South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 138

| Noteup | LawCite

Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk. v Victor (470/84) [1985] ZASCA 138; [1986] 2 All SA 6 (A) (29 November 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


Saak nommer 470/84
E du P

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

CONSTANTIA VERSEKERINGSMAATSKAPPY

BEPERK Appellant

en

JOACHIM JAN HENDRIK VICTOR Respondent
Coram: RABIE, HR, JOUBERT, HOEXTER, BOTHA ARR, et

NICHOLAS, WND AR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:

8 November 1985. 29 November 1985.

UITSPRAAK

RABIE, HR:/
2
RABIE, HR:
Dit is 'n appèl teen die uitspraak en bevel van
Friedman, R., in die saak Victor N 0 v. Constantia
Insurance Co Ltd, 1985 (l) S.A. 118 (K). Die vraag
waarom dit gaan, is die regsgeldigheid van die verweer
wat appellant in die hof a quo geopper het teen die eis
wat respondent ten behoewe van sy aangenome minderjarige
seun, Joachim Victor, ingestel het.

Die feite van die saak en die geskilpunte tussen
die partye is by 'n samespreking ingevolge hofreël 37
soos volg genotuleer:

"1.

Verweerder erken dat die bestuurder van sy
versekerde se motorvoertuig, ene Nicolaas
Klaas, nalatig was en die ongeluk op 3

November/

3.

November 1978 veroorsaak het.

2.

Verweerder erken dat hy ten tyde van die
ongeluk op risiko was en verplig was om
die Eiser skadeloos te stel vir hospitaal-
koste, mediese koste aangegaan, eowel as
toekomstige mediese koste en algemene skade
gely as gevolg van die ongeluk, sowel as
verlies aan onderhoud tot datum van sy
aanneming.

3.

Die partye het ooreengekom dat die Eiser
skade gely het in die volgende bedrae:

3.1Hospitaalkoste R 918,75
3.2Mediese koste R 881,30
3.3Geraamde toekomstige

mediese koste R2 080,00
3.4 Algemene skadever-

goeding R8 000,00

3.5 Verlies aan onderhoud
tot datum van sy aan-
neming op 26 Februarie

1979. R 275,00

R12 155,05

4.

Die enigste geskilpunt tussen die partye

is/

4

is die kwessie of die Eiser geregtig is
op 'n eis vir verlies aan onderhoud na datum
van aanneming, in die lig van die hierna-
vermelde feite wat deur beide partye erken
word:

4.1Dat die kind vir sy lewensbehoeftes
geheel en al afhanklik was van die
onderhoud van sy natuurlike ouers.
4.2Dat sy natuurlike ouers oorlede is
as gevolg van die bogemelde ongeluk
op 3 November 1978.
4.3Dat die minderjarige kind op 26
Februarie 1979 deur die Eiser aan-
geneem is ingevolge die bepalings
van die Kinderwet, Nr 33 van 1960.
4.4Dat die onderhoud wat die kind
van die Eiser sal ontvang, nie
minder is nie as die onderhoud wat
hy van sy natuurlike ouers sou ont-
vang het.

5.

Die partye kom ooreen dat die Eiser ten
opsigte van die eis vir verlies van onder-
houd op die toekenning van 'n bedrag van
R16 000,00 geregtig sal wees indien die
regsvraag in die voorgaande paragraaf in

die/

5
die Eiser se guns beslis sou word."
Die verhoorregter het die regsvraag ten gunste
van die eiser in die saak (nou respondent) beslis. (Kyk
bl. 126 i.f. van die hofverslag.) Die appél geskied
met die yerlof van die verhoorhof.
Dit is erkende reg dat 'n minderjarige kind
'n eis weens verlies aan onderhoud het indien sy vader,
deur wie hy onderhou was en onderhou sou gewees het as hy
nie gedood is nie, onregmatig gedood word. Kyk bv. Jamesorfs
Minors v. Central South African Railways, 1908 T.S. 575 op
583-585; Union Government v. Lee, 1927 A.D. 202 op 220-222;
Legal Insurance Company Ltd v. Botes, 1963 (1) S.A. 608
(A) op 614 E-F. By die bepaling van vergoeding

weens/
6
weens verlies aan onderhoud, probeer die hof die kind
in die posisie plaas waarin hy sou gewees het as sy
vader nie gesterf het nie. (Kyk Legal Insurance Company
Ltd v. Botes, supra, op 614 E; Hulley v. Cox, 1923 A.D.
234
op 243-244.) Ingevolge die bepalings van art. 21
(1) van die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering,
No. 56 van 1972, is appellant verplig om die aangenome
seun (hierna "Joachim" genoem) te "vergoed" vir "verlies

die
of skade" wat hy as gevolg van/dood van sy ouers gely

het.

