South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 113
| Noteup
| LawCite
S v Schwartz (116/85) [1985] ZASCA 113 (30 September 1985)
Download original files |
116/85
KENNETH LIONEL SCHWARTZ Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPÉLAFDELING)
In die saak tussen:
KENNETH LIONEL SCHWARTZ Appe11ant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: KOTZÉ, TRENGOVE, BOTHA, GROSSKOPF et BOSHOFF, ARR
Verhoor: 3 September 1985
Gelewer: 30 September 1985
UITSPRAAK
KOTZÉ, AR :
In die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling
het KLOPPER, R P en twee assessore die appellant, 36 jaar
oud /2
-3-
Olivier, het die pasvermelde bevindinge gemaak op 12 Julie
1982
toe hy 'n geneeskundige ondersoek na die doodsoorsaak gehou
het. Prof
Olivier het o a die volgende relevante getuienis,
wat nie bevraagteken kan
word nie, gelewer.
(a) Hy het 'n klein stukkie materiaal soos van 'n
sykous aan die vel op die agterkant van die
oorledene se linkerhak gevind.
(b) Met betrekking tot die koeëlwonde: die
een aan die kop het deur die skedel ingedring
van regs na links met 'n hoek afwaarts en 'n
hoek na vore en het aan die heel laterale
hoek van die linkeroog uitgegaan; die regter-
borskas is van regs na links ingedring met
'n /4
-2-
oud, aan die moord te Bloemfontein op 9 Julie 1982 van
Naomi Hester Roos
(die oorledene), 28 jaar oud, met versag-
tende omstandighede skuldig bevind.
Aan hom het die Regter-
President 'n vonnis van sewe jaar gevangenisstraf
opgelê.
Met verlof van die verhoorhof kom die appellant in
hoër
beroep teen die skuldigbevinding.
Die oorledene het op 9 Julie 1982 die lewe gelaat
as gevolg van twee
deurdringende koeëlwonde in die kop en
borskas met beskadiging van die
brein, die hart en die longe,
wat gepaard gegaan het met inwendige bloeding.
Elkeen
van hierdie wonde sou op sigself noodlottig gewees het.
'n Derde
koeëlwond het die oorledene se linkeronderbuik
deurdring en die kolon
beskadig. Die staatspatoloog, Prof
Olivier /3
-4-
'n hoek afwaarts en 'n hoek na agter deur die
borsbeen, die rand van die regterlong, die hart-
sak, die hartkamer en die onderdeel van die linker-
long. Die koeël het die borskas verlaat tussen
die agste en negende ribbe; die derde koeël-
wond het van regs na links in die bobuik in-
gedring op hoogte van die naeltjie met 'n
hoek na agter en effens opwaarts met die uit-
gangswond in die vel oor die linkerlendege-
bied.
(c) Ander vars wonde: (i) oppervlakkige gruis-
wondjies bokant en binne die regterwenkbrou
en oor die regterwang; (ii) 'n klein kneusing
bokant /5
-5-
bokant die middel van die
regterwenkbrou;
(iii) uitgebreide kneusing oor die middel
van die
neusbrug; (iv) klein kneusings aan
die linkerlip; (v) horisontale
bandvormige
kneusing oor die vel oor die anterior aspek
van die nek - die
breedte het gevarieer van
6 tot 8 mm en die lengte was 8,5 cm ;
(vi) 'n
oppervlakkige horisontale kneus-
en krapmerk voor dwars oor die nek 6
cm
lank en 1 tot 2 mm breed wat 'n voortsetting
is van die laterale deel
van (v); (vii) 'n
lynvormige, liniêre kneusing in die boonste
deel
van die regter onderarmholte wat op-
waarts /6
-6-
waarts strek en na agter oor die agteraspek
van die regterskouerknop; (viii) 'n area
van onreëlmatige kneusing, 4 by 3 cm , oor
die middel van die boarm aan die binnekant.
Dit is
tans gemeensaak dat die drie koeëlwonde
hierbo beskryf aan die oorledene
deur die appellant toegedien
is terwyl die twee van hulle alleen saam was in
omstandig-
hede wat later vermeld word. Voor 9 Julie 1982 het daar
'n
liefdesverhouding tussen die appellant en die oorledene
bestaan. Hierdie
verhouding het 'n aanvang geneem kort na die
huwelik tussen oorledene en haar
man, Paul Roos, gedurende
Januarie 1981 ontbind is. Die verhouding was
intiem:
appellant /7
-7-
appellant en oorledene het (behalwe vir kort
tussenposes)
saamgewoon en saamgeslaap tot die middel van Junie 1982.
Die getuienis met betrekking tot die appellant se
betrokkenheid by die
dood van die oorledene kan ruweg in
vier afdelings verdeel
word.:
A. Sekere gebeure vanaf Saterdag 3 Julie tot ongeveer
twaalfuur
middag op 9 Julie 1982.
B. Die appellant se wedervaringe tussen
twaalfuur
middag en ongeveer 1.15 nm op 9 Julie 1982.
C. Die optrede van
die appellant en sekere gebeure
na 1.15 nm op 9 Julie 1982.
D. Die
deskundige getuienis en getuienis gepaard-
gaande daarmee.
A Die /8
-8-
A. Die tydperk 3 Julie tot twaalfuur middag op 9 Julie 1982.
Met uitsondering van die inhoud van die
laaste
paragraaf van hierdie afdeling wat die appellant se eie
getuienis
is, is die getuienis wat betrekking het op hierdie
tydperk gelewer deur
Reynecke, mev Maartens, mej Muller en mev
Winnifred Chadeli. Eersgenoemde
drie persone het saam
met die oorledene by Trust Bank in Bloemfontein gewerk
en
hulle getuienis, wat nie bra in twyfel getrek is nie, is
deur die Hof
a quo aanvaar. Daar bestaan geen goeie rede
waarom hierdie Hof nie ook
hierdie getuiehis sal aanvaar
nie. Die strekking van hulle getuienis is as
volg.
