South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 89

| Noteup | LawCite

Minister van Justisie v In Re: S v Seekoei (93/84) [1984] ZASCA 89; [1984] 2 All SA 541 (A) ; 1984 (4) SA 690 (A) (3 September 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen:
DIE MINISTER VAN JUSTISIE Appellant
en
DIE STAAT TEEN ISAK HOFMEYER SEEKOEI ... Respondent
Coram: RABIE, HR., MILLER, JOUBERT, BOTHA, ARR, et
ELOFF, WND AR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:

17 Augustus 1984. 3 September 1964

UITSPRAAK

RABIE, HR.:

Isak Hofmeyer Seekoei het in Februarie 1981

in/

2.

in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling op 'n aantal aanklagte tereggestaan. Een hiervan - aanklag 4 - was 'n aanklag van huisbraak met die opset om te roof en roof. Die getuienis ten opsigte van daardie aanklag het getoon dat Seekoei op 12 Februarie 1980 'n vrou op haar plaas in die distrik Bultfontein oorval het, dat hy haar met geweld gedwing het om die sleutels van haar winkel, wat ongeveer twee kilometer van haar huis af geleë was, aan hom uit te wys en dat hy toe, nadat hy haar met doringdraad aan 'n paal vasgemaak het, met haar motor na die winkel toe gery het, die winkel oopgesluit het en geld en ander goed daaruit gesteel het. Die verhoor-

regter/

3.

regter was van mening dat dit 'n vereiste van die mis-
daad roof is dat die goed wat gesteel word aan die slag-
offer se persoon of in sy teenwoordigheid moet wees
wanneer dit gesteel word, en hy het in hierdie verband
o.m. na R. v. Magao, 1959(1) S.A. 489 (A) en na die
omskrywing van roof in Hunt, South African Criminal
Law and Procedure, 2de deel (1970) op bl. 640 verwys.
Hierdie omskrywing lui soos volg :

"Robbery consists in the theft of property by intentionally using violence to induce submission to the taking of it from the person of another or in his presence."

Vanwee sy bogemelde mening het die verhoorregter beslis

dat hy Seekoei nie aan roof kon skuldig bevind nie,

en/
4 .

en hy het hom toe aan huisbraak met dle opset om te

steel en diefstal skuldig bevind.

Nadat die strafverhoor afgehandel is, het

die verhoorregter op aansoek van die aanklaer, wat hom

op die bepalings van art. 319 van die Strafproseswet van

1977 beroep het, twee regsvrae vir hierdie hof voorbe-

hou. Die vrae lui soos volg:

"1. Is dit 'n vereiste in ons reg dat, om die misdaad roof daar te stel, die diefstal in die teenwoordig-heid van die slagoffer moet plaas-vind?

2. Stel die feite hierbo uiteengesit die misdaad huisbraak met die op-set om te roof en roof daar?"

(Die "feite" waarna in vraag (2) verwys word, is die feite

wat/
5. wat die verhoorregter uiteengesit het toe hy die regs-vrae voorbehou het. Die kern daarvan blyk uit wat ek hierbo in verband met die feite van aanklag 4 gesê het.) Hierdie hof het beslis dat daar nie 'n onskuldigbevinding van Seekoei was soos in art. 322(4) van die Strafproses-wet bedoel nie en dat die verhoorregter gevolglik nie bevoeg was om die bogemelde vrae kragtens die be-palings van gemelde art. 319 voor te behou nie. (Kyk die uitspraak van hierdie hof in S. v. Seekoei, 1982(3) S.A. 97.) Die hof het gevolglik gelas dat die saak van die rol verwyder word, maar het terselfdertyd aangedui dat die voorbehoue vrae 'n saak opper wat vir ons strafreg van belang is en dat die aangeleentheid

kragtens/
6. kragtens die bepalings van art. 333 van die gemelde wet vir beslissing aan hierdie hof voorgelê sou kon word. Kyk bl. 104 D van die verslag. Hierdie artikel magtig die Minister van Justisie om, wanneer hy "twyfel oor die juistheid van 'n beslissing oor 'n regsvraag wat 'n hoër hof in 'n strafsaak gegee het", die aangeleentheid vnor die Appelhof te laat beredeneer sodat die regsvraag vir die toekomstige leiding van alle howe beslis kan word.
Die Minister het ná die bogemelde beslissing van hierdie hof ingevolge die bepalings van gemelde art. 333 die hierbo aangehaalde twee regsvrae wat vroeër deur die verhoorregter voorbehou is, vir beslissing aan hierdie hof voorgelê. Twee senior advokate het die vrae voor ons beredeneer, t.w. mnr Du Plessis, adjunk-

prokureur/....

