South Africa: Supreme Court of Appeal
You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 83 | Noteup | LawCiteFourie NO en 'n Ander v Stadsraad van Potgietersrus (148/84) [1985] ZASCA 83; [1987] 1 All SA 16 (A) (16 September 1985)
Download original files |
85
Saaknommer: 148/84
WHN
PHILIPPUS JOHANNES FOURIE N.O lste Appellant
JACOBUS STEENKAMP 2e Appellant
en
STADSRAAD VAN POTGIETERSRUS
Respondent
JOUBERT, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÊLAFDELING
In die saak tussen:
PHILIPPUS JOHANNES FOURIE N.O lste Appellant
JACOBUS STEENKAMP 2e Appellant
en
STADSRAAD VAN POTGIETERSRUS Respondent
Coram : JOUBERT, TRENGOVE et HOEXTER ARR,
Verhoor : 2 September 1985
Gelewer: 16 September 1985
UITSPRAAK
JOUBERT AR:
/Die ...............
2
Die respondent (die "Stadsraad" ) het in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling 'n aksie teen die
appellante as verweerders ingestel vir die betaling van
huurgeld ten bedrae van R9 726-45 plus moratore rente en
koste. Die eerste appellant is die eksekuteur van wyle
Philippus Johannes Fourie ("Fourie") wat oorlede is voor=
dat die aksie ingestel is. Ek sal na die tweede appellant as
"Steenkamp" verwys. Die eis is gebaseer op 'n skrif te=
like huurkontrak wat die Stadsraad as verhuurder op 25
Maart 1977 met Fourie en Steenkamp as huurders ten aan=
sien van kampe 1,2 en 5 teen huurgeld van R3 496-40 per
jaar gesluit het. Die huurtermyn het op 1 April 1977
/'n ........
3
'n aanvang geneem vir 'n periode van 5 jaar. Die partye
het volgens
die voorverhoor-notule, gedateer 2 5 Oktober
1983, ooreengekom dat die totale
pro rata huurgeld vir
kamp 5 die bedrag van R5 395-00 vir die volle
huurtermyn
beloop. Toe die verhoor op 27 Oktober 1983 'n aanvang
voor
SPOELSTRA R neem, was die betaling van R5 395-00
in geskil tussen die partye.
Die verweerders het hul
teeneis teen die Stadsraad teruggetrek. Op 10
Januarie
1984 het SPOELSTRA R die volgende bevel uitgereik:
1. Eieser is geregtig op die bedrag wat ingevolge
die bepalings van Reël 34(1) geregtelik inbe=
taal is op te neem.
2. Vonnis vir eiser in die bedrag van R5 390-00.
/3. Rente
4
3. Rente teen die koers van 11% per jaar op die
bedrag van R9 726-45 vanaf
3 November 1980
tot datum van inbetaling en daarna op die bedrag
van R5 395-00 tot datum
van betaling.
4. Koste van geding.
Met verlof van SPOELSTRA R kom die
verweerders as
appellante in hoër beroep na hierdie Hof teen
paragrawe
2,3 en 4 van sy bevel asook teen die geheel van sy uitspraak
Klousule 3 van die skriftelike huurkontrak
bepaal dat die verhuur
voetstoots geskied. Volgens
klousule 6 word die kampe verhuur "vir
doeleindes van
beweiding en die bewerking van lande ten opsigte van
kamp
nr. 1-----". In terme van klousule 12
/het ......
5
het die huurders onderneem om op die kampe sekere
grensdrade aan te bring maar die redelike koste daaraan
verbonde kon die huurders van die huurgeld aftrek aan=
gesien die opgerigte grensdrade die eiendom van die
Stadsraad by die verstryking van die huurtermyn sou
bly. Die partye het die redelike koste vir die
oprigting van die grensdrade in ag geneem by die be=
rekening van die bedrag van R5 395-00.
Met die oog op die aard en strekking
van die tersaaklike korréspondensie tussen die partye
asook van die getuienis wat in die verhoorhof afgelê
is, is dit wenslik om te wys op die huurders se verweer
/soos ......
