South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 65
| Noteup
| LawCite
S v Pedise (77/85) [1985] ZASCA 65 (30 August 1985)
Download original files |
Saaknommer: 77/85
WHN
JAN PEDISE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
JOUBERT, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPELAFDELING
In die saak tussen:
JAN PEDISE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: JOUBERT, HOEXTER et BOTHA ARR
Verhoor: 23 Augustus 1985
Gelewer: 30 Augustus 1985
UITSPRAAK
JOUBERT, AR:
/Op ..........
2
Op 27 November 1984 is die appellant, 'n
29 jarige Swartman, in die Kuruman/Vryburg Rondgaande
Plaaslike Afdeling te Vryburg deur MALHERBE R en twee
assessore daaraan skuldig bevind dat hy op Sondag 11 Maart
1984 Hentsie Strauss (hierna "Hentsie" genoem) en Jakob
Strauss (hierna "Jakob" genoem) op die plaas Randjies in
die distrik Postmasburg verrnoor het. Die verhoorhof
het bevind dat daar ten aansien van beide moorde geen
versagtende omstandighede was nie en die appellant is
gevolglik dubbele doodvonnisse opgelê. Met verlof
ingevolge art 316(8)(c)(ii ) van die Strafproseswet 51
van 1977 kom die appellant na hierdie Hof in hoër
beroep teen sy twee doodvonnisse.
/Uit .......
3
Uit die aanvaarde getuienis en bevindings van
die
verhoorhof blyk kortliks die volgende aangaande die
tersaaklike agtergrond en
omstandighede wat op die pleging
van die rnoorde betrekking het. Die
appellant het in
die distrik Postmasburg op die plaas Rekord van mnr
Kruger
grootgeword. Toe die dubbele moorde op die aangrensende
plaas
Randjies van mnr Markram gepleeg is, was die appellant
'n paar maande
werkloos. Hy het die aand van 10 Maart
1984 vir sy ma by 'n veepos op die
plaas Rekord gekuier.
Die oggend van 11 Maart 1984 is hy na die opstal van
die
plaas Rekord. Toe hy uitvind dat mnr Kruger en sy vrou
nie tuis was
nie het hy by die woonhuis ingebreek waar
hy o.a. 'n bottel whisky, 'n 22
vuurwapen en ammunisie
gesteel het. Volgens mnr Kruger se getuienis was
die
/bottel
4
bottel whisky "miskien 'n klein bietjie meer as
half".
Daarenteen het die appellant beweer dat dit 'n vol bottel
was. Die verhoorhof het mnr Kruger se getuienis oor
die hoeveelheid whisky aanvaar en die appellant s'n
verwerp. Die appellant het toe gestap na die plaas
Randjies om te gaan kuier. Op pad het hy 'n half bottel
brandewyn uitgedrink, 'n zol dagga gerook en geslaap. Die
leë bottel brandewyn het die appellant na sy arrestasie
aan die polisie gaan toon (Bewysstuk 6) waar hy dit
in die veld weggegooi het. Hy het die vuurwapen onder=
soek en dit reggekry om 'n patroon in die vuurkamer daarvan
te sit. Hy het 'n skoot afgevuur. Dit was die eerste
skoot wat hy met 'n vuurwapen geskiet het. " Hy het
/die ...
4
die vuurwapen met 'n ander patroon gelaai en toe
die
gelaaide vuurwapen in die seilsak gesit wat hy om sy
skouer gedra het.
Hy het geweet dat dit 'n gevaarlike
wapen is en dat iemand wat daarmee
geskiet word, gedood
kan word. Teen sononder het hy op die plaas
Randjies
aangekom. In kruisondervraging het hy beweer dat hy
gedrink was
maar hy kon reguit loop en normaal praat.
Hy het nie geslinger nie en hy het
geweet wat hy doen.
Dat hy normaal geloop en gepraat het, word bevestig
deur
die lekegetuienis van die Staatsgetuies soos Stephanus
Prins, Sara
Prins, Mieta Prins en sy oom Paul Pedise wat
hom op daardie stadium op 'n
kort afstand gesien het en/of
met hom gepraat het of hoor praat het. Die
appellant
is vanaf sy oom Paul Pedise na die huis van Booi stander
/waar ..
6
waar hy ongeveer 'n uur vertoef het. Die verhoorhof
het tereg Booi Stander
se getuienis dat die appellant by
sy skermmuurtjie gestaan het sonder dat
hulle met mekaar
gesels het, verwerp as onwaarskynlik. Die verhoor=
hof
het die appellant se weergawe dat hy en Booi Stander
met mekaar gesels het en
die gesteelde whisky gedrink het
as meer waarskynlik aanvaar. Maria Louw wat
langs
Booi Stander woon, het bevestig dat Booi Stander en die
appellant
met mekaar gesels het maar sy het ontken dat
hulle gedrink het. Teen
slapenstyd het die appellant
gepoog om 'n vrou vir die aand te kry. Hy het
hom eers
gewend tot Sanna/Matselane Stander, die jong dogter van
Booi
Stander, maar sy het hom ontwyk deur pad te gee.
