South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 1
| Noteup
| LawCite
Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd. (1/86) [1986] ZASCA 1 (25 February 1986)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPÊLAFDELING)
In die saak
tussen:
MARTHINUS JOHANNÉS LOURENS
NO Appellant
en
COLONIAL MUTUAL LIFE ASSURANCE Respondent
SOCIETY LTD
Coram: Jansen, Kotzé, Trengove, Hefer et Boshoff,
ARR
Verhoordatum: 10 September
1985
Leweringsdatum: 25 Februarie 1986
UITSPRAAK
BOSHOFF AR
Hierdie/
1.
Hierdie appèl gaan oor die vertolking en
toepassing
van 'n uitsonderingsvoorwaarde ten opsigte
van bykomende
ongevallevoordele in 'n lewensversekerings-f
polis.
Johannes J Vorster het op 1 Junie 1980 die
polis uitgeneem by
die respondentmaatskappy en is op
16 Junie 1981, terwyl die polis nog van krag was,
oorlede in
'n motorbotsing op die openbare pad tussen
Heidelberg en Nigel,
Transvaal. Nadat die respondent
aanspreeklikheid ingevolge die polis
gerepudieer het,
het die eksekuteur in Vorster se boedel, nou
die
appellant, 'n aksie in die Kaap die Goeie Hoop
Provin-
siale Afdeling ingestel vir die versekerde bedrag
van
R30 000. Die verhoorhof het die respondent se verweer
wat/
wat gebaseer was op die voornoemde uitsonderings-
voorwaarde gehandhaaf en die appellant se eis van
die hand gewys met koste.
Die soort ongeval waarby 'n ongevalle-
voordeel onder die
polis betaalbaar is, word as
volg omskryf:
"Liggaamlike besering van die versekerde lewe
veroorsaak alleenlik en regstreeks deur 'n ge-
weldadige, uitwendige en sigbare ongeluk wat
plaasvind na die aanvang van hierdie voordele
welke besering regstreeks en los van alle
ander oorsake binne neëntig dae na die datum
waarop die liggaamlike besering opgedoen is,
lei tot 1. dood of 2 of 7 " (die
gevolge genoem in 2 tot en met 7 verwys na
verskillende soorte ongeskiktheid wat nie nou
tersake is nie)
Dit is gemene saak tussen die partye dat
ons in hierdie saak te doen het met 'n ongeval wat
aan/
3.
aan hierdie omskrywing voldoen.
Die uitsonderingsvoorwaarde
wat ter sake is verskyn
as volg in die polis:
"Voorwaardes
1. Uitsonderings en beperking van risiko
(i)
Hierdie voordele omvat of dek nie be-
sering of dood nie wat
uitsluitlik of
gedeeltelik, regstreeks of
onregstreeks
veroorsaak is:
(d) têrwyl die versekerde lewe die straf-
reg oortree
behoudens en behalwe
enige optrede wat 'n oortreding is
slegs
omdat dit 'n skending uitmaak van die
reëls
met betrekking tot die diens-
voorwaardes van die versekerde
lewe.
"
Hierdie/
4.
Hierdie klousule l(i)(d) in die uitson-
deringsvoorwaarde is deur die verhoorhof toegepas
op die volgende stel feite.
Die voornoemde Vorster, die
versekerde lewe
onder die polis, het op die betrokke dag met
sy
Cortina-bakkie van oos na wes gery op die Nigel
na
Heidelberg-pad. Die pad gaan deur 'n duik en in
die
duik gaan dit onder 'n brug deur. In die duik is
die
totale breedte van die teeroppervlakte van die
pad ongeveer 8 meter.
Die pad dra verkeer in beide
rigtings en daar is 'n sperstreep wat
die twee rybane
in die middel verdeel. 'n Sekere Setshanga het
'n
meganiese perd en sleepwa bestuur vanaf Heidelberg
na
Nigel, dit wil sê in die rigting van wes na oos.
sy/
5.
Sy sleepwa was swaar gelaai met 'n vrag van 25
ton.
Hy het op sy korrekte kant van die pad gery en toe
hy die duikweg onderdeur die brug nader het 'n
Mercedes Benz meganiese perd en sleepwa van voor af
aangekom, dit wil sê vanaf Nigel in 'n rigting van
oos
na wes. Die Cortina-bakkie het ook van voor af
aangekom en langs die
Mercedes-voertuig gery. Die
Cortina-bakkie was op sy verkeerde kant
van die pad.
Setshanga het die remme van sy voertuig
aangeslaan
en effens links geswenk maar voordat hy kon
stilhou
het die Cortina-bakkie kop-aan-kop met sy
voertuig
gebots in die middel van Setshanga se korrekte
kant
van die pad. Hy kon nie met sy voertuig skerp
swaai
nie aangesien dit die gevolg kon hê dat die perd
en
die/
4.
die sleepwa opvou. Die bestuurder van die Mercedes-
voertuig het nie na die botsing stilgehou nie.
Vanaf die punt van
botsing strek die sperstreep vir
5 km oos en vir 1 km wes. Die
botsing het teen 'n
hoogte uit die duik uit plaasgevind waar Vorster
se
uitsig vir aankomende verkeer versper was.
Die verhoorhof het bevind en dit word nie
bestry nie dat
Vorster die strafreg oortree het in
die volgende opsigte. Hy het (a)
art 109(4) van
die Padverkeerordonnansie van Transvaal
(Ordonnansie
21 van 1966) oortree deur op 'n openbare pad die
Mer-
cedes-voertuig wat in dieselfde rigting gegaan
het
verby te steek toe hy die kruin van 'n bult
genader
het waar sy uitsig vir aankomende verkeer so beperk
was/
7.
was dat sy verbysteek 'n
gevaar vir sulke aankomende
verkeer was; (b) art 109 (6) oortree deur op 'n
openbare pad toe hy op die punt gestaan het om
f'
die naderende voertuig van Setshanga verby te steek
aan sy
verkeerde kant van die pad te ry en sodanige
aankomende voertuig in
gevaar te stel; (c) art 138(1)
oortree deur die Cortina-bakkie op 'n
openbare pad
roekeloos of nalatig te bestuur. (Die woord
roekeloos
sluit hier ook in opsetlike en moedswillige
verontag-
saming van die veiligheid van persone of eiendom;
kyk
art 138(2)); (d) art 139 oortree deur op 'n openbare
pad
'n voertuig te bestuur sonder redelike inagneming
van
ander padgebruikers. (e) regulasie 166 gelees
met
regulasie 182 van die Padverkeersregulasies oortree
deur aan die regterkant van die sperstreep te ry terwyl
dit/
8.
dit onveilig was om dit te doen.
Namens die
appellant is in die verhoorhof
betoog dat die polis beperkend
uitgelê moet word om nie oortredings van die Padverkeerordonnansie
of
kriminele oortredings wat spruit uit die bestuur
van
'n motorvoertuig in te sluit nie, en alternatiewe-
lik, om alleenlik
opsetlike oortredings onder die
begrip "strafreg" in te
sluit.