6
soos gepleit in hul Verweerskrif. Die relevante
gedeelte van
paragraaf 1 van hul Verweerskrif lees
soos volg:
"(iii) Verweerders beweer verder dat dit 'n
stilswyende bepaling en ook 'n ge=
impliseerde bepaling van die skrifte=
like huurkontrak was, dat Eiser niks
sou doen of toelaat dat dit gedoen word
op Eiser se eiendom, waardeur Verweer=
ders se benutting van die verhuurde eien=
dom vir doeleindes van beweiding, belem=
mer of onmoontlik gemaak sou word nie;
(iv) Strydig met gemelde bepaling van die
huurkontrak en ter verbreking daarvan,
het Eiser veroorsaak en/of toegelaat
'dat plastieksakke vanaf Eiser se vullis=
hoop neffensliggend aan 'n gedeelte van
die verhuurde eiendom, naamlik Kamp nr.
5, op gemelde kamp waai;
(v) Die plastieksakke word deur vee gevreet
en veroorsaak die dood van 'n dier wat
dit eet. Die teenwoordigheid van
/gemelde .......
7
gemelde plastieksakke belemmer dus die
benutting van gemelde kamp vir weiding-
doeleindes en maak gemelde kamp nutteloos
en onbruikbaar vir weidingsdoeleindes.
(vi) As gevolg van Eiser se kontrakbreuk
voormeld het Eiser gebrekkig presteer
en kon Verweerders gemelde kamp glad
nie benut nie. Verweerders is gevolg=
lik nie verplig om die ooreengekome
huurgeld aan Eiser te betaal nie en
Eiser is gevolglik slegs op 'n verminder=
de kontrakprys geregtig."
Die relevante
gedeelte van die Nadere Besonderhede tot
paragraaf 1 van die Verweerskrif
lees soos volg:
„- - - Eiser was te alle relevante tye in
beheer van en/of
verantwoordelik vir die
vullis stortingsterrein vermeld. Eiser
het te alle
relevante tye vullis, wat
insluit plastieksakke, gestort,
alterna=
tiewelik toegelaat dat sodanige vullis
/gestort
8
gestort word op gemelde vullishoop. Eiser
het nagelaat om behoorlik beheer
uit te
oefen ten opsigte van die betrokke vullis=
hoop deurdat Eiser in
gebreke gebly het om
die terrein effektief te omhein en/of 'n
werknemer,
alternatiewelik voldoende werk=
nemers daar te plaas om toesig te hou
en/of
die vullis te verbrand, te bedek of te
vernietig en/of te verhoed
dat kinders
die vullisbondels uitmekaar trek en/of
te verhoed dat die
plastieksakke op die
gehuurde terrein gewaai word soos
déur
Verweerders beweer."
Dit blyk uit die uitspraak van die verhoor=
regter dat die partye se
advokate betoë aangevoer het
op 'n breër grondslag as die
pleitstukke. Hy het dit
nie nodig gevind om op hul betoë in te gaan nie.
Sy
benadering het hy soos volg geformuleer:
9
"Dit kom my voor dat daar 'n eenvoudige
grondslag is waarop die saak
beslis kan
word. Hierdie grondslag berus op die
feit dat die verweerders
voordat hulle
die kontrak onderteken het daarvan bewus
was, na 'n
inspeksie van die betrokke kamp,
dat daar 'n probleem bestaan met
betrekking
tot plastiek wat van die ashoop af op die
grond waai. Ondanks
kennis van daardie
feit het verweerders besluit om die huur=
kontrak wat
die huur van hierdie kamp in=
sluit aan te gaan. Waar 'n huurder
onder
daardie omstandighede huur, is hy nie gereg=
tig op vermindering van
huurgeld nie. Hier=
die beginsel blyk, na my oordeel, duidelik
van
beslissings soos Sanders v Chaperon
1919 AD 191, Larkin v
Jacobs 1929 T P D
693 en Orsmond v Van Heerden 1930 T P
D
723."
Hierdie regsbeginsel waarop die verhoorregter gesteun
het, kan gebaseer word op die fundamentele beginsel
van die Romeins-Hollandse reg dat alle kontrakte deur
/bona .........