7. prokureur-generaal in Bloemfontein, en mnr Hattingh, van die Oranje-Vrystaatse Balie.
By wyse van inleiding tot die bespreking wat hierna volg, wil ek se dat die twee advokate met me-kaar saamstem dat die antwoord op die eerste vraag "nee" behoort te wees, maar dat hulle van mekaar verskil oor die tweede vraag. Mnr Du Plessis het aangevoer dat die antwoord "ja" behoort te wees, terwyl mnr Hattingh die teendeel betoog het,

Ek behandel eers die eerste vraag.

In die Romeinse reg was roof nie 'n self-standige regsfiguur nie. Die begrip furtum (diefstal) het die gewelddadige neem van 'n ander se goed (soms rapina

genoem/
8. genoem) ingesluit, en die persoon wat 'n ander se goed met geweld geneem het, kon met die actio furti aangespreek word. In 77 v Chr. het die praetor M. Lucullus vir gevalle van diefstal met geweld ook 'n spesiale aksie, genoem die actio vi bonorum raptorum, ingevoer. Daarvolgens kon viermaal die vergoeding geëis word wab onder die actio furbi verhaalbaar was. (Kyk bv. Dig. 47.8.1; Inst. 4.2. pr., en Thomas The Institutes of Justinian, p. 269.) Die persoon wat 'n ander se goed met geweld geneem het, is as fur improbus (of fur improbior) beskrywe. (Dig. 4.2.12; 47.8.10; Inst. 4.2.1.) Daar is geen aanduiding dat die Romeinse reg vereis het dat diefstal (of diefstal met geweld) in die

teenwoordigheld/
9 teenwoordigheid van die slagoffer gepleeg moes gewees het nie.
In omskrywings van roof (of rapina) wat daar by Romeins-Hollandse skrywers gevind word, is daar ook geen aanduiding dat die neem van die goed in die teenwoordigheid van die slagoffer moes geskied het nie. Dit is voldoende om op die volgende te wys. Matthaeus De Criminibus 47.2..1.1 omskryf rapina soos volg : Rapina est violenta ablatio rei mobilis facta dolo malo, animo lucri faciendi. Van Leeuwen, R.H.R., 4.38.2, omskryf roof as "openbare dievery met geweld vermengt", en volgens Voet (47.8.1) behels rapina 'n geweld-

dadige/..

10

dadige contrectatio (contrectatio violenta).
Hy noem dit 'n species furti improbioris. (Vgl die verwysing na fur improbior in Dig. 4.2.12 en 47.8.10, hierbo genoem.) Van der Linden, Rechtsgeleerd, Practicaal, en Koopmans Handboek, 2.6.3, sê dat die misdaad roof van "dieverije" verskil deur dat laasgenoemde "altijd met geweldAepaard moet gaan." Van der Keessel, Praelectiones ad Jus Criminale, 48.8.1, sê, met verwysing na Inst. 4.2. pr., dat rapina die gewelddadige wegvoering (violenta ablatio)van 'n roerende saak is, en hy praat ook daarvan as furtum vi factum, d.w.s., diefstal met geweld gepleeg. Soos reeds hierbo gesê is, is daar by die Romeins-Hollandse skrywers nie 'n aanduiding van 'n vereiste dat roof in dle teenwoordigheid van die slagoffer gepleec

moet/

11.

moet word nie.

In die vroegste teksboekomskrywings van roof

in die Suid-Afrikaanse reg word daar nie as vereiste
gestel dat die neem van die goed in die teenwoordigheid
van die slagoffer moet geskied nie. Tredgold, Handbook

of Colonial Criminal Law, (1 uitg., 1897) sê (op p.

297), met verwysing na Van der Linden,op. cit. 2.6.3.,

"Robbery is the crime of bheft accompanied with

personal violence ". Nathan, The Cornmon Law of

South Africa, band 4 par. 2659, sê, met verwysing na

Matthaeus, "Robbery (rapina) is the violent taking of

the movable property of another, committed with wrongful

intent, and for the sake of gain." Anders en Ellson,

Criminal Law of South Africa (1915) verwys na die om-

skrywing/
12 skrywing van Van Leeuwen, op.cit., 4.38.2., en sê op bl. 211: "Robbery is an aggravated form of theft, 'an open theft accompanied by violence'". Op bl. 214, in die loop van hulle bespreking van die misdaad, sê die skrywers dat die goed geneem moet word "from the body or in the immediate presence of the complainant." Vir hier-die stelling verwys hulle na Stephen, Digest of Criminal Law, art. 322.

