South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 124
| Noteup
| LawCite
S v Adams (206/85) [1985] ZASCA 124 (26 November 1985)
Download original files |
FRANS ADAMS
en
DIE STAAT
Saaknommer 206/85
mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
FRANS ADAMS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: TRENGOVE, HOEXTER et HEFER ARR
VERHOOR: 15 November 1985
GELEWER: 26 November 1985
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2.
HOEXTER, AR ,
In die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale
Afdeling
het die appellant, 'n 27-jarige manspersoon, op
'n aanklag van moord
tereggestaan. Hy het onskuldig gepleit
en na afloop van die staatsaak het hy
self getuig en ene
Cupido as verdedigingsgetuie opgeroep. Die
verhoorhof
(LATEGAN R bygestaan deur twee assessore)' het die
appellant
skuldig bevind aan moord sonder versagtende omstandighede.
Met
verlof van die verhoorregter kom die appellant in hoër
beroep alleen
teen die bevinding van die Hof a quo dat daar
geen versagtende
omstandighede was nie, en die daaropvolgende
doodvonnis. Die verhoor het in
twee fases geskied. Die
eerste fase het betrekking gehad op die vraag of die
misdaad
moord bewys is. Die tweede fase het 'n ondersoek behels na
die
bestaan van moontlike versagtende omstandighede. By
die tweede fase het die
appellant weer eens getuig.
Uit die aangevoerde getuienis blyk dat vroeg
in
3.
in die aand van 21 Maart 1983, en te Steenberg, distrik
Wynberg, die
oorledene, 'n 37-jarige manspersoon, beswyk
het aan 'n steekwond aan sy bors
wat sowel sy hart as sy
lewer binnegedring het. Die staatsaak is dat die
appellant
die oorledene se aanvaller was en dat hy die noodlottige
wond
met 'n dolk toegedien het. Die appellant was lid van 'n
bende wat as
"die Scorpions" bekend gestaan het. Gedurende
die dag van 21 Maart 1983 het
die appellant en vier ander
lede van gemelde bende (waaronder die
reedsgenoemde Cupido
en ene Frank Nagel) saam 'n groot hoeveelheid wyn
gedrink.
Omstreeks 8 uur nm het die vyf bendelede op straat rondge=
swerwe
toe hul die oorledene raakgeloop het. Nagel, wat
as staatsgetuie opgeroep is,
het die volgende relaas aan
die verhoorhof gegee van wat die oorledene daarna
oorgekom
het. Die appellant, wat in die optog vooraan gestap het,
het by
die oorledene 'n sigaret gevra waarop die oorledene
gesê het dat hy nie
rook nie. Die appellant gryp toe die
oorledene
4.
oorledene aan sy baadjie, pluk 'n dolk uit, en steek die
oorledene daarmee
in die bors. Met sy hand oor sy bors
het die oorledene weggehardloop terwyl
die appellant en sy
makkers in die teenoorgestelde rigting op die vlug
geslaan
het. Nagel was die enigste ooggetuie van die aanval waarop
die
Staat gestéun het, maar die staatsgetuie Cecilia Pearson
het net
betyds op die toneel van misdaad afgekom om te sien
hoedat die oorledene in
een rigting hardloop terwyl die
appellant en sy kornuite in die
teenoorgestelde rigting spat.
Pearson het verder getuig dat die appellant
later dieselfde
aand 'n dolk wat hy in sy hand gedra het aan haar
bewaring
toevertrou het.
Die appellant het erken dat hy in die loop van
die betrokke aand iemand
lig beseer het deur hom met 'n
stukkende bottelnek in die rug te steek, maar
hy het ontken
dat hy ooit die oorledene 'n steekwond toegedien het. Nagel
en
5.
en Pearson het die verhoorhof as geloofwaardige en
betrou=
bare getuies beïndruk. Daarteenoor was die appellant in
die
getuiebank strykdeur n ontwykende en onbevredigende
getuie. Heel tereg het
die verhoorhof die appellant se
ontkenning dat hy die noodlottige steekwond
toegedien het as
vals verwerp. Ook is daar geen fout te vind met
die
verhoorhof se verdere bevinding dat aan die hand van die
bewese feite
daar geen sprake kon wees van enige voorafgaande
provokasie aan die kant van
die oorledene nie. In hierdie
verband het die geleerde Regter opgemerk:-
"Die man het, toe hy vir die sigaret gevra is,
slegs gesê dat hy nie
rook nie. Hy was reeds
in die proses om weg te loop toe die
beskuldigde hom gryp en terugruk en omdraai
In hierdie stadium is dit nodig om stil te staan by die
teenstrydige
getuienis wat in die eerste fase van die verhoor
aangevoer is in verband met die uitwerking op die appellant
van die drank
wat hy gedurende daardie dag gedrink het.
