South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 21
| Noteup
| LawCite
S v Stevens en 'n Ander (60/85) [1985] ZASCA 21 (1 May 1985)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
( APPèLAFDELING )
In die appèl tussen:
MICHAEL STEVENS lste appellant
en
DOROTHY BOOYSEN 2de appellant
versus
DIE STAAT respondent
Coram: Corbett,
Kotzé et Viljoen ARR
Verhoor op: 10 Mei 1985
Uitspraak
op: Mei 1985
U UITSPRAAK
CORBETT AR:
Die twee appellante, Michael Stevens (eerste
appel-
lant) en Dorothy Booysen (tweede appellant), het voor MARAIS
Wn R
en twee assessore in die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale
/ Afdeling.
2
Afdeling op aanklagte van moord en roof tereggestaan. Dit is in die klagstaat
beweer dat hulle (1) op 23 September
1983 en te Welgemoed ene Louise Adams
wederregtelik en
opsetlik gedood het en ( 2 ) op dieselfde datum en
plek
Louise Adams van 'n hoeveelheid klerasie beroof het. Die
eerste
appellant (wat beskuldigde no 1 in die hof benede was)
het onskuldig op die
eerste aanklag (moord) gepleit, maar
skuldig op die tweede aanklag (roof).
Eerste appellant het
verder t.o.v. die eerste aanklag 'n pleit van skuldig
aan
strafbare manslag aangebied en terselfdertyd 'n geskrewe
verklaring
ingevolge art. 112 van die Strafproseswet 51 van
197 7 ingehandig. Tweede
appellant het onskuldig op die
aanklag van moord gepleit maar skuldig op die
aanklag van
roof, en het geen verklaring ingevolge art. 112 gemaak nie.
Die verhoorhof het beide appellante skuldig aan moord
en aan roof bevind.
Die hof het verder bevind dat appellante
geen versagtende omstandighede
m.b.t. die moord bewys het nie.
/ Wat
3
Wat die roof betref, is eerste appellant tot vier jaar
gevange-
nisstraf en tweede appellant tot drie jaar
gevangenisstraf
gevonnis. Met die verlof van die verhoorregter kom
die
appellante in hoër beroep teen die bevinding dat
geervvér-
sagtende omstandighede by die pleging van die moord
aanwesig
was nie en teen die doodvonnis wat gevolglik opgelê is.
Die feite wat ten tyde van die verhoor bewys is ,
kan kortliks soos volg
saamgevat word. Die slagoffer
van die moord, Louise Adams ("die oorledene"),
was in lewe
'n huisbediende en het 'n kamer op die perseel van haar
'
werkgewer bewoon. Op Saterdag 24 September 1983 is
oorledene dood in
haar kamer aangetref. Sy het op haar
bed gelê en het nagklere aangehad.
Daar was 'n styfgetrekte
skoenveter om haar nek en 'n kopdoek wat om haar
mond vasge-
bind was . Haar mond was ook met drie stukkies lap toe-
gestop
. Die kamer was in wanorde. Klerehangers en
/kledingstukke
4
kledingstukke het orals
gelê. Volgens die dokter wat
die lykskouing uitgevoer het, is oorledene
dood as ge-
volg van verwurging. Die veter was baie styf getrek
en
vasgeknoop.
Die twee appellante wat in Manenberg as man en
vrou
saamgeleef het, is op 2 Desember 1983 gearresteer. In
hulle slaapkamer is 'n
hoeveelheid klerasie gevind wat die
eiendom van die oorledene was, Op
dieselfde datum het
elkeen van die appellante 'n verklaring gemaak. Die
toe-
laatbaarheid van hierdie verklarings is nie in geskil geplaas
nie .
Die tersaaklike gedeelte van eerste appellant se
verklaring wat voor Landdros
Neethling afgelê ís, lui soos
volg:-
"Ek kan meneer so vertel , meneer. Ons
was twee stuks gewees. Toe gaan ons
na
daardie vroumens toe. Ek kan nie sê wat voor
dit tussen die twee
vroumense gehappen nie.
Toe was ek en Dorothy by daardie vroumens se
kamer
gewees. Sy het altyd gesels saam met
daardie vroumens. Dorothy het vir my
in
kennis gestel met daardie vroumens . Toe sê
/ sy............
