South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 33
| Noteup
| LawCite
S v Lubbe (365/1983) [1986] ZASCA 33 (26 March 1986)
Download original files |
LL Saak No 365/1983
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
JOHANNES JAKOBUS FREDERICK LUBBE Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM: JOUBERT, TRENGOVE et VAN HEERDEN ARR
VERHOORDATUM: 24 Maart 1986
LEWERINGSDATUM: 26 MAART
1986
UITSPRAAK
/VAN HEERDEN AR ...
2.
VAN HEERDEN AR:
Die appellant en wyle W.J.J. Rögl is in die
Hooggeregshof van
Suidwes-Afrika aangekla van oortred-
ing van art 140 (1), gelees met 'n
aantal ander artikels,
van Ordonnansie 2 van 1969 (SWA). Die appellant is
op
klagtes 3 en 6 en die oorledene op klagtes 1, 2 en 6
skuldig bevind.
Die appellant is daarna op altwee
klagtes gevonnis tot 'n boete van R500 of
een jaar ge-
vangenisstraf. Op klagte 3 is hy bowendien
opgeskorte
gevangenisstraf opgelê:
Beide die appellant en die oorledene het ver-
lof van die hof a quo
verkry om teen hul skuldigbevind-
ings en vonnisse te appelleer. Weens die
latere oor-
lye van Rögl is slegs met die appellant se appèl
voort-
gegaan.
Die oorkonde beslaan agt bande. ln die lig van
die bevindings waartoe die
verhoorhof gekom het en die
feit dat meeste daarvan nie op appèl
aangeveg is nie, hoef
egter slegs op 'n betreklik geringe gedeelte van
die
/oorkonde ...
3.
oorkonde vir die doeleindes van dié appèl gelet
te word.
In elk geval was 'n aansienlike gedeelte van die getuie-
nis wat
die respondent by die verhoor gelei het van meet
af ontersaaklik betreffende
die klagtes teen die be-
skuldigdes.
Die feite wat wel tans ter sake is, is groten-
deels nie in geskil nie.
Hulle kan bondig soos volg
saamgevat word:
1) Die appellant was die
Ontvanger van
Inkomste in Windhoek. Vir 'n geruime tyd voor 1 Desem-
ber
1982 was hy een van die aandeelhouers in 'n maat-
skappy wat 'n drankwinkel
in Windhoek bedryf
het. (Gerieflikheidshalwe gebruik ek die woord
"Bodega"
met verwysing na sowel die maatskappy as die drank-
winkel, tensy
die samehang 'n duideliker aanduiding verg.)
Die betrokke perseel is gehuur
van die oorledene se
moeder wat ook eienaar van die aangrensende perseel
was.
Die persele het 'n gemeenskaplike agterplaas gehad in die
/sin ...
4.
sin dat dit deur beide benut kon word.
2) In November 1982 was menere Kruger en
Van Zyl die enigste ander twee
aandeelhouers. Op
30 November is 'n ooreenkoms aangegaan waarvolgens
laas-
genoemde Kruger en die appellant se aandele aangekoop
het. Ten tyde
van die gebeure op 24 Desember, wat
hieronder vermeld word, was die
aangekoopte aandele
egter nog nie aan Van Zyl oorgedra nie. Nietemin is
op
3 Desember reëlings met Bodega se bank getref waar-
volgens die
appellant (en blykbaar ook Kruger) onthef
is van hul borgverpligtinge ten
opsigte van Bodega, en
Van Zyl die enigste persoon geword het wat tjeks
namens
Bodega kon trek.
3) Die lisensiehouer van Bodega was die
appellant se skoonvader, Waldeck,
wat egter reeds 'n
geruime tyd voor 24 Desember sieklik was, en op
daardie
datum nie meer in Windhoek was nie. Tot einde Desember
was die
appellant se vrou die bestuurderes van die be-
sigheid.
/4) ...