Vanaf Sondag 4 Julie 1982 het Reynecke, wat intussen bevriend
geraak /9
-9-
geraak het met die
oorledene, sy intrek geneem by die huis
in Waverleyweg waar sy toe gewoon
het. (Dit kan aanvaar
word dat die appellant reeds op gemelde datum daarvan
bewus
was). Die appellant het op gemelde datum.tussen 9 en 10
vm by die
oorledene se huis aangekom, vir 'n kort rukkie met
haar gesels en binne
vyftien minute na sy aankoms weer ver-
trek. Dieselfde aand, in die omtrek
van 7 uur, het hy
in sy rooi BMW sportmotor weer daar aangekom, stilgehou
en
op dié kar se toeter geblaas. Die oorledene het uitgegaan
en vir
omtrent twee minute met die appellant gepraat. Hy
het toe met 'n vinnige
vaart weggetrek. Na verloop van min
of meer tien minute het die appellant
weer met sy motor
voor die huis gestop. Die oorledene is weer uit, en het
'n /10
-10-
'n paar oomblikke met die appellant gesels, wat toe met "bande
wat
fluit weggejaag" het. Die oorledene het die huis binne
gekom en "baie bang
voorgekom".
Op Vrydag 9 Julie sou die oorledene tussen 12 en 1
uur haar middagete
neem. Sy was op daardie dag haar gewone
innemende, vriendelike en opgeruimde
self. Sy was, soos
gewoonlik, netjies aangetrek. Haar klere en bybehore was
heel. Sy
het o a ondervermelde kledingstukke en juweliersware aangehad:
die
trui (bewysstuk 3), romp (bewysstuk 9), skoene (bewysstuk 10),
leer-
baadjie (bewysstuk 11), 'n kettinkie (bewysstuk 1) met kamee-
speld
(bewysstuk 6), 'n "box chain" (bewysstuk 7) en oor-
krabbetjies waarvan
bewysstuk 8 'n oorblyfsel was. Voor
haar etenstyd om 12 uur het die oorledene
'n bos blomme by
die /11
-11-
die werk ontvang. Daar was 'n kaartjie saam met die blomme
wat die
oorledene opgeskeur het en in die asblik gegooi het.
Dit is gemeensaak dat
die blomme deur die appellant aan die
oorledene gestuur is.
Winnifred Chadeli, die oorledene se huisbediende,
het getuig dat die
appellant na 9 vm 'n broek van hom by die
oorledene se huis kom haal het.
Terwyl hy daar was het hy die
oorledene se slaapkamer betree, 'n sak daar
gesien en aan
haar gevra of daar 'n persoon by die oorledene slaap. Sy
het
geantwoord dat sy die sak nie ken nie en nie weet van
'n persoon wat daar
slaap nie.
Ofskoon daar nie meer 'n verhouding tussen hom en
die /12
-12-
die oorledene bestaan het nie sedert hy in die middel van
Junie 1982
attensies begin bewys het aan Elna van Jaarsveld,
het die appellant na 8 vm
op 9 Julie 'n gesprek per telefoon
met die oorledene gevoer, haar toestemming
verkry om klere
van hom by haar huis te gaan haal en 'n afspraak met
haar
gemaak om haar 12 uur middag te ontmoet vir ete by
die Halevy House
Hotel. Hierna is hy na die oorledene se
huis waar hy sy broek in ontvangs
geneem het van die oorledene
se bediende, Winnifred. Terwyl hy daar was het
hy gaan kyk
of die oorledene se wasmasjien, wat hy onlangs herstel
het,
nog in orde was.
B. Die gebeure tussen twaalfuur middag en ongeveer
1.15 nm op 9
Julie.
Die /13
-13-
Die getuienis met betrekking tot hierdie afdeling
is deur die
appellant self gelewer.
Enkele minute na twaalfuur middag het die appellant,
vergesel van sy seun,
met sy voormelde sportmotor (wat
slegs twee deure het) regoor die Trust Bank
se gebou stilge-
hou. Die oorledene het by hulle aangesluit en voor in
die
voertuig gaan sit terwyl die seun agter gaan sit het. Die
appellant
het sy seun by die huis gaan aflaai omdat die oor-
ledene hom versoek het om
dit te doen aangesien sy alleen
met hom wou gesels. Daar is afgesien van die
voorneme
om by die hotel te gaan eet en op die oorledene se versoek
het
die appellant met die pad na Brandfort gery en onder 'n
doringboom buite die
stad gaan stilhou. Op pad daarheen
was /14
-14-
was die oorledene treurig en hartseer as gevolg van
die
feit dat hy niks meer met haar te doen wou hê nie. Die
motor se
vensters was albei oop asook die sondak. Die oor-
ledene het aan die
appellant gesê dat sy na hom wou terug-
keer maar hy het aan haar
gesê dat dinge tussen hulle twee
nie sal regkom nie. Gedurende die
gesprek het hy 'n blikkie
"Black Label" bier gedrink - hy het twaalf blikkies
in die kar
gehad - en sy het een of twee mondiiesvol uit 'n tweede
blikkie
gedrink wat hy toe ook leeg gedrink het. Die blikkies
het hy daar
uitgegooi. Elkeen van hulle het ook 'n Camel
sigaret gerook. Die oorledene
was baie huilerig en hy het
die paneelkissie voor haar kniee aan die
passasierskant
oopgemaak om vir haar 'n papierservet uit te haal en aan
te /15
-15-
te bied. In die paneelkissie was sy pistool (bewysstuk
12)
wat sy toe uitgehaal en op haar skoot neergesit het met
die loop weg
van haar aE terwyl sy dit met haar linker-
hand vasgehou het. Hy het aan haar
gesê "sit die ding
onmiddellik terug". Sy het geweier en hy het nie
verder
aangedring dat die wapen teruggesit word nie. Die pistool
was vir
'n geruime tyd oop en bloot op haar skoot waar sy
dit vasgehou het, en daarna
het sy haar leerbaadjie oor die
pistool en haar linkerhand gesit. Om 12.50
het hy aan
die oorledene gesê sy moet teruggaan werk toe. Sy het
gesê
dat sy nie wou nie. Hy het toe vertrek terug stad toe.
