South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1984 >>
[1984] ZASCA 75
| Noteup
| LawCite
S v Kruger en 'n Ander (51/1983) [1984] ZASCA 75 (31 May 1984)
Download original files |
LL - Saak No. 59/1983
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake dle appèl van:
T.E. KRUGER Eerste
Appellaht
en
D. VAN DEN HEEVER Tweede Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM: RABIE, HR, VAN HEERDEN, AR et HEFER,
WN AR
VERHOORDATUM: 21 MEI 1984
LEWERINGSDATUM: 31 MEI 1984
UITSPRAAK
/VAN HEERDEN, AR ...
2. VAN HEERDEN, AR:
Die appellante is in
die Hooggeregshof van Suid-wes-Afrika skuldig bevind aan moord met versagtende
om-standighede en onderskeidelik
tot 15 en 5 jaar gevange-nisstraf gevonnis. Met
die verlof van die hof a quo is hul appêlle gerig teen die
skuldigbevindings sowel as die vonnisse.
Die tersaaklike feite was en is tot
'n groot mate nie in geskil nie. Ten tyde van die gebeure wat hieronder
uiteengesit word, was
die eerste appellant (Kruger) 'n sersant in die
Suid-Afrikaanse Weermag. Hy was vir 'n geruime tyd 'n lid van 44 Valskermbrigade
waar-van kolonel Breytenbach (hierna kortweg Breytenbach
/genoem ...
3.
genoem) die bevelvoerende offisier was. Aan die be-gin van
1981 is Kruger egter oorgeplaas na Ovambo as aanvoerder van die sogenaamde
"tekkie squad" wat des-tyds op die been gebring is. Die hooftaak van die
afdeling was die inwinning van inligting oor die be-drywighede
van terroriste en
hul ondersteuners in die operaslonele gebied. Later in die jaar het die tweede
appellant (Van den Heever), 'n korporaal
in die Weermag, ook lid van die groep
geword.
Die afdeling was gestasioneer te Oshakati waar dit onder sektor 10
van die Weermag geressorteer en onder bevel van kommandant Kershoff
gestaan het.
Wan-neer die afdeling elders in Ovambo bedrywig was, het dit
/onder ...
4.
onder die beheer van die bevelvoerende offisier van die betrokke sektor gekom. Alhoewel Kruger na sy oorplasing om administratiewe redes nog steeds deur 44 Valskermbrigade betaal is, en aanbevelings aan-gaande sy bevordering nog deur middel van daardie brigade gedoen moes word, het hy nie meer onder bevel van Breytenbach gestaan nie.
Gedurende Saterdagmiddag, 5 September 1981, het Kruger vir Van den Heever opdrag gegee dat hy en ander lede van die afdeling 'n Toyota Land Cruiser (hierna dio'Toyota genoem), die eiendom van 'n besigheidsman, moes stee]. In uitvoering van die opdrag het Van den Heever en 'n klompie ander soldate kort na middernag by die besigheidsman se perseel in
/Oluno ...
5.
Oluno, 'n woonbuurt naby Ondangwa, aangekom. Nadat Van den Heever nie daarin kon slaag om die Toyota aan die gang te kry nie, is dit 'n entjie om 'n hoek van 'n gebou gestoot. 'n Nagwag van die besigheidsman het toe op die toneel verskyn. In antwoord op sy navrae het Van den Heever hom aangesê om agter in die Toyota te gaan sit. Daarna is die voertuig weer gestoot totdat die enjin gevat het. Die nagwag is geblind-doek en Van den Heever het die Toyota tot naby die kamp van Battaljon 101 bestuur. Aldaar is dle gebeure aan Kruger gerapporteer. Sy reaksie was dat Van den Heever 'n groot fout begaan het om die nagwag saam te bring.
/Omstreeks ...
6.