Die verhoorhof het hierdie betoog verwerp
en
beslis dat die woorde "strafreg oortree" hulle
gewone
alledaagse betekenis gegee moet word en dat daar
on-
voldoende rede bestaan om die woorde te beperk tot
sekere kriminele oortredings soos byvoorbeeld opsetlike
oortredings.
Die verhoorhof het gevolglik tot die
slotsom/
9.
slotsom gekom dat Vorster se optrede neergekom
het
op oortreding van die strafreg in die sin waarin
die woorde in klousule 1 (i)(d) gebruik word en
dat die appellant nie 'n verhaal onder die polis het
nie.
Die appellant kom nou in hoër beroep teen
hierdie vertolking van klousule l(i)(d) en die toe-
passing
daarvan op die feite van hierdie geval.
Mnr Doctor, namens die appellant, betoog in hoof-
saak dat die woorde "strafreg oortree" in die verband
waarin
hulle gebruik word, nie hulle gewone en alle-
daagse betekenis kan
hê nie want dit gee aan klousule
l(i)(d) 'n gevolg wat so
absurd en onbestaanbaar is dat dit
die hele doel van die versekering
onder die polis verydel.
Volgens/
10.
Volgens hom bring so 'n betekenis van die woorde
mee dat waar 'n versekerde in 'n ongeluk omkom of ongeskik
raak terwyl hy die strafreg oortree hy sy dekking onder
die polis verbeur ongeag die tersaaklikheid, aard of
omvang van die oortreding. Hy lig sy betoog toe met
die volgende voorbeelde: waar 'n versekerde sterf of
ongeskiktheid opdoen as gevolg van beserings veroor-
saak in 'n ongeluk wat gebeur het terwyl die versekerde
in stryd met die strafreg in gebreke gebly het om
sy
televisielisensie te betaal of verkeerd geparkeer
het
of deelgeneem het aan 'n onwettige staking verloor hy
sy voordele onder sy polis; waar 'n versekerde in stryd
met
die strafreg 'n ongeoorloofde aantal krewe agter in
sy motorkar se
bak vervoer of vleis vanuit een beheerde
gebied/
11.
gebied na 'n ander beheerde gebied in sy motorkar
vervoer en hy raak betrokke in 'n botsing met 'n
dronk bestuurder word hy nie gedek onder sy polis
nie.
Volgens mnr Doctor moet hierdie
absurde
gevolg vermy word deur 'n beperkende vertolking
op
die woorde "strafreg oortree" te plaas. Wat die
ver-
tolking moet wees, kan volgens hom vasgestel
word
deur na die rede waarom so 'n polis uitgeneem
word,te
kyk. Hy gee in oorweging dat hierdie soort polis
by
die gewone man wat dit uitneem die indruk skep
dat hy
gedek sal wees, afgesien van enige ander soort
dekking wat deur die
polis verskaf word,indien hy in 'n
motorbotsing betrokke sou raak.
Om hierdie oogmerk
nie/
12.
nie deur onsinnighede te laat verydel nie moet
die
woorde "strafreg oortree" dus vertolk word dat die
woord "strafreg" nie verkeersoortredings en die
woord "oortree" nie
nalatige oortredings insluit
nie. Dit word ook aan die hand gedoen
dat die
woorde beperk moet word om slegs na
gemeenregtelike
misdade te verwys.
Inderdaad steun hierdie betoog geheel en
al op die
teenwoordigheid en die gebruik van die voeg-
woord "terwyl" in
klousule l(i)(d). Volgens mnr Doctor
dui dit op 'n tydsduur. Hy
verwys na klousule l(i)(g)
waar die woord "terwyl" ook gebruik word
en onteenseg-
lik dui op 'n tydsduur. Die uitsonderingsvoorwaarde geld
daar
"terwyl die versekerde lewe buite die grens is van
die/
13.
die Republiek van Suid-Afrika." Hy
verwys ook
na die ander klousules naamlik
l(i)(a),(b),(c),
(e) en (f) waar die uitsonderingsvoorwaarde geld
wanneer die dood of ongeskiktheid "deur" die om-
standighede daarin
genoem veroorsaak word. Die
woord "deur" word daar gebruik om 'n
oorsaaklike
verband tussen die beserings en die
omstandighede
wat in die klousules genoem word aan te toon.
Mnr
Griessel, namens die respondent, daarenteen
argu-
menteer dat die woorde "terwyl die versekerde
lewe
die strafreg oortree" duidelik en ondubbelsinnig
is
en dat aan hulle hulle gewone, alledaagse en
letterlike
betekenis gegee moet word. Hy gee toe dat die
woord
"terwyl" 'n tyd en nie 'n oorsaaklike betekenisinhoud
het/
14.
het nie maar volgens hom maak dit nie saak dat
so
'n uitleg in sekere omstandighede tot 'n absurditeit
mag lei
nie want gevolg moet gegee word aan die
duidelike en ondubbelsinnige bepalings van die kon-
trak wat
deur die partye aangegaan is. Dit is nie
die funksie van die hof om
met die uitleg van 'n kon-
trak, die kontrak te herskrywe of te
verander slegs
omdat dit billik sou wees om dit te doen nie.
Die
ongevallevoordele is ten opsigte van ongevalle
wat
nie tot motorongelukke beperk is nie en volgens
mnr
Griessel kan dit dus nie betoog word nie dat die
ver-
tolking van die betrokke woorde volgens hulle
gewone
en alledaagse betekenis sal lei tot 'n gevolg wat so
sinneloos is dat dit die hele doel van die versekering
onder/....
15.
onder die polis sal verydel nie.
Aangesien ons nou hier te doen het
met die vertolking van 'n
polis is dit nie onvan-
pas nie om as vertrekpunt kortliks te let op
die
beginsels wat hier van toepassing is. Omdat ons
te
doen het met 'n kontrak geld die gewone reëls
van uitleg wat by
kontrakte geld. In die saak
Scottish Union & National
Insurance Co Ltd
v Native Recruiting Corporation
Ltd 1934 AD 458
op bladsye 465 tot 466 wys Hoofregter
Wessels
daarop dat die hof, met die uitleg van
'n
kontrak, moet vasstel wat die partye tot die
kontrak
beoog het en daarteen moet waak om in die
proses/
16.
proses van uitleg nie self 'n
kontrak vir die partye
te maak nie. Die Hoofregter verklaar voorts as volg:
"We must gather the intention of the parties
from the language of the contract itself, and
if that language is clear, we must give effect
to what the parties themselves have said;
and we must presume that they knew the meaning
of the words they used. It has been repeated-
ly decided in our Courts that in construing
every kind of written contract the Court must
give effect to the grammatical and ordinary
meaning of the words used therein. In ascer-
taining this meaning, we must give to the
words used by the parties their plain, ordinary
and popular meaning, unless it appears clearly
from the context that both the parties inten-
ded them to bear a different meaning. If,
therefore, there is no ambiguity in the words
of the contract, there is no room for a more
reasonable interpretation than the words them-
selves convey. If, however, the ordinary sense
of the words necessarily leads to some absurdity
or to some repugnance or inconsistency with the
rest of the contract, then a Court may modify
the words just so much as to avoid that absurdity
or/
17.
or inconsistency but no more."