Die bekende werk, Gardiner and Lansdown, South

eerste African Criminal Law and Procedure, het in sy/uitgawe in

1919 die volgende omskrywing van roof gegee (band 2, p. 1118):

"Robbery is theft, from the person of another, or in his presence if the property stolen is under his immediate care and protection, accompanied with actual violence or threats of violence to such person or his property

or/

13

or reputation intentionally used to obtain the property stolen or to prevent or overcome resistance to its being stolen." (Onder-streping deur my.)

Die skrywers wys daarop dat die omskrywing van roof

in ark. 211 van die Native Territories Penal Code

(Wet 24 van 1886) nie vereis dat die goed wat gesteel
word aan die persoon of in die teenwoordigheid van die
persoon van wie dit gesteel word, moet wees nie,
maar, voeg hulle by (p. 1118) -

"South African Courts, following English practice in this matter, will certainly require that the taking must be coincident in point of time and place with the use or offer of violence, and this could hardly happen where the property stolen is neither upon the body of the victim nor in his immediate neighbourhood."

Hieruit/

14

Hieruit blyk duidelik dat Gardiner en Lansdown die ver-

wat eiste dat die goed/gesteel word aan die persoon van

die slagoffer of in sy teenwoordigheid moet wees, uit
die Engelse reg geneem het. Hierdie vereiste, wat ek
hierna kortweg die "teenwoordigheidsvereiste" sal noem,
het in al ses die uitgawes van Gardiner en Lansdown
behoue gebly. (Die hele omskrywing van die miedaad
het trouens deurgaans dieselfde gebly.) Toe die werk
in 1970 deur prof. Hunt hersien is, is die omskrywing
van roof verkort, maar die teenwoordigheidsvereiste

is daarin behou. Hierdie omskrywing is hierbo aange-

haal toe daar na die beslissing van die verhoorhof verwys is

In die lig van wat hierbo in verband met die

Engelsregtelike oorsprong van die teenwoordigheidsvereiste

in /.......
15 in Gardiner en Lansdown se omskrywing van roof gesê is, meen ek dat dit gepas sou wees om eers kortliks na die posisie in die Engelse reg te verwys voordat verder op die posisie in ons eie reg gelet word.
Die Engelse reg met betrekking tot die teen-woordigheidsvereiste by roof soos dit voor die aanname van die Theft Act in 1968 gegeld het, blyk uit die saak Smith v. Desmond and Another, 1965 A.C. 960 (H.L.). Dit was 'n saak waarin die twee beskuldigdes van "robbery with violence", 'n Engelse gemeenregtelike misdaad, aangekla is, Hulle het een nag saam met twee ander mans by 'n bakkery ingebreek, en nadat hulle die nagwag, ene Scott, en die persoon wat na die masjinerie in die gebou moes omsien, ene Lai, oorrompel en in 'n toilet vasgebind het, het

hulle/

16

hulle 'n brandkas elders in die gebou oopgebreek en
sowat £10 000 daaruit gesteel. Die toilet was 33 jaarts van die vertrek af waarin die brandkas was, en Scott en Lai kon van die toilet af hoor hoe die inbrekers by die brandkas besig was. Die Court of Criminal Appeal, wat die beskuldigdes se appèl teen hulle skuldig-bevinding aan roof gehandhaaf het, het beslis dat roof "must be confined to cases in which the victirn through fear permits the taking from his person or in his
presence " (p. 968 F-G van die verslag; my

onderstreping), en dat, vanwee die afstand tussen die toilet en die vertrek waar die brandkluis was, dit

onmoontlik/
17 onmoontlik was om te sê dat die geld geneem is "in the presence of either Lai or Scott in the sense in which those words have been used in the old authorities" (p. 969 C-D). Op appêl na die House of Lords is beslis dat die Court of Criminal Appeal verkeerd was.
Dit blyk uit die uitsprake wat in die House of Lords gelewer was - veral dié van Lord Morris of Borth-y-Gest en Lord Pearce - dat dit in die vroegste tye 'n vereiste vir die misdaad roof was dat die ge-steelde goed aan die persoon van die slagoffer moes ge-wees het op die tydstip toe dit met geweld van hom af weggeneem is, maar dat vroeg al - reeds in die ses-tiende eeu - van die standpunt uitgegaan is dat iets

van/

18

van iemand se persoon af weggeneem is indien dit in sy
teenwoordigheid geneem is. Beide Lord Morris of
Borth-y-Gest en Lord Pearce, en ook Lord Hodson, wat
die derde uitspraak in die saak geskrywe het, het beslis
dat dit nie 'n vereiste vir roof is dat die goed letter-
lik in die teenwoordigheid van die slagoffer moet wees
wanneer dit gesteel word nie. Daar is, kom dit my voor,
nie heeltemal van die "presence" - vereiste afgesien nie,
maar daar is 'n ander betekenis aan die begrip gegee.
Lord Pearce sê in hierdie verband (p. 998 i.f.):

".... the offence can only exist where the victim has sufficient care or personal possession of the goods to allow the court to say that constructively the goods were taken 'in his presence'".