Om dit
te kon doen moes hy 'n kort distansie aanry in die rig-
ting van Brandfort
waar daar 'n kruising is waar hy sou kon
omdraai /16
-16-
omdraai. Op pad na hierdie kruising het sy aan hom
vertel
dat haar vorige man dreig om haar maandelikse onderhoud
te
verminder. Sy was toe histeries. By die plek waar hy
wou omdraai, wat 0,8 km
van die doringboom af is, het die
oorledene weer versoek dat hy haar
asseblief nie moet terug-
neem werk toe nie. Hy het aan haar vertel dat hy
haar be-
slis sal terugneem. Terwyl hy besig was om die kar se
ratte te
wissel om te kan draai het hy 'n "kliek" geluid
gehoor wat ooreenstem met die
oorhaal van die pistool se
hammertjie. Die pistool was steeds op haar skoot
onder
die leerbaadjie. Appellant het sy kop na links gedraai en
die
oorledene gevra "wat de hel maak jy?" Daar was 'n
beweging op haar skoot, hy
het sy kop in haar rigting
gedraai /17
-17-
gedraai en haar op die gesig geslaan met die agterkant
van
sy linkerhand. Hy het haar onmiddellik met sy linkerhand
aan die kraag
van haar trui (bewysstuk 3) gegryp. Wat hierna
gebeur het is die spil waarom
die hele saak draai en ek
haal verbatim aan uit die appellant se
hoofgetuienis:
"Met dit gaan ek af om die pistool
by haar weg te gryp. 'n Skoot
het
afgegaan ...
HOF: Nee wag 'n bietjie, u sê 'n
skoot gaan af. Hoe bedoel u
u
gaan af? 'n Skoot gaan af, ek
hoor 'n skoot gaan af.
MNR. MALHERBE: U sê u gaan af, nou
... - Met my regterhand gaan ek
oor om die pistool by haar weg te
gryp.
MNR. MALHERBE AAN HOF: Die beskul-
digde beduie 'n beweging met sy regter-
hand van regs na links en afwaarts,
u Edele.
Mnr /18
-18-
MNR. MALHERBE: Na haar skoot toe?
- Dit is korrek.
Goed, en u sê wat gebeur toe u nou
so afgaan en
gryp na die pistool?
--- Ek hoor 'n skoot afgaan.
Ja? - Ek bring my hand
terug
met die pistool en ek pluk die handrem
op.
Verstaan ek reg, u het
daarin geslaag
om die pistool te gryp? --- Dit is
korrek.
HOF:
Is hy toe nog onder die leer-
baadjie? - Nee, hy het te voorskyn
gekom
nadat ek die pistool in die
hande gekry het.
Maar toe u nou die pistool in
die
hande kry? - Ja.
Het u u hand onder die leerbaadjie
ingesit om hom
uit te haal? - Nee,
ek het net geduik vir die pistool
met my regterhand
om hom in die
hande te kry.
Maar dan moes u bo-op die leerbaadjie
gevat
het om hom in die hande te kry?
- Nee, ek het my hand, my regter-
hand op haar skoot neergesit en
vorentoe /19
-19-
vorentoe laat gly om die pistool
in die hande te kry want ek het nie
geweet in watter posisie ...
Ek wil net seker weet, was u hand
dan onder die leerbaadjie? --- Ek
kan nie onthou nie.
MNR. MALHERBE: Goed, u het toe die
pistool in u regterhand, wat doen u
toe? --- Met alles in een beweging,
gryp ek die handrem.
Met watter hand? - Met my regterhand.
En u linkerhand, waar was dié?
- Nog aan haar kraag.
En wat was haar reaksie na daardie
eerste skoot waarvan u nou
melding
gemaak het? - Sy het geen reaksie
- sy het geen reaksie getoon dat
sy
, getref is nie.
HOF: Sy het nie inmekaar gesak
nie, sy het nie inmekaar gevou
nie,
sy het nie agteroor gebuig nie,
niks? - Niks.
Geen beweging? - Ekskuus?
Geen beweging wat sy uitgevoer
het nie? - Ja, sy het geen reaksie
vertoon dat sy getref is nie.
Ek /20
-20-
Ek sê sy het geen beweging uitgevoer
nie? - Nee, sy het bly
vroetel.
MNR. MALHERBE: Kom ek vra vir u
so, het sy uitgeroep of
geskree
of iets wat aandui dat sy getref is?
- Nee, glad nie.
Wat haar liggaam betref, het dit in
een posisie
doodstil gebly of het sy
haar liggaam beweeg? - Nee, sy
het haar liggaam
beweeg.
Hoe het sy haar liggaam beweeg?
- In alle direksies.
HOF: Vorentoe en agtertoe? -
Vorentoe en
agtertoe, links en regs,
want dit was net voete, hande,
bene als
tegelyktydig.
Ek dog ek het u netnou net gevra -
ek het gevra of sy
vorentoe inmekaar
gekrimp het of agteruit beweeg het
en u het gesê
nee? - Ja, maar ek
het gesê sy het geen reaksies ge-
toon dat sy
getref is nie.
