South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 100

| Noteup | LawCite

S v Nkwanyana (106/85) [1986] ZASCA 100 (22 September 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


BUSAYENA NKWANYANA Appellant
en
DIE STAAT Respondent

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPELAFDELING) In die saak tussen:

BUSAYENA NKWANYANA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: Jansen, Joubert, ARR et Boshoff, Wn AR Verhoor: 12 September 1986 Gelewer: 22 September 1986

UITSPRAAK BOSHOFF, Wn AR :

Die appellant kom in hoër beroep teen sy skuldigbevinding aan moord en besit van 'n ongelisensieerde

vuurwapen ./2
-2-vuurwapen deur Flemming R en twee assessore in die Witwa-tersrandse Plaaslike Afdeling wesenlik op die grond dat die getuienis die appellant nie bevredigend en genoegsaam verbind met die pleeg van die moord op die oorledene Charlie Mkhize nie, dat die staat se saak afhang van die onbevredigende uitkenning van die appellant deur 'n enkele getuie en dat daar ten opsigte van sy uitkenning gevolglik 'n bona fide fout kon ingetree het.

Dit is gemene saak dat die oorledene op nuwe-jaarsdag 1 Januarie 1985 tussen 08h00 en 09h00 op die sypaadjie voor die deur van die Diplomat Hotel in Klein-straat in Johannesburg vermoor is deurdat hy met 'n vuur-wapen agter in die nek en onder in die rug geskiet is

terwyl /3

-3-terwyl hy van suid na noord op die sypaadjie beweeg het.

Die staat se saak steun in hoofsaak op die getuienis van ene Johan Powers wat al heelwat ondervinding gehad het van speurwerk, veiligheidsake en die uitkenning van persone (twaalf iaar in Engeland én drie jaar in die Republiek.) Hy het die betrokke oggend met sy motorfiets van oos na wes in Pleinstraat gery en by die verkeersligte by die kruisweg van Kleinstraat stilgehou. Terwyl hy daar gewag het vir die verkeersligte om te verander, het hy links, d w s suid in Kleinstraat ingekyk en gesien dat twee Swartes 'n derde Swarte probeer in die hande kry. Hulle was op die sypaadjie sowat 60 treë van Pleinstraat af aan die oostekant van Kleinstraat voor

die /4
-4-die Diplomat Hotel en het in 'n noordelike rigting beweeg, d w s na Powers se kant toe. Die voorste een (uiteindelik die oorledene in hierdie saak) het van die agterste twee probeer wegkom. Die langste van die twee het met sy linkerhand probeer om die oorledene om sy nek voor aan sy klere beet te kry. Hy het toe sy regterarm gelig tot die hoogte van sy oë en 'n skoot het afgegaan. Powers het die vonk van die skoot tussen sy hand en die oorledene gesien. Op daardie stadium het die ander Swarte nog nie aan die oorledene geraak nie. Powers het 'n verdere skoot gehoor en die oorledene het geval.
Powers is onder die indruk dat hy 'n derde skoot ook gehoor het. Hy het nie ander persone in die omgewing

van /5
-5-van die toneel van die moord gesien nie. Toe die ver-keersligte verander het hy suid in Kleinstraat ingedraai. In die tussentyd het die twee Swartes omgedraai en ook suid in die rigting van Breestraat geloop. Die voordeur van die Diplomat Hotel is ongeveer 35 treë van Breëstraat af en toe Powers by die kruising kom was hulle besig om oor Breëstraat te steek en in 'n oostelike rigting te beweeg na Delversstraat wat die eerste straat oos van Kleinstraat is en parallel met Kleinstraat loop. Hulle was besig om al vinniger te loop en toe hulle in Delvers-straat kom en verder suid beweeg,het hulle begin hardloop. Powers het hulle by hierdie tyd al ingehaal gehad en op-gemerk dat hulle aanhou omkyk na hom. Hy het al by die

toneel /6
-6-toneel van die moord opgelet dat die Swarte wat die vuur-wapen gehad het toe die skoot afgegaan het 'n bruin baadjie aangehad het. Toe die bruin baadjie in die helder son kom, kon hy sien dat daar fyn wit strepies op.die baadjie is. Die kortere een het 'n swart baadjie aan-gehad. Op een stadium gedurende die agtervolging van die twee Swartes het die een met die swart baadjie omgedraai en gehandel asof hy 'n vuurwapen by hom het. Powers het toe 'n bietjie eenkant toe getrek met sy motorfiets maar nogtans kort agter hulle gebly, ongeveer 15 tot 20 treë en soms miskien 'n bietjie verder. Die eerste kruisstraat na Breëstraat is Jeppestraat.