10
bona fides beheer word. Raadpleeg Wessels,
Law
of Contract, 2e druk, band 1 para. 1976, 1996,
Tuckers
Land & Development Corporation (Pty) Ltd v
Hovis,
1980 (1) SA 645 (A) op bl. 652 A, Mutual &
Federal
Insurance Co Ltd v Oudshoorn Municipality, 1985(1)
SA
419 (A) op bl 433 A. Die volgende blyk egter uit
die uitspraak van die
verhoorregter met betrekking tot
die huurders se aansoek om verlof om te
appelleer na
hierdie Hof, nl.
"Die beslissing waarop ek my uitspraak
gegrond het, was nie deur die
advokate
betoog voor uitspraak oorweeg is nie."
Dit is baie jammer dat die verhoorregter nie die voordeel
van betoë
hieroor gehad het nie. Die verhoorregter
/het ........
11
het ongelukkig ook nie die getuienis voldoende ontleed
nie. Ek sal aantoon dat daar in die onderhawige geval
nie 'n feitebasis is wat die toepassing die verhoorregter
se benadering ondersteun nie.
Dit was gemene saak dat die Stadsraad tenders
gevra het vir die huur van sy kampe. Fourie het ge=
tender vir kampe 1, 2 en 5. Volgens die onbetwiste
getuienis van Steenkamp het hy en Fourie, voordat laas=
genoemde namens hulle getender het, kamp 5 binnegeloop
om dit te inspekteer. Hulle het toe bemerk dat daar 'n
stortingsterrein vir vullis op munisipale grond aan=
grensend aan die suidelike grens van kamp 5 geleë is
wat laasgenoemde met plastieksakke besoedel deurdat
/die .........
12
die wind die plastieksakke oor die grensdraad na kamp
5 waai. Daar was geweldige besoedeling in die on=
middellike omtrek van die stortingsterrein wat al
verder daarvandaan verminder het maar dit het bykans
oor die hele oppervlakte van kamp 5 gestrek. As bees=
boer was hy bewus daarvan dat dit noodlottig vir 'n bees
kon wees om plastiek te vreet. Die probleem was om
dit betyds te diagnoseer nadat dit gevreet is en dan
sou die koste van 'n veearts om die bees te red meer as
helfte van die bees se waarde beloop. Die oggend van
25 Maart 1977 voordat die huurkontrak onderteken is,
het hy en Fourie kamp 5 in geselskap van Hendricks,
/'n .........
13
'n beampte van die Stadsraad, geïnspekteer. Daar
was
geen verandering in die mate van besoedeling sedert
die vorige inspeksie deur
Fourie en hom nie. In sy
hoofgetuienis wat nie weerlê is nie, het
Steenkamp soos
volg getuig:
"Met die deurgaan van kamp 5 het die asgat
ter sprake gekom en daar is aan
mnr
Hendricks die besoedeling met plastieksakke
uitgewys. Ek het dan ook
in die loop van
die gesprek aan hom gevra of die munisipali=
teit steeds
gebruik gaan maak van die asgat
en of kan ons die hekke sluit. Mnr
Hendricks
het aan ons genoem dat die munisipaliteit
steeds die asgat gaan
gebruik en dat die
munisipaliteit sou toesien dat behoorlike
beheer
uitgeoefen sou word - - - ".
Sy houding ten opsigte van die besoedeling het hy soos
volg uitgedruk :
/"So
14
"So u in u subjektiewe posisie het dit nie
as 'n
onoorkomenlike probleem gesien nie ?
- - - Nee, as daar behoorlike
beheer
uitgeoefen is het ek geen beswaar gehad
nie."
In kruisondervraging is aan hom gestel dat hy op daardie
stadium geweet
het dat die stortingsterrein se asgate van
vullis deur een Swartman beheer
word. Sy antwoord
hierop was soos volg:
"Nee. Ek het geen kennis gedra van die
bestaande beheermaatreëls op
daardie
stadium nie. Ek het slegs aangedring
dat voordat ons kontrak sluit
dat daar
'n onderneming gegee word dat hierdie asgate
behoorlik sal beheer
word deur die muni-
sipaliteit."
Hy en Fourie het toe die huurkontrak gaan onderteken.
/Geen .........
