South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 91
| Noteup
| LawCite
S v Mekeni en 'n Ander (478/1984) [1985] ZASCA 91 (20 September 1985)
Download original files |
LL Saak No 478/1984
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
Insake die appèl van:
DAVID MEKENI Appellant
en
THEMBISILE SHEPHERD PHAKANE
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM: CORBETT, JOUBERT et VAN HEERDEN, ARR
VERHOORDATUM: 16 SEPTEMBER 1985
LEWERINGSDATUM: 20 SEPTEMBER 1985
UITSPRAAK
/VAN HEERDEN, AR
2.
VAN HEERDEN, AR:
Op 1 Junie 1985 is die lyk van wyle Dirk
Jacobus
Steyn in 'n huis in Plattekloof, Belville, aange-
tref. Die oorledene se hele
liggaam was met droë
bloed besmeer en sy arms was bokant die elmboë
met draad
vasgemaak. Daar was veelvuldige indringende wonde van
die bors
en longe wat tot grootskaalse bloedverlies gelei
het. Aan die oorledene se
nek was vier oppervlakkige
snywonde wat gedui het op 'n poging om sy keel af
te sny.
Daar was ook snye op sy arms en hande wat vereenselwig-
baar was
met die afweer, of gepoogde afweer, van mes-
steke.
Die appellante is in die Kaapse Provinsiale
Afdeling aangekla van moord op
die oorledene asook van
roof met verswarende omstandighede. Hulle is op
beide
klagtes skuldig bevind. Die verhoorhof het voorts be-
vind dat daar
nie versagtende omstandighede was nie en
op die moordklag is albei appellante
ter dood veroordeel.
/Met ...
3.
Met verlof van hierdie hof is hul appèlle slegs teen
elk
se doodvonnis gerig.
Dit is duidelik dat die oorledene gesterf het
vanweë 'n aanval op hom
gedurende die aand van 31 Mei 1984
toe slegs hy en die appellante in die huis
was. Die
verhoorhof het aanvaar dat, soos die appellante getuig
het, die
oorledene hulle vroeër die aand in Langstraat,
Kaapstad, ontmoet het en
daarna per motor na die huis
geneem het. Die appellante se getuienis dat die
oor-
ledene homoseksuele dade met hulle gepleeg het, en hul
botsende
weergawes aangaande die oorsaak van, en elk se
aandeel in, die aanval op die
oorledene, is egter verwerp.
Die hof het dan ook bevind dat albei tot 'n
meerdere of
mindere mate aan die aanval deelgeneem het en die
direkte
opset gehad het om die oorledene te dood en te beroof.
Dit is gerieflik om eers die tweede appellant
se appèl te behandel.
Namens hom is aangevoer dat die
moord gepleeg is teen 'n homoseksuele
"agtergrond" waarby
/manlike ...
4
manlike prostitusie betrokke was, en dat dit
versagting
gekonstituêer het. Die verhoorhof se bevindings dat
die
oorledene nie die appellante met homoseksuele doel-
eindes na die huis geneem
het nie, en ook nie dusdanige
dade met hulle gepleeg het nie, is nie aangeveg
nie maar
klem is gelê op die appellante se verwagtings. Hulle
was
naamlik geregtig om te aanvaar, so is betoog, dat
die oorledene homself
seksueel met hulle wou bevredig
en dat hy hulle daarvoor sou vergoed. Die
appellante
se advokaat was egter nie in staat om 'n verband tussen
die
aangevoerde verwagtings en die moord te trek nie.
En selfs indien die
oorledene wel homoseksueel met die
appellante verkeer het, soos hulle getuig
het, stel dit
na my mening nie 'n versagtende omstandigheid daar
nie.
Volgens hul weergawes was die onderhawige geval naamlik
nie een
waarin die aanval op die oorledene voortgespruit
het uit verset teen sy
toenaderings of uit walging vir
voorstelle van hom of dade deur hom gepleeg
nie. Op
/sy ...
5.
sy beste vir die appellante was die aanleidende oorsaak
hul
aandrang op betaling van 'n bedrag waarop hulle nie
geregtig was nie. Daar is
dan ook geen fout te vind
nie met die verhoorhof se bevinding dat die
oorledene
met 'n roofmotief aangeval is. Wat ook al vroeër die
aand
gebeur het, en welke verwagtinge die appellante ook
al gehad het, het daarby
geen rol gespeel nie.
Daar steek geen pit in die ander argumente
wat
namens die tweede appellant geopper is nie. Al wat ge-
sê hoef
te word, is dat selfs indien hierdie hof by magte
was om die aangeleentheid
de novo te oorweeg, dit nie sou
kon bevind dat versagtende
omstandighede aanwesig was nie.
Namens die eerste appellant is veral gesteun op
sy jeugdigheid. Hy was
naamlik ten tyde van die moord
slegs ongeveer vyf maande ouer as 18. Voorts
is daarop
gewys dat hy nege jaar jonger was as die tweede appellant
en is
aangevoer dat hy bes moontlik deur laasgenoemde be-
invloed was. Die
verhoorhof het egter tereg bevind dat
/daar ...
6.
daar geen getuienis was wat op beïnvloeding van die
eerste deur
die tweede appellant gedui het nie. Die
verhoorhof het voorts die eerste
appellant se jeugdig-
heid oorweeg maar met verwysing na die
omstandighede
waaronder die moord gepleeg is, besluit dat dit nie
in
sigself 'n versagtende omstandigheid was nie. Dit is
tereg nie betoog
dat die hof 'n mistasting begaan het
nie, en na my mening is die bevinding
aangaande die af-
wesigheid van versagtende omstandighede nie een
waartoe
geen redelike hof kon geraak het nie.
Die appèlle word afgewys.-
H.J.O. VAN HEERDEN, AR
CORBETT, AR
STEM SAAM
JOUBERT, AR