In die saak van Gravenor v Dunswart Iron
Works 1929 AD 299 op bladsy 303 stel Stratford AR
die beginsel as volg:
"A primary rule of construction is that
words are to be given their ordinary and natural
meaning. But the qualification to that rule is
equally well established, namely, that if to
give words their ordinary meaning would lead
to an absurdity or to something which, from
the instrument as a whole it can clearly be
gathered the parties could not have intended,
then a Court of Law is justified in departing
from the literal meaning of words so as to
give effect to the trueintention of the parties."
Die polis wat vertolk moet word is 'n
lewens-
polis met ongevallevoordele. Die risiko waarteen
in
die ongevallevoordele-gedeelte daarvan verseker
word
is die moontlikheid van dood of ongeskiktheid weens
18/
18.
beserings veroorsaak deur 'n ongeval. Omdat dit
nodig
is om uit die betekenis van die woorde in die konteks
waarin hulle gebruik is die bedoeling van die partye
vas te stel, moet daar eers gekyk word waaroor dit
alles gaan wanneer 'n polis uitgeneem word.
In die Versekeringsreg is die woord "ongeval"
moeilik om te definieer en word dit in sy gewone en
alledaagse betekenis gebruik om 'n toevallige ongesogte
.
ongeluk of 'n teenspoedige gebeurtenis wat nie verwag
of beoog word nie,aan te dui: Gordon and Getz, The
South African Law of Insurance, 3de uitgawe bladsye
450, 478 -479; Mac Gillivray & Parkington, On Insurance
Law, 7de uitgawe bladsy 735 par 1761 en 1762;
Colinvaux, The Law of Insurance 5de uitgawe bladsy 3
par/
19.
par 1 - 01; Ivamy, Personal Accident, Life and
other
Insurances, 2de uitgawe bladsy 14. 'n Ongeval in
hierdie sin is die gevaar (peril) wat prognosties
gesien die moontlikheid van nadeel wat algemeen be-
kend
staan as risiko inhou. Spesifieke versekerings-
kontrakte berus
normaalweg op 'n behoorlike deurdagte
prognose. Die grootte van die
premie neem toe met
die omvang van die risikodekking. 'n Spesifieke
risiko
kan alleen bevredigend beraam word as die gevaar
wat
daarmee saamhang in ag geneem word. Vir die
intrede
al dan nie van 'n gevaar is op hulle beurt
verskillende
omstandighede relevant en hulle kan van
uiteenlopende
aard wees. Identifisering van hierdie
omstandighede
dien om die kontraktante in staat te stel om
die
presiese/
20.
presiese omvang van die gewenste risikodekking
te beraam. Die beraming kan afgerond word met
behulp van kwalifikasies oor tyd en plek asook
deur beperking van die omvang van die versekeraar
se prestasie. Die inperking en kwalifisering van
'n besondere
risiko kom gewoonlik tot uitdrukking
in die risiko-omskrywende en uitsluitende bedinge
in die betrokke versekeringskontrak: kyk
Die
Juridiese Versekeringsbegrip met besondere
verwysing
na die risiko, van S W J van der
Merwe, bladsye
283 tot 285.
Omdat ongevalle wat moontlike nadeel kan
inhou in soveel
vorms kan voorkom,het die partye in
die onderhawige polis die soort
ongeval ten opsigte
waarvan/
21.
waarvan die versekeraar die risiko van die
versekerde oorneem spesifiek omskryf. Die ge-
deelte wat op die oomblik ter sake is, is liggaam-
like besering veroorsaak alleenlik en regstreeks
deur 'n geweldadige, uitwendige en sigbare ongeluk
welke
besering regstreeks en los van alle ander
oorsake binne neëntig
dae na die datum waarop die
liggaamlike besering opgedoen is, lei tot dood
of die een of
ander vorm van ongeskiktheid wat in
paragrawe 2 tot 7 genoem word.
Nadat die partye al-
dus die gebeure of ongeval ten opsigte waarvan
die
versekeraar dekking bied en dus die risiko
oorneem
omskryf het, het die partye ooreengekom op
voorwaardes.
In klousule 1 word daar verwys na uitson-
derings/
22.
en beperking op risiko. Dit kan alleen
betrekking
hê op die omskrewe ongeval en die beserings
wat
daardeur veroorsaak word want anders sou die
uit-
sonderings en beperking nie nodig wees nie.
Die
klousule lui as volg:
"Hierdie voordele omvat of dek nie besering
of dood nie wat uitsluitlik of gedeeltelik,
regstreeks of onregstreeks veroorsaak is",
en dan volg paragrawe (a) (b) (c) (d) (e)
(f) en (g). Paragrawe (d) en (g) lui as volg:
"(d) terwyl die versekerde lewe die strafreg
oortree behoudens en behalwe enige opr
trede wat 'n oortreding is slegs omdat
dit 'n skending uitmaak van die reëls met
betrekking tot die diensvoorwaardes van
die versekerde lewe;
(g) terwyl die versekerde lewe buite die grens
is van die Republiek van Suid-Afrika (inslui-
tend enige Staat wat onafhanklik is van
sodanige Republiek waar sodanige Staat
onmiddellik voor onafhanklikheid 'n deel
van/.....
23.
van díe Republiek vorm of gevorm het),
Suidwes-Afrika, Rhodesië, Zambië, Malawi,
Lesotho, Botswana, Swaziland, Australië,
Nieu-Zeeland, Fiji en Europa behalwe terwyl
die versekerde lewe langs direkte roete,
behalwe te pad, reis tussen enige twee
van die voornoemde lande."
Die hoofgedeelte van die klousule verwys nie
direk na die omskrewe ongeval of enige
ander gebeurtenis
wat die beserings of dood veroorsaak nie. In
paragraaf
(g) is daar ook nie enige verwysing na so iets nie.
In
paragraaf (d) is die posisie dieselfde as die woorde
"terwyl die versekerde lewe die strafreg oortree"vertolk
word
as 'n gebeurtenis wat slegs deur tyd verbind word
en nie betrekking
het op die veroorsaking van die besering
of dood nie.
Die/
24.
Die voegwoord "terwyl" beteken "gedurende
die tyd dat,
solank, onverwyl": Kernwoordeboek
van
Afrikaans, van de Villiers, Smuts en
Eksteen, sv
"terwyl" en H A T van Odendal, Schoonees,
Swanepoel,
du Toit en Booysen, sv "terwyl". Die woord het 'n
tyds-
betekenisinhoud en die gebruik daarvan in paragrawe
(d)
en (g) dui op 'n tydsbestek of tydsduur. Soos reeds
hier-
bo gemeld kan risikodekking met kwalifikasies oor tyd
en
plek/
25.
plek afgerond word en dit is wat die partye
klaar-
blyklik in paragraaf (g) gedoen het.
In paragraaf (d) is die tydsbestek of tyds-
duur terwyl die versekerde lewe die strafreg oortree.
Dit is nie duidelik wat die doel van die uitsluiting
in die laaste gedeelte van paragraaf (d) is nie.