15
Geen dergelike onderneming deur die Stadsraad is in
die huurkontrak opgeneem nie. Die huurders het daarna
die grenslyne gespan wat hulle in die huurkontrak
onderneem het om op te rig. Ek wil hier tussen hakies
daarop wys dat die grenslyn van kamp 5 wat hulle aldus
opgerig het nie die grensdraad tussen die stortingsterrein
en kamp 5 is nie. Die huurders het ook gepoog om met
span arbeiders kamp 5 van plastieksakke skoon te maak
maar dit was 'n futiele taak. Die besoedeling het
onverpoos voortgeduur sodat die huurders nooit kamp 5
vir beweiding kon gebruik nie. Steenkamp het Fourie
afgevaardig om namens hulle die probleem van besoedeling
/met ........
16
met die Stadsraad op te neem. Die verhoorhof het
bevind dat
Fourie dit nie werklik uitgevoer het nie.
1979 was 'n baie droë jaar
sodat weiding skaars en
moeilik bekombaar was. Steenkamp het met Botha,
'n
beampte van die Stadsraad, in verbinding getree oor die
probleem van
besoedeling. Op 19 Julie 1979 het
Steenkamp en Fourie 'n brief aan die
Stadsraad gerig
wat soos volg lees:
"Geagte meneer
HUUR VAN DORPSKAMPE VIR WEIDING
Sedert 1 April 1977 Word die weikampe nrs. 1,
2 & 5 van die Raad deur
mnr. Phil Fourie en
myself gehuur.
Ons het die nodige omheining gespan en benut
sedertdien kampe nrs.1 en 2.
Ons is baie
tevrede met die bystand en direkte hulp wat ons
van die Raad
en sy personeel ontvang het, en
/wil ........
17
wil derhalwe hiermee ons innige waardering
uitspreek. Die weiding in kamp
5 kon
egter nog nooit benut word sedert die aan=
vang van die kontrak nie
en dit is hieroor
dat ons graag u mening vra.
Ons het die kamp toegespan wat etlike honderde
rande gekos het. Ons moes
ten einde ons
self te beskerm, die drade teen die plotte
herstel en in
sekere gevalle tot drie nuwe
drade span.
Ons het 'n span swart arbeiders gekry en die
kamp vanaf die asgate begin
skoonmaak van
plastiese sakke. Hierdie operasie is egter
die vierde dag
gestaak, toe ons merk dat
daar steeds plastiese materiaal, wat vir
enige
dier 'n stadige hongerdood beteken,
uit die asgat in die veld inwaai.
Hierdie probleem is verskeie kere met die
personeel in beheer, deur beide
mnr. Fourie
en myself bespreek. Die standpunt van
die amptenare is
blykbaar dat die munisi=
paliteit nie verantwoordelik is vir
die
besmetting van die veld met afval materiaal
nie. Dit is aan ons gestel
dat die ver=
wydering van die vullis op tenderbasis
/geskied
18
geskied en dat die kontrakteur vir die
verbrand van vullis ens.
verantwoordelik is.
Met my gesprek onlangs met u mnr. Botha het
ek tot die gevolgtrekking
gekom dat daar
tot op datum steeds nie 'n tender aanvaar
is in die verband
nie.
Intussen bly dit steeds onmoontlik om kamp 5
te bewei en moes ek onlangs
1600 morg weiding
van mnr. A. Pretorius huur terwyl ek beskik=
bare
weiding het, maar as gevolg van die
plastiek probleem nie kan bewei nie.
Behalwe die draad wat gespan is, beloop die
huurgeld net op kamp nr. 5
sedert die aan=
vang van die huurkontrak reeds R2 787,52.
As in gedagte
gehou word dat ek weiding
moet byhuur teen R3 200,00 per jaar kan u
self
verstaan dat ek nie onnodige beswaar
maak nie.
Ek het egter die volste vertroue dat my
probleem u simpatieke aandag sal
geniet
en vertrou dat die nodige aanpassing in
hierdie verband gedoen sal
word.