5
sy vir my ek is haar boy friend. Toe daar-
vandaan het ons aaneen gesit en
gesels by
daardie vroumens. Met die tyd toe ons ge- sels het en toe weet ek
nie wat kon gehappen
het nie - so die aand so 9 o'clock - slapens-
tyd,
toe sê Dorothy vir my sy voel om hier-
die vroumens te vermoor. Toe
sê Dorothy
ek moet haar help met die moord pleeg.
Ek het haar gehelp
en al die klompie moei-
te gevat om vir haar oorlede te kry. Ek
het die
vroumens se gorrel met pantihose
gebind. Ek trek dit toe styf tot sy
nie
kon asem kry nie en na sy oorlede is toe het
Dorothy 'n paar stuks
goete gevat van haar
en daarmee het ons weggegaan, Dis maar al."
Tweede appellant het in haar verklaring wat voor
kapt. Loubser van die
Suid-Afrikaanse Polisie afgelê is, die
volgende gesê:
"Ek ken vir haar. Ons het vir haar gevra
vir slaapplek . Ons het op die
grond ge-
slaap meneer. Sy het op die bed gelê en
slaap. Sy het die
lig afgesit. Sy het
geslaap al meneer, toe lê ons twee en
gesels nog
toe besluit ons ons gaan haar
dood maak meneer, dan gaan ons haar geld
vat
en goed. Dis nie dat ons wreed gewees het nie
meneer. Toe wurg ons
haar meneer, ek en hy
altwee. Sy was seker nog bewusteloos toe
skop sy nog
toe vat my boy friend 'n veter.
/ Ek het
6
Ek het hom nog gehelp meneer om haar vas te
hou. Toe ons haar klaar vasgemaak het, die
nek meneer met die veter, ek kan nie ont-
hou, die hande, waarmee ons dit vasgemaak
het. Toe het ons die lig aangesit en
die goed in die suitcase ingepak. My goed was
ook by, dit was in die sak gewees. Toe ons
klaar die goed ingepak het, toe maak ons net
die deur toe; toe loop ons meneer.
Vraag: Is daar nog iets wat jy wil byvoeg
Dorothy?
Antwoord: Ek weet nie hoekom ons dit gedoen
het nie. Ek sien nie die nodigheid nie. Ek
het nog nooit iemand seergemaak of so nie.
Ek is nie 'n mens wat sulke dinge aanvang nie
meneer. Ek kon nie rus daarna nie. Ek
het gevoel om myself ook te vermoor."
Na sluiting van die Staat se saak, het eerste
appellant sy saak gesluit
sonder om te getuig of ander
getuienis aan die hof voor te lê. Tweede
appellant het
egter getuienis gegee . Sy het beskryf hoe sy en
eerste
appellant op 23 September 1983 saam Durbanville toe is en
hoe hulle
vir die oorledene daar raakgeloop het. Sy en
oorledene was vriende gewees,
Hulle het "saam danse geloop".
Die oorledene het hulle na haar kamer toe
genooi om 'n
koppie koffie te gaan drink. Dit was tussen drie-uur
en half-vier toe hulle daar aankom. Tweede appellant
/ het
7
het verder vertel van 'n stryery en 'n bakleiery tussen haar en
die oorledene oor sekere geld wat eerste appellant
uit haar handsak vermis
het en hoe eerste appellant tussen-
bei getreé het en die oorledene
eers met die hand en toe
met die veter "gechoke" het . Toe díe
oorledene "stil lê"
het tweede appellant van oorledene se klere gevat
("om te
verkoop om my geld in te kry") en in 'n koffer gepak. Daar-
na het
sy en eerste appellant geloop. Sy het die koffer
saamgeneem.
Op grond van eerste appellant se bekentenis,
sekere antwoorde wat hy gegee
het toe hy oorspronklik inge-
volge- art. 119 van die Strafproseswet 51 van
1977 in díe
landdroshof ondervra is en tweede appellant se getuienis
is
eerste appellant aan moord skuldig bevind. Wat tweede
appellant betref
het die verhoorhof die skuldigbevinding
aan moord hoofsaaklik op haar
bekentenis gefundeer.
In die mate dat haar getuienis nie met haar bekentenis
ver-
soenbaar was nie het die verhoorhof die getuienis verwerp.
Die skuldigbevinding aan roof is in beide gevalle op die
appellante se pleite van skuldig gebaseer.
8
Na skuldigbevinding het eerste appellant getuienis
ter versagting
afgelê . Hy het getuig dat hy 24 jaar oud
is en dat hy feitlik geen
skoolopleiding gehad het nie.
