South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 75

| Noteup | LawCite

Fourie v Strydom (78/1984) [1985] ZASCA 75 (10 September 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak Nr. 78/1984

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die appèl van:

PIETER REDELINGHUYS FOURIE Appellant

teen

JOHANNA ELIZABETH STRYDOM Respondent

CORAM: KOTZe, TRENGOVE, BOTHA, VAN HEERDEN

et BOSHOFF, ARR

VERHOORDATUM: 26 AUGUSTUS 1985

LEWERINGSDATUM: 10 SEPTEMBER 1985

UITSPRAAK

/VAN HEERDEN, AR

2.

VAN HEERDEN, AR:
In 1877 was 'n hele aantal persone die eienaars
in onverdeelde aandele van die plaas, Welbedagt, in die
afdeling Oudtshoorn . Die plaas was oewergrond aan
twee openbare strome, die Olifantsrivier wat van oos na
wes en die Wynandsrivier wat van noord na suid vloei en
by eersgenoemde rivier aansluit. Destyds het die eie-
naars water vir hul boerdery verkry uit drie hoofslote.
Met die eerste twee slote is water uit die Wynandsrivier
en met die derde sloot water uit die Olifantsrivier oor
die plaas gelei.

In die genoemde jaar het die onderskeie eie-
naars 'n landmeter, Melvill, aangewys om die plaas onder
hulle te verdeel en waterbeurte uit die drie slote aan
hulle toe te ken. In 1879 het Melvill 'n skriftelike
"Award" (hierna die toekenning genoem) gemaak en in 1880
is dit deur 'n bevel van die Kaapse Hooggeregshof bekrag-
tig. Melvill het die plaas in 26 persele, gemerk A tot

/Z ...

3.

Z, verdeel. Hul ligging word aangetoon op 'n kaart wat
deel van die skriftelike toekenning gevorm het. Die
persele was langwerpige stukke grpnd wat in hul lengte
noord-suid gelê het en alfabeties van oos na wes gemerk
is. A was dus die mees oostelike perseel (en die naaste
aan die Wynandsrivier) en Z die verste wes. Drie van
die persele het egter nie oor die hele lengte van die
plaas van noord na suid gestrek nie. Die suidelike ge-
deelte van A was heelwat breër as die noordelike gedeelte
daarvan en B en C se suidelike grenslyne was tegelykertyd
'n gedeelte van die grenslyn van A waar dié perseel ver-
breed het. D was weer suid van C en wes van A geleë.

Díe eerste twee slote het min of meer parallel
van oos na wes geloop. Volgens die kaart het albei oor
A, B, C, E, F, G, H en I geloop en op J geeindig. Die
tweede sloot was suid van die eerste sloot geleë. Nog
verder suid was die derde sloot wat naastenby parallel
met die ander twee slote (en die Olifantsrivier) van oos

/na ...

4.

na wes oor A, E, F, G en H geloop het. Vanaf I oor J
en K tot op L het die derde sloot met kronkels in 'n
noordwestelike rigting geswaai en vanaf L se westelike

grens het dit weswaarts oor M, N, 0, P, Q, R, S, T, U, V,

W, X en Y tot op Z gevloei. Op 'n stadium voor 1908,
en waarskynlik reeds in 1888, is die loop van dié sloot
egter verlê en het dit toe heelwat noord van sy ou loop
oor o a I, J, K en L gegaan. Gerieflikheidshalwe ver-

wys ek voortaan na die verlegde sloot as die Welbedagt-
sloot.

Melvill het ook waterbeurte uit die drie hoof-
slote aan die eienaars van die persele toegeken. By
dié toewysing het hy egter nie spesifieke persele ver-

meld nie maar wel die name van persone aan wie die per-

sele toegeken is. Omdat in sekere gevalle meer as
een perseel aan een eienaar toegeken is, kan nie met
die eerste oogopslag bepaal word aan welke persele die
verskillende beurte toegewys is nie. Teenstrydige ver-

/tolkings ...