Omstreeks 5 vm. die Sondagoggend het die ap-pellante en ander lede van die afdeling in die Toyota en ander voertuie na die lugmagbasis naby Ondangwa ge-ry. Die nagwag is saamgeneem en is vir die grootste gedeelte van die dag in 'n bunker bewaak. Op daardie stadium het Breytenbach op dle basis gebly. Hy en 'n gedeelte van 44 Valskermbrigade het naamlik pas terug-gekeer uit Angola waar hulle aan operasie Protea deel-geneem het. In die loop van die oggend het Kruger na Breytenbach gegaan en hulle het toe saam gestap na die Toyota wat onder 'n seil toegemaak was. Die seil is opgelig en Breytenbach het na die Toyota gekyk, waarna hy na sy tent teruggekeer het.
/Vroeg ...
7.
Vroeg die Sondagaand het Kruger vir Van den Heever en ene Robertson opdrag gegee om die nagwag dood te skiet. Hulle het toe met die geblinddoekte nagwag in 'n leërvoertuig bekend as 'n buffel in die rigting van Oshakati vertrek. Ongeveer 10 kilometer vanaf die lugmagbasis is die buffel tot stilstand ge-bring. Van den Heever, Robertson en die nagwag het 'n entjie tussen die bosse ingestap. Op navraag van laasgenoemde het Van den Heever gesê dat hy geneem sou word na mense in Ovambo wat hom vir ongeveer 'n maand sou versorg. Op 'n stadium het die nagwag ge-urineer en net daarna het Van den Heever hom van agter deur die kop geskiet. Nadat hulle probeer het om
/die ...
8. die nagwag te begrawe maar gevind het dat die grond te hard
was, het Van den Heever en Robertson die lyk met sand bedek.
Op Maandag, 7
September, het Kruger bewus ge-word dat die polisie navraag doen oor die dood
van die oorledene en die verdwyning van
die Toyota. Daarna het hy vir Van den
Heever en ander lede van die afdeling opdrag gegee om die Toyota te vernietig.
Of die Maan-dagaand
of dle Dinsdagaand het hulle die Toyota, wat nog steeds met
'n seil bedek was, geneem en ongeveer 20 kilo-meter vanaf Ondangwa aan
die brand
gesteek nadat die voertuig se nommerplate verwyder was.
Van den Heever het later 'n toelaatbare bekentenis
/gemaak ...
9. gemaak waarin hy erken het dat hy die oorledene
dood-geskiet het, maar het nie by die verhoor getuienis ge-gee nie. Kruger het
egter wel getuig en gesê dat-ongeveer ses maaande voor die gebeure
Breytenbach hom versoek het om 6-silinder petrol-aangedrewe
Land Cruisers in die
hande te kry, al moes hy dié ook steel. Dle rede was dat Breytenbach
sodanige voertuie wou laat omskep
vir toekomstige gebruik in Angola. Dié
versoek is deur Kruger as 'n bevel vertolk. Omstreeks die einde van Augustus het
hy
verneem dat die voertuig wat Breytenbach destyds gebruik het as gevolg van 'n
landmynontploffing in Angola vernietig is. Hy het gemeen
dat Breytenbach
dringend 'n ander voertuig sou
/benodig ...
10.
benodig en het daarom vir Van den Heever beveel om die Toyota te gaan steel. Die Sondagoggend na die dief-stal het hy na Breytenbach se tent gegaan en hom ver-tel dat hy (Kruger) gedurende die nag 'n 6-silinder petrol-aangedrewe Land Cruiser in die hande gekry het. Daarop het Breytenbach saam met hom gestap en die Toyota gaan besigtig. Toe hy noem dat die oorledene as't ware saam met die Toyota geskaak is en op die basis in aanhouding was, het Breytenbach kwaad geword en op-drag gegee dat die oorledene doodgeskiet moes word. Dit het daartoe gelei dat hy op sy beurt vir Van den Heever en Robertson aangesê het om die oorledene te skiet. Op die Dinsdag het hy aan Breytenbach
/gerapporteer ...