Daar/
19 Daar is beslis dat indien die goed in die "immediate and personal care and protection" van die slagoffer is op die oomblik wanneer geweld op hom toegepas word, dit nie saak maak dat dit nie meer in sy teenwoordigheid is wanneer dit gesteel word nie. (Die woorde "immediate and personal care and protection" is geneem uit 'n werk oor die strafreg deur Serjeant William Hawkins wat in 1716 gepubliseer is. Kyk pp. 981 C-F en 985 D van die verslag.) Scott en Lai, is daar beslls, het die brandkas in hulle "immediate and personal care and protection" gehad toe hulle oorrompel is - al was hulle nie fisies by die brandkas teenwoordig nie -en die feit dat dit nie in hulle teenwoordigheid was

toe/
20 toe die geld daaruit gesteel is nie, maar in 'n ver-trek 33 jaarts daarvandaan, bring nie mee dat die mis-daad wat gepleeg is nie roof was nie. Met betrekking tot die feit dat die geld gesteel is nadat Scott en Lai aangerand is, en die feit dat hulle nie teenwoordig was toe dit gesteel is nie, het Lord Morris of Borth-y-Gest o.m. gesê (p. 985 G) dat "Questions of degree may .... arise as to whether violence and theft are ór are not joint features of one crime", en dat dergelike vrae ook kan ontstaan oor "whether goods are or are not in someone's immediate and personal protection and care." Wat hierdie vrae met betrekking tot die geval van Scott en Lai betref, het hy bevind (p. 986 A)

dat/
21 dat "the violence and the theft were essentially linked." Dit was dus nie 'n geval waar, om sy woorde elders in die uitspraak (p. 985 G) te gebruik, die geweld daarop gerig was "to facilitate some stealing which was planned to be a later and separate episode" nie. Lord Pearce was ook van mening (pp. 995 B-C en 998 A) dat die toe-passing van die geweld en die neem van die geld "all part of one transaction" was. Ook Lord Hodson het bevind (p. 990 A) dat die pleeg van die geweld en die wegneem van die geld as "one transaction" beskou moet word.
Uit Smith v. Desmond and Another, supra, blyk dus dat die Engelse reg met betrekking tot roof

in/
22 in 1965 afgesien het van die vereiste dat die gesteelde goed in die teenwoordigheid van die slagoffer moet wees wanneer dit verwyder word, en dat dit toe neergele is dat roof gepleeg word indien dle goed in die "immediate and personal care and protection" van die slagoffer is wanneer geweld op hom toegepas word, al word die goed op 'n later oomblik,wanneer dit nie langer in sy teenwoordig-heid is nie, gesteel. Met hierdie beslissing is daar klaarblyklik afgewyk van die teenwoordigheidsvereiste wat, onder die invloed van die Engelse reg, in al die uitgawes van Gardiner an Lansdown, en ook in die hersiene uitgawe van daardie werk deur prof Hunt in 1970, in die omskrywing van roof voorgekom het.

Die huidige Engelse reg met betrekking tot

roof/

23

roof blyk uit art. 8(1) van die Theft Act van 1968,

waar die misdaad soos volg omskrywe word:

"A person is guilty of robbery if he steals, and immediately before or at the time of doing so, and in order to do so, he uses force on any person or puts or seeks to put any person in fear of being then and there subjected to force".

Hieruit blyk dat/daar nie as vereiste gestel word dat die

neem van die goed in die teenwoordigheid van die

slagoffer moet plaasvind nie. Daar word wel 'n tyds-
vereiste gestel, nl. dat die geweld, of dreigement
van geweld, "at the time of" of "immediately before"

die neem van die goed moet plaasvind.