5.

tolkings in hierdie verband het dan ook tot die litigasie
tussen die partye aanleiding gegee.

Die appellant is die eienaar van o a perseel J
en die respondente die eienares van 3 van die 5 on-
verdeelde aandele in perseel L (tans bekend as gedeelte

23van Welbedagt). Die appellant, as tweede applikant,
en ene Potgieter, as eerste applikant, het in die Kaapse
Waterhof 'n aansoek teen o a die respondente (as eerste
respondent) aanhangig gemaak. Onder meer is twee verklarende bevele aangevra, nl, 1) dat die siklus van
beurte uit die Welbedagtsloot 31½ dae is, en 2) dat
perseel L vanweë Melvil1 se toekenning op 'n beurt van
slegs 18 uur in elke siklus geregtig is. Die aansoek
is slegs deur die respondente bestry. In haar verweer-
skrif het sy beweer dat die siklus 30 dae is en dat per-
seel L uit hoofde van die toekenning op twee beurte van
24en 18 uur per siklus aanspraak het. By die aanvang
van die verhoor het sy egter erken dat Melvill se siklus

/van ...

6.

van 30 dae by wyse van 'n notariële ooreenkoms in 1888 na
31½ dae verleng is. Die eerste applikant se belang
in die litigasie het nie verder as die verkryging van
die eerste verklarende bevel (en 'n kostebevel) gestrek
nie en die appellant en die respondente was dus die
enigste partye wat effektief by die voortsetting van die
verhoor betrokke was. Dit het dan ook slegs op die
beurte van J en L betrekking gehad. (Hier dien gemeld
te word dat die belanghebbendes ten opsigte van die oor-
blywende twee onverdeelde aandele in L beëdigde verklar-
ings ingedien het waarvolgens hulle hul berus het by die
beslissing wat die Waterhof sou bereik.)

Die hof a quo het op grond van 'n vertolking
van die toekenning bevind dat twee beurte per siklus uit
die derde sloot aan L toegewys is en geen beurt aan J nie.
Vanweë dié bevinding en die genoemde erkenning van die
respondente is die eerste aangevraagde bevel verleen maar
is voorts verklaar:

/"(b) ...

7

"(b) Dat die eienaar(s) van Gedeelte 23
(voorheen Lot L) van Welbedagt ge-
regtig was op twee beurte van 24 en
18 uur in elke siklus van 31½ dae
uit die Welbedagt-sloot volgens die
bepalings van die Toekenning van
1879 soos gewysig deur die Nótariele
Ooreenkoms van 1888."

Die verhoorhof het ook ander bevele verleen.

Dit is onnodig om dié in besonderhede uiteen te sit.

Al wat gemeld hoef te word, is dat alle koste van die

verhoor na die eerste dag daarvan aan die respondente
toegeken is en dat dit die koste van twee advokate in-
gesluit het.

Die onderhawige appèl is gerig teen die aan-
gehaalde verklarende bevel en die kostebevele. Die
enigste geskilpunt is dan ook of J en L elk 'n beurt,
dan wel L twee beurte en J geen beurt nie, uit die derde
sloot verkry het. Die rede vir die geskil is dat ene
Mulder volgens die toekenning persele J en L verkry het
en dat aan hom by name twee beurte uit bedoelde sloot

/toegesê ...
8.
toegesê is.

Hoewel, soos reeds gesê, beurte aan eienaars
en nie aan grondstukke nie toegewys is, skep die toeken-
ning van beurte uit die eerste sloot geen probleme nie.
Indien gelet word op die persele verkry deur die eienaars
aan wie beurte toegesê is, was die toewysing van die
beurte in volgorde: A 60 uur, B 36 uur, C 36,uur, F
24 uur en H 36 uur. Die tweede beurt is toegewys aan
ene Grundlingh wat persele B en D verkry het maar dit
is gemene saak dat vanweë D se ligging dit nie moontlik
was om water uit enige van die slote daarop te benut nie.
Die betrokke beurt was dus klaarblyklik vir B bestem.