4) Drankbestellings vir Bodega is normaal-
weg deur die appellant se vrou (mev Lubbe) geplaas, en
tot 'n mindere mate ook deur Waldeck. Tot einde Novem-
ber is groot bestellings egter in die reël deur die
appellant hanteer.5) Selfs na einde November het Van Zyl tot
slegs 'n geringe mate aktief aan die bestuur en bedrywig-
hede van die drankwinkel deelgeneem. Tot minstens 24
Desember het hy bv nie self enige bestellings geplaas
nie.6) Gedurende Oktober van dieselfde jaar
het die oorledene telefonies die appellant verwittig
dat whisky teen 'n besondere lae prys in Johannesburg
verkrygbaar was. Die probleem was egter dat minstens
500 kiste bestel moes word. Die appellant het toe met
sommige ander drankbesighede in Windhoek gereël dat elk in die
voorgenome bestelling sou deel. Uiteindelik is 750
kiste bestel waarvan Bodega 100 sou neem en die balans
/onder ...
6.
onder die ander besighede versprei sou word. Hier
dien
genoem te word dat dit in Windhoek 'n algemene gebruik
was om 'n
enkele, groot bestelling te plaas waarby meer
as een drankbesigheid belang
gehad het.
7) Na verwagting sou die whisky n geruime
tyd voor Kersfees in Windhoek
arriveer. Daar was egter
'n oponthoud en Bodega moes toe 'n hoeveelheid
whisky elders
bekom met die oog op 'n verwagte groot omset kort voor
die
Kerstyd.
8) Die bestelling het op die oggend van 24
Desember in Windhoek aangekom. Dit was 'n tydstip van
besondere drukte in die drankwinkel en o a die appellant
en sy seun moes hand bysit om die kiste in die agterplaas
af te laai. Inderdaad is bykans 900 kiste afgelaai. Daaroor
later meer.9) Klagte 3 het betrekking gehad op die
beweerde verkoop van 205 kiste aan ene mev Swanepoel
namens 'n drankbesigheid bekend as Coetzeestraat Kelders.
/Volgens ...
7.
Volgens haar getuienis, wat nie deur die appellant be-
twis
is nie, het sy in Oktober 122 kiste bestel. Kort
daarna het sy die appellant
geskakel en gevra of sy nie
altesaam 200 kiste kon kry nie. Hy het toe
gesê dat
hy haar 'n finale antwoord sou gee wanneer die whisky
in
Windhoek aankom. Op 24 Desember het sy na Bodega se
agterplaas gegaan
en 204 kiste in ontvangs geneem.
Blykbaar het die appellant haar meegedeel
dat 200 kiste
wel beskikbaar was. Daarna was hy bereid om op haar
versoek
nog 5 kiste aan haar toe te ken. Weens een of
ander vergissing is egter slegs
204 kiste op haar voer-
tuig gelaai.
10) Die rede waarom bykans 900 kiste in
Windhoek aangekom het, is dat die
oorledene 'n addisionele
aantal kiste vir sy eie doeleindes bestel het, en
dat
nagenoeg 1 000 kiste dus vanuit Johannesburg per vrag-
motor versend
is. Volgens instruksies gegee deur die
oorledene is 60 kiste op pad in
Keetmanshoop afgelaai.
/Nog ...
8.
Nog 100 kiste moes in Keetmanshoop ten behoewe van
die
oorledene afgelaai gewees het, maar dit het nie
gebeur nie.
11) Nadat altesaam 354 kiste uit die
agterplaas verwyder is deur of ten behoewe van besig-
hede met wie die appellant die reëlings genoem in 6)
getref het, was daar 533 kiste oor. Die polisie het
toe opgedaag en uiteindelik op daardie aantal beslag
gelê.12) Van Zyl was nie bewus van die bestel-
ling van 750 kiste nie. Hy het ook eers na die be-
slaglegging verneem dat die besending in die agterplaas
afgelaai was.
Volgens die derde klagte sou die
appellant 205
kiste aan mev Swanepoel en/of Coetzeestraat Kelders
ver-
koop het. Die appellant is egter slegs aan die verkoop
van 5 kiste in
stryd met die bepalings van art 140 (a)
van die Ordonnansie skuldig bevind.
Die verhoorhof
/het ...
9.
het naamlik bevind dat die appellant die
oorspronklike
bestelling van 750 kiste namens Bodega geplaas het, en
ook
in daardie hoedanigheid 200 kiste aan mev Swanepoel
verkoop het. (Wanneer ek
na dié dame se handelinge
verwys, herhaal ek nie elke keer dat sy
namens Coetzee-
straat Kelders opgetree het nie.)