Ek keer nou terug na die Suid-Afrikaanse

reg en sal hieronder op die belangrikste sake waar

die/
24 die teenwoordigheidsvereiste ter sprake was, let.
Die eerste van hierdie sake was R. v. Magao, 1958 (1) P.H., H. 168 (T.). Magao is deur 'n landdros aan roof skuldig bevind en hy het toe na die Transvaalse Provinsiale Afdeling geappelleer. Die feite van die saak was dat Magao en twee maats een oggend ene Joseph Mashsao, wat sy werkgewer se huis in Johannesburg opge-pas het, aangerand en oorrompel het. Hulle het hom vasgebind en in sy kamer in die agterplaas van die per-seel gelaat, en terwyl hy daar was, het hulle by sy werknemer se huis ingebreek. Hy kon vanwaar hy, steeds vasgebind, in sy kamer was, hoor hoe die inbrekers

by/

25
by die huis inbreek. Daar is namens Magao betoog dat
hy nie aan roof skuldig was nie aangesien die diefstal
nie in Mashsao se teenwoordigheid gepleeg is nie. Rumpff,
R., het daarop gewys dat die teenwoordigheidsvereiste
uit die Engelse reg afkomstig was en het in verband

daarmee o.m. gesê:

"Om te vereis dat die gesteelde goedere in die onmiddellike omgewing van die slagoffer moet wees is nie alleen net 'n gedeeltelike toets nie maar ook 'n onvolledige toets en daarby

'n kunsmatige toets.

Dis 'n gedeeltelike toets omdat dit nie van toepassing is op die geval waar daar 'n suiwere tydsonderbreking is nie. Dis onvolledig omdat in elke geval beslis moet word wat onmiddellike naby-heid beteken en dis kunsmatig omdat daar wel 'n aaneenlopende handeling kan wees al is die goed nie in die onmiddellike nabyheid van die slagoffer nie

In/

26

In die onderhawige geval moes die slagoffer Joseph sy heer se huis oppas. Hy is oorweldig en in sy eie kamer vasgebind en aangehou. Hierdie kamer is in die agterplaas van die huis en so naby die huis dat hy die brekery in die huis kon hoor. Die aanranding en die diefstal was 'n aaneenlopende handeling sonder enige onderbreking en na my mening is appellant skuldig aan die misdaad van roof."

Wat die verwysing na "aaneenlopende handeling"

betref, moet ter verduideliking gewys word op wat Rumpff,

R., in 'n passasie wat die aanhaling hierbo voorafgegaan het,

gesê het,. nl.:

"Dis duidelik dat daar 'n verband moet be-staan tussen die handeling van geweld en die diefstal. As een handeling te ver verwyder is van die ander handeling, wat tyd of afstand betref, mag dit wees dat die twee handelinge nie as een misdaad beskou moet word nie.

Na/....
27

Na my mening moet die tweede hande— ling so aaneenlopend wees dat die hele proses as een handeling beskou kan word; met ander woorde, daar moet 'n aanranding wees met die doel om te steel en die diefstal moet plaasvind na en uit hoofde van die aanranding.

Toon die feite van 'n besondere geval dat daar 'n onderbreking in die

proses plaasgevind het waardeur die geval nie meer as 'n aaneenlopende handeling

beskou kan word nie, dan is daar nie

meer een saamgestelde handeling nie en ge —

volglik nie die misdaad van roof nie."

Magao se saak het daarna op appél na hierdie
hof gekom: kyk R. v. Magao, 1959(1) S.A. 489, waarna
reeds vroeër in hierdie uitspraak verwys is. In die
uitspraak van Smit, Wnd AR. (waarmee drie ander lede van
die hof saamgestem het), is daar geen bespreking gewy
aan die benadering tot die saak wat Rumpff, R., in

die/

28

die Transvaalse Provinsiale Afdeling gevolg het nie.

(Daar word trouens geen melding daarvan gemaak nie.) Smit
Wnd AR., het daarop gewys dat Magao se advokaat, met
'n beroep op die omskrywing van roof in Gardiner en Lansdown

(hierbo aangehaal), betoog het dat die misdaad wat Magao
gepleeg het nie roof was nie aangesien die goed wat ge-

steel is nie in die keenwoordigheid van Mashsao geneem

is nie. Nadat die geleerde rcgter Gardiner en Lansdown

se omskrywing aangehaal het, het hy ( met verwysing na

voorbeelde in Russel on Crime) gesê:

"English practice in the matter also requires that the theft should have taken place in the presence of the victim."