11.
gerapporteer dat die polisie besig was om navraag oor die
oorledene en die Toyota te doen. Breytenbach was kwaad "omdat ons uitgevang
was", en het gesê dat hulle die Toyota moes verbrand. Dit het meege-bring
dat hy vir Van den Heever en ander lede van die afdeling
beveel het om die
Toyota vanaf die basis weg te neem en aan die brand te steek.
Breytenbach het
ten behoewe van die Staat ge-tuig. Hy het erken dat hy wel op 'n geleentheid vir
Kruger versoek het om Land Cruisers
vir hom in die hande te probeer kry, maar
het ontken dat hy 'n bevel gegee het of van moontlike diefstal melding gemaak
het. Hy het
voorts getuig dat hy wel die Sondagoggend op die
/lugmagbasis ...
12.
lugmagbasis na die Toyota gaan kyk het, maar betwis dat Kruger enigsins na die oorledene verwys het. Der-halwe het hy ook ontken dat hy enige opdrag aangaande die oorledene gegee het. Later in die week het Kruger aan hom gerapporteer dat die polisie besig was om van eersgenoemde se manskappe te ondervra. Maar op geen stadium, aldus Breytenbach, het hy gesê dat die Toyota verbrand moes word nie.
Die verhoorhof (Berker, R en assessore) het die getuienis van Breytenbach aanvaar en die botsende weergawe van Kruger verwerp. Volgens die verhoorhof het Breytenbach 'n goeie indruk gemaak terwyl Kruger 'n swak getuie was. Al wat verder aangaande die
/meriete ...
13
meriete van hul onderskeie weergawes gesê is, is die
volgende;
"Dit is nie nodig om op al die punte te wys waar beskuLdigde se getuienis swak en onaanvaarbaar is. Sy getuienis gesien in die lig van al die omstandighede, is ook hoogs onwaarskynlik op daardie punte. Daar was, soos deur die Prokureur-Generaal gewys, wel ander metodes om van die probleem van die gesteelde Land Cruiser en die gevangene ontslae te raak."
Die verhoorhof het voorts beslis dat die appel-
lante hulle nie op die bepalings van art. 103 ter (2)
van die
Verdedigingswet (waarop ek later terugkom) kon
beroep nie, en dat Van
den Heever geweet het dat Kruger
se bevel om die oorledene dood te skiet onregmatig was.
Derhalwe is albei
skuldig bevind aan moord op die
/oorledene ...
14
oorledene. Om redes waarop nie ingegaan hoef te word nie, is die appellante onskuldig bevind op 'n verdere roofklagte teen hulle.
Die grootste gedeelte van dle betoog namens dle appellante was daarop gerig om hierdie Hof te oor-tuig dat die tersaaklike gedeelte van Kruger se ge-tuienis verkeerdelik verwerp is. Soos later sal blyk, meen ek nie dat die vraag of Breytenbach wel vir Kruger 'n opdrag aangaande die doodskiet van die oorledene gegee het, laasgenoemde se skuldlgbevlndlng enigsins raak nie. Aangesien die vraag egter wel by die beoordeling van die opgelegde vonnis ter sprake kan kom, is dit nodig om kortliks daarop in te gaan.
/Ek ...
15.
Ek aanvaar natuurlik dat die wyse waarop Brey-tenbach getuig het 'n goele indruk geskep het. Die-selfde kan egter nie gesê word nie van dle inhoud van sy getuienis waaroor die verhoorhof hom nie uitgelaat het nie. Breytenbach het dit veral moeilik gevind om verduidelikings te gee vir sy optrede, of dan sy gebrek aan optrede, op die Sondagoggend toe hy na die Toyota gaan kyk het en later in die week toe Kruger weer by hom was. Hy getuig dat hy op die eerste ge-leentheid bloot uit nuuskierigheid saam met Kruger na die Toyota gestap het nadat laasgenoemde hom versoek het om te gaan kyk na 'n voertuig wat hy (Kruger) 'n verdagte terroris ontneem het. Breytenbach het
/egter ...