Klagte 6 het gelui dat die appellant en die
oorledene 520 kiste whisky
"besit en/of gehou het vir
die doel van verkoop en/of van die hand sit sonder
die
lisensie wat vir sodanige verkoop nodig is." Indien
die uitsprake ten
aansien van die skuldigbevindings en
vonnisse saamgelees word, is dit
duidelik dat die ver-
hoorhof nie die appellant aanspreeklik gehou het
vir
die aantal kiste wat nog aan ander besighede ooreenkom-
stig die
reëlings vermeld in 6) hierbo afgelewer moes
word nie, en ook nie vir
dié oorblywende aantal kiste
wat vir die rekening van die oorledene
bestem was nie.
Hy is dus skuldig bevind aan die besit van slegs 95
, /kiste ...
10.
kiste vir die doel vermeld in die klagstaat.
Duidelik-
heidshalwe dien genoem te word dat dié aantal die
ver-
skil verteenwoordig tussen 100 kiste wat volgens die
áppellant
se bestelling vir Bodega sou toekom, en die
addisionele 5 kiste wat mev
Swanepoel op 24 Desember
aangekoop het.
Vir sover art 140 (a) van die Ordonnansie ter
sake is, word 'n misdryf
gepleeg deur iemand "wat, hetsy
as prinsipaal, agent, bediende of benoemde
... drank
verkoop, daarin handel dryf of dit van die hand sit
sonder die
lisensie wat vir sodanige verkoop nodig is
Die verhoorhof se motivering vir die skuldig-
bevinding op die derde
klagte was dat toe die addisionele
5 kiste whisky op 24 Desember aan mev
Swanepoel verkoop
en gelewer is, die appellant nie meer 'n direkteur
van
Bodega was nie, en dat dié handelingeplaasgevind het
"sonder
die medewete van die bestuurderes, die lisensie-
/houer ...
11.
houer of van die enigste direkteur, Van Zyl." Al was
daar
nie uitdruklik 'n prys vir die 5 kiste beding nie,
aldus die uitspraak, is
dit nog steeds verkoop.
Wat klagte 6 betref, is die volgende in die
uitspraak gesê:
"Afgesien van die bewyslas wat deur
artikel 123 (c) van die
Drankordonnansie
geskep is, is ek van oordeel dat die Hof
met veiligheid
die afleiding kan maak dat
albei beskuldigdes die betrokke whisky
besit of
gehou het vir' die doel om daarvan
te verkoop of van die hand te sit
sonder
die nodige lisensie en dat albei die be-
skuldigdes skuldig is op
aanklag 6."
Die appellant het getuig dat dit altyd sy voor-
neme was dat die 750 kiste
wat in naam van Bodega bestel
is, in dié besigheid se boeke
gereflekteer sou word.
Die registers sou dus aantoon dat dié getal
kiste aan-
gekoop is en dat 650 kiste weer aan die ander reedsge-
noemde
drankbesighede verkoop is. Die oorblywende 100
kiste sou dan in die gewone
loop van Bodega se klein-
handelbesigheid benut word. Omdat die bestelling
egter
/later ...
12.
later as wat verwag is, opgedaag het, en Bodega
inmiddels
addisionele whisky vir die Kerstyd uit 'n ander bron bekom
het,
sou die 100 kiste Bodega se korttermyn behoeftes kon
oorskry. Daarom het hy
geen beswaar gehad nie toe mev
Swanepoel die addisionele 5 kiste aangevra
het. Wat
die oorblywende 95 kiste betref, het sy bedoeling egter
nie
verander nie, en indien dit nie vir die tussenkoms
van die polisie was nie,
sou laasgenoemde aantal kiste
nog steeds ter beskikking van Bodega gewees
het.
Die appellant se verduideliking is om hoofsaak-
lik twee redes deur die
verhoorhof verwerp. In eerste
instansie is gewig geheg aan mev Swanepoel se
getuienis
dat toe sy die addisionele 5 kiste aangevra het, die
appellant
gesê het dat Bodega nie meer sy "deel" van
die whisky sou neem nie. Dit
is ontken deur die appel-
lant. Volgens hom het hy gesê dat Bodega nie
sou omgee
indien sy nog 5 kiste neem nie. Hierdie weergawe van
die
appellant was egter volgens die hof in stryd met 'n
/gedeelte ...