Appell.ant betoog nie dat Joachim se aanneming

op 26 Februarie 1979 per se 'n einde gemaak het aan sy reg om

vergoeding weens verlies aan onderhoud vir die tydperk

ná daardie datum te eis nie. So 'n betoog sou ook on-

gegrond/
7
gegrond wees. Art. 74(2) van die Kinderwet, No. 33 van
1960, wat bepaal dat 'n aangenome kind "vir alle doel-
eindes hoegenaamd regtens geag (word) die wettige kind
van die aannemende ouer te wees", bring mee dat die
persoon wat 'n kind aanneem regtens verplig is om hom te
onderhou net asof hy die natuurlike ouer van die kind is,
maar dit hou nie in dat die kind die reg om vergoeding
te eis wat hy met die dood van sy natuurlike vader
verkry het, verloor nie. Appellant se betoog is dat
daar by die berekening van die vergoeding waarop Joachim
geregtig is, gesorg moet word dat hy nie in 'n beter
posisie geplaas word as waarin hy sou gewees het as sy
ouers nie gesterf het nie; dat daar dus rekening gehou
moet word met alle voordele wat Joachim as gevolg van

die/ .......
8
die dood van sy ouers verkry het; dat hy vanweë sy aan-
neming 'n nuwe bron van onderhoud verkry het, en dat aan-
gesien hierdie onderhoud net soveel sal wees as diê wat
hy van sy natuurlike ouers sou ontvang het, sy ver-
goeding vir onderhoud vir die tydperk ná 26 Februarie
1979 tot nul verminder moet word. Die betoog lui dat
indien die bedrag van R16 000-00 aan Joachim betaal sou
word, hy dubbeld vergoed sal word vir die verlies wat
hy gely het.
Met die voordrag van hierdie betoog het appellant
se advokaat sterk gesteun op die feit dat, wanneer ons
howe bepaal welke vergoeding daar weens verlies aan onder-
houd aan 'n weduwee wie se man onregmatig gedood is,

toegeken/
9
toegeken moet word, hulle in ag neem of sy weer getroud
is en dus op onderhoud deur haar nuwe man geregtig
geword het, en of sy moontlik weer sal trou en daardeur
'n nuwe bron van onderhoud sal verkry, Kyk bv. Hulley
v. Cox, supra, op 244, en Peri-Urban Areas Health Board
v. Munarin, 1965 (3) 367 (A.) Appellant voer aan dat
dit logies is om die benadering wat in die geval van
'n weduwee gevolg word, ook in die geval van 'n aangenome
kind te volg. Met so 'n kind se aanneming, lui die
betoog, verkry hy 'n nuwe bron van onderhoud, net soos die
weduwee by haar hertroue 'n nuwe bron van onderhoud ver-
kry, en die twee gevalle behoort dus op dieselfde manier
behandel te word. As dit gedoen word, sê appellant,

sal./

10
sal in die onderhawige geval bevind moet word dat Joachim
nie skade gely het waarvoor appellant hom moet vergoed
nie.
Ek meen nie dat die bogemelde betoog gegrond
is nie, wat ook al in die verlede gesê is met betrekking
tot die vraag van die invloed wat 'n weduwee se hertroue,
of kans op hertroue, op haar eis om skadevergoeding
weens die onregmatige dood van haar eggenoot het. Die
basis van die betoog is dat Joachim regtens kan eis
dat die persoon wat hom aangeneem het, hom moet onderhou -
net soos die weduwee by hertroue normaalweg kan eis om
deur haar nuwe man onderhou te word. Dit is natuurlik

so/

11

so dat 'n kind 'n reg het om deur sy ouers onderhou te

word, maar dit is nie 'n ongekwalifiseerde reg nie.