Die twee Swartes het bymekaar gebly tot by

hierdie /7
-7-hierdie kruising en toe het hulle van mekaar geskei. Die een met die swartbaadiie het skuins oor die kruising en in 'n oostelike rigting in Jeppestraat gehardloop. Die een met die bruinbaadjie het oor Jeppestraat gehardloop en met die trappe van die Sanlamsentrum aan die westekant van Delversstraat opgegaan na die voordeur toe. Omdat Powers gesien het dat hy die persoon is wat die vuurwapen afge-vuur het toe die oorledene geskiet is, het hy besluit om liewers vir hom te volg. Daar is struike en blomme langs en by die Sanlamsentrum en Powers het gevoel dat dit on-veilig sou wees om hom verder met die trappe op te volg. Terwyl hierdie Swarte met die trappe opgegaan het,het hy aanhoudend omgekyk en saam met die ander vele kere toe

hy /7

-8-
hy omgekyk het, het Powers 'n goeie geleentheid gehad om sy
gesig duidelik te sien. Powers het 'n bietjie daar in die

straat vertoef en toe besluit om na die volgende kruising
te gaan waar Pritchardstraat Delversstraat kruis ingeval
die Swarte miskien om Sanlamsentrum, wat 'n hele blok be-
slaan, hardloop. Op pad na die kruising het hy vir Jacob
Alberts, 'n sekuriteitsbeampte van die Sanlamsentrum, verby
gegaan. Hy het af van die sypaadjie tussen die struike
deur ook in die rigting van die kruising gegaan. Powers
het vir hom gewaarsku dat die Swarte 'n vuurwapen het.
By die kruising, aan die anderkant van Pritchardstraat,
het Powers sy motorfiets neergesit. Hy het vir die

Swarte met die bruin baadjie sien aangehardloop kom van

die /9

-9-

die anderkant van die Sanlamsentrum af gevolg deur Matthews Sikhakhana, 'n swart sekuriteitsbeampte van Sanlamsentrum. Hy moes dus met Von Wiellighstraat aan die westekant van die Sanlamsentrum omgekom het om daar uit te kom. Powers het hom dadelik herken en voor-gekeer en gevang. Hy is daarna aan die polisie oorhandig. Alberts en Sikhakhana was by toe Powers die appellant vang. Dit was gemene saak dat die appellant die bruin baadjie met die wit strepies die oggend aangehad het en dat hy dit aangehad het tot hy deur Powers gevang is.

Powers is seker dat die appellant die Swarte is wat die bruin baadjie by die toneel van die moord aan-gehad het. Hy het hom herken aan die baadjie, sy gesig

wat /10
-10-wat hy verskeie kere van naby gesien het terwyl hy hom agtervolg het en ook sy postuur. Hy het hom van naby gesien oor 'n betreklike lang afstand en nie uit die oog verloor nie totdat hy by die trappe van Sanlamsentrum opgekom het, kort daarna het hy hom weer in Pritchard-straat gesien waar hy hom voorgekeer en gevang het. Vandat hy uit Powers se gesig verdwyn het, was hy onder die oë van die swart sekuriteitsbeampte Sikhakhana tot-dat Powers hom weer gesien het.

Ria Swanepoel, die bestuurderes van die Diplomat Hotel, het by die ontvangstoonbank gestaan en het deur die voorruit en deur 'n beperkte uitsig na buite gehad. Sy het 'n slag gehoor en gedog dat dit 'n klapper was.

Sy /11

-11-

Sy het daarna weer 'n slag gehoor en kort daarna het sy 'n persoon voor die deur sien verby hardloop van suid na noord. Hy was gevolg deur 'n tweede persoon wat hom om die nek gegryp het. Laasgenoemde het 'n vuurwapen in sy regterhand gehad en dit naby of by die ander een se nek gehad. Sy het geskrik en agter die toonbank in-geduik. Daarna het sy weer 'n skoot gehoor. Toe sy agter die toonbank uitkom het die oorledene voor die deur gelê en sy aanvaller was weg. Sy het gesien dat die persoon wat die vuurwapen gehad het 'n bruinerige baadjie en 'n wit hemp aangehad het. Daarna het die polisie die appellant na die toneel van die moord gebring en sy het hom herken aan sy baadjie, hemp en bou as die

persoon /12
-12-persoon wat die oorledene beet gehad het.