16.
egter glad nie gevra na die omstandighede waaronder
die
konfiskering plaasgevind het nie; trouens, hy het
geen vrae hoegenaamd aan
Kruger gestel nie. Sy
enigste verduideliking was dat dit Kruger se
operasie
was, dat hy nie daarmee kon "inmeng" nie en dat hy |
derhalwe nie
daarin belanggestel het nie. Hierdie
gebrek aan belangstelling val vreemd op,
veral aange-
sien Breytenbach volgens sy eie erkenning op 'n vorige
geleentheid vir
Kruger versoek het om vir hom Land
Cruisers in die hande te probeer kry. Hy
verduidelik
weliswaar dat sy voorliefde vir die soort voertuie in-
mlddels
gekwyn het en dat hy nie op daardle stadlum
een wou gehad het nie, maar gee toe dat hy nooit
/- selfs ...
17.
- selfs nie die Sondagoggend nie - vir Kruger daarvan
verwittig het nie. Na my mening moes Breytenbach besef het dat Kruger hom na
die
Toyota geneem het juis vanweë die versoek wat Breytenbach op die vorige
ge-leentheid aan hom gerig het, en is sy beweerde
negati-witeit derhalwe
onaanvaarbaar.
Wat die gesprek later in die week betref, ge-tuig Breytenbach
dat hy toe reeds verneem het van die doodskiet van die oorledene en
dat hy
vermoed het dat
die Toyota daarmee verband gehou het. Maar toe Kruger hom meedeel dat die polisie van sy manskappe oor die dood van die oorledene ondervra het, het hy nie vir Kruger enigsins uitgevra nie hoewel hy besef het dat
/Kruger ...
18.
Kruger in die moeilikheid was. Volgens sy weergawe het Kruger ook geen verdere mededeling gedoen nie en glad nie raad probeer kry nie. Gevra waarom hy nie reageer het nie, sê Breytenbach slegs dat hy hom nie met die ondersoek van die polisie wou inmeng deur vrae te stel nie. Ook ten opsigte van hierdie gesprek, of gebrek daaraan, kom Breytenbach se weergawe onaan-vaarbaar voor.
Daar is nog verdere opsigte waarin Breytenbach se getuienis aan kritiek onderworpe is, maar genoeg is gesê om aan te toon dat die verhoorhof belangrike oorwegings buite rekening gelaat het, en dat dit dus hierdie Hof vry staan om opnuut die botsende weergawes
/van ...
19.
van Kruger en Breytenbach te beoordeel.
Daar is weinig
twyfel dat Kruger die Toyota laat steel het slegs omdat hy dit aan Breytenbach
be-skikbaar wou stel. Hy sou egter vir
Breytenbach moes vertel dat die Toyota 'n
gesteelde voertuig was, en dit is dus onaanneemlik dat hy die diefstal sou
beplan het tensy
hy gemeen het dat Breytenbach nie beswaar teen die diefstal sou
hê nie. Daarom is dit nie onwaarskyn-lik nie dat Breytenbach
op 'n vorige
geleentheid vir hom gevra het om selfs deur middel van diefstal Land Cruisers in
die hande te probeer kry. Dat Breytenbach
wel nog in September 1981 in Land
Cruisers belang gestel het, blyk voldoende uit die feit dat hy die Toyota
gaan
/besigtig ...
20.
besigtig het. Dit was ook net te verwagte dat Kruger
hom
toe sou inllg oor die komplikasies meegebring deur
die feit dat die oorledene
vir Van den Heever en sy
makkers op heterdaad betrap het. Dat
Breytenbach
daarop kwaad geword en sy eie koers ingeslaan het, soos
Kruger
getuig, is begryplik, maar ek kan nie aanvaar nie
dat eersgenoemde sonder meer sou gesê het dat die oor-
ledene doodgeskiet moes word.