13.
gedeelte van 'n verklaring wat die appellant op 24
Desem-
ber aan die polisie gemaak het en wat as 'n tweede
struikelblok in
die weg van aanvaarding van die appellant
se getuienis beskou is. Dit lui
soos volg:
"Die hoeveelheid wat Bodega sou gekry het, het
ek 'n ander reëling
getref om nie op hierdie
stadium die nuwe eienaar finansieel te belas
nie
en dit is ook die rede hoekom mnr. Van
Zyl tot op hede nie bewus gewees het
van hier-
die reëling nie."
Wat klagte 3 betref, is namens die appellant
betoog dat daar 'n ingrypende
verskil was tussen die
klagstaat, soos aangevul deur nadere besonderhede,
en
die getuienis waarop die appellant skuldig bevind is.
Om redes wat sal
blyk, vind ek dit onnodig om dié betoog
onder oënskou te
neem.
In die verbygaan kan gemeld word dat dit nie
duidelik is waarom, in die
lig van die benadering van
die verhoorhof, die appellant op die derde
klagte
ten aansien van slegs 5 kiste skuldig bevind is nie.
/In ...
14.
In Oktober is immers slegs 122 kiste aan mev
Swanepoel
verkoop. Eers op 24 Desember is sy definitief mee-
gedeel dat sy
die getal wat sy later versoek het, nl
200 kiste, kon neem en is haar
uiteindelike versoek om
in totaal 205 kiste te bekom, terstond bewillig.
Op
24 Desember is dus 83 kiste aan haar verkoop en nie
net 5 nie.
Die appellant se advokaat het in sy betoogs-
hoofde tereg daarop gewys dat
die verhoorhof 'n antwoord
wat mev Swanepoel gedurende kruisverhoor gegee
het,
blykbaar uit die oog verloor het. Gevra of toe sy die
addisionele 5
kiste versoek het die appellant gesê het
"Bodega sal nie omgee nie" (of
iets van die aard) het
sy bevestigend geantwoord. Haar weegawe en dié
van
die appellant aangaande die tersaaklike gesprek was dus
uiteindelik
nie strydig nie.
Aangesien die 5 kiste deel gevorm het van die
100 kiste wat oorspronklik
vir Bodega bestem was, kom
/meeste ...
15.
meeste van die oorwegings wat ten opsigte van klagte
6
geld ook te pas wanneer op klagte 3 gelet word. Die
skuldigbevinding op
eersgenoemde klagte het immers op
die oorblywende 95 kiste betrekking.
Soos dit my voorkom, is die kardinale vraag
of die appellant in eie
hoedanigheid die betrokke 5
kiste verkoop en die ander 95 kiste besit het.
Dat
hy oorspronklik bedoel het om al 100 kiste vir Bodega
te bekom, ly
geen twyfel nie. Sy getuienis dat hier-
die bedoeling voortgeduur het tot die
tussenkoms van
die polisie, word tot 'n groot mate deur dié van
mev
Lubbe gestaaf. Beide getuig dat toe hulle op 9 Desem-
ber met vakansie
vertrek het, en die moontlikheid be-
staan het dat die besending sou arriveer
voor hulle
verwagte terugkoms in windhoek op 18 Desember, hulle
aan
Waldeck 'n stukkie papier met sekere notas gegee
het. Daarop is aangedui
hoeveel kiste elk van die
ander drankbesighede toegekom het en Waldeck is
meegedeel
/dat ...
16.
dat die oorblywende 100 kiste vir Bodega bestem was.
Mev Lubbe se getuienis is nie deur die verhoorhof ver-
werp nie, en daar
blyk geen rede waarom dit nie aan-
vaarbaar sou wees nie. Op 24 Desember het
mev Lubbe
nog steeds gemeen dat Bodega 100 kiste sou verkry.
Indien die
appellant se oorspronklike bedoeling ver-
ander het, moes dit dus na 9
Desember gebeur het, en
moes hy dit om een of ander rede vir sy vrou
verberg
het. In hierdie verband dien daarop gelet te word
dat die
instruksies aan Waldeck gegee is nadat die
appellant sy aandele aan Van Zyl
verkoop het. Daar
steek derhalwe niks sinister in die feit dat Van
Zyl
nooit van die bestelling verwittig is nie. Soos reeds
genoem, het hy
in elk geval nie aktief aan die bestuur
van Bodega deelgeneem nie.