Die reg bestaan vir sover die kind homself nie kan onder-

hou nie, en vir sover sy ouers in staat is om hom te

onderhou. Waar 'n kind 'n eie inkomste het, kan sy ouers
dit vir sy onderhoud aanwend voordat hulle verplig

is om hulle eie middele vir dié doel te gebruik. Kyk
bv. Van Leeuwen, Rooms-Hollands-Regt, 1.13.7; Holl Cons. I

146; Groenewegen, De Legibus Abrogatis, ad Inst.2.9.2;
Van der Keessel, Theses Selectae 105; Waterson v. Maybery,

1934 T.P.D. 210 op 215; In re Estate Visser, 1948 (3) S.A.

1129 (K) op 1136; Boberg, The Law of Persons and the

Family, bl. 261. Dit blyk ook dat, met die verlof van

die hof, 'n kind se kapitaal gebruik kan word om hom te

onderhou/

12
onderhou as sy ouers nie die middele het om dit te doen
nie. Kyk.bv. Voet 25.3. 16; Holl. Cons. II, 280;
Vermaak v. Vermaak, 1945 C.P.D. 89 op 96; In re Estate
Visser, supra, op 1137; Boberg, op cit., bl. 262. In
die onderhawige geval sou respondent, wat Joachim as sy
kind aangeneem het, dus met betrekking tot die R16 000-00
wat deur die hof a quo toegeken is, kon sê dat hy ge-
regtig is om die rente wat die bedrag kan verdien, vir
die doel van Joachim se onderhoud aan te wend. Die
R16 000-00 is 'n kapitaalbedrag, maar eintlik het dit
die karakter van inkomste eerder as kapitaal, altans
in die sin waarin laasgenoemde woord gewoonlik gebruik
word wanneer gesê word dat 'n kind se kapitaal nie deur

sy/
12(a)
sy ouers vir die doel van sy onderhoud gebruik mag word
nie. Dit blyk uit die wyse waarop die vergoeding wat
aan 'n afhanklike toegeken word, gewoonlik bereken word.
Soos goed bekend is, bepaal die hof dikwels (wanneer hy
dit op die getuienis voor hom kan doen) 'n kapitaalsom wat,
met inagneming van die rente wat dit sal kan verdien, 'n
jaarlikse paaiement uit die kapitaal en rente sal lewer
wat gelyk is aan die gedeelte van die oorledene se
jaarlikse inkomste wat die afhanklike as onderhoud sou
ontvang het, en welke bedrag aan die einde van die tyd-
perk waarin die afhanklike op onderhoud geregtig is, uit-
geput sal wees. (Kyk Arendse v. Maher, 1936 T.P.D. 162
op 162-163; Corbett & Buchanan, The Quantum of Damages,
2de uitg., bl. 67-68.) Dat so 'n toekenning deur die hof

die/.....
12(b)
die aard van inkomste het, blyk ook ciaaruit dat die hof
soms beveel dat die betrokke bedrag in die Voogdyfonds
inbetaal moet word en dan die Meester gelas om van tyd
tot tyd soveel daarvan vir die onderhoud van die aí'hanklike
uit te betaal as wat hy volgens sy diskresie nodig ag.
(Kyk Paterson v. South African Railways and Harbours,
1931 C.P.D. 289 op 301; Corbett & Buchanan, op cit.,
op bl. 68.) Die R16 000-00 wat in die onderhawige geval
toegeken is, is 'n bedrag wat ten opsigte van Joachim
se onderhoud toegeken is, en respondent sou na my
mening geregtig wees om dit vir dié doel aan te wend.
Die bedrag is immers deur die hof vir die doel van

Joachim/
13
Joachim se onderhoud bestem, en dit sou gevolglik vreemd
wees as respondent dit nie vir dié doel sou kon aanwend
nie. Hieruit volg dat nie gesê kan word dat Joachim
dubbeld vergoed sal word vir die verlies wat hy gely het
indien, soos deur die hof a quo beveel is, die bedrag
van R16 000-00 aan respondent betaal sou word nie. .
As respondent sou besluit om sy eie middele te gebruik om
Joachim te onderhou, en nie die R16 000-00 wat deur die
hof a quo toegeken is nie, sal dit as ex caritate-gedrag
van sy kant beskou kan word waarop appellant hom nie
kan beroep om sy verpligting om skadevergoeding te
betaal, te verminder nie.