Nee, ek praat nie van die reaksie
nie, u sê nou sy
het haar liggaam
heen en weer, vorentoe en agtertoe
geswaai? - Ek het
verneem dat as
iemand /21
-21-
iemand getref is, gaan jy vorentoe
of jy gaan agtertoe, dit is wat
ek
verstaan het wat u bedoel het.
Ja? --- Maar dit was nie werklik so
nie.
Hoe het sy dan gemaak? - Dit was
net arms en bene en voete wat
deur-
mekaar gaan.
En voete, sê u? - Ja, net geskop-
pery, dit
was hande alles wat 'n
mens kan noem.
MNR. MALHERBE: Goed, u het
die
pistool in die regterhand en u
gryp na die handrem. Het u
die
handrem opgetrek? - Dit is korrek.
Waarom? Hoekom het u op
daardie
stadium na die handrem gegryp? -
Want ek het totaal beheer van
die
motor verloor.
Was die motor in beweging nog al
die tyd totdat u
die handrem ge-
gryp het? - Ek weet nie.
HOF AAN MNR. MALHERBE: Na
of terwyl
hy die handrem trek? - Totdat
hy die handrem gegryp het, U
Edele.
MNR /22
-22-
MNR. MALHERBE: Voordat u die hand-
rem gegryp het, was die motor
nog
in beweging? - Ek weet nie.
Wat is die volgende wat gebeur nadat
u die handrem opgetrek het? - Ek
vat my regterhand en ek gaan oor
om
haar te gryp met my regterhand.
HOF: Leun u oor, buk u oor of hoe?
- Nee, ek het oorgegaan met my
regterhand.
MNR. MALHERBE AAN HOF: Beskuldigde
se regterhand is,
volgens sy demon-
strasie, was bokant sy kop en kom
weer af na die
linkerkant toe,
U Edele.
MNR. MALHERBE: Ja?- 'n Skoot
het
afgegaan in daardie beweging.
HOF: Was dit terwyl die pistool
in
u regterhand was? - Dit is korrek.
MNR. MALHERBE: Goed, en toe?
- Sy
het inmekaar gesak.
Ja? --- Ek het haar pols geneem.
Net voor u
daarvandaan verder gaan,
u het nou vertel van twee skote? -
Dit is
korrek.
Onthou u enige verdere skote behalwe
die twee waarvan u vertel
het?
- Ek weet nie.
-23-
HOF: Onthou nie?- Ek onthou nie.
MNR. MALHERBE: Nadat die
tweede
skoot en dan ook die laaste skoot,
volgens u, want u onthou net
die
twee, geknal het en toe u nou die
pols voel, waar was die motor
toe
gewees? - Ek weet nie.
Onthou u wat van die pistool geword
het op
daardie stadium? - Ek
weet nie wat het van die pistool
geword nie.
Toe
u haar pols voel, waar was die
oorledene? --- Op die sitplek.
En u wys met
u linkerhand, bedoel
u die linkersitplek? - Dit is
korrek.
Kon u enige
pols voel? - Glad nie.
Wat het nou verder gebeur? - Wat
ek wel weet, ek
het uit die motor
uitgeklim.
By u deur aan die regterkant? -
Dit is
korrek.
Ja? - Na die linkerdeur toe gegaan,
my hand uitgesit om die deur
oop
te maak, toe was die deur oop.
Ja /24
-24-
Ja? - Die liggaam het uitgeval.
Hoe het dit geval? - Bolyf eerste.
MNR. MALHERBE AAN HOF: Getuie
beduie en hy buig sy bolyf na
links
en na onder, U Edele.
MNR. MALHERBE: Ja, en wat het u
toe gedoen? - Ek het haar liggaam
opgetel en in die motor teruggesit.
Waar in die motor? - Op die vloer
met haar bolyf op die sitplek.
Praat u van die linkerruimte voor,
die
passasiersruimte? - Dit is
korrek.
HOF: Dat ek net mooi verstaan, u
sê u het haar op die vloer gesit?
- Ja, die onderlyf was op die
vloer en die bolyf op die sitplek,
in 'n lêende posisie.
MNR. MALHERBE: Het hierdie gebeure
waar u uitklim, na die
linkerdeur
gaan en die liggaam daar uitval
en haar terugplaas in die
motor
plaasgevind op die plek wat die hof
vandag besigtig het op die
Brand-
fortpad? - Dit is korrek.
Waar u motor se spore van die pad
afgeloop /25
-25-.
afgeloop het en weer op die pad gekom
het? - Dit is korrek.
Wat onthou u verder daarvandaan
nadat u die oorledene se
liggaam
teruggeplaas het in die motor?
- Ek weet ek het weer haar pols
geneem.
Ja? - En niks gevoel nie."
(Dat die appellant slegs melding maak van twee skote is ver-
staanbaar in
die lig van deskundige getuienis dat twee
vinnig opmekaarvolgende skote soos
een kan klink).
C. Die appellant se optrede na 1.15
Die
getuienis hierna uiteengesit, met betrekking tot
die tydperk 1.15 tot
ongeveer 5.40 nm , is, behalwe waar
anders aangedui, dié wat deur die
appellant gelewer is.
Nadat /26
-26-
Nadat hy weer 'n keer die oorledene se pols gevoel
het en niks
waargeneem het nie, het hy die motor aangeskakel
maar hy kon nie wegtrek nie
omdat die handrem gebuig was en
nie losgemaak kon word nie. Hy het die rem na
links gebuig,
die rem toe losgekry, vertrek en hom toe op die
Avonhampad,
'n grondpad, bevind. Hy het nie geweet of hy "kom of gaan
nie"
en het teen 'n keerwal gery. Hy het daarna egter aangery
teen 'n lae spoed
totdat hy gekom het by die punt waar die
grondpad aansluit by die
Bloemfontein-Soutpan pad. Daar
het hy regs gedraai in die rigting van
Soutpan. Hy het
eindelik by 'n populierboom gestop. Vanaf die punt
waar
die motor van die teer af geloop het (waar die liggaam
uitgeval het)
tot by die populierboom is 'n afstand van 39,8
km /27
-27-
km padlangs. Hier het hy uitgeklim, die deur aan die
pas-
sasierskant oopgemaak en die oorledene in sy arms opgetel.