Dienswillig
die uwe
(Get.) J. Steenkamp
/J
19
J. STEENKAMP
(Get.) P. Fourie
P. FOURIE. "
Op 9 Augustus 1979 het mnr Mattheus, die stadsklerk
van
die Stadsraad, soos volg geantwoord:
"Geagte mnr. Steenkamp
HUUR VAN DORPSGRONDE: WEIKAMPE
Ek verwys na u skrywe gedateer 16 Julie
1979 en deel u mee dat my Raad,
weens 'n
gebrek aan fondse en mannekrag, ongelukkig
nie die probleme wat
in weikamp nr. 5
ondervind word kon oplos deur die stortings=
terrein te
omhein nie.
Die betrokke stortingsterrein is egter weer
eens aan 'n tenderaar wat
vullis wil herwin,
verhuur en sodra die ooreenkoms in die ver=
band finaal
gesluit is, sal die huurder 'n
heining om die stortingsterrein moet
oprig
wat moet verhoed dat papiere en plastiek-
sakke die omliggende
gebied besoedel. Dit
word derhalwe voorgestel dat die aangeleent=
heid
agterweë gehou word tot die bovermelde
/ooreenkoms ....
20
ooreenkoms aaangegaan is en indien u daar=
na nog probleme
ondervind, is u welkom om
weer die aangeleentheid met my Raad op te
neem
met die oog op 'n alternatiewe oplossing,
Die uwe
(Get.) ??
C.F.B. MATTHEUS
STADSKLERK."
Die getuienis van Mattheus wat vir die Stadsraad
getuig het, is nie van veel hulp wat die probleem van
besoedeling betref nie. In kruisondervraging het hy
verklaar dat die stortingsterrein indirek onder hom res=
sorteer het en hy kon nie aan die verhoorhof 'n verslag
gee hoe die vullis dag na dag op die stortingsterrein
hanteer is nie.
/Na .........
21
Na my mening het die verhoorregter tereg
op die getuienis
die volgende bevinding gemaak:
"Dit was ook nie ernstig deur eiser aangevoer
of bewys dat eerste
verweerder se beskrywing
van die besoedeling oordrewe is nie. Ook
het
eiser nie probeer aantoon dat die wyse
waarop die stortingsterrein beheer en
ad=
ministreer was daarop ingestel of daarop
gerig was om besoedeling van
aangrensende
gronde soos kamp 5 te voorkom of te beperk
nie. Die toedrag
van sake wat by die
aanvang van die huurkontrak bestaan het is
toegelaat
om voort te duur."
Hierdie bevinding is nie deur die Stadsraad in hierdie Hof
bevraagteken
nie.
Na my mening blyk uit die aanvaarbare
getuienis as 'n geheel o.a.
die volgende:
/1. Voordat .........
22
1. Voordat die huurders die huurkontrak onderteken het,
was hulle bewus daarvan dat kamp 5 se weiding be=
soedel word deur plastieksakke wat noodlottige ge=
volge kon hê vir beeste wat dit vreet.
2. Voordat die huurders die huurkontrak onderteken het,
was hulle bewus daarvan dat die stortingsterrein van
die
die Stadsraad die bron van besoedeling van kamp 5 se
weiding deur plastieksakke was en dat hierdie stortings=
terrein geleë is op aangrensende grond van die
Stadsraad wat die stortingsterrein beheer en administreer.
3. Voordat die huurders die huurkontrak onderteken het,
het hulle bona fide geglo en vertrou dat die Stadsraad
sou toesien dat die stortingsterrein behoorlik beheer
/sou ........
23
sou word om die besoedeling te bekamp. Waar die
toestand van besoedeling egter onverpoos voortgeduur
het nadat die huurkontrak aangegaan is, het die
huurders dan ook in hul brief, gedateer 16 Julie
1979, die probleem wat besoedeling skep pertinent
onder die aandag van die Stadsraad vir 'n oplossing
daarvan gebring. Weliswaar is hierdie brief in
'n vriendskaplike toon geskryf en nie in die trant
van 'n eisbrief of dreigbrief nie maar sy strekking
is baie duidelik om die aandag van die Stadsraad op
die probleem van besoedeling van kamp 5 se weiding te
vestig ten einde iets daaromtrent te doen sodat dit
bekamp kan word
/Na ........
24
Na my mening is dit duidelik uit die
voorgaande dat vermelde feite nie in die onderhawige
geval die "eenvoudige grondslag" kon vorm vir die regs=
beginsel aan die hand waarvan die verhoorregter die saak
beslis het nie. Die huurders was wel bewus van die
besoedeling toe hulle die huurkontrak onderteken het
maar hulle het hul nooit daarby berus dat die besoedeling
onverpoos moes voortduur nie. Hulle het ook nooit
afstand gedoen van hul reg om teenoor die Stadsraad daarop
aan te dring om die besoedeling te bekamp nie.
In die onderhawige geval kan die Stadsraad
homself ook nie met welslae op die feit dat klousule 3
van die huurkontrak 'n voetstoots-bepaling bevat, beroep
/nie. .........
25
nie. Die bron van die besoedeling is nie op kamp 5
geleë nie. Dit is nie 'n gebrek van die verhuurde
saak per se nie. Die bron van die besoedeling is op
die stortingsterrein d.w.s. dit is geleë op grond van
die Stadsraad wat aan kamp 5 grens en met behulp van die
wind kamp 5 met plastieksakke besoedel. Ons het hier
met 'n eksterne steurnis van die gebruik van kamp 5 vir
beweiding te doen,
As verhuurder was die Stadsraad volgens
die gemene reg verplig om gedurende die huurtermyn die
ongesteurde gebruik (commodus usus) van kamp 5 aan die
huurders te verleen vir die doel waarvoor dit volgens
klousule 6 van die huurkontrak verhuur is nl. "vir
/doeleindes .........
26
doeleindes van beweiding". Raadpleeg de Groot 3.19.12;
Voet
19.2.14, Kersteman, Hollandsch Rechtsgeleert
Woordenboek s.v. Huur; Van der Linden 1.15.12, Van
der Keessel ad Gr.
3.19.12; Brunneman ad D19.2.15.1;
Pothier, Traité du Contrat de Louage
5 s 75,106,286 en
Poynton v Cran, 1910 AD 205 per INNES R. op bl.
221:
"Now, the Roman Dutch law (differing in this respect
from
the law of England) imposes upon every lessor the
duty of placing and
maintaining the leased premises in a
condition reasonably fit for the purpose
for which they
are let (Van der Linden, 1.15.12; Grotius,
3.19.12;
Pothier, Contrat de Louage s.106 etc) . The principle
is
that the tenant is entitled to the due use of the
thi.ng which he has leased,
and he cannot en joy that use
/unless
27
unless the property is delivered and maintained in
a state
of repair which is reasonable under the circum=
stances." Die huurkontrak het
nie hierdie gemeen=
regtelike verpligting van die Stadsraad as
verhuurder
beperk of uitgesluit nie. In die lig van die voor=
gaande is
dit duidelik dat die Stadsraad as verhuurder
hierdie gemeenregtelike
verpligting nie teenoor die
huurders nagekom het nie aangesien kamp 5
gedurende
die hele huurtermyn glad nie vir beweiding gebruik kon
word nie
deurdat die Stadsraad op sy aangrensende grond
nie behoorlike beheer en
administrasie oor die
stortingsterrein uitgeoefen het nie. Dit
/was
28
was steeds die Stadsraad se verantwoordelikheid om
die besoedeling te bekamp maar die Stadsraad wou dit nie doen nie
omdat dit nie geld daaraan wou spandeer nie, soos
blyk uit die eerste paragraaf van die brief, gedateer
9 Augustus 1979.
Die bewyslas rus op die Stadsraad as
verhuurder om aan te toon dat hy ongesteurde gebruik
van kamp 5 vir beweiding aan die huurders verskaf het
Die Stadsraad het hom nie van hierdie bewyslas gekwyt
nie soos uit die voorgaande blyk.
Dit volg dat die appèl met koste
slaag.
/Paragrawe .............
29
Paragrawe 2,3 en 4 van die hof a quo se bevel
word
vervang deur die volgende bevel:
„2: Absolusie van die instansie word
met koste verleen ten aansien
van
eiser se eis. "
C. P. JOUBERT AR,
TRENGOVE AR )
Stem saam,
HOEXTER AR)