Volgens die
dekbrief tot die polis is die voorstel en
verklaring, persoonlike
verklaring en bykomende ver-
klarings, indien enige, wat deur die
versekerde ten
opsigte van die polis ingedien is, tesame met die
polis
die algehele poliskontrak. In die voorstel en
per-
soonlike verklaring van die versekerde antwoord hy
vrae
wat die versekeraar beantwoord wil hê en wat
belangrike
inligting behels in verband met
gevaarsomstandighede
en/
26.
en risiko-omstandighede wat die versekeraar moet
weet om hom
in staat te stel om die nodige dekking
onder die polis en die premie
te bepaal. Hierdie stukke is nie voor die hof geplaas nie en mag
miskien
betrekking hê of lig werp op die uitsluitsel en
die
rede waarom dit in die polis verskyn. In die
saak
van Nathan N 0 v Ocean Accident & Guarantee
Corporation
Ltd 1959(1) SA 65 (N) op bladsye 72 - 73 was
inligting
wat so in die voorstel en persoonlike verklaring aan
die
versekeraar verstrek was deurslaggewend vir die
be-
slissing van die hof ten aansien van 'n besondere
gedeelte
van die saak. Die hof het bevind dat die inligting
wat
so verskaf was die versekeraar in staat gestel het
om
die risiko te beraam en om ook van die ander bepalings
van die/
27.
van die polis vas te stel. Hoe dit ook al mag
wees,
soos die uitsluitsel in die paragraaf voorkom is
dit
moeilik met die inligting tot ons beskikking om dit
te begryp of om enige iets daarvan te maak. Indien
dit
enige iets mag aandui, mag dit 'n geringe aandui-
ding wees van die
draagwydte van die woord "strafreg
oortree".
Strafreg
is "die gedeelte van die publieke reg wat aangee watter feite strafbaar is en
watter
strawwe daarop toegepas moet word": HAT sv
strafreg.
Volgens die Kernwoordeboek van Afrikaans, sv
strafreg,
is dit "wetsbepalings wat strawwe vir oortredings
voor-
skryf, kriminele reg."
Die/
28.
Dle gebruik van die woord "terwyl" in uit-
sonderingsvoorwaardes in polisse is nog nie in ons
howe oorweeg nie. In Engeland in die saak van Louden
v British Merchants Insurance Co Ltd 1961(1) All E
R
705 (QB) het die hof die geleentheid gehad om 'n uit-
sonderingsvoorwaarde wat in 'n private motorvoertuig-
polis
voorgekom het, te vertolk. Die voorwaarde het
die versekeraar se
aanspreeklikheid uitgesluit ten
opsigte van liggaamlike besering
"sustained whilst under
the influence of intoxicating liquor." Al
wat die hof
in verband met "whilst" gesê het was die
volgende:
"There remains the question of the construction
in its
context of the word "whilst". In my
judgment, it has a temporal
meaning, and I am
unable to read into the exemption clause
any
requirement of a causal connection between the
bodily/
\
29.
bodily injury sustained and the state of
being under the
influence of intoxicating
liquor."
In Australië in die saak van Absalom v United ,
Insurance Co Ltd 1932 V L R 494 was aanspreeklikheid
uitgesluit ten opsigte van:
"injuries sustained while the insured is
by intoxicating
liquors, narcotic drugs,
etc rendered less capable of taking
care
of himself or by or while performing any
unlawful
act."
Die hof het beslis dat die woord "while" hier
"a temporal and
not a causal connotation" het.
In Kanada in die saak van Givens v Baloise
Marine
Insurance Co Ltd (1959) 17 D L R (2d) 7 moes
die
appèlhof die woorde "from the insured's use of
intoxicating
liquor or narcotics or while the insured
is/
30.
is under the influence thereof or affected
thereby"
in 'n uitsonderingsvoorwaarde vertolk. Die meerder-
heid van die hof het beslis dat die woord "or" hier
disjunktief gebruik word en dat die laaste gedeelte
as losstaande vertolk moet word; dat "while""during
the period of time" beteken en dat dit 'n algemene
praktyk is
om die werking van 'n polis op te skort ter-
wyl die versekerde 'n
sekere gedragslyn volg of gedurende
'n bepaalde tyd soos byvoorbeeld
terwyl die versekerde
onder die invloed van sterk drank of 'n
verdowingsmiddel
is. In sulke gevalle waar die taal wat in die
polis
gebruik word duidelik is, is dit nie nodig om 'n oor-
saaklike verband tussen die bedwelming en die
ongeval,
besering of dood te bewys nie.
In 'n/
31.
In 'n latere saak in die appèlhof van Kanada,
naamlik, Astro Tire & Rubber Co of Canada Ltd v Western
Assurance Co (1979) 97 D L R (3d) 515 het die hof te
doen gehad met 'n uitsonderingsvoorwaarde wat gelui
het: "While the person insured is under the influence
of
intoxicants, narcotics or anaesthetics."
Net soos in die onderhawige geval met klousule
1(i)(d) is dit voorafgegaan met
die woorde "caused direct-
ly or indirectly, wholly or in part." Die
meerderheid van
die hof het beslis dat die woord "cause" volgens sy
primêre
betekenis oorganklik is en inhou dat iemand of iets 'n
ge-
volg meebring of bewerkstellig. In die konteks dui dit
op 'n noodsaaklike verband tussen die toestand van onder
die invloed van drank
wees/
32.
wees en die ongeval. Die hof het te kenne gegee
dat
die bewoording en samestelling van die gehele uit-
sonderingsvoorwaarde in die laasgenoemde saak anders , .
was
en daardie saak dus onderskeibaar is.
In al hierdie sake waarna
verwys is,het die
howe in wese hulle grootliks bepaal tot 'n
letterkneg-
telike vertolking van die betrokke
uitsonderingsvoor-
waardes.
Hoe dit ook al sy, die feit
bly staan dat
indien die woorde in klousule l(i)(d) hulle gewone
en
alledaagse betekenis gegee word, "terwyl" 'n
tydbetekenis-
inhoud het en dui op 'n tydsduur. Soos reeds
aangetoon
deur mnr Doctor gee dit aan klousule l(i)(d) 'n
betekenis
wat lei tot 'n gevolg wat absurd, onbestaanbaar en
teen-
strydig/
33.
strydig is. Soos ons reeds gesien het is die
hof
in so 'n geval geregverdig om die letterlike betekenis
van die woorde wat gebruik word te wysig om gevolg
te gee aan die bedoeling van die partye. Nnr Doctor
het in oorweging gegee dat 'n beperkende vertolking
aan die woorde "strafreg oortree" gegee 'word. Indien
dit
aanvaar word, soos mnr Doctor betoog het, en myns
insiens moet dit as juis aanvaar word, dat volgens die
gewone
en alledaagse betekenis van die woorde die uit-
sonderingsvoorwaarde geld wanneer die strafreg oortree
word
ongeag die tersaaklikheid, aard en omvang van die
oortreding, dan
gaan dit nie veel verskil maak om ver-
keersoortredings of nalatige
oortredings uit te sluit
nie of om die woorde "strafreg oortree" tot
gemeenregte-
like/
34.
like misdade te beperk nie. Bowendien is daar niks
in die polis wat enige aanduiding gee dat die partye
so iets kon bedoel het nie.