Volgens
6.
Volgens Nagel het die vyf bendelede vanaf tussen 9 en 10 uur
voormiddag
tot omstreeks 5 uur namiddag twee 5-liter kanne
Virginia-wyn gelykop gedeel
en saam uitgedrink. Nagel sê
dat die hele groep, die appellant inkluis,
dronk was. Die
staatsgetuie Pearsonhet dit onomwonde gestel dat al vyf
van
hulle dronk was toe sy hul onmiddellik na die voorval
gesien het; sy
het getuig dat hulle "val-val" geloop het.
In teenstelling hiermee het die
appellant aan die verhoorhof
vertel dat hulle binne die bestek van twee ure
(tussen 2 uur
en 4 uur namiddag) 2 /2 5-liter kanne wyn verorber het
maar
dat hy self die wyn geskink het en dat hy deurentyd gesorg
het dat hy
slegs die helfte soveel as elkeen van sy makkers
gedrink het. Hierby
aansluitend het die appellant getuig
dat hy nie erg dronk was nie; dat hy
presies kon onthou
wat hy alles aangevang het; en dat 'n mens nie aan sy
voorkoms
sou gesien het dat hy dronk was nie. In sy uitspraak waarin
hy
oorweeg het of die misdaad moord bewys is, het die
Verhoorhof
7.
Verhoorhof daarop gewys dat volgens die appellant se eie
getuienis -
" hy nie so erg onder die invloed van
drank was dat hy nie geweet het presies wat
hy doen nie "
Voorts het die Verhoorhof die volgende bevinding gemaak:-
"Alhoewel ons dus aanvaar dat die beskuldigde
onder die invloed van drank
was, bevind ons
ook dat hy inderdaad slegs tot dié mate onder
die
invloed van drank was dat hy nog beheer
oor al sy fakulteite gehad het en ook
trouens
presies geweet het wat hy doen "
Oor die aangeleentheid van hoeveel hy gedrink
het en watter uitwerking dit
op hom gehad het, het die
appellant toe hy na skuldigbevinding ter versagting
getuig
het, opvallend van sy vorige getuienis afgewyk. By
laasgenoemde
geleentheid het hy aan die Verhoorhof vertel
dat die vyf bendelede ewe veel
gedrink het; dat hul algar
"baie onder die invloed van drank" was; en dat sy
herinnering
van die gebeure van die betrokke dag swak was. Sy aanvanklike
getuienis
8.
getuienis het die appellant probeer goedpraat deur te sê
dat hy toe
gemeen het dat indien die Hof sou glo dat hy op
die betrokke dag slegs matig
dronk was die Hof dan groter
waarde aan sy getuienis omtrent die gebeure van
daardie dag
sou heg.
Die verhoorhof het tot die slotsom geraak dat
die appellant se verklaring
vir sy frontverandering onwaar=
skynlik en onaanvaarbaar was. Vervolgens het
die Hof a quo
in sy uitspraak mbt versagtende omstandighede
gesê:
(A) "Ons moet dus objektief oordeel oor al
die getuienis voor die Hof oor sy toestand
van beskonkenheid ten tye van
die pleging
van die misdryf en dit is inderdaad nog ons
opinie en ons
sienswyse dat toe hy die
misdaad gepleeg het, hy onder die invloed
van
drank was. Tot welke mate is ons nog
steeds nie heeltemal seker nie, maar
wat
wel egter vasstaan vir ons en wat op al
die getuienis op die
waarskynlikhede vir
ons voorkom vanweë feite wat ek ook
vroeër
in my uitspraak genoem het, was
die beskuldigde nie tot so 'n mate dronk
toe
9.
toe hy die misdaad gepleeg het nie, dat
hy nie goed geweet het wat hy doen
nie, en
was hy inderdaad in ons oordeel in staat
om duidelik die
verkeerdheid van sy optrede
te besef."
