South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 2
| Noteup
| LawCite
S v Morabe (255/84) [1986] ZASCA 2 (25 February 1986)
Download original files |
DOROTHY MORABE
- en -
DIE STAAT
JANSEN AR.
Saak Nr 255/84
M C
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
DOROTHY MORABE Appellante
en
DIE STAAT
Respondent
Coram: JANSEN, TRENGOVE ARR et CILLIé Wn
AR.
Verhoor: 19 September 1985.
Gelewer: 25 Februarie
1986.
U I T S P R A A K.
JANSEN /
2.
JANSEN AR:-
Die appellante en ene dr Khoza, 'n homeopaat, is saam as beskuldigdes
2 en
3 onderskeidelik ingevolge die bepalings van Wet 41 van
1971 in die Streekhof
Kaapstad van onwettige handeldryf in
metakoloon (900 Mandrax tablette)
aangekla; Khoza is on=
skuldig bevind maar die appellante wel skuldig soos
aangekla.
Sy is tot 6 jaar gevangenisstraf gevonnis. 'n Appèl na
die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling het gedeeltelik
geslaag: die
skuldigbevinding is bekragtig maar haar vonnis
is tot 5 jaar versag. Die hof
het haar ook verlof verleen
om in hoër beroep na hierdie Afdeling te kom
en het haar
borgtog hangende die appèl verleng.
Dit blyk dat die appellante en Khoza die aand
van 25
November 1981 met 'n vlug vanaf Jan Smuts lughawe
op D F Malan lughawe
aangekom het en vandaar met 'n
huurmotor na die Capetonian Hotel gegaan het. In die
hotel /
k
3.
hotel het hulle suite no 1019 op die lOde verdieping
betrek. Die
suite het bestaan uit 'n ingangsportaal,
'n hoofslaapkamer met twee bedde, 'n
kleiner kamer met een bed,
en 'n badkamer. Elkeen van die vertrekke word
bereik deur
'n afsonderlike deur vanuit die portaal en die portaal
self
het 'n buitedeur waardeur toegang verleen word vanaf die
gang wat
verby die hyser loop. Die appellante en Khoza
het hulle in die hoofslaapkamer
gevestig.
Hulle het onder verdenking gestaan dat hu]le
Mandrax na Kaapstad bring en
hulle is deur lede van die
Suid-Afrikaanse Narkotiese Buro (SANAB) beide op
Jan
Smuts en D F Malan, en ook deurgaans daarna, dopgehou.
(Van SANAB het
egter slegs speurder-adjudant-offisier
Fouche en speurder-sersant Slabbert by
die verhoor getuig:
eg /
4.
eg oor die verloop van sake by Jan Smuts lughawe en
lg oor
die gebeure na die appellante en Khoza.se
aankoms
aan die Kaap.) Op D F Malan het Slabbert, vergesel
van
speurder-adjudant-offisier Van der Merwe en speurder-
sersant Rossouw, die
appellante en Khoza ingewag. Hulle
het die verdagtes gevolg na die hotel en
aldaar het hulle
die suite deur die nag dopgehou.
Die volgende oggend om
7h30 is 'n telefoonoproep
gemaak vanuit die suite na 'n nommer in
Mitchellsplein;
blykbaar die nommer van 'n mnr Brown. 'n Ruk later het
'n
kleurlingvrou, Farieda Daniels, by die suite opgedaag,
ongeveer 'n half uur
daar vertoef en toe weer vertrek.
Slabbert, vermom as 'n tapytinstalleerder,
het saam met
haar in die hyser na onder gery. Sy het geloop na 'n
wagtende /
5.
wagtende motor met 'n bestuurder en sy het
ingeklim.
Van der Merwe en 'n sersant Du Toit wat albei onder in die
pad
gestaan het, en ook Slabbert wat hom hy hulle
aangesluit het, het haar tot by
die motor gevolg. Sy
is gevra wat sy gesoek het en sy het gesê dat sy
by
iemand kom kuier het. Daarop het Van der Merwe haar
gearresteer.