Die wesenlike probleem waarmee ons dus te
kampe het is om 'n vertolking van die klousule te vind
, wat
die gewraakte gevolge uitskakel en tog die be-
doeling van die partye weergee. Dit kan gedoen word
deur vas te stel wat die partye in gedagte gehad het
toe hulle op die betrokke uitsonderingsvoorwaarde be-
sluit het. Soos hierbo aangetoon,het hulle met die
aangaan van die polisooreenkoms gekontrakteer ten op-
sigte van die gevaar en die risikoverskuiwing. In
klousule 1 van die uitsonderingsvoorwaarde het hulle
gehandel met gevaarsomstandighede of risiko-omstandig-
hede, aangeleenthede wat die risiko kan affektêer. Dit
is/
35.
is dus redelik om aan te neem dat dit hulle
bedoeling
was dat oortreding van die strafreg van so 'n aard en
omvang moet wees dat dit die risiko kan affekteer. Om
die risiko te kan affekteer moet daar gevolglik 'n
verband tussen die oortreding van die strafreg en die
dood of ongeskiktheid wees. In welke mate die verband 'n
besondere graad van oorsaaklikheid moet toon hoef nie in hierdie
saak
beslis te word nie want dit is heel duidelik op die
feite van hierdie saak dat daar nie alleen 'n
oorsaaklike
verband tussen die oortreding van die strafreg deur
die
versekerde en die ongeval was nie maar dat die
genoemde
oortreding ook die onmiddellike oorsaak van die
ongeval
was wat gelei het tot die versekerde se dood.
Die posisie in die Verenigde State van Amerika
blyk/
36.
blyk uit die saak van Travelers Protective
Association
of America v Prinsen (1933) vol 219 U S 576 op bladsye
582 en 583, 'n saak waar die uitsonderingsvoorwaarde
die versekeraar se aanspreeklikheid uitgesluit het
"when a member is participating in the moving
or transportation of gunpowder, dynamite or other
explosive
substance or substances." Volgens regter
Cardozo is daar beslissings
in howe van hoe gesag
dat waar uitsonderings in polisse op 'n
tydsduur berus
'n oorsaaklike verband tussen die verbode vorme
van
gedrag en die besering of dood nie nodig is nie.
Ter-
wyl die verbode gedrag voortduur is die polis
opgeskort
asof dit nooit van krag was nie. Ander howe gee
weer
voorkeur aan die opvatting dat, om 'n opskorting van
die
polis/......
37.
polis te veroorsaak, daar 'n verergering van die
gevaar
waaraan die besering of dood toegeskryf word moet wees.
Die geleerde Regter verklaar dan voorts op bladsy 583,: ,
"In that aspect the insurer might be liable if the
insured had fallen from the box while asleep or
in-
attentive, the dynamite caps remaining unexploded
in the truck. So, policies excluding liability while
the
assured is doing an act in violation of the law
have been read as
directed to acts that aggravate
the danger, with the result that
liability is un-
affected by violation of the Sunday laws or of
laws
against profanity."
Die hof het uiteindelik tot die gevolg-
trekking gekom dat die polis opgeskort was deur die
verergering/
38.
v erergering van die gevaar
toe die ongeval plaas-
gevind het.
Die posisie in die Amerikaanse reg word
die beste opgesom in American Jurisprudence tweede uitgawe
vol 44 bladsy 87 paragraaf 1241, waar daar verwys
word na beslissings in verskillende State wat be-
trekking het op die uitsonderingsvoorwaarde "While
he was violating the law" of "While he was engaged in
any violation of law." In 'n aantal sake was die stand-
punt ingeneem dat die besering of dood die gevolg van
die regsoortreding moes gewees het om die versekeraar
van aanspreeklikheid te onthef. In ander weer was die
standpunt op verskillende maniere gestel, naamlik dat
die vereiste van 'n oorsaaklike verband nagekom is as
die/
39.
die regsoortreding die onmiddellike oorsaak, of
die
oorsaak, of 'n spesifieke oorsaak van die
versekerde
se besering of dood was, of die gevolg of die
direkte
of natuurlike gevolg van die regsoortreding deur
die
versekerde was. In American Law Reports,
Annotated,
vol 166 bladsye 1137 - 1139 word daar ook verwys
na
die houding van die howe in die verskillende
State.
Dit blyk daaruit dat hulle almal 'n oorsaaklike
verband
vereis by hierdie betrokke soort
uitsonderingsvoorwaarde
om aanspreeklikheid uit te sluit maar dat
daar nie een-
stemmigheid is oor welke mate 'n oorsaaklike
verband
nodig is nie. Op bladsye 1137 - 1138, word daar
verwys
na 'n gewysde waarin die motivering vir die vereiste
van
'n oorsaaklike verband voorkom. Die standpunt van die
hof/
40.
hof is as volg:
" it could not be supposed that the
insured in accepting an accident policy
exempting the insurer from liability for
injuries or death while being engaged in
any unlawful or vicious act contemplated f
as embraced therein injury or death while
he should be engaged in an act which would
not increase the risk, and between which
and the injury or death there would be no
causative connection; but that it must be
presumed that he contemplated only acts
by which the risk would be increased, and
to the doing of which the injury or death
could be attributed as a reasonable conse-
quence".
Die hof gaan dan voort om hierdie standpunt
met 'n voorbeeld toe te lig.
"Many deaths from accidental causes of insured
persons while engaged in unlawful acts may be
supposed where there would be no reasonable
ground for concluding that the insured, in
accepting a policy containing such an excep-
tion, contemplated the loss of the indemnity
contracted for if his death should be so caused.
If/
41.
If such an insured person should be killed
by a tile blown from a house top while he
was unlawfully traveling on Sunday, or if
he should be accidentally shot while vio-
lating a law against profanity, or while
unlawfully engaged in seining, it could not
be claimed reasonably that such a death
was within the exception But the
parties make their contract, and such an
exception should not be refined away by
the Court to the extent of making a
different contract for
the parties. A
reasonable conclusion as to the
intention
of the parties should be sought
While the
unlawful act of the insured
must tend, in the natural line of
causation,
to his death, in order to work a
forfeiture,
it is not necessary that the act should
be
the direct cause, nor that the precise
consequences
which actually followed should
have been foreseen. It is enough if
the
act is unlawful in itself, and the conse-
quences
flowing from it are such as might
have been reasonably expected to
happen,
for in such a case the ultimate result is
traced
back to the original, proximate cause."
Hierdie/
42.
Hierdie verwysings toon dat van
die
Amerikaanse howe ook 'n beperkende vertolking
ge-
bruik om die gewraakte gevolge wat moontlik is in
'n
uitsonderingsvoorwaarde soos die vervat in
klousule l(i)(d), uit te
skakel.
Dit dien miskien hier gemeld te word dat
ons in
die onderhawige saak te doen het met die uitlê
van 'n kontrak
in die lig van die reëls van ons eie reg en nie
geskonde is
deur die beskouings van die Engelse of Amerikaanse reg nie.
