South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 83

| Noteup | LawCite

S v Jaggers and Another (437/83) [1984] ZASCA 83 (20 August 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


JOHN JAGGERS Eerste Appellant

ANTHONY ALDERTON Tweede Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

437/83/AV

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
JOHN JAGGERS Eerste Appellant
ANTHONY ALDERTON Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: Wessels, Cillié , ARR et Smalberger, WAR
VERHOOR: 20 Augustus 1984
GELEWER:

UITSPRAAK WESSELS, AR

Appellante is in die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale

Afdeling

2
Afdeling deur regter Burger en twee assessore aan moord skuldig bevind. Vanweë 'n bevindlng dat daar geen versag-tende omstandighede by die pleging van die moord aanwesig was nie, is albei appellante ter dood veroordeel. Die voorsittende regter het aan albei appellante.verlof verleen om na hierdie hof te appelleer teen hulle skuldigbevinding aan moord en die bevinding dat daar geen versagtende om-standighede by die pleging van die moord aanwesig was nie. Uit die oorkonde blyk dat die oorledene op 12 November 1982 gesterf het terwyl hy, die twee appellante en nog vier ander lang termyn gevangenes in 'n beknopte kajuit op 'n trok vanaf Pollsmoor gevangenis in die buitewyke van Kaapstad na Brandvlei gevangenis te Worcester vervoer is. By

die
3 die verhoor is dit appellante ten laste gelê dat hulle wederregtelik en opsetlik oorledene se dood veroorsaak het deur hom met 'n lyfband te verwurg. In sy uitspraak het die voorsittende regter verwys na die beknopte kajuit waarin die gevangenes saamgehok was, en die reëlings wat vir hulle vervoer getref is met regverdiging skerp ver-oordeel. Ek aanvaar dat die betrokke owerhede in ken-nis gestel is aangaande die hof a quo se kritiek.

By die aanvang van die verhoor het eerste appellant (beskuldigde No 1) onskuldig gepleit, terwyl tweede appellant (beskuldigde No 2) skuldig gepleit het. Dit blyk uit die oorkonde dat die voorsittende regter gedurende die loop van die verhoor op aansoek van beskuldigde No 2 se advokaat

beveel

4
beveel het dat die pleit van skuldig na een van onskuldig
verander moes word. Die aansoek is gedoen na aanleiding

van die inhoud van 'n geskrewe verklaring deur beskuldigde

No 2 wat by die verhoorhof ingedien is. Dit lui soos volg:

"Ek, Anthony Alderton, die ondergetekende, maak die volgende verklaring: Op of omtrent 12 November 1982 en op pad van Pollsmoor Gevangenis, Kaapstad, na Brand-vlei Gevangenis, Worcester, in die dis-trik Worcester, het ek vir Christopher Elliot, 'n manlike persoon gedood deur hom te verwurg met 'n lyfband. Ek ont-ken dat my handeling wederregtelik was en beweer dat dit deur die omstandighede genoodsaak was omdat ek is deur Mogamat Abrahams beveel om die lyfband wat om die oorledene se nek was, te trek en om die oorledene teen die vloer te hou. Mogamat Abrahams en ander mense saam met ons in die afskorting waar die voorval plaasgevind het asook ekself is lede van 'n tronkbende, die 26 bende. Ek het die

laagste

5

laagste rang in die bende onder almal van hulle. Toe ek beveel is om die oorledene te verwurg, het ek gedink dat as ek weier om dit te doen, sal die ander mense my op die plek doodmaak."

Voorts het die beskuldige No 1 te kenne gegee dat hy nie die
dienste van 'n pro deo advokaat benodig nie en self sy ver-
dediging sou waarneem. Daarna is a'dvokaat McKenzie,
wat opgedra was om pro deo namens beskuldigde No 1 op te

tree van verdere bywoning by die hof verskoon. Ek kan meld

dat advokaat McKenzie in hierdie hof namens beskuldigde No 1

pro deo as advokaat opgetree het.

By die verhoor is dit nie betwis nie dat oorledene

as gevolg van verwurging gesterf het. So ook is dit nie

betwis nie dat die aanranding plaasgevind het terwyl die

trok

6
trok op pad na Brandvlei gevangenis was, en dat oorledene reeds dood was toe die trok daar aangekom het. Dit blyk ook voorts dat, uitgesonderd die oorledene, die ander ses gevangenes almal lede van een of ander tronkbende was. Die omstandighede wat tot oorledene se dood gelei het word deur-tastend in die uitspraak van die voorsittende regter behandel. Die Staat se saak berus in hoofsaak op die getuienis van Mogamat Abrahams(wat ook as Sakie bekend was) en Eric Wiseman. Hulle was saam met oorledene in die voormelde kajuit toegesluit. Die algemene strekking van hulle getuienis was dat beskuldigde No 1 die aanval op oorledene geloods het en dat beskuldigde No 2 hom in verband met die verwurging gehelp het. In sy getuienis het beskuldigde

No 1

7 No 1 gesê dat hy hoegenaamd geen aandeel aan die aanranding op oorledene gehad het nie. Volgens hom was dit Mogamat Abrahams, Eric wiseman en beskuldigde No 2 wat as mededaders die oorledene aangerand en verwurg het. In sy getuienis het beskuldigde No 2 erken dat hy by die verwurging betrokke was. Hy het verduidelik dat Mogamat Abrahams hom beveel het om met die verwurging te help. Hy het in vrees ver-keer dat hy aangerand sou word indien hy die bevel veront-agsaam. Volgens hom het beskuldigde No 1 geen aandeel aan die verwurging gehad nie.