Slabbert self is terug na die suite op
die lOde verdieping. Slabbert was
bewus daarvan dat
die deur gesluit was en dat 'n ketting die deur ook
van
binne beveilig het. Hy het mnr Gilles, die bestuurder
van die hotel,
gekry om die deur oop te sluit; en die
ketting het hy gebreek deur die deur
met geweld oop te
skop. Die doel was om die verdagtes te betrap
voordat
hulle van iets inkriminerend ontslac kon raak en
dit /
6.
dit kan aanvaar word dat Slabbert ingestorm het en
saam
met hom drie of vier ander polisiebeamptes. Hulle
het die twee verdagtes in
die hoofslaapkamer aangetref.
Khoza was slegs in 'n onderbroekie en
kamerjapon geklee.
Hy en die appellante is gevisenteer en die suite
is
deeglik deurgesoek. Slabbert self "het al die beddens
die lakens
afgehaal die kussingslope afgehaal en die bed
opgelig om onder die bed in te
kyk". Selfs die matrasse
is van die bedde afgelig. Niks inkriminerend is
egter
gevind nie. Nogtans het Slabbert die appellante en
Khoza gearresteer
en hulle na die polisiekantoor geneem.
Die suite is gesluit en Slabbert
beweer dat hy vir Gilles
gesê het om niemand in te laat nie..
By die polisiekantoor het dit geblyk dat onder
die /
7.
die sitplek van die motor waarin Farieda Daniels geklim
het 'n pakkie gevind is met 100 tablette wat na Mandrax
gelyk het. Rossouw het van haar 'n verklaring geneem.
Slabbert het die appellante en Khoza ongeveer 2 uur lank
by die
polisiekantoor gehou. Daarna het hy hulle en
Farieda Daniels na die hotel
teruggeneem. Rossouw was
saam en ook ander polisiebeamptes. In die suite
het
Farieda Daniels die kleiner slaapkamer uitgewys en 'n
"rapport" aan Slabbert gemaak. Dié kamer is toe weer
deurgesoek.
Die basisstuk van die bed was aan die
onderkant met 'n plastiekvel oorgetrek.
Op 'n plek was
die vel los en toe Rossouw sy arm daar insteek vind hy
'n
plastieksakkie. Binne die sakkie was daar twee
verdere sakkies, elk met pille
in wat na Mandrax gelyk het.
Altesaam was daar 900 pille. Volgens Slabbert
het hy op
'n latere /
8.
'n latere stadium 4 van die pille vir ontleding
gestuur,
nl 2 uit elke sakkie. Die ontleding het bevestig dat
die 4 pille
metakoloon bevat het. Wat betref die 100
pille wat gevind is in die motor
waarin Farieda Daniels
gery het, is egter geen getuienis van ontleding
voorgelê
nie.
Die grondslag van die Staat se saak teen
die
appellante en Khoza was hoofsaaklik dat 900 tablette
Mandrax in hulle
hotel-suite gevind was. Hierbenewens
het die Staat ook Farieda Daniels as
getuie geroep. Sy
het getuig dat sy deur haar man gestuur is om Mandrax
by
die appellante en Khoza te gaan haal, dat toe sy daar
aankom Khoza in
die badkamer was, dat sy ontvang is deur
die appellante, dat hulle na die
hoofslaapkamer gegaan
het /
9.
het, dat sy (die getuie) in die kamer gebly het
terwyl
die appellante uitgegaan het na die kleiner kamer dat
die
appellante later met die pakkie Mandrax teruggekom
het en dat die appellante
die pakkie aan haar oorhandig
het. pit is opmerklik dat Farieda Daniels
beweer dat
toe die appellante weer haar verskyning maak, Khoza
saam met
haar ingekom het en dat hy toe ten volle geklee
was. Dit is ook opvallend dat
plek-plek Farieda sê
dat "hulle" die pakkie aan haar gegee het. Khoza
self
het getuig. Hy het o a alle wete van die 900 pille
ontken, asook dat
hy hoegenaamd die betrokke oggend vir
Farieda Daniels gesien het. Hy was in
die badkamer en
volgens hom het hy nooit sy verskyning gemaak nie.
Ook
ontken hy dat die appellante enige Mandrax sonder sy
wete /
10.
wete by haar kon gehad het. Die appellante self het
nie getuig nie.