Met verwysing na die rol van beskonkenheid in die algemeen as
moontlike
versagtende omstandigheid het die verhoorhof verder
opgemerk:-
(B) "Ek het reeds daarop gewys dat daar in ons
oordeel geen uitlokking
bestaan het wat die
beskuldigde emosioneel kon beweeg om die man
te steek
nie. Drank alleen laat nie 'n
mens 'n ander doodsteek nie. Indien
daar
enige aanduiding was dat vanweë enige vorm
van provokasie of
ander omstandighede wat
die beskuldigde emosioneel beweeg het tot
die
uittrek en die aanwending van die mes,
dan sou ek geredelik die beskuldigde
se
mate van beskonkenheid as 'n versagtende
faktor kon sien. In daardie
sin sou ek
kon sê dat sy drankinname sy optrede minder
laakbaar
gemaak het. Soos ek reeds gesê
het, bestaan daar egter nie sulke
addisionele
faktore wat die drank toegelaat het om 'n
rol te speel om sy
oordeel te bewolk nie
en gevolglik vind ons dat daar geen ver=
sagtende
omstandighede bestaan nie."
In
10.
In die loop van 'n weldeurdagte betoog het
mnr Majiedt namens die
appellant aangevoer dat die passasie
in die uitspraak hierbo aangehaal wat ek
as "(A)" gemerk
het aantoon dat daar by die Verhoorhof
begripsverwarring
bestaan het. In hierdie verband het die advokaat
benadruk
dat terwyl dieselfde faktore (soos bv die uitwerking op
'n
beskuldigde van sterk drank) by albei ter sprake mag kom,
daar 'n
wesenlike verskil bestaan tussen die ondersoek na
bewys van die ten laste
gelegde misdaad enersyds en andersyds
die ondersoek na die bestaan van
moontlike versagtende
omstandighede. By eersgenoemde gaan dit om die vraag
of
die beskuldigde ontoerekeningsvatbaar dronk was. By
laasgenoemde staan
die beskuldigde se toerekeningsvatbaarheid
en sy juridiese skuld reeds vas,
en gaan dit bloot om die
moontlikheid van 'n mindere verwytbaarheid.
Kyk:
S v Theron 1984(2) 868 (A) op 880 A/F. By die bewys
van
mindere verwytbaarheid geld gans ander oorwegings as by
die
11.
die bewys van die skuld self. Kyk: S v Ndhlovu (1)
1965 (4) SA 688 (A) op 691 A/C; S v Mula 1975 (3) SA 208
(A).
Ofskoon die gewraakte passasie ten minste vatbaar is vir
die
vertolking wat die advokaat daaraan toedig, vind ek dit
onnodig om enige
vaste mening in verband daarmee uit te
spreek omdat na my oordeel die
Verhoorhof in die tweede
passasie hierby aangehaal en as "(B)" gemerk 'n
mistasting
begaan het deur te aanvaar dat beskonkenheid
alleenstaande
nooit h versagtende omstandigheid kan daarstel nie; en
dat
dit slegs strafversagtend bygehaal mag word indien dit
wedersyds
inwerk met een of ander gemoedsbeweging (soos
bv provokasie of gramskap). h
Versagtende omstandigheid
is h feit of feite wat op die geestesvermoëns
van die
moordenaar betrekking het en waardeur sy verwytbaarheid
ten
opsigte van sy slagoffer se dood, na die oordeel van h
redelike persoon,
verminder word. Geen formele omskrywing
van
12.
van "versagtende omstandighede" kom voor in art 277(2) van
die
Strafproseswet 51 van 1977; en uiteraard is dit 'n
begrip wat hom nie tot
omvattende formulering leen nie.
Vgl. S v Petrus 1969 (4) SA 86 (A) op
93H/94A. In ons
strafpraktyk is dit alombekend dat een van die feite
wat
op die beskuldigde se geestesvermoëns betrekking kan hê
sy
besopenheid tydens die pleging van die misdaad is.