Met die
vereiste dat die oortreding van die
strafreg van so 'n aard en
omvang moet wees dat dit die
risiko kan affekteer, word daar gevolg
gegee aan die
bedoeling van die partye en die gewone en
alledaagse
betekenis van die woorde "strafreg oortree" word
slegs
so/
43.
so beperk dat dit die moontlikheid van die
gewraakte
gevolg uitskakel.
Mnr Doctor het sy voorbeeld van wat in
die gedagtes van 'n persoon wat die polis uitneem
omgaan gebruik om so 'n beperkende betekenis aan die
woorde "strafreg oortree" te gee dat nalatigheid aan
die kant
van die versekerde nie daaronder val nie.
Indien daar bloot na die omskrywing van ongeval
in die polis
gekyk word dan is die versekerde ge-
regtig bm te dink dat hy gedek
word ten opsigte van
so 'n ongeval. Vanweë die betekenis en
aard van 'n
ongeval in die versekeringsreg het nalatigheid
aan
die kant van die versekerde nie die gevolg dat
die
betrokke voorval wat besering of dood veroorsaak
nie/
44.
nie meer 'n ongeval is nie: kyk Griessel N 0
v
S A Myn en Algemene Assuransie (Edms) Bpk 1952
(4)
S A 473 (T) op bladsy 477; Gordon and Getz
(op.cit)
bladsy 452; Marcel Beller Ltd v Hayden
1978(3)
All ER 111 (QB) op bladsy 116. Dit is dus
slegs
die betekenis en aard van die voorval ten
opsigte
waarvan die polis uitgeneem word wat so 'n
indruk
kan skep. Die versekerde het egter ook in die
polis-
ooreenkoms uitdruklik ooreengekom ten opsigte
ván
die ui'tsonderingsvoorwaardes wat die
aanspreeklik-
heid van die versekeraar uitsluit waar die
besering
of dood veroorsaak is terwyl die versekerde die
strafreg
oortree. As daar dus 'n oorsaaklike verband tussen
die
oortreding en die besering of dood is dan het die
versekerde/
45.
versekerde geen verhaal onder die polis nie.
Die
gewone en alledaagse betekenis van strafreg oortree
lewer geen probleme op nie. Indien die versekerde
se nalatige handeling dus sou neerkom op 'n oortreding
van die strafreg en dit 'n verband met die besering of
dood
het dan het die versekerde geen verhaal nie. In-
dien sy nalatige handeling nie hieronder val nie dan
het hy nog sy dekking onder die polis ondanks sy nala-
tigheid. Daar is niks in die polis self wat dit nodig
maak om yan die gewone en alledaagse betekenis van die
woorde "strafreg oortree" af te wyk nie. Dit kan ook
nie met enige regverdiging betoog word dat versekering
onder die polis verydel word indien daar nie afgewyk
word van die gewone en alledaagse betekenis van die
betrokke/
46.
betrokke woorde nie. In hierdie verband moet
dit
beklemtoon word dat ons nie hier te doen het met
' 'n
motorversekeringspolis waarin aanspreeklikheid
van die versekerde verseker word nie. In sulke
gevalle is die groot oorweging van die versekerde
by die uitneem van die polis die gevaar van aanspreek-
likheid as gevolg van die versekerde se nalatigheid.
In ons howe was daar nog net een saak naam-
lik Niemand v African Life Assurance Society Ltd 1969 (3)
SA 259 (C) waarin ondersoek ingestel is na die beteke-
nis van die woorde " in violation of any law" in 'n
uitsonderingsvoorwaarde. Die hof het beslis dat vol-
gens hulle gewone en alledaagse betekenis hulle oor-
treding van 'n padverkeerordonnansie wat as volg lui
insluit/
47.
insluit:
"any person who drives a vehicle on a public road -
(a) recklessly or negligently (or)
(c) at a speed or in a manner which is
dangerous to the public shall
be guilty of an offence."
Dit was nie in daardie hof betoog dat so 'n ver-
tolking
die versekering onder die polis sal verydel
nie.
Die hof is verwys na sake soos Tinline v
White
Cross Insurance 1921 (3) K B 327 en James
v
British General Insurance Company Ltd 1927 (2)
K B
311 wat beide gehandel het met polisse waar
spesifiek
versekering verkry is teen aanspreeklikheid vir
besering/
48.
besering of skade as gevolg van 'n ongeluk wat ge-
beur
terwyl die versekerde sy motorkar bestuur.
Daar was geen
uitsonderingsvoorwaardes in die
polisse nie en aangesien die
versekerde se han-
deling wat die ongeval veroorsaak het,
neergekom
het op 'n misdaad omdat hy 'n statutêre
oortreding
gepleeg het, het die versekeraar die
standpunt
ingeneem dat dit teen die openbare belang
sou
wees om hom toe te laat om onder die polis
te
verhaal en dus voordeel te trek uit sy
misdaad.
Hierdie sake en die ander waarna mnr Doctor
ver-
wys het, het hulle eie probleme gehad wat
nie
enigsins help om sy betoog te steun nie.
Die/
49.
Die appellant het die onderhawige
polis
aangegaan en toegestem tot al die bepalings en
tensy
uit die bepalings van die polis aangetoon kan
word
dat die partye nie die bedoeling gehad het om
alle
oortredings van die strafreg soos dit algemeen
verstaan
word in die uitsonderingsvoorwaarde in te
sluit
nie, moet gevolg gegee word aan die voorwaarde.
Onder al die omstandighede kan dit nie gesê
word dat
die verhoorhof se beslissing verkeerd was nie.
Die appèl word gevolglik van die hand gewys
met koste
wat die koste van twee advokate insluit.
APPÉLREGTER
Trengove AR)
stem saam
Hefer
AR)
MARTHINUS JOHANNES LOURENS N
0 Appellant
en
COLONIAL MUTUAL LIFE
ASSURANCE Respondent
SOCIETY LIMITED
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPÉLAPDELING)
In die saak
tussen:
MARTHINUS JOHANNES LOURENS N
O Appellant
en
COLONIAL MUTUAL LIFE ASSURANCE Respondent
SOCIETY LIMITED
Coram: Jansen,
Kotzé, Trengove, Hefer et Boshoff,
ARR
Verhoor: 10 September 1985
Gelewer: 25 Februarie 1986
UITSPRAAK
Kotzé, AR
:
Hoewel ek die voordeel van insae in die uit-
spraak
van BOSHOFF A R gehad het, het ek nogtans tot
die /2
-2-
die teenoorgestelde slotsom gekom. Ek sal trag om die
redes
vir my benadering bondig te stel.
Die basiese voordeel onder die polis bepaal dat
die
versekerde bedrag van R30 000,00 betaalbaar is waar
die dood van die
versekerde binne negentig dae ingetree
het na liggaamlike besering
wat alleenlik en regstreeks
veroorsaak is deur gewelddadige,
uitwendige en sigbare
ongeluk. Dit was by die verhoor gemeensaak dat
die ver-
sekerde se dood aldus veroorsaak is. In die
afwesigheid
van 'n paslike uitsonderingsvoorwaarde geld hierdie
vorm
van dekking selfs waar die betrokke ongeluk deur die
ver-
sekerde se eie nalatigheid veroorsaak is (vgl. Cornish
v
Accidental Insurance Co (1883) 23 Q B D 453 op
457).