Met 'n enkele uitsondering kan die toewysing
van beurte uit die tweede sloot ook geredelik op persele
van toepassing gemaak word. In volgorde is die beurte
so toegewys: A 120 uur, E of G of albei 41 uur, H 133
uur, I 50 uur, J 130 uur, K 24 uur, L 130 uur, M 44 uur
en N 48 uur. Al wat in hierdie verband twyfel skep, is

/dat ...

9.

dat E en G nie beurte uit die eerste of derde sloot ver-
kry het nie en dat daar geen rede blyk waarom aan of die
een óf die ander hoegenaamd geen beurt toegewys sou ge-
wees het nie. Mulder het egter beide persele ver-
kry en aangesien nie aan F 'n beurt uit die tweede sloot
toegewys is nie, is dit verstaanbaar dat Melvill aan hom
'n enkele beurt van 41 uur vir E en G toegeken het instede
van 'n beurt van, sê, 21 uur aan Mulder onmiddellik gevolg
deur 'n verdere beurt van, sê, 20 uur aan hom. Die toe-
wysing van 4 1 uur aan Mulder was dus bestem vir E en vir
G wat net na E (sonder tussenkoms van F) water uit die
tweede sloot sou kon benut.

In die verbygaan moet miskien genoem word dat
die respondente gedurende kruisverhoor gesuggereer het
dat L nie 'n beurt uit die tweede sloot verkry het nie en
dat die derde laaste beurt uit daardie sloot aan E of G toege-
wys is. Haar advokaat het egter tereg toegegee dat
Melvill die betrokke beurt wel aan L toegeken het.

/Wat ...

10.

Wat die derde sloot betref, is dit gemene saak
dat na die eerste drie beurte die toekennings soos volg
was: M 16 uur, N 16 uur, O 65 uur, P 32 uur, Q 32 uur,
R 46 uur, S 36 uur, T 15 uur, U 92 uur, V 40 uur, W 50
uur, X 120 uur, Y 60 uur en Z 43 uur. Die eerste drie
beurte is so toegesê: Mulder 24 uur, ene Elliot
15 uur en Mulder 18 uur. Elliot het perseel K ver-
kry en Mulder persele J en L. Aangesien die toewysing
van beurte vanaf M tot Z in alfabetiese volgorde was, is
dit voor die hand liggend, indien slegs op Melvill se toe-
kenning en die kaart gelet word, dat die eerste drie
beurte op J, K en L (in daardie volgorde) betrekking gehad
het.

Hierdie konstruksie word deur ander oorwegings
versterk. Wat al drie slote betref, is die beurte "in
the proportion and order following" toegewys. Die
beurte het mekaar dan ook van oos na wes, oftewel van
die laagste na die hoogste alfabetiese letter, opgevolg.

/'n ...

11.

'n Toekenning uit die derde sloot aan L, K en dan weer
aan L pas net nie by hierdie patroon in nie. Voorts
sou 'n mens verwag dat indien Melvill vir Mulder altesaam
4 2 uur vir L wou toewys, hy slegs een toekenning uit die
derde sloot aan Mulder sou gemaak het. Voor die toe-
kenning aan M sou daar dan slegs die volgende twee beurte
gewees het: Elliot 15 uur en Mulder 42 uur.
Die hof a quo het aanvaar dat die patroon van
die toewysing van die beurte daarop dui dat die eerste
beurt (van 24 uur) uit die derde sloot aan Mulder as
eienaar van J toegekom het. Op grond van 'n aantal oor-
wegings is egter besluit dat die beurt inderdaad vir L
bestem was. In eerste instansie is gesteun op 'n waar-
neming wat die hof tydens 'n inspeksie ter plaatse gemaak
het, nl, dat die algemene val van die grond op J sulks
is dat vloedbesproeiing nie noord van die ou loop van
die derde sloot kan plaasvind nie. Hierdie waarneming
is in verband gebring met die geskatte groottes van

/gedeeltes ...

