South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 143

| Noteup | LawCite

S v Tshuma (149/86) [1986] ZASCA 143 (28 November 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


EDWARD PHATAK TSHUMA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPÉLAFDELING)
In die saak tussen:
EDWARD PHATAK TSHUMA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: Trengove, Hoexter, ARR , et Boshoff, Wn AR
Verhoor: 24 November 1986
Gelewer: 28 November 1986

UITSPRAAK BOSHOFF, Wn AR :

Die appellant is tesame met twee mede-beskuldigdes in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling

deur. /2

-2-

deur Vermooten Wn R en twee assessore skuldig bevind aan moord (aanklag 1) en aan poging tot roof met verswarende omstandighede (aanklag 2). Die appellant was beskuldigde 1 en Simon Moatche en Jacob Sesing was onderskeidelik beskul-digdes 2 en 3 en geriefshalwe word na hulle as sulks ver-wys. Die verhoorhof het bevind dat daar geen versagtende omstandighede by die pleeg van die moord aanwesig was nie en die appellant en beskuldigde 2 die doodvonnis opgelê. Omdat beskuldigde 3 17 jaar oud was ten tye van die pleeg van die misdaad het die verhoorregber sy diskresie uitgeoefen en in sy geval nie die dood-vonnis opgelê nie en hom gevonnis tot 15 jaar gevangenis-sbraf. Op aanklag 2 is hulle almal gevonnis tot 8 jaar

gevangenisstraf.../3

-3-gevangenisstraf en die verhoorregter het beveel dat die gevangenisstraf van beskuldigde 3 op aanklag 1 en aanklag 2 saamloop.

Die appellant en beskuldigde 2 het by die verhoorhof aansoek gedoen om verlof om teen beide hul skuldigbevinding en straf te appelleer en dit is afgewys.

Beskuldigde 2 het daarna met verlof van die Hoofregter in hoër beroep gekom na hierdie hof tecn sy skuldigbevinding en vonnisse. Die appèl is op 22 November 1985 van die hand gewys.

Met verlof verleen op 18 Maart 1986 ten gevolge van 'n versoekskrif aan die Hoofregter kom die appellant

nou /4
-4-nou in hoër beroep teen die bevinding van die verhoor-hof op aanklag 1 dat daar geen versagtende omstandighede aanwesig was met die pleeg van die moord nie en, indien daar wel versagtende omstandighede was, teen die dood-vonnis.

'n Appèl teen 'n verhoorhof se bevinding dat geen versagtende omstandighede aanwesig was nie kan alleen slaag indien dit blyk dat die verhoorhof by oorweging van die vraag 'n mistasting of ander onreël-matigheid begaan het of indien die omstandighede van so
'n aard was dat geen hof redelikerwys tot 'n ander ge-volgtrekking kon gekom het nie dan dat versagtende om-standighede aanwesig was. R v Balla and Others 1955(3)

SA /5
-5-SA 274 (A) op bladsy 275 C-D.
By die oorweging van die vraag of daar wel versagtende omstandighede aanwesig was moes die verhoor-hof op die volgende gelet het:

(1) of daar omstandighede was wat op die
geestesvermoëns of die gemoedstoestand van
die appellant betrekking kon gehad het; en in-
dien wel
(2) of sodanige omstandighede die geestesver-moëns of gemoedstoestand van die appellant subjektief beïnvloed het; en indien wel
(3) of die subjektiewe beïnvloeding van die appellant se geestesvermoëns of gemoedstoestand

van /6

-6-van so 'n aard was dat die appellant se optrede ten opsigte van die dood van die oorledene volgens die objektiewe oordeel van die verhoor-hof daardeur minder laakbaar of verwytbaar was. S v Babada 1964(1) SA 26 (A) op bladsy 27 H-28A, S v Van der Berg 1968(3) SA 250 (A) op bladsy 252 F-G.

Die bewyslas om die bestaan van versagtende omsbandighede op 'n oorwig van waarskynlikhede vas te stel, het op die appellant gerus. S v Ndlovu 1970(1) SA 430 (A) op bladsy 433 H.

Adv Stipp namens die appellant het aangevoer

dat /7
-7-dat die jeugdigheid van die appellant tesame met sy drankinname strafversagtende omstandighede daargestel het en dat die verhoorhof in hierdie opsig misgetas het.

Volgens die getuienis wat deur die verhoorhof aanvaar is, is die moord deur die appellant en sy twee medebeskuldigdes, op 19 Maart 1983 kort voor 23h00 op die Lamandlelastasie naby Kempton Park gepleeg onder die vol-gende omstandighede. Die appellant en getuie Elizabeth Radebe het vir 'n tydperk van 1½ maande as man en vrou saam met die appellant by sy ouers in Tembisa gewoon. Op 19 Maart was sy vanaf 16h00 tot ongeveer 20h00 in die geselskap van die appellant en die twee medebeskul-digdes in 'n smokkelkroeg in die Motheong afdeling.