Daar was kritiek teen haar getuienis omdat sy in die eerste instansie in haar verklaring aan die polisie beweer het dat sy nie die aanvaller se kleredrag opge-merk het nie. Sy het in die verhoorhof egter 'n verduide-liking daarvoorgegee wat aanvaar is. Die verhoorhof het haar 'n bevredigende getuie gevind en haar getuienis aanvaar. Haar getuienis, alhoewel skraal, bied stawing vir die getuienis van Powers oor die aard van die aanval op die oorledene en die feit dat die aanvaller 'n bruin baadjie aangehad het.

Die saak van die appellant daarenteen is dat hy die oggend vroeg klaar gewerk het en op pad na die

Johannesburgse..../13

-13-Johannesburgse stasie was om met die trein huis toe te ry. Hy het van suid na noord in Delversstraat gestap tot by die kruising van Breëstraat en toe in 'n westelike rigting op die noordelike sypaadjie van Breëstraat ge-stap in die rigting van die stasie. Toe hy by die hoek van Kleinstraat kom het hy 'n skoot gehoor. Hy het omstrent 4 mense omstrent 16 meter van die hoek af in Kleinstraat gesien. Een het 'n voorwerp wat soos 'n vuurwapen gelyk het, gehad. Hy kan nie sê hoeveel skote hy gehoor het nie. Toe hy die skoot hoor het hy teruggehardloop in Breëstraat en nog 'n skoot gehoor. Hy weet nie of iemand raakgeskiet is nie en het nie weer gesien wat van die mense geword het nie. Hy het wegge-

hardloop /14
-14-hardloop omdat hy bang was dat hy kon seerkry as mense daar weghardloop. Hy het oor Breëstraat gehardloop na Delversstraat en omgekyk en gesien dat iemand in sy rigting na Breëstraat hardloop. Hy het suid in Delvers-straat gehardloop en toe hy oor Jeppestraat is het hy omgekyk en niks agter hom opgemerk nie. Hy het met die trappe opgegaan by die Sanlamsentrum en weer omgekyk en weer niks agter hom gesien nie. 'n Sekuriteitsbeampte het by hom gekom en gevra hoekom hy daar staan. Appellant het weggestap en langs Delversstraat geloop tot by Pritchardstraat waar hy gevang is deur Powers. Volgens hom het Alberts en Sikhakhana kort daarna daar opgedaag.

Appellant betwis die getuienis van die sekuri-

teitsbeampte /15

-15-teitsbeampte Sikhakhana. Volgens laasgenoemde het hy
by die venster in die Sanlamsentrum gestaan en die appel-lant vanuit die rigting van Jeppestraat gesien met die trappe ophardloop. Hy het by 'n pilaar op die hoek van die gebou naby die hoek van Delvers- en Jeppestraat gaan staan. Dit was ongeveer 5 treë van Sikhakhana af. Sikhakhana het uitgegaan en hom gaan vra of hy hom met enigiets kan help. Hy het nie geantwoord nie en Sik-hakhana het die indruk gekry dat hy wegkruip. Hy het sy vraag herhaal en die appellant het begin agteruit loop en toe omgedraai en weggehardloop in die rigting van Jeppestraat. Sikhakhana het hom probeer pootjie en self geval. Hy het opgespring en hom weer agterna gesit.

Die /16

-16-
Die appellant het toe in die rigting van Von Wielligh-straat gehardloop. Sikhakhana het hom weer gepootjie en laat val en met sy voet probeer vastrap. Hy het opgespring en hom probeer steek met 'n voorwerp wat hy uit sy sak geneem het en wat later 'n sleutel blyk te gewees het. Sikhakhana het sy arm vasgegryp maar weer toegelaat dat hy loskom omdat hyself nie 'n wapen gehad het nie. Sikhakhana het 'n baksteen in die hande gekry en terselfdertyd gemerk dat die sekuriteitsbeamptes insluitende Alberts ook agterna kom. Hy het toe aan hulle beduie om anderkant die gebou om te gaan, d w s langs Delversstraat. Hy self het die appellant in Von Wielligh-straat gevolg tot waar hy oos in Pritchardstraat ingedraai

het /17
-17-het. Hulle is oor Pritchardstraat en op die hoek van Delvers- en Pritchardstraat het Powers vir die appellant gevang en vasgedruk.

Daar was teenstrydighede in sy getuienis en die getuienis van Alberts. Alberts was 'n swak getuie en het telkemale gesê dat hy nie meer kan onthou wat gebeur het nie. Die verhoorhof het Sikhakhana 'n beter getuie as Alberts bevind en sy getuienis as bevredigend aanvaar. Powers staaf hom dat die appellant langs Von Wiellighstraat om die Sanlamsentrum en met Pritchard-straat van wes na oos gehardloop het voordat hy gevang is.