Sy het
geval en gedeeltelik op die grond te lande gekom. Hy
het haar weer opgetel en
in die kattebak geplaas. Die oorle-
dene se leerbaadjie het hy ook in die
kattebak gegooi. Hy
kon nie onthou dat hy haar skoene en handsak ook in die
katte-
bak geplaas het nie maar moes dit gedoen het aangesien die
polisie
dit later daar saam met die lyk aangetref het. (Die
linkerskoen se hak en
sool was beskadig: duidelike skuurmerke
was daarop sigbaar ). Hiervandaan het
hy toe vertrek Bloemfontein toe.
Op pad het hy bloed op die linkervoorsitplek
opgemerk, stilgehou en dit
met behulp van 'n blikkie bier en 'n papierservet
skoongemaak. Die leë
blikkie en die servet het hy langs die pad
uitgegooi.
Vandaar het hy gery na die oorledene
se /28
-28-
se huis te Waverleystraat waar hy 'n gesprek met die
bediende
Winnifred gehad het. Die rede waarom hy daarheen gegaan
het, was
om vas te stel waar die oorledene se seuntjie,
André Roos, was. Hy het
by Winnifred verneem dat 'n dame
by name Mercia hom kom haal het. Winnifred
het toe opge-
merk dat sy nie weet wat met haar werkgeefster (die
oorledene)
aangaan nie en aan hom gevra "waar is baas Dennis nou
want ek
sien nou weer 'n ander lightie hierso". Toe het hy
aan haar gesê "sien
jy Winnie, dit is waarom ek nie wil
terugkom na die kleinmies toe nie".
Winnifred se getuienis
in hierdie verband is beperk tot die volgende: Om
ongeveer
1.40nm het die appellant weer by die huis aangekom en ver-
neem
na die oorledene se kind. Sy het aan hom gesê dat
Mrs /29
-29-
Mrs Mercia die kind kom haal het. Die appellant het toe aan
haar
gesê die oorledene wou hê dat hy weer na haar moet
terugkeer.
Vandaar het die appellant gery na die plek aan
die teenoorgestelde kant
van die stad waar die oorledene
se vorige man, Paul Roos, gewerk het. Hy het
sy kar nie
daar gesien nie en weer vertrek. Toe is hy na die plek
waar
Elna van Jaarsveld werk maar hy het ook nie met haar
in aanraking gekom nie
want die plek het gelyk of dit reeds
gesluit was vir die dag. Daarna het hy
hom op die Dewetsdorp
pad bevind. Hy het skielik naar gevoel, gestop en
twee
keer gevomeer. Hy het beter gevoel en by homself gedink
"hel, maar jy
is onskuldig, wat de hel maak jy?" Daarna
is hy na die huis van sy prokureur,
mnr Henry Symington,
waar /30
-30-
waar hy aan hom 'n gedeelte van die middag se gebeure
vertel
het. Vandaar, vermoedelik op advies van mnr Symington,
het hy
vertrek na die polisiestasie te Parkweg waar hy onge-
veer om 5.40 nm
aangekom het. By die polisiestasie het hy hom
aangemeld en met 'n persoon wat
reeds deur prokureur Symington
telefonies meegedeel is dat hy op pad is
(vermoedelik sersant
Breitenbach) gepraat. Hy het aan hom gesê 'n
meisie het
haarself geskiet en sy is agter in sy motor. Hy het sy
kar se
sleutels aan hom gegee. (Breitenbach se relaas
was dat hy gesê het dat
hy die meisie geskiet het maar dit
is deur die Hof a quo verwerp). 'n
Rukkie later het adj
Swanepoel, die ondersoekbeampte, daar aangekom. Hy het
ook
aan Swanepoel gesê 'n vroumens het haarself geskiet en hy
het /31
-31-
het hom vertel waar sy motor en pistool is. Hierna is hy
in
hegtenis geneem.
D. Die deskundige getuienis en getuienis gepaard
gaande
daarmee.
Lt Van Schalkwyk van die speurdiens het op die
aand van 9 Julie sekere
toetse op die beskuldigde se hande
uitgevoer en op sy regterhand metaalspore
gevind wat daarop
gedui het dat hy die pistool (bewysstuk 12) hanteer
het:
die merke het gelê op die binnekant van sy palm en op 'n
vinger
- laasgenoemde merk het ooreengestem met die sneller.
Die appellant, aldus
Van Schalkwyk, het erken dat hy die
pistool hanteer het en verduidelik dat
dit die rede is waarom
die /32
-32-
die merke daar was. Adj Swanepoel het, in hierdie
verband,
getuig dat hy die toetse laat doen het omdat die
appellant
aanvanklik beweer het dat die oorledene haarself geskiet
het en
dat hy nie die vuurwapen hanteer het nie. Eers
na die metaalspore gevind is,
het die appellant erken dat hy
die wapen hanteer het. Later, en wel om
ongeveer 9 nm ,
het Van Schalkwyk dergelike toetse op die hande van
die
oorledéne by die lykshuis uitgevoer en getuig dat daar
geen
metaalspore op haar regterhand was nie. Op die linkerhand
was daar 'n
dun strepie oor vier vingers wat nie in verband
gebring kon word met die
pistool nie maar moontlik wel met
die handvatsel van die motor se linkerdeur.