Vanselfsprekend moet 'n
beskuldigde se besopenheid in same=
sluiting met al die ander relevante
omstandighede van die
misdaad opgeweeg word. Maar dit beteken immers
nie
dat 'n gevorderde graad van beskonkenheid op sigself nooit
versagtende
omstandighede kan daarstel nie. Die Verhoorhof
se vooropstelling dat daar
noodwendig 'n wisselwerking moet
wees tussen besopenheid en een of ander
gemoedsaandoening
(soos bv provokasie of gramskap) alvorens besopenheid
as
versagtende omstandigheid aangemerk kan word, is, so meen
ek, logies
onhoudbaar en juridies onsuiwer.
Uit
13.
Uit hoofde van die voorgaande staan dit hierdie
Hof vry om in
verband met die bestaan van moontlike versag=
tende omstandighede sy eie
oordeel te vel.
Mnr Cilliers, wat namens die Staat die appël
beredeneer het,
het met byhaling van hierdie Afdeling se
beslissing in S v Namane
1977(4) SA 240 (A) betoog dat omdat
die appellant deurentyd met sy
alibi-verweer volhard het en
verder ook 'n ongeloofwaardige getuie
was, dit nie moontlik
is om vas te stel tot watter mate die appellant by
pleging
van die misdaad onder die invloed van drank was nie. Na my
oordeel
kan hierdie argument nie opgaan nie. Dit is so dat
die appellant geblyk het
'n deurtrapte leuenaar te wees. Dit
bring mee dat waar sy getuienis oor 'n
bepaalde aangeleentheid
alleen en sonder bevestiging staan, daarop nie
peilgetrek
kan word nie. Vir die appellant se bewering, toe hy by
die
tweede geleentheid getuig het, dat hy op die betrokke
tyd baie dronk was,
bestaan daar egter uit ander bronne
klinkklare
14.
klinkklare bevestiging. Nagel en Pearson het getuig
dat
die appellant opsigtelik besope was. Volgens Nagel was
die appellant
dermate dronk dat sy spraakvermoë aangetas
is. Nagel en Pearson sê
albei dat die appellant se gang
die van 'n besope mens was. Uit die uitspraak
wat die
Verhoorhof by skuldigbevinding gelewer het, blyk dit dat hy
Nagel
as 'n uitmuntende getuie beskou het. Op die
Verhoorhof het Nagel "'n baie
goeie indruk gemaak" en hy
het "op 'n duidelike, logiese en samehangende wyse
sy verhaal
vertel sonder omhaal van woorde." Pearson se deug as
getuie het
die Verhoorhof insgelyks hoog aangeslaan. Sy
het haar getuienis "op 'n baie
bevredigende wyse afgelê."
Vir die appellant se gruwelike aanval op die
oorledene blyk
daar uit die aangevoerde getuienis geen rede hoegenaamd
te
gewees het nie. Met inagneming van al die getuienis,
maar in besonder
die getuienis van Nagel en Pearson, dui
die waarskynlikhede na my mening op
'n gevolgtrekking dat
die
15.
die appellant se verstand dermate beneweld was dat
sy
oordeelsvermoë en verantwoordelikheidsin wesenlik
daardeur
aangetas is. Na my oordeel het die appellant hom van die
bewyslas
gekwyt en regverdig die getuienis deur die Verhoorhof
aangehoor 'n bevinding
dat die versteuring van die appellant
se geestesvermoëns weens
drankmisbruik versagtende omstandig=
hede daarstel.
In al die omstandighede meen ek verder dat
hierdie 'n geval is waar die
uiterste vonnis vermy behoort
te word; en dat 'n swaar vonnis van
gevangenisstraf meer
gepas sal wees. Onder die appellant se jongste
vorige
veroordelings is daar drie weens aanranding met die opset
om
ernstig te beseer. Ter beskerming van die gemeenskap
moet die termyn van sy
gevangesetting lank wees.
Die appèl slaag. Die Verhoorhof se bevinding
dat daar geen
versagtende omstandighede aanwesig was nie
word
16.
word ter syde gestel en vervang deur 'n bevinding van
moord
met versagtende omstandighede. Die doodvonnis wat opgelê
is,
word ter syde gestel en vervang deur 'n vonnis van
twaalf jaar
gevangenisstraf.
G G HOEXTER, AR
TRENGOVE, AR )
stem saam
HEFER, AR )