Voordat hy gearresteer is, het hy as messelaar
in die bou-
bedryf gewerk en ongeveer R70,00 per week verdien. Hy
het
beweer dat hy op die dag van die voorval een "pyp" dagga,
gemeng met
Mandrax, gerook het. Dit het om en by agtuur in
die oggend plaasgevind. Hy is
deur sy advokaat gevra hoe
hy daarna gevoel het:
"Kan u vir die Hof se, asseblief, watter
uitwerking het daardie pyp op u
gehad? Hoe het u gevoel nadat u gerook het?--
Daarna het ek gevoel Meneer dat
my kop draai.
Vir hoe lank het u kop gedraai?-- Dit
was omtrent die hele dag,
Meneer."
Die oorledene is tussen tienuur en elfuur in die aand
vermoor. Hy is gevra (nog steeds in hoofverhoor):
"En hoe het u gevoel voordat u díe
oorledene vermoor het?-- Ek het
nie gevoel om
daardie dinge te doen nie.
Hoekom het u daardie ding gedoen?--
/ Waarom
9
Waarom daardie meisiekind vir my gesê
het ek moet saam met haar
staan.
En in daardie stadium het die dagga
en die mandrax enige uitwerking
op u nog
gehad of nie?-- Dit was nog in my breins
gewees, U Edele.
Hoe het u brein gevoel? Hoe het u ge-
voel?-- Na daardie, Meneer, niks nie
Meneer.
Na daardie het die moord ge'happen', toe
kon ek nie dink by myself
wat het ek gedoen nie . "
Onder kruisondervraging het eerste appellant toegegee dat
hy vir die
afgelope elf jaar dagga gerook het. Hy is
verder ondervra oor die uitwerking
wat die dagga op hom
gehad het:
"En een ou pypie vroeg in die oggend
wat jy gerook het, al is hy
ook gemeng
met mandrax, kan nie meer in die middag
jou kop dronk maak nie
of in die aand tien-
uur, soos jy vertel vir ons, toe jy die vrou
vermoor
het nie. Daardie dagga het nie meer
uitwerking op jou gehad nie. Is dit nie
reg
so nie?-- Ja Edelagbare, dit is reg so.
Besef jy wat ek vir jou vra? Ek sê
vir jou daardie dagga het nie
meer 'n uitwerk-
ing op jou gehad nie. Jy het dit vroeg in
die oggend
gerook. Daardie ding wat jou kop
dronk gemaak het was lankal verby gewees
toe
die moord plaasgevind het. Is dit nie so nie?
/ Ja my
10
Ja my Agbare, maar my breins was ni'e honderd
persent nie.
Waarvan was jou breins nie honderd per-
sent nie?-- Waarom die dagga in my
breins
gewerk het."
Eerste appellant het beweer dat terwyl hulle die aand gelê
en gesels
het, het tweede appellant vir hom gesê dat sy
besluit het om die
oorledene te vermoor. Hy het toe
ingestern. Sy het hom gehelp om die
oorledene te verwurg
deur haar vas te hou.
Tweede appellant het ook getuienis ter versagting
afgelê. Sy het toe
met 'n nuwe weergawe vorendag gekom,
nl. dat nadat die oorledene aan die
slaap geraak het, eerste
appellant vir haar gesê het dat hulle
oorledene moet doodmaak
en dat hy daarna in die "Witmense se huis" wil gaan
om te
kyk of daar 'n "safe" (blykbaar 'n kluis) is. Sy het inge-
stem
omdat sy bang was. Eerste appellant het haar beveel
om oorledene se hande vas
te hou terwyl hy haar verwurg het
en sy het hom gehoorsaam.
/ Na
11 .
Na afloop van die getuienis ter versagting is die
saak op aansoek van die verdediging uitgestel sodat 'n psigiatriese
verslag en 'n proefbeampteverslag m.b.t. die appellante verkry
kon word. Dit is gedoen. By die hervatting van die ver-
hoor het dr Zabow,
hoofpsigiater te Valkenberg Hospitaal, en
die proefbeampte, mej Kotze,
getuig.
Wat eerste appellant se geestesontwikkeling
("intellectual development")
betref het dr Zabow gesê:
". clinically the assessment of his
intellectual level is of the lower limits
of normal intelligence. He has
had vir-
tually no education and remains illiterate
but he is capable of
activity at labourer
level."