12.

gedeeltes van sekere persele wat ten tyde van die ver-
hoor besproei is. Die appellant het naamlik geskat dat
op J slegs 11 morge ten suide van die ou loop van die
derde sloot onder besproeiing was. Hy het voorts be-
raam dat die besproeide gedeeltes van K tot 0 tussen die
Olifantsrivier en 'n sementpad wat net noord van die eerste
sloot oor Welbedagt loop, soos volg is: K 15 morg, L 55
morg, M 16 morg, N 16 morg en 0 82 morg. Omdat aan K,
M, N en 0 onderskeidelik beurte van 15, 16, 16 en 65 uur
uit die derde sloot toegeken is, het die hof die gevolg-
trekking gemaak dat die basis van die toekennings ongeveer
een morg per uur was, en soos volg voortgegaan:

"Volgens Applikant [die appellant] sou Lot
J 24 uur water vir 'n moontlike 11 morg ge-
kry het en Lot L slegs 18 uur vir 55 morg.
Sodanige toekenning lyk dus nie net onsin-
nig nie, maar ook teenstrydig met die res
van die patroon. Dit is heeltemal moont-
lik dat daar geen besproeiing op Lot J in
1879 tussen sloot No. 3 en die rivier wasnie
in welke geval geen toekenning aan Lot J
geensins opvallend sou wees nie. ..."

Die hof het daarop gewys dat 'n mens nie weet

/hoeveel ...

13.

hoeveel van die 55 morg op L in 1879 besproei was nie,
maar weens die ligging van die derde sloot op L en in
die lig van die feit dat díe respondente se pa en oorns
"kort na 1879" apart op L geboer en die gedeelte suid
van die sloot bewerk het, was die hof van mening dat die
bewerkte grond heelwat meer as 11 morg was. Derhalwe
is gekonkludeer:

"Dit blyk dus dat Applikant se standpunt
onsinnig is, nl. 24 uur vir hoogstens 11
morg [op J] en 18 uur vir heelwat groter
gronde [op L] terwyl Respondent se stand-
punt volmaak inpas by die algemene patroon."

Die appellant se advokaat het die genoemde
waarneming van die verhoorhof aangeveg omdat dit nie
genotuleer is nie. Volgens die uitspraak is die partye
se aandag tydens die inspeksie gevestig op dié waarneming
en is hulle meegedeel dat indien so gewens hulle getuie-
nis oor die val van die grond kon lei. Dit blyk egter
dat die respondente se advokaat aan die eínde van die
verhoor die hof versoek het om te notuleer dat dit nie

/moontlik

14.

moontlik is om op J noord van die ou loop van die derde sloot
daaruit te besproei nie, en dat namens die appellant be-
swaar daarteen gemaak is. Die grondslag van die beswaar
was dat 'n visuele waarneraing van geen nut is nie tensy
die ou loop vasgestel is, en dat deskundige getuienis
nodig is om dié loop op die oppervlakte te bepaal. Af-
gesien van die feit dat die hof nêrens aandui nie hoe dit
bepaal het waar die derde sloot minstens 76 jaar vante-
vore oor J geloop het, is dit so dat, anders as wat be-
hoort te gebeur het, die waarneming nie genotuleer is
voordat uitspraak gegee is nie. Vgl Kruger v Ludick
1947 (3) S A 23 (A) 31; R v Barnardo 1960 (3) S A 552
(A) 554. Gesien die slotsom waartoe ek gekom het, vind
ek dit egter onnodig om verder op dié aspek in te gaan
en veronderstel ek ten gunste van die respondente dat
gevolg aan die hof se waarneming gegee moet word.

Na my mening is daar verskeie redes waarom die
verhoorhof se gevolgtrekking betreffende die partoon van

/die ...