Behoudens sy verklaring a'an die polisie, is
daar ook niks wat op 'n
veranderde bedoeling aan die
kant van die appellant dui nie, altans nie sover
dit
die ...
17.
die oorblywende 95 kiste betref nie. Dit is ook in-
herent onwaarskynlik
dat hy na 9 Desember sou beoog
het om vir sy eie doeleindes die 100 kiste te
benut.
Indien hy bedoel het om dié kiste vir sy eie rekening
te
verkoop en aldus die wins in sy eie sak te steek,
sou hy tog nie geredelik
toegestem het nie om aan mev
Swanepoel 205 kiste te laat toekom in plaas van
die
122 kiste waarop sy kontraktueel aanspraak kon maak.
Daar is ook 'n verdere oorweging wat ten
gunste van 'n voortsetting van
die appellant se oor-
spronklike bedoeling spreek (totdat mev Swanepoel
'n
addisionele 5 kiste versoek het). Die appellant het
klaarblyklik verwag
om 'n faktuur ten debiete van Bodega
vir 750 kiste te ontvang. Van daardie
faktuur sou
in Bodega se registers aantekening gemaak moes gewees
het.
Enige gedeeltes van die 750 kiste wat nie
deur Bodega gebruik sou word nie,
sou dan weer as ver-
kope in die registers aangeteken moes gewees het.
/Dit ...
18.
Dit sou bv vir mev Swanepoel se 205 kiste gegeld
het.
Indien die appellant oorweeg het om die oorblywende 95
kiste te
verkoop, sou die lotgevalle daarvan dus in
die registers weerspieël moes
gewees het. En dit is
net nie te rym nie met 'n opset van die appellant
om
sonder bemiddeling van Bodega, of die wete van dié se
bestuur,
oor die 95 kiste te beskik.
Wat spreek dan teen die appellant se weer-
gawe? Eerstens moet kortliks
gelet word op die be-
palings van art 123 (c) van die Ordonnansie
waarop,
blykens bostaande aanhaling uit die uitspraak, die
verhoorhof
blykbaar ten dele peil getrek het. Hier-
die subartikel bepaal dat getuienis
dat 'n ongelisensi-
eerde persoon "op sy perseel" meer drank gehad het
as
wat redelikerwyse nodig was vir die persone daarop
woonagtig, "prima
facie bewys" is dat sodanige persoon
drank verkoop het.
Die subartikel baat kennelik nie die respondent
/se ...
19.
se saak nie. Al wat gesê hoef te word, is dat
geen
drank op 'n perseel van die appellant gevind is, of
volgens
die getuienis ooit daarop was nie.
Natuurlik kan onder gegewe omstandighede
buite die raamwerk van die
subartikel 'n afleiding ge-
maak word uit die feit dat 'n ongelisensieerde
persoon
in besit - waar ook al - van 'n groot hoeveelheid drank
was: R
v Ismail 1952 (1) SA 204 (A) 206. Die
appellant het egter in casu
'n verduideliking vir sy
besit van die 95 kiste gegee, en die enigste vraag
is
of daardie verduideliking aanvaarbaar is; m a w of
hy namens Bodega in
besit daarvan was.
Tweedens kom die appellant se verklaring,
die tersaaklike gedeelte waarvan
hierbo aangehaal is,
in gedrang. Daarvolgens het hy wat Bodega se 100
kiste
betref, "'n ander reëling getref" om nie vir Van Zyl as
nuwe
eienaar finansieel te belas nie. Die appellant
gee in sy getuienis die
volgende verduideliking: Van
/Zyl ...
20.
Zyl moes hom op 31 Desember 1982 R2 000 betaal. Hy
het
gemeen dat die aankoop van 'n addisionele 100 kiste
deur Bodega 'n
likiditeitsprobleem kon skep, veral om-
dat weens die vertraging Bodega in
Desember addisionele
whisky moes bekom, en het dus in gedagte gehad dat
hy
vir Van Zyl sou aanbied dat die genoemde som later be-
taal kon word.