Met betrekking tot appellant se gebruik van dagga gemeng
met Mandrax en
die uitwerking wat dit ten tyde van die moord
op hom sou gehad het, he dr
Zabow soos volg getuig:
"Again I think commenting in completely
general terms that any form of
intoxicant
could theoretically have some effect but,
again, this is
dependent on the circum-
stances in which the drug is taken and
/ the
12
the individual's vulnerability. The account
that I have is that he is a
regular user of
dagga and probably for that reason the dis-
inhibition by
the preparation is probably
less than significant."
Later, onder kruisondervraging deur die Staat, het hy gesê:
" he was able to give a very detailed
sequential account and my impression was
that, even if there was influence
of dagga
at that time, it was probably rather mild
and minimal."
Namens die appellante is verskillende faktore ter
versagting van die moord
ter oorweging gegee. Die verhoor-
hof het hierdie faktore oorweeg. Eerstens
is verwys na die
jeugdigheid van die appèllante. Ten tyde van die
moord was
eerste appellant 23 jaar en 7 maande oud en tweede appellant
21
jaar en 8 maande. Die verhoorhof het bevind:
"Hulle ouderdom is nie na die Hof se
mening sodanig dat dit die pleging van hierdie
moord minder moreel laakbaar maak nie.
Hulle het albei etlike jare gelede die skool
verlaat en sorg reeds vir 'n geruime tyd vir
hulself as volwassenes. Van jeugdige onryp-
heid kan dan hier geen sprake wees nie."
/ Die
13
Die verhoorhof het ook aandag gegee aan die vraag of daar
enigiets in
appellante se persoonlike geskiedenis en algemene
agtergrond was wat die
morele laakbaarheid van hulle misdaad
verminder het maar tot die slotsom
gekom dat daar in hierdie
opsig niks buitengewoons was nie. Daar was ook geen
bewys
van enige psigiese of geestelike tekortkoming nie. Wat
die gebruik
van dagga en Mandrax deur eerste appellant betref,
het die hof bevind dat
eerste appellant nie daarin geslaag
het om te bewys dat dit hom "tot enige
wesenlike mate be-
ïnvloed het toe hy die oorledene later dieselfde aand
ge-
wurg het nie".
M.b.t. die appellante se "wedersydse beskuldigings
van beïnvloeding"
om die misdaad te pleeg, het die hof be-
vind dat dit onmoontlik was om te
sê wie se verhaal hierom-
trent die waarskynlikste was.
T.o.v. die betoog dat die misdaad nie voorbedag
was nie, het die hof hom soos volg uitgelaat;
/ "Dit
14
"Dit is waar in die sin dat dit nie dae
vantevore beplan is nie, maar die
feit
bly staan dat dit beplan is. Dat
dit dieselfde aand beplan is, is nie
na die
Hof se mening 'n versagtende omstandigheid
nie ."
Na oorweging van hierdie faktore, een vir een
en kumulatief, het die hof
beslis dat die bestaan van ver-
sagtende omstandighede nie bewys is nie.
Met hierdie bevinding kan daar, m.i., nie fout
gevind word nie. Die
betoë op appèl van appellante se
advokate het inderdaad neergekom
op 'n herhaling van die sub-
míssies wat aan die verhoorhof voorgedra
is en wat die ver-
hoorregter in sy uitspraak oorweeg het. Die advokate
kon
geen werklike mistasting in die uitspraak uitwys nie.
Daar was ook
klaarblyklik geen onreelmatigheid in die ver-
rigtinge van die hof a
quo nie. Om te slaag moet die appel-
lante dus hierdie hof oortuig dat
geen redelike hof kon
/ bevind
15
hevind het dat daar geen versagtende omstandighede was nie.
Ek is nie so
oortuig nie. Die appellante het 'n wrede koel-
bloedige moord gepleeg op 'n
slapende slagoffer wat niks hoe-
genaamd gedoen het om so 'n verskriklike lot
te verdien nie.
Die appellante was gaste wat sonder enige rede
(benewens
blykbaar hulle eie gewin) hulle gasvrou in haar eie
slaapkamer
vermoor het. Daar is m.i. niks in die ornstán-
dighede van hierdie
misdaad of in die persoonlike omstan-
dighede van die appellante wat hulle
morele verwytbaarheid
verminder nie.
Die appellante se appèlle word afgewys.
M M
CORBETT
KOTZé AR)
VILJOEN AR) Stem saam.