Met die gebruik van die woord "also" het hy klaarblyklik

te/.....
29 te kenne gegee dat die Engelse reg, net soos Gardiner en Lansdown, vereis dat die diefstal in die teenwoordigheid van die slagoffer moet geskied, en nie dat die Engelse reg net soos die Suid-Afrikaanse reg die gemelde vereiste stel nie. Wat die Suid—Afrikaanse reg betref, het die ge-ieerde regter, afgesien van sy verwysing na Gardiner en Lansdown, gesê: "We were not referred to any South African cases on the point." Ná sy verwysing na Russel on Crime het die geleerde regter daarop gewys dat in die Amerikaanse reg die begrip "presence" ruim opgevat word en dat dit die geval insluit waar die goed "in the immediate neighbourhood of the victim" gesteel word. Hy het toe voortgegaan om kortliks na die wyse waarop Mashsao oor-

rompel/

30

te rompel is,/verwys, en daarna het hy sy uitspraak soos

volg afgesluit (p. 493 G-H):

"What they did to Joseph was a necessary incident in order to 'obtain the property

stolen or prevent resistance to

its being stolen.' With Joseph in the yard and at large it is obvious that they would not have been able to break into the house with impunity and to steal the goods under his immediate care and protectlon. Joseph was on the premises all the time and could hear the noise made by the thieves in the house where they were moving the goods. In the circumstances I am of the opinion that it can be said that the taking of the goods is covered by the definition of robbery —which is of course not a statutory one - and that the facts proved constitute the crime of robbery."

Ek meen dat die bostaande opsomming van die

inhoud van Smit, Wnd AR., se uitspraak voldoende is om

aan te toon dat hierdie hof nie in Magao se saak beslis het
31 dat die teenwoordigheidsvereiste, soos in Gardiner en Lansdown se omskrywing van roof vermeld, deel van die Suid-Afrikaanse reg met betrekking tot roof is nie. Die geleerde regter het nie daardie vraag behandel nie, en daarom, meen ek, het hy ook nie die uitspraak van Rumpff, R., in die Provinsiale Afdeling, waarin hy die Engels-regtelike benadering van destyds verwerp het, bespreek of selfs vermeld - nie. Die appellant se advokaat het, soos ek hierbo gesê het, op die omskrywing van roof in Gardiner en Lansdown gesteun, en Smit, Wnd AR., se uitspraak was, soos ek dit lees, daarop gemik om aan te toon dat die feite van die saak aan daardie omskrywing - insluitende die teenwoordigheidselement wat daarin genoem word - voldoen het. Volledigheids-

halwe/
32 halwe wys ek daarop dat die vyfde lid van die hof in Magao se saak, Van Blerk, AR., in 'n aparte uitspraak 'n ander benadering gevolg het. Hy het o.m. verwys na Von Quistorp se Peinliches Recht (par. 396), waar gesê word, aldus die uitspraak, dat dit roof is waar die geweld nie net teen die beroofde gepleeg word nie, maar ook teenoor persone wat die wegneem van die goed kon teengaan of hulle daarteen kon versit. Volgens daardie toets, het die geleerde regter gesê, is roof gepleeg, want Mashsao was in staat, en in 'n posisie, om hom teen die wegneem van die goed te versit.

Die vraag van die teenwoordigheidsvereiste by roof het in hierdie hof weer in S. v. Mlangeni and

Another/
33 Another, 1969(1) P.H., H. 7 ter sprake gekom. Die feite van die saak was wesenlik dieselfde as in Magao se saak. Die nagwag by 'n winkel is deur die twee appellante oorrompel en toe in sy kamer, wat op die perseel agter die winkel geleë was, vasgemaak. Terwyl hy in daardie kamer was, het die appellante by die winkel ingebreek en goed daaruit gesteel. Daar is o.m. betoog, met 'n beroep op die omskrywing van roof in Gardiner en Lansdown, dat hulle nie aan roof van die goed in die winkel skuldig kon wees nie aangesien daar-dle goed nie in die nagwag se teenwoordigheid gesteel is nie. Holmes, AR., het in sy uitspraak gese

dat/
34 dat hy dit onnodig vind om die vereistes ("legal requisites") van die misdaad roof in die Suid-Afrikaans reg te bespreek aangesien die feite van die saak byna dieselfde as in Magao se saak was. Daar was net een ver-skil tussen die twee sake, het die geleerde regter gesê, en dit was nie van belang nie, t.w., dat, anders as wat in Magao se saak die geval was, daar in die Mlangeni-saak nie getuienis was dat die persoon wat oorweldig is gehoor het hoe die diewe inbreek en steel nie.