Dit, sê hy, is wat hy in sy verklaring
beoog het toe hy gesê het
dat 'n ander reeling getref is.
Hierdie verduideliking bevredig nie volkome
nie. Immers, volgens die
verklaring is 'n alternatiewe
reëling betreffende die 100 kiste getref,
terwyl die
appellant se getuienis hoogstens dui op 'n moontlike
al-
ternatiewe reëling vir betaling van 'n bedrag deur Van
Zyl
verskuldig. Nietemin is die appellant se ver-
klaring nie heeltemal
onversoenbaar met wat hy volgens
sy getuienis in gedagte gehad het nie.
Maar
selfs indien sodanige onversoenbaarheid veronderstel
word, meen ek
nie dat hierdie onbevredigende aspek die
/oorwegings ...
21 .
oorwegings wat hierbo genoem is, vernietig of
selfs
neutraliseer nie. Die polisie wou klaarblyklik weet
waarom Van Zyl
nie op enige tydstip van die bestelling
van whisky vir Bodega, wat na 1
Desember in effek sy
besigheid was, in kennis gestel is nie, en dit is
moont-
lik dat die appellant gemeen het dat sy hantering van
whisky bestem
vir Bodega sonder Van Zyl se medewete 'n
misdryf daargestel het. Dit sou 'n
verklaring bied,
wat nie vergesog is nie, waarom hy teenoor die
polisie
versin het.
Die feit dat die appellant op bogenoemde ver-
onderstelling moontlik 'n
onwaarheid in sy verklaring
kwyt geraak het, moet uiteraard in die weegskaal
ge-
plaas word. In die lig van die waarskynlikhede en
die stawing wat mev
Lubbe se getuienis vir die appellant
se weergawe bied, meen ek egter nie dat
die appellant
se meermaal genoemde verduideliking aangaande sy
voort-
gesette bedoeling verwerp moes gewees het nie. Dit
/volg ...
22.
volg dus dat nie bevind kan word nie dat die appellant
die 95 kiste waarop
klagte 6 betrekking het nie steeds
ten behoewe van Bodega besit het nie, of
dat hy beoog
het om daardie hoeveelheid anders as deur Bodega,
'n
gelisensieerde besigheid, te verkoop.
Wat klagte 3 betref, volg voorts dat indien
mev Swanepoel nie 'n
addisionele 5 kiste aangevra het
nie, die appellant daardie hoeveelheid ook
namens
Bodega sou bly besit het. Hy het egter die 5 kiste
op 24 Desember
aan mev Swanepoel verkoop. Omdat hy
sulks gedoen het sonder die medewete van
sy vrou, Van
Zyl of Waldeck, het die verhoorhof sonder meer aanvaar
dat hy
die koopkontrak in eie hoedanigheid aangegaan
het. Daarmee kan ek nie akkoord
gaan nie. Mev
Lubbe was die bestuurderes van Bodega en daar is nie
die
geringste twyfel nie dat indien sy teenwoordig was
en gehoor het dat die
appellant mev Swanepoel se ver-
soek bewillig, sy haar seën sou
uitgespreek het indien
/iemand ...
23.
iemand haar om haar toestemming gevra het. Inderdaad
blyk
dit oorvloedig uit die getuienis dat mev Lubbe
alle reëlings in verband
met die bestel en in ontvangs
neem van die 750 kiste aan die appellant
oorgelaat het,
en dat hy haar stilswyende volmag, as bestuurderes, ge-
had
het om na goeddunke namens Bodega te handel met
die 100 kiste wat
oorspronklik vir daardie besigheid
bestem was. Derhalwe was daar nie sprake
nie van die
verkoop van whisky "sonder die lisensie wat vir
sodanige
verkoop nodig is". Vgl R v Sher 1914 CPD 571.
Met die oog op die appellant se betrekking as
Staatsamptenaar en die
implikasies wat sy skuldigbe-
vindings daarvoor mag ingehou het, meld ek ten
slotte
dat die respondent na my mening nie eens op 'n oorwig
van
waarskynlikhede die beweerde skuld van die appellant
bewys het nie.
Die appèl slaag en die skuldigbevindings en
/vonnisse ...
0
24.
vonnisse word tersyde gestel.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
JOUBERT AR
STEM SAAM
TRENGOVE AR

RTF format