Volgens Kruger het Breytenbach toe hy voorheen
die versoek oor die verkryging van Land Cruisers gerig
het, gesê dat "as die ding uitlek, gaan hy ontken dat
hy enige tipe van daardie opdragte aan my gegee het".
Hy het dus te kenne gegee dat indien 'n Land Cruiser
/gesteel ...
gesteel sou word en die diefstal op die lappe sou kom, hy
aandadigheid deur middel van sy versoek of opdrag sou ontken. Aangesien
Breytenbach nie bewus was van dle voorneme om die Toyota te steel nie, en
geensins direk met die diefstal gekoppel kon word nie,
sou dlt ook nle vlr hom
moeilik gewees het nie om aandadigheid met betrekking tot daardie diefstal te
ontken. Daar was dus geen rede
waarom hy sou beveel het dat die oor-ledene
doodgeskiet moes word nie. So 'n bevel sou hom aan 'n ernstige misdryf skuldig
gemaak
het terwyi hy hom met gemak van die diefstal kon distansieer het. Dit is
derhalwe vir my so onwaarskynlik dat Breytenbach die beweerde
opdrag sou gegee
het dat ek dit nie as 'n
/redelike ...
22.
redelike moontlikheid kan beskou nie. Dit is veel meer aanvaarbaar dat Breytenbach niks verder met die Toyota te doen wou hê nie, en dat hy vir Kruger gesê het dat laasgenoemde self van die probleem ontslae moes raak. Dit is dan ook insiggewend dat in 'n ver-klaring wat Kruger later gemaak het hy nie 'n woord van die beweerde opdrag van Breytenbach om die oorledene te skiet, gemeld het nie. Sy poging om te verduidelik waarom hy dit nie gedoen het nie, is onoortuigend.
Op grond van die oorwegings wat reeds uiteen-gesit is, beskou ek dit ook as onaanneemlik dat Brey-tenbach later in die week vir Kruger opdrag sou gegee het om die Toyota te vernietig. Aangesien Kruger
/egter ...
23
egter klaarblyklik sy nood by Breytenbach gaan beklae het, is
dit nie uitgesluit nie dat Breytenbach hom kon aangeraai het om van
die Toyota
ontslae te raak.
Ek bevind dus dat Breytenbach nie vir Kruger beveel het om
die oorledene dood te skiet nio. Maar al sou Breytenbach ook so 'n bevel
gegee
het, en selfs al was Breytenbach geregtig om bevele aan Kruger te gee, sou die
bevel so onmiskenbaar onregmatig gewees het
dat laasgenoemde vir geen oomblik kon gedink het dat
hy dit moes uitvoer nie. Dieselfde geld vir Van den Heever. Ek aanvaar dat hy
gemeen het dat
Kruger se bevel om die oorledene te skiet gefundeer was op 'n
bevel wat Breyrenbach op sy beurt aan Kruger gegee het,
/maar ...
24.
maar hy het geweet dat die oorledene 'n volkome on-skuldige persoon was wat aangehou is bloot omdat hy lede van die Weermag met die diefstal van die Toyota kon verbind. Daarbenewens is die bevel aan hom ook nie gegee onder omstandighede wat onmiddellike optrede geverg het en dus nie geleentheid vir besinning gelaat het nie.
Namens die appellante is egter ook gesteun op die bepalings van art. 103 ter (1) van die Verdedigings-wet (44 van 1957). Daarvolgens mag geen siviele of strafregtelike geding in enige geregshof teen o.a. 'n lid van die Suid-Afrikaanse Weermag ingestel of voortgesit word nie "op grond van 'n handeling wat te
/goeder ...