Generaal
Neethling, hoof van die Forensiese Wetenskap Laboratorium
van /33
-33-
van die Suid-Afrikaanse Polisie, het verduidelik dat
metaal-
spoortekens by 'n lewendige persoon na ongeveer 6 uur verdwyn
maar
in die geval van 'n lyk na 48 uur (en in sommige gevalle
selfs tot en met vyf
dae) nog sigbaar sal wees.
Lt Van Schalkwyk het op dieselfde geleenthede monsters
van albei hande van
die oorledene sowel as van die appellant ge-
neem ten einde vas te stel of
daar ontstekingsresidu
(d w s chemiese stowwe wat vrygestel word en op die
hand
wat 'n skoot afvuur kondenseer) teenwoordig was. In nie een
van die
vier monsters was daar 'n enkele partikel teenwoordig
nie. Generaal Neethling
het verduidelik: indien hande
met residu op gewas word verdwyn dit en selfs
met verloop
van ongeveer vier uur met normale handbewegings verminder
dit /34
-34-
dit tot nul; in die geval van 'n lyk kan daar selfs na sewe
dae verwag
word om residu te vind.
Genl Neethling het ook getuienis gelewer in ver-
band met die skade aan
oorledene se linkerskoen. Kort
gestel kom sy getuienis, wat geensins in
twyfel getrek is
nie, op die volgende neer. Die skade is mikroskopies
onder-
soek, sekere toetse is onderneem en die gevolgtrekking is
gemaak
dat die gemelde skade veroorsaak was deur 'n baie
kort aanraking van die
skoen met 'n oppervlak soortgelyk
aan 'n teerpad teen 'n spoed van hoer as 50
of selfs 55 km
per uur. . Genl Neethling is ook deur die
Verhoorregter
ondervra met betrekking tot die oopmaak van die deur van
'n
bewegende motor en het getuig dat toetse bevestig het dat
geen /35
-35-
geen moeite ondervind word om dit te doen teen 'n spoed van
60 km per uur nie.
Slotsom.
Die appellant se getuienis met betrekking tot die
gebeure op 3 Julie vanaf twaalfuur middag totdat hy by die
polisiestasie te Parkweg aangemeld het, is die enigste
direkte getuienis
en word in vele opsigte gestaaf deur om-
standigheidsgetuienis. Dit is onnodig en tydverkwistend
om hierop in
detail in te gaan. Ek volstaan daarmee deur te
meld dat hierdie getuienis dus
as grondslag behoort te dien
in soverre dit die appellant se kom en gaan voor
en na die
oorledene se dood aanbetref. Dit is egter nie die einde
van die
saak nie. Die sleutelvraag is wat het gebeur
gedurende die kritieke tydperk
toe die oorledene die dodelike
wonde /36
-36-
wonde opgedoen het? Kan die appellant se relaas,
hierbo
onder afdeling Baangehaal en waarna ek verwys het as die
spil
waarom die hele saak draai, redelikerwyse waar wees? Voor
ons is
namens die appellant aangevoer dat die Hof a quo t o v
"vele feite
misgetas" het. Met een uitsondering vind ek
dit onnodig om met hierdie betoog
te handel aangesien hierdie
Hof sigself in dieselfde gunstige posisie as die
Verhoorhof
bevind om die sleutelvraag in die lig van die gemelde
grond-
slag betreffende die appellant se kom en gaan, bewese en
ander
onbestrede feite te beantwoord. Die uitsondering
het betrekking op sekere
dele van die uitspraak in die Hof
benede waar die appellant se
geloofwaardigheid in twyfel
getrek is vanweë sekere beweerde uitlatings
wat hy in 'n
verklaring..../37
-37-
verklaring aan adj Swanepoel gemaak het. Hierdie
verklaring
(bewysstuk Z) is gedateer 10 Julie maar Swanepoel het
nie
daaroor getuig nie. Trouens die aanklaer het,
gedurende
hoofondervraging van Swanepoel, uitdruklik aangedui dat hy
nie
"voornemens" is om dit in te handig nie. Maar gedurende
kruisondervraging het
die aanklaer die appellant daarmee
gekonfronteer. Ofskoon hy sy handtekening
op die verklaring
erken het, het hy nêrens erken dat die hele
verklaring
korrek is nie en het hy selfs gesê dat hy dit "nie meer
ont-
hou nie". In die uitspraak in die Hof a quo word dele
van die
verklaring wat nooit aan hom gestel is nie meermale tot
nadeel van die
appellant teen hom aangewend. Dit was on-
billik en, behalwe waar gedeeltes
van die verklaring aan die
appellant /38
-38-
appellant gestel is en hy erkennings in verband
daarmee ge-
maak het, het die Verhoorhof fouteer om op bewysstuk Z
ag te
slaan.
Ek gaan nou oor tot oorweging van die vraag of
die appellant se weergawe
van die kritieke momente redelik-
erwyse waar kan wees. In die lig van wat ek
hierbo gemeld
het met betrekking tot bewysstuk Z, is ek van voorneme
om 'n
bevinding van die Hof a quo dat die appellant "nie
altyd 'n eerlike en
betroubare getuie" was nie te ignoreer
en om my eie gevolgtrekking in
dié verband op die materiaal
wat in die verhoornotule vervat is, te
maak. Ofskoon
die appellant aanvanklik aan Swanepoel gesê het dat
"die
vroumens haarself geskiet het" en dit selfs nog in die
appellant /39
-39-
appellant se hoofde van betoog as "'n geopperde
moontlikheid"
genoem word, het die appellant se advokaat, in hierdie
Hof,
heel tereg en realisties toegegee dat die afleiding uit die
appellant
se relaas onweerstaanbaar is dat die appellant
die sneller getrek het in
verband met al drie wonde. Die
vraag is of dit redelikerwys kon gebeur het
gedurende 'n
vroeteling of worsteling waartydens die appellant gepoog
het
om die oorledene te ontwapen.