Afgesien van wat hierbo gesê is, is daar ook
ander oorwegings wat my daarvan oortuig dat nie toegegee

moet/
14
moet word aan die sienswyse dat die onderhoudseis van
'n kind wat ná sy ouers se dood aangeneem word op dieselfde
wyse benader moet word as dié van 'n weduwee wat ná haar
man se dood weer getrou het of moontlik weer sal trou
nie. Dit is waarskynlik logies en billik om by die
berekening van die skade wat 'n vrou vanweë die dood van
haar eggenoot, of 'n kind vanweë die dood van sy vader,
ly, rekening te hou met voordele wat die dood van die
betrokke eggenoot of vader vir die weduwee of kind, na
gelang van die geval, meebring. (Kyk Groenewald v.
Snyders, 1966(3) S.A. 237 (A) op 247 A-B.) Die hertroue
van 'n weduwee, of die aanneming van 'n kind, is egter nie
gevolge wat uit die dood van die betrokke eggenoot of

vader/

15
vader voortvloei nie, en kan dus nie juis op logiese
gronde gesien word as faktore wat by die bepaling
van 'n weduwee of kind se vergoeding in aanmerking geneem
moet word nie. In Peri-Urban Areas Health Board v.
Munarin, supra, op 376 D, het Holmes, A.R., in verband
met die eis van 'n weduwee gesê: "Marriage prospects are
relevant because marriage would reinstate her right of
support." Ek het, met groot eerbied gesê, twyfel oor
die juistheid van die siening dat 'n weduwee se moontlike
hertroue relevant is omdat dit haar reg op onderhoud weer
sou instel ("reinstate"). Die reg op onderhoud wat sy
teenoor haar nuwe man verkry, is 'n nuwe reg, teen 'n
nuwe onderhoudspligtige, en nie 'n herinstelling van haar

vroeëre/

16

vroeëre reg nie. In appellant se betoog voor ons is,

o.a. na aanleiding van die hierbo aangehaalde woordc van
Holmes, A.R., klem gelê op die feit dat Joachim 'n reg op

onderhoud verkry het toe hy deur respondent aangeneem

is, en daar is aangevoer dat dit 'n belangrike f aktor is
wat by die berekening van die vergoeding waarop hy ge-
regtig mag wees, in ag geneem moet word. Daar moet egter
op gewys word dat die bestaan van 'n reg op onderhoud nie
noodwendig meebring dat dit by die berekening van ver-
goeding in aanmerking geneem behoort te word, of moet
word, nie. As iemand bv. kontraktueel sou onderneem
het om Joachim te onderhou indien sy ouers sou sterf, sou
dit nie ter vermindering van sy eis om skadevergoeding in

ag geneem word nie. Die posisie sou dieselfde wees as

iemand ná die dood van Joachim se ouers sou onder-

neem het hom te onderhou. (Kyk die uitspraak van Rumpff,
17
A.R., in Santam Versekeringsmaatskappy Bpk. v. Byleveldt,
1973 (2) S.A. 146 (A).) Verder, 'n kind se grootouers,
asook sekere ander bloedverwante, het bv. 'n regsplig om
hom te onderhou as sy ouers dit nie kan doen nie, maar
appellant se advokaat was m.i. tereg nie bereid om te betoog
dat die reg op onderhoud wat Joachim teen sodanige persone
maghs, by die berekening van sy skadevergoeding in ag geneem
moet word nie. Ek weet nie van 'n beslissing wat so 'n
betoog sou kon steun nie, en ek sou in die afwesigheid
van gesag wat my dwing om dit te doen, nie bereid wees
om so 'n betoog te handhaaf nie.

Ek keer nou terug na die kwessie van die howe se
inagneming van 'n weduwee se hertroue of kans op her-

troue/

18

troue wanneer daar oor die omvang van die skadevergoeding

waarop sy weens die onregmatige dood van haar eggenoot
geregtig is, beslis word. Hierdie hof het vir die eerste
keer na die aangeleentheid verwys in die saak Hulley v.
Cox, supra, toe Innes, H.R., gesê het (op 244):

"But the object being to compensate them
for material loss, not to improve their
material prospects, it follows that
allowance must be made for such factors as
the possibility of remarriage."

Dit is al wat die geleerde hoofregter oor die saak gesê
het. Dit wek die indruk dat dit in daardie tyd (1923)
'n gevestigde benadering was om die moontlikheid van 'n

weduwee se hertroue of kans op hertroue in ag te neem.