Die verhoorhof het bevind dat Powers 'n eerlike en geloofwaardige getuie is. Mnr Strydom, wat namens

die /18

-18-

die appellant verskyn en in die verhoorhof ook namens hom verskyn het, gee toe dat Powers nie 'n ongeloofwaardige getuie was nie maar betoog nou hoofsaaklik dat Powers wel die moordenaar kon agtervolg het tot waar hy by die Sanlamsentrum se trappe op is en dat hy hom daar kon ver-loor het en nou as gevolg van 'n bona fide foút die appel-lant met die misdaad verbind omdat die appellant ook die oggend met sy wegvlug van die toneel waar hy die skoot gehoor het, die trappe van die Sanlamsentrum opgestap het.

Hierdie betoog moet in die lig van die volgende feite beoordeel word. Volgens appellant se relaas was hy op pad stasie toe. Net bloot die hoor van die skoot en die sien van 'n vuurwapen sit hom op die vlug

in /19

-19-

in 'n rigting weg van die stasie af. Ondanks die feit dat hy nie agtervolgword nie en ophou om te vlug hou hy aan om in 'n rigting te stap weg van die stasie af. By die Sanlamsentrum gebeur daar iets wat veroorsaak dat tenminste twee sekuriteitsbeamptes uit die gebou kom en om die gebou gaan om by te wees waar hy deur Powers gevang word. Indiengebeur het wat hy sê by die Sanlam-sentrum gebeur het sou daar geen rede gewees het vir die sekuriteits-beamptes om hulle verder aanhom te steur nie.

Dit was 'n stil nuwejaarsdagoggend en die strate was leeg. In Kleinstraat waar die oorledene

vermoor is, was daar behalwe die oorledene net die twee Swartes wat met die oorledene doenig was. Powers het

twee /20
-20-twee persone (wat dames kon gewees het) voor 'n rokwinkel opgelet omtrent 10 treë van die hoek van Pleinstraat af. Hulle was nie in die onmiddellike omgewing van die toneel van die moord nie. Hy het opgemerk dat die een Swarte met die vuurwapen 'n bruin baadjie aangehad het. Hy het hierdie twee Swartes agterna gesit en agtervolg en toe hulle in die sonlig kom in Breëstraat kon hy sien dat die bruin baadjie wit strepies op het soos die baadjie wat die appellant die oggend aangehad het toe hy gevang is. Hy het die man wat die bruin baadjie aangehad het se gesig van naby goed en duidelik gesien oor 'n taamlike lang afstand. Daar was geen sprake van enige ander persoon wat naby die twee Swartes was wat ook oor

Breë- /21
-21-Breë- en Jeppestraat of in Delversstraat in die rigting van die Sanlamsentrum gevlug het nie. Alberts en Sik-hakhana was in die Sanlamsentrum en het 'n uitsig oor die trappe en die voorste gedeelte gehad. Sikhak-hana het voor die venster gestaan en die appellant die trappe sien ophardloop. Hulle het niemand anders gesien nie. Dit is heeltemal onaanneemlik dat daar nog iemand anders as die twee Swartes was wat Powers agtervolg het wat oor Breë- en Jeppestraat en in Delversstraat gehardloop het. Trouens die appellant het volgens sy relaas ook nie ander persone gesien wat Powers en sy twee vlugtelinge kon gewees het nie. Sikhakhane het die appellant in Von Wiellighstraat en ook in Pritchardstraat van wes na

oos /22

-22-
oos agtervolg en dit strook glad nie met die appellant se relaas nie. Trouens sy optrede toe Sikhakhane hom bo die trappe by die Sanlamsentrum teëgekom het strook ook nie met die van 'n persoon wat geskrik het en nodig gehad het om veiligheid te soek nie. Hy het ook nie aan die polisie sy penarie waarin hy hom sou bevind het verduidelik nie indien dit sou gewees het dat hy bloot net geskrik het en weggehardloop het. Inderdaad is dit moeilik om te aanvaar dat 'n persoon sou opgetree het soos die appellant indien hy bloot net 'n skoot gehoor het en iets gesien het wat soos 'n vuurwapen lyk, as hy nie eers weet waarom die skoot afgegaan het nie en of iemand beseer is nie.

Die /23
-23-Die betoog van Mnr Strydom hou nie steek nie en die verhoorhof was heeltemal geregverdig om die getuienis van die appellant as vals te verwerp en hom aan die moord en die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen skuldig te bevind.

Die appèl kan dus nie slaag nie en word byge-volg van die hand gewys.

BOSHOFF, WN AR

JANSEN, AR )
stem saam JOUBERT, AR )