Die landdros het Farieda Daniels se relaas dat
die appellante haar die 100 pille gegee het, aanvaar. Hy
besien haar wel as 'n medepligtige wat in sekere opsigte
gebrekkige
getuienis lewer maar aan die ander kant heg
hy deurslaggewende waarde aan die
feit dat die appellante
self nie weersprekende getuienis afgelê het nie
en dat
Farieda Daniels ten tyde van die appellante se verhoor
reeds
vanweë besit van die 100 pille skuldig bevind en
gevonnis was (tot 5
jaar). Hy meld ook dat "die
getuienis van Farieda Daniels deur ander
Staatsgetuies
en in sekere opsigte beskuldigde no 3 self bevestig
word".
Van die feit dat volgens Farieda Daniels die appellante die
100
pille in die kleiner slaapkamer gaan haal het en dat
kort /
11.
kort daarna die ander 900 pille deur die polisie daar
gevind is, lei die
landdros af dat die appellante geweet
het van die 900 pille. 'n Soortgelyke
afleiding geld
nie wat Khoza betref nie en daarom word hy
onskuldig
bevind. Dit volg dat die' landdros nie Farieda Daniels
se
getuienis aanvaar het dat Khoza saam met die appellante
verskyn het
nie.
Die hoeksteen van die skuldigbevinding deur die
landdros bly dus
steeds die vind van die 900 pille in die
klein slaapkamer. Die appellante se
prokureur het dan
ook aangevoer dat daar 'n redelike moontlikheid bestaan
dat
die 900 pille "geplant" was. Reeds die getuienis vir
die Staat het die
opening vir hierdie betoog gebied.
Slabbert het erken dat toe hy teruggegaan
het na die
hotelsuite /
k
12.
hotelsuite, saam met die appellante, Khoza en Farieda
Daniels, onder andere hy gevind het dat die bedde
intussen aan die kant gemaak was, met ander woorde dat
ander persone intussen tot die suite toegang gehad het.
In 'n stadium tydens die kruisondervraging van Slabbert
het die appellante se prokureur die hof meegedeel dat
die beskuldigdes sou sê dat hulle inligting het dat die
polisie twee of drie keer terug na die hotel was terwyl
die beskuldigdes by die polisiekantoor aangehou is en
voordat almal weer na die suite terug is. Dit is ver=
moedelik na aanleiding hiervan dat die Staat toe ook twee
werknemers van die hotel, naamlik Agnes Johnson en Cynthia.
Afrika, as getuies geroep het. Johnson was die toesig=
houdster vir die 9de en lOde verdiepings; Afrika 'n
skoonmaakster. Hulle het getuig oor die aan-die-kant-maak
van /
13.
van suite 1019 op die betrokke dag. Op grond van sekere
aspekte van hul getuienis tydens kruisondervraging sou
wel betoog kon word dat daar aanduidings is dat die polisie
daardie oggend die suite meer as twee keer besoek het.
In hierdie verband is die getuienis van Agnes Johnson
miskien die
belangrikste. Sy vertel dat sy en Cynthia
Afrika die betrokke suite aan die
kant gemaak het toe die
inwoners al klaar uit die kamer was. Dan bevestig
sy
dat hulle weer 'n tweede keer na die suite gegaan het.
Die volgende
passasie in haar getuienis onder kruisver=
hoor is veral ter sake.
"Hoekom het julle die tweede keer gegaan na
die kamer toe? - Die tweede keer het ek
vir mnr Slabbert en vir mnr Gilles die deur
loop oopsluit, toe sê
mnr Gilles hulle sal
nie lank wees nie, maar netso gou as hulle
uit is,
dan moet ek weer die kamerdeur kom
toesluit, die tweede keer.
So, /
14.
So, mnr Slabbert en mnr Gilles was alleen
daarso? - Ja, ek het vir hulle die deur
oopgesluit, vir mnr Slabbert en mnr Gilles.
Hulle was alleen daarso? - Ja, meneer.
Díe beskuldigdes was nie daar nie? - Nee,
hulle was nie daar nie.
En jy het die deur vir die twee van hulle,
net die twee van hulle? - Ja, dit was net
mnr Slabbert en mnr Gilles.
En net mnr Gilles? - Ja.
En jy het die deur oopgemaak vir hulle? -
Ja, ek het die deur oop - mnr
Gilles het my
gevra om gou die deur oop te sluit vir hulle.
Dit is van 1019? - Ja, 1019.
En toe gaan hulle in? - Ja.
Op daardie stadium het jy al klaar die plek
vir die eerste keer aan die
kant gemaak? -
Vir die eerste keer aan die kant gemaak.