By oorweging van hierdie vraag val dit dadelik
op dat die appellant die
nie-inkriminerende deel van sy
relaas met veel meer presiesheid weergee as
dié deel wat
betrekking het op die skietery. Namens die
appellant
word aan die hand gedoen dat die feit dat so 'n groot deel
van /40
-40-
van sy getuienis strook met die omstandigheidsgetuienis
tref-
fende stawing is van die onwaarskynlikheid dat sy relaas
'n
versinsel is. Dit volg nie noodwendig nie: as deelnemer
is hy in 'n
besondere gunstige posisie om die onskadelike deel in te pas
met die
skadelike deel. Wat besonder insiggewend is, is die kontras tussen
die twee
dele van sy getuienis: die een deel word gekenmerk deur
presiese details
terwyl die inkriminerende deel vaag en verwarrend is.
Na herhaaldelike
deurlees van laasgenoemde deel vind ek dit moeilik om
'n beeld te vorm van
hoe die appellant beweer dat die skietwonde opgedoen
is terwyl die oorledene
"bly vroetel" het, die kar totaal buite
beheer was en die appellant na die
handrem gryp met dieselfde hand wat
die pistool vashou ens. Dit is moeilik om
te verstaan waarom hy in
die krisis wat ontstaan het, na die handrem gryp
wanneer hy soveel
makliker die voetrem kon aanwend.
Ek /41
-41-
Ek gaan nou daartoe oor om die inkriminerende
deel in
fyner besonderhede te analiseer. Eerstens die agter-
grond tot die tragedie.
Volgens die appellant was die oor-
ledene treurig en hartseer as gevolg van
die feit dat hy
niks meer met haar te doen wou hê nie en aan haar
gesê
het dat dinge tussen hulle nie sou regkom nie. Dit, so
lei mens
af, was die rede waarom die oorledene die pistool
oorgehaal het toe die
"kliek" geluid na bewering sou plaasge-
vind het. Hierdie bewering rym nie
met die aanvaarde getuie-
nis nie dat die oorledene reeds 'n nuwe vriendskap
gesluit
het, dat sy op die betrokke oggend opgeruimd en vriendelik
was,
dat die appellant dieselfde oggend nog aan haar blomme
gestuur het, dat sy
die meegaande kaartjie opgeskeur het,
dat /42
-42-
dat die appellant bereid was om saam met haar ete te
geniet,
dat hy oëskynlik besorg was toe hy die betrokke oggend 'n
sak
van 'n man in haar kamer gesien het en dat hy pas die
vorige Sondag tekens
van jaloesie getoon het in verband
met die oorledene se nuwe vriendskap toe
hy vinnig en met
fluitende bande van haar huis weggejaag het.
Tweedens verwys ek na die appellant se bewering
dat die oorledene die
pistool vir 'n geruime tyd op haar
skoot vasgehou het. Dit is in 'n hoe mate
onwaarskynlik.
Sy was hewig ontstel, die appellant het haar beveel om
dit
onmiddellik terug te sit in die paneelkissie. Sy het
geweier. Dit is moeilik
om te begryp waarom die appellant
haar /43
-43-
haar weiering so gedweë aanvaar het: hy moes geweet het
dat die pistool nie oorgehaal is nie en dat hy dit sonder
gevaar uit haar besit kon neem. Ook is dit eienaardig dat
hy wegry terwyl die pistool steeds deur haar onder die
leerbaadjie op haar skoot vasgehou word. Hierdie deel
van die relaas stort
uiteindelik heeltemal in duie wanneer
bevind word dat daar nie 'n metaalspoor
ooreenstemmend met
die pistool op die oorledene se hand gevind word nie.
Nou
in verband hiermee staan die appellant se aanvanklike ver-
klaring aan
Swanepoel dat hy die pistool nie hanteer het nie
en sy vertraagde erkenning
na die merke op sy hand gevind is.
In /44
-44-
In die derde plek: dit staan vas uit getuienis
gelewer
deur Lt Du Plessis dat om drie skote te kon skiet,
drie
afsonderlike vingerbewegings moes plaasgevind het. Ieder
keer moes
die sneller getrek word, gelos word en weer ge-
trek word. Hoe dit
plaasgevind het, kon die appellant
nie bevredigend verduidelik nie.
Vierdens, indien die eerste skoot per ongeluk
gevuur is sou mens verwag
het dat die appellant die pistool
dadelik sou laat val het. Maar dit gebeur
nie: hy hou
steeds die pistool vas in die regterhand en gryp die
oorledene /45
-45-
oorledene met dieselfde hand. Dit is onverstaanbaar
hoe twee skote
daarna kon afgaan tensy die sneller doel-
bewus deur hom getrek is, wat deur hom ontken word.
Vyfdens: die appellant kon geen aanvaarbare ver-
duideliking gee vir die oorledene se beskadigde
linkerskoen
en kous nie en wat daartoe gelei het. Gedurende
kruisonder-
vraging met betrekking tot daardie deel van sy
hoofgetuienis
dat, nadat hy haar pols gevoel het, hy uitgeklim het, na
die
linkerdeur toe gestap het en gevind het die deur was
oop /46
-46-
oop, het die appellant'as volg getuig:
"Toe ek na die deur aangestap kom,
toe ek my hand op die deur sit,
by die handvatsel het die deur
net vanself oopgegaan.
Het u glad nie aan die deur geraak
nie? - Ja, ek het.
Het u hom oopgetrek? - Nee, ek
het hom netso vasgevat die deur
en getrek, toe is hy oop, in ander
woorde, skaars aan die deur gevat
het, toe is hy oop.
HOF: Maar u moes hom tog trek,
dan nie? - Ekskuus tog?