Die /3
-3-
Die respondent beroep sigself wel op
'n uitsonder-
ingsvoorwaarde (hierna "die uitsondering" genoem)
wat
bepaal dat die voordele betaalbaar onder die polis
nie
dood omvat of dek wat
"uitsluitlik of gedeeltelik, regstreeks of onreg-
streeks veroorsaak is ... terwyl die Versekerde
Lewe die strafreg oortree behoudens en behalwe
enige optrede wat 'n oortreding is slegs omdat
dit 'n skending uitmaak van die reëls met betrek-
king tot die diensvoorwaardes van die Versekerde
Lewe."
Die
fundamentele, en by ooreenkoms enigste,
vraag wat beantwoord moet
word is of oortredings van die
Padverkeerordonnansie.../4
Padverkeerordonnansie of Padverkeerregulasies,
oortredings
van die strafreg soos bedoel deur die uitsondering
uit-
maak en derhalwe die respondent van
aanspreeklikheid
onthef.
Met betrekking tot die uitspraak van VIVIER R
in die Hof
a quo - gerapporteer te 1984(2) S A 80 - is
ek dit eens met
die mening en met die redes daarvoor
{84 D-G) dat die woord "terwy1"
in die uitsondering nie
'n kousale verband vereis tussen die dood en
die strafreg-
telike oortreding maar slegs dat dit intree
gedurende
die tyd dat die oortreding geskied. Maar, met
eerbied,
kan ek nie saamstem dat aan die woord "strafreg" sy
"gewone,
alledaagse betekenis" van "enige kriminele
oortreding"
( emf ase /5
-5-
(emfase aangebring)
geheg moet word nie (87 E-F). So
'n vertolking het absurde
konsekwensies tot gevolg. Ek
volstaan met slegs 'n paar treffende
voorbeelde verstrek
deur die appellant se advokaat tydens sy betoog:
waar
die dood bv intree wanneer die versekerde te voet
'n
straat oorsteek en omgery word terwyl hy in gebreke
is
met die betaling van sy televisielisensie of nadat
die
tyd op die parkeermeter waar sy voertuig staan
reeds
verstryk het of terwyl sy voertuig op 'n verbode
plekkie
geparkeer staan of terwyl hy meer as die
veroorloofde
krewe of oesters in sy besit het. Dit is
ondenkbaar
dat dit die bedoeling van die partye tot die kontrak
van
versekering kon gewees het dat die dekking in hierdie
omstandighede /6
-6-
omstandighede uitgesluit word.
Wanneer letterlike uitleg van 'n uitsonderings-
voorwaarde
in 'n polis van versekering absurde konsekwensies
tot gevolg sal
hê, is dit die taak van die Hof om die ab-
surditeite uit te
skakel en so die juiste vertolking
te bepaal. Een van die redes
waarom die howe so 'n be-
nadering volg is dat die doel van
uitsonderingsvoorwaar-
des is om aanspreeklikheid te vermy of te
beperk. In so
'n geval, om die bewoording in 'n Engelse saak aan te
haal,
"one must see if this stipulation ... is intro-
duced by way of exception ... and if so, we
must take care not to give it an extension
beyond what is fairly necessary, because those
who /7
-7-
who wish to introduce words in a contract
in order to shield themselves ought to do so
in clear words." (Per BOWEN L J in
Burton
and Co v English and Co (1883) 12 Q B
D 218 op
222).
Hierdie benadering is gegrond op twee
reëls nl die contra
proferentem
reël (verba chartarum fortius accipiuntur
contra
proferentem) en die reël dat die
verassurreerde
begunstig behoort te word. In Price and another v
In-
corporated General Insurances Ltd , 1983(1)
S A 311 (A)
op 315G- 316B - waar die betekenis van 'n
uitsonderings-
voorwaarde in 'n polis dat "the company shall not be
liable
for ... any item of jewellery ... unless such item is
in
a /8
-8-
a locked safe while not being worn or
used" ter sprake
was - stel WESSEL A R die posisie as volg:
"It was laid down by this Court in French Hair-
dressing Saloons Ltd v National Employers Mutual
General Insurance Association Ltd 1931 A D 60 at
65 that ' it is an accepted principle in in-
terpreting insurance contracts that it is the
duty of the insurer to make it clear what par-
ticular risks he wishes to exclude'.
In Kliptown Clothing Industries (Pty) Ltd v
Marine and Trade Insurance Co of S A Ltd 1961(1)
S A 103 (A) SCHREINER J A stated the following
at 108B-C in regard to the interpretation of
insurance /9
-9-
insurance contracts:
'I conclude therefore
that the contra
proferentem rule and the rule
that the assured
should be favoured ought to be taken into
account
wherever there is a real and not a
manufactured
difficulty in ascertaining the true
interpreta-
tion of the condition, whether that
difficulty
is apparent on the face of the policy or
is
only made to appear when it is sought tp apply
the
condition to the facts.'
In my opinion, the defendant has failed
in
its duty to make it clear what particular
risks it
wished to exclude. I have already
pointed /10
-10-
pointed out earlier in this iudgment that
acci-
dental loss may conceivably occur while a ring
is being transferred from the finger to the safe
or vice versa. A iewel-encrusted gold cigarette-
lighter is used to light a cigarette. Does
the condition in
question mean that, each time
it has been used to light a cigarette,
it must
forthwith be returned to a locked safe?
I
conclude, therefore, that the contra
proferentem
rule and the rule that the assured should
be
favoured ought to be taken into account in
ascer-
taining the true interpretaion of the
condition
in question."
Ek /11
-11-
Ek het hierbo aangedui dat, in die afwesigheid
van 'n geldige
uitsondering, die basiese voordeel beoog
dat die versekerde bedrag
betaal sal word selfs waar die
betrokke ongeluk gewyt kan word aan
die versekerde se eie
nalatigheid. In die geval van 'n polis van die
aard
wat hier te sprake is, kan aanvaar word dat die
versekerde
o a vrywaring verlang teen sy eie onbesonne of
nalatige
optrede wat n ongeluk tot gevolg mag hê. Die
uitleg
van die uitsondering en meegaande uitskakeling van
ab-
surditeite moet teen hierdie agtergrond geskied.
Aldus
benader,is dit heeltemal duidelik dat, indien die
uitsonder-
ing enige kriminele oortreding behels, die gevolg
- in
die woorde van LORD GREEN M R in Woolfall and Rimmer,
Ltd
v Moyle /12
-12-
v Moyle (1942) 1 K B 66 (C A) op bl 72
, - sou wees
"... to exclude from the scope of the
indemnity
which the policy purports to give a very
large
and important class of case whioh in the body
of
the policy is expressed to fall within it."