Die beddens gemaak ensovoorts? - Ja.
En terwyl hulle in was, het jy die
deur
toegemaak of wat? ---Nee, dit was nie gesluit nie,
ek het net
toegetrek.
Toe gaan hulle in? - Ja.
En na dit, toe hulle uitkom, het jy
gesien
dat hulle weer uitkom? - Ja, meneer.
Beide van hulle? - Ja, het uitgekom.
En wat het mnr Gilles toe vir jou gesê? -
Nee, ek het gewag dat
hulle uitkom dat ek net
die kamer - ek het geweet ek moet die kamer
loop
skoonmaak.
Jy het ... - mnr Gilles het vir my gesê
15.
hulle gaan nie lank wees nie, ek moet net weer
die kamer kom op-touch.
Op-touch? - Skoonmaak, ja.
Weer aan die kant plaas? - Ja.
En toe mnr Gilles en mnr Slabbert uitkom,
het jy die plek aan die kant gemaak? - Toe
gaan
haal ek vir Cynthia om die plek weer aan
die kant te kom maak.
En toe mnr Gilles en mnr Slabbert in die
kamer ingaan, was dit net die twee van hulle? -
Ja, daar was niemand in die kamer nie.
Daar was niemand in die kamer nie en daar
was niemand buite nie? - Nee, ek het niemand
gesien buitekant nie.
En dit was die twee van hulle wat alleen in
die kamer was? - Ja, ek het net die deur
oopgesluit.
En hulle het binnegegaan, mnr Gilles en mnr
Slabbert, dit is die speurder
wat hier sit
langs die aanklaer? - Ja.
En hulle was alleen in die kamer gewees? - Ja.
Terwyl die deur toegemaak was? - Ja, meneer.
En hulle het toe alleen uitgekom, die twee
van hulle? - Ja."
Dit is duidelik dat die insident deur Agnes Johnson
beskryf/
16.
beskryf hoegenaamd nie te rym is met enige van die
twee besoeke aan die suite waarvan Slabbert getuig het
nie. Agnes Johnson meld ook dat Cynthia Afrika later
by haar gekla het omdat sy later nog 'n keer die kamer
moes aan die kant maak.
Blykbaar het die appellante se prokureur voor
die landdros ook daarop staatgemaak dat Khoza getuig het
dat hy en die appellante persoonlik op Jan Smuts gevisenteer
is en dat hulle bagasie deurgesoek is. As dit wel plaasge=
vind het sou dit miskien moeilik verklaarbaar wees hoe die
appellante die volgende oggend in besit van 1000 tablette
kon gewees het. Die landdros het egter hierdie getuienis
. van Khoza
verwerp en dié van Fouche aanvaar. Hy het tot
die gevolgtrekking gekom dat geen visentering of deur=
soeking op Jan Smuts plaasgevind het nie.
Die /
17.
Die landdros het die moontlikheid dat die pille
geplant was,verwerp. Vir
hom was dit deurslaggewend
dat daar geen visentering of deursoeking op Jan
Smuts
plaasgevind het nie. Dit is egter opvallend dat die
landdros wat
betref die moontlikheid dat die pille
geplant was, hoegenaamd nie na die
getuienis van Agnes
Johnson en Cynthia Afrika verwys nie en vermoedelik
het
hy dit ook nie in aanmerking geneem nie.
Op appèl in die hof a quo is namens die appellante
die moontlikheid dat die tablette geplant was weer geopper.
Die keer
oorweeg die hof wel die getuienis van Agnes
Johnson en Cynthia Afrika en die
hof sê die volgende :-
"Dit is nie aan sersant Slabbert gestel dat
mev Johnson sê hy was
alleen daar nie.
Wat wel opmerksaam is is dat die getuie
Johnson sê
dat onmiddellik na sersant Slabbert
en mnr Gilles daar by haar gewees het
soos sy
sê /
18.
sê met die tweede besoek sê sy dat die
polisie toe vir haar
gesê het sy sal 'n
verklaring moet kom aflê.
Dit is nie verstaanbaar waarom die polisie
vir haar sal sê sy moet
'n verklaring kom aflê
as die polisie inderdaad daar gewees het
om
die pille te kom plant nie. Mnr Gilles wat
oor die besoeke kon getuig
is nie geroep nie.