Die appellant is toe na die huis van Stephanus. Hy
/beweer .......
6
beweer dat hy daar na Sarma Stander gaan soek het maar
die verhoorhof het
die getuienis van Stephanus, Sara en
Mieta aanvaar dat hy laasgenoemde, die
17 jarige dogter
van Stephanus, wou hê. Stephanus se sinkhuis bestaan
uit
twee klein vertrekkies nl. 'n kombuis met 'n buitedeur en
'n
slaapkamer agter die kombuis. Op daardie tydstip het
Stephanus, sy vrou Sara
en hul drie jong kinders in díe
slaapkamer gelê. In die kombuis
het Mieta , Danster,
Samson en die twee oorledenes gelê of gesit terwyl
'n
paraffienlamp gebrand het. Die buitedeur was oop en
hulle het met
mekaar gesels. Toe die appellant by die
buitedeur opdaag om Stephanus se
dogter te kry, het
Stephanus geweier om aan sy opdrag te voldoen. Die
appellant het Hentsie, 'n 15 jarige seun, wat op die
/vloer .......
8
vloer teenoor die buitedeur gesit het, aangesê om haar
vir hom te
bring of te laat uitkom. Toe Hentsie weier
of versuim om gehoor te gee, het
die appellant op 'n kort
afstand hom in sy kop geskiet. Hy is so te sê
onmiddellik
dood volgens die mediese getuienis. Die verhoorhof het
die
appellant se weergawe as sou Hentsie gedreig het om hom
aan te val en
as sou hy teen Hentsie in noodweer opgetree
het terwyl Jakob en nog 'n man
die appellant vasgehou het
as vals verwerp. Toe die skoot geklap het, het
Mieta
opgespring en deur die opening na die slaapkamer gevlug.
Jakob het
na buite gevlug. Die appellant het die
kombuis binnegekom tot by die opening
na die slaapkamer
en 'n tweede skoot afgevuur. Hierdie skoot het hy na
Stephanus skiet maar dit was mis. Daarna het die
/appellant ......
9
appellant die sinkhuis verlaat met die dreigement dat
hy sou terugkeer om
"klaar te maak" nadat hy die mense
by die opstal
"klaargemaak het". Hy is toe na die huis
van Dawid Stanley waar hy
sonder welslae probeer het om
laasgenoemde se vrou Maria Louw te kry. Die
appellant
is toe in die rigting van die opstal wat ongeveer 400
m
daarvandaan is om Jakob voor te lê wanneer hy van die
opstal
terugkeer. Hy het naby die voetpad op sy hurke
gaan sit, die vuurwapen
gelaai, Jakob ingewag en toe
Jakob ongeveer 3 tree van hom af was, het hy die
vuurwapen
opgelig en Jakob 'n noodlottige skoot in sy bors
geskiet.
Die verhoorhof het bevind dat die appellant beide
oorledenes
koelbloedig en berekend doodgeskiet het. Die appellant ,
het
erken dat hy vir beide oorledenes kwaad was en dat
/hy .....
10
hy hulle wou "straf". Jakob sou dan
met hom baklei
het by Stephanus se huis maar hierdie weergawe van hom
is
deur die verhoorhof verwerp, soos hierbo vermeld.
Die bewyslas rus op die appellant om die bestaan
van versagtende
omstandighede ten tyde van die pleging
van die twee moorde op 'n oorwig van
waarskynlikhede te
bewys. Daar moet 'n feitebasis wees waarvan die
aan=
wesigheid van versagtende omstandighede afgelei kan word.
In die
onderhawige geval het die appellant twee ongewapende
weerlose slagoffers op
'n koelbloedige en berekende wyse
kort na mekaar dieselfde aand doodgeskiet.
Namens die
appellant is betoog dat verskeie faktore, soos die inname
van
drank, provokasie deur die oorledenes en gebrek aan
voorafbeping om doodslag te pleeg, kumulatief geneem
/wel ........
11
wel versagtende omstandighede sou daarstel. Die
verhoorhof het al hierdie faktore baie sorgvuldig oorweeg
Na my oordeel het die verhoorhof in sy bevinding
dat daar geeh versagtende omstandighede is nie geensins 'n
mistasting of 'n ander onreëlmatigheid begaan nie. Bowendien
in die lig van al hierdie aanvaarbare getuienis kan dit na my
oordeel nie gesê word dat die verhoorhof nie redelikerwyse
tot sy bevinding kon gekom het nie. Daar is geen feite=
basis aan die hand waarvan versagtende omstandighede op 'n
oorwig van waarskynlikhede bevind kan word nie.
Die appèl teen die doodvonnisse word afgewys
C. P. JOUBERT AR.
HOEXTER AR.)
BOTHA AR.) Stem saam.