Dit is duidelik clat hierdie hof in die Mlangeni-saak bloot sy benadering in die Magao-saak gevolg het en dat hy nie beslis het dat in ons reg die teenwoordig

heidsvereiste/....
35 heidsvereiste, soos in Gardiner en Lansdown se om-skrywing van roof vermeld, 'n vereiste van die misdaad roof is nie.
Mnr Du Plessis het ons daarop gewys dat die omskrywing van roof wat in die hersiene (1970) uitgawe van Gardiner an Lansdown voorkom (ek het dit hierbo aangehaal), in die uitspraak van hierdie hof in S. v. Benjamin en 'n Ander, 1980(1) S.A. 950 op p. 958 i.f, aangehaal is. Die aanhaling het in die loop van die bespreking van die geweldselement by roof geskied en dit is duidelik, soos die advokaat ook gesê het, dat die hof daarmee geensins ke kenne gegee het dat hy die teenwoordigheidsvereiste waarvan daar in die omskrywing

melding/
36 melding gemaak word as 'n noodsaaklike element van die misdaad roof in ons reg beskou het nie. Dieselfde kan gesê word ten opsigte van die aanhaling van dieselfde om-skrywing in die uitspraak van hierdie hof in S. v. Prins en 'n Ander, 1977(3) S.A. 807, op p. 815 A-B.
In die lig van wat hierbo gesê is, is dit duidelik dat hierdie hof nog nooit beslis het dat die teenwoordigheidsvereiste, soos in die hierbo aange-haalde omskrywing van roof in Gardiner en Lansdown en in die hersiene (1970) uitgawe van dié werk genoem, 'n noodsaaklike element van die misdaad roof in die Suid-Afrkaanse reg is nie.

In S. v. Dlamini and Another, 1975(2) S.A.

524/
37 524 (D. & K.P.A.) het Kumleben, R., die sienswyse dat by roof vereis word dat die goed in die teenwoordig-heid van die slagoffer gesteel moet word, verwerp. Die geleerde regter het saamgestem met die benadering van Rumpff, R., in R. v. Magao (hierbo aangehaal) en het in die loop van sy uitspraak o.m. daarop gewys dat die teenwoordigheidsvereiste nie in omskrywings van roof by Romeins-Hollandse skrywers gevind word nie en dat dit sy oorsprong in die Engelse reg en praktyk gehad het.

Hierdie beslissing van Kumleben, R., het tot gevolg gehad dat die teenwoordigheidsvereiste weggelaat is uit die omskrywing van roof wat in die tweede uitgawe van prof. Hunt se South African Criminal Law and Procedure
38 voorkom. (Kyk band II, voetnoot 29 op pp. 680-681, van hierdie werk). Die omskrywing lui nou soos volg: "Robbery consists in the theft of property by intentionally using violence or threats of violence to induce sub-mission to the taking of it from another." In hierdie verband kan ook daarop gewys word dat reeds in die eerste

uitgawe van De Wet en Swanepoel se Strafreg in 1949

damrop gewys is dat in die Romeins-Hollandse reg "nie vereis

(word) dat die goed aan die slagoffer se persoon of

in sy onmiddellike nabyheid hoef te wees nie" (p. 319).

My mening oor die eerste vraag wat aan ons

gestel is, is dat bevind moet word, soos reeds deur

Rumpff/
39 Rumpff, R., in R. v. Magao en deur Kumleben, R., in S. v. Dlamini and Another bevind is, dat dit nie 'n vereiste van ons reg met betrekking tot roof is,dat die goed wat gesteel word in die teenwoordigheid van dLe slagoffer geneem moet word nie. Daar is verskeie oorwegings wat ten gunste van so 'n oorweging spreek. Die eerste hiervan is dat die vereiste nie in die Romeinse of Romeins-Hollandse reg gegeld het nie. Dit is aan die Engelse reg ontleen, en waar Gardiner en Lansdown oor baie jare en in die een uitgawe na die ander die vereiste in hulle omskrywing van roof behou het, het dit steeds onder die invloed van die Engelse reg geskied. Die Engelse reg het egter naderhand van hierdie vereiste afgesien, soos hierbo in die bespreking

van/
40 van die saak Smith v. Desmond and Another aangetoon is. Dit blyk uit daardie saak dat tot die oortuiging geraak is dat dit onrealisties is om te vereis dat die gesteelde goed noodwendig in die teenwoordigheid van die slagoffer geneem moet word, en dat die standpunt ingeneem is dat 'n mens met roof te doen het wanneer die geweld wat ge-bruik word met die doel om te steel en die diefstal van die goed alles deel van één aaneenlopende ("continuous') optrede ('transaction") is. Toe die Engelse Theft Act drie jaar ná bogemelde uitspraak aangeneem is, is 'n omskrywing van roof daarin opgeneem wat nie die teen-woordigheidsvereiste bevat nie. Nog voordat die bogemelde veranderinge met betrekking tot die teenwoordigheids-vereiste in die Engelse reg plaasgevind het, was daar,