25.
goeder trou deur ...'n lid van die Suid-Afrikaanse Weermag aangeraai, gebied, beveel, gelas of verrig is vir die doeleindes van of in verband met die voorkoming of onderdrukking van terrorisme in 'n operasionele ge-bied." Die appellante se advokaat het betoog dat dle bepalings van toepassing is omdat die oorledene doodgeskiet is ten einde te probeer verseker dat Brey-tenbach die Toyota in latere operasies teen terroriste kon gebruik. Vir die doeleindes van hierdie betoog vind ek dit onnodig om die draagwydte van die subartikel te ontleed. Al wat gesê hoef te word, is dat in die lig van die getuienis dit duidellk is dat die doodskiet van die oorledene nie daarop gerlg was om die stryd teen
/terrorisme ...
26.
terrorisme te bevorder nie, maar bloot om te verhinder dat
die aandadigheid van dle appellante aan die diefstal van die Toyota aan
die lig
kom. Daar was dus geen sprake van 'n handeling wat te goeder trou ter bekamping
van terrorisme gelas of verrig is nie. Derhalwe
is die appellante tereg aan
moord skuldig bevlnd.
Wat die vonnisse betref, dien gemeld te word dat,
vermoedelik omdat die Staat toegegee het dat versagtende omstandighede aanwesig
was, die verhoorhof nie enige redes vir sy bevinding aangaande sodanige
omstandighede verskaf het nie. Dit kan egter afgelei word
dat die hof veral in
aanmerking geneem het dat die appellante se morele oordeel afgestomp was as
gevolg van hul aanraking
/met ...
27.
met, en stryd teen, terroriste oor 'n lang periode waarin hulle dikwels in lewensgevaar verkeer het, en dat Van den Heever bowendien opgetree het slegs nadat sy onmiddellike bevelvoerder, Kruger, hom 'n opdrag ge-gee het. By vonnisoplegging het die verhoorregter voorts ag geslaan op die feit dat die appellante eerste oortreders was, maar ook klem gelê op die erns van dle misdaad wat met voorbedagte rade gepleeg is, en op die belange van die Ovambo-gemeenskap en van die Weermag, wat swaar vonnisse geverg het.
Die advokaat vir die appellante het dit moeilik gevind om redes aan te voer waarom met Van den Heever se vonnis ingemeng sou kon word, en na my mening kan
/laasgenoemde ...
28.
laasgenoemde hom moontlik gelukkig ag dat hy nie 'n swaarder straf opgelê is nie. Wat Kruger betref, het die verhoorregter vanweë die verhoorhof se geloofwaar-digheidsbevindinge natuurlik nie in aanmerking geneem nie dat die moord op die oorledene teruggevoer kan word na die versoek wat Breytenbach oorspronklik aan Kruger gerig het, en kan hierdie Hof dus opnuut oor 'n gepaste vonnis besin. Dit is duidelik dat Kruger n groot eerbled vir Breytenbach gehad het en dat hy nie ligtelik sou versuim het om aan 'n versoek van laasge-noemde te voldoen nie. Dit was dan ook ter uitvoer-ing van Breytenbach se versoek dat Kruger vir hom des-noods gesteelde Land Cruisers moes bekom, dat dle
/Toyota ...
29.
Toyota gesteel is. Hoewel die koelbloedigheid van die latere besluit om die oorledene uit die weg te ruim uiters laakbaar was, en ek dit met die verhoor-regter eens is dat 'n swaar straf aangewese is, meen ek tog dat Breytenbach se aanvanklike beïnvloeding van 'n persoon met 'n heelwat laer rang nie uit die oog verloor moet word nie, en dat 'n gepaste vonnis 12 jaar gevangenisstraf is.
Die appël van die tweede appellant word afgewys. Die eerste appellant se appèl slaag tot die mate dat die vonnis van die hof a guo vervang word deur 12 jaar gevangenisstraf.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
RABIE HR
STEM SAAM HEPER WN AR
/

RTF format