Ek meen dat dit onwaarskynlik is dat die
polisie die
Mandrax pille geplant het en dit
meer waarskynlik is dat die
kamerbediendes
onder hulle kruisverhoor 'n fout gemaak het
veral wanneer
Johnson sê dat daar nie ander
persone by was nie met sersant Slabbert
en mnr
Gilles se besoek."
Dit kan die appellante kwalik verwyt word dat mev Johnson
se getuienis nie
aan Slabbert gestel is nie of dat Gilles
nie as getuie geroep is nie. In 'n
stadium nadat Slabbert
getuienis afgelê het, het die Staat self vir
Agnes Johnson
en Cynthia Afrika as getuies geroep. Die appellante
se
prokureur het wel vir Slabbert gevra of hulle na die suite
teruggegaan
het alvorens hulle die appellante en Khoza
daarheen /
19.
daarheen vanaf die polisiekantoor teruggeneem het.
Slabbert het dit ten sterkste ontken. Die kritiek deur
die hof a quo op
Agnes Johnson na aanleiding daarvan dat
sy in haar getuienis meld dat die polisie vir haar gesê
het sy moet
'n verklaring kom aflê, rus klaarblyklik op 'n
misverstand. Die
aanleiding tot hierdie aanmerking van
die hof a quo moet die volgende
passasie in Agnes Johnson
se getuienis wees:-
"Het die speurder ooit met jou gepraat? - Nee.
Daardie dag? - Nee, niks met my gepraat nie.
Het hy op enige ander dag gepraat oor die feit
dat hy teruggekom het na die kamer toe? - Hy
het die dag met ons gepraat wat hy gesê het
ons sal miskien sal ons
verskyn op die hof wat
hy nou die statement kom vat het.
Het hy nog iets vir jou gesê? - Gesê?
Ja? - Nee, meneer.
Het jy 'n verklaring gemaak?- Wat mnr Slabbert
self gemaak het, 'n verklaring."
Die getuie sê nie hier dat sy op die dag van die onder=
hawige /
20.
hawige gebeure aangesê is dat sy miskien 'n verklaring sal
moet maak nie. Sy verwys na 'n latere dag, moontlik toe
die Staat oorweeg het om haar as getuie te roep na
aanleiding van wat tydens die verhoor te berde gekom het.
Verder is dit moeilik om in te sien dat sy 'n fout kon
maak oor die insident waar Slabbert en Gilles die suite
ingegaan het. Haar beskrywing hiervan is so verskillend
van die twee
gevalle waarvan Slabbert getuig dat verwarring
by haar Haas ondenkbaar
is.
Die eerste geleentheid waarvan Slabbert praat is
toe
hy die deur oopgeskop het en ingestorm het vergesel
van ander lede van die
polisie, op 'n tydstip toe die
appellante en Khoza nog in die hoofslaapkamer
was. Op
die tweede geleentheid was Slabbert vergesel van die
appellante,
Khoza, Daniels, Rossouw en ook ander lede
van /
21.
van die polisie. Agnes Johnson kon die aanwesigheid
van al hierdie mense kwalik nie raakgesien het nie of
hul aanwesigheid vergeet het nie.
Dit wil voorkom of die landdros fouteer het
deur die getuienis van Agnes Johnson nie te oorweeg nie
en die hof a quo ook deur haar getuienis as 'n vergissing
af te
maak. Op die keper beskou, kom sy voor 'n geloof=
waardige getuie te wees.
Tussen haar en Slabbert is
daar 'n direkte teenspraak. Haar getuienis kom
daarop
neer dat daar 'n geleentheid was toe net hy en Gilles saam
die
suite binnegegaan het. Slabbert ontken dat hy ooit
die suite binnegegaan het
behalwe op die twee geleenthede
toe daar meerdere mense saam met hom was.
Hierdie
teenspraak kan nie op die getuienis opgelos word nie.
Dit is
opvallend dat die Staat nie vir Gilles geroep het
om /
22.
om te getuig nie en dat die Staat ook nie laat blyk
het dat hy nie
beskikbaar was nie. Die teenspraak kan
nie anders as om sterk twyfel op
Slabbert se geloofwaar=
digheid en motiewe te werp nie. As hy valslik
ontken
dat hy weer na die suite gaan kyk het, ontstaan die vraag
waarom hy
dit ontken. So ontstaan daar vrugbare
teelaarde vir suggestie dat die pille
moontlik geplant was.