Die hof a quo het besef dat die getuienis van Mogamat Abrahams en Eric Wiseman met uiterste versigtigheid oorweeg moes word. Die voorsittende regter was bewus van

die

8
die feit dat in 'n ander saak wat voor hom gedien het, hy die getuienis van Mogamat Abrahams verwerp het. Nietemin het die hof a quo besluit dat die getuienis van die twee getuies met veiligheid as geloofwaardig aanvaar kon word, al sou dit nie sonder gebreke gewees het nie. Daarteenoor het die hof a quo bevind dat die beskuldigdes swak in die getuiebank vertoon het, en dat hulle relaas oor die gebeure nie redelik moontlik waar kon wees nie. Dit is, derhalwe, as vals verwerp.
Die betoog in hoër beroep dat die hof a quo,wat betref sy geloofwaardigheidsbevindings, gefouteer het, het weinig om die lyf. Die betoog het my geensins oortuig dat hierdie hof geregtig is om met die geloofwaardigheids-

bevindings

9 bevindings van die hof a guo in te meng nie.

Wat versagtende omstandighede betref, is geen ge-tuienis deur of namens beskuldigde No 1 afgelê nie. Sy houding was deurgaans dat hy onskuldig was en geen aan-spraak op versagtende omstandighede maak nie. In hoër beroep is betoog dat die daad op die ingewing van die oom-blik gepleeg is, en dat dit as 'n versagtende omstandigheid kan geld. Hoewel dit moontlik aan 'n mate van oordrywing mank gaan, is daar getuienis wat daarop dui dat die aan-randing oor 'n betreklike lang tydperk gestrek het en dat daar ruim geleentheid vir besinning was. Na my mening is daar nie met 'n oorwig van waarskynlikhede bewys dat, wat beskuldigde No 1 betref, versagtende omstandighede by

die

10 die pleging van die moord aanwesig was nie.
Namens beskuldigde No 2 is betoog dat die hof a quo 'n mistasting begaan het waar dit nagelaat het om 'n aantal omstandighede wat op moontlike versagting dui te oorweeg. In die uikspraak in verband met versagtende omstandighede word dit gestel dat beskuldigde No 2 "hoofsaaklik" staat gemaak het op die feit dat hy lid van 'n bende was, en as sodanig aan bondedissiplinc onderhewig was. Voorts is betoog dat dit feitlik onmoontlik is om jou lidmaatskap te beëindig. Die hof a quo het egter bevind dat indien beskuldigde No 2 inderdaad begerig was om sy lidmaatskap te beëindig, hy die tronkowerhede om beskerming kon genader het. In ieder geval moet onthou word dat beskuldigde No 2

getuig

11

getuig het dat Mogamat Abrahams hom aangesê het om aan die aanranding op oorledene deel te neem. Hy het ook ontken dat beskuldigde No 1 enige bevel aan hom gegee het. Voorts het hy ook ontken dat hy enige vrees vir beskuldigde No 1 gehad het, en dat beskuldigde No 1 enige gevaar vir hom ingehou het. Dit kan kwalik bevind word dat beskul-digde No 2 by 'n oorwig van waarskynlikhede bewys het dat hy aan die aanranding deelgeneem het as gevolg van dwang wat op hom uitgeoefen is. Trouens, dit blyk dat hy gretig was om beskuldigde No 1 by te staan. Sommige van die ander gevangenes, wat ook bendelede was, het hulle van die aan-randing gedistansiëer, blykbaar sonder dat daar later teen hulle opgetree is.

Dit

12

Dit is ook beweer dat die hof a quo dit nie oorweeg

het oE beskuldigde No 2 onder die invloed van dagga was toe
hy aan die aanranding deelgeneem het nie. In sy ge-
tuienis wat ter versagting afgelê is, het die voorsittende
regter aan beskuldigde No 2 die volgende vraag gestel:

" maar is dit nou die dagga wat

gemaak het dat jy die ding doen wat jy nie anderste sou doen nie?"

Sy antwoord was:

"Dit is nie eintlik die dagga wat dit gemaak het nie."

Daar is geen ander getuienis wat daarop sou dui dat beskul-
digde in enige wesenlike sin onder die invloed van dagga

opgetree het nie. Dit is in ieder geval duidelik dat die
hof a quo dit nie oor die hoof gesien het dat beskuldigde

No 2
13 No 2 wel dagga gerook het nie.

Voorts is betoog dat beskuldigde 'n mindere rol

in verband met die aanranding gespeel het en dat dit as versagting behoort te gegeld het. Die getuienis dui daarop dat sowel beskuldigde No 2 as beskuldigde No 1 in feitlik gelyke mate aan die verwurging deelgeneem het en dat laasgenoemde boonop nog vir oorledene 'n kaphou met sy vuis teen oorledene se nek toegedien het. Die betoog dat beskuldigde No 2 'n mindere rol gespeel het gaan, na my mening, nie op nie.
Ten slotte is betoog dat daar geen voorafbeplanning was nie en dat die skuldvorm dolus directus afwesig was. Die afwesigheid. van voorafbeplanning kan in die omstandig-

hede

14

hede van hierdie qeval nie as 'n versagtende omstandigheid

geld nie. Ek het reeds daarna verwys dat die beskuldig-

des ruim geleentheid tot besinning gehad het voordat oor-

ledene uiteindelik beswyk het. Na my mening dui die
getuienis daarop dat die skuldvorm dolus directus aanwesig
was. Die beskuldigdes het dit gewil dat oorledene sterf,
en 'n vorm van aanranding toegedien wat sou verseker dat dit
noodlottig sou eindig.

Die appèl van die twee beskuldigdes slaag dus nie

en word afgewys.

P J WESSELS, AR

Cillié, AR ) Smalberger, WAR )Stem saam