En dan volg 'n riglyn
wat myns insiens, in 'n geval soos die
onderhawige,die billike
is:
"It is true that the document must be read as
a whole, and that wide and comprehensive words
of obligation imposed on the underwriters in the
body of the policy may be cut dowh by subsequent
clauses in the document, but ... I consider
that a policy of this kind is not to be approached
with /13
-13-
with the idea that a large part of the benefit
of the insurance, which any employers would
pbviously wish to get, and which is at the outset
given in wide terms, is to be eliminated
by a 'condition' tucked away at the end of the
policy in the context in which this condition
is found ...".
(Op 72-73)
My ampsbroer BOSHOPF aanvaar dat 'n
wysiging
van die letterlike betekenis van die uitsondering
onver-
mydelik is en kom tot die besluit dat oortreding van
die
strafreg op so 'n wyse uitgelê behoort te word dat dit
slaan
op 'n oortreding wat die risiko affekteer in die sin
dat
daar /14
-14-
daar 'n verband tussen die
oortreding en die dood moet wees. So
'n uitleg steun juis op 'n
kousale verband van een of ander aard
tussen die oortreding en die
dood en weerspreek die woord "terwyl"
wat nie ruimte laat vir die
kousale element nie. Dit
is in hoofsaak die rede waarom ek met
eerbied nie met my
ampsbroeder se benadering kan saamgaan nie. Die
vraag
ontstaan gevolglik wat die ware uitleg ("true
interpre-
tation") van die uitsondering is. In hul
volledige
betoe het die advokate ons aandag gevestig op gesag
in
lande oorsee wat tot 'n mate te doen het met die
soort
probleem wat hier te sprake is maar m i behoort
gemelde
gesag onderskei te word en bied dit nie hulp by die
ver-
tolking van die uitsondering nie. Aan die een kant is
daar /14(a)
-14(a)-
daar sake soos Louden v
British Merchants Insurance
Company Limited,
Absalom v United Insurance Company
Limited,
Givens v Baloise Marine Insurance Co Limited,
Astro Tire
and Rubber Co of Canada Ltd v Western Assurance
Co en
Travellers Protective Association of America
v
Prinsen (aangehaal deur BOSHOFF A R in sy
uitspraak)
wat betrekking het op omskrewe uitsonderings wat
bv
beperk word tot beserings opgedoen terwyl die
invloed
van drank, verdowingsmiddels ens geld of terwyl
plofstowwe
vervoer word. Hierdie gevalle verskil van die onderKawige
een in soverre dat hulle nie naasteby die absurde
konse-
kwensies tot gevolg het wat die uitsondering kenmerk
nie.
Daarenteen is daar sake soos Crown Life Insurance Co
v
Milligan /14 (b)
-14(b)-
Milligan en Robinson v L'Union St Joseph
du Canada (aangehaal
deur VIVIER R op 86 bo-E). Die basis van
onderskeiding
in hierdie gevalle is dat ofskoon die relevante
uitsonder-
ingsbepalings wyd gestel is en 'n beperkende uitleg
ontvang
het, die bewoording heeltemal verskil van die
bewoording
van die uitsondering. Dit is dus duidelik dat die
ware
uitleg van die uitsondering op sy besondere
bewoording
en ooreenkomstig die beginsels neergelê in
Burton en Price
se sake (supra) en gesag waarna in
gemelde sake verwys
word behoort te geskied. Die respondent het die
bewoor-
ding van die uitsondering bepaal en het deur gebruik
te
maak van die woord "strafreg", wat 'n wye betekenis
het,
sy plig versuim om op duidelike
wyse /15
wyse te omskryf hoe sy aanspreeklikheid beperk
word. Ge-
volglik vereis die contra proferentem reël en die
reël
dat die verassureerde begunstig behoort te word dat
daar
aan die woord strafreg nie 'n wye onbeperkte
betekenis
gegee word nie. Die uitdrukking "die strafreg
oortree"
behels in wye sin oortredings van die gemene reg
sowel
as die wettereg. In engere sin kan dit redelikerwys
beperk
word tot die gemene reg. Na my mening behoort aan
gemelde
uitdrukking die betekenis gegee te word van "die
gemeen-
regtelike strafreg". Op hierdie manier word oortredings van
die
wettereg, wat talle beuselagtige oortredings behels sowel as
talle
absurditeite uitgeskakel en wat dan getref word deur die
uitsondering
is grotendeels ernstige oortredings. Hierdie uitleg
strook met die
reëls /16
-16-
reëls hierbo vermeld
en verbied ook 'n verwatering van die
basiese voordeel deur
beskerming te bied teen wat 'n ver-
sekerde in die reël van 'n
ongevalleversekeraar verwag
nl sy eie onbesonne of nalatigc
optrede.
Die uitsondering bevat 'n uitsondering van sy eie
nl
"behoudens en behalwe enige optrede wat 'n oortreding
is slegs omdat
dit 'n skending uitmaak van die reëls met
betrekking tot die
diensvoorwaardes van die Versekerde
Lewe." Die saakstukke bevat
hocgcnaamd gcen aanduiding
hoe hierdie deel van die uitsondering in
verband gebring
word met 'n oortreding van die strafreg nie. Die
geleerde
Regter in die Hof a quo beskou hierdie bepaling
as
" ... 'n aanduiding dat alle oortredings van
die /17
-17-
die strafreg inbegrepe is"
(87F-G).
Na my mening is hierdie bepaling gans te vaag om so
'n
afleiding te regverdig. Weens die vaagheid daarvan
is
dit byna betekenisloos en, na my mening, nie
aanwendbaar
as 'n middel om die onduidelikheid, waarvoor die
respondent
as opsteller van die polis verantwoordelik is, uit
die
weg te ruim nie. Die geskiedkundige agtergrond van
die
uitsondering blyk ook nie uit die saakstukke nie.
Dit
is moontlik dat dit sy oorsprong in die verre
verlede
kon gehad het toe boetes en straf ("fine and
punishment")
kragtens die gemene reg aan werknemers wat hul
verpligtinge
versaak het,opgelê kon word. (Vgl Spencer v
Gostelow,
1920 AD 617 op 640). Hierdie moontlikheid berus
weliswaar
op /18
-18-
op blote bespiegeling maar verdien nogtans
vermelding
om nadruk te lê op die gevare verbonde aan die
maak
van afleidings uit duistere en onduidelike bepalings van 'n
polis van versekering.
My gevolgtrekking is dus dat die woord "strafreg"
in die
uitsondering 'n verwysing na die gemeenregtelike
strafreg is en
gevolglik dat die oortredings wat die ver-
sekerde volgens die
bevinding van VIVIER R gepleeg het
(83H-84A) nie deur die
uitsondering behels word nie.
Ek sou derhalwe die appèl
handhaaf met koste en die bevel
in die Hof a quo vervang met
'n bevel dat die verweerder
(respondent) aan die eiser (appellant)
'n bedrag van R30 000,00
tesame met rente ten bedrae van 11 per
centum per annum
a /19
-19-
a tempore morae tot op datum van
betaling met gedingkoste
betaal.
APPÉLREGTER
JANSEN AR ) stem saam