Tussen /8
-8-Tussen die vier van hulle het hulle gedurende daardie tyd tussen 5 en 10 kwarte "blanke" bier gedrink. Van daar af sou hulle vier na 'n partytjie gaan wat binne loopafstand was. Hulle het egter na Lamandlelastasie gegaan en 'n trein gehaal na Lerallastasie. Die trein het daar omgedraai en hulle het weer met die trein teruggereis na Lamandlelastasie en nie by Tembisa afge-klim soos Elizabeth verwag het nie. Op die trein het die appellant en die twee medebeskuldigdes besluit om mense op die trein te beroof. Hulle het deur die waens gestap gevolg deur Elizabeth om iemand te soek wat hulle kon beroof. In een wa het die appellant 'n Swartman
beveel om op te staan en hulle het hom deursoek. Die Swartman

het /9
-9-het daarna na die voorste wa gevlug. By Lamandlela-stasie het hulle van die trein afgestap. Die enigste ander persoon wat daar ook afgestap het was William Matutule, die oorledene in hierdie saak. Die oorledene het na die voetgangersoorgang oor die treinspoor geloop. Die appellant en die twee medebeskuldigdes het hom agterna gesit en hom by die voetgangersoorgang beetgepak. Die appellant het aan hom gesê dat hulle geld wil hê. Die oorledene het geantwoord dat hy nie geld het nie en hom teëgesit teen hulle. Die appellant en die twee mede-beskuldigdes het elk 'n mes te voorskyn gebring. Appel-lant en beskuldigde 2 het sy sakke deurgesoek terwyl beskuldigde 3 hom vasgehou het. Toe hulle niks aan

hom /10
-10-hom kry nie, het appellant gesê hy het hulle tyd gemors, en aldrie het die oorledene begin steek. Elkeen het die oorledene herhaaldelik en baie keer gesteek. Uiteindelik het hy tussen die perron en die treinspoor beland. Hy het so 87 steekwonde opgedoen en is daaraan oorlede. Die appellant en die twee medebeskuldigdes het hom daar gelos.

Die appellant is op 27 Julie 1964 gebore en was dus 18 jaar en 7 maande oud toe die moord op 19 Maart 1983 gepleeg is. Beskuldigde 2 is op 16 Maart 1963 gebore en was dus op vier dae na 20 jaar oud toe die moord gepleeg is. Alhoewel die appellant 'n jaar en vyf maande jonger as beskuldigde 2 was, was die verhoorhof nogtans van oordeel dat hy die leier van die driemanskap was daardie aand. Indien na hulle skoolopleiding gekyk word, was hy waarskynlik ook die intelligentste van die drie.

Wat die drank betref, blyk dit uit die getuienis

van..../11

-11-

van Elizabeth dat die appellant en die twee medebeskul-digdes nie in so 'n mate daardeur aangetas was dat dit enige betekenisvolle uitwerking op hulle optrede gehad het nie. Toe hulle die smokkelkroeg om 20h00 verlaat het,was hulle middelmatig dronk gewees maar kon nog goed loop en hardloop. Toe die moord gepleeg is kort voor 23h00 het hulle samehangend gepraat en nie gesukkel om die moord uit te vocr soos hulle dit wel gedoen het nie. Die appellant selE het nie in sy getuienis te kenne gegee dat die drank wat hy gedrink het sy selfbe-heer aangetas het of op enige wyse hoegenaamd 'n invloed op sy gedrag gehad het nie. Die verhoorhof het bevind dat die appellant nie deur die drank aangetas was in

'n /12

-12-

'n mate wat die morele laakbaarheid van sy optrede verminder het nie.

Wat die appellant se jeugdigheid betref, moet gemeld word dat die drie van hulle onder sy leiding die betrokke aand uit was om iemand te beroof en toe hulle die oorledene as slagoffer kry, het hulle nie omgegee wat hulle met hom maak nje. Hulle het n weerlose man wreed vermoor en half op die spoorlyn gelos.

Die verhoorhof bevind aan die hand van die appellant se deelname aan 'n bende-optrede, die beplanning van die misdaad, en die wyse waarop die moord gepleeg is, dat die appellant se optrede voortgespruit het uit "inherente boosheid" en dat sy jeugdigheid ge-volglik nie as 'n versagtende omstandigheid gegeld het nie.

Die advokaat van die appellant het nie daarin geslaag

om /13
-13-om aan te toon dat die verhoorhof die aangeleentheid van versagtende omstandighede verkeerd benader het nie of enige mistasting daarom-trent begaan het nie. Trouens dit blyk uit die uitspraak van die verhoorhof dat die aangeleentheid deeglik, sorgvuldig en ewewigtig oorweeg is. Dit kan sekerlik nie gesê word dat die gevolgtrekking van die verhoorhof een was waartoe geen hof redelikerwys kon gekom het nie.

Onder die omstandighede word die appèl van die hand gewys.

BOSHOFF Wn AR

Trengove, AR)

stem saam Hoexter, AR)