda-
nig beïnvloed het dat dit hulle
morele verwytbaarheid verminder nie.
Een van die assessore voei egter dat
al die faktore wat ek genoem het,
kumulatief gesien op die waarskynlik-
hede wel versagtende faktore daarstel."

Ongetwyfeid/...

21 .

Ongetwyfeld bemoedig deur die sienswyse

van een van die assessore het die advokate
vir die twee appellante voor hierdie hof
klem gelê op die kumulatiewe uitwerking van
al die faktore wat in die verhoorhof ter
versagting aangevoer is. Ek hoef nouliks
te herhaal dat die bevoegdhede van hierdie
hof om wat 'n bevinding dat daar geen versagtende umstan-
dighede bestaan nie betref, in te gryp, uiters
beperk is. Ons het die betoë van die
advokate deeglik oorweeg maar ons is nie
oortuig daarvan dat die meerderheid van
die verhoorhof nie hulle diskresie behoor-

lik uitgeoefen het nie. Soos blyk uit die

uitspraak/...
22.
uitspraak het die hof al die faktore wat
as versagtende omstandighede in daardie
hof geopper en in hierdie hof herhaal is,
behoorlik oorweeg en het ook aandag
geskenk aan die kumulatiewe effek daarvan.
Die appèl kan dus nie slaag nie.

Die appèl word van die hand gewys.

APPèLREGTER

BOTHA AR)
) - stem saam
NESTADT WAR)