in/
41 in 3958, die uitspraak van Rumpff, R. , in Magao se saak. Die geleerde regter het daarop gewys dat die ver-eiste sy oorsprong in die Engelse reg gehad het, en hy het 'n benadering gevolg wat tot groot hoogte dieselfde is as wat later in Smith v.Desmond and Another deur die House of Lords gevolg is. Ek meen dat die benadering van Rumpff, R. , in Magao se saak korrek is. Daar is m.i. geen goeie rede waarom as vereiste gestel moet word dat, om roof daar te stel, die gesteelde goed in die teenwoordigheid van die persoon op wie die geweld toegepas word, geneem moet word nie, en ek meen dat dit on-verstandige regsbeleid sou wees om so 'n vereiste te stel. Waar iemand bv. teenoor 'n nagwag by 'n gebou geweld ge-bruik met die doel om, deur die gebruikmaking van daardie

geweld/
42 geweld, goed ui t die gebou te steel, is dit onrealisties om dit as roof te beskou (a) indien hy die goed voor die oë van sy slagoffer neem, maar nie (b) as hy die goed neem nadat hy die nagwag eers in 'n vertrek gaan toesluit het vanwaar hy nie die neem van die goed kan waarneem nie. Die tydsverloop tussen die geweldpleging en die diefstal, of die afstand tussen die plek van die ge-weldpleging en die plek van die diefstal wat in geval (b) voorkom, is van geen wesenlike betekenis nie: die opeenvolgende gebeurtenisse is wesenlik één aaneenlopende roofoptrede, t.w. die gebruik van geweld met die doel om te steel en, daarna, die diefstal waarop die geweld gerig is en wat deur die geweld moontlik gemaak was. Die beskouing waarvan daar in die uitspraak van hierdie

hof/........
43 hof in R. v. Magao melding gemaak is, ni. dat dik roof sou wees indien die slagoffer van die geweld so naby die plek is waar die goed gesteel word dat hy kan hoor dat dit gesteel word, maar nie as hy so ver is dat hy dit nie kan hoor nie, is klaarblyklik verwerplik. Dié beskouing sou bv.die vreemde gevolg kon hê dat dit roof is wanneer die slagoffer van geweld in 'n vertrek toegesluit word waarvandaan aí' hy kan hoor hoe daar gesteel word, maar dat dit nie roof is as hy weens hardhorendheid,of omdat hy bewusteloos geslaan is, nie vanuit daardie vcr-trek kan hoor hoe daar gesteel word nie. (Kyk ook Smith v. Desmond and Another, op pp. 983 C-D, 985 F-G, 986 D en 998 A-D, waar gewys word op die absurde gevolqe wat so 'n "awareness"-tocks kan hê).

In/
44 In die onderhawige geval, kan in hierdie verband gesê word, het daar 'n tyd verloop tussen die oomblik waarop die klaagster aangerand is en die oomblik waarop die goed uit die winkel gesteel is, en daar was ook 'n afstand van ongeveer 2 kilometer tussen die winkel en die plok waar die klaagster aangerand en vasgemaak is, maar hierdie verskille in tyd en afstand is van geen wesenlike belang nie: die toepassing van die,geweld en die diefstal waarop daardie geweld gerig was en wat deur daardie geweld moontlik gemaak is, was wesenlik één aaneenlopende -en daarby één beplande - optrede wat die misdaad roof uitmaak.

Ek let vervolgens op die tweede vraag wat aan hierdie hof gestel is, nl. of die feite van die

onderhawlge/
45

onderhawige saak die misdryf huisbraak met die opset om te roof en roof uitmaak. Mnr Du Plessis het betoog dat aangesien die goed ná die inbraak gesteel is, en aangesien die diefstal deel van die roof was, daar gesê kan word dat die misdryf huisbraak met die opset om te roof en roof gepleeg is. Die betoog is nie aanvaarbaar nle. Die misdryf behels, soos die naam daarvan aandui, (a) die in-breek in 'n gcbou met die doel om daarbinne te roof, en (b) die pleeg van die bedoelde roof daarna. In die onderhawige geval is daar nie in die klaagster se winkel ingebreek met die doel om te roof nie, maar om goed in die winkel te neem in die uitvoering van 'n roof wat v66r die inbraak al (t.w., met die toepassing van geweld op die klaagster) 'n aanvang geneem hel.

Uit/.....

46 Uit hoofde van al die voorgaande is die ant-woord op albei die vrae wat aan die hof gestel is "nee".

P. J. RABIE HOOFREGTER.

MILLER, AR.

JOUBERT, AR.
Stem saam
BOTHA, AR. ,

ELOFF, WND AR.