Die vroegste saak waarvan ek weet waarin gesê is dat met 'n

weduwee/

19
weduwee se kans op hertroue rekening gehou moet word,
is Kennedy v. Port Elizabeth Harbour Uoard, 5 EDC (1886)
311, waar Barry, R.P., bloot gesê het dat die weduwee
"may possibly remarry", net asof dit 'n algemeen aanvaarde
benadering was dat die moontlikheid van hertroue 'n
faktor is wat in ag geneem moet word. In Waring &
Gillow, Ltd. v. Sherborne, 1904 T.S. 340, op 350,het
Innes, H.R., gesê dat die getuienis in die saak sodanig
was dat dit onmoontlik was "to calculate what the chances
are of the plaintiff's remarriage." Daar is niks meer
oor die aangeleentheid gesê nie. Dit wil dus voorkom
of die ontstaansgeskiedenis van die gemelde benadering
nie uit ons gewysdes blyk nie. Dit sou waarskynlik

redelik/
20
redelik wees om te dink, meen ek, gesien veral die
verwysing daarna in die vroeë Oos-Kaapse saak Kennedy v.
Port Elizabeth Harbour Board, hierbo genoem, dat die be-
na&ering sy oorsprong in Engelse beslissings gehad het.
Wat Engeland betref, is die posisie vandag dat
die howe ingevolge betreklik resente wetgewing nie meer
'n weduwee se hertroue of kans op hertroue in ag mag neem
nie. (Art. 4(1) van die Law Reform (Miscellaneous
Provisions) Act 1971.) Dit wil voorkom asof hierdie
verandering nie weens beginselgronde teweeggebring is
nie, maar vanweê' die beskouing dat die vasstelling
van 'n weduwee se kans op hertroue as beledigend vir haar
en as onaangenaam vir die regter beskou was. (Kyk

Waddams/
21

Waddams, The Law of Damages, bl. 423.) Hierdie wetgewing
is al meermale gekritiseer. Die Royal Commission on
Civil Liability and Compensation for Personal Injury het
bv. in sy verslag van 1978 (para.411) in verband met die
feit dat 'n weduwee se hertroue nie in ag geneem mag word
nie, gepraat van "the manifest absurdity of awarding
damages for a loss which is known to have ceased."
In Kanada en Nieu-Seeland, soos in Friedman, R., se
uitspraak aangedui word, word rekening gehou met 'n
weduwee se kans op hertroue, en dit blyk dat 'n aangenome
kind se posisie in dieselfde lig as die van 'n weduwee
wat weer getrou het, gesien word. Die uitgangspunt

skyn te wees dat 'n hof moet let op "contingencies" wat

'n/
22
'n afhanklike se skade k an verminder, "regardless of
whether a legal duty to mitigate exists." (Cooper-
Stephenson and Saunders, Personal Injury Damages in
Canada, bl. 452.) Die belangrikste "contingencies",
word daar in hierdie werk gesê, is "remarriage and
adoption", en in verband met aanneming word gesê (bl.
454): "If there is a chance that a child will be
legally adopted and thereby receive pecuniary benefit,
this must be accounted for." In die Verenigde State
van Amerika, soos in die uitspraak van die hof a quo
gesê word (bl. 126 C-F van die hofverslag), word die
feit dat 'n weduwee hertrou het nie by die berekening van
vergoeding wat aan haar toegeken moet word, in ag geneem

nie/
23
nie. Beskikbare inligting oor die Amerikaanse reg
toon nie of die aanneming van 'n kind 'n invloed het op
die vergoeding wat hy weens die onregmatige dood van sy
ouers kan eis nie. Friedman, R., sê tereg, meen ek,
dat indien die aangeleentheid in die Amerikaanse reg op
dieselfde manier as in die geval van 'n weduwee behandel
sou word, 'n kind se aanneming waarskynlik nie sy eis
om skadevergoeding sal affekteer nie.
Die benadering dat 'n weduwee se hertroue, of
kans op hertroue, in ag geneem word wanneer besluit word
hoeveel vergoeding daar aan haar weens die onregmatige
dood van haar eggenoot toegeken moet word, is oor 'n
lang tydperk in ons howe - ook in hierdie hof - gevolg,

en/

24
en ek aanvaar derhalwe dat dit die benadering is wat
vandag in ons reg gevolg word waar die berekening van
die vergoeding van 'n weduwee wat weer getrou het, of wat
moontlik weer sal trou, ter sprake is. Ek besef ook
dat dieselfde benadering in sekere buitelandse regstelsels
gevolg word, ook wat aangenome kinders betref. Ek is
egter, uit hoofde van wat vroeër in hierdie uitspraak
gesê is, nie daarvan oortuig dat die beginsels van ons
reg, of oorwegings van logika of billikheid, my
regverdig om te bevind dat hierdie benadering ook op
die geval van 'n aangenome kind van toepassing gemaak
moet word nie.

Die appèl word met koste afgewys.

P J RABIE
HOOFREGTER.

25

JOUBERT, AR.

HOEXTER, AR.

Stem saam.
BOTHA, AR.

NICHOLAS, WND AR.