U moes hom tog trek voor hy sou
oopgaan? - Dit is korrek, Edel-
agbare, maar ek het hom nie gepluk
nie, dit kan onthou, want soos my
handvatsel, die handvatsel is van
onder, toe ek my hand so vat, toe
ek so by hom kom en ek vat hom en
kom so agtertoe, daar is die deur,
die deur is oop.
MNR. THERON: Se u die deur was nie
op /47
-47-
op knip gewees nie? - Dit is
wat ek eintlik bedoel.
Dit beteken die oorledene moes hom
op 'n stadium oopgemaak het?-
Dit kan so gewees het, ja.
Mnr.
Schwartz, hoekom antwoord u die
vrae op so 'n manier? Wie anders
kon
daardie deur oopgemaak het as
die oorledene? - Niemand anderste
behalwe
sy nie.
Het u agtergekom dat die oorledene
op enige stadium een van haar
voete
by die deur uit het? - Nee.
Kan u verklaar waar die
skuurmerke
aan die skoen, Bewysstuk 10, van-
daan kom? - Glad nie.
Ek
stel dit aan u dat onder die
omstandighede dat die enigste manier
waarop
daardie skoen daardie merke
kon opgedoen het, is dat sy dit op 'n
stadium
haar voet by die deur
uitgesit het terwyl die kar nog be-
weeg het. Wat
sê u daarvan? -
Dit is moontlik, dit kan korrek
wees. -
Nou
stel ek dit aan u mnr. Schwartz,
dat /48
-48-
dat dit daarop dui dat die oorledene
wou uit die kar uitkom? - Dit kan
ek nie sê nie.
Kan u dit ontken? - Nee, ek kan
dit nie ontken nie, maar ek het
glad nie dit opgelet nie.
Hoekom sou sy
uit daardie kar uit
wil klim? - Ek weet nie."
Dit is objektief bewys dat die oorledene uit die voertuig
wou klim terwyl
dit nog op die teer was en teen ongeveer
50 km per uur beweeg het. Hierdie
dramatiese insident
maak geen deel uit van sy relaas nie en dit is moeilik om
te
aanvaar dat die appellant werklik onbewus was hiervan en
die afleiding is dat sy getuienis in hierdie verband onwaar
is.
Ten laaste verwys ek na die appellant se eien-
aardige /49
-49-
aardige optrede na hy
tot die besef gekom het dat die oor-
ledene dood is. Dit is die geval van 'n
man wat in h ont-
settende ongeluk betrokke was. In sy emosionele
tóestand
kon hy, en hy moes dit besef het, maklik 'n fout maak
dat
haar polsslag tot h einde gekom het. Redelikerwys kon ver-
wag word
dat hy in aller yl na die naaste hospitaal sou
gaan. Dit doen hy egter nie.
Inteendeel laai hy die
liggaam en persoonlike toebehore in die kattebak en
verwyder
hy die bloed van die sitplek met behulp van h papierservet
en h
blikkie bier. Hy poog om alle spore van die gebeurte-
nis te verberg, die
indruk te wek dat niks verkeerd is nie
en ry daarna vir h aansienlike tyd
doelloos rond.
Kumulatief beskou is die uitwerking van die faktore
hierbo /50
-50-
hierbo vermeld dat met reg tot die slotsom geraak
behoort te
word dat die appellant se beskrywing van die oorledene
se
verwonding onaanneemlik is en nie rederlikerwys waar kan
wees nie. Dit
synde die geval het mens die beeld van 'n
man wat sy eertydse vriendin, wat
tot sy misnoeë 'n nuwe
vriendskap gesluit het, drie skote met n pistool
op uiters
kwesbare dele van die liggaam toedien asook beserings aan
die
nek en gesig besorg. Sy optrede is so drasties dat sy
poog om 'n
voertúig wat teen ongeveer 50 km per uur be-
weeg, te verlaat. Sy laat
die lewe. Hy plaas haar lig-
gaam in sy voertuig se kattebak. Op die oog af
het die
appellant die sneller drie keer getrek en hy versuim om
'n
geloofwaardige verduideliking te verskaf. Op hierdie
feite /51
-51-
feitegrondslag is die afleiding dat die appellant,
ofskoon
hy nie sy optrede vooraf beplan het nie, tog doelbewus na
die
oorledene geskiet het - enige mindere skuldvorm sou op
bespiegeling berus.
Dit volg dat ondervermelde uitlating
van Hoexter, AR in S v Steynberg,
1983(3) 140 (A) op 147
B-E na my mening toepasbaar en paslik is:
"'n Voorbeeld van omstandighede
waarin die Mlambo-saak
dictum
aanwending kan vind, word juis ver-
skaf deur die feite van
die Mlambo-
saak en die benadering van MALAN AR
op 737C-738H. Dit
kom hierop neer:
as 'n beskuldigde deur 'n wederreg-
telike aanranding
iemand se dood ver-
oorsaak en die beskuldigde alleen
daartoe in staat is
om die omstandig-
hede van die noodlottige aanranding
te verklaar, maar hy
gee 'n verduidelik-
ing wat as vals verwerp word, dan
kan /52
-52-
kan die Hof die afleiding maak dat
die beskuldigde gemelde
aanranding
gepleeg het met die opset om te dood
eerder as met enige minder
ernstige
vorm van mens rea. Op dié wyse
kan 'n beskuldigde
se valse relaas
van die omstandighede van die aan-
randing dus tot gevolg hê dat
die beskuldigde aan die
ernstiger
misdaad van moord eerder as aan
die mindere oortreding van
straf-
bare manslag skuldig bevind word."
Die Hof a quo het hierdie benadering gevolg en ek
is geensins
oortuig dat tot die verkeerde gevolgtrekking
geraak is nie.
Die appèl word afgewys.
TRENGOVE, AR)
BOTHA, AR)
stem saam
GROSSKOPF, AR)
BOSHOFF, AR) APPÉLREGTER