Verder is Slabbert se hantering van die 900
pille
nadat hy daarop op 26 November 198] in die suite
beslaggelê het, glad
nie gerusstellend nie. volgens
regulasie moes hy dit laat opsluit in die
"Kaptein"
se brandkluis en dit aanteken in die SA 13-register.
Dit het hy
aanvanklik nie gedoen nie. Volgens hom het
hy die pille in sy persoonlike
sluitkas ("locker") op
kantoor gehou. Op 8 Januarie 1982 het hy 4
pille
uitgehaal/.......
23.
uitgehaal en vir ontleding gestuur. Eers op 20 Januarie
1982 het hy die
nodige inskrywing in die SAP 13 gedoen
en die orige pille oorhandig vir
bewaring in die brandkluis.
Die beskrywing wat Slabbert aanvanklik aan die
hof gegee
het van hoe die pille daar uitgesien het, het die indruk
gewek
dat hulle "one siders" was, dit wil sê met slegs
die letters "MR" aan
die een kant terwyl die pille wat
aan die hof getoon was, blykbaar "two
siders" was, dit
wil sê met ook op die keersy die letters "RL".
Die
appellante se prokureur was besig om Slabbert hieroor te
kruisondervra
en om o a aan hom te suggereer dat "two
siders" kleiner as "one siders" is
toe die hof verdaag het.
By die hervatting van die verhoor 'n paar maande
later was
die pille nie meer voor die hof nie en slabbert het
verduidelik
dat hy die pille na Pretoria versend het
ingevolge /
24.
ingevolge 'n algemene instruksie van hooEkantoor dat alle
pille daarheen gestuur moet word. Sy verduideliking
waarom hy dit gedoen
het terwyl die pille pertinent voor
die hof in 'n lopende geding was, was dat
hy gemeen het
dat die kruisondervraging oor die pille voltooi was.
Dit klink nie baie
oortuigend uit die mond van 'n ervare
polisieman nie. Ook sy verduideliking dat hy die regu=
lasies nie nagekom
het wat die bewaring en inskrywing
van die pille betref, naamlik dat hy
versuim het vanweë
die druk van werk, is nie heeltemal oortuigend nie
en
toon minstens 'n sweem van ongeduld met wat hy moontlik as
amptelike
rompslomp beskou het.
Die onopgeklaarde teenspraak tussen Slabbert en
Agnes Johnson skep
onsekerheid oor die vind van die
pille. Hierdie onsekerheid word nie verwyder
deur die
getuienis van Farieda Daniels nie. Soos reeds genoem,
het /
25.
het die landdros haar getuienis oor 'n belangrike aspek
nie aanvaar nie, nl haar implikasie van Khoza by die
beweerde lewering van die pakkie pille aan haar deur die
appellante. En hierin was die landdros ten volle gereg=
verdig. Farieda Daniels se getuienis bv dat Khoza op
daardie tydstip ten volle geklee was, is hoegenaamd nie te
rym met die ander getuienis, yeral dié van Slabbert self
nie. Haar implikasie van die appellante is gevolglik dan
ook verdag. Dit
is onnodig om al die fynere aspekte van
die kritiek op haar getuienis te
noem. Daar kan volstaan
word deur uit te wys dat die feit dat sy reeds
skuldig
bevind en gestraf was t o v die 100 tablette wat in die
motor
gevind was, toe sy getuienis afgelê het, nie
noemenswaardig die risiko
verminder het dat sy 'n valse
aantyging kon maak nie. Sy het klaarblyklik na
haar
arrestasie /
26.
arrestasie die herkoms van die pille aan die appellante
en Khoza
toegeskryf en sy moes daarby bly. Ook die feit
dat die appellante xxxx nie
vanuit die getuiebank Farieda
Daniels weerspreek het nie, weeg minder swaar
in die lig
daarvan dat Khoza getuig het en dat hy Farieda Daniels op
'n
wesenlike aspek weerspreek het.
In die lig van al die omstandighede moet
daar
'n redelike twyfel bestaan of die appellante wel skuldig
is aan die
misdaad haar ten laste gelê.
Die appèl word gehandhaaf en die
skuldigbevinding
en vonnis word tersyde gestel.
E.L. JANSEN AR.
TRENGOVE AR)
Stem saam.
CILLIé Wn AR)

RTF format