15.

die toekennings nie aanvaar kan word nie. Hulle kan
soos volg saamgevat word.
1) 'n Landmeter, Maree, getuig dat die val
van die grond in die omgewing van J vanaf die sementpad
na die Olifantsrivier slegs ongeveer 5 meter is. Volgens
hom is dit nie moontlik om te sê hoe die topografie in
1879 was nie. Uit die getuienis blyk voorts dat daar
in die verlede minstens twee oorstromings was toe die
een of die ander rivier of beide in vloed afgekom het.
Die appellant maak melding van 'n "hoogwater" in 1931 wat
feitlik oor die hele Welbedagt gevloei het, en dit is
gemene saak dat die tweede sloot reeds heelwat vroeër
weggespoel het. Dit is dan ook duidelik dat dít juis
met die oog op moontlíke oorstromings, en ook die "sleep"
van grond deur die eienaars van die persele, was dat
Maree dit onmoontlik gevind het om 'n mening oor die val
van die grond in 1879 uit te spreek. Gevolglik kan nie
bepaal word of destyds nie noodwaarts uit die derde sloot

/op ...

16.

op J besproei kon word nie.
2) In die veronderstelling dat die topogra-
fie nie oor 'n tydperk van meer as 'n eeu verander het nie,
blyk dit in elk geval nie dat in 1879 water uit die derde

sloot slegs suid daarvan op J aangewend kon word nie.
Soos reeds gemeld, toon die kaart dat die sloot oor J in
'n noordwestelike rigting kronkel. Derhalwe is die punt
waar die sloot J se westelike grens sny, heelwat noord van
die ligging van die sloot op J se oostelike grens. Dit
is dus moontlik dat die eienaar van dié perseel met 'n

privaatsloot wat uit die derde sloot geloop het grond
noord van laasgenoemde sloot kon besproei het. Dat so 'n
privaatsloot nie op die kaart aangetoon word nie,.is niks-
seggend. Volgens die kaart eindig die tweede sloot op
J terwyl beurte daaruit aan K, L, M en N toegeken is.

Daar is dan ook getuienis dat 'n taksloot van die tweede

sloot, wat nie op die kaart aangetoon word nie, tot op
N geloop het. Bowendien is in Melvill se toekenning

/melding ...

17.

melding gemaak van "all existing watercourses not spe-
cially mentioned in this award". En indien daar wel so
'n privaatsloot op J was, sou dit natuurlik in onbruik
verval het nadat die derde sloot se loop oor o a J ver-
ander is.

3) Daar is geen getuienis aangaande die
grootte van die grond wat in 1879 op enige van die per-
sele uit die derde sloot besproei is nie. Spesifiek
wat L betref, is daar nie getuienis nie dat, soos die
verhoorhof dit het, die respondente se pa en vier ooms
"kort na 1879" die suidelike deel van L bewerk het en
dat die bewerkte landerye dus aansienlik meer as 11 morg
moes gewees het. Die respondente getuig weliswaar oor.
die besproeiing van die suidelike deel maar haar vroegste
herinnering dateer terug tot 1920 toe sy sewe jaar oud
was. Dit is ook nie moontlik om uit die groottes van
die besproeide grond op K, M, N en 0 afleidings te maak
oor sodanige groottes in 1879 nie. Bowendien weet 'n

/mens ...

18.
mens nie welke faktore Melvill by die toekenning van
waterbeurte in ag geneem het nie, en veral nie of hy op
besproei.de dan wel besproeibare grond ag geslaan het
nie. Bes moontlik het hy ook in aanmerking geneem tot
welke mate elk van die eienaars deur die jare bygedra
het tot die aanlê en instandhouding van die slote.

4) Die verhoorhof het onvergelykbares met
mekaar vergelyk. Die appellant se skattings het in
die geval van J betrekking gehad op die besproeide grond
suid van die derde sloot en in die geval van K, L, M, N,
en 0 op sodanige grond tussen die sementpad en die Oli-
fantsrivier. Die derde sloot het egter op laasgenoemde
vyf persele suid van die pad geloop. Veral op K en L
kon daar ten tyde van die verhoor heelwat besproeide
grond tussen die ou loop van die derde sloot en die pad
gewees het en dit blyk nie of daardie gedeeltes uit die
derde sloot - gestel dat dit nog bestaan het - besproei
kan word nie .

/5) ...

19.

5) Geen poging is aangewend om die omvang
van die besproeide gedeeltes suid van die pad (of die ou
loop van die derde sloot) op persele P tot Z te bepaal
nie. Inderdaad is die "patroon" met verwysing na slegs
K, M, N en 0 bepaal. Op sy sagste gestel, is dit
twyfelagtig of enige patroon ten opsigte van die toe-
kenning van beurte met verwysing na slegs 4 van 17 per-
sele vasgestel kan word. Trouens, ten einde 'n betrou-
bare patroon te vind, sou 'n mens waarskynlik op die toe-
kennings aan al 26 persele moes let. En wat J, K en L
betref, kan nie uit die oog verloor word nie dat aan elk
ook 'n beurt uit die tweede sloot toegesê is.

In die lig van bostaande meen ek nie dat die

huidige topografie van J of die aantal morge wat tans

op bepaalde gedeeltes van J, K, L, M, N en 0 besproei
word enigsins behulpsaam is by die uitleg van Melvill se

toekenning nie.

Die verhoorhof het ook op 'n verdere oorweging

/gesteun ...

20.

gesteun vir sy bevinding dat twee beurte úit die derde

sloot aan L toegeken is. Die respondente getuig dat in

die twintigerjare haar vader en ooms die gedeelte van L
naaste aan die Olifantsrivier (hierna die suidelike deel
genoem) besproei het met 'n ander beurt as dié wat op die
gedeelte naby die pad (hierna die noordelike deel genoem)
aangewend is, en dat K die beurt tussenin gehad het. Sy
sê ook dat dit nie moontlik was om die suidelike deel te
besproei uit die sloot waaruit water op die noordelike
deel gebruik is nie. Haar getuienis is volgens die
verhoorhof gestaaf deur 'n taksloot wat op die kaart aan-
getoon is. Hierdie sloot was basies 'n verlenging van
die derde sloot vanaf die punt waar laasgenoemde sloot
noordweswaarts begin kronkel het. Die takslpot het dus
naastenby parallel met die Olifantsrivier geloop. Vol-
gens die respondente is daar nie destyds op die suidelike
deel van K besproei nie. In die lig hiervan het die
verhoorhof gesê:

/"Die ...

21
"Die taksloot ... moes dus gewees het vir
besproeiing op Lot L en dit staaf haar
fdie respondente sej getuienis dat daar
apart besproei is op die agterste [suide-
like] en voorste [noordelike] deel van Lot
L en dat dit nie moontlík was om water uit
sloot No. 3 van die vborste deel na die
agterste deel te neem níe, en dat die tak-
sloot hiervoor nodig was."

Nadat die hof verwys het na 'n notariële akte
van 1908 waaruit afgelei is dat die eienaar(s) ,van L
dit nodig gevind het om die suidelike deel daarvan uit
'n taksloot (die sogenaamde prosessloot) van die Welbe-
dagtsloot te besproei, is soos volg besluit:

"Die gebruik van die taksloot het meegebring
dat die eienaars van Lot L op twee plekke
hulle water uit sloot no. 3 moes neem, nl.
op L (vir die voorste gronde) en op J vir
die taksloot. Dit is dus heel verstaan-
baar dat daar twee beurte aan Lot L toege-
ken sou word met die beurt van Lot K tussen- in. "

Ek kom later terug op die vraag welke gewig aan
die respondente se getuienis oor die aanwending van beurte
in die twintigerjare geheg kan word. Wat die verhoorhof

/egter....

22.

egter uit die oog verloor het, is dat toe die respondente
haar verstand gekry het (en ook toe die genoemde notariële
akte verly is), die derde sloot reeds verlê was en dat die
Welbedagtsloot se ligging op L heelwat van die van die ou
lóop van die derde sloot verskil het. Die bossloot waar-
mee, volgens die respondente, die suidelike deel van L
besproei is, was klaarblyklik ook nie die taksloot (die
verlenging van die derde sloot) waarna die verhoorhof ver-
wys nie- En wat die notariële akte betref, is die proses-
sloot nie volgens die respondente aangewend om die suide-
like deel van L te besproei nie.

Wat egter wel uit die kaart afgelei kan word,
is dat dit waarskynlik fisies moontlik was om die ou tak-
sloot aan te wend om met water uit die derde sloot díe
suidelike dele van J, K en L te besproei. Die taksloot
het egter naby die Olifantsrivier geloop en dit is uiter-
aard nie moontlik om te bepaal tot welke mate bogenoemde
dele in 1879 daaruit besproei is of kon word nieJ Gestel

/dat ...

23.

dat daar destyds noemenswaardige besproeiing uit die tak-
sloot plaasgevind het, verklaar dit egter nie waarom,
soos die verhoorhof dit het, aan L 'n beurt voor K toege-
ken sou gewees het nie. Al word aanvaar dat die suide-
like deel van K nie in die twintigerjare besproei is nie,
is dit nie 'n betroubare aanduidíng van wat die posisie in
1879 was nie. Dit is nodig om in gedagte te hou dat na
die verlegging van die derde sloot die Welbedagtsloot 'n
heel ander ligging op o a K gehad het as die ou loop van
eersgenoemde sloot. Die verlegging kan dus die eienaar
van K beweeg het om ander dele as voorheen te besproei.

Maar selfs indien die taksloot in 1879 nie op
J of K nie maar wel op L aangewend is, is dit vir my nog
steeds nie 'n aanduiding nie dat Melvill uit die derde
sloot geen beurt aan J nie, rnaar wel een aan L gevolg
deur 'n beurt van K en 'n tweede beurt van L, toegeken het.
Indien hy beoog het om altesaam 42 uur aan L toe te wys,
is dit aanvaarbaarder dat hy een beurt van soveel uur

/(na ...

24.

(na K se beurt} instede van twee beurte van 24 en 18 uur
(met 'n beurt van K tussenin) aan L sou gegee het. Uit die oogpunt van die eienaar van L sou 'n aaneenlopende
beurt verkieslik gewees het want hy sou dan kon besluit
tot welke mate hy die beurt direk uit die derde sloot of
uit die taksloot wou aanwend sonder enige onderbreking
om vir 'n beurt van K voorsiening te maak. En die be-
staan van die taksloot en die aanwending daarvan op L
kon in sigself nie 'n voldoende rede gewees het om aan
daardie perseel 'n beurt voor K te gee nie.

Wat die notariële akte van 1908 betref, hoef
slegs gemeld te word dat dit geen steun bied vir die
respondente se standpunt dat J nie 'n beurt uit die derde
sloot gehad het nie. Trouens, dit dui daarop dat J
in 1908 wel 'n beurt uit die Welbedagtsloot benut het.

Ten slotte is daar die getuienis van die res-
pondente dat vanaf 1920 tot 1927 L twee beurte met 'n
totaal van 42 uur (en J geen beurt nie) uit die Welbedagt-

/sloot ...

25.

sloot en vertakkings daarvan gebruik het, en die appellant
se getuienis dat sedert laastens 1954 J en L onderskeide-
lik beurte van 24 en 18 uur uit die genoemde sloot gehad
het. In die veronderstelling dat dié getuienis prinsi-
pieel toelaatbaar was, meen ek dat die verhoorhof dit
tereg nie in ag geneem het nie as 'n aanduiding van hoe
die eienaars in 1879 of kort daarna Melvill se toekenning
vertolk het, of van fisiese omstandighede wat destyds be-
staan het. Water wat oorspronklik op een. perseel ge-
bruik is, kon later met toestemming op 'n ander perseel
aangewend gewees het. En soos uitgewys deur die ver-
hoorhof, kon 'n perseel vir 'n geruime tyd onbewerk en
onbewoon gewees het en kon 'n ander eienaar daardie per-
seel se beurt vir sy grond toegeëien het. Die aanwend-
ing van beurte vanaf 1920 is dus nie 'n betroubare aan-
duiding van hoe die water in en kort na 1879 benut is

nie.

Wat die respondente se getuienis betref, is

/daar ...

26.

daar 'n addisionele rede waarom dit nie as hulpmiddel by
die vertolking van Melvill se toekenning aangewend kan
word nie. Sy getuig naamlik dat vanaf haar vroegste
herinnering in 1920 totdat sy Welbedagt in 1930 verlaat
het, die beurte uit die Welbedagtsloot vanaf Z ooswaarts
op mekaar gevolg het. Daar is egter geen twyfel nie
dat volgens die toekenning die beurte vanaf oos na wes
toegedeel is. Indien die respondente dit reg het, moes
die eienaars van persele wat op water uit die derde sloot
geregtig was op een of ander stadium voor 1920 om 'n duis-
tere rede afgewyk het van die volgorde waarin Melvill
beurte toegeken het. Daar bestaan dan des te meer rede
om nie uit die respondente se weergawe aangaande die
twee beurte van L 'n afleiding te maak oor wat die posisie
veertig jaar vroeër was nie. En indien die respondente
se geheue betreffende die volgorde van die beurte gebrek-
kig is, moet daar uiteraard sterk twyfel wees oor die
betroubaarheid. van haar herinnering aangaande die aantal

/ure ...

27.

ure per siklus waartydens tussen 1920 en 1930 op L be-
sproei is.

Omdat dit onbekend is hoe die water uit die
derde sloot inderdaad net na Melvill se toekenning aan-
gewend is, en daar nie betroubare aanduidings is nie
aangaande omstandighede wat in 1879 gegeld het en wat
relevant mag gewees het, is 'n mens uiteindelik slegs op
die toekenning (met die kaart) aangewese. Op grond van
die oorwegings wat reeds genoem is, is die toekenning in
sigself duidelik en is aan J en L onderskeidelik beurte
van 24 en 18 uur uit die derde sloot toegeken. In die
veronderstelling dat dit die juiste vertolking is, was
dit gemene saak dat die verhoorhof onderstaande bevele
moes verleen het.

Die appèl slaag met koste, insluitende die
koste van twee advokate, en die bevele verleen deur die
verhoorhof word deur die volgende vervang:

(1) Dit word verklaar -

/(a) ...

28.
(a)dat die siklus van waterbeurte uit
die sloot bekend as die Welbedagtsloot
op die plaas Welbedagt in die Afdeling
Oudtshoorn 31½ dae (van 24 uur elk)
beloop volgens die Toekenning van 1879
soos gewysig deur die Notariële Ooreen-
koms van 1888;
(b)dat die eienaar(s) van gedeelte 23
(voorheen perseel L) van Welbedagt
geregtig is op een beurt van 18 uur
in elke sodanige siklus.
(2) Die eienaar(s) van gedeelte 23 word verbied om
op grond van die Toekenning van 1879 water uit
die Welbedagtsloot te keer anders as in uit-
oefening van bogenoemde beurt.

(3) Die eerste respondent word gelas om die koste

van die aansoek te betaal, insluitende die
koste van twee advokate en die kwalifiserende

/fooie ...

29

fooie van die getuies Torrington en Maree

H.J.O. VAN HEERDEN, AR
KOTZé, AR
TRENGOVE, AR

BOTHA, AR

STEM